Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: alwyn_gs on August 13, 2013, 09:45:21 am

Title: Sani 2013, saam Michellie
Post by: alwyn_gs on August 13, 2013, 09:45:21 am
Sal kyk of ek vannaand die RR kan begin... maar n voorsmaakie of drie van die lekkerste bike trip wat ek en sy saam gedoen het... op tye was dit moer rof, maar ons het dit baie BAIE geniet!!! :deal:



Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Brandt on August 13, 2013, 10:20:57 am
 :sip:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: RobC on August 13, 2013, 10:22:19 am
Lyk lekker koud!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: stan1975 on August 13, 2013, 10:37:47 am
Looks cold :sip: indeed.

Sub for the complete RR  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: >Herman< on August 13, 2013, 10:43:23 am
sub  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: AntVan on August 13, 2013, 11:21:31 am
 :sip:

Lekker Alwyn man, lekker.
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: madmike999 on August 13, 2013, 11:27:21 am
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Gasman on August 13, 2013, 11:33:56 am
 :happy1:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Gat Slag on August 13, 2013, 11:57:46 am
 :sip:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Malibu on August 13, 2013, 11:58:58 am
... Waiting ... Patiently.... Maybe.... ;).
Title: Re: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: nielvn on August 13, 2013, 12:01:55 pm
Mooi Alwyn, gelukkig is jy nie bang nie.

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk 2
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: dookie on August 13, 2013, 12:07:44 pm
Jaaaaasie Allas!
Mooi girl, mooi bike, mooi natuur..........en toe daag jy op.
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: boss freddy on August 13, 2013, 12:15:43 pm
Well done ek sou nie kon glo iemand met n bike two up sou kon om icy corner kom nie as ek julle nie persoonlik daar bo gesien het en geluk gewens het nie.Whats next.




[/quote]
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 13, 2013, 02:23:24 pm
Jaaaaasie Allas!
Mooi girl, mooi bike, mooi natuur..........en toe daag jy op.

Oom dookie....


(http://i1100.photobucket.com/albums/g419/CarrotsKatoom/moere.gif)

 :imaposer:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Lem on August 13, 2013, 02:28:21 pm
kwaai storie!

nou is die groot grys military tanker ook ingewy :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Noneking on August 13, 2013, 04:30:14 pm
 :thumleft: :thumleft:

Impressive!!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: GSJeri on August 13, 2013, 05:01:06 pm
 :happy1:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Orangeswifty on August 13, 2013, 05:34:29 pm
Koue omgewing................warm girl....................off road biking...................sani top chalets
Mmmmmmm
Gee gas Alwyn :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: JMOL on August 13, 2013, 06:05:40 pm
Wel ek ry saam  ;)
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: da PEEG on August 13, 2013, 06:10:34 pm
 :sip:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: T Rex on August 13, 2013, 09:25:24 pm
Subscribe
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: spoedvark on August 13, 2013, 10:56:40 pm
Ek wens ek was saam!!!

Subscribed for full RR!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Shangali on August 14, 2013, 07:38:48 am

  Soon it is summer again & you can wash michelle under your favorite tree again,
  take her to a warm place until then .....

   :sip:

    :ricky: :ricky: :ricky:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Soundboi on August 14, 2013, 12:57:26 pm
Bliksim het hom nog nie inni winter gery nie maar dit lyk lekker.
Gooi
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: FATO on August 14, 2013, 01:04:53 pm
Hey Allie, jou timing was great om die sneeu te vang. Great stuff!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 14, 2013, 01:39:24 pm
Right, die storie het in 2011 begin, toe ons ry groepie Lesotho toe is, het Michelle net so 2 maande geken... en het haar belowe sal haar ook eendag gaan sneeu wys... en 2013 is die jaar!  ;)

Die 3de Julie, het ons die bevestiging gekry van Sani Backpackers dat hul plek het, en die aand skryf ek Die Groot Rooie af!? Nou is die hele trip op ys, no pun indended... Besluit by myself gaan die trip doen...  :deal: sal al die admin uitsorteer, nuwe fiets kry, en fiks genoeg wees! Elke week getrou physio oefeninge gedoen...

Die week voor die tyd is Michelle so opgewonde en ons skaf warm klere aan, extra slaap sak, die pienk mus en en en... Donderdag aand pak ons baie vinnig... so dat ons nog n paar episodes Big Bang Theory episodes...want ons kan nie slaap nie...

Die volgende oggend 4h45 op... 5h10 panniers en bokse op, die eerste keer dat ek met sulke goeters ry!! En so 5h20 is ons in die pad.  :ricky:

Sani (2).JPG

En van Galloolies begin die so fyn mis reen...alles is fine maar die sproei van die trokke maak dinge nat.. stop om reen jasse aan te trek...

Stop op Villiers vir Koffie en n Wimpy breakfast, en almal kyk ons aan of ons mal is...

Sani (3).JPG
Sani (4).JPG
Lekker nat man!!!

En van daar steeds in die reen seker vir nog so 45 min na n uur...

Op Harrismith stop ons by die Engen vir n bene rek... en raai wie kry ons daar?! Hein, Flip en Karl met hul pillions... Arme Michellie kry koud en ek organise gou warm water vir haar warm water sak... woeps, onder die baadjie in... groet die S groep, en daar ry ons...Oliviershoek pas her kom ons!

Gelukkig is die Military Fuel Tanker n GSA en die slegte pad langs die Sterkfontein dam is soos n gravel highway!

Oliviershoek pas

Sani (8).JPG
Sani (9).JPG

Van daar pop ons gou in by Little Switzerland, die eerste keer wat ons altwee daar is...

Sani (13).JPG
Sani (14).JPG
Iemand kry lekker koud...

Van daar stoot ons deur Winderton tot op Mooi Rivier vir nog n Wimpy Burger... en raai wat... dit reen weer.... :toothy11:

Vandaar Nottingham toe, en daai +-70km grond pad na Himeville toe..

Sani (18).JPG
Sani (19).JPG
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 14, 2013, 01:50:27 pm
  Soon it is summer again & you can wash michelle under your favorite tree again,
  take her to a warm place until then .....
Shangali, the bike is still dirty  :deal:

Bliksim het hom nog nie inni winter gery nie maar dit lyk lekker.
Moerse lekker gewees... lekkerste bike trip ooit!!!

Hey Allie, jou timing was great om die sneeu te vang. Great stuff!
Jis Stry op n tyd bekommerd gewees... so bly daar was sneeu Saterdag... Michelle het so uitgehou die Vrydag in die reen... weer die naweek besef... sy is een tawwe koekie!!!  :deal:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: subie on August 14, 2013, 02:52:46 pm
Die meisie moet lief vir jou wees om al die "ontberinge" met jou te deel  :ricky:
Ek is altyd verbaas wat van julle ouens met die groot bikes kan regkry. Respek  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: BIGMAC on August 14, 2013, 04:33:44 pm
alwyn_gs I am sure we passed you on the side of the loteni road, we had just come out the valley - 3 KTM's and Yamaha we were pre running a route for Alfie Cox's weekend. Our Yamaha boy had a fall down the road dislocated his shoulder. Hope you enjoyed the Loteni Road very scenic road and well done for going up SANI on the BMW.
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Lourens ツ on August 14, 2013, 04:39:18 pm
Subscribe! Lekker!  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: COLES on August 14, 2013, 04:41:53 pm


the Toppies are ready            great photo,s awesome ride
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Hondsekierie on August 14, 2013, 05:35:58 pm
Lekker een Alwyn, bly jy't jou sneeu gevind :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Outthere on August 14, 2013, 08:02:08 pm
Mud monster clearly not an issue for you two well done
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Trail Blazer on August 14, 2013, 10:12:29 pm
Hey Bru i saw you on the way up on Saturday morning ,will post some pics,what an experience 230 cars crossed .SA border post ,traffic on pass was hectic,glad you survived !
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Swart Baard on August 15, 2013, 10:09:31 am
Wag vir die res  :sip:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 15, 2013, 11:41:22 am
@ BIGMAC, yes it was the missus and myself... and BIG THANK YOU to the one oke warning us on the corner!!! The road was more enjoyable that Friday...

@ Outthere, it was lekker busy on that road, friday...

@ Hondsekierie, is net so bly... Michelle was so opgewonde om die trip te doen, en die teleurstelling so groot gewees het as daar nie was nie... en dis ook n vergoeding dat sy so maaoi uitgehou het Vrydag in die reen...

Awesome Trail Blazer, gooi bietjie foties!!!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 15, 2013, 12:22:05 pm
En so begin ons die grondpad aan te durf... die fotos doen nie die gladde pad justice nie... en hier en daar is sulke rooi grond patches klei wat lekker besig was, so 2 close calls gehad, but we survived!!! Het ons so 3 ure & 45 min gevat om tot by Sani Lodge Backpackers te kom...  ;)

Onroute, het gereelde stoppies gemaak... net bietjie rus...

Sani (21).JPG

Sani (24).JPG

By die back packers ge-arriveer seker so net na 18h00...daar gestop, en ingeboek. Het die eerste aand n dormitry kamer gedeel met 2 ander persone.

Dit was aandete tyd, en n lekker bord kook kos is opgedien, lekker hoender, rys en groente. Het geloop soos n jet... lekker bord kos na n lang dag!!!  :P by die tafel sit ons aan saam n New Zeelande paartjie wat ons net voor Harrismith op die N3 gesien het. En ruil stories uit terwyl ons aandete geniet...

Het gaan afpak, en n lekker warm stort gaan vang. By die Backpackers is daar n gemeenskaplike sitkamer, very cosy! Kagel en al. Daar ontmoet ons n Suid Afrikaner wat in Belgie studeer en n Australiaanse girltjie... en begin lekker kuier oor n koppie koffie.

Moet se was bietjie bekommerd oor die weer... daar was baie mis in die lug. was bang dat daar nie sneeu gaan wees die volgende oggend nie.   :lol:

Die aand lekker warm geslaap. Die dormitry gedeel saam n duitser, en die Australiaanse girltjie.

En vroeg die volgende oggend word ons wakker en kyk vir die...
Sani (25).JPG

Het opgesaal, die panniers is gepak en netjies in die backpackers se sitkamer gestoor. Ontbyt gaan nuttig en is grenspos toe...

Net na die golfbaan, is die area bietjie gebrand... regtig hartseer, maar tog mooi die wit berge en swart veld..
Sani (32).JPG

Oppad grens pos toe....

Sani (38).JPG
Sani (39).JPG
Sani (40).JPG
Sani (41).JPG
 
:ricky:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 15, 2013, 12:41:57 pm
Vinnig vinnig deur die grens pos...
Sani44.JPG

En so begin ons die pas opwerk... moet se die keer was die 4x4 ouens baie vriendeliker!!  :+  As hulle kon het hulle plek gemaak dat ons kon verby kom...

Sani48.JPG
Sani50.JPG
Sani52.JPG

Beautiful pic die! :love7: Sani56.JPG

Sani57.JPG
Die was die n lekker gladde stuk... die linkerkanste baan is rybaar... net na ek die foto geneem het, het ek my lyn probeer verander, terug gestoot... en woeps gly die fiets onder my uit! Moes geweet het die wrywings koeffisient is laag op ys/sneeu
 :rofl: !?

The view from one of the switch backs...

Sani58.JPG
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 15, 2013, 01:03:23 pm
Moerse traffic jam op ICY CORNER!!!! Die pad is gevries... werk ons deur die verkeer tot voor... net toe ons stop... probeer n Pajero om gaan... raak weg om die opdrande... en hier kom die Pajero terug gely... soos jou Match box karretjies op die teel vloer toe ons mamma's & pappa's vir ons gesorg het. Was regtig SCARY!!!  :unsure:  En toe weet ek ons gaan laank wag...

Sani59.JPG
Sani60.JPG

Het die fiets veilig ver gestop... en ons het om gestap en gaan kyk... hoe die 4x4 stoei...

Daar was n vriendelike oom in so swart Jeep... met die regte tools - YS Kettings!!! Hy het die draai so twee keer gery, die ys gebreek...  :pot:  en van daar het die "slimmer"(Disco's 4/5, Mercedes GL, en Toureg)  paw by paw's begin opgaan... Die Landy's 110, Rangers, Hilux's, Cruisers, Safari's self 2 x Condors(!?) is in 2de, low range met n gejuig uit... great fun...

Meanwhile...

Sani61.JPG
Sani62.JPG
Sani63.JPG
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Lem on August 15, 2013, 01:13:04 pm
hey jy n bottel OBS uitgeskink in daai Camelback, Alwyn?
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 15, 2013, 01:22:47 pm
Jip... net gedrink as ons gestop het... anders tel dit as drink en bestuur...  :peepwall:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Malibu on August 15, 2013, 04:45:09 pm
Some stunning pics there... :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Bring It On on August 15, 2013, 08:46:00 pm
Some stunning pics there... :thumleft:

+100 :thumleft: :thumleft: :thumleft: Looking forward to some more please ;) ;D
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: nielvn on August 15, 2013, 09:07:48 pm
Baie nice Alwyn  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: mtr89 on August 16, 2013, 08:10:08 am
alwyn_gs I am sure we passed you on the side of the loteni road, we had just come out the valley - 3 KTM's and Yamaha we were pre running a route for Alfie Cox's weekend. Our Yamaha boy had a fall down the road dislocated his shoulder. Hope you enjoyed the Loteni Road very scenic road and well done for going up SANI on the BMW.
hey BIGMAC were those"3ktms and a yamaha ",2x950 Se's,1x990 adv and a yamaha xt660r?was also on the loteni road that day on my xt660z tenere.i was headed to himeville from Nottingham rd and you guys were headed to Nottingham rd ?
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Skip_ZA on August 16, 2013, 08:21:07 am
lekker Alwyn... Jy's n masjien!!  :ricky:

Bly julle het toe die sneeu gekry!

Awsome Fotos  :drif: eendag.
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 16, 2013, 10:01:36 am
alwyn_gs I am sure we passed you on the side of the loteni road, we had just come out the valley - 3 KTM's and Yamaha we were pre running a route for Alfie Cox's weekend. Our Yamaha boy had a fall down the road dislocated his shoulder. Hope you enjoyed the Loteni Road very scenic road and well done for going up SANI on the BMW.
hey BIGMAC were those"3ktms and a yamaha ",2x950 Se's,1x990 adv and a yamaha xt660r?was also on the loteni road that day on my xt660z tenere.i was headed to himeville from Nottingham rd and you guys were headed to Nottingham rd ?

Yes we were on the GSA...

:drif: eendag.

Jy gaan daar kom.... :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 16, 2013, 10:06:45 am
Die 4x4 gaan gly gly op... ek begin keen raak, maar Michelle is bekommerd oor die afkom, which is true...  maar daar was n baie vriendelik tannie in n Disco 4 wat aangehou het ons is 1.7km van die grens pos en ons moet opgaan. Sy se Michelle moet saam haar opgaan en dan ry die fiets op...agter my se n a ander vriendelike oom, hy sal buffer van agter en terug hou laat ek die momentum hou vorentoe, en as ek val help optel...

Right hier gaan ons op... dit is so mistig, daar is baie klippe.. maar is mooi vas in die grond, dus baie traksie...en soos die gesoute ouens weet... just keep momentum..

en siedaar!  :bounce:

Sani66.JPG

Weet nie wie was die blyste om bo te wees nie, Michelle, myself en almal wat verby ry wat cheer terwyl ons die victory fotos neem...

So mistig en koel bo...

Sani68.JPG

Bo by die resturant is dit mal besig... oppad kroeg toe trek mense ons in by hul tafel om saam hulle te eet, het die 2 dames op Icy Corner ontmoet..daar kommentaar gelewer en gekuier... nou het ons sitplek, geselskap en geniet n lekker cheese burger...  ;)

En dan die volgende, obvious foto

Sani69.JPG

Gekke en dwase skryf hul name op mure en glase, of is dit op die plafon van die kroeg?! 
:rofl:
Sani70.JPG

Na n lekker middag ete, het ons seker so 20 km noord gery, maar die sneeu het gesmelt en besluit om om te draai...

Oppad af met Sani pas

Sani73.JPG
Sani75.JPG
Sani77.JPG
Sani80.JPG

Oppad af is Michelle en  my mojo so aan soos kan kom... op die pegs en ons gaan rustig af...
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 16, 2013, 10:57:01 am
Die temp so 15:24
Sani81.JPG
Sani82.JPG


Woops, deur die grenspos... dis regtig baie vinnig...

Michelle die grens sitter. . .  :rofl:
Sani83.JPG

Van die grenspos teerpad toe is dit regtig aan... ons mojo loop soos n jet...!

Oppad Himeville toe vir n bier..
Sani84.JPG

Daar saam met die 3 fransmanne wat ook by die backpackers bly gekuier, en ook van die mense wat ook Sani uit is met hul Jeep... lekker stories uitgeruil...

Sani85.JPG
Oppas terug packpackers toe...

Die aand was aandete lekker beefstew... en weer lekker saam almal om die kagel gekuier. Die aand het ons darem ons eie kamer gehad met n dubbel bed... en n verwarmer!!!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 16, 2013, 11:10:23 am
Die volgende oggend... alles wit geryp...
Sani89.JPG

Die Military Fuel Tanker gevat met die eerste swaai...

Sani90.JPG
Sani92.JPG
 :teeth:

Die boere van die Ventersdorp het ons genooi vir koffie en beskuit... en daar hak ons ook vas...

Sani94.JPG

7h30 ge-ontbyt, en fiets opgesaal, daar gaan ons... pak weer die pad na Nottingham Road toe aan en kondisies is perfek!!!

Sani101.JPG
Sani105.JPG
Sani110.JPG
Sani114.JPG

Hier dan ook van die Wilde honde raak gery....

Die keer ry ons net so uur en 15 min...
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 16, 2013, 11:30:15 am
Van daar is dit Winterton toe vir middag ete...

Lekker Cheese Burgers...

Sani117.JPG

Wou die gerugte Bezuidenhouts pas ry... so van daar is dit Bergville toe en draai daar Geluks burg se kant toe... weereens perfekte grond paaie... so lekker gery nie fotos geneem nie...

En van hier af links, na Bezudenhouts pas...
Sani120.JPG

Daar is so 3 hekke... check die cuteste hek motor ooit!!
Sani121.JPG

Scenery... beautiful

Sani126.JPG

Dit is ook, kom ons se eerste hindernis... Sien die step ups... het bietjie geresearch... en die step ups lyk nie so erg nie...stap it uit... Michelle se sy sal stap...

Sani129.JPG

Die eerste ene was nie so erg nie...

Die tweede ene... bietjie klippe, en die gradient is nogal steil...maar ridable

Arme Michelle moes die hele stuk stap...

Sani138.JPG


Lekker sppelplek...
Sani141.JPG

Moet eerlik wees, die celebrations was groot aan die bokant........  :blink:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: GIDEON on August 16, 2013, 12:00:19 pm
Baie nice en lyk BAIE lekker julle twee  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 16, 2013, 12:05:37 pm
Altwee op die fiets... "die was nie erg nie"...gesels ons met mekaar... en toe om die kop is dit die gesig!  :silly:

Sani (147).JPG

Stap weer die bult uit... kies lyne... stap af... besluit dalk moet ek die panniers op dra.. tenk is vol petrol, en dan ook die panniers, kom ons maak die fiets ligter... sluit die ene af... en dra die op, toe ek terug by die fiets kom... het Michelle perongeluk die proppie in die slot afgetrap... eish!!! :pinch:  Daar stap ek weer terug op die ander ene weer te gaan haal... het ek al genoem die bultjie is moer steil...? Nou al baadjie uitgetrek...

Drie keer se op en af stap, nou het al min of meer die perfekte lyn in my kop ingebrand!!!

Sani (151).JPG
Sani (153).JPG
Sani (155).JPG
Sani (156).JPG

YES!!!! Bo!!!

Terwyl Michelle die foto neem,

Sani (157).JPG

Stap ek om die kop... en daar le daai gerugte step ups!!! Skat hulle so 400-500 mm hoog en drie na mekaar!? Stap terug na Michellie toe.. en deel met haar die nuus... haar arme gesiggie toe ek haar se sal moet omdraai! Haar so jammer gekry...nou is ons altwee al goed oor dit!!!! Moet se die af was baie makliker. Het die hele stuk het sy saam afgery... nou moet ons terug Bergville toe, dan verby Little Switzerland, Harrismith en dan Pretoors... besluit ons ry eerder Clarems toe, en slaap daar.. Was al oor middag ete bespreek, maar nou n werlikheid!! dit was al 17:00 toe ons Oliviershoekpas klaar ry... by die T-aansluiting draai ons links  Clarens toe via Golden Gate... dog gaan die Golden Hour beleef, maar toe dreig sulke lae donker wolke...
 :S
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Dwerg on August 16, 2013, 12:08:44 pm
Goeies  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 16, 2013, 12:51:04 pm
Garmin die Backpackers in Clarens en toe ons intrek ontmoet Rick ons... baie vriendelik! Gaan wys ons ons slaap plekkie: " We'll take it!!"

Saal gou af en gaan bad gou... n mens voel mos beter! Dis nou al donker en ons sien nie die onweers wolke nie... nou moet ons gaan kos soek in Clarens 19:30 in die aand...

Die Vito resturant is nog oop... al hoekom ons dit weet, daar staan 4 karre voor die plek... gaan in en die vriendelike tannie se sy kan ons net pizza maak, omdat die oond nog warm is...2x pizza ASB!!! Sommer Take Away asb!

Stop by daai Engen in die onder dorp waar die kafee/slaghuis/petrolstasie... vang hulle ook net oop... koop lekker hout en melk, vir lekker koffie!!

Was net tuis toe reen dit katte en honde!!!
Ons kooi vir die aand...
Sani (158).JPG
Krismis bed voor die kagel, dis net opdat ek nie krag gehad het om die bed te skuif nie...
 :blush:

Michelle stel voor n  vol body massage vir die volgende oggend... hmmmm nie n slegte idee nie... google dit my liefie!!!

Volgende oggend waai daar n ysige wind...

Sani (169).JPG
Sani (171).JPG

Clocking in for our massage:

Sani (173).JPG
Dit was die beste ding ooit! 1 en halwe uur! So dit werd gewees! Gevoel soos n Million bucks na dit! En Michelle het dit so geniet!!

Gou n lekker Cappachino gaan drink... om weer wakker te word

Sani (174)

En uit Clarens moet n mens mos stop by die As rivier uitloop
Sani (177).JPG
Van daar gestop op Bethlehem vir Wimpy... onder instruksie van Mamma! En toe Frankfort toe. daar die grond opgetel na die Vaaldam toe...

Sani (179).JPG
Sani (185).JPG
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Skip_ZA on August 16, 2013, 01:03:26 pm
Bfok Alwyn!!  :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: BIGMAC on August 16, 2013, 03:35:49 pm
alwyn_gs I am sure we passed you on the side of the loteni road, we had just come out the valley - 3 KTM's and Yamaha we were pre running a route for Alfie Cox's weekend. Our Yamaha boy had a fall down the road dislocated his shoulder. Hope you enjoyed the Loteni Road very scenic road and well done for going up SANI on the BMW.
hey BIGMAC were those"3ktms and a yamaha ",2x950 Se's,1x990 adv and a yamaha xt660r?was also on the loteni road that day on my xt660z tenere.i was headed to himeville from Nottingham rd and you guys were headed to Nottingham rd ?
Hi mtr89 that was us, are you local as we often ride in the area - we are putting the final touches and routes together for Alfies weekend on 5-8th September at Sierra Ranch
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: DRAZIL on August 16, 2013, 03:57:55 pm
awesome ride you both had and the photos great :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Bring It On on August 16, 2013, 06:04:42 pm
Really is so nice to see you both doing this trip together & truly enjoying every minute of it. :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: JMOL on August 16, 2013, 08:16:59 pm
Dis nou great!!!!!!!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: mtr89 on August 16, 2013, 09:41:34 pm
@BIGMAC,I'm from Durbs.
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: weskusklong on August 16, 2013, 10:15:22 pm
Daai pad lyk maar sleg,julle sou nie daar kon loop nie,ook maar goed julle het die bike gehad. :imaposer:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Shangali on August 17, 2013, 11:40:24 am

 Now that's a Trip to Remember !!

 The Two of You Deserve a Big Thanks for Doing it & Sharing it !!
 
 This rather small & shy looking Michelle is one Tough Cookie ...  :thumleft:

 Doing the Bez Pass this way up looks Great. Need to Tackle this in the future ...


 ... Alwyn, you need to tell us Your Secret??
    You take her to the Freezing Mountains You Feed her with Burgers & She opens & closes gates, I know You Wash Her under the Trees,
 
    & You let Her SLEEP on the FLOOR ....???  Jo ... JO ... Jo ... one step closer to Dreams ...

     :ricky: :ricky: :ricky:

   
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: spoedvark on August 17, 2013, 06:55:50 pm
Awesome ride and ride report! Thanks for sharing!
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: stan1975 on August 18, 2013, 08:54:35 am

 Now that's a Trip to Remember !!

 The Two of You Deserve a Big Thanks for Doing it & Sharing it !!
 
 This rather small & shy looking Michelle is one Tough Cookie ...  :thumleft:

 Doing the Bez Pass this way up looks Great. Need to Tackle this in the future ...


 ... Alwyn, you need to tell us Your Secret??
    You take her to the Freezing Mountains You Feed her with Burgers & She opens & closes gates, I know You Wash Her under the Trees,
 
    & You let Her SLEEP on the FLOOR ....???  Jo ... JO ... Jo ... one step closer to Dreams ...

     :ricky: :ricky: :ricky:

   

There's always one one...
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: punisher on August 18, 2013, 03:14:35 pm
briliant   :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 19, 2013, 08:20:35 am

 Now that's a Trip to Remember !!

 The Two of You Deserve a Big Thanks for Doing it & Sharing it !!
 
 This rather small & shy looking Michelle is one Tough Cookie ...  :thumleft:

 Doing the Bez Pass this way up looks Great. Need to Tackle this in the future ...


 ... Alwyn, you need to tell us Your Secret??
    You take her to the Freezing Mountains You Feed her with Burgers & She opens & closes gates, I know You Wash Her under the Trees,
 
    & You let Her SLEEP on the FLOOR ....???  Jo ... JO ... Jo ... one step closer to Dreams ...

     :ricky: :ricky: :ricky:

   

Shangali, we are living the DREAM!!!  :love3:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 19, 2013, 08:47:05 am
Die Military Fuel tanker het daai grond paaie oppad Vaaldam toe gesweef... Ons altwee op die pegs... die panniers maak die voorkant bietjie ligter... en daai TKC's... jis wens kon altyd met die toer!  :biggrin: Die GSA is net so sure footed...

Net n paar abstrakte foto's met n jellie baby breek. . . .
Sani188.JPG
Sani189.JPG
Sani190.JPG
Sani192.JPG
Sani193.JPG

Dankie vir die saam lees... En n spesiale Dankie aan Michelle! Dankie dat jy my passie saam my uitleef... dit is nou al ons altwee se passie!!!!  :heart:

Liefies jou meer!!!!  :love5:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: WP on August 19, 2013, 08:57:53 am
baie nice Alwyn! Maar ek kry koud hier agter my komper vir julle part...
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Malibu on August 19, 2013, 09:01:44 am
Wonder how them two are feeling this morning...?
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: alwyn_gs on August 19, 2013, 09:44:44 am
OOPS... fotos bygesit by die laaste post...

WP, was nie so koud nie... seker maar die thermal underwear...

Malibu... I'm okey... but my body is telling me another story... and ten bucks, Michelle is still in bed... as it is her day off. . .  :patch:
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: Master Beerkie on August 19, 2013, 10:29:24 am
 :thumleft:  :thumleft:

IMHO - this RR is worthy of special consideration for the "Roll of Honour" section.

Someone said: "It takes more love to share the saddle than it does to share the bed". Respects to Michelle!

Lekker man. Lekker.
   
Title: Re: Sani 2013, saam Michelle
Post by: T Rex on August 19, 2013, 11:14:21 am
Dankie Alwyn...... Dit was baie lekker om saam met julle te ry.

Jy het n uitstekende RR geskryf. Daai Bezuidenhoutspas lyk rof..... Bly jy het hom met n GSA gedoen.

 :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: alwyn_gs on August 19, 2013, 11:25:21 am
Dankie mnr'e!!!
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: Malibu on August 19, 2013, 12:05:45 pm
OOPS... fotos bygesit by die laaste post...

WP, was nie so koud nie... seker maar die thermal underwear...

Malibu... I'm okey... but my body is telling me another story... and ten bucks, Michelle is still in bed... as it is her day off. . .  :patch:

Hats off to you, you are so tenacious... Serious well done!  And Ten bucks it is!  ::).
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: Gene on August 19, 2013, 12:32:47 pm
Baie lekker leestof, mooi gedoen vriend,  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: The Badger on August 19, 2013, 12:42:16 pm
Awesome RR and good riding two up there..... :thumleft:

Thanks for sharing.

Big up for doing the Bez pass alone.  :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: Hoofseun on August 19, 2013, 04:52:48 pm
Wow, dit is great.

Uitstekende geleentheid gebruik om mooi herinneringe saam te bou... 
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: Soundboi on August 21, 2013, 02:47:09 pm
 :thumleft: nice
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: Difflock on August 21, 2013, 07:22:02 pm
Dankie vir die deel, baie netjiese RR. Ook op my Bucket list.
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: alwyn_gs on August 23, 2013, 07:38:58 am
Dankie almal vir die replies... Ons het gisteraand weer die foties gekyk... en (weer) besluit - ONS BESTE BIKE TRIP OOIT!!!  :ricky:
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: stan1975 on August 23, 2013, 12:10:04 pm
 :thumleft:
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: Mr Zog on August 26, 2013, 07:19:32 pm
Jis Alwyn, ek het die pad die maandag afgery verby Afriski, en plekke was dit maar erg moeilik selfs vir n 4x4. En jy ry die tipe paaie met n GSA, MET n PILLION!!!

Respek boet  :thumleft:

Ek het nou die trippie saam julle gery hier oppi forum, en al wat ek kan se is... Ek is dem jaloers!  :drif:  :ricky:
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: alwyn_gs on August 27, 2013, 08:29:57 am
Hehehe dankie mr Zog, maar die respek gaan na Michelle!! SY IS SEKER die taaiste Stadsjapie noord van die Kaappunt!!  :deal:

Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: Hentie06 on August 27, 2013, 09:42:19 am
Adding this to the bucket list!

As my pillion dit sien sal sy so graag die trip wil doen!

Thanx vir die RR alwyn, awesomeness
Title: Re: Sani 2013, saam Michellie
Post by: alwyn_gs on August 27, 2013, 10:15:05 am
Thanx vir die RR alwyn, awesomeness

 :thumright: Dankie Bluefin6