Wild Dog Adventure Riding

General => General Bike Related Banter => Topic started by: Dorsland on December 06, 2012, 03:15:45 pm

Title: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 06, 2012, 03:15:45 pm
OK daar vang ek julle nou lekker met daai opskrif  :biggrin:  

Maar ek het vir Os,  my Boerboel wat 68 kg weeg, raakgery.  En nou voel ek die afgelope paar dae baie jammer vir myself en hy nie so baie nie.  

Ek ry verlede Vrydagmiddag na die bokke toe met die XR, lekker stadig, rustig, dis oppie plaas, wat kan nou eintlik gebeur.  My ATGATT bestaan uit 'n kortbroek (darem khaki), kortmou hemp (darem nie 2-tone nie), vellies, my R30 koperasie grinderbril en my hoed.

Os draf so eenkant saam om vlakvarke te gaan kyk.  Ons is nie ver van die huis nie, daar sien hy toe vlakvarke en hy laat waai. Ek ry toe bietjie vinniger agter hom aan - seker so 40km/u of so. Dis lekker harde tweespoor met klippe omtrent helfde die grote van 'n mens se gebalde vuis wat deel van die tweespoor uitmaak.

Julle weet wat kom volgende nť!

Os slek toe so bietjie af sodat hy hier regs van my draf en skielik toe sien hy weer die vlakvarke links van my en hy laat waai met 'n spoed.  Ongelukkig is die XR se voorwiel en hy op 'n neerdonder trajek en ek tref hom toe so hier agter sy pens op die lies.  

Mense, as julle nou van neerwetter gehoor het dan is dit wat ek toe daar in die veld gedoen het.  Die laaste keer toe ek van 'n motorfiets afgeval het was 1985, en ek het nou bewys dat ouer balle nie meer so lekker hop nie!  Ek val my wind skoon weg, dis stof en bloed en 'n gekners van tande.  Ek het grootendeels op my linker voorarm geval maar 'n gekraakte rib, velaf op my regter knieg en elmboog en die linkerarm is effe moeg en wil gaan lÍ.  Ek dink al wat nog nie pimpel en pers is nie is my tandvleis!

Nou ja, uit 2 elmboŽ en 2 knieŽ is daarem 1 knieg ongeskonde.  Dis iets.

Os?  Hy's bietjie velaf en het toe nie die vlakvark ingehaal nie maar verder ongedeerd daarvan afgekom.  Die XR?  Hy's vol stof, die Zeta handguards het bietjie skiet gegee maar daarem nie gebuig nie, die vurke het in die klampe gedraai maar dis al reeds reggemaak en so paar skrape op die voor modderskerm en een kantpaneel. Ekke?  Nog steeds jammer vir myself met 'n arm wat lekker eina is.

As julle 'n boertjie met 'n helmet op die plaas sien ry, dis ekke!

OK, let the abuse begin  :biggrin:




Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Veldbrand on December 06, 2012, 03:22:00 pm
Eisch, daai lyk sommer soos hard neer slet.
Bly om te hoor julle het dit altwee oorleef.
Gee maar vir Os 'n paar ekstra bene as vredesoffer...
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Eisbein on December 06, 2012, 03:26:18 pm
Os is 'n mooi hond...


Bly dit was nie erger nie - al lyk dit maar na pyn.

Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on December 06, 2012, 03:26:42 pm
Daai linkervlerk lyk nie lekker nie.
Jy moet dokter toe en binne laat kyk.
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: RobC on December 06, 2012, 03:29:45 pm
Laat kyk maar na daai arm.

Os lyk woes ontevrede... "As Baas nou nie voor my ingery hettie het ek nou vlakvark bene gekou!" :patch:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Riebeeker on December 06, 2012, 03:38:47 pm
Toe ek die opskrif sien dink ek dat Dorsland vir Stoetie gebliksem het!   :peepwall:

Sterkte met die herstel! As ek Os was sou ek daai voorwiel pap gebyt het  :ricky:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: sandrot on December 06, 2012, 04:01:20 pm
hello ou dorsland

ek is ietwat besorg oor ou os, jy sal maar van daai pers sproei op daai wond van hom moet spuit.

o ja amper vergeet ek, hoop jy is ook ok.lol

strekte met die herstel ou maat.

Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 06, 2012, 04:27:38 pm
Dankie vir die beterskap wense kerels.  Daai Os is my oog se appel en ek was baie jammer vir hom maar hy is waaragtig so taai soos 'n ratel.  Ek, aan die ander kant ...  

Julle het nou reggekry wat my 2IB nie kon nie, en dis om my te oortuig om die dokter te gaan sien.  More,  09h30.  Ek laat weet julle.

Os sÍ dankie vir die beterskap wense.  Hy sal julle nie byt nie as julle kom kuier  ;)
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: BlueBull2007 on December 06, 2012, 04:31:31 pm
Hau!  Dorsland, bly jy en die hond is ok!  Flip maar Os is n taai ding! Looks like you came off second best.  :lol8:

Baie snaaks! ;D
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Pullaway on December 06, 2012, 06:55:51 pm
Hoop julle twee voel vinnig beter! Is jy seker die hond het jou nie dalk aan daardie arm kom byt, oor jy oor hom ry nie? In elk geval n lekker storie! :thumleft:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 06, 2012, 07:03:27 pm
 :thumleft: asseblief moenie blomme stuur nie, maar laat weet as ek die Dorsland VroeŽ Aftreefonds se bankbesonderhede hier moet pos  :imaposer:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: RassieGS on December 06, 2012, 09:01:25 pm
Joe Dorsland daai arm lyk nie lekker nie. Jy moet maar laat kyk en rooi wyntjie vat om die bloed dun te hou.
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: JK on December 06, 2012, 09:07:55 pm
Eish eina man. Hoop nie te slegte nuus by die dok nie. Lyk my jy sal maar daai ZAR aan my moet verkoop en vir jou n kleiner cc fitsie koop. Miskien its met 4 wiele :pot:
 
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Motties on December 06, 2012, 09:10:33 pm
Hel, dis 'n mooi hond!
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: roxenz on December 07, 2012, 07:08:14 am
Naais RR, Dorsland!   :imaposer:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Buff on December 07, 2012, 07:33:29 am
 :imaposer: :imaposer: :imaposer: Ek is moer jammer maar ek met myself nou fuktup gelag want ek sien die julle storie gebeur in my kop  ;D Dit is amazing hoe hard jy neerslet as jy dit nie verwag nie... Been there done that, got the scars  :-[
Bly julle is altwee redelik okay  :thumleft:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: JMOL on December 07, 2012, 07:41:33 am
Sterkte Dorsland!  Os is ook seker 'n bietjie rustig en moerig  :biggrin:

Laat weet wat se die kwak.
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Swart Gevaar on December 07, 2012, 07:45:52 am
Ouch, lyk moer seer
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dwerg on December 07, 2012, 07:53:09 am
Eina daai arm lyk seer! Hierdie is hoe my heup gelyk het die dag na my val. 'n Week later het die hele regterkant van my lyf omtrent so gelyk. 2 ribbes ook af so ek simpatiseer 100%. Dis nou al 'n maand later en ek piepie nogsteeds so bietjie in my broek elke keer wat ek hoes of nies  :o
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: WP on December 07, 2012, 08:01:44 am
Ek hou baie van die manier hoe jy die storie beskryf... En Os is beslis 'n toepaslike naam vir die hond!

Sterkte met die beterskap!  :thumleft:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Bie on December 07, 2012, 08:02:36 am
Fokkit, maar dit lyk nie lekker nie. Beterskap vir al drie van julle, die Dorsman, die Os en die Dwerg.
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Geotraveller on December 07, 2012, 08:08:48 am
Os lyk sooooo of hy jou gaan bykom volgende keer! Bly julle is albei ok(ish). Strerkte met die aansterk.
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Gensetter on December 07, 2012, 08:17:23 am
Bly die hond is oraait :pot:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dusty Rusty on December 07, 2012, 08:19:52 am
Hoe voel jy vandag Dorsland? 

Ongelukkig seker 'n bietjie meer seerder as gister.  Te minste kan Os sy wond lek, jy aan die ander kant ....   ;)   

Hoop jou herstel is spoedig! 
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Tommy Transalp on December 07, 2012, 10:18:33 am
Eish meneer! How fast were you going? That looks like it has taught you a lesson :pot:.
I don't ride without a helmet, gloves and long pants (at least) in the bush/on the farm...... fallen off too many times and been too sore as a result! :xxbah: Hope you heal soon!... Os is a moerse tough dog methinks! :thumleft:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Rooies on December 07, 2012, 11:37:21 am
Gaan jy dit maak, Dorsland?  Wat sÍ daardie dokter? 
Sterkte!
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: SchalkL on December 07, 2012, 11:56:40 am
Die hond lyk ok, hoe lyk die XR?
O ja, jy lyk ma kakkerig......
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Duracell on December 07, 2012, 02:57:51 pm
 :laughing4: Slakkie.... Baie sterkte Dorsland, daai is seer en gevoelig vir 'n HELE LANG ruk..... Hoop jy voel gou beter, wat sê die dr toe vandag?

Ek dink jy moet jou vererg vir daai vlakvarke wat die eintlike oorsaak van die "ongeluk" was, ek bied my hulp gratis aan vir die uitroei van hulle. Potch is nie te ver weg vanaf Lichtenburg nie en my verlof is net 'n week ver. Die 7mmRM of die .308 werk mooi met hulle  ;)  :biggrin:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: JK on December 07, 2012, 03:06:39 pm
Dorsland ! Ons is bekommerd oor daai dokters uitslag  ... Lyk my hy het die laptop ook op die ZAR gehad  :patch:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: ZAR on December 07, 2012, 08:45:18 pm

Jis man en is bly jy en Os is ok!    :)
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: ZAR on December 07, 2012, 08:47:24 pm
Dorsland ! Ons is bekommerd oor daai dokters uitslag  ... Lyk my hy het die laptop ook op die ZAR gehad  :patch:

Hou op om my fooking naam so los en vas te gebruik!!  :deal:

 :biggrin:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: JK on December 07, 2012, 11:08:17 pm
Dorsland ! Ons is bekommerd oor daai dokters uitslag  ... Lyk my hy het die laptop ook op die ZAR gehad  :patch:

Hou op om my fooking naam so los en vas te gebruik!!  :deal:

 :biggrin:
Jy gebruik seker n tablet. Kan ni dink julle het hierdie tyd van die aand nog krag in LTX nie.  :patch:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 08, 2012, 08:38:18 am
OK manne, laasnag terug vannie slagplaas hospitaal af.  Dr stuur my gisteroggend soŽntoe om die Hemotoom (erge bloeding in die weefsel) te verwyder, dreineringspyp in te sit en bietjie skoon te maak. Voel darem nie vandag heeltemal so eina nie.  Loop nou met 'n sakkie saam vir 3 dae dan kom hy uit die arm uit.

Kan so 'n verdowing jou nou lam maak.  Ek het geŽet, 2IB my by die hospitaal kom haal, terug plaas toe, skynbaar met die dokter en nursies in die hospitaal gepraat, by die huis tee gedrink.  Onthou niks daarvan nie.  Gaan my roes vandag afslaap.  Dankie vir al die beterskap wense (en grappies julle  :thumleft:) 

En ou Os het my ook mooi vriendelik gegroet.

JK: kwat sÍ jy?  Geen manier nie! Ek sÍ vir Simon, my voorman, ek ruil hom die XR vir sy dikwiel.  Hy lag so hard hy val amper om. 

Dwerg:daai is 'n lekker eina plek om te val.  My kneuse is al so geel ek kom sonder 'n paspoort Sjina in  :imaposer:

Aangesien ek so lelik is en daar so baie is wat van ou Os hou, pos ek sommer nog 'n foto van hom toe hy bietjie jonger was:

Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 08, 2012, 08:56:27 am
Paar drein fotos vir die besproeÔngsmanne  :imaposer:

Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: ButchH on December 08, 2012, 09:36:28 am
That last photo deserves a caption or two :deal: ;D
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 08, 2012, 10:15:10 am
 :imaposer: :imaposer: :imaposer: good one Butch  :thumleft:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: JK on December 08, 2012, 11:36:19 am
Nee man ek verstaan nou nie. Hoekom het jy dan met die os geploeg as jy dan n trekker het  :biggrin:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 08, 2012, 01:10:52 pm
Nee man ek verstaan nou nie. Hoekom het jy dan met die os geploeg as jy dan n trekker het  :biggrin:

Jy's te skerp vir 'n Saterdagmiddag JK. Wanneer kom jy kuier?
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: JK on December 08, 2012, 01:14:16 pm
Nee man ek verstaan nou nie. Hoekom het jy dan met die os geploeg as jy dan n trekker het  :biggrin:

Jy's te skerp vir 'n Saterdagmiddag JK. Wanneer kom jy kuier?
Ek is in Klerksdorp vanaf die 20ste Des. Ek en by broer soek juis n bestemming om heen te ry met die scooters. As jy by die huis is dink ek ons moet daar b y jou kom draai. Hoe voel daai arm
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: Dorsland on December 08, 2012, 04:10:38 pm
Ons is hier.  Het jy my nr?  dan bel jy my, ons kan lekker gaan ry.Goeie plan  :thumleft:  Nee hy's bietjie eina maar kom reg dankie
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: ThysBasson on December 08, 2012, 05:24:08 pm
Stem saam met Os, miskien bietjie lesse gaan kry, jy val baie deesdae. LOL :imaposer: :imaposer:

Net bly jy is ok. Geen wonder sy naam is Os nie. :imaposer: :thumleft:
Title: Re: Dorsland tref Os
Post by: sandrot on December 10, 2012, 09:26:14 am
bly om te sien jy is ok en dis toe niks te ernstig nie mater.