Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: woody1 on December 17, 2012, 08:33:18 pm

Title: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 17, 2012, 08:33:18 pm
Na my en TVB se trein ry trippie was dit nou my en my seun Francois se beurt om die mooi land te verken.
Hierdie keer het ek 'n paar dinge op die lys gehad wat ek wou sien en doen.
1. Gaan ry deur die Tonnel by Van Reenen rigting Ladysmith
2. Gaan wys my seun die Mooi Rivier Waterval
3. Ry weer die grondpad van Nottingham Road na Underberg
4. Gaan foutloos Sani Pas op.
5. Drink 'n koue Maluti biertjie (660 ml) bo op Sani en koop vir hom die Sani Paspoort.
6. Ry via Thaba Tseka tot by Katse dam.
7. Besoek damwal.
8. Ry die westelike pad OM Katse.
9. Gaan wys hom waar Katse se water anderkant Clarens uitloop
10.Kom veilig by die huis aan.
Ek kan se dat ons 1715 km die naweek afgele het met net een MODDER MONSTERTJIE wat 'n Blou Smurfie gehap het... gelukkig niks erenstig nie.....Francois was 'n bietjie styf maar het deurgedruk.  Sal later alles vertel.

Nou al die foto's en video bewerk en dan kan julle begin kyk..
DON't RUSH me.... ek is oud en stadig en moet ook nog more werk !!!! so WAG !!
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: OOOOMS on December 17, 2012, 09:10:03 pm
Klink lekker! Sien uit na die pics  :thumleft:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 17, 2012, 09:13:13 pm
Hier is ACTIVE tracks uit die GPS solank.

Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: KTMRICK on December 17, 2012, 11:55:34 pm
Sub
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Vis Arend on December 18, 2012, 05:26:02 am
 :peepwall:  Ek wag geduldig.   :biggrin: 
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: JMOL on December 18, 2012, 08:15:01 am
 :sip:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Gat Slag on December 18, 2012, 08:34:08 am
 :sip:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: coi on December 18, 2012, 01:16:16 pm
dit klink epic, lanklaas so n goeie preview gehoor, ek stook solank vuur vir n pot koffie
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 18, 2012, 10:31:16 pm
Right hier gaan ons... gaand die Photobucket ding probeer.
Ek het ook die video van my Drift Kamera gebruik en foto's gemaak, dus as die kwaliteit bietjie vrot is... JAMMER.

Nou ja die naweek plaas toe is nie ons beskore nie.  Die familie het ander verpligtinge en dus moet ons ander planne maak.  Gelukkig is vroulief en skoonma groot maats en kan hulle 4 dae mekaar besig hou (SHOPPING) en vir die pensionvreter oppas.  Ja die klein pensioenvretetjie het ook gelukkig 'n maatjie wat elke vakansie kom kuier, dus is net ek en ou grote... soos sy ma vir Francois noem...vry om bietjie die S10's se litte los te maak.

Dus besluit ons om die Anakees te ruil vir nuwe Karoo T's

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/0001_zps410003a3.jpg)

Na die trippie van 1715 km lyk hulle so..... sjoe hulle lyk bietjie baie GEBRUIK... wonder of hulle baie myle gaan gee ?

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/063a_zps8bccdf85.jpg)

Net gou post om te sien of ek die fotobucket regkry.
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Cheetah on December 18, 2012, 10:50:41 pm
 :sip:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 18, 2012, 11:01:05 pm
Ok na die 3de probeerslag lyk dit of ons gaan wen.

Dus vertrek ons Vrydag om 05h00 vanaf Brakpan... ja ons het toestemming gekry om die dorp te verlaat  :ricky: :ricky:

Skiet sommer op die N3 rigting Harrysmith, maar vy Villiers vat ons die R103 via Vrede rigting Warden..... wil mos nie biergeld omsit in tolgeld nie.

Sommer gou gou is ons in Harrysmith... gou volmaak by die Engen en 'n happie by die Wimpy.... maar nou ja nie net is Brakpan se hekke oopgelaat nie, maar lyk my die hele Gauteng en ook Limpopo die Vrystaat en Noordwes.

Dus skiet ons dorp se kant toe en gaan rustig by die Spur aan die ander kant van die dorp eet en petrol ingooi..... ons is mos gewoond aan die anderkant van die dorp.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/0001b_zps4e5d1b15.jpg)


Na 'n lekker BREKKIE... beter as Wimpy sinne saal ons weer die vinnige witte en die stadige bloue op en vertrek rigting Van Reenen.  Almal het VERSKRIKLIKE reen voorspel vir ons hele trippie, maar nou ja wat kan ek se..... ek kan maar net my ou vriend Jimmy McDonald in Bloemfontein aanhaal 'Ja Kobus jy is met die goue lepel in die gat gebore..jy skud daai lepel net so bietjie reg en alles verloop vir jou reg'

Nou ja die eerste item op die lysie is die tonnel by Van Reenen rigting Ladysmith.
Daar afgedraai gaan kyk ek of ons BO kan deurskiet, maar na 'n stukkie se ry ...en 'n moerse klipperige afdraande kom ons by 'n hek met 'n groot slot.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/001_zps85baee3f.jpg)

Terug met die klipperige bultjie op, maar die Yammies stel ons nie terleur nie.

Links af rigting die Pokantoor toring.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/003_zps8d2dbfda.jpg)

Mooi uitsig, maar nog nie die regte pad nie.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/004_zpsb75c948d.jpg)

Toe op die regte pad en ek sukkel dat die stadige bloue voor ry dat die DRIFT kamera hom kan afneem

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/008_zpsd2ac8af2.jpg)

Sommer gou gou is ons by die tonnel.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/009_zpsa48ef0ca.jpg)
(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/010_zps7d28c006.jpg)
(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/011_zps61d008c3.jpg)
(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/012_zpsb60b8c10.jpg)

En toe is ons deur... sjoe maar hy is snotterig en nat daar binne..

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/013_zps3f33b36b.jpg)

Is die witte nie MOOI nie.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/015_zps73f67ddc.jpg)


Ok die Bloue en ou Grote is ook nie te BAD nie

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/014_zpsc386e436.jpg)


Toe ons daar klaar is ry ek maar weer voor.  Na so 'n rukkie kyk ek om en sien die Bloue is WEG !
Stop, wag so 'n minuut en toe hy nie kom nie draai ek maar om.

DIE MODDER MONSTER HET 'n BLOU SMURFIE GEVANG !!!!

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/017_zpscd37b9f0.jpg)

Gelukkig werk Mr RUMBUKS en ou Groote het genoeg vleis (wit vleis julle weet wat ek bedoel om die val bietjie te absorbeer.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/018_zps0f402f50.jpg)

Lyk my maar dat my taak is om die gesneuweldes op te tel op elke trippie.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/019_zpsfbf90b9f.jpg)
(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/019_zpsfbf90b9f.jpg)





Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 18, 2012, 11:27:42 pm
Volgende op die MOET DOEN LYSIE is die Mooi Rivier Waterval.

Op die GPS data wat ek hier bo gelos het sal julle sien dat ek die boer se huis gemerk het waar 'n mens die sleutels kan optel.
Hy is baie vriendelik en vertrou jou sommer met sy bos sleutels... hoop nie iemand vergeet of verloor die sleutels nie en dan kan ander mense nie die mooi waterval van die kant sien nie.  JohnW het 'n ander pad wat blykbaar tot by die waterval kom, maar ons mis mekaar keer op keer.

Vir my is die kant van die boer met die slot op sy hek BAIE MOOI, en met die afgelope week se reen loop hy dat hy bars.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/021_zps73ce55bd.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/022_zps93299fdf.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/023_zps4c1df073.jpg)


Terug op die pad na Mooi Rivier dorp gaan ons 'n man en sy vrou op 'n KLR... dink ek... verby.
Toe ons staan en petrol ingooi by die Engen kom hulle ook daar aan.
Gaan gou hallo se en vind uit hulle is Wilddogs van Port Shepstone op die Suidkus en hulle doen Geocaching in die area.... sorry weer julle name vergeet.

Na petrol en groetjies skuif ons na die biltong winkel om bietjie biltong en 'n stukkie rump te koop vir die aandete.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/024_zpse5b45670.jpg)

Verder op die R103 net verby Rosetta is die MARAKESH Kaas plaas waar ons altyd kaas koop.  Daar gou 'n stukkie bloukaas koop wat vanaand op die rump gaargemaak sal word by die gastehuis in Underberg.

So kuier kuier ons tot in Nottinghamroad waar ons gou 'n DONKER biertjie geniet by die Bierfassel.

Daarna op die grondpad na Himeville.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/025_zpsbf9b7dd0.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/026_zpsf196d3e2.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/027_zps322e6b2c.jpg)

Nadat die GPS ons so bietjie 'n draai laat ry het kry ons die laaste 30 km tot by Himeville reen...... ja die goue lepeltjie het so bietjie op die grondpad geskuif dink ek.

Maar geen probleem, die Karoo's klou lekker in die nat en geen oomblik voel ons onveilig nie.

Gou gou nog geld trek in Underberg, bietjie opstok met bier en buns vir die aand en toe na die Cedar Garden B&B in Underberg waar ek gewoonlik slaap.

Ons is al ere gaste daar en word sommer toegelaat om ons kos in die hoof kombuis gaar te maak.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028_zps83bed49b.jpg)

Daai aand lekker rump steak met bloukaas, vars buns en suiker mielies.... ook 'n paar biertjies saam met jou groot seun....ai die lewe is goed vir ons.

More gaan ek aan met die trippie op met Sani.  Ek het baie foto's afgetrek van die video om mense wat bang is om Sani aan te vat te laat sien dat hy rof is maar nie onmoontlik nie. Dus maak julle reg vir more se foto trippie Sani OP.

Lekker slaap vir eers.
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Vis Arend on December 19, 2012, 05:21:38 am
Baie mooi, dit is darem 'n voorreg om nog met ons kinders ons passie uit te leef.   :thumleft:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 06:59:46 am
Dit is so Louis. Toe hy klein was wou ek hom elke dag vermoor maar nou is ek baie trots op hom en geniet die ry saam met hom.
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Jakkals on December 19, 2012, 08:19:21 am
Baie nice Woody en watse vooreg om dit saam met jou seun te kan doen. :thumleft:

En ja, as ek die glipsie so bekyk wil dit my voorkom die Blou Smurfie was die braavste en het voor gery in die modder,,,,,,,,,, Snow White het seker paddle paddle die agter lyn gecover. :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Dwerg on December 19, 2012, 08:23:35 am
Lekker  :thumleft:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 08:56:00 am
Nee Jakkalas. Die vinnige witte was al weer voor anders het ek hom op video kon vang. Sommige ouens kan ry en ander kan hulle neusies krap en nie konsentreer nie. Ha ha
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: KTMRICK on December 19, 2012, 09:39:27 am
Bly om te sien julle het die Anakees by die huis gelos. Self my gat gesien met hule in die modder en nou ry ek net knobblies. Lekker RR.
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Mev Vis Arend on December 19, 2012, 05:34:08 pm
Baie mooi.  Kan nie wag om nog te sien nie. 
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 05:51:33 pm
Ok kom ons ry verder en vat julle op dag 2 op met Sani en deur tot by Katse.
Soos ek gister vertel het, het ek baie foto's van Sani vanaf die Drift video kamera afgetrek, net om die ouens wat nog nie daar was te wys wat hulle kan verwag...... maar glo my hy kan verander.  Toe ons in Mei maand die eerste keer daar op is was hy BAIE meer los kllippe as nou.  Ek dink die reen was so bietjie grond tussen die klippe.

Wel ons is vroeg oggend al wakker en kyk gou na ACCUWEATHER.com vir die weer. Sien dat hy van gisteraan tot nou ook al verbeter het. Toe ons uitkyk en son agter die mis sien toe weet ek my ou goue lepeltjie sit in die regte plek vandag.

Soos afgespreek is ons lekker brekkie reg om 07h00. en omdat ons al gisteraand vol gemaak het is dit reguit Himeville en Sani.

Vroeg vroeg is ons aan die begin.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028a_zps6d88665f.jpg)

Pad is met stukke lekker nat, maar die KAROO's loop lekker

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028b_zps0834bac5.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028c_zpsca1d5781.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028e_zps3ae39ee8.jpg)

Kry die manne op hulle fietse... shame seker nie geld vir 'n motorfiets nie ... :imaposer:

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028f_zps74021ad1.jpg)

Verder op...

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028g_zps382a41c2.jpg)

En dan bietjie verkeer.... seker so 3 voertuie verbygegaan onderlangs... dis die voordeel van vroeg wegtrek..

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028h_zps26352b97.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028k_zpsf4c4fcb8.jpg)

Hele paar driffies om deur te gaan.  Volgens my net een wat bietjie sleg is met 'n hoe wal aan die begin.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/028l_zps57ae2c26.jpg)

Dan natuurlik die foto by die eerste MOOI watervalletjie

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/029_zps6ee8d4d3.jpg)

SA Grenspos

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/030a_zps056d7cb9.jpg)

Nou is ons oppad om die ergste van Sani aan te vat

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031b_zpsd4680ce0.jpg)

Nog 'n driffie en Francois spat so bietjie water

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031c_zps86a8de30.jpg)

Dan slaan ek hom dat die water spat.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031d_zpsd70c5bb6.jpg)

Moet se oppervlak van pad hier is MOOI

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031e_zps923ccfef.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031f_zps096923c7.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031h_zps812457f2.jpg)

Die laaste van die verkeer, 'n X-5

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031i_zpsc0be4547.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031j_zps72915b62.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031k_zps0150f998.jpg)

En nog een driffie

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031l_zps9153b5a3.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031m_zps13bc9eb9.jpg)

Bietjie meer klippe hoe hoer jy gaan

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031n_zpsb24098ad.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031q_zpsc804f149.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031t_zps1c211066.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/031u_zps40adcc3b.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/032_zps089938bf.jpg)

Ek vind dit lekker om bietjie te rus so af en toe op van die switchbacks.... tyd ook om 'n foto of twee te neem.
(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/033_zpsb4d62f43.jpg)


Shame iemand het al weer 'n flikkerlig hier moertoe geval

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/034_zps95930eeb.jpg)

Die laaste paar switchbacks is lekker maklik

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/034a_zps9417ef49.jpg)

En dan is ons BO.... gou weer tyd vir foties.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/035_zpscf45d333.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/036_zps329b0893.jpg)

Dan gou jou passpoort laat stempel aan die Lesotho kant en R 30.00 kontant betaal en jy is binne in Lesotho.

Rigting die Lodge vir 'n lekker koue Maluti en koop sommer die SANI PAspoort daar by die fotograaf vir R 50.00.

View vanaf Lodge stoep van waar ons gekom het.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/037_zps560315d9.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/038_zpsb10ff875.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/039_zpsc55ecaa2.jpg)

Ok nou nie te lank kuier nie... Katse is nie ver in km nie, maar kan lank vat.... ons het 6 ure gery vanaf hier tot by Katse.  Lekker rustig gery en redelik gestop vir verversings en foties.

Nou nou verder.. :ricky: :ricky:

Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 06:12:19 pm
Op dag 2 verder vanaf Sani Top na Katse.  Links afdraai by St James Skool ( Sehonghong ) rigting
Taung en Thaba Tseka. Net na Thaba Tseka draai jy regs af Katse toe.

Ons hoor die pad is nie so LEKKER die eerste stuk nie, en dis WAAR !!!

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/039b_zps46d1ef73.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/039c_zps0e32e996.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/039d_zps341157d0.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/039e_zpsf937c5a3.jpg)

Maar jy deur verskriklike mooi berge.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/039f_zpsc12cdf05.jpg)

Wat my dadelik opgeval het is die baie mielies wat die mense deesdae plant... dit lyk sommer gesond. 

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/039g_zpsa5e95e2d.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/040_zpsaf93707c.jpg)

En dan weer bietjie stop..

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/041_zpsaf225f46.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/042_zps469fe481.jpg)

Die hond wil vir hom 'n fiets vang

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/042a_zpsda585077.jpg)

En toe kom ek op hom af... ek is so vinnig by hom verby, hy draai seker nog tiekie .. :imaposer:

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/042b_zps51be346a.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/042c_zps66a2f23f.jpg)

Sulke lekker nat modder monstertjies, maar gelukkig het Francois klaar sy neus gekrap gister oggend en is ons veilg daardeur.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/042d_zps76e428eb.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/042e_zps2f6e0755.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/042f_zps3f93cb72.jpg)

Weer bietjie stop en die mooi land bekyk.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/043_zpsd30969de.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/043a_zps18629cf3.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/043b_zps1b2765a0.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/043c_zpsba732c0f.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/044_zps17ab8575.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/044a_zps8203f79f.jpg)

Shocks het GEWERK

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/045_zpsfa4b4613.jpg)

Petrol bt Chinaman in Thaba Tseka.

Gaan nou nou verder..


Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 06:39:41 pm
Wil net vertel van die Coke wat ek hier langs die pad drink.

R7.50 elk in die middel van nowhere.  Gaan na enige Toy Run of samekoms en hulle wil jou spyker vir R10 plus 'n blikkie.... EK HAAT DIE BLIKSEMS wat in een dag ryk wil word. Hierdie mense het sekerlik baie meer onkostes om die Coke doer in die berge te kry.

Selfde met die bier..... By Sani Top R 70.00 vir 2 x 660 ml Maluti's
By Tavern in Lesotho R 22.00 vir dieselfde 2 biere..... gin wonder my gat is partykeer so seer nie.  >:(

Ok hier die China man se petrol in Thaba Tseka

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/045a_zps32ab50a3.jpg)

Ok Dag 3 weer 'n lieflike dag en nadat ons lekker in die Lodge geslaap het is ons reg vir die dag.
Wat wel bietjie seergemaak het is die R 160.00 per kop vir die aandete buffet in die Lodge.  Ok kos was redelik goed maar nie R 160.00 goed nie.

Lodge ontvangs rigtin dam

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/046_zps651b2941.jpg)

Op Lodge se stoep.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/047_zps4cd49272.jpg)

Damwal vanaf Info Centre

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/048_zps5d979590.jpg)

Pa en seun by Damwal

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/049_zps0ea39337.jpg)

Oooooo ja amper vergeet... .Toe ons die Lodge verlaat 'VOEL' die Witte snaaks op die pad.
Toe ons by die Info Centre stop vir die dam toer toe se Francois.... Pa sal maar daai agterwiel moet pomp.

Op verdere inspeksie kry ek 'n skroef in die agterwiel.  Wel kit af, en gou gou regmaak.... lekker van tubless wiele... ek was nog in tyd vir die toer !!

Vanaf damwal na die pad

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/049a_zps87e829a7.jpg)

Na die inligtings sessie ry jy onder na die damwal toe om daar binne rond te loop.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/049b_zpsf0426db8.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/049c_zpsc4c3e23a.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/049d_zpsb6af4f2b.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/051_zps8232b688.jpg)


Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 06:45:46 pm
Wel toe ons daar klaar is toe besluit ons om WES om die dam te ry om by Ficksburg hek uit te gaan.

Wel gehoor die pad is MOOI,,,,,, wel MOOI is hy aan natuurskoon, maar pad oppervlak is maar gaggas.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/052_zps5ddd2e48.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/053_zps8c07aa77.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/054_zpsf348c54b.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/055_zps588cecd5.jpg)

Die Lodge van ander kant af gesien.  Ek dink dis in totaal maar so 20 km verder as die teerpad reguit vanaf Katse..

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/056_zpsdaa951d2.jpg)

En so af en toe vind ons ook ander wat k@k soek

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/056a_zpsc4889e94.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/057_zps4acc1203.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/057b_zpsa3b970aa.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/057c_zps0d242e80.jpg)

Nou ja vir R11,99 'n 660 ml bier is daar BAIE aanhangers... :imaposer:

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/058_zpsf9aa6746.jpg)


Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 06:58:18 pm
Nou ja toe slaat ons weer teer net om die KAROO's verder op te voeter..... maar wat 'n PAD....nie gedink knoppie tyres kan so klou nie... my redenasie is...as hulle so gou afloop is hull compound seker lekker sag en sal hulle klou....en klou het hulle geklou veral oor daar LIEFLIKE pas naby Pitseng.

LEKKERDER as TREINRY se ek jou... Tommie waar was jy ?

Wat my hartseer maak is hoe ons mensdom die wereld opvoeter.

Toe ons Sani op is is dit so BASIC en mooi en skoon en hoe verder ons aan die weste kant van die land kom hoe besiger, vuiler en onplesierig het dit geword.

Wel ons is Ficksburg deur en toe moet ons besluit waar slaap ons.
Aangesien dit nog vroeg is besluit ons toe om Ladybradt toe te skiet... ekstra 60 km teer weereens net om die bande verder op te voeter.

Daar aangekom boek ons in die B&B wat Francois ken as hy in Maseru gaan kompressors diens en regmaak.  ..... Want vertel hy my die plek het 'n lekker kroeg en eetsaal.

Wel toe ons daar kom op 'n Sondag agtermiddag toe is ALLES toe.

Nadat ons afgepak het is ons dorp toe opsoek na 'n koue enetjie.... nie 'n Cornetto ice cream nie, maar iets om die sweet terug te sit in ons lywe.

Gelukkig vind ons toe so 'n FAMILIE Kroeg en geniet 2 koue Hansa biere.
Wat toe sommer so 'n take-away 6 biere om later te geniet saam met die enigste plek wat oop is die KFC.

Lekker man, lekker gerus daai aand.
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 19, 2012, 07:06:57 pm
Oo ja hier geniet ons die biertjie by die Familie Kroeg in Ladybrandt

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/058a_zps6b688d2f.jpg)

Dag 4 is dit Maandag en moet ons huitoe, maar nie voordat ek Francois Clarens en Surrender Hill waar ek trapfiets gery het nie.... Wie ken Surrender Hill... 13km klim sonder ophou in daai berge..... gelukkig het ek nou geld vir 'n motorfiets.

By Clarens gou 'n koue enetjie... Lekker Cornetto..... :imaposer:

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/059_zpsfac60c96.jpg)

En toe ASH RIVER FALLOUT waar die Katse Dam se water in Suid Afrika uitkom.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/060_zpsf67ccee6.jpg)

Gelukkig is die inspeksie klaar en loop die water, want ek het hom al 2 keer droog gesien

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/061_zpsbd6685db.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/062_zpsaa318811.jpg)

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/063_zpsba7a3c0e.jpg)


Toe is dit rigting Bethelehem en toe Warden oor weer op die R103 sonder tolgeld huistoe.

(http://i1275.photobucket.com/albums/y441/woody1101/064_zps4bb3c5ff.jpg)

Veilig tuis met 2 fantastiese fietse en 'n fantastiese naweek saam met ou Groote.

Dankie seun en dankie dat julle saam kon gery het.

Hoe se die Hollanders... DOEI !!!!!!!of sommer net KOEBAAI.

Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Vis Arend on December 19, 2012, 07:52:46 pm
Dit is nou bakgat gewees, dankie vir die deel.   :thumleft:

Stem saam met jou, daai R160 vir die ete by die lodge is 'n ripoff, ek maak beter kos as daai gemors wat ek laas daar geeet het, maar nou ja, as 'n man verlee is, is dit seker so.
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Mev Vis Arend on December 19, 2012, 07:57:44 pm
Baie mooi prentjies.  Ek het heerlik saamgery, dankie. 
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: buzzlightyear on December 19, 2012, 08:09:40 pm
 8)
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: coi on December 20, 2012, 09:19:15 am
bakgat !
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Bundu on December 20, 2012, 10:53:12 am
nice woody!  :thumleft:
Jy is baie bevoorreg om die goed met jou seun te kan doen!
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: JMOL on December 22, 2012, 11:09:40 am
Dit is nou bakgat gewees, dankie vir die deel.   :thumleft:

Stem saam met jou, daai R160 vir die ete by die lodge is 'n ripoff, ek maak beter kos as daai gemors wat ek laas daar geeet het, maar nou ja, as 'n man verlee is, is dit seker so.
Stem!!  Dan is hulle drank ook buitensporig duur!

nice woody!  :thumleft:
Jy is baie bevoorreg om die goed met jou seun te kan doen!

+ 10000
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Mr Zog on December 22, 2012, 07:25:37 pm
Moer lekker trippie!  :thumleft:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 22, 2012, 07:53:16 pm
Yes Gary en dankie vir die inligting wat jy ook gedeel het met ons.  Volgende keer ry ons dalk daar by jou diamantmyn verby... :ricky: :ricky:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: jorust on December 29, 2012, 04:58:20 pm
Dit lyk baie lekker!! Heel eerste ding wat ek doen wanneer ek terug is om Afrika is om Lesotho te gaan ry. Dan moet julle weer saam!  :ricky:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 29, 2012, 09:10:12 pm
Maak so,  dan drink ons weer 'n Ice Cream .... :imaposer:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: jorust on December 29, 2012, 10:44:16 pm
Maak so,  dan drink ons weer 'n Ice Cream .... :imaposer:

Definislis!  :thumleft: :peepwall:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Lem on December 29, 2012, 11:11:32 pm
wow Woody, baie dankie vir die lekker saamry en goeie fotos

hierdie roete is beslis op my bucket list.
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: RobC on December 31, 2012, 11:39:48 am
Baie lekker RR en toe loop ek nog Francois raak hier in my kompleks!  :thumleft:
Gewonder watter WD se S10 hier staan, klein wereld!
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: woody1 on December 31, 2012, 03:27:50 pm
Wys jou net RobC... hou hom maar bietjie dop en rapporteer enige wangedrag.... hy hou van paaldans met die swembad sambreel ... :imaposer:
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: Topie on December 31, 2012, 05:11:23 pm
Dit is nou regtig n bakgat RR.
My bek water behoorlik
Title: Re: Lekkerder as Trein ry. Pa en seun se trippie deur Lesotho
Post by: RobC on January 01, 2013, 11:32:08 am
Wys jou net RobC... hou hom maar bietjie dop en rapporteer enige wangedrag.... hy hou van paaldans met die swembad sambreel ... :imaposer:
LOL... tot nou toe het die bike nog nie beweeg nie... die swembad kry seker meer aftrek in die hitte. En die sambrele se pale is baie stewig. :thumleft: