Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Duster on March 25, 2014, 06:41:39 am

Title: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 25, 2014, 06:41:39 am
Terwyl baie van ons WD's The Gathering bygewoon het die afgelope langnaweek, het 4 van ons 'n ander gedagte gehad om ons tyd te verwyl.  Dit het steeds met avontuur biking te doen gehad, maar ons wil Okt '14 Malawi toe ry met die bikes, en wou graag sien hoe ons kampery en toerusting saam werk.

Ek en Stoffies is in Naboom, en Dred (Johan) en Karien is van Potch af.  Donderdag toe ek nog my brood moes verdien, was Johan hulle reeds oppad Naboom toe.  Ons het middagete by my huis ontmoet, gou 'n ete geniet en toe in die pad geval, noorde se kant toe.

Johan het my vrye teuels gegee om roete te kies en Stoffies het die slaapplekke gekies.  Hy en Karien sou net saamry en die keuses aan ons oorlaat.

Ons het die ou pad Potties deur, tot in Pietersburg, daar weggedraai Tzaneen se kant toe, verby Moria en toe teen die pas uit Magoebas se kant toe.  Bo-op die berg het die mis ons oorval en ons eerste stop moes die begraafplaas by Haenertsburg gewees het.  Maar die mis was so dig, dat ons net proviant vir die aand daar gekoop het en in die mis deurgedruk het Magoebaskloof ruskamp toe.

By die ruskamp het ons onderhandel en die tente sommer om die swembad opgeslaan en 'n heerlike aand daar spandeer.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 25, 2014, 06:45:22 am
Ons was te laat vir die kafee, maar die vriendelike sekuriteit het vir ons 2 sakke hout gereŽl, en Stoffies het nie op haar laat wag nie en die vuur aan die gang gekry.

Laat die fotos praat.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 25, 2014, 06:46:56 am
Dit was natuurlik terwyl ek en Johan 'n koue enetjie geneem het.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Fred4stroke on March 25, 2014, 12:11:41 pm
 :sip:
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 25, 2014, 12:29:38 pm
Nog 'n paar kuier fotos.  En natuurlik moet daar 'n kos foto wees.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 25, 2014, 12:42:06 pm
Met die dat ons nie die begraafplaas kon besoek nie, het ons besluit om die volgende oggend terug te ry en daarheen te gaan, aangesien dit seker een van die mooiste plekke is om te sien.

1 en 2: Oppak
3 en 4: die begraafplaas.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 26, 2014, 03:38:56 am
Nof fotos
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 26, 2014, 03:40:32 am
Nog
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 26, 2014, 03:43:44 am
Some more!

Lees die grafskrifte!!
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: MegaPix on March 26, 2014, 03:13:31 pm
Ja daai wereld van ons is darem MOOI. 

Ek lees verder saam Duster
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: ALLEN I on March 26, 2014, 11:03:52 pm
great. waiting for more  :biggrin:
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 27, 2014, 06:27:53 am
Jammer dit vat so lank, maar ek brand bietjie vas met die werkery.  Sal so gou ek kan verder post.  Moet net eers klomp fotos resize dan gooi ek nog.

Hier is 'n paar van Karien se fotos.

1 en 2: Oppad na Magoebas in die mis
3: Koffie by Minki's in Haenerstburg
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 27, 2014, 06:29:14 am
Nog Minki's en ry in die mis.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 27, 2014, 06:32:30 am
Nog fotos van ons kampery en die geriewe by die Ruskamp.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:16:14 am
Nog mooi grafstene, wat mens nie elke dag sien nie.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:22:15 am
Van Haenertsburg, het ons op die Georges Valley pad na die Ebenezer dam gery.  By die dam het ons afgedraai en die grondpad gevat wat in die plantasies indraai en daan uiteindelik weer op die Georges Valley pad uitkom.  Die mis was laag en dit het vir 'n lekker trip in die bos gesorg.

Die fotos speek vanself.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:24:17 am
Nog fotos in die bos.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:27:54 am
'n Entjie verder aan het ons op die modderpoel afgekom, en ek wou ter stond net deurry.  Stoffies, soos haar naam dit voorspel, het nie saamgestem nie, en wou stap.  So gesÍ, so gedaan, maar dan moet jy fotos neem vir die val, hoor.  Sy was nie beindruk nie.  Die vrouens het toe omgestap en fotos geneem.

Eers is ek veilg deur.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:29:51 am
En toe volg Johan, ook veilig.

Sorry, toe nie geval nie.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:33:59 am
Ek weet almal sit mos en wag vir daai val fotos.   ;D

Op die teerpad in Tzaneen se rigting, so 'n ent voor die dorp draai weer 'n grondpad na regs, wat as jy reguit aan ry, word dit teer en loop dan voor The Coach House verby.  Daar draai ons weer op die grond, want dis tyd vir "high tea".

Oppad kry ons die 2 fietsryers, en hulle het nog tyd vir glimlag toe ons verby hulle ry.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:36:17 am
Die plek kan julle maar besoek.  Tee, koffie (en Coke vir Johan), scones met al die toppings en muffins, was net die regte ding om ons weer reg te kry vir die pad wat voorlÍ.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 06:42:02 am
Van daar wou ons afry na die R36 wat na Origstad se kant toe loop, maar 2 ander bikers wat ons ontmoet het, beveel aan dat ons oor die R36 ry tot by die R71 wat Tzaneen/Gravelot toe loop.  Toe maak ons maar so, want dan sny jy daai lang stuk in die trust gebied uit.

Roete Gravelot, Mika, terug na Dublin toe waar jy regs draai na die Abel Erasmus tonnel toe.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 12:25:57 pm
'n Bietjie tyd is by die tonnel spandeer, niks gekoop nie, want almal het dieselfde goed.  Van daar af oor die berg, die pas af en links na Graskop se rigting, verby Blyderivier Oord en by die eerste verniet uitsig punt het ons weer gestop.

Iets wat ons oor gepraat het, wat seker debateerbaar is:  hoekom moet iemand geld maak uit die natuur uit wat verniet vir almal gegee was sodat almal dit kan geniet en waardeer?  Nou moet jy betaal om die Bourkes Luck Potholes te sien, jy kan nie eens meer koffie daar koop nie!!  Gods Window, betaal om te kyk!!!
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 12:27:41 pm
Nog fotos
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 12:29:36 pm
Dis mooi!!
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 12:38:58 pm
My idee was om net verby die Potholes, regs af te draai op 'n grondpad wat na Pelgrimsrust toe loop.  Ek wou daai pad al lankal ry, maar die tyd het teen ons getel, en ons het reguit Graskop toe gery.

Ons was net voor 5 by Summit Lodge en het die tente op hul kampterrein opgeslaan.  Ek bedoel eintlik hul grasperk.  Van die hele naweek, was hul kampgeriewe basies net dit; kampgeriewe.  Hul ablusies is nie lekker nie, geen privaatheid vir die vrouens nie en te min braai plek.  Die lig op die kampterrein het ook nie gewerk nie, die enigste lig!

Maar ons is mos hier vir avontuur, so maak die beste daarvan.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 12:43:07 pm
Ons het darem so ent van die tente af 'n braaier gekry langs die swembad, maar dit was te koud om te swem.  En toe het ons onsself verder vermaak.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 12:45:36 pm
Ek het 4uur wakker geword en moes dringend 'n draai gaan loop.  Die mis het tipies Graskop, op die grond gelÍ.  Stoffies was ietwat verbaas om te sien toe ek my kamera gryp om daai tyd van die oggend 'n foto te neem.

Maar dis al wat uitgekom het.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: T Rex on March 28, 2014, 06:36:26 pm
Dankie Duster , lekker trippie en RR !

Ons moet weer n plan maak om bietjie weer saam te ry, laas in die water was rof maar lekker.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 28, 2014, 07:13:30 pm
Dankie TRex, die trip was lekker net te kort.  Ja ons moet plan maak,  het ander dag met MPix gepraat n gevra wanneer ons weer daar Hoendertjie gaan ry.  Ons trip het in Cullinan gestop,  en ek en Stoffies het eers gaan sweets koop.  As ek weer daar is,  bel ek jou.
Groete
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 30, 2014, 02:29:21 pm
Die volgende oggend nadat ons opgepak het ons n grondpad gevat wat na n waterval toe loop nie ver uit Graskop nie.  Toe ons op die grond kom,  se ek vir Stoffies,  die is modder modder, en net n rukkie daarna toe gly die voorwiel onder ons uit en ek plant die AT langs n modderpoel neer.  Gelukkig niks stukkend en niemand seer nie,  en ons tel die bike op voor Karien n foto kan neem.  Net mY ego het n kraak gekry.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 30, 2014, 02:32:14 pm
Nog een modder foto.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 05:21:04 pm
Ok nou moet ek erken dat ek baie senuagtig was na die val, en net om 'n ooreenkoms te bereik, besluit ons om eerder die teer te vat Sabie toe.  Gelukkig het Johan saamgestem, anders sou ek eenvoudig moes deurdruk.  En die pad vorentoe het presies dieselfde gely.  Dankie vir alternatiewe roetes.

Johan het 'n Coke op die GS vasgemaak, en met die vallery en my help optel, sien hy die bottel is amper heeltemal los.  Die bottel het so saamgery tot hy leeg was.

Nou ja, Sabie deur en toe op die bekende biker vriendelike R536 Hazyview toe.  Dit bly darem 'n lekker pad om te ry.  Daar het ons 'n versterking of 2 geneem (koffie vir ons en Coke  vir Johan) voor ons deur Witrivier na Nelspruit gery het. Ons maatskappy het 'n depot daar in Waterfall en ek het gou daar vir die manne gaan groet.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 05:27:24 pm
Nadat ons deur die depot is, Het ons vir Gert gegroet en die Kaapse Hoop pad gevat.  Mooi teerpad en nogal nie 'n aardige roete om te ry nie.  By Kaapse Hoop het ons opgery tot bo by die murasie, en van daar die plekkie bietjie verken.

Ek gaan maar net die fotos post en dit met julle deel.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 05:30:31 pm
Nog fotos.  Op die laaste foto het Stoffies mooi gekyk wat sy wou bestel........ :pot:
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 05:33:05 pm
Die perde daar loop mos "wild" rond.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 05:37:01 pm
Sommer rond en bont fotos vanaf die dek waar ons middagete geŽet het.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 05:46:12 pm
Sien die fotos nie gelaai nie.  Ek post daai voriges weer.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 05:54:38 pm
My aanvanklike plan was om van Machado af die grondpad te vat wat voor The Gathering (Elandsdrift?) verby loop na Dullstroom toe.  Van Dullstroom Tonteldoos toe te ry, van daar Stofberg toe en weer 'n grondpad tot by Loskop dam.  Maar my beplanning het bietjie skeef geloop, want ons tyd was erg beperk en ek het besef as ons al die grondpaaie ry, gaan ons beslis eers donker by ons slaapplek aankom.

Dus het ons op die N4 geklim en teer gery tot by Middelburg en daar noord gedraai Groblersdal se kant toe.  By Loskop dam se wal het ons eers die oorvloei van die wal beleef voor ons aangestoot het Riverside Lodge toe waar ons sou oornag.

Dis nie baie dat ek daai wal al so gesien het nie.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 06:07:52 pm
Net na ek die AT gekoop het, het ek en Stoffies (toe nog nie WD's nie) een aand daar gaan wou kamp.  Dit was redelik rof en die staanplekke was nie mooi uitgelÍ nie.  Toe sy dus kies dat ons daar moet oornag, was dit met 'n oop gemoed dat ons dalk nie 'n nice staanplek sou kry nie.

Wat 'n verrassing!!  Die plek so "upgrade" dat ons besluit het om binnekort een naweek sommer die hele naweek daar gaan kamp.  Dis 'n lekker plek om as basis te dien om die Saterdag 'n paar lekker grondpaaie te gaan ry.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 06:29:06 pm
Sommer fotos van die kampplek.  Op foto 2 stof Stoffies die modder van die val, van haar boots af. ;)
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 06:34:45 pm
Ons het besluit om die aand nie te braai nie, maar by die lodge se restaurant te gaan eet.  Sommer die rugby ook gekyk, maar vir die Sharks was dit nie so 'n belowende game nie.  En ons is almal Sharks....... :peepwall:

Foto 1 is hulle in hul beste uitgaan klere gedress.
Foto 2: my date vir die aand! :drif:

Die volgende oggend het ek gedink ek vang vir Karien nog half aan die slaap, maar toe vang sy ons ook! :imaposer:

En Johan was al besig om pap voor te berei.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: DRED on March 31, 2014, 06:37:21 pm
Moet darem se dat die diens, die silverware en die uitsig van top gehalte was. En natuurlik die geselskap ook voor ek moeiligheid kry. :imaposer:
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 06:41:47 pm
Moet darem se dat die diens, die silverware en die uitsig van top gehalte was. En natuurlik die geselskap ook voor ek moeiligheid kry. :imaposer:
Ja nee Johan, van alles was die geselskap die beste!!
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 06:44:09 pm
Daai paar fotos van die son opkoms oor die Olifantsrivier.

Hier is nog 'n paar.

Ons gaan beslis weer daar kamp, en nie te ver van nou af nie.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 06:52:39 pm
Nou ja, dis Sondag oggend en die naweek het amper sy alie gesien.  Ons het rustig opgepak en besluit om saam te ry tot by Cullinan, daar iets te eet, en dan maak die trip amptelik daar klaar.  Van daar sal Johan hulle terug ry Potch toe, en ons terug Naboom toe.

Ons het terug gedraai dam se kant toe, en net voor die dam regs afgedraai op die pad Elandsdoorn.  Teer vir so 10-12km, toe links af op 'n grondpad wat Verena toe loop.

Ons het die bande bietjie afgeblaas, en die lekkerste grondpad gery wat ons die trip mee kon eindig.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: DRED on March 31, 2014, 06:55:05 pm
Te danke aan ons rit beplanners, Duster en Stoffies, was hierdie verseker een van my lekkerste trippies wat ek nog mee gemaak het.

 Die ou verhemelte was nogal plat gesit na die 1600km wat ons afgele het hier van Poch af maar dit was als die moeite werd.

My poratech top box is verseker 'n wenner gewees met die spasie en die gewig. Ek het my BMW box vervang met die Aluminium box wat meer as 2 derdes ligter en baie meer prakties was.





Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 06:58:52 pm
By die eerste vulstasie in Verena die bande weer op standaard vir teer gekry en rustig aangekarring Cullinan toe.  Ons het gery asof ons nie daar wil uitkom nie, want dan is alles verby.  Op 'n stadium het ek al stadiger gery en vir Johan gesÍ hy moet maar lei, anders gaan ons stop.

Oppistasie in Cullinan is vir ons 'n lekker eet en kuier plek.  Buite in die parkeer area het die trike en sleepwa van Rusty gestaan.  Miskien ken van julle hom ook.  Dis 'n baie bekende gesig by rallys.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 07:01:57 pm
Nog Oppistasie fotos.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on March 31, 2014, 07:28:05 pm
Terwyl ons geŽet het, het 'n vroutjie my naam kom vra.  Stoffies was erg verontwaardig, maar ek het gedink dis vir die rekening..... ne!!

Na 'n rukkie bring sy 'n glas daar aan met my naam, Oppiestasie en die datum, op gegraveer met komplimente van Oppistasie af. En daar het ons trip sy naam gekry!

Want ek dink toe dit sal nice wees om vir ons en Johan hulle elk 'n glas met die trip en datum op te hÍ as momento.  Maar wat sal ons opsit?

Na bietjie dinkskrum, besluit ons op "3 Provinsies in 3 dae."  Limpopo, Mpumalanga en nou in Gauteng.  Nee sÍ Karien, ons het dan van Noord Wes af gery. Ja, maar ons het nie....? "3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?"

Besluit julle maar self. :3some:  Ons het elkeen 'n glas met iets op wat ons altyd aan die trip sal laat dink.

Maar ons trip saam het hier geeindig.  Ons doel was om ons kamp goed te toets, en om te kyk hoe ons by mekaar kan aanpas terwyl ons toer, en ek sien 'n baie belowende Malawi trip wat Okt '14 voorlÍ.

Dankie Johan en Karien, dit was lekker om julle saam te gehad het.  Ons moet nou net geduldig wag tot Malawi se trip.

Stoffies, dankie dat jy weereens saam my gery het, al het ons weer gesloeg, dat jy bereid is om maar net weer op te klim en saam te ry.  As jy 'n man was, het ek nou gesÍ jy is 'n yster.  En dis 'n reuse kompliment.  Lief vir jou!!!

Laaste foto, ry tyd, die keer huistoe.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: MegaPix on April 01, 2014, 03:39:53 pm
Duster

Daai Kaaschehoop is die mooiste plekkie.  Kan dink om met die fiets daar rond te ry kan heerlik wees.  Ek het so 2 jaar terug 'n troue daar gedoen.
Wat 'n wonderlike plek om fotos te neem.   Hier is die link van die troue

http://www.mega-pix.co.za/blog/#!/?p=2088 (http://www.mega-pix.co.za/blog/#)
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on April 01, 2014, 04:24:08 pm
Hi MegaPix, jip, daai Kaapshe Hoop is wraggies mooi.  Ons het besluit ons moet ook 'n naweek soontoe gaan en die plek ordentlik verken.  Daar is net te veel goed om net 'n oggend daar te spandeer.

Groete
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Klein Torkar on April 01, 2014, 08:01:37 pm
Duster
Laat weet as julle Kaapschehoop doen, hopelik kan ons dan bymekaar kom, Willem stuur groete hy begin nou reg maak vir julle toer.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on April 02, 2014, 04:55:05 pm
Klein Torkar, baie dankie, sal beslis dat ons mekaar sien as ons daai kant toe gaan.  As julle nie so voorbarig was om Kaap toe te gaan nie, het ons julle beslis laas naweek gesien.
Ja, ons kan nie wag vir Okt nie.  Dit gaan wonderlik wees.

Groete tuis.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: alwyn_gs on April 03, 2014, 11:27:18 am
Jislaaikit het daai "AH MAN MOET DIE ROETE RY!"  :pot:

Dankie vir die deel!  :biggrin:
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Mev Vis Arend on April 03, 2014, 04:36:18 pm
Dankie vir die lekker rr en baie mooi fotos.

 :thumleft:
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on April 03, 2014, 05:28:14 pm
Jislaaikit het daai "AH MAN MOET DIE ROETE RY!"  :pot:

Dankie vir die deel!  :biggrin:

Hi Alwyn, ja dis een van daai trippe wat ons net nie genoeg tyd in die dag gehad het om alles en oral te ry waar ons wou nie.  Ek maak altyd die fout om te ver op 'n dag te wil ry, en met die dat ons nie jaag nie, maar rerig rustig ry om alles te kan sien en ervaar, kom ons nie by helfte uit nie.

Die voordeel daarvan natuurlik is dat ons dit weer kan gaan doen, en dan al die alternatiewe te ry wat ons die slag gemis het.  As jy eendag lus is om dit te ry, laat weet en kyk of ons kan saamspan vir 'n lekker naweek trippie.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on April 03, 2014, 05:31:32 pm
Dankie vir die lekker rr en baie mooi fotos.

 :thumleft:

Mev Vis Arend, dankie, maar ek moet sÍ dat ek julle posts ook baie geniet en dikwels wonder hoekom mense so ver van mekaar moet bly?  Sal goed wees om julle te kon ontmoet en stories te deel.

Groete
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Mev Vis Arend on April 04, 2014, 04:52:05 am
Mev Vis Arend, dankie, maar ek moet sÍ dat ek julle posts ook baie geniet en dikwels wonder hoekom mense so ver van mekaar moet bly?  Sal goed wees om julle te kon ontmoet en stories te deel.

Groete
[/quote]

Ons was baie vlugtig in daai omgewing en MOET nog teruggaan.  Wie weet, dan kan ons mekaar dalk raakry   :thumleft:
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: T Rex on April 05, 2014, 03:06:33 am
Hi MegaPix, jip, daai Kaapshe Hoop is wraggies mooi.  Ons het besluit ons moet ook 'n naweek soontoe gaan en die plek ordentlik verken.  Daar is net te veel goed om net 'n oggend daar te spandeer.

Groete

Ek en my vrou is lief om soontoe te gaan vir n Naweek. Maar dan ry ek die swart paaie . My vrou is nie mal oor grond ry nie.

Ek en n Vriend Bertus het verlede September sy 800 GSA se inlooptrippie in daardie wereld gedoen.

http://bikeinjoutaal.co.za/forum/index.php?topic=13980.0 (http://bikeinjoutaal.co.za/forum/index.php?topic=13980.0)

Laat weet my as julle daardie kant toe wil gaan, sal maklik inval !

Ek is bly julle het Cullinan ook geniet, ek kom ( soos jy weet ) Baie daar en stop gereeld by die Stasie.
PM vir my jou posadres..... Wil vir jou n paar toffies in die pos gooi , daar is nou nog 5 nuwe geure !

Groetnis.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: Duster on April 07, 2014, 07:31:34 am
T Rex, ons maak met graagte so.  Sal lekker wees om saam met die vrouens daai wereld bietjie te verken, al is dit op die teer.

Het jou ge-email met die adres.  Dankie, sal graag daai toffies proe, is mal oor die goed.  Baie dankie.
Title: Re: 3 Provinsies in 3 dae, of was dit 4 provinsies?
Post by: T Rex on April 07, 2014, 09:58:08 am
T Rex, ons maak met graagte so.  Sal lekker wees om saam met die vrouens daai wereld bietjie te verken, al is dit op die teer.

Het jou ge-email met die adres.  Dankie, sal graag daai toffies proe, is mal oor die goed.  Baie dankie.

Fixed .... Ek sal seker mŰre by die Poskantoor uitkom !