Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Altie7deLaan on April 07, 2014, 04:54:07 pm

Title: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 07, 2014, 04:54:07 pm
Dagse maters!
Ek sal maar so bietjie bietjie aan die report werk, so wees asb geduldig. Eikeboom sal hopelik bietjie ingryp met nog teks en fotos.
So ruk terug al begin karring Eikeboom vir `n roadtrip na Vanwyksdorp via Sutherland, ek se toe ek is in pappie.
Eikeboom is al gewax in`n roete uitle, so beplanning was alles van sy kant,  ek het net my spontane persoonlikheid en sag op die oog voorkoms na die tafel gebring.
Eikeboom sou op Donderdag 3 april deur die dag trek na sutherland via tankwa padstal, en ek sou eers laat middag vertrek en ons kry mekaar by Sutherland Donderdagaand.
Ek is to eers donderdag 3 pm weg by die huis, en stamp toe die lava express daar  oor bainskloof, stop in ceres vir 95 aanledit, koop `n Bar one en pakkie sout en asyn en vat die pad verder aan.
Ek besluit toe dis tyd om Patatsrivier roete te volg wat naby Matjiesfontein uitkom, en dan laaste stukkkie na Sutherland via teer.
Eish, big mistake!
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 07, 2014, 05:05:30 pm
die pas was nat, en sommer goed ook.
Ek het maar gebattle. Met `n half glad heidi voor.
Die son was grotendeels agter die wolke, en saam met `n tint visor, dit was moeilik om te onderskeir tussen nat en droog patches.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 07, 2014, 05:13:00 pm
Langs die pad staan die groot perd.
Ek sal graag wil bysit as een van die operateurs gaan vir `n onderhoud.
"Meneer, het jy goeie stoot ondervinding?"
"Wat maak jou `n beter stoot(er) as ander?"
"Is jy vertroud met alle aspekte van stoot?"
Later die aand in Sutherland sou ek en Eikeboom leer dat sleep ook soms werk in plaas van stoot, maar kom ons los nou maar eers dit.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 07, 2014, 05:20:01 pm
Check die foto. Wie gee om oor ander se voorkeure?
Die 8gs pas my soos `n snyerspakkie.
Ek het die sonsondergang aanskou erens tussen matjiesfontein en ceres.
Dit is oomblikke soos die waar ek klein voel.
Die stille eenvoud. Natuur.
Ons is maar instrumente onder `n skeppende hand, ons vra vir so baie, en kyk verby dit was ons het.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Klein Torkar on April 07, 2014, 06:48:56 pm
mooi werled daar, so daai geel perd is die ding wat die paaie mooi stoot, hier ken ons niks van sulke geel perde op ons paaie nie
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: MINZI on April 07, 2014, 06:51:36 pm
Hierdie gaan goed wees. Ons ry saam.  :thumleft: :ricky:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: pietas on April 07, 2014, 07:26:01 pm
Lekker. Jy kan maar voort gaan, dankie
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 07, 2014, 08:01:27 pm
Mooi fotos daar Altus!
Ek sal later inchirp soos die storie vorder.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: arno on April 08, 2014, 06:48:04 am
Langs die pad staan die groot perd.
Ek sal graag wil bysit as een van die operateurs gaan vir `n onderhoud.
"Meneer, het jy goeie stoot ondervinding?"
"Wat maak jou `n beter stoot(er) as ander?"
"Is jy vertroud met alle aspekte van stoot?"
Later die aand in Sutherland sou ek en Eikeboom leer dat sleep ook soms werk in plaas van stoot, maar kom ons los nou maar eers dit.

Wil nie hijack nie. Ons het verlede week n mtb toer gedoen Laingsburn na Sutherland , na Merweville , na Fraserburg , na Loxton en dan na Beaufort Wes.
Die verskil tussen Weskaap en Noordkaap paaie is soos dag en nag .
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 08, 2014, 08:14:17 am
Een van beste dinge van hierdie trips is die reuk van die veld. Veral na dit so gereen het.
Dit bring terug herinneringe uit my kinderdae in Nababeep.
En infanterieskool se Swartberge, rondhol in die veld met r4 in die hand, en `n korporaal wat jou verskree.
Sy naam was Korporaal Dames, sy ma het hom agter die toilet uitgelok met `n ou stuk polony.
Hy het my altyd bokdekker genoem. Hy moes `n sesde sintuig gehad het, weet nie hoe hy bewus was van my buite muurse aktiwiteite nie...
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: WP on April 08, 2014, 10:08:20 am
 :ricky:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: DikZol on April 08, 2014, 02:20:51 pm
Dit lyk lekker.  Ek ry saam!
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 08, 2014, 07:41:47 pm
My roete na Sutherland het my gevat oor Katbakkiepas en verby die Tankwa Padstal.
Katbakkiespas het my nog net na donker gesien en die padstal het ek nog net verbygery.
Die res van die pad was ook so uitgewerk dat ek sover moontlik paaie ry waarop ek nog nie was nie.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 08, 2014, 07:51:22 pm
By die Padstal kuier ek amper 'n uur. Dis 'n interessante plek en interessante mense wat dit bedryf.
Die Tankwa het goeie reŽn gehad en toe ek die pad langs die padstal Oos vat is dit lekker klam - hier en daar sag tot modderig.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 08, 2014, 09:19:50 pm
Ek vat die Onder-Wadrif pad en sien hoe die omgewing verander.
Ek ry alleen, die lug is koel en die veld is skoon en vars. Ek geniet my gate uit.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 08, 2014, 09:39:36 pm
Met 'n ompad kom ek by Oubergpas uit.
Die paadjie of die uitsigte sal my nooit verveel nie.

Hierdie roete na Sutherland lyk na 'n lekker opsie vir volgende keer:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 08, 2014, 09:44:04 pm
Met die intrek by Sutherland sien ek hierdie gesig:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: heti on April 09, 2014, 07:39:33 am
Quote from: Altie7deLaan
Wie gee om oor ander se voorkeure? Die 8gs pas my soos `n snyerspakkie.

'n Snyerspakkie!  Mooi man!!!  :ricky:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 09, 2014, 07:44:02 am
Hmm, lekker rondgefuif op jou bosvarkie daai donderdag, terwyl ek nog by die soutmyn moes rondhardloop ne?
Mooi so EB, gooi so veel jy wil.
Ek sal later bietjie aan vertel vanaf Sutherland,    is maar min in die orrifice hierdie week.

Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: lj111 on April 09, 2014, 06:28:40 pm
Lekker rr, dankie :thumleft:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 09, 2014, 07:14:26 pm
Ja toe is dit Sutherland hotel die aand. Al gaste daar was ons twee honne en 'n man van Johannesburg wat die omgewing verken met sy 4x4. Daar is lang stories gewissel oor glase Jerepico en Old Brown.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: XT JOE on April 09, 2014, 08:18:11 pm
Mooi fotos, altyd goed om water daar te sien
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 09, 2014, 08:38:58 pm
Die kzte oom wat ook daar sutherland gebly het is `n goeie man. `n Straight shooter, se wat hy dink, en doen wat hy se.
Toe ek so donderdagaand so Sutherland begin inry, toe kry ek hom en eikeboom van voor in die kzte, oppad om my te kom soek.
Ek land toe daar na 8 die aand, lekker oormoeg en rasend honger. En underdressed, dit was 7 grade toe ek daar inry.
Eikeboom het vooraf kos gereel, en ek het net 2 vinnige biere gesluk toe eet ons.
Daar is bitter min geregte was so smaaklik is soos `n lekker Karoo vleisie.
Ons het lekker geeet, en besluit om `n sjerrie te gebruik voor ons inkruip.
Die sjerrie word toe `n paar sjerries, want kzte man was op sy stukke, nie lank nie en daar word vuur gemaak.
En toe gesels ons lekker,  `n paar ernstige onderwerpe so tussendeur, maar meestal geskater van die lag.
Die dag as ons ophou lag vir onsself, is die dag wanneer mismoedigheid die oorhand kry.
Toe ons weer sien is dit 1 am die oggend, en ons soek die kamer op.
Die hotel is netjies, skoon, die kos is goed. Bob`s your uncle.
Ek het maar sleg geslaap daai aand, baie suiker?
Vroegoggend is ons wakker. Eikeboom het probeer om 1 push up te doen in sy tiervel g -string, maar het gefaal. Ek het nie die hart gehad om vir hom te se hy dra sy g string agter stevoor nie.
Suzuki manne is maar relatief sensitief en huil maklik.
Ons het gaan aansit vir `n lekker brekvis, jy skep sommer self. Na `n stort en `n bord kos, demmit, is enige man reg vir Everest.
OK, to be continued. Volgende post kap ons weer `n lekker paar fotos.


Title: Re: Re: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Breekbeen on April 09, 2014, 08:51:09 pm
Een van beste dinge van hierdie trips is die reuk van die veld. Veral na dit so gereen het.
Dit bring terug herinneringe uit my kinderdae in Nababeep.
En infanterieskool se Swartberge, rondhol in die veld met r4 in die hand, en `n korporaal wat jou verskree.
Sy naam was Korporaal Dames, sy ma het hom agter die toilet uitgelok met `n ou stuk polony.
Hy het my altyd bokdekker genoem. Hy moes `n sesde sintuig gehad het, weet nie hoe hy bewus was van my buite muurse aktiwiteite nie...
Daai is n bedrieglike driffie, het net anderdag bietjie skerp oor daai knoppie gekom en amper my gat gesien.

Sent from my GT-I9295 using Tapatalk
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 10, 2014, 08:50:07 am
sutherland na matjies fontein, witteberg na laingsburg
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 10, 2014, 08:58:22 am
eikeboom is oom dave pepler se eweknie.
hy het `n magdom kennis van veld, kraeture en gesteentes.
Ons het maar baie en route gestop en dan vertel hy my interresante dingetjies.
mr miyagi en danielson...
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 10, 2014, 07:23:13 pm
Dis 'n amazing area en pad, hierdie Witteberge. My eerste keer daar.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 10, 2014, 08:55:32 pm
Die einde van die vallei, aan Laingsburg se kant:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Mev Vis Arend on April 11, 2014, 07:21:44 am
Jis, maar ek lees lekker en die fotos is vrek mooi.  Dankie vir die deel.

Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 11, 2014, 02:36:17 pm
dis `n lekker pad daai witteberg, en ook die pad tussen laingsburg en ladismith.
ons het gestop daar by veldbrand (warm ontvangs!) en ook vir oom bokveld ontmoet.
ek en eikeboom sal nog `n ride out doen daar na koedoeskloof vir `n oorle, wat `n lekker plek en vriendelike mense.
daarvandaan spat ons toe uitmekaar, en ek en EB, oom bokveld, xtjoe en `n ander drz400 oom het vrydag aand bymekaar gekom op `n privaat game reserve in van wyksdorp omgewing.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 11, 2014, 06:21:29 pm
Die aand op die plaas braai ons verwoed maar versigtig, want daar is 'n paar vrouens by.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 11, 2014, 06:26:13 pm
Saterdagoggend moet oom Bokveld weer vort, die kleinkinders wag by die huis.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 11, 2014, 06:31:04 pm
Dis nie alles net bike ryery en kuier nie, daar word darem vasgesit en gestoot ook.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Altie7deLaan on April 11, 2014, 07:29:21 pm
Ek het nog nooit ge 4x4 nie, en kan nie glo waar die pajero Ons geneem het nie. Wat n tool. Die landskap? Boy! Daar is kuns in elke square inch van hierdie wereld. En die sterre in Sutherland. Wat kan jy hoegenaamd koop wat vaagweg vereenselwig hierdie wonderlike wereld? Die mens jag doelloos besittings na maar eindig sy bestaan stof tot stof. Ek het Darem n paar awesome manne leer ken die naweek.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 11, 2014, 08:08:17 pm
Die heel week by die werk wou ek net terug Tankwa en Klein Karoo toe.
 :ricky:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Berty77 on April 11, 2014, 08:51:29 pm
Dankie, ek het lekker gelees en lekker verlang.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Kameel on April 11, 2014, 09:28:19 pm
Lekker lees ek nou. Hou van jou skryfstyl. Witteberge-pad is 'n beaut. Hom die naweek voor julle gery. Ek, Biker Chick, Stofdonkie en Country Gal.

Oom Bokveld is sout van die aarde mens.

Mooi ry!
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 13, 2014, 08:46:30 pm
Sondag werk ons weer teŽsinnig terug beskawing toe.
Ons kies die Gysmanshoekpas uit die Klein Karoo, en aan die see-kant vat ons die agterpaaie om tot by Suurbraak.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 13, 2014, 08:51:41 pm
Overlooking Heidelberg
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: eikeboom on April 13, 2014, 09:01:25 pm
Van Suurbraak af het ons maar net teerpad langs gegooi terug Somerset Wes en Kaapstad toe. Volgende keer is daar weer ander paaie om te verken.
 :ricky:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: XT JOE on April 16, 2014, 05:30:37 pm
Nice trip gewees in die mooi groen karoo. Die pajero vas sit is spesiaal gedoen vir spanbou vernaam met die uur lange voetslaan om ander voertuig te haal - dankie vir harde werk.n Paar fotos-- Die mooiste gesigte is altyd op die dorpe met die wyn manne- ek vra die ou hoeveel fights kry jy op die 2 by 5 liters- hy se ons maak sondag eers klaar. Ons Engelsman by Ronnies wat twee ouens van strand wat oor baviaans terug na CT oppad is vermaak met sy trieks. Daai koffie beskuikie van Ronnies is definitief n teken van ons huidige ekenomiese toestand en laaste foto oppad na VWKdorp- bm purr soos huiskat wat melk gekry het
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Dorsland on April 16, 2014, 06:11:32 pm
Jis man dis nou 'n lekker onopgesmukte RR, dankie julle.  Ek sien daar is nog baie plekke wat verken moet word.  Hou baie van jou skryfstyl  :thumleft:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Yupa on April 16, 2014, 06:16:46 pm
Jis.....smaak nou self vir n draai ry as ek by di we huis kom... Diw pad lyk lekker....sal n plan maak om hom te vat!

Baie nice storie manne....laat dit gons
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: ALLEN I on April 16, 2014, 09:34:07 pm
Elke oomblik geniet dankie vir die deel   :ricky:
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: Bokveld on April 17, 2014, 09:01:13 pm
    Dit was lekker om weer die ou soldate te sien en om Altus te ontmoet.Dit lyk my THE THREE OAKS gaan een van die dae THE FOUR OAKS wees as ek so na Altus entosiasme kyk.
   Toe ek daai laaste steilte na die huis afsak,het ek net besef,ek gaan nie weer hier uit nie.Dankie Charl(Eikeboom) dat jy vir Kulula weer na veiligheid gery het.Ek het net nie kans gesien om miskien weer my knie in sy moer te val nie.Die terugtog Montagu toe was heerlik,maar toe moes ek gaan kleinkinders oppas en ek is nie die geduldigste oupa nie.Maar toemaar,een van die dae is hulle groter en dan strap ek hulle agter op Kulula vas.As ek gelukkig is ,sit ek n fototjie of wat op.
Title: Re: altie en eikeboom vat die pad na vanwyksdorp
Post by: XT JOE on April 19, 2014, 07:43:05 pm
Was goed om jou te sien Kallie -dankie vir jou tyd -hoop daai ou knie raak beter. Laaste paar fotos op Brandrivier pad dan oor Gysemans en toe Eikeboom se regs en regs  plaas padjies tot by Suurbraak met al die waterkruisings. Die mooiste roete in n lang tyd - die 4 de foto moes die Suzuki ouens 2 keer dink voor hulle deur water kon gaan (bm smile natuurlik :P) en laaste is by BP Buffeljags op N2 vir n Pie en Coke en toe gatskuur huis toe. Moerse lekker trip