Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: K1200surfer on May 13, 2013, 03:21:41 pm

Title: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 13, 2013, 03:21:41 pm
Ek was bevoorreg om oor `n aantal oseane met vriende op `n seiljag te seil, en by veraf lande en eilande anker te gooi. `n Alleenvaarder sal dan, na weke alleen op see kom anker gooi.....so asof hy net gou `n koerant kom koop!

Ek sou dan wonder............??
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 13, 2013, 03:23:35 pm
Die eiland is Krgeulen...49*21S   70*13E
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 13, 2013, 03:35:41 pm
Ek was ook bevooreg om `n aantal lang afstand motorfiets-toere met vriende te doen. Gedurende 2010 het ek en skoolvriende, Kobie en Rieks `n 42dae Botswana/Namibia toer gedoen. Gedurende 2012 het ek en Dris van der Walt die 4 uithoeke toer gedoen.

Daar sal dan `n allenryer, al die pad van Europa by die kamp opdaag, sy tentjie opslaan..so asof hy net `n koerant kom koop.

Dan het ek gewonder.....???
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 13, 2013, 03:58:29 pm
Ek het met groot bewondering die avonture van Lodie de Jager(www.naboom2germany.co.za) en Jo Rust (http://jorust.com/ ) gelees. Lodie se verduideliking hoekom `n alleenrit hom geval het my weer laat wonder.....?

Wel, as jy heeltyd sit en wonder gaan die lewe by jou verby, so.......doen dit.

Alhoewel my rit nie so ekstreem soos Lodie of Jo Rust was nie, het dit tog aan alle verwagting voldoen.

Ek het 14 April 2013 uit Mosselbaai vertrek en het At Bruwer en Bradley Clark saam met my gery tot in Riversdal vir `n ontbyt....daarna 26 dae se alleenry!

Wat `n ervaring!
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: DRAZIL on May 13, 2013, 04:03:39 pm
keep the photos rolling :thumleft: :thumleft:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: subie on May 13, 2013, 04:09:12 pm
Wow! Vriend jou kort RR laat n mens se gedagtes rol  :thumleft:
Gooi nog  :ricky:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Bokveld on May 13, 2013, 09:22:51 pm
    Ek volg met afwagting.Dit gaan interesant word.
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Masai on May 14, 2013, 12:03:46 pm
Just do it
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Jakkals on May 14, 2013, 12:09:53 pm
Die Kobie wat so lekker met sy kort broek ry is van George as ek dit reg het en het julle nie laas jaar saam by Tsipese gekamp toe ek daar met die motorfiets aan gekom het nie ?

Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Pietcoke on May 14, 2013, 12:41:26 pm
 :sip:

Dit klink lekker...........laat kom die res asb.
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 14, 2013, 02:27:07 pm
Dags Jakkals...ja dit is Kobie maar die ou wie jy aan dink is miskien Henry Garbers.

van Piketberg is ek na Springbok en toe Keetmanshoop
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 14, 2013, 03:47:24 pm
Sukkel met die storie...plaas 4 foto`s dan s hy dit is te groot of ek vat te lank?? Is my foto`s te groot?

Ek het my tent en oortollige goed by die kampterrein in Keetmanshoop gelos en vir twee dae deurgeskiet na Luderitz

Title: Re: `n Alleenrit
Post by: subie on May 14, 2013, 03:59:06 pm
Sien jou fotos loop so 200kb grote. Myne is altyd so rondom 120kb.
Kan nie dink dit n verskil maak nie. Pos net so 3 op n slag. Skryf sommer net "nog fotos" of iets in die text blokkie anders vra hy.
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 14, 2013, 04:07:23 pm
dankie
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: buzzlightyear on May 14, 2013, 04:09:31 pm
Nice!
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 14, 2013, 04:10:46 pm
Kolmanskop en Luderitz.
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 14, 2013, 04:14:15 pm
En weer terug na Keetmanshoop
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 14, 2013, 04:24:49 pm
Die toer van Mosselbaai na Kasane(14 April tot 28 April) was een lang vakansie en rustig.

Die GT het geloop soos `n wyfiekat met slippers aan en die spoedkontrole het oortyd gewerk.

Op `n lang toer jaag ek niks. My spoed +_100km.p.u wat my geleentheid gee om die wreld te bekyk en omgewing in te neem.

Van Keetmanshoop is ek na Okahandja en toe Tsumeb waar ek twee dae gebly het
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Jakkals on May 14, 2013, 04:26:59 pm
Dags Jakkals...ja dit is Kobie maar die ou wie jy aan dink is miskien Henry Garbers.


Ek wou s die ou lyk bekend, hy bly net so skuins af in die str onder my.

Ek was laas jaar heel verras gewees, ek het 'n Limpopo / Moz trip gedoen met die bike en toe loop ek hom wragies daar in Tsipese raak met sy Paj en trailer waar hy op pad was Kruger toe.

Ek kan nie die persoon wat saam was se naam onthou nie maar ek weet hy het my vertel van die Bots / Nam trip en dat hulle mekaar bo in Nam ontmoet het.

Hi Jack af, nou kan jy weer aan gaan met jou storie.  :thumleft:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 15, 2013, 03:05:01 pm
Vanaf Tsumeb is ek na Rundu(Ngandu Lodge) en toe na Katima Mulio(Zambesi Lodge) waar ek 3 dae gebly het. katima en die Zambesi is altyd `n gunsteling
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: subie on May 15, 2013, 03:43:52 pm
Wow! Dit moet darem iets wees om die langpad met so n bike te vat  :thumleft:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 15, 2013, 04:16:33 pm
Subie....`n ou se gat raak net so seer!!
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Stofdonkie on May 15, 2013, 04:17:36 pm
 :drif:

Soos ek hier sit het ek bitter lus vir gatskuur.

 :happy1:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 15, 2013, 04:20:05 pm
Katima
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Karoo Rider on May 15, 2013, 04:24:17 pm
Hier kom 'n ding...
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 15, 2013, 04:25:06 pm
Van Katima is ek na Kasane waar ek inkopies gedoen het vir die Zimbabwe deel
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 15, 2013, 05:28:47 pm
In Kasane het ek inkopies gedoen vir Zimbabwe.

Ek het soveel nag stories oor Zimbabwe gehoor en lees. Het alle plakkers aan die GT aangebring en gesorg dat my dokumentasie in orde is.

Hierdie sou my 6de besoek aan Zimbabwe wees en soos die vorige kere net vriendelikheid ervaar. Jy is `n gas in die land en al is die rels so belaglik in jou o, kom dit na....as jy nie wil nie moenie kla as jy `n harde tyd het nie. Vat jou pak(het my eie rel oortree, maar hieroor later)

Ek is gou by Kasangula oor die grens(36USD) en het via Hwange na Mlibizi gery
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 15, 2013, 05:46:59 pm
Met die wegpak en skoonmaak kom ek op goed af wat iemand miskien in sal belangstel.

Caprivi is sandwreld. Met die vorige toer, al het ek `n bre voetstaander gehad heeltyd vrugteloos na `n klip gesoek. Hierdie keer het ek `n houtblokkie met `n tou en hakkie vooraan gemaak. Die het ek in die tankbag gebre en as ek stop  die blokkie laat val, onder die voetstander ingeskuif en die hakkie aan my tankbag gehak. As ek ry het ek die blokkie opgekatrol en gebre. Op die eerste foto kan die toutjie gesien word

Vir die hoofstaander het At voorgestel ek neem `n snyblok(?) wat in die kombuis gebruik word om vleis ens te sny. Plat, lig en vat geen plek nie.

Bogenoemde heet puik gewerk en baie frustrasies voorkom
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 16, 2013, 04:28:46 pm
Ek het na Mlibizi gegaan om met die ferry na Kariba(damwal) te seil. Bietjie duur(vir my) maar dit was die moeite werd.

Mlibizi is `n baie mooi kamp en `n mens kan net dink hoe die Rodesiese boere daar baljaar het
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 16, 2013, 04:33:43 pm
Die Ferry
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 16, 2013, 04:37:37 pm
In Kariba `n paar draaie gery en daarvan daan na Chinhoyi
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 16, 2013, 04:44:31 pm
Ek het na Chinhoyi gagaan om twee dae daar te bly, na die grotte te kyk en om die GT en tasse na t gaan vir die huistoe tog.

Die verblyf is nie duur nie maar jy moet vasbyt! Eerste aand nie warm water nie en die tweede aand geen water! Hulle probeer opgradeer maar dit gaan maar beroerd.

Het maar premitief gebly!
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: DRAZIL on May 16, 2013, 04:52:16 pm
enjoying this :thumleft:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 16, 2013, 05:10:00 pm
Vrydag 3 Mei 2013(moes die 13de gewees het) dag 20 van die toer ry ek via Kwekwe en Gweru na Bulawayo. Kry weer padblokades maar hulle wuif my deur. Dink by myselwers dat hierdie darem `n maklikke toer is.

Kom in Kwekwe aan en sien `n mooi gebou met `n ROOI teken bo. Dink dat dit nou `n mooi foto sal wees met die GT in die voorgrond. Neem die foto en.......Drievoudige runderpes tref my!

Sekuriteit begelei my na binne...begin by `n klein kantoortjie na al hoe groter kantore met manne se titels al hoe belangrikker. Elke keer dieseelfde gesprek:
"Hoekom het jy die foto geneem?"
"Omdat ek `n toeris is en die gebou is mooi"
"Het jy toestemming gehad?"
"Nee, ek het nie gweet jy moet toestemming h nie(lieg ek)."

Na +_ twee uur laat hulle my gaan...sonder om die foto uit te vee! Die sekuriteit begelei my na buite en by die ingangsportaal merk ek `n indrukwekkende beeldhouwerk. Pluk my kamera uit(ek moet mos toestemming vra?) en vra of ek `n foto mag neem.......dog hulle skiet `n koronr!!!

Net voor Bulawayo hoor ek `n hengse slag op die agterwiel. GT hanteer goed en dink ek het `n klip raakgery. In Bulawayo ry ek in `n klomp motofietsryers vas wie op pad is na die Black Eagle Rally. Ek soek buitendien slaapplek...so gaan saam. Ek is nie `n rally man nie en besluit gou om die volgende oggend vroeg pad te vat. Met die tent opslaan staan die manne nader. Vra die een ou my wat ry ek saam in die agterband?!!!

Die band herstelkit wat ek saamgeneem het is te lig in die broek om die 6mm gat toe te maak. Manne van Maputo help my en ek ry met die gelapte band tot in Mosselbaai. Dankie aan hulle. Het hulle name vergeet maar ek plaas graag hulle foto.
As ek nie die rally bygewoon het nie was ek in groot moeilikheid gehad.

Om die drievoud af te sluit gooi ek `n vol blikkie coke in die deurmekaar tent om.....vra die mane van buite in watse taal predik ek nou?!
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 16, 2013, 05:12:47 pm
Vergeet om die foto`s van die Chinhoyi grotte aan te heg
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 16, 2013, 05:18:41 pm
Nog `n foto van die bout
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: buzzlightyear on May 16, 2013, 05:20:05 pm
 8)
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: 0012 on May 17, 2013, 01:04:46 pm
Man dis 'n lekker ride!
Laat my erg verlang na zimbabwe, het daar groot geword. Mooi plekke, kariba en die grotte!
Darem bly die polisie het nie jou kamera gevat nie!
 :thumleft:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Cachetty on May 17, 2013, 01:24:07 pm
Makes me miss my K1200RS very much. Excellent bikes for the long road.Plenty of room on the bike to move the gat when its gets sore. Maybe one day i buy another one to do the long trips!! Thanks for the great RR and the great photos. :P
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 17, 2013, 03:11:14 pm
Saterdag oggend om tien uur gou gaan kyk na die massride van die Black Eagle rally.

Om elf uur vertrek na Plumtree en daarvandaan na Francistown.  Zimbabwe is vriendelik vir `n motorfietsryer...kyk na die tolgeld!

Moes `n paar keer die GT versuip in `n vuil poel water!

Kamp altyd by die Marang hotel kompleks...baie netjies. Was moeg en vra of hulle `n bed het. Ja, hulle het `n special teen 850 Pula vir die nag.......tent opgeslaan vir 81 Pula!!

Sondagoggend is ek van Francistown na Martinsdrift en gekamp by Bigg Figg....ook baie netjies maar trokke lawaai. Niks wat watte in die ore nie kan oplos nie.

 
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: Single Cylinder on May 19, 2013, 10:38:25 am
Wat 'n lekker trippie, pragtige fotos, baie dankie   :ricky:
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 19, 2013, 10:51:43 am
Alhoewel ek `n "pen pusher" was hou ek daarvan om dinge self te maak.

Gedurende die 2010 Botswana/Namibia toer het ek `n sagte stuk rubber gevat en daaraan knippies en bande vasgewerk. Nog `n paar kleiner "chinese tricks" en dit vorm die basis. Plak eers plastiek en dan ducktape....voorkom `n klomp gom.

Kies dan die grote tankbag wat ek wil h en werk knippies daaraan vas.

Die tankbags het ek gedurende die 2010 Botswana/Namibia, 2012, 4-uithoeke toer en die alleenrit gebruik...totale afstand 22124km. Het uitstekend gewerK.

Eerste twee foto`s  die basis, derde vir die eerste twee toere en laaste vir die alleenrit
Title: Re: `n Alleenrit
Post by: K1200surfer on May 20, 2013, 03:06:39 pm
Van Martinsdrif is ek oor Ellisras vir `n koffie by Vaalwater en toe twee lekker dae met my suster Elsa en haar vriendin Marge by Klein Kariba gekuier.

Woensdag 8 Mei 2013, dag 25 van die toer het op sy kop gaan staan.

Eers ontbyt in Warmbad se Wimpy waarna Elsa en Marge na Pretoria sou ek na `n ou kolega/vriend, Piet Rohrigh by Peacenwood gaan maar, hy word vroegoggend in die hospitaal opgeneem. Res van my beplanning val soos dominoes om.

Besluit om na Bothaville te ry en die dag maar sy loop laat neem.

Ek ry 0m 09:30 van Warmbad na Magalisberg. Wat `n telleurstelling...Wicker tea garden, ons ontbyt plek van 79/80 bestaan nie meer en die res lyk maar treurig. Ry oor Carletonville na Potch, my ou Alma Mater(73/76) en daarna na my ou koshuis "Die Klooster". Toe na Bothaville maar geen slaapplek a.g.v. Nampo oesdag. Ry na Odendaalsrus waar die skaduwees al lank is. Theunissen al sterk skemer en warm klere word aangetrek. Ek is om 20:30 in Bloemfontein en besluit, terwyl ek nou aan die ry is om maar netsowel na Mosselbaai te ry!
22:54 in Colesberg, 01:34 Loodsberg pas, 02:21 Graaff-Reinet kerk en 02:32 Graaf- Reinet petrol.

Ek het die hele toer pragtige weer gehad maar, net na Aberdene slaan die reen my! Die GT wys toe sy staal! Die sitplek verwarmer hou my gat lekker warm, die "heated grips" maak warm en die spoedkontrole laat my toe om agter die ho skerm te skuil. 06:57 is ek net voor die Outeniqua berge. Net na 8 stop ek in Mosselbaai.....vodde!! Ek het stadig gery....nog bang vir die plug wat ek van Bulawayo saamry!

Ek bly wakker en om 5uur slaap ek `n gat in my eie bed!!

Afstand:               7411km
Petrol:                  336.67L
Dae:                     26

En nou is ek moeg!!

Groete,
Philip