Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: alwyn_gs on June 20, 2014, 12:45:26 pm

Title: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 12:45:26 pm
Bietjie overdue, maar dis mal by die werk... maar ons Honeymoon RR

As iemand wil gaan loer na ons Trash the dress photoshoot:
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=38045.860 (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=38045.860)

En toe kom ons laat weg...


Michelle het so artikeltjie in kort geskryf... en dan baie foties...

Van rooi tapuit na grond pad suid
Michelle Engelbrecht

Van Eaton na Engelbrecht, van trou rok na MX boots in 24 uur, dit was die naweek in April toe alles verander en ons paaitjies een word. Die Sondag middag val ons in die pad vir wittebrood op die fiets natuurlik!

Die eerste stop Memel. Omdat ons so laat weggekom het, is aand ete op Villiers en ongelukkig donker pad na Memel. In die koue gearriveer, is die Hotel lekker warm en die vuur wat knetter in kagel, ‘n koppie boere troos wag vir ons en n warm bed.
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: silvrav on June 20, 2014, 12:47:53 pm
 :sip:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Dwerg on June 20, 2014, 12:48:04 pm
 :sip:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 12:52:31 pm
Die volgende oggend, soos Memel, -1. Is daar n lekker warm ontbyt en is reg om in die pad te spring. Vandag is dit Normadiens pas, Mullers pas en dan teer pad met Bothas pas na Burgers pas en Knights pass tot in Dundee. Die se ding dis Memel op die platteland is so waar met die pragtigste winter natuurskoon wat verbind word met die lekkerste grondpaaie. In Dundee vertoef ons by die Royal Hotel County lnn vir die aand met n aangename aanete. En natuurlik bietjie geskiedenis van die Anglo Boere oorlog.

3047 - 3063 - Normandien Pas
3073 - 3076 - Mullers Pas
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 12:56:57 pm
 :thumleft:

3086 - Botha's Pass

3099 - Burgers Pass
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: woody1 on June 20, 2014, 12:59:51 pm
Ai dit lyk lekker. :ricky:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Lem on June 20, 2014, 01:01:17 pm
ek en my vrou moet ook daai wereld gaan explore!

baie mooi trip sover, sien uit na die res  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 01:07:26 pm
 :thumright:

3105 - 3115 Knight's Pas
3118 - 3123 onroute to Dundee
3128, 3124, 3126 Royal Hotel Country Inn
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 01:13:40 pm
Vreeslik opgewonde oor al die beplande passes, maar min weetende dat die ons rofste en mees uitdagenste dag sal wees. Uit Dundee kort stukkie teer en die grondpad via Collings pas na Van Reenen. Voor van Reenen pas hou ons piekniek langs die pad met saltcrax en biltong en koffie geur in die lug. Natuurlik stop ons op Van Reenen by die kleinste kerkie. Lekker twisties teen Van Reenen af na die Sand River Vallei. Die mooiste natuurskoon verbind met wildste paaie,-Sandspruit pas. Een omblik voel ek bang oor die afgrond aan my regter voet en dan oorweldig die uitsig my wat vir my terug staar. Met dit is dit Middledale pas tot in Geluksburg. Na Bergville met Gravel Highways vandaar kronkel teer tot by Cathedral Peak, Didima Lodge. Waar Drakensberg vir ons loer deur die venster in luukse, welverdiende Chalet.

3147-3156 - Collings Pass
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 01:22:45 pm
3162 - 3169 Piekniek order die Bloekoms
3179 - Klein Kerk op Van Reenen
3180 - Sand Rivier Vallei, nie die GPS dopgehou nie, so het 20Km draai gery...  ::)
3181 - Sweetie breek, en Michelle deel ook uit
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 01:27:46 pm
Sandspruit pas...  :peepwall:  :ricky:

So bietjie dejavu gehad. . .  soos verlede jaar se Sani Trip, waar ons op Bezuidenhouts pas moes omdraai...

MAAR is rybaar en het oorgedruk... die views was asemrowend
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 20, 2014, 01:33:24 pm
3205 - Op die kruin van die Sandspruit Pas
3214 - My Super Cute Hek motortjie
3218 - Middledale Pas
3220-3225 - onrout to Didima
3226 - 3232 - Luxury chalet vir my bruid
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Casting from Turd on June 20, 2014, 01:40:06 pm
Jis jis. Gooi more man.

lekker RR
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Kerritz on June 20, 2014, 01:48:11 pm
Soos altyd bleddie goeie werk man Allie! Sien ook nou eers die trash the dress besigheid..... :lol8:...super cool man!
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: subie on June 20, 2014, 03:02:53 pm
Foeitog jy onderwerp die oulike meisiekind darem aan baie ontberings jong  :ricky:
Oulike RR en pics van julle twee. Altyd gretig om te lees van julle avonture  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Takashi on June 20, 2014, 03:35:38 pm
Baie nice Alwyn.

Julle is 'n baie oulike couple, dis besonders om sulke dinge met iemand special te kan deel.
En ja dis een van die mooiste hek motortjies wat ek in 'n lang tyd gesien het.
 :laughing4:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Jakkals on June 20, 2014, 05:04:58 pm

Baie nice en iets wat julle nooit sal vergeet nie,, :thumleft:

Al wat ek graag wil weet is,, hoe kry so lelike karakter so mooi vroutjie  :patch: :lol8:

Dankie dat jy die trippie met ons deel  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: spoedvark on June 20, 2014, 05:55:02 pm
Classic! Well done and thanks for sharing!

Congrats as well for tying the knot!
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Nicobie on June 20, 2014, 09:06:18 pm
Man dis nou lekker, laat my so terug dink aan my honeymoon in die laat 70's.

Ek op Kawa750 twin nogal, en vroutjie op kawa 400 twin. Natuurlik pad fietse en net teer gery, toe was offroads net vir die manne op die tracks.

Sonder enige bookings in Desember is ons toe suidkus toe, en geslaap net waar ons plek gekry het.

Sulke goed onthou jy vir altyd.

Mooi herrineringe wat jy hier vir houself skep, baie geluk en mag julle lank baie kilometers ry.
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: gwild on June 20, 2014, 09:19:56 pm
Awesome pics thx for sharing  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: XXL on June 21, 2014, 06:18:24 am
Very nice indeed...thanks for sharing.  :thumleft: One can see the ladies touch with that roadside picnic...very lekker!
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: JMOL on June 21, 2014, 11:28:22 am
Baie nice.  Sal julle lewe lank onthou.

Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Mev Vis Arend on June 21, 2014, 11:36:24 am
Baie nice.  Sal julle lewe lank onthou.




 :thumleft:

Baie mooi fotos. 
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Noneking on June 21, 2014, 01:36:26 pm
Lekker man! :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Difflock on June 21, 2014, 03:58:38 pm
Baie netjies julle :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 23, 2014, 09:27:53 am
Dankie almal... het lekker fun gehad!  :peepwall:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 23, 2014, 09:33:35 am
Volgende dag, eindbestemming – die See!!! Ek is soos n kind. Eerste aangetrek reg om te ry. Die dag was hoofsaklik teer, maar het eerste agter om by Wagendrift Dam gery met die mooiste grondpad, toe deel van die Kamberg gedeelte van die Drakensberg en naby die Champange Castle stap roete begin gepiekniek op n rots met die Drakensberg in die agtergrond wat die prentjie voltooi. En toe die stukkie teer van die Lotheni grond pad na Nottingham Road waar die Military Fuel Tanker die teer opvreet. Die Midlands Meander was geklee in herfs klere, en ons trek in by die Nelson Mandela se gevange Museum. In die wind hoor ons die see se stem dit roep ons. Hoe dis lekker by die see!

3234 - die view van ons chalet
3235 - 3246  - exploring. . . . .
3247-3251 - gravel highways verby Wagendriftdam!
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 23, 2014, 09:39:40 am
3254-3255 - Piekniek in die Drakensberg
3258 - Champange Castle
3260 - erens in die Kamberg
3263 - Midlands Meandre
3268 - Madiba Capture Meusem
3276 - Lekker by die see, moes eers daar stop voor ons woonstel toe is.  :deal:

 :ricky: :ricky:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Kerritz on June 23, 2014, 09:43:48 am
BLIKSEM!! Stunning pics!
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 23, 2014, 09:50:27 am
By die see al die dinge gedoen, soos vroeg op die strand gaan stap, klere laat was by Laundromat, agter n trok vasgesit tussen Winterton en Wagendriftdam, moer vuil gewees... en so van strand tot gery... weer gestap...sand kastele gebou - Michelle wil heeltyd die emmertjies en graafie he, maar dis so bulky, nie plek om terug te bring nie, toe kry ons die klein stelletjie by n regte kafee in Doonside, en kon nie meer stall nie... en die eerste keer buig ek die knieg in die huwelik  :peepwall:, waffles, milkshakes en koffie byallerhande shopies
Eendag uitgery Ushaka toe, en lekker laf gewees.  :laughing4:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 23, 2014, 10:00:02 am
 :happy1: :happy1:


Lang ente langs die strand, son-opkoms oor die horizon…. dis hoe ons 3 dae by die see spandeer het, met die uitsondering van n uitstappie na Ushaka. Die laaste aand besluit ons om nog n aandtjie in Franfort deur te bring.

Reptile park @ Ushaka:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: JMOL on June 23, 2014, 09:12:12 pm
Hierdie storie raak al hoe mooier  :biggrin:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: spoedvark on June 23, 2014, 10:39:53 pm
Hierdie storie raak al hoe mooier  :biggrin:

Wat ver wag jy? Hulle is mos nou in SHARKS kontrei!
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 25, 2014, 10:59:35 am
Sondag oggend spring ons op die fiets groet die see en maak ons laaste roete met Griffens pas, en toe met De Beers pas tot bo met teer, en af met grond terug na Frankfort vir n laaste bederf. Die laaste, laaste dag voor ons die wereld aanpak as Mnr en Mev Engelbrecht is dit oor die Vaal River met gravel highways na Deneysville terug na Pretoria,  waar ons die lewe saam aanpak……

3406 - Kobaai see
3408 - Piggly Wiggly
3411 - Griffens Pas
3417-3422 - onroute to De Beers Pas kruin
3428 - De Beers Pas kruin
3429 - De Beers Pas view

Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 25, 2014, 11:06:30 am
3435- 3436 - Oppad Frankfort toe
3440 - lekker kooi na lang dag
3448 - n lekker gatsehuis in Franfort - Dehoek Gaste huis
3445 - Onbyut volgende oggend
3445 -Maandag, laaste dag terug Pretoors toe
3446 - Vaaldam erens
3458 - Laaste grond pad voor die teer agter Deneysville
3460 - VEILIG TUIS!!!  :biggrin:

Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 25, 2014, 11:11:37 am
Totale trip +-2800km
11 Passe gery:
Teer passe     :Bothas pas, Van Reenen pas, Middledale pas, Griffens pas, De Beers pas
Grond passe  : Normadiens pas, Mullers pas, Burgers pas, Knights pas, Collings pas, Sandspruit pas, De Beers pas


Dankie vir die saam lees, tot volgende keer  :thumright:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Mr Zog on June 25, 2014, 11:32:54 am
Lekker Alwyn!

Dankie dat ons kon deel  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Lem on June 25, 2014, 11:56:02 am
ek hoop julle tweetjies pak een van die dae 'n slag die pad Kaap toe aan, dan gaan doen ons 'n goeie ride of twee.  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: alwyn_gs on June 25, 2014, 12:06:36 pm
Lekker Alwyn!

Dankie dat ons kon deel  :thumleft:
Thanks Mr Zog

ek hoop julle tweetjies pak een van die dae 'n slag die pad Kaap toe aan, dan gaan doen ons 'n goeie ride of twee.  :thumleft:

Definitief... wil die Karoo gaan plat ry... maar ons sal gesels  :thumright:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: GIDEON on June 26, 2014, 01:21:14 pm
BAIE nice !  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: JMOL on June 28, 2014, 12:19:09 pm
Baie mooi en mag julle jare lank nog saamry  :thumleft:
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: Flatout on June 28, 2014, 10:02:45 pm
Ai wat kon nou lekkerder gewees het! Skoon jaloers op julle.  :thumleft:

Ek en Mev Flatout ( ook 'n Michelle ) is 32jaar gelede ook in April getroud. Ons het ook die wêreld plat gery. Vandag sal sy nog net vir 'n kort rit opklim en ook net as daar 'n ontbyt by die draai-punt is.  ;D
Title: Re: Van rooi tapuit na grond pad suid
Post by: ALLEN I on June 29, 2014, 12:12:37 am
Nice Nice Nice thanks for sharing and the ride   :ricky: