Wild Dog Adventure Riding

General => Wild Dog Pictures => Topic started by: Gerrard on April 24, 2013, 02:13:56 pm

Title: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: Gerrard on April 24, 2013, 02:13:56 pm
 ???
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: Gerrard on April 25, 2013, 02:53:37 pm
Herken niemand die pad nie. Dit moet erens tussen Oudtshoorn in die Klein Karoo en die Langkloof lę.

Raaiskote of voorstelle sal ook help want dan sit dit my gedagtes ook aan die gang.
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: Stofdonkie on April 25, 2013, 04:05:46 pm
Lyk soos Herbertsdal/Albertinia se węreld.
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: Gerrard on April 25, 2013, 06:07:19 pm
Lyk soos Herbertsdal/Albertinia se węreld.

Nee dit kannie wees nie. Ons het oor Outeniqua gekom en was oppad huistoe Langkloof langs.
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: LeonDude on April 26, 2013, 09:53:29 am
Post dit op die 'Spot the location' thread. ChrisL het gewoontlik n antwoord binne minute!
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: Gerrard on April 26, 2013, 11:29:57 am
Post dit op die 'Spot the location' thread. ChrisL het gewoontlik n antwoord binne minute!


Ek het maar nie reaksie gekry nie. Dis nie juis Chris se paaie daai nie.
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: 4 Kays on April 26, 2013, 11:55:10 am
Jups dit lyk soos 'n pad in die Kamannasie
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: Stofdonkie on April 26, 2013, 01:12:30 pm
Watter tyd van die dag is dit geneem?

Buffelsdrif?
Title: Re: HELP ! Waar is die ? Oos kaap !
Post by: Gerrard on April 26, 2013, 01:55:51 pm
Jups dit lyk soos 'n pad in die Kamannasie

Ek begin ook so dink. Het Wes - Oos gery. Vermoed nou dit was 'n trip wat ons oor die Outeniqua pas gery het Oudtshoorn toe en toe die Vergelegen pad na Deyselsdorp. Ek dink ook daai afdraai is die pad wat bo in die berge aansluit by die split wat ek kloof afgery het op my Solo trip.

Watter tyd van die dag is dit geneem?

Buffelsdrif?


Sou so net voor middag gewees het en so ent voor jy Buffelsdrif kry.