Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Foot-Peg on March 04, 2014, 09:44:50 am

Title: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Foot-Peg on March 04, 2014, 09:44:50 am
Goeie dag Honne

Na al die “Planning a Ride Post” kan ek uiteindelik die RR begin. :lamer:

Ek gaan sommer by die begin, begin…

Die trippie het al in Junie 2013 ontstaan. Ek en my vriend Willie het een aand gebraai, ons gesels oor verlof en my 45 verlof dae wat ek het. (Soos julle weet mag n mens nie meer so baie he nie.) Ek se toe vir hom, ek gaan een maand se verlof vat en om SA ry, of so iets lekker doen. Hy se dadelik dat dit is n blink plan, hy kom saam.

So begin die trip se beplanning… een van die belangrikste reels wat ons gehaad het, was dat ons nie te baie gaan beplan nie.Die beplanning het natuurlik nie te lank geneem nie. Ons roete sou antiklokgewys om SA wees.  Van Somerset West na die grenspos by Kosi Baai, Kosi Baai na die grenspos by Musina, Musina na die grenspos by Alexander Baai en van daar terug Somerset West toe.

Ek en Willie het nog n vriend wat altyd saam ry, sy naam is Johan. Hy en Willie besit Extreme Motorcycles in die Strand. Ons vertel hom van die idee om, om SA te ry. Hy se dit klink baie lekker, maar hy sal nie saam kan gaan nie.(Werk, Vrou en kind  :3some:) Gevolglik mag ek en Willie nie oor die trip praat as hy by is nie, want dis nie vir hom lekker om te hoor ons gaan ry en hy kan nie saam kom nie… :ricky:
 
Daar word  besluit om 01 Feb te vertrek, om SA te ry en terug te wees 21 Feb.

2 maande voor ons vertrek laat weet Johan hy kom saam!!! Mariana het gese hy moet ook gaan. (Dankie Mariana :thumleft:)

Nou kan ons nie meer wag om te ry nie!!!!

PS: Ek is nie Dalene Matthee nie  :deal:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: DikZol on March 04, 2014, 09:52:42 am
Ek ry saam.  Gooi!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on March 04, 2014, 09:53:32 am
As jy Dalene Matthee was sou julle net "Donuts in n Bos" gery het. >:D

Sub :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 04, 2014, 09:55:37 am
Hahaha Ja Oom Chris dit is seker so... :laughing4:

Ek sal vannaand dag een met sy fotos tik by die huis en more oggend post.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Dutchman81 on March 04, 2014, 11:08:03 am
 :sip: Mooi een Foot-Peg , ek is in vir die RR...
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Oupa Foe-rie on March 04, 2014, 11:51:36 am
Hier kom n interessante RR .....................  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: DirtRebell on March 04, 2014, 12:03:07 pm
 :happy1:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: troos on March 04, 2014, 01:58:14 pm
 :drif:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Orangeswifty on March 04, 2014, 03:52:01 pm
SUB :biggrin:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: MINZI on March 04, 2014, 06:47:45 pm
Toe nou. Dit is nou al vanaand. Gooi die pics en report.  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: frans1 on March 04, 2014, 07:48:04 pm
Kom gooi    Kan nie wag nie
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: skydiver on March 04, 2014, 07:48:38 pm
Ons wag in spanning.  ???
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Karoo Rider on March 04, 2014, 08:29:24 pm
 :deal: :dontknow:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Tonteldoos on March 04, 2014, 10:59:17 pm
Klink my die RR is 'n hoax..  :ricky:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 04, 2014, 11:21:22 pm
Honne ek post hom as ek by die werk kom in die oggend, hy is getik en reg vir julle! :spitcoffee:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Stofdonkie on March 05, 2014, 04:58:33 am
 :happy1:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: katana on March 05, 2014, 06:29:49 am
Ek het dit gedoen in 2008, met 'n kar   :-[  Wys ons   :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:25:00 am
Dag 1

Die plan vir dag een was om te ry van Somerset West na Willowmore. Dit het beteken ons moet vroeg opstaan en probeer om 7 uur oor die berg te wees. Dit het nie gebeur nie... :-[

Ek was al n week voor die trip gepak en reg gewees, kon nie wag nie. Al wat gekort het was my paspoort. Ons reeling was vir Mariana, Johan se vrou, om maandag 03 Feb my paspoort te gaan op tel en te pos na Kokstad.(Voor Sani Pas)
Willie laat weet ons vrydag , hy gaan n bietjie laat wees. Hy moes sy nuwe lisensie skyf eers gaan optel. Geen probleem, dan ry on 9 uur…  :-\
Die opgewondenheid maak my natuur 5uur satedag oggend wakker en ek ry na Johan se huis. Hy is ook al wakker en gepak, net so opgewonde soos ek. Willie was vroeg op en wag toe net vir die lisensie kantoor om oop te maak. Terwyl ek en die Grote (Johan) wag, dink ons dalk is binneland se sake oop, dan kan my paspoort ook opgetel word. Wragtig, hulle was oop, paspoort en lesensie skyf op n saterdag uitgesort, kan julle dit glo!!! :hello2:

Ons neem n foto by Johan se hek om die trip te begin (foto 1) en gaan stop gou by die winkel om te groet. Ons skuif hier en daar iets reg en rond, groet almal en vat die pad (foto2) dis 11uur, hahaha ons beplanning werk great!!!! :ricky:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:29:53 am
Dis n mooi dag en Sir Lowry’s Pas gly lekker onder die scooters verby.(foto 3-4) :ricky:

Ons wou nie regtig te baie teer ry nie en draai af by Grabouw (R321) om by grond paaie aan te sluit. Die Elgin Valei is baie mooi (foto 5-6-7-8-9) :thumleft:

Soos ons af kom teen die pas oppad ne Villiersdorp, breek Willie se clutch kabel, wel so het ons gedink. By die petrol stasie gestop om die kabel uit te sort, sien ons daar het net n boutjie los gekom. Die Grote sal weet presies wat die bout se naam is, ek nie.(Nou dat ek daar aan dink, dit was n moer…) Die oom in (foto 10) was baie vriendelik en ry self bike. Hy het bietjie gesels en ons voorspoed toegewens, voor hy weer verder gery het, dankie oom.  :3some:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:32:34 am
Die pad van Villiersdorp na ons eerste stukkie stofpad is lank en reguit (min het ons geweet wat wag op ons...) Dit het ons die kaans gegee vir n paar GoPro picks.(11-12-13) Na die stof pad (wat oom Chris L vir my gewys het) stop ons vir n rukkie in Robertson (foto 14)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:35:20 am
Die volgende stofpad wat ons wil ry is buite Montagu, dit pas my goed want, dan kan ons by Oom Veldbrand stop vir ete.(Koedoeskloof buite Ladismith) Hy maak n great Kudu burger! Die stukkie pad voor Motagu is mooi en lekker om te ry.( foto 15-16-17-18)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:41:38 am
Die pad deur die Anysberg Natuur Reservaat was ongelukkig nie n opsie nie.(Lees ou DikZol se RR) ons besluit om te bly op die stofpad wat mens kry net buite Montagu aan die linker kand van die pad na Barrydale. Die pad is baie lekker, mens gaan oor die Ou Berg pas wat nogal mooi is. Hy is wel baie verleidelik en n ou moet maar kop hou om nie te dink jy is Marc Coma in die Dakar nie. :ricky: (foto 19-20-21-22-23-24-25-26-27-28)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:42:59 am
Ek is nie seker wat mens die stukkie pad noem nie, maar dis n baie mooi view. (foto 29-30) Oom Chris L sal vir ons kan se. Daar is mos plekke op die maan waar hy al bike gery het. Haha
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:44:59 am
Teen die tyd van die dag is ons al lekker honger en druk maar vir Oom Veldbrand se plak. Tekens van die water wat vroer die jaar hier deur is kan jy orals sien en dit hou mens op jou tone. Wie is nou lus vir val op die eerste dag van so lang trip... (foto 31-32-33-34-35)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:46:36 am
By Koedoeskloof aan gekom, het ons dadelik iets gekry om te drink en te eet. (foto 36) Terwyl ons sit en gesels kom ek agter dat ek al 340km gery het op my eerste tank, dis die beste wat ek nog gekry het. Die laaste paar km het die fiets wel gese 0km op die range. Darm weet ek nou ek kan dit maak tot daar op n tank. :3some:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:48:07 am
Na die die lekker burgers het ons n foto of twee geneem en weer in die pad geval. Dankie Oom Veltie (foto 37-38)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:50:42 am
Die plan was om deur Calitzdorp, langs die Swart Berge af te ry na De Rust en deur Meiringspoort te gaan, die tyd het min begin raak, toe bly ons op die Route 62 (foto 39-40-41) na Oudshoorn. Van daar ry ons met die N12, rigting Klaarstroom. Soos die mense weet wat al daar deur is, Meiringspoort is baie mooi en lekker om deur te ry. ( Foto 42-43-44-45-46-47-48-49-50-51-52)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 08:53:33 am
 :ricky:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 09:00:11 am
Soos ons staan en die mooi in neem, kom daar n ou (ek het die woord vent uit gehaal, my Pa se dit het iets met n kat te doen) op die scooter aan. (foto 53) Dis n soort BMW maar ek is nie nou seker wat nie. Hy toer al amper 5 maande op sy eie deur Afrika oppad na Cape Agulhas. Dit laat wel ons trip soos n breakfast run lyk, maar as julle wil gaan kyk, hier is n link na sy “blog” http://routeagulhas.blogspot.com/. (http://routeagulhas.blogspot.com/.) Na nog n bietjie gesels (foto 54) groet ons die ou (wat nou nie meer n vent is nie) en klim op ons scooters na Willowmore. Die (R407) is n mooi pad om te ry maar, wees versigtig vir kudus as julle in die skemer ry. n Paar het tussen my en die Grote deur gehardloop, daar is ook n paar simpel driffies of twee wat mens kan uitvang.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 09:07:43 am
By ons oornag plek aangekom “Finchly Farm” pak ons af en gaan soek iets om te eet. Tot my verbasing is Willowmore baie stil op n saterdag aand. Ons kry uiteindelik n plek oop “Villa d’ Lockyer”. Die mense hier is baie vriendelik (Billie & Jeanne) en betrokke by die gemeendskap. As julle ooit bly plek soek in Willowmore, ondersteun hulle. Die oom maak ook n baie lekker pepper steak, in n droe pan. (foto 55)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 09:08:37 am
PS: Enige idees en kritiek is welkom, dan kan ek n nice RR skryf vir julle Honne. Onthou die Dalene Matthee statement... :spitcoffee:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Lem on March 05, 2014, 09:59:45 am
dis great sover, Footpeg

Die man op die Varadero se ma het in Februarie langs my ingetrek, en my vertel van julle trip rondom SA.

sien uit na die res
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Footpeg se PA on March 05, 2014, 10:27:26 am
Lekker man, laat waai.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Humble Bee on March 05, 2014, 11:05:56 am
Lekker Footpeg
Sien uit na die res!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Man from Nam on March 05, 2014, 03:12:51 pm
Dit lyk na lekker trip report kan nie wag nie :sip:
Nou wil ek net weer ry :)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Man from Nam on March 05, 2014, 03:29:51 pm
Die ou wat julle by Meiringspoort het van Praag in Nederland langs die oos kus van Afrika af gery. My vriend wat besig is met sy om die wereld toer het hom ook bo in Afrika gekry. Hy ry 'n ou BMW K750  ( die sogenaamde brick) seker een van die lekkerste en betroubaarste ou BMW's
Jammer ek het jou RR ge hijack.  :)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 05, 2014, 03:31:46 pm
Nee dankie Man from Nam.

Nou hoef ek nie self te gaan kyk het nie...
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Heimer on March 05, 2014, 03:38:58 pm
Hierdie is so lekker trip.  :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Karoo Rider on March 05, 2014, 08:02:33 pm
Ek is nie seker wat mens die stukkie pad noem nie, maar dis n baie mooi view. (foto 29-30) Oom Chris L sal vir ons kan se. Daar is mos plekke op die maan waar hy al bike gery het. Haha

Lekker RR Footpeg - laat kom met die res!

Indien jy belangstel, daai mooi vallei is net verby die Kareevlak soos julle gery het, die boer daar links onder is Pieter de Bod op sy plaas Sewefontein.  Die rivier daar onder is die Touwsrivier, die hoofoorsaak dat die Makadas spoorlyn in onbruik gekom het met die 1981 vloed.  Daai uitgekerfde paadjie is een van my gunstelinge!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on March 05, 2014, 08:42:53 pm
Die vriendlike oom wat julle ontmoet het is Rooipoot op die forum.

Ek wil ook eendag nog so jonk wees soos hy op sy ouderdom. :deal:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:40:15 am
Dag 2

Na n goeie nagrus op “Finchly Farm”, word ons wakker met n groot opgewondenheid. Nog nie een van ons was al deur die Baviaanskloof nie, dis die roete vir die dag. :ricky:

Ek het al n stukkie van hom gery op my “Alleen Trip in Nov”maar, dis nie die selfde as, die hele ding nie… :lol8:

Finchly Farm is baie nice. Ek dink die manne wat met hulle vrouens en meisies ry sal dit geniet om hier te oornag. Die dames wil mos maar, skooner wees as ons.(foto 1-2-3-4-5)

Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:41:05 am
Die bikes word weer gepak en ons is reg vir die dag se ry!!! (foto 6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:44:39 am
Van Willowmore ry ons suid op die N9 en draai links af op die R332. Dis die pad wat deur die Baviaans gaan tot voor Humansdorp. Ek ry met n lekker gevoel vir die dag en geniet die stofpad  vreeslik. Met die dat ek so lekker ry, sien ek na n rukkie nie meer die Grote se lig agter my nie. Ek trek maar af en wag vir die manne.(foto 7)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:47:09 am
Hulle neem n bietjie langer as gewoonlik so ek draai maar om, om te gaan kyk waar hulle is. Nie lank nie, toe sien ek weer die Varadero se lig. Daar was fout met n voor modderskerm, maar soos gewoonlik het die Grote dit uitgesort. (Hy is baie handig op so trip)
Voor, wat ons gedink het is die Baviaans word, daar eers weer gestop om te gesels oor hoe lekker ons ry. Vandag is n kort dag, so tyd het ons baie…(foto 8-9)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:49:31 am
Die klein klooffie wat volg, was vet pret met rivier driffies, draaie, bietjie sand en Land Cruisers… die gaan n lekker dag wees, dink ek. :biggrin:(foto 10-11-12-13-14)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:50:47 am
Natuurlik was dit nie die begin van die Baviaanskloof nie, maar die pret hou net aan. Die van julle wat al daar deur gery het sal weet hoe mooi dit is, maar ek was verbaas oor hoe groen alles was. (foto 15-16-17-18-19)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:56:14 am
Na die koeldrank onder die boom, ry ons aan en stop by die roosterkoek plek. Ek is nie seker oor die naam nie, maar ons is gese om daar ontbyt te eet. Dit was baie lekker en baie dankie, maar dit was baie klein. Nou nie Buffeljags se roosterkoekke nie. (Ons het hulle maar saam met tee geniet, want hulle was so groot soos scons)

Willie kom met n blink plan voorendag na die ete. Hy se ons moet fotos gaan neem deur die laaste driffie. Ek dink dit het nogal mooi gewerk.(foto 20-21-22)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 08:57:56 am
Die drie van ons ry aan opsoek na die hek, hy is verder as wat ek gedink het. Dalk was dit net die opwinding. (foto 23-24-25)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:01:10 am
By die hek aangekom betaal ons die park vooi en relax bietjie onder die mooi bome wat hulle daar het. (foto 26-27-28)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:06:55 am
Met groot opwinding begin die ry weer. Die was seker een van die lekkerste paaie wat ek nog gery het. Al die klein “water crossings” en die los klippe hier en daar, maak dit groot pret.(foto 29-30-31-32)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:11:33 am
Daar moet natuurlik van alles fotos geneem word en ek wag vir die manne na die eerste mooi “water crossing” Johan en sy  tugboat kom eerste deur. Ek se tugboat, want daai bike maak n moerse “wake” hy hoef nie te gestort het die oggend nie… :imaposer:

Willie volg natuurlik op hom en die teenoorgestelde gebeur, hy stall. Ek lag n bietjie vir hom en weet my kaans sal kom. :3some: (foto 33-34-35-36)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:16:07 am
Dis n warem dag en die water is so mooi skoon, na die “crossing” (fotot 37-38-39) besluit ons om bietjie te swem. (dit was n great plan Willie)(foto 40-41-42-43-44)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:17:30 am
Die man wat verby gekom het was ook lus om saam te swem, hy het dit net nie gese nie.(foto 45)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:31:21 am
Met ons nat gatte klim ons weer die scooters en die mooi kom net van voor af. Natuurlik is dit nou lekker koel. (foto 46-47-48-49-50-51)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:35:19 am
By die enigste moeilikke “water crossing” aangekom, som ek dit op en besluit om n lyn te kies en by dit te bly. Dis gewoondlik die maklikste. Soos ek vroer gese het, my beurt sal kom, daar stall ek. (foto 52-53-54)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:36:10 am
Dis darm niks erinstig nie en die res verloop vlot, vet pret!!! (foto 55-56)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:51:26 am
Die Grote is agter my en ek beduie vir hom die cement bruggie is glad, hy moet dit stadig vat. (foto 57-58-59)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:53:40 am
As gevolg van Johan wat dit stadig vat oor die bruggie wag Willie agter hom in die water.  Daar trap hy in n gat, gelukkig het ons die Sena head sets en hy roep net vir hulp. Ek hardloop nader met die idee hy is besig om te val, maar toe sit sy voet net vas. Maklik genoeg help ek die fiets regop hou en hy ontkoek sy voet.  (foto 60-61-62-63-64-65)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:55:53 am
Die dag raak net lekkerder. Ons ry aan met die mooi “views” wat net aanhou kom. Die van julle wat nog nie daar gery het nie, moet gaan!!! (66-67-68-69-70-71-72-73-74-75)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:58:23 am
Van die Baviaans af is daar nog n mooi en lekker pad na Jeffrysbaai. Voor ons regs draai J-Bay toe bel ek eers Foot-Peg se Ma (dis nou Foot-Peg se Pa se vrou en my Ma) Dit het gelyk na reen en sy vind  solank vir ons blyplek vir die aand. Ons is oor die Gamtoosrivier en ry heerlik die laaste stukkie vir die dag. Voor J-Bay is hierdie groot “fans” dalk het hulle nie genoeg wind hier nie en maak hulle eie…(foto 76-77)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 06, 2014, 09:59:16 am
By J-Bay Backpackers aangekom vuur ons die dag se ry met n koue een!!! (foto 78-79)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Dutchman81 on March 06, 2014, 10:15:34 am
 :sip:Man ek geniet die RR baie , elke oomblik so tussen my werk deur loer ek vining in , wel gedaan sovêr Foot-Peg , jou skryf styl en fotos hou my vas gepen , gooi nog man  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Crazeec on March 06, 2014, 03:26:42 pm
Vrek, hoe lus maak julle 'n man om te gaan brood koop en te verdwaal :ricky:
Title: Re:
Post by: Arno Roux on March 06, 2014, 07:13:37 pm
Dit klink te lekker

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 09:29:02 am
Dag 3

Die J-Bay Backpackers waar ons gebly het was baie nice, maar hulle kan gerus n fan of twee koop. Ek en Johan is vroeg op, want ons kon nie slaap in daai hitte nie. Dit het my die kaans gegee om batterye te laai, fotos uit te sort en al daai soort “admin”.

O ja, voor ek verder gaan. Die 800GS se agter "wheel bearings" was besig om op te pak. Ons het dit in Willowmore agter gekom, maar daar was nie iets wat ons toe aan dit kon doen nie. Ek was deur die Baviaans met die bearings; maar kon in J-Bay sien dit is tyd vir nuwes. (Ek en Johan het nog die week voor die tyd gewonder oor my bearing, toe hy sy nuwes in sit  :3some:)
Terwyl ons wag vir die winkels om oop te maak, kry ek en die Grote ontbyt en gaan soek n lekker spot. (foto 1-2-3) Nie een surfer was uit nie…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 09:33:32 am
Ek Google solank n plek wat ons sal kan help met bearings. Snaaks genoeg is die eenigste plek wat ek kry in Humansdorp. Daar is seker in J-Bay ook plekke wat bearings verkoop, maar jy kry hulle nie op die internet nie…

Na ons op en af ry in Humansdorp, op soek na die bearing winkel kry ons hom en koop die bearing, met die gedagte dat ons hulle gou daar kan in sit… Die dame se hulle het nie n werkswinkel nie maar, die Agri bo in die dorp sal kan help.( Ek kan nie presies die Agri se naam onthou nie)

Die manne daar was baie behulpsaam  :3some:(Dankie) en die Grote sort die agter wiel sommer vining uit. Dit was lekker gewees om die bearing te vervang, eerste keer wat ek dit doen. (foto 4-5-6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 09:44:18 am
Die 800 is weer reg, Willie kom uit J-Bay en nou is dit weer ry tyd…
Die plan vir die dag was om deur Grahamstown, Chintsa toe te ry. Na n paar km op die N2 draai ons af en Willie laat weet (oor die Sena) ons moet stop (foto 7). Net soos ons daar stop bel Foot-Peg se Oom my. Hy werk in Oos-Londen se area en is oppad J-Bay toe, julle het sopas verby my gery se hy. Dit was nogal per toeval.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 09:46:56 am
Elkgeval, Willie wou roete verander na PE se kant toe. Die nuwe Mita band wat hy agter op het, begin skeur en dit maak hom onrustig. Bike Gear se kantoor is in PE en dan kan hy daar n nuwe band kry. (Heidenau, die goed is taai)
Dit gebeur so en ons ry PE toe. Die mense van Bike Gear is baie vriendelik en ons gesels lekker. Thanks Mathew for the help with the Sena’s and the “No Noise” ear plugs. Dit werk regtig lekker. (foto 8-9-10-11)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 09:48:05 am
Van PE af ry ons Port Alfred se kant toe op die R72. Voor Alexandria begin ons bietjie vaak raak en besluit om iets te eet in die dorp. (foto 12) Die Lazy Leopard was n baie “interesante” plekkie…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 09:59:07 am
Na middagete stoot ons aan, want daar is nog n lang pad oor vir die dag. Dit raak weer mooier soos ons ry en n man is sommer bly hy is op sy bike!!!(13-14-15-16-17-18)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 10:06:42 am
Ek val n bietjie terug om fotos te neem en die ander twee ry aan Oos Londen toe. (foto 19-20-21)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 10:08:53 am
In Oos-Londen aangekom besluit ons om daar te oornag. Dis nie die plan gewees nie, maar ons was nie groot op beplanning nie, soos ek reeds gese het.

Dis die eerste aand van kamp, ek is natuurlik baie opgewonde!!! Nou kan n man lekker tent op slaan en braai!!! (foto 22-23-24-25-26-27)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Foot-Peg on March 07, 2014, 10:10:26 am
Die twee groot manne het dit ook geniet, dit lyk net nie so in die foto nie. (foto28)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete
Post by: Tonteldoos on March 07, 2014, 08:08:18 pm
Lyk so of hulle wonder vir wie is die ou worsietjie..  :biggrin:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Karoo Rider on March 08, 2014, 08:30:04 pm
Footpeg, wat is in daai wit pyp op die 800?
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Nicobie on March 08, 2014, 09:37:00 pm
Ek lees darem lekker aan die een, dit voel soos, 'n vervolgverhaal.  :lamer:

Kan nie wag vir die volgende uitgawe nie.
Dit hou net aan en aan, lekkker
Gaan voort Foot-peg se pa se vrou se kiind.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Onetime on March 08, 2014, 10:20:18 pm
lekker :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: DCR on March 08, 2014, 11:29:50 pm
Jy maak my nou lekker lus vir ver ry. Sien uit na die res.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 09, 2014, 01:52:03 am
Die dag wat kom het ek n "bucket list" boks getick...
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Cheetah on March 09, 2014, 08:25:04 am
Lekker RR Foot-Peg.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 09:51:42 am
Dag 4

Na n lekker aand se kamp, en n goeie nag rus word ons wakker in n baie mooi kampterrein. Ons het gister geweet die plek is mooi maar, nie gedink so mooi nie. (foto 1-2-3-4-5) :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 09:57:39 am
Die kamp word opgeslaan en bikes gepak. Vandag ry ons "Hole in the Wall" toe. Ek wou nog altyd gaan kyk het hoe dit daar lyk en was baie opgewonde. Willie ry sy nuwe tyre saam, want die Mita hou nog en dis bietjie moeite om n agetr wiel om te ruil, soos julle seker sal weet. (foto 6-7-8)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 09:58:48 am
Ons ry tot in Oos-Londen om n koeldrank vir die pad te koop en gesels n bietjie met die locals.(foto 9-10)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:03:39 am
Ongelukkig is die pad vir vandag weer baie teer, maar die natuurskoon is great. Dis groen en skoon. By die Kei rivier stop ons eers weer. Ek moes terug stap om n paar fotos van die brug af te neem. Die trein brug is baie cool. (foto 11-12-13-14)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:05:07 am
Dit val my weer by dat van ons gery het uit Somerset West uit, is alles nog net groen is en al die riviere het water. (foto 15-16-17-18)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:11:32 am
Dit is weer n lekker dag vir ry. (Daar is nie regtig slegte dae vir ry nie) Die natuur en plante groeie begin verander, ons is in die Transkei. Ek weet mens se altyd hoe sleg die paaie is en hoe gevaarlik dit is om daar te ry, maar persoonlik dink ek die paaie is goed. Ek het nooit gevoel dis gevaarlik om daar te ry nie, dit is wat dit is. Om in die aand te ry sal natuurlik n ander storie wees, maar in die dag is dit baie mooi en skoon. Die diere langs die pad is deel van die mooi en is tog hoekom ons om SA ry. (Anders kon ons net paaie gery het wat ons ken vir 21dae lank.) Ons draai regs af van die N2 rigting Koffie Baai, net voor Umtata (foto 19-20-21-22)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:13:36 am
In Koffie Baai stop ons by die Hotel vir n great “baffet” middag ete. Dis n nice "build-up" voor ons gaan kyk na die gat in die muur. Teen die tyd kan ek natuurlik nie meer wag nie. (foto 23-24)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:16:21 am
Daar is 10 of 15 km se grondpad om te ry tot by die gat, dankie tog!!! Dis nie baie moeilik nie, maar n welkome gesig na al die teerpad. Jy moet wel kyk waar jy ry...(foto 25-26-27-28-29-30-31-32-33-34)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:17:38 am
Ek sal graag eendag wil terug gaan en meer wil rond ry in die Transkei. Dink n man kan lekker verdwaal daar. (foto 35)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:18:18 am
Soos ons nader aan die gat kom, begin ek al hoe meer opgewonde raak. Uit eindelik, daar is hy!!! (foto 36)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:19:33 am
Die Grote en Willie kom ook daar aan en ons het n lekker "sence of achievement" soos ond daar bo staan en staar...(foto 37-38-39)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:22:32 am
Ek kan dit regtig sterk aan beveel vir enige iemand wat gedink het hulle wil gaan kyk hoe dit daar lyk, om wel te gaan. Hier is n paar picks. Regtig een van die mooiste plekke op die trip. (foto 40-41-42-43-44-45-46-47-48)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:25:22 am
Ons le n rukkie op die gras en praat oor hoe ons die trip geniet sover en dat dit nog net dag 4 is... (49-50-51-52-53-54-55-56)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 10:27:56 am
Daai aand slaap ons in die "Hole in the Wall" backpacers. Dit het my weer kaans gegee om bietjie admin te doen... Daar is ook baie plek om jou goed uit te pak en te laat droog word (foto 57-58-59-60)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 10, 2014, 12:27:00 pm
Footpeg, wat is in daai wit pyp op die 800?

Jis Karoo Rider

Ek het my visstok in die wit pyp...
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: pieman on March 10, 2014, 03:58:01 pm
Jissie dis nice!!  Eendag eendag.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Dutchman81 on March 10, 2014, 04:11:38 pm
 :sip: Dit is darem maar pragtig , en tog so naby aan ons , wel gedaan julle.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Jackol. on March 10, 2014, 06:55:45 pm
Dit lyk mal lekker! Is julle nog besig met die trip? Ry lekker saam!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Karoo Rider on March 10, 2014, 07:10:53 pm
Footpeg, wat is in daai wit pyp op die 800?

Jis Karoo Rider

Ek het my visstok in die wit pyp...

 :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Nicobie on March 10, 2014, 10:20:13 pm
Foot-Peg, wat se kamera gebruik jy?
Dit lyk of die kamera op jou helmet gemonteer is, neem jy dan video en select sekere fotos, of neem jy stil fotos?

Met die regte kamera kan jy lekker fotos neem, soos ek dit nou doen moet ek stop, kamera uithaal en dan neem, en met die handskoene aan is die proses te lank en mis ek die aksie.
Ek wil graag met my volgende ride ook iets soos jy probeer doen.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Winston on March 11, 2014, 06:06:05 am
 :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 11, 2014, 10:07:10 am
Dag 5

Die plan vir dag vyf was, om van Koffiebaai  te ry en te oornag  bo-op Sani Pas. Dit het beteken ons moet vroeg op die scooters wees, sodat ons nie te laat by die grenspos aan kom nie. Die dun paaidjie van Koffiebaai na die N2 is beslis beter om te ry in die oggend, as die laat middag.

Ons bly op die N2 deur Umtata, rigting Kokstad. Dit begin lyk na reen, maar ons bly droog en die wolke hou ook hulle afstand. (foto 1-2)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 11, 2014, 10:13:24 am
Voor die R56 wat na Kokstad gaan, kry ons baie digte mis. (Dit was in die Brooksnek area) Dis die eerste keer in n lang tyd wat ons in mis ry en neem dit maar rustig. Net voor Kokstad gaan ons oor die grens tussen KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

Vir die van julle wat nie weet nie, ek is eintlik n Nataller. Ek woon wel nou in Somerset West, maar dit was lekker om weer in die land van melk en heuning te wees. (Meer die land van suikerriet en pynappels, maar julle kry die idee) Ek geniet natuurlik die Super 15 vreeslik baie!!!

Anyway, terug by die RR.

In Kokstad stop ons vir n Wimpy breakfast. Hy is mos altyd n wenner. Soos ons daar sit kan jy sien die area het baie water gekry die laaste paar dae. Dit het ons n bietjie bekommerd gemaak vir die pas, want nie een van ons was al daar op nie.
Die plan is steeds om bo-op die pas te slaap, so ons skiet die ontbyt in en sleep voort.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 11, 2014, 10:16:38 am
Van Kokstad ry ons met die R617 na Underburg. Die reen vang hier op met ons en ek trek af om my reenjas aan te trek. Foot-Peg se Pa, (wat nou my Pa is en Foot-Peg se Ma se man en Foot-Peg se Broer se Pa ook is) het gelukkig die een vir my gegee net voor die trip, my ou een was nie so lekker nie. Thanks Pa. (foto 3-4-5-6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 11, 2014, 10:18:49 am
Soos ons daar staan, bel n pel wat saam met my op Saasveld was. Hy werk in die area en was twee weke vroer saam met sy Pa, op n bike trip tot in die Kaap. Die man wil weet waar trek ons.

Toevallig is hy net voor Underburg en ons kry hom daar. Dit het lekker begin reen en die plan om op te gaan teen Sani Pas spoel weg… (foto 7-8-9-10-11)

Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 11, 2014, 10:19:41 am
Ons besluit om in n “Backpacker” te bly en die volgende dag vroeg op te ry teen die pas, as dit nie reen nie. (foto 12-13)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 11, 2014, 10:26:09 am
Foot-Peg, wat se kamera gebruik jy?
Dit lyk of die kamera op jou helmet gemonteer is, neem jy dan video en select sekere fotos, of neem jy stil fotos?

Met die regte kamera kan jy lekker fotos neem, soos ek dit nou doen moet ek stop, kamera uithaal en dan neem, en met die handskoene aan is die proses te lank en mis ek die aksie.
Ek wil graag met my volgende ride ook iets soos jy probeer doen.

Jis Nicobie

Ek het n klein mik en druk en dan die Go-Pro ook. Die videos is nice maar die stil fotos is nie so goed soos n regte kamera nie, hulle werk wel vir die forum...

Dit is soos jy se, mens mis minder van jou trip.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: horison on March 11, 2014, 11:15:19 am
thanks brother for sharing..incredible pic's ....sitting in my office missing the freedom of the open roads and places not yet seen.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Footpeg se PA on March 11, 2014, 01:48:05 pm
Lekker man, sien uit na die res. :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Man from Nam on March 11, 2014, 02:11:06 pm
Geniet die RR en foto's terdee!!
Laat waai met nog :)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Stofdonkie on March 12, 2014, 05:55:58 am
Lekker RR.  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 11:07:03 am
Dag 6

Ons het gaan slaap die vorige aand en nie geweet of ons wel teen Sani Pas gaan kan uit nie. Daar is geen punt om dit in die reen te doen nie, want dan het jy geen "view" nie. (Dit het na reen gelyk.) Die "locals" het vir ons gese die beste kaans wat ons het, sal vroeg oggend wees. Gevolglik was die plan om vroeg op te staan en te kyk wat se die weer…

Soos ek wakker word, le ek en luister of dit reen. Ek hoor niks en kry n bietjie hoop. Gaan loer buite…(foto 1-2-3)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 11:55:05 am
Die man van Sani Lodge Backpacker was gaaf genoeg en se ons kan van ons pakasie daar los. Die bikes word afgepak en net die nodige gaan saam. (foto 4-5-6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 11:57:24 am
Dit is weer, soos elke dag, n goeie dag vir bike ry! Ons vertrek van die backpackers na die grenspos. Ek het n vriendelike glimlag gekry om die dag te begin van die buitelanderjie wat gaan draf het.(foto 7-8-9-10-11) Ek was lus om nog n aand te bly…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:02:01 pm
Die pad na die grenspos begin met n nice teerpad met slap draaie en raak dan grondpad. Soos julle in die fotos kan sien, is dit baie mooi. Ek het daar besef ons is in vir n baie “special” dag.(foto 12-13-14-15-16-17-18-19-20-21-22-23-24-25-26) Jammer, die Go-Pro het n bietjie toe gemis hier en daar…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:04:24 pm
 :ricky:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:07:37 pm
By die grenspos  aangekom is ek klaar “in gestamp” voor die Grote en Willie daar is. Baie vriendelike mense daar. Willie en die Grote het n bietjie langer as normaal geneem en ek vra, hoekom…

Die eerste om-val van die trip het gebeur. Niks erenstig nie en die Grote is ok… Nou is dit Pas toe!!! (foto 27-28-29-30-31)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:09:16 pm
Met die eerste  water driffie is ek aan die verkeerde kant van die pad en maak die lewe baie moeilik vir myself. Aan die linker kant is dit pragtig om deur te ry, maar ek kry die groot klippe!!! Nie te min, die 800 is daar deur en nou is n man reg. (foto 32-33-34-35-36)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:11:01 pm
Die Grote en Willie kies die beter lyn en kom maklik deur. Dit was nie regtig so moeilik as mens die regte lyn kies nie, dit geld vir die hele dag… (foto 37-38-39-40-41-42)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:12:11 pm
Die Sani Pas is beslis n plek waar julle moet gaan ry. Dit is nie so moeilik nie, maar die manne se in die winter is dit n ander storie. Ek sal dit glo. (foto 43-44-45-46)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:13:16 pm
Ons stop om die mooi te wardeer, dit is n ongelooflike plek en ons kon nie vir n beter tyd van die jaar gevra het nie. Alles is groen!!! (foto47-48-49-50)

In (foto 50) is die laadte deel van die pas. Ons het al drie gedink die hele pas gaan wees soos die laaste stukkie.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:14:32 pm
Verder teen die pas op sien ek die 800 se groot broer. :3some: (foto 51)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:15:26 pm
Bo-op die pas aangekom, “stamp” ons in en neem ons die nodige fotos. (foto 52-53-54)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 12, 2014, 12:16:40 pm
Ons het natuurlik n draai gaan maak by die “Highest Pub in Africa” en n paar baie cool mense daar ontmoet… (foto 55)

Ek skryf later weer, moet nou eers gaan Gholf speel…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Dutchman81 on March 13, 2014, 07:40:37 am
 :sip: Ingeteken vir vandag se "Vier Hoek Sirkel"....
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 11:36:23 am
Dag 6 (deel 2)

Die Oom wat ons groet in (foto 55) is van die Strand. Hy en sy vrou toer saam vriende. Dit klink asof hy lief is vir ry. Die trip wat hulle daar doen is 9000km, hy se dis n kort trip…

Ons gaan maak n draai in die “Highest Pub in Africa” en word veras met n baie nice “vibe”. Die plek se mure is vol geskryf met mense wat n merk wil agter laat in die awesome plek….(foto 56-57-58)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 11:38:43 am
Die view van bo was nie great nie. Die mis het oor gekom, maar sy eie mooi saam gebring. (foto 59)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 11:49:20 am
Dis mis het n mens vorseer om te kyk na goed nader aan jou, soos die knaagdier. Die locals noem hulle “LeBuli”. Dis baie soos n dassie… Die een het n lekker plekkie waar hy bly en is nogal ou-gat. (foto 60-61-62-63)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 11:53:12 am
Die wit Side-Car wat buite staan behoort aan Hubert Kriegel. Hy toer nou sy 10de jaar aleen . As julle wil, gaan kyk na sy website: www.thetimelessride.com (http://www.thetimelessride.com)

Dis nogal n interesante ou… (foto 64)

Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 11:54:11 am
Ons het natuurlik ook n merk gelos daar bo!!! (foto 65-66-67-68)

Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 11:57:01 am
Daar was nog n rukkie daar vertoef en gesels met die mense. Ek het vir my die boksie tee gekoop, maar dit proe… mag n ou se kak op die forum? Die “barman” het ook n paar van sy kaart tricks vir my gewys. Dit het nie almal gewerk nie, maar hy se die kaarte is oud. Ek het gedink as dit ou kaarte is, sal hulle die tricks ken en saamwerk… (foto 69-70)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 11:59:53 am
Ons besluit om terug SA toe te ry en begin die pad af. Daar was baie mis en die pad af was nogal interesant. (foto 71-72-73-74-75-76-77-78-79-80-81)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:02:43 pm
Soos julle kan sien, kon ons nie baie sien nie. Maar ons kyk toe wat gebeur… (foto 81- 82-83-84-85-86-87-88-89-90)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:06:04 pm
Daar kom heelwat karre teen die pas op en mens moet hulle maar kaans gee. Nie regtig lus om te kyk wie kan die hardste stamp om n draai nie. (foto 91-92-93-94-95-96)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:06:45 pm
Die 800 en sy broer groet mekaar vir die laaste keer. (foto 97)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:08:00 pm
Ons ry verder af. Ek moet se, soos n ou daar ry sien jy nie al die gate en klippe nie. Jy kies n lyn en soek die volgende een. Die GoPro video is baie nice, maar ek weet nie hoe om dit te laai nie… (foto 98-99-100-101)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:09:23 pm
Van die mense wat teen die pas op gekom het, was baie geintereseert in ons. Ek weet nou hoe n rooibok voel as mens stadig verby hom ry en staar… (foto 102-103-104-105)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:11:09 pm
Ons kry n bietjie water oor en in die pad af, maar verbasend, jy het baie “grip” (foto 106-107-108-109-110-111)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:12:04 pm
Ons sak onder die mis uit en word gegroet met n great view van die groen vallei!!! (foto 112)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:14:08 pm
Julle Honne moet regtig self gaan kyk hoe dit daar lyk. Ek kon nie glo hoe mooi dit is nie. (foto 113-114-115-116-117-118)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:15:36 pm
Ek is seker baie van julle ken die water vallietjie. Natuurlik moes ons ook n kiekie daar neem. (foto 119-120)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:17:13 pm
Terug by die kamp groet ek die dames, pak die bikes en mik Durban toe. Ek is seker hulle  wou saam ry…(foto 121)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:18:21 pm
Willie en Johan stop om hulle wielle te pomp. Vir ouens wat ook 800’s ry. Ek het die heel trip my voorwiel 2.5 en agterwiel 2.8 gery. My fiets het wel “progressive springs” voor… (foto 122)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 13, 2014, 12:19:59 pm
In Durban aangekom was die swembad, aircon en beddens n baie welkome gesig!!! (foto 123-124-125) :3some:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 14, 2014, 02:35:11 pm
Dag 7

Na n lekker aand in Durban maak ons reg om St Lucia toe te ry. Terwyl ons die bikes pak trap Willie in aap poef. Dis een van my hoogte punte van die dag gewees, maar nie vir hom nie.(foto 1-2-3-4)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 14, 2014, 02:37:01 pm
Voor ons op die N2 klim, gaan maak ons n draai by Kawasaki om Willie se nuwe band op te trek. Die ouens het n baie mooi shop!!! (foto 5-6-7-8-9-10-11-12-13)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 14, 2014, 02:39:16 pm
Die dag se ry is nie baie opwindend nie, maar dis Natal. Ek is net bly om daar te wees, op my bike. Die Grote en Willie het hulle self besig gehou met die tol hekke. Hulle het nooit lekker verstaan wanneer jy moet ry en wanneer jy moet betaal nie. (foto 14-15-16)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 14, 2014, 02:41:35 pm
Verby Empangeni en Richardsbaai dink ek terug aan die dae toe dit nog my “valley” was. Natuurlik moet ek by my ou laerskool stop in Kwambonambi. As ek geweet het hulle het die plek so deur hulle gatte getrek sou ek verby gery het. As julle na die fotos kyk sal julle nie glo, dat dit (nie lank terug) n baie mooi skool was nie. Wonder wat is die rede vir die agteruitgang. (foto 17-18-19-20-21-22-23-24-25-26)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 14, 2014, 02:42:57 pm
Ons kom by Foot-Peg se broer aan in Mtuba en soos ek hom sien lui my foon. (great timing) Dis Foot-Peg se Pa (Foot-Peg se Ma se man en ook Foot-Peg se Broer se Pa) Hy wil weet of ons goed gery het en waar ons trek. Van Mtuba ry ons na St Lucia, waar Foot-Peg se Broer vir ons baie nice verblyf gereel het.(Baie dankie Gawie)

Ons het so lekker gekuier en gesels dat ek nie te baie fotos geneem het nie, maar Foot-Peg se Broer het n baie lekker seekos pot gemaak! Daar was selfs gerookte marlyn ook gewees. (foto 27-28)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 14, 2014, 02:43:49 pm
Hier is die marlyn wat ons geeet het. (foto 29) Die vis was dood toe hy by die boot kom, maar soos my broer se, as hy wil byt moet hy boot ry…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 14, 2014, 02:44:40 pm
Ek het baie lekker geslaap op die “sleeper coach” ( foto 30-31)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Footpeg se PA on March 14, 2014, 03:39:44 pm
Daai bike shop is glad nie sleg nie. Veral nie vir Kawasaki nie :ricky: :ricky:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Sidpitt on March 16, 2014, 10:43:13 pm
 :sip:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 03:39:28 pm
Dag 8

Na ons die vorige aand ons pense dik gevreet het en n lui saterdag oggend gehaad het, besluit ons om Cape Vidal toe te ry. Ek het vir Foot-Peg se Broer, as kind baie in die skool gesit met visvang langs die stuk kus.  Hy het mooi gekyk wat ek doen en vang vandag baie beter vis as ek. Hy maak my baie trots.

Oppad na Cape Vidal stop ons eers om arm te druk. Nou dit is soos julle weet, n baie tegniese sport en ek het gewen, omdat hy “ge-crook” het.

Ons het n baie mooi view gehaad waar die tweestryd plaas gevind het. (foto 1)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 03:40:29 pm
Nou soos julle in die volgende fotos kan sien, moes ek hom van die begin af wys wat om te doen. Hy wou al met die “vat-slag” crook. (foto 2)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 03:47:56 pm
Die skoot klap en ons begin druk, dit was groot pret. (foto 3) Ek het hier nog goed gevaar.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 03:49:31 pm
Soos julle in (foto 4) sal sien, lug hy sy arm van die bakkie se flap, nou dit is teen die reels. Toe ek beswaar aan teken, druk hy sy vinger in my oog en ek verloor die armdruk kompetisie. (foto 5) Daai verskoning sou seker beter gewerk het as ek nie n sonbril op gehaad het nie…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 03:55:08 pm
Hy se toe ook dat ek op die bakkie moet klim, want hy wil ry, ek doen dit toe. (foto 7) As ons moes stoei sou ek dit nie gemaak het nie…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 03:56:27 pm
By Cape Vidal aangekom probeer ek n vis of twee vang, maar dis nie die regte tyd en gety nie. Na ek regtig amper versuip, besluit ons om dit n dag te noem en gaan terug St Lucia toe.

Ons is vroeg in die bed, want more oggend moet ons 8:30 in Hluhluwe wees vir ontbyt…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:25:15 pm
Dag 9

Soos ek gese het, die sondag moet ons vroeg in Hluhluwe wees, so ons is vroeg op. Die bikes het darm lekker in Gawie se “garage” gestaan en rus vir die twee dae, so hulle was ook lus vir ry. (foto 1-2-3)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:26:09 pm
Net so van die os op die jas: ons gebruik “Valvoline” dis n wit synthetic ketting “lube”. Soos julle kan sien in (foto 4) Na ek my ketting skoon gespuit het met die “wap” het hy so gelyk. Die goed werk bedonerd.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:26:51 pm
Anyway, oor die St Lucia brug na Hluhluwe, wonder ek wanneer ek weer die plek gaan sien. Natal is great!!! (foto 5)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:28:16 pm
Ons ry met die N2 tot by die “Bushlands” af draai en van daar stofpad tot in Hluhluwe. Ons ry verby “Bonnamanzi” waar ek baie tyd as kind spandeer het. (foto 6-7)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:29:34 pm
Om by die ontbyt uit te kom moet ons 20km uit die dorp ry. Dit is in die rigting van Kosibaai, waar ons gaan slaap, so no worries…

Langs die pad is daar baie wild en die kameelperde ken Foot-Peg se Ma al baie goed. Eintlik is die fotos vir haar geneem… (foto 8-9)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:31:05 pm
By die Badenhorst gesin aangekom, word ons soos altyd baie vriedelik ontvang. Tannie Estie en Oom Casper ken ek al baie lank en dis regtig lekker om hulle weer te sien. Na n geselsie en great ontbyt. (Baie dankie Oom en Tannie) Klim ons die scooters.

Nou hier is n klein verassing vir die manne wat hou van wheelie. Ek het vir Johan en Christian laat weet ons kom en vir hulle gese om n draai saam met ons te ry. (foto 10-11)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:33:06 pm
Die twee ouens kon al van 16 jaar oud n scooter ry dat hy brul…

Die manne was baie “keen” om saam te ry. Hulle sou natuurlik nie die heelpad saam ry nie, maar darm tot in Mbazwan. Die grasvelde langs die pad is baie mooi en die plastic scooters ry lekker saam. (foto 12-13-14-15-16-17)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:36:56 pm
Nou ek het hulle spiesiaal gevra om saam te kom en te wys hoe min hulle die voorwiel nodig het. Die ouens wheelie solank hulle wil, waar hulle wil en oor of om wat hulle wil. Die fotos is cool, maar om hulle te sien is nog beter. Natuurlik is n ou n bietjie jaloers, want ek sal like om dit ook te kan doen. (foto 18-19-20-21-22-23-24-25)
Hulle gril nie eers vir die teerpad nie.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:38:20 pm
Na nog n stukkie mooi, groet ons die ouens in Mbazwan en ry aan. ( Christian is baie opgewonde oor sy 990 wat oppad is. Hy het dit sederdien gekoop) (foto 26-27-28)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:39:26 pm
Natuurlik op so lang reguit pad sal daar “speedbumps” wees, maar hulle is tog nodig. Daar is baie kinders langs die pad, so ry mooi as julle honne daar is. (foto 29-30)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:40:25 pm
Ek is n biker van klein tyd af, maar die ouens wat 4X4 se hobby lyk ook baie lekker. Die twee manne kom seker uit Mozambique, want hulle het beslis min teer gery. (foto 31-32)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:41:51 pm
O, ja, vir die van julle wat gewonder oor die RR se naam. (Die Vierhoek Sirkel Roete) Die sirkel is omdat, ons om SA ry. Die Vierhoek is, omdat ons n foto by die vier hoekke van SA gaan neem. Die eerste hoek is natuurlik die grenspos by Mozambique. Die laaste stukkie pad tot daar is baie mooi en n ou is lekker relaxed in die helmet. Alles is smooth… (foto 33-34-35)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:43:17 pm
Net voor die grenspos stop ons by die winkel. Na my “amper versuip” by Cape Vidal, koop ek eers n nuwe pet. (Sien my bles brand gou) Willie se bike kry ook n graaffie, want hy moes een saam gebring het, en het nooit, toe koop ek vir hom een. (foto 36-37-38-39)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:45:02 pm
Voor ons verder ry na ons eerste hoek, kom 50cent en sy “Gang” daar aan. Hulle wil graag n “music video” by ons bikes maak. Baie opgewonde om die manne te hoor “rap” se ek ja enige tyd. (Ek moes wel vir 50cent keer voor hy op my bike klim.) (foto 40-41)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:47:34 pm
Dit was n bietjie teleurstellend as ek nou eerlik kan wees. Hulle het nie eers self “ge-rap” nie. Dis net so “fake” soos die regte music videos. (Nou dat ek dit se, dan was dit seker n regte “music video”)

Net n bietjie verder en daar is die einde van ons land. Baie trots, neem ons die eertse van die drie fotos!!! (foto 42-43-44-45-46)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:49:29 pm
Nie ver van daar, draai ons links na Kosibaai. Foot-Peg se Broer het vir ons weer mooi vertel waar om te kamp, thanks. Die stukkie pad tot by die kamp is lekker om te ry. Dis baie anders as hier in die Kaap en n ou geniet die verandering  nou en dan. Die silwer Jetta het net soos sy gat ge-park (foto 47-48-49-50-51)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:50:14 pm
In by die hek moet n man mooi ry, dis mos dik sand daar!!! (foto 52-53)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:51:14 pm
Onder die boom gestop, book ons in by n baie nice kamp terein!!! (foto 54-55-56-57)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:51:47 pm
Willie besluit om bietjie plat te le. (foto 58)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:53:52 pm
Ek en die Grote is al twee baie opgewonde om af te stap na die Kosi mond. Ek was as kind hier, maar kan dit nie regtig onthou nie. Natuurlik was dit een van die hoogte punte. Die stap af is ongelooflik mooi!!! (foto 59-60-61-62-63-64-65)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:54:47 pm
Daar was n Swart-Mamba wat ons n bietjie skrik gemaak het, maar hy is weer die bos in, die kamera kon hom nie “spot” nie. (foto 66)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:55:42 pm
By die mond aangekom, kan ek nie wag om n gooi te maak nie. Natuurlik het ek eers n paar picks geneem. (foto 67-68-69)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:56:39 pm
Ek het ongelukkig niks gehak nie, maar dis nie die eerste keer wat dit gebeur het nie, so ek is ok. Dit bly lekker!!! (foto 70-71-72)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:57:34 pm
Die Grote wou sommer die vis met die hard vang. (foto 73-74)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:58:48 pm
Die son-onder was iets om te beleef. Ek hoop die fotos gee julle n idee, maar gaan kyk self. Dis regtig n plek wat my weer sal sien!!! (foto 75-76)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 05:59:23 pm
Daar is baie van die swem krappe. (foto 77)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 06:01:05 pm
Die stap terug was natuurlik nie so maklik nie, want dis bult op. Die mooi son sak het mens darm besig gehou. (foto 78-79-80-81-82-83)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 17, 2014, 06:02:02 pm
Natuurlik nog n laaste gooi…(foto 84)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Footpeg se PA on March 17, 2014, 10:16:12 pm
Oor die arm druk kan ek net se oefen en nogmaals oefen, dan miskien?????? :deal: :deal:
Oor die visvang kan ek ook net se oefen en nogmaals oefen, dan miskien?????? :deal: :deal:

Lekker trip sover, en lekker om weer die plekke te sien waar ek julle groot gemaak het.

GOEIE OU DAE!!!!!!!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Ian in Great Brak River on March 18, 2014, 02:21:35 am
Mooi Manne, Mooi!

 8)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 03:44:32 pm
Dag 10

Ons het die vorige aand baie lekker geeet. Die man in beheer van die kampterrein het vir ons steak gereel en van sy mielie meel aan ons verkoop. Willie het sy bekende pap gemaak, wat n groot treat was.

Na die teleurstelling met die visvang, het ek vroeg oggend weer gaan probeer. Soos gister, het ek weer fokkol gevang nie. Die view het weer eens nie teleurgetel nie.Ek was baie bly om daar langs die see te wees. (Sonder vis) As ons n dag daar kon spandeer sou ek graag wou snorkel, dit moet mooi wees. (foto 1-2-3-4-5)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 03:47:01 pm
Die woud, waar deur die voedpad na die kamp loop, is net so nice. Met die beter lig, kan jy die viskrale mooier sien. Ook die plekke weer die manne hulle “traps” bou. ( foto 6-7-8-9-10-11-12-13)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 03:49:49 pm
Vir die van julle wat daar wil gaan bly. Hier is n mooi foto van die ingang. Die naam en kontak besonderhede is op die bord. (foto 14)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 03:51:03 pm
Na n “oorskiet” ontbyt, pak en ry ons. Dit was baie bedompig!!! (foto 15)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 03:53:46 pm
Van Kosibaai, was die plan om in Swaziland in te ry en daar te oornag. Ons ry met die D850RD na Jozini. By die damwal aangekom, stop ons vir n paar kiekies. Na ek nog geen vis gevang het nie, probeer ek een van die 6 tiervisse wat onder rondswem vang. Verbasind het ek twee aan gekry, maar kry nie die hoek om te sit nie. ( foto 16-17-18-19)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 03:55:17 pm
Na Jozini kry ons n baie lekker pas wat na die N2 gaan. Ons het laas n pas gery net voor Durban, julle kan dink hoe baie ons dit geniet het. Een laaste foto van die dam en ons druk vir Golela, dis die grenspos na Swaziland. (foto 20)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 04:00:36 pm
Net soos by Lesotho, is ons baie vining in “ge-stamp”. Van hier ry ons in Peggs-Peak se rigting. Swaziland was verbasend skoon en mooi. Behalwe vir Willie se spoedkaartjie, was dit n baie lekker land om deur te ry. (foto 21-22-23-24-25-26)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 04:02:29 pm
By Mlenwane aangekom, book Willie ons in. Hy het baie hier gekom n paar jaar terug toe hy in toerisme was. Die opsigter was gretig om saam met ons te ry. Hy glo nie aan ATGAT nie, maar met n haalgeweer kan jy seker maak wat jy wil…(foto 27-28-29-30-31-32)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 04:03:13 pm
Ons kamp vir die aand het n groot swembad wat baie lekker gelyk het. (foto 33)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 04:05:01 pm
Die was seker een van die mooiste plekke van die trip. Die diere loop om jou rond met die groen berge agter hulle. (foto 34-35-36-37-38-39-40-41-42-43)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 04:07:55 pm
Ons bure was die twee varke, ek weet nie of hulle betaal het nie, maar die hut was hulle sin. Na al die “gear” opgehang is gaan besoek ek en die Grote daai swembad!!! (foto 44-45-46-47-48)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 18, 2014, 04:10:26 pm
Na ons aandete wat van die Spar af kom in die foto van vroer, gaan kyk ek en Willie die Swazi Daanse. Die Grote het vroeg gaan inkruip, maar ek dink hy sou dit ook geniet het. (foto 49-50-51-52-53-54-55-56-57)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Footpeg se Broer on March 18, 2014, 06:32:38 pm
Boetie dit lyk of julle dit baie geniet, maar ek moet saam met pa stem jy sal moet begin oefen. Die visvang is maklik jy moet net die regte aas gebruik. Die wereld bekende chokka kop,ek het nog n geskenkbewys wat ek erens gekry het wat n mens mooi verduidelik hoe om dit aan te sit.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Straddle on March 18, 2014, 06:35:44 pm
Jy vat lank met die RR man, ons bly nuuskierig en jaloers. Julle 3 sal seker darem n opvolg RR by die shop reel met tjips en bier en alles?
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:21:35 pm
Dag 11

Hallo Honne, jammer julle moes so lank wag vir die volgende stukkie van ons trip. Ek is seker julle weet dis maand en jaar einde…

Ok hier ry ons weer.

Vandag gaan ons uit Swaziland na Haizyview. Die kenmerk vir vandag is dat ons drie-man span, n bietjie die handsakke geswaai het na mekaar…

Dit het langer geneem as wat ek gedink het dit sal, maar ons almal het geweet dit gaan gebeur. Dit is iets wat onvermeidelik is op so lang trip. Vir die van julle wat so iets beplan, weet maar dit gaan gebeur en moet nie te baie daar in lees nie. Vloek mekaar en kom oor dit, jy gaan jou tjom mis as jy alleen n pap wiel moet reg maak.

Anyway, ek is nie dokter Phill nie…

Die oggend toe ons wakker word in Swaziland, kon ek nie glo hoe mooi dit is nie. (Ek gaan aan die einde van die RR tel hoeveel keer ek die word “mooi” gebruik het.) Daar was diere net waar jy kyk. Swaziland is beslis meer as wat ek verwag het. Daar was n paar vlakvarkies, gewees wat baie “intertaining” was. (foto 1-2-3-4-5-6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:22:34 pm
Soos ons die kamp op-slaan stap daar n paar pajama donkies in… (foto 7-8-9)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:23:31 pm
Van die kamp, ry ons na die Bulembu grenspos. Soos julle kan sien is dit skoon en daar is tot n brug in Swaziland… (foto 10-11-12)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:26:38 pm
Die pad wat ons ry verander in n stofpad met baie skerp draaie. Willie se remme het ongelukkig warm geword en ons stop om te kyk wat aan gaan. (foto 13-14-15-16-17-18-19-20-21-22-23)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:27:46 pm
 :ricky:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:28:41 pm
Die remme wat warm geword het, het natuurlik by gedra tot die handsak swaaiery. Classic selfie. (foto 24)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:29:19 pm
Nog n laaste foto van my 800. Ek like hom baie, maar ek is seker julle kan dit agterkom. (foto 25)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:30:11 pm
By die grenspos aangekom, “stamp” hulle ons weer en ons ry verder. Natuurlik moet ons in “ge-stamp” word aan SA se kant. (foto 26-27-28-29)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:31:16 pm
Van die grenspos ry ons mer die R40 na Baberton. Dis pas het ongelooflike “views” en ons eet lunch by een van die uit kyk punte. (foto 31-32)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:43:09 pm
Nou tussen hier en Haizyview was die stukkie waar ons bietjie kwaad geraak het vir mekaar, maar dis te lang storie om te tik.
In Haizyview aangekom neem Kurt ons na een van sy geheime spots vir n sundowner… (foto 33-34-35-36-37-38)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:44:43 pm
Daar was ook n seekoei wat kom hallo se het.(foto 39-40-41-42-43)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:45:58 pm
Soos ons daar staan, kom n trein verby. Dit op sy eie was baie cool. Ongelukkig vir my, verloor ek my twede pet… gelukkig het ek my sonbril gevang, wat bo-op my pet was. (foto 44-45-46-47-48)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 12:46:42 pm
Kurt se spot het die dag baie goed afgesluit en ons weer laat besef hoe mooi die land is. Ons is baie bevooreg… (foto 49-50)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on March 27, 2014, 03:35:58 pm
Kan julle Honne die foto's sien. Foot-Peg se Pa se hy sukkel...
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Footpeg se PA on March 27, 2014, 04:39:01 pm
Okay, is nou op die ander rekenaar, kan hulle sien, dankie. :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Footpeg se PA on March 27, 2014, 04:41:07 pm
Okay, kan hulle nou sien. Is op my ander rekenaar. Dankie. :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 01, 2014, 08:52:56 am
Dag 12

Ons het op dag 12 weer n breuk geneem van die scooters.

Die plan was om die Kruger Park te gaan besoek. Voor ons na die park kon gaan, moes ek eers my 800 in neem vir n diens.

Ek kan eerlikwaar se, Eastview BMW is n klomp legends. Hulle het vir my baie goeie diens gegee. Daar was selfs n "leen-fiets" gewees om van Nelspruit terug te ry Haizyview toe. Baie dankie julle!!!

So, terug in Haizyview laai ons Kurt se bakkie (wat hy vir ons geleen het vir die dag) en ry na die Phabeni hek. (foto 1-2-3)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 10:53:32 am
Die Park was baie nice gewees. Julle sal sien dat alles daar ook groen is…

Dis so groen, tot die trapsuutjies weet nie watter kleur hy wil wees nie… (foto 4)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 10:54:18 am
Willie wou vir hom n Ysterhoud boompie gaan kry het, so ons het n draai gaan maak by die Skukuza kwekery. Ek moet Kurt se bakkie in sit om dankie te se… (foto 5-6-7-8)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 10:54:58 am
Van daar het ons bietjie deur die park gery na Skukuza. Ek dink nie dit is regte Koedoes in (foto 9) nie, maar Oom Veltie sal seker kan se…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 10:56:18 am
Met die rivier wat so vol is, was dit n nice plek om middagete te eet en nog padkos te koop. (foto 10-11-12-13)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 10:59:12 am
Oppad na Skukuza het ons nie baie wild gesien nie, maar oppad uit wel. Daar was veral mooi olifante gewees. Hier en daar was n mooi view van die vlaktes ook gewees… (foto 14-15-16-17-18-19-20-21)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 11:00:45 am
Ek het hard probeer om n mooi foto van die tarentale te kry, maar kon nie n lekker “shot” in kry nie… (foto 22-23)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 11:02:10 am
Terug in Haizyview klim ek die “leen-fiets” en gaan haal my scooter op Nelspruit. Ek wil net weer se hoe gelukkig ek was met Eastview BMW se diens. Julle manne kan gerus die ouens ondersteun…

O ja, die pad van Nelspruit na Haizyview is baie lekker om te ry. Dis nou wel teer, maar die lang slap draaie en bulte is pret!!! 

Kurt het die laaste aand in Haizyview vir ons gebraai en van sy vriende oor genooi. Dit was groot pret gewees, maar ek kry nie die fotos nie. Sal vir Willie en die Grote vra of hulle dit dalk het. Thanks Kurt!!!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:08:02 pm
Dag 13

Die roete vir dag 13 was nie baie duidelik nie. Ons het net geweet dat ons by Tshipise wil uitkom.

Na ons vir Kurt gegroet het. (Daar is n foto van dit, maar weet ook nie waar hy is nie…) ry die drie van ons Graskop toe. Die pad is mooi met n pothole hier en daar.

Daar is baie bosbou wat gedoen word in die area en Foot-Peg se Pa moet maar se of die plantasies goed lyk… :pot:

Hier was ook n paar slap draaie wat altyd pret is. (foto 1-2-3-4-5-6-7)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:09:09 pm
Voor Graskop stop ons by die “Big-Swing”…(foto 8-9)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:13:08 pm
Nou ek hou van die soort goed, maar hulle vra net te baie. Die mense kan ook gerus die plek n bietjie veiliger maak, want soos julle kan sien, lyk daai platvorm meer soos iets wat seerowers gebryk het vir die ouens wat moes “walk te plank”. (foto10-11)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:14:43 pm
Nie te min, die view is natuurlik nice so dis nogsteeds cool om daar te wees. O ja, die manne toets ook darm hulle swing voor iemand die dag daar mag af spring. (foto 12-13-14)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:15:47 pm
Ons besluit om aan te ry na Graskop, vir n “Team Pancake Breakfast” vir die van julle wat Anchorman ken… (foto 15)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:18:25 pm
Graskop is blykbaar bekend vir sy pannekoek en hulle was lekker!!! Die plan was om van daar te ry na Burks Luck Potholes en Gods Window. Ongelukkig het die mis  oor gekom, so Gods Window se gordyn was toe. Ons ry toe verby. Burks Luck Potholes wou ook te veel hek geld he en ons skip dit ook. Nou ek weet almal moet geld maak, maar as die Kruger Park R60 vra om in te gaan, hoekom vra hulle R50? >:(

Nie te min, ons sien nogsteeds baie “mooi” en ry soos altyd heerlik.(foto 16)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:20:18 pm
By die Blyde River Canyon aangekom word ons veras met n great view!!! (foto 17-18-19-20-21-22-23-24-25-26)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:21:57 pm
Daar is n vrou wat “arts en crafts” verkoop het waar die bikes gepark was. Nou soos ek al gese het, my twede pet vir die trip het by die trein brug af geval. Ek ondersteun haar en koop toe die hoed…(foto 28) hy is baie lelik so ek weet niemand sal hom steel nie. Ek sal hom seker ook nie verloor nie, al wil ek. (Moet nie foto 27 soek nie, ek het besluit om hom nie in te sit nie)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:22:33 pm
Ek kan nie regtig onthou hoekom ek die foto geneem het nie, kan iemand dalk vir my se… (foto 29)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:24:46 pm
Na die mooi Canyon ry ons met die R531 en draai regs op die R36. Die Abel Erasmus Pas sorg vir pret en ons trek af om van die locals se “Maroela Bier” te koop. Die arme vrou hardloop eers weg toe Willie met sy KLR daar stop. Ek kan verstaan hoekom, want daai fiets lawaai soos n “dragster” (foto 30-31-32)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:25:44 pm
Voor Hoedspruit draai ons links. (bly op die R36) Hier moes ons stop vir petrol. (foto 33) Ek het n bietjie met die girl in die fontein gaan gesles, maar sy is nogal nors… (foto 34)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:26:45 pm
Van hier het ons besluit die Grote moet voor ry vir n rukkie want, hy het n paar jaar terug geboer op n plaas naby Tzaneen. (foto 35)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:29:00 pm
Vir die van julle wat nie weet nie, die Reen Godin Mujaji woon blykbaar in die area. Dit is hoekom ons daar wou om ry. Ons het nie by haar Broodboom plantasie gaan stop nie, maar dit was n lekker area om in te wees.

Daar was nog baie ry om te doen vir die dag en die Grote se hy ken n kort pad. Julle sal weet n kortpad is altyd meer pret as die lang pad. Na al die teer het ons sy kortpard na Giyani baie geniet. (foto 36-37-38-39)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:30:11 pm

Die stukkie pad het n mens regtig laat voel jy is nou op n adventure!!! Seker omdat dit so afgele is van beskawing… (foto 40-41-42-43)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:31:05 pm
Wel dis darm ook nie so afgele nie, daar is tog n bus diens. (foto 44)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:31:59 pm
Hier en daar moes ek die GPS mooi dop hou om seker te maak ons ry in die regte rigting. Daar is nie pad tekens nie. ( foto 45)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:33:09 pm
Anyway, die stukkie pad was lekker om te ry… Hier is nog n paar picks. (foto 46-47-48-49-50)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:33:46 pm
Na Giyani is ons deur Louis Trichardt. Dit was n bietjie lank in die saal na ons laaste bene rek en ons stop toe onder n koelte boom. Dink julle nie ook dit lyk soos die FNB boom nie… (foto 51)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:34:19 pm
Ek was baie verbaas met hoe mooi dit in die Louis Trichardt area is. Ek het nie die plante groei verwag nie. Dit is ook n plek wat my weer sal sien. (foto 52)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:36:33 pm
Ok, ek is nie seker wat die pas se naam is van Louis Trichardt na Musina toe nie, maar dit was een van my “pas” hoogte punte vir die trip. Die tonnels en draai met die bulte wat op en af, maak hom baie nice!!! As ek kan raai waar ek n spoedkaarkie op die trip gaan kry, sal dit hier wees… (foto 53-54-55-56-57-58-59-60-61-62)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:37:36 pm
Na die pas is daar n tol hek. Teen die tyd, het ek gedink Willie en die Grote weet nou al hoe die werk. Betaal een, ry een… julle kan self agterkom wat gebeur.

Die pad na die Forever Resort Tshipise is baie lank en reguit. (dit was net die begin van) Soos buite Veliersdorp, gee dit my kaans om die manne bietjie af te neem soos hulle ry. (foto 63-64-65)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:38:23 pm
Tshipise is n warm water bron. Natuurlik slaan ons die tente so gou as moontlik op, om in die swembad te kom. (foto 66-67-68-69)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:39:17 pm
Ons het baie skoon gevoel na die 2ure in die swembad le. (foto 70-71-72-73)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 01:40:50 pm

Die Grote het vir ons Spaghetti en Meatballs gemaak vir aandete. Verbasend lekker as ek na die bestandele gekyk het wat daar was…

Magies vol, ogies toe…(foto 74-75)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:02:10 pm
Dag 14

Na ons silwer skoon gaan slaap het, staan ons baie vars en uitgeslape op. Ek en die Grote pak solank ons kamp op en laai die scooters. Willie se timing was n bietjie uit… Soos julle kan sien het hy n bietjie laat geslaap. (foto 1)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:03:53 pm
Dit is alles goed en wel, maar net soos hy begin op pak, kom die reen… Hy reen natuurlik pap nat. Ek het lekker gelag en toe maar gaan help.

Ons verlaat Tshipise rigting Musina. Vandag gaan ons na ons twede grenspos. Van Tshipise ry ons met die R508. Dis ook n lang reguit pad. (dis hoe al die paaie is daar bo…) Willie se laaitie wou graag he ons moes photos neem saam met n “Army man” as ons kon. In Musina gewaar hy drie soldate met bikes en ons neem die foto. (foto 2)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:05:05 pm
Nou Musina is nie n mooi plek nie. Wat daar gebeur het sal niemand kan verduidelik nie, maar almal weet…

Anyway, by die grenspos aangekom neem ons vol trots die twede grenspos foto’s. (foto 3-4)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:06:46 pm
Ek het n bietjie met die “truckers” gaan gesels. Die man in die wit trok het gese, hy sou hom die heel dag neem om deur die grens te kom. Hy was seker 300m van die grens… (foto 5-6-7)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:07:34 pm
O ja, die ouens daar by die grens gee nie hulle petrol verniet weg nie. (foto 8)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:09:10 pm
Van Musina neem ons die R572 in Ellisras se rigting. (Lephalale) Net voor ons regs draai op die R521 sien ons die jong eland bul langs die pad.(foto 9-10) Kyk, as jy hom tref, sal hy beslis beter af wees as jy.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:22:17 pm
In Alldays aangekom stop ons vir middagete by die hotel. Daar is nie regtig n lang pad om te ry vir die dag nie en ons besluit om daar te oornag. (foto 11)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:23:38 pm
Na n bietjie op en af ry, kry ons slaap plek vir die aand. Toe ons klaar ingesttle het, gaan wys die ou vir my hulle akkedis…(foto 12-13-14-15-16)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:24:24 pm
Die ouens het baie nice plekke om bike-gear op te hang… (foto 17)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 03:24:56 pm
PS: Ek gaan nie baie op dit uit bry nie, maar moet nooit by “At se Gat” gaan slaap nie. Daai eienaar kan nie vertrou word nie. 
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 04:11:16 pm
Dag 15

Ok, na n “eventful” aand, eet ons ontbyt en besluit om tot in Thabazimbi te ry.
Voor ons kan vertrek moet ons eers n draai gaan maak by Louis en Emel. Die manne het vir ons seekoei sambokke below. Ons bel om uit te vind waar ons die goed moet kom optel en hulle verduidelik dat dit moeilik is om by die seekoei vel uit te kom, op die oomblik.
Die manne het wel aangedring dat ons moet kom koffie drink voor ons die pad vat…

Hulle was n paar km buite die dorp, in die verkeerde rigting, maar op n bike ry mens mos altyd…
Op die plaas aangekom word ons baie vriendelik ontvang en gesels lekker met die manne. Na die koffie moet ons eers n draai op die plaas gaan ry… (foto 1-2-3-4-5-6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 04:19:40 pm
Emel het sy vrou aan borskanker verloor 8 maande gelede. Hy gaan wys vir ons waar haar as begrawe is. (foto 7) Daar is n braai plek ook, vir wanneer hy verlang. Shame, dit kan nie maklik wees nie…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 04:22:32 pm
Terug na die scooters stop ons eers by sy “slagpale”. Dis hier waar die seekoei velle le. Ongelukkig le dit heel onder… (foto 8-9-10)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 04:34:57 pm
Ons groet en word gegroet. Thanks ouens, dit was n hoogtepunt.

In Allday moet ons stop vir petrol. Nou dit is alles normaal, maar die petrol stasies daar, neem nie kaarte nie. Willie en die Grote gooi hulle bikes vol en ek ry om geld te gaan trek. By die Engine gestop sien ek n tou so lank soos n tellefoon drad voor die kits bank. Ek roep vir Willie op die Sena sodat, hy vir my kan kontant bring. Julle sal nie glo nie, maar hy draai om teen 2km per uur en val om. Hy se n lelikke woord wat soos… mmm as ek se soos wat dit klink, gaan julle weet wat hy gese het. Ek kan nie dit doen nie, want Foot-Peg se Pa se vrou, Foot-Peg se Ma, lees ook die forum en dan sal Foot-Peg se Pa my bliksem.

Anyway, hy se eina en ek weet dadelik iets is nie ok nie. Hy is nogal taai…
Ek betaal solank terwyl hulle die KLR weer regop tel.

Ons besluit om die teerpad R572 tot in Thabazimbi te neem. Nou julle manne wat daar gaan ry, ek gaan vir julle se, wat almal vir ons gese het, daai pad is kak! Dit is eitlik n grondpad met stukke teer op, so ry mooi… (foto 11-12)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 02, 2014, 04:39:47 pm
Soos die dag aangaan en die km verby kom, kla Willie oor sy rib...
 
Nou ek en die Grote is nie teveel gepla nie, want ons is mos bikers, wat is tog so erg aan n rib. (Dis eintlik iets wat geeet word) Ons se net vir hom dit sal nou, nou regkom… (Hy het saam gestem)

Ok, lang storie kort. Die rib raak so seer dat hy nie meer sy “clutch” kan gebruik nie en hy jaag voor uit. Ons het besluit ek en die Grote sal hom in Ellisras se Medi Clinic kry.

Willie kom lank voor ons daar en book hom self in vir “x-rays”. Die rib raak net seerder…
Ek en die Grote gaan koop kos en koeldrank, terwyl ons vir die man wag. By the way, dit was baie warm!!!

Dit neem bietjie langer as wat ons gedink het en die Grote reel verblyf vir ons in Ellisras. Ek het gese ons moet aan ry, maar na Willie my n slawe drywer genoem het, het ek aangeneem hy is nie lus vir verder ry nie…

Die dokter het gese die rib was net gekneus, so hoe erg kan dit wees. Mens kan n gekneusde appel eet, so n gekneusde rib moet mos ook nog werk.

Ok, ek skryf more weer…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:45:08 am
Dag 15 vervolg...

Die oornag in Ellisras het ons n bietjie tyd gekos. Daar word toe besluit om tot in Kuruman te ry, die volgende dag. Willie en sy seer rib gaan slaap vroeg, want ons wil 6uur op die wees, om so lank as moonlik te kan ry.

Die Grote het nie lank na hom gaan slaap, maar ek het gewag vir die Super 15 game om te begin… Sharks teen die Bulls.

Gedurende die rugby, gesels ek met die eienaar van die gaste huis en sy pel. Hulle het ook bikes, maar ry nie so baie grondpad nie.

Die Sharks wen die game, met n bonus punt, en ek gaan slaap baie gelukkig…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:52:49 am
Dag 16

Soos ons beplan het, word ons vroeg wakker. Ons pak die bikes stillietjies, om nie die mense te pla nie en ry die donker in… (foto 1-2)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:53:57 am
Ons het darm net 15min se donker gekry voor die son op gekom het. Van Ellisras druk ons vir Thabazimbi, waar ons eintlik moes oornag. In Thabazimbi aangekom kry die scooters petrol en ons kry breakfast. Niks soos n “garage pie”  vroeg in die oggend nie… (foto3-4-5)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:54:36 am
Willie se rib is nog seer, maar ons besluit dat 140km/h die regte spoed is vir die dag. So ry ons, deur Rustenburg en Koster. (foto 6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:56:43 am
Ongelukkig kry die Grote n pap wiel net voor Lichtenburg, in die Ventersdorp area… (Ek sal by hom hoor wat die dorp se naam was.) Die manne daar is baie life vir hulle 2.7 Hilux bakkies.

Die pap wiel word gou af gehaal om reg te maak. Johan het “No Flats” in sy bande en julle sal nie glo hoe goed dit gewerk het nie. Die Valadero kan tubeless gery word, maar die Grote het tubes in gesit. Toe ons daar stop was sy band druk 1 Bar gewees, kyk hoe het die tube gelyk… (foto 7-8-9)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:57:46 am
Van daar ry ons na deur Lichtenburg na Delaryville, waar ons iets wou kry om te eet. Ongelukkig is ons te laat vir die winkels in die area en ons moet maar verby ry. Die Noordwes is nogal n nice provinsie, veral omdat ons nie sonnebloome hier in die Kaap het nie… (foto 10-11-12-13-14-15-16)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:58:25 am
Na die lang plat en reguit pad, kom ons in Vryburg aan, gelukkig is daar n eet plek en ons tant elkeen n Dagwood by “Mams Foods” (foto 17-18)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:59:33 am
Die dag se ry was nie baie interesant nie, so jammer as ek nie regtig baie uitbry nie. Dit was wel die verste wat ons drie al op eendag gery het met ons bikes, 730km.

Van Vryburg na Kuruman was siel-dodend reguit gewees. Ek is baie bly date k nie daai stuk pad baie moet ry nie!!! In Kuruman aangekom se Willie hy weet van n nice plek om by oor te bly. Ons ry 10km uit Kuruman (Wes) en kom by die “Red Sands” aan.(foto 19-20-21)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 11:00:31 am
Die plek is n bietjie te netjies vir ons, maar teen die tyd reen dit al liggies en ons book in. Ons kry n nice huisie  met “park” plek vir die bikes! (foto 22-23-24-25)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 11:01:25 am
Daar was n baie lekker buffet aandete gewees. Ek het geeet so baie en kon, maar Johan en Willie het my nogsteeds gewen!!! (foto 26)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 12:51:22 pm
Dag 17

Van die Red Sands af sou ons ry tot by die Augrabies Watervalle. Dit was nie n lang dag se ry nie, maar ons het soos altyd, die heel dag gery tot daar. Dis lekkerder so.

Van ons huis by Red Sand was daar n pratige view oor die vlakte, met die windpomp in die verte. (foto 1-2)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 12:52:05 pm
Ons gaan groet die mense van Red Sand en mik vir Kathu.(foto 3-4) Die stukkie sandpad na Red Sand se hek was net genoeg om n ou lust e maak vir ry…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:09:48 pm
In Kathu stop ons vir brandstof. Julle Honne wat in die area bly gaan nou nie dink die trok en laaigraaf is baie cool nie, maar die goed is massive!!! Natuurlik neem ons n pick of twee… (foto 5-6-7-8-9-10-11-12)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:11:01 pm
Van Kathu ry ons verby die Sishen myn. (Ek dink dis die yster myn) Die trein van hulle is langer as n Francois Steyn drop-goal… (foto 13-14-15)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:12:11 pm
Na Kathu is dit Olifantshoek en dan weer die lang reguit paaie wat volg tot in Uppington. Ons het gelukkig baie tyd en kan genoeg stop vir fotos. Al is daar niks nie, is dit nog steeds baie mooi. (foto 16-17-18-19-20)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:14:01 pm
Terwyl ons in die koelte chill, word daar nog fotos geneem. (foto 21-22-23)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:15:29 pm
In Uppington koop ek nuwe rem skoenne vir die 800 en die Grote koop n ekstra binneband. Net vir in-case my patch-job sleg was…

Na n Wimpy breakfast en n haarsny, ry ons Kakamas toe. Dis n mooi deel van ons land, ek sal like om die area op my bike te gaan verken. Na n pit-stop by die Spar om “supplies” te koop, druk ons Valle toe.

Oppad na die valle raak ek baie opgewonde, dit was een van die plekke wat ek baie graag wou sien. (foto 24-25-26)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:16:11 pm
Na die lekker huisie by Red Sands was die Grote en Willie nie lus vir kamp nie en ons book weer n chalet. Dit was n baie goeie idee!!! (foto 27)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:17:35 pm
Die fietse word afgepak en ons trek in.
Na n bietjie sit, stap ek af na die valle. Dit was baie mooier as wat ek gedink het dit gaan wees, jammer vir die baie fotos….( 28-29-30-31-32-33)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:18:48 pm
Die akkedissies is die wereld vol, maar hulle is nogal mooi! (foto 34-35)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:19:21 pm
Nog valle… (foto 36-37)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:20:31 pm
Die horison daar is baie ver weg. Saam met die wolke, moes ek net fotos neem… (foto 38-39-40)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:21:12 pm
Nog n akkedis… (foto 41-42)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:22:24 pm
Net n paar picks… (foto 43-44-45-46-47-48-49)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:23:20 pm
Bang die ouens gaan uitmis, gaan haal ek die Grote en Willie. Kyk net die horison, met n donderstorm… (foto 50-51-52)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:24:59 pm
Terug by ons huis, word daar vuur gemaak en lekker gebraai!!! (foto 53-54-55-56) Ons het nie die vlermuis gebraai nie…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 01:25:55 pm
Die donderstorm het nie gestop nie. Die GoPro het gesorg vir great fotos!!! (foto 57-58-59-60-61-62)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Jackol. on April 03, 2014, 09:17:42 pm
Foot peg, dit is ongelooflik mooi! As ek so deur jou RR blaai besef ek dat my GS nog ver moet ry! Ry lekker saam!  :ricky:

Ek moet se, jou GS is amper so kooi soos myne...  :peepwall:  :pot:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 03, 2014, 10:40:43 pm
Thanks Jackol.

Snaaks, ek voel nou weer so oor jou GS :biggrin:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:22:51 am
Dag 18

Na die lekker braaivleis en aircon kamers staan ons weer kraakvars op. Die son-op was ook ongelooflik. (foto 1-2-3) Vir die van julle Honne wat ook daar wil gaan bly, neem “Tabart” saam. Daar is meer muskiete daar as middeljarige vrouens by n Steve Hofmeyr konsert. Terwyl ek die sonopkoms af geneem het, was daar 6 muskiete op my gewees op een slag…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:27:29 am

Die dassies gee nie baie om vir die muskiete nie. Daar is hordes van hulle. Ek het nooit geweet dassies kan boom klim nie… (foto 4-5-6-7)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:28:26 am
Daar is natuurlik altyd daai een lui moer wat niks wil doen nie… (foto 8)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:30:42 am
Right, opgewonde om my nuwe remme te toets, saal ons op en begin galop, rigting, Springbok.
As ek ooit weer daar moet ry, sal ek die moeite doen om die grondpaaie op n kaart te kry, want ek like nie die lang plat paaie nie. Jammer ek se dit so baie, maar dit is vreeslik “boring” om so in die verte in te kyk, vir so lank. Ek is seker dit kan lekker wees elke nou en dan, maar ek was hier al gatvol gewees vir dit.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit bly baie mooi!!! Verbasend, was dit hier ook greon… (foto 9-10-11-12)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:31:22 am
Hier is my beste foto van die hele trip. Ek dink dis my beste foto ooit… (foto 13) :ricky: :3some:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:31:52 am
Nog n paar vlakte fotos… (foto 14-15)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:32:42 am

Om by Springbok te kom, moet ons deur Pofadder ry, wat n cool plek. Willie het selfs vir ons stickers gekoop. (foto 16-17-18)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:33:52 am
Van Pofadder steek ons deur Springbok toe. Natuurlik moet ons bene rek langs die pad, anders sal mens aan die slaap raak…(foto 19-20-21-22-23-24)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:34:43 am
In Springbok aangekom, eet ons n Wimpy breakfast. Jis, daai breakfasts is darm maar lekker!!! Ons koop n bietjie supplies vir ons kamp “spot” langs die Oranje Rivier en druk deur. Natuurlik is daar pad werke… (foto 25-26)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:36:01 am
Die warmste wat ons daai dag gekry het was deur die kloof voor Vioolsdrift. 41.5 grade…  :dousing:

Natuurlik was ons bly om die rivier te sien, met n bietjie grondpad om te ry. (foto 27-28) Ons land het te baie teerpaaie...
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:38:02 am
By Umkulu kamp aangekom was ons baie impressed met die mense se set-up. Julle kan gerus daar gaan kamp. Die plek is baie goed ingerig, met alles wat n ou nodig het, vir n kamp. (foto 29-30-31)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:39:11 am
Soos ek daar sit, besef ek dat die honde wat daar bly, dit baie lekker het in die lewe. (foto 32-33-34-35)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:39:47 am
Ons was gelukkig genoeg om n klein stofstorm ook te sien. (foto 36-37)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:40:25 am
Daar is plek om jou bike te “park” en natuurlik n plek om jou self te “park” (foto 38-39)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:41:08 am
Sien jule wat ek bedoel met hoe "lucky" die honde is. (foto 40-41)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 04, 2014, 11:41:50 am
Saam met die stof wat nog in die lug hang, het ons n nice sonsak en n vuur wat brand. Vanaand braai ons weer!!! (foto 42-43-44-45)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:01:18 pm
Dag 19

Reg, dag 19 was die lekkerste ry van die hele trip. Dit was baie tegnies en mooi. Ek kan nie regtig beskryf wat die dag so cool gemaak het nie, maar vir die van julle wat hou van moeilikker paaie, enjoy…

Van ons kamp langs die Oranjerivier het ons Wes gery. Die ouens noem dit die Helshoogte pad, maar dis nie soos die een buite Stellenbosch nie. Gewoonlik het n man 10km om gewoond te raak aan jou fiets, voor die tegniese paaie begin, nie op die pad nie. 2km van die kamp af, begin die sports…(foto 1-2-3-4-5-6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:05:14 pm
Julle Honne moet self n opinie van die pad skep… (foto 7-8-9-10-11)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:06:45 pm
Daar is in die middel van nerens, die klip torinkies gewees. Hoop nie dis een ou wat dit op sy eie gebou het nie. As dit is, sal hy mal wees oor Lego!!! (foto 12-13-14-15)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:08:28 pm
Na die torinkies kry ons baie sand. Die Grote se 19 duim voorwiel het nie baie gehelp nie. Die man het sy hande vol gehad met sy groot fiets.
Toe ek plek kry om te stop, doen ek so en wag vir die manne… (foto 16-17-18)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:11:06 pm
Dit het op n stadium gevoel of ons op die maan ry. Toe ons drie weer by mekaar is, klim ek op en durf die res van die pad aan.
In my agterkop het ek begin wonder of die pad beter of slegter gaan word… (foto 19-20-21-22-23-24-25-26-27-28)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:14:54 pm
Na die plat sandvlakte kom ons by die rots passie, natuurlik was die pret… (foto 30-31-32-33-34-35-36)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:16:45 pm
Dit het aangehou vir langer as wat ek verwag het, maar ek kan eerlik se, dis die meeste pret wat ek nog op my 800 gehad het. Ek dink nie Foot-Peg se Pa sal baie van die pad hou nie… (foto 37-38-39-40-41-42-43-44)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:18:42 pm
Na die ergste verby is, stop ek om vir die ander twee te wag. Willie se rib was nog steeds nie baie lekker nie en die man het maar seer-seer daar deur gekom… (foto 45-46-47-48)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:20:38 pm
Na almal hulle asem terug gekry het, stoot ons weer. Vandag sou ons die laaste grenspos foto neem by Alexanderbaai. (foto 49-50-51-52-53-54-55-56-57)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:22:06 pm
Die pad het nie baie beter geword nie, maar tog n bietjie, ek dink  :eek7:… (foto 58-59-60-61)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:22:43 pm
Hier is n foto, van n foto, van n foto van n windpomp… Maak dit sin… (foto 62-63)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:23:50 pm
Daar was tog plek vir n bietjie speel ook gewees… (foto 64-65-66)
Die streep in foto 66 het die 800 self getrek, ek het niks met dit te doen nie.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:25:45 pm
Gelukkig het ons baie water saam geneem. By die moterhek besluit ons om te rus. Dit is tog lekker om fotos van jou bike te neem… (foto 67-68-69-70-71-72-73)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:26:37 pm
Foto’s saam met jou bike is natuurlik ook cool. (foto 74-75-76)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:30:01 pm
Alhoewel die pad van ons kamp na Alexanderbaai baie pret was, het dit begin lank raak.
Ons plan was om deur Namibia terug te ry, maar on het gesien die tyd gaan ons vang… (foto 77-78-79-80-81-82-83-84-85-86)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:31:11 pm
By ons volgende stop het ek weer die kaans gekry om mooi fotos van die ander twee manne te neem. (Sou gelike het om ook in van die fotos te gewees het…) (foto 87-88-89-90)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:32:15 pm
Soos julle kan sien, is die pad lank en plat. Dit is nie n goeie ding nie. Jy vang jouself soms te vining ry, maar dit is seker nie net die pad se skuld nie… (foto 91-92-93-94)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:33:14 pm
Ek is nie 100% seker wat op daai bortjie staan nie, maar dit was n teken dat Alexanderbaai nou nader kom. (foto 95-96-97)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:34:35 pm
As julle mooi kyk in die volgende fotos sal julle sien die grondpad het sandgate in hom. Die gate het my amper my gat laat sien… Kyk maar uit vir hulle as julle daar ry… (foto 98-99)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:35:53 pm
Mens ry verby enige iets op die pad… (foto 100)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:38:33 pm
Uiteindelik, die teerpad is n teken dat ons nou naby die laaste grenspos vir die trip is. Ek moet se, dis nogal “bitter sweet” gewees om daar te wees. Ons was bly om die grenspos te haal, maar het ook besef dat die trip nou naby aan klaar is… (foto 101-102-103)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:40:16 pm
Hier is hulle nou, die laaste grenspos fotos. Ons was weer baie trots. Die bietjie moeilikker paaie het mens net meer van a “sence of achievement” gegee. Ek weet dis nie die Dakar nie, maar op daai dag en daai hitte met die paaie soos hulle op daai dag was, was dit n great challenge gewees. (foto 104-105-106-107-108)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:40:59 pm
Na die grenspos was ons lekker honger. Ek kon nie wag om n mossel lunch te eet nie. Ongelukkig was daar niks naby nie. (foto 109)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:41:57 pm
Soos ek vroer gese het wou ons deur Nam terug ry, maar ons het daar teen besluit. Port-Nolloth was die volgende stop. Dit is n baie verlate pad om te ry… (foto 110-111-112)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:43:42 pm
Port-Nolloth se Coke was baie lekker, net jammer die mense in die restaurant was te lui om vir ons kos te gaan maak. (Kon dit nie glo nie) Ek was regtig lus vir mossels… (foto 113-114-115-116-117) Anita’s is waar ek al saam met Foot-Peg se Pa en twee van sy vriende al geeet het. Hulle maak eers 6 uur oop…
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:44:11 pm
Net nog picks van die see…(foto 118-119)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:45:36 pm
Ons verlaat Port-Nolloth en gooi petrol in op Steinkopf. Van daar eindig ons die dag met n rustige ry terug kamp toe. (foto 120-121-122)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:46:27 pm
Kyk net hoe lekker kom die Grote om daai draai... (foto 123-124)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:47:24 pm
Voor die kamp smeer ons eers weer die bikes vuil...(foto 125-126)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 03:47:59 pm
Dag 19 is moeilik om oor te skryf. As ek een dag op die trip weer kan doen, is dit hy. Beste “adventure riding” van die trip… :ricky: :ricky: :3some:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 08, 2014, 04:03:27 pm
Hoop julle geniet die RR, want niemand se iets nie...
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Lem on April 08, 2014, 04:15:44 pm
Hoop julle geniet die RR, want niemand se iets nie...

goooi  :thumleft:

dis beslis awesome!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Jackol. on April 08, 2014, 08:46:36 pm
Hoop julle geniet die RR, want niemand se iets nie...

Ek geniet jou RR baie! Sal baie daarvan hou om ook hierdie roete te kan doen! Baie jaloers! Julle het 'n fantastiese tyd!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: cruizaman on April 08, 2014, 08:49:19 pm
Ek ry lekker saam! Dis beslis 'n epic trip, gooi asb nog sodat ons verder daaroor kan droom. Great RR!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Hermit on April 08, 2014, 09:32:32 pm
Hoop julle geniet die RR, want niemand se iets nie...

Ek lees so lekker, dink nog nie eers om iets te skryf nie. Geniet dit werklik ! En ek beplan ook om dit te doen ...

Hoe kry jy die GoPro dat dit bly neem die heel dag ? Het jy extra batterye of laai jy terwyl jy ry ? Myne bly pap word as ek dit stel dat dit bly neem (elke 60 sek) en ek het net 1 spaar battery. Nie genoeg vir die dag nie, veral as ek kort stukkies video maak.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 04:56:52 pm
Dag 20

Ons in nou op die twede laaste dag…

Opgewonde om die trip klaar te maak, maar nie lus om op te hou ry nie. Van ons kamp langs die Oranjerivier sou ons tot by Trawal ry. Willie en Johan se vriend “Sparky” het n soort lodge met kamp plek…

Terwyl ek en die Grote ons koffie drink en vir Willie wag, neem ek ons bikes af, wat staan en wag… (foto 1)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 04:57:50 pm
Die manne van die kamp moes hulle trokkie skuif, maar kan nie die ding ry nie. Johan het hulle toe gou gehelp… (foto 2-3-4-5-6)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 04:58:30 pm
Die kamp by Umkulu is baie nice. Ek lees nie, maar daar is n area vir dit… (foto 7)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:00:39 pm
Terwyl ek en die Grote vir Willie gewag het om klaar tye pak, het ek ons vuil bikes afgeneem. En sommer nog n paar ander goed… (foto 8-9-10-11-12)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:01:05 pm
Na gister se klippe was ek bly om te sien daar is geen “smilies” op my rim nie… (foto 13)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:01:37 pm
Toe Willie klaar gepak en reg was, het ons vertrek Springbok toe… (foto 14)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:03:00 pm
In Springbok het ons vol gemaak en verder gery. Net buite Springbok, weer van die N7 af links gedraai, om met n grondpad Kammieskroon toe te ry…(foto 15-16-17-18-19)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:03:43 pm
Die rotse daar is nogal cool (foto 20-21-22)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:05:13 pm
Na die Grote om geval het, besluit ons om maar die korter van die twee roetes te neem. Ek dink hy was moeilikker as die langer roete… (foto 23-24-25-26-27-28-29-30-31-32)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:11:49 pm
Van daar het ons gery tot in Klawer, vir n Wimpy breakfast natuurlik.

Trawal is nie ver daar nie, maar ek het ongelukkig 90km verby gery. Willie en die Grote het darm nie, hulle weet mos waar Sparky woon. 

Die pad na Klawer oppad Clanwilliam toe was net so lekker!!! (foto 35-36)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:12:24 pm
Toe ek “eventually” by hulle aansluit het Sparky ons getreat met n lekker braai... (foto 37-38-39)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:13:41 pm
Daai aand het ons besluit om onder die sterre te slaap. Dit was baie lekker tot die wind gaan le en die muskiete gekom het… Kyk net die view van my le plek af. (foto 40-41-42)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 10, 2014, 05:14:11 pm
Toe die muskiete kom, het ons gou die tente opgeslaan en weer lekker geslaap… (foto 43)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Lem on April 11, 2014, 07:04:33 am
dik epic stuff  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 08:36:40 am
Dag 21
Die laaste dag was net reguit huis toe. Met n mooi sonop om die trip te eindig het ons rustig die bikes gepak en vir Sparky gegroet. (foto 1-2-3-4-5)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 08:37:21 am
Van Trawal het ons deur die padwerke gewag. (foto 6-7-8)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 08:37:47 am
Ons laaste mooi view (foto 9)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 08:38:53 am
Natuurlik moet die 800 weer gebad word na die trip… (foto 10-11-12-13-14-15-16-17)
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 08:39:38 am
Dit is min of meer dit Honne... :ricky:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Dutchman81 on April 17, 2014, 08:45:58 am
Weereens wel gedaan Foot Peg , het die RR regtig geniet , dankie vir al die moeite met die fotos en die storie agter elkeen , bly julle is veilig tuis  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 08:53:30 am
Net n plesier Dutchman 81  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: ERJ on April 17, 2014, 09:04:16 am
Dankie Foot-Peg, was n goeie RR!!!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 09:50:20 am
Dankie Foot-Peg, was n goeie RR!!!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Lem on April 17, 2014, 09:55:12 am
Knapgedaan Footpeg Se Pa Se Seun Se Broer  :thumleft:

was n baie goeie read. Ek beplan self 'n Juniemaand trip deur heelwat van daai plekke op die Ooskaap & Natal. Het baie wysgeword oor julle daaglikse afstande & verblyf. Gaan dalk nader aan daai tyd op jou nommer druk vir advies. 
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Foot-Peg on April 17, 2014, 10:49:33 am
Enige tyd Lem!!!
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Myrtle on April 17, 2014, 12:07:51 pm
Footpeg dis was nou rerig n lekker RR. Ek het my been gebreek Sondag en jou RR was baie lekker leestof hier op my bank met my been in die lug.  Dankie
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA)
Post by: Roulof on April 17, 2014, 01:28:46 pm
Dankie Footpet :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Jackol. on April 19, 2014, 06:34:43 am
Baie nice RR! Wel gedaan! Ek is sommer jaloers op julle lekker trip!  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: ampie on April 19, 2014, 05:21:00 pm
shoe ,watse belewenis moet dit nie wees, hoeveel kilometers jul afgele in die hele trip? baie nice
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Foot-Peg on April 20, 2014, 12:38:22 pm
Die trip was 7036km.
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: Gérrard on April 21, 2014, 01:44:06 pm
Ek is so ent ingelees en hiers Nico op die Foto's. Dog ek slaan 'n wabble... wanneer het hy nou by die trip aangesluit,  :eek7: toe onthou ek mos hy in KZN  :imaposer:

lekker gelees sover.  :thumleft:
Title: Re: Die Vier Hoek Sirkel Roete (Om SA, is nou klaar)
Post by: spoedvark on April 21, 2014, 09:38:12 pm
Well done FootPeg! Great read and great pics! So uit die boonste Dalene Matthee Rakke!

What does a trip like this cost one about?