Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Noneking on July 11, 2014, 04:46:28 pm

Title: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 04:46:28 pm
Nuwe bike en weeklange gesinsvakansie wat gekanselleer is..... dit was nou nie juis rocket science nie......

Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: silvrav on July 11, 2014, 04:52:15 pm
nice!  :ricky:
Title: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 05:09:34 pm
Die plan in kort was:

1. Ry vanaf  Nelspruit, Mpumalanga antikloksgewys om Lesotho en terug.
2. Bly sover moontlik van teer af. (moeiliker as wat ek gedink het sonder GPS)
3. Enigste plekke wat ek regtig vooraf op besluit het om te sien was Lundin'spas, Naudesnek, Sanipas.
4. Wees versigtig! Op my eie in afgelee plekke op 'n bike wat ek nie ken nie....
5. Geen GPS nie! Net kaartboek en iPhone as ek regtig vashaak.....
6. Pak baie lig, net nodigste saamry. Turns out, die nodigste moes darem 'n paar tools en dinge insluit..... :-[ :-[

Ek wou graag die week voor die trip 'n paar kort trippies in die Laeveld doen om net bike te leer ken voor ek die langpad vat. Ongelukkig het dinge nie so uitgewerk nie en die courier laat weet daar is 'n probleem...... Die bike sal eers Vrydag in Nelspruit wees en ek wil Saterdag vertrek. Ek het beplan om baie lig te travel met net tankbag wat saam met bike kom en klein rugsakkie. 13 liter petrol is ook nie juis ideaal vir 'n toer nie so ek bestel 'n 5 liter fuel cell om so ietsie vir gemoedsrus saam te ry....

Met die bike oppad Nelspruit toe laat weet dealer dat die tankbag nog by vorige eienaar is en eers oor twee weke aangestuur word  :dousing: Ek moet vinnig plan maak en met uitstekende diens van Amanda by Dustriders, bestel ek 'n Enduristan 51L sak. Sak sal ook Vrydag in Nelspruit wees en dit lyk of my planne mooi gaan werk.

Na groot afwagting kom die bike Vrydag in Nelspruit aan met courier. Geen nommerplaat, geen lisensieskyf, geen afskrif van  NATIS en geen tydelike permit. Eastview Motorrad help met permit en ek vat die bike vir 'n laatmiddag trippie na Kaapsehoop en Noordkaap. By die huis aangekom blip ek die bike so paar keer voor ek by die garage intrek. Bike klink of hy moerse backfire gee en throttle body pop uit silinder..... 'n Teken van dinge wat kom??

Ek kry nie die clamp terug nie en 'n vriend help my met 'n cabletie.... ;D
Ek begin so bietjie benoud raak en besluit om eers die naweek die bike beter te leer ken en te wag vir die Enduristan sak wat deur poskantoor misplaas is erens in Nelspruit... :dousing:
Gaan ry saam met pelle ' paar draaie anderkant Barberton.
(http://i1372.photobucket.com/albums/ag337/Noneking/Biketrip%20July%202014/IMG_5357_zps2d9f9506.jpg) (http://s1372.photobucket.com/user/Noneking/media/Biketrip%20July%202014/IMG_5357_zps2d9f9506.jpg.html)

(http://img.tapatalk.com/d/14/07/12/a8ype3ym.jpg)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 05:16:38 pm
Dag 1 - Nelspruit - Piet Retief  320km (80km Teer)

Ek gebruik 'n hele pak cheap bungy cords om my bagsie op die bike vas te maak, lyk soos 'n regte amateur...... Die goed trek los en ek verloor amper alles langs die pad in die eerste 50km. Later op die trip kom ek tot my sinne en gebruik twee straps om alles baie effektief vas te maak. Koebaais gedoen en groot opgewondenheid toe ek in die straat afry........ die gevoel op my maag kon dalk benoudheid ook gewees het, maar for the sake of the story hou ek by opgewondenheid.

Kaapsehooppad teer tot by Barberton afdraai. Van hier grondpad totdat dit weer by R40 aansluit. Volg R40 tot net voor Barberton waar ek petrol ingooi en fuel cell ook volmaak. Van Barberton na Josefsdal grenspos en neem Diepgezet pas na Oshoek.  Paar kilos in die pas af kom ek op 'n afrikaanse vrou en haar jong kinders af. Hulle het verder af in pas sonder diesel gaan staan. Haar man het gestap 'n paar uur terug om hulp te gaan soek. Ek is eerste persoon wat daar verbykom sedert hy weg is. Dit laat my so bietjie worry oor my trip....... Wat gebeur as ek of afgelee plek breakdown het en niemand kom verby nie?? Ek wag 'n rukkie by hulle totdat hulle bevestiging kry dat julp oppad is.

Die spookdorpie by Diepgezet myn is 'n sad gesig en nogal eerie en ek ry deur sonder om te stop vir fotos. Brandmaer honde staan in strate vir my en kyk. (Fotos van Diepgezet vanaf GOOGLE)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 05:21:36 pm
By Oshoek kruis ek N17 en volg my neus langs Swaziland grens tot kort voor Amsterdam. So ietsie van alles op die stukkie....lang stukke gravel highway, klipperige opdraendes en pragtige views. Ek stop nog kort-kort om bungy cords vas te trek....Op hierdie deel van die trip kry ek swakste petrolverbruik. Ek raak nog gewoond aan die HP en draai sy oor ordentelik op elke draai, straight, diksand, dunsand en so aan. Ek glo ook vas dit is belangrik dat ek soveel stof maak as moontlik. Die seuntjie in my soek net meer en meer van hierdie monster se krag! Res van die trip die fiets met bietjie meer respek hanteer   :ricky: :ricky:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: SchalkL on July 11, 2014, 06:07:42 pm
BLIKSEM dis 'n mooi bike !!

(http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?action=dlattach;topic=154891.0;attach=366497;image)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Mikie on July 11, 2014, 06:12:13 pm
subscraaaaaib
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 06:14:04 pm
Net voor Amsterdam stop ek by Westoedam om Rallye 2 se inner in te sit. Dit word vinnig koud en ek kry die koue reg van voor sonder enige tipe van windbeskerming op die fiets. Ek besef ook met 'n effense skok dat ek net GS handskoene by my het en vergeet het om winter handskoene in te pak. :o Hierdie foutjie het die lewe 'n paar oggende baie ongemaklik gemaak op die trip.....Klein lessies.

'n Baie laat middagete van peanuts en water in Amsterdam voordat ek begin rondvra vir verblyf in die klein dorpie. Die offerings lyk maar so bietjie shabby en ek besluit dat daglig nog aan my kant is. Ek le plat op die HP se tenk en tel die kilos af tot in Piet Retief. In Piet Retief stop ek by Sundowner Lodge. Lyk na 'n lekker plek met pub en restaurant en goedkoop slaapplek. Teen die tyd dat ek gestort het en bar toe stap, is daar net 'n paar dronkgatte wat "wag vir iemand om te bliksem". Savannas proe nie so lekker as wat ek myself voorgestel het nie en daar is ook nie mense wat om my saamkloek om te hoor van my ongelooflike biketrip wat sopas vandag begin het nie. Ek maak myself maar uit die voete en eet 'n lekker rumpsteak by die restaurant.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Brandt on July 11, 2014, 07:06:03 pm
Nice RR, baie nice HP :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 07:08:19 pm
Dag 2 - Piet Retief - Clarens 440km (40km teer) :ricky:

Trokke se airbrakes het gesorg vir bitter min slaap langs die R33. Ek sit teen 2:30 regop in bed en begin so bietjie kyk na volgende dag se roete. Drink te veel horrible ricoffy en vat 'n warm stort.  Staan donker op en begin dinge regkry vir aan die gang kom. Ek besluit ook om bagasie anders te pak aangesien dit gister my sitplek aansienlik ingeperk het. Net na 6:00 stop ek vir petrol en Wimpy coffee in die hoofstraat. Tannie in haar Merc stop vir petrol en vra of ek skroef los het?? Het ek enige idee hoe koud dit is? Ek het duidelik nie gehad nie, maar gou uitgevind toe ek langs pad moes aftrek van pyn in my hande..... Ek het my K1600GTL erg begin mis.......  :-\ Ek sou wel later uitvind dat my HP2 'n paar skroewe los het.... >:D

Net buite Piet Retief draai ek af op 'n gravel highway wat om Heyshope dam loop. Ek trek elke paar kilos van pad om hande ruskans te gee. Vir praktiese redes  ;D besluit ek om toiletstop langs die pad te hou vir wanneer die hande bietjie ontdooi het........Lesse is geleer op die trip en een daarvan was dat Gs handskoene nie vir die winter gebou is nie..... Die wereld lê wit van die ryp en ek probeer onder die skadus van die dennebome uitjaag.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 07:15:15 pm
Praat met locals op een van my warm-word stoppe. Verduidelik vir my mooi grondpad/jeeptrack pas oor die berg na Wakkerstroom. Een van my favourite dele van die trip!! Van Heyshope dam tot in Wakkerstroom sien ek nie enkele siel op daai jeeptrack nie. Baie mooi views en lekker ry. Die ricoffy en foto geleenthede hou my besig met op en afklim van fiets.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 07:30:48 pm
Die track sluit net voor Wakkerstroom weer aan by R543 en ek brand vir 'n koppie koffie. Maak weer vol petrol en begin soek vir koffie. Die dorp is so toe soos 'n klei-os se gat op hierdie koue wintersoggend! Sit maar op sypaadjie in son om die hande te laat ontdooi en loer weer na opsies met roete. Net die bakkery agter my is oop en hier stop 'n klomp Land Cruisers van afwisselende ouderdom vir melk/brood oor die volgende 15-20 minute. Ek dink dit is seker die voertuig wat ek meeste gesien het op die trip, meer as taxis of trapfietse...... Land Cruisers. Ek brand vir 'n koffie, maar besluit om entjie verder te ry vir my fix.

Net buite Wakkerstroom draai weg op grondpad na Newcastle. Die pad split later en ry Volksrust toe. Uiteindelik koffie!! Twee Mega koffies en 'n gesprek met 'n local wat nog so gesuip was van vorige aand dat hy bly struikel het terwyl hy met sy dogtertjie op heup my uitgevra het oor my "lelike" bike... Huh? Net buite Volksrust weer op die grondpaaie na Memel vir petrol en daarna Wes van Verkykerkop. Eindelose gravel highways...... Kruis onderdeur die N3 na Kestell en ry mooi grondpaaie tot by Golden Gate!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 07:42:21 pm
Ry rustig die 40km deur Golden Gate op teer  na Clarens waar ek verblyf moet gaan soek. Dis nou eers na 2 uur, maar was 'n lang dag in saal. Kry luukse huis te huur in Clarens vir R450 en besluit om myself te spoil. Soak my moee lyf in 'n spa bad en kyk reruns van bokke se onlangse games teen Wallis en Skotland. Ek het nie TV by die huis nie en ek moet erken ek spandeer bietjie meer tyd voor die kassie in Clarens as wat ek elders sou erken. Teen laatmiddag stap ek deur die dorp opsoek na eetplek. Dit begin lekker koud raak en die dorp is vol vakansiegangers.  Alles lyk of dolleeg of oorvol? Koop vir my 'n Buff, want myne lê seker saam met my winter handskoene op die tafel by die huis.

Stap op die ou end by Rotor Hanh (duitse restaurant) in en alhoewel die diens pateties  was (sou dit kon oorsien as hulle soos die meisies by die Oktoberfest gelyk het), was die bord kos uit die boonste rakke. Na die heerlike ete  stap ek in die koue terug vir 'n  vroee aand ts die lakens.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Kykdaar on July 11, 2014, 08:18:12 pm
Sub.

Pragtige fotos en interresante storie
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Spore on July 11, 2014, 08:24:21 pm
Uitstekend trip en geniet jou vertelstyl. Baie mooi fotos!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 08:57:42 pm
Dag 3 - Clarens - Lady Grey 350km (150km Teer :-[)

Word wakker in 'n yskoue Clarens en is niks lus om uit die luuksheid van elektriese kombers en dik lae beddegoed te klim nie. Eventueel kom ek aan die gang en begin bike pak. Die HP vol ryp en ek stoot hom in die son om darem die sitplek te ontvries.... Alles gepak en reg om te ry, maar al wat die starter se is kliek-kliek-kliek. Stoot die bike teen bult op en dan af teen steil hoofstraat in rigting van grootpad. Miskien sal hy runstart?? Nee wat,  die kompressie is te hoog en ek haal so paar kilos van die TKC 80's af wat nuut was by my vertrek uit Nelspruit. Stop by petrolpomp en maak vol, probeer my gedagtes orden. Fiets het gister so gemaak in Memel na petrolstop, maar direk daarna maklik gevat.... Bel DWERG (ek's bietjie gestremd as dit by die dinge kom). "Dis die battery" dink DWERG. Vra uit by vulstasie of iemand sal help jumpstart? "Ja" se die dame, maar dan moet ek eers jumper kabels by haar koop. ;D R140  en ry die goed hele trip in my rugsakkie saam.

Op hierdie stadum sal dit dalk goed wees om te noem dat die enigste gereedskap wat ek saamgebring het, die skroewedraaier onder die HP se sitplek is, MAAR die probleem is ek het nie 'n skroewedraaier om die skroef te verwyder om die sitplek te verwyder nie....... :imaposer: :imaposer: Vorige eienaar het die Torx skroefie met gewone "slotted" skroefie vervang.  EK het darem 'n tyre repair kit in baadjie se sak wat ek nooit nodig gehad het nie....... In my defence moet ek darem noem dat in 14 jaar van BMW's ry, het ek nog nooit iets anders as tyre repair kit (en jumper cables) nodig gehad nie.

Hierdie trip was egter my eerste ordentelike DS trip een dinge sou bietjie anders uitwerk...Klein lessies, ek sal nooit weer sonder die basiese tools en cableties en ductape erens heen toer nie!!!

Jump die bike en ry terug in dorp in om sleutels van slaapplek terug te gee. Ek bel rond vir battery, ek gaan nou afgelee plekke ry van hier af en kan nie vasbrand nie?? Na 'n uur op telefoon besluit ek @$%&* dit, ek ry!! Vat teer tot in Fouriesburg. Drink daar koffie en besluit as die bike dadelik vat ry ek verder, anders sal ek my planne moet heroorweeg. Bel huis toe en mis my vrou toe ek haar stem hoor. Kinders mis my en ek vir hulle. Vir oomblik oorweeg ek om die handdoek in te gooi en Nelspruit toe te ry, maar kom gelukkig tot my sinne. Dis nie elke dag wat ek 'n week vir myself het op die bike nie. Ek het nou al 3 ure verloor en besluit om teerlangs tot op Ladybrand te ry. Wat 'n marteling om teen 120km/h op 'n HP2 sonder 'n screen te ry...... :ricky: Nie vir die laaste keer op die trip ry ek sonder enige nommerplaat of lisensieskyf deur 'n padblokkade sonder om gestop te word.

Gooi petrol op Ladybrand en 'n spietkop stop reg agter my, ek sweer hy gaan my nou kom aanvat oor my afwesigheid van identifikasie op die bike, maar niks?? Telkens op die trip het hulle nie 'n saak gehad met my nie en ek begin later bietjie afgeskeep voel.....Die bike start weer maklik op Ladybrand en ek voel veilig om weer van die teer af te klim en ry fantastiese paaie langs Caledonsrivier teen Lesotho tot by Hobhouse.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 09:35:15 pm
Hobhouse klink of dit 'n oulike plekkie kan wees, miskien iets soos Rhodes of Dullstroom?? Ek hou maar verby, die plek is vervalle en verlate......  teerpad tot by Wepener en ry vandaar weer grondpad langs Lesotho grens tot by Zastron. Grondpaai is plat en mooi en reguit en ek kan lang ente 160Mk/H + ry. Die HP loop asof hy op spore is! :ricky:
Ek hoop nie iemand van Zastron lees die nie want jinne die plek is 'n dump! Maak petrol vol. Kan dalk hier noem dat ek weens die HP se massiewe 13L tenk besluit het om nie verby vulstasie te ry nie......'n ou weet nooit.... Ek ry deur strate van Zastron en sien Maluti Hotel, die plek lyk seriously suspect, maar ek onthou ek het al erens van die plek gehoor. Ek besluit egter dat ek gaan deurry na Lady Grey waar ek 7 jaar terug oornag het om 'n teer trip saam met pelle. Ons het 'n onvergeetlike aand gehad en is self genooi na die reunie van die kunsskool daar - 100 jaar of so iets? Mense het ons soos konings behandel!

Ek sou eers later besef dit was 'n fout om verder te ry. Dwerg vertel my later dat hulle heerlik gebly het by die Maluti. Ek het 'n terrible trip van Zastron op teer in die Oos-Kaap in. Net voor Sterkspruit hardloop 'n hond voor my in oor die pad vanaf regterkant. Ek swenk uit na regs en met die besef die hond hier kom k@k en draai terug na waar hy vandaankom. Ek swaai weer links..... Die HP gaan soos 'n rodeo bul tekere soos wat ek die hond probeer vermy wat teen die tyd besluit het die oorkant van die pad is dalk tog waar hy wil wees. In die proses het die aap wat die taxi al vir laaste 2 km op my gat ry, dieselfde "avoidance exercise" hier agter my aan die gang en dat niemand kontak gemaak het nie is 'n wonderwerk! Ek besef my konsentrasie nie meer so lekker nie en ry soos 'n ou tannie die laaste 60km.

In Lady Grey aangekom ry ek reguit na Mountain View Country Inn. Nadat ek ingeboek het ry ek die HP agterom na parkering sonder helmet en oorproppe en die ding klink soos 'n Harley?? Ek klim af en kyk vas in endcan wat losgekom het van raam. Bout is weg.... Ek het natuurlik nie tools van 'n dag oud nie.... Ek besluit ek sal volgende oggend op die dorp gaan hulp soek.

Die kamer waarin ek bly is "modest" om die minste te se. Geen warm water en daar is net 1 ander persoon in die massiewe plek ingeboek. Houtvloere kraak en raas die hele nag asof daar heelwat meer uhm... siele in die plek is. Eetsaal is verlate en die kos neem 'n leeftyd om uit die kombuis te kom, maar is verbasend smaaklik. Projektor vertoon 'n celtic musiek fees van soorte en die klanksisteem bevestig die uitdrukking op die sanger se gesigte.....

'n ou oom kom later in 'n hoek sit en eet. Ek vra hom later of daar plek soos hardeware op die dorp is? Hy bars amper uit van die lag.... "nee boet, hier is 'n winkel of twee maar jy gaan nie 'n bout hier koop nie..." oom Swannie begin met my gesels oor sy passie - WISKUNDE. Nou kyk, wiskunde gee my nou nog 'n hol kol op my maag en tot my mees onlangse nagmerries het een of ander wiskunde eksamen daarin. Oom Swannie kuier hier by sy dogter en skoonseun wat die plek besit. Vir die wat belangstel in sy wiskundige teoriee  -

http://swannie.webplus.net/index.htm (http://swannie.webplus.net/index.htm)

Daar stap later twee mans in wat hoor hoe ek my probleem (met bike nie wiskunde) met Oom Swannie bespreek. Ouer een van die twee vra of hy dalk kan help? Hy is 'n mechanic van Oos-London wat aan earth moving masjiene werk. Hy het 'n bakkie vol tools en is seker hy kan help. Ek staan en vergaap my hoe hy met sigaret in sy mond en ' brandy en Coke in sy linkerhand my bike se endcan vasmaak met bout en 'n moer en self nuwe thread in hanger gesny. (ek moet noem dat die appy op en af gehardloop het ts die bike en bakkie om alles aan te gee en vas te hou, die man het geweier om daai dop neer te sit....:o Ek kon darem van hulp wees deur lig op die onderwerp te gooi met my selfoon. ;D

Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: EtienneXplore on July 11, 2014, 09:41:15 pm
Lekke man lekke.........

Gooi nog!!

 :biggrin:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: KarooKid on July 11, 2014, 09:55:09 pm
Nou wil ek ry!!

Hoe werk daai fuel bladder vir jou?
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on July 11, 2014, 09:56:00 pm
Jis dit lyk asof daai HP2 die dag vantevore uit die krat gehaal is. :drif:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:02:58 pm
Nou wil ek ry!!

Hoe werk daai fuel bladder vir jou?

Hy het goed gewerk maar ongelukkig begin lek op "punte" op dag 2 of drie van die trip - niks ernstigs nie maar konstant. Werk baie maklik en maak maklik vas aan ander bagasie. Vat 5 liter.
Baie goeie diens van GPS4 Africa, Pauli het reeds vir my nuwe een gestuur!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:03:59 pm
Jis dit lyk asof daai HP2 die dag vantevore uit die krat gehaal is. :drif:

Hy was BAIE mooi voor die trip, paar issues opgetel gedurende.... Lees verder ;D
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Jors Troelie on July 11, 2014, 10:04:35 pm
Dit is nogal braaf van 'n man van Nelspruit om hierdie tyd van die jaar om Lesotho te ry. Jy het seker amper gedooi van die koue. Ek lees baie lekker, en sien uit na die res.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:04:39 pm
Nice RR, baie nice HP :thumleft:

Dankie! :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:05:38 pm
Dit is nogal braaf van 'n man van Nelspruit om hierdie tyd van die jaar om Lesotho te ry. Jy het seker amper gedooi van die koue. Ek lees baie lekker, en sien uit na die res.

Braaf / Stupid, besluit jy maar.... ;D
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:11:14 pm
Dag 4 Lady Grey - Matatiele 400km (160km Teer)

My gevoel was dat vandag soortvan die business end van die trip sou wees.

Waterpype begin vroeg reeds raas en erens in die gebou soek iemand warm water..... Ek le en wonder of die bike se battery gaan saamwerk vanoggend. Pak fiets en ry na vulstasie vir die HP se dors... Ry terug in rigting waarvandaan ek gister gekom het. Dit is verskriklik koud. Die thermal undies en Rallye 2 suit is fantasties, maar my hande pyn weer so erg dat ek gereeld stop om oor die ergste te kom. My neus begin loop van die koue en later stop ek vir hande en snotneus. Lundin's (Dit IS die regte spelling!) is 'n beautiful pad. Meestal is oppervlak perfek maar hier en daar is dit effe verspoel of klipperig en het ek myself 'n paar keer groot laat skrik omdat ek op die view konsentreer het en nie die pad nie. Die pad kronkel deur skouspelagtige natuurskoon en ek kan net dink hoe mooi dit in die reenseisoen hier is......

Ek stop gereeld vir fotos en kom agter dit raak al moeliker om die bike weer regop te tel as ek opklim. Later in die dag word dit so erg dat ek glad nie meer afklim nie. Ek laat die fotos die storie vertel, daar's 'n hele klompie......
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:19:11 pm
 :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:23:36 pm
 O0
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:25:09 pm
Panoramic view Lundin'snek
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:31:13 pm
Sak weer af aan oostekant van Lundin's en draai links na Rhodes. Dit is weereens 'n ongelooflike mooi end pad om te ry en ek sien geen siel tot ek Rhodes binnery nie. Baie spyt ek het nie meer fotos geneem op die stukkie pad nie.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 10:53:49 pm
In Rhodes stop ek ewe selfvoldaan by petrolpomp en kyk rond vir 'n joggie...... 8) ' Ou tannie stap uit die koffiewinkel en stuur my na die drankwinkel om te gaan uitvind of daar petrol is op Rhodes. Ek stap in 'n donker kamer in, teen tyd dat my oe gewoond is aan die donkerte gewaar ek 'n man met ' pers neus wat rondsnuffel ts die laaste 4 of 5 bottels hardehout op die winkelrak. Hy stel homself voor as Joe en stuur my oorkant die pad na Andre wat my dalk met 5 liter kan help. By Andre aangekom is hy besig met houtwerk in die tuin agter die pragtige historiese huis. Sy Nissan bakkie se klap is sy werksbank.  Sy vrou sit in 'n gemakstoel wat hoogswaarskynlik van TV kamer uitgedra is by hom en rook. Ek koop 5liter petrol by hom vir R110. Terug by fiets gooi ek die liquid gold in die tenk en met die kom die ou tannie weer uit die winkel en vra of ek dors is. Ek bestel 'n koffie en oorweeg 'n stuk koek maar besef dat Prof Noakes nie gelukkig sal wees met my besluit nie en los dit maar eerder.

Twee Madams van die stad af kom sit en koffie drink, hulle bederf die hele atmosfeer met hulle neus in die lig houding en praat so hard met mekaar dat mense op hulle voorstoepe kom sit om die gesprek te volg. Toe hulle oor hulle kinders se natuurlike geboortes begin notas uitruil maak ek aanstaltes. In die tweede foto sit die twee met hulle ongemanierde brak.....

'n Uur of wat later is ek reg vir pad vat en klim op die bike. Sidestand wil nie op nie, na gesukkel kry ek hom met die GS boots opgedruk maar dit wil nie bo bly nie...... Klim van die fiets af en die sidestand bracket is moertoe gebuig en die springs is oopgebuig en tel die stand nie meer op nie.... Ou Tannie tot die rescue.... Sy stuur my na Pieter af in die straat. Pieter besit die algemene handelaar op die dorpie en is ook 'n handyman of note.  Pieter moet eers reel dat Mieliemeel by sy winkel uitkom, ek moet solank die bike in die "garage" trek. Die garage is net mure van 'n konstruksie wat gestaak is met 'n gazebo wat al beter dae geken het. Ek trek onder die Gazebo in en terwyl Pieter my vertel van hulle rustige lewe in Rhodes, toor hy met stuk bloudraad en cableties en siedaar, die stand werk weer so soortvan. Hy stop my 'n paar cableties in die hand en na dankies en koebaais is ek weer op die bike.

Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: quicksilver on July 11, 2014, 10:58:18 pm
Keep it coming! Lees nou lekker Noneking!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 11:06:19 pm
Keep it coming! Lees nou lekker Noneking!

Haal daai bike van jou avatar af!! Jy maak my hartseer....... EK soek eerste opsie om terug te koop as jy ooit wil verkoop! :peepwall:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 11:20:10 pm
Die klim na Naudesnek is weereens asemrowend mooi. Dis 'n mooi pad en ek en die HP poer-poer stadig maar seker na bo terwyl ek my nek afdraai om die natuurskoon in te neem. Ek klim gladnie meer van die fiets af nie aangesien die gebuigde bracket nie meer die fiets kan regop hou nie.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 11:27:14 pm
Nog fotos....... teen die tyd het die ou tannie se koffie met my blaas begin gesels en het ek begin rondkyk vir 'n klip of 'n ding om die fiets teen te maak staan....
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 11:32:00 pm
Nog 'n paar kiekies oppad boontoe. Temp het begin daal en as jy jou oe op skrefies trek sien jy dalk die paar stukkies ys in die koelte ......
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 11:48:45 pm
Ek kon nie veel tyd deurbring op bopunt van Naude'snek nie aangesien dit duidelik geraak het dat my tyd besig was om min te raak. Weereens mooi views van bo af. Die descent aan die anderkant was meer tegnies met baie los klippe en verspoelde areas. Ek het nie veel gestop vir fotos nie. 'n Vinnige loer na die kaart en dalk te vinnig, want in stede daarvan dat ek Pitsengpas na Mount Fletcher neem, ry ek in rigting van Maclear via Potrivierpas.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 11, 2014, 11:51:39 pm
My plan was om Kokstad te maak voor sononder (vriende van ons het gastehuis daar), maar nadat ek petrol gegooi het in Maclear is dit 16:30. Maclear lyk na 'n crappy plek en ek besluit om 'n lyn te sny Kokstad toe 200km verder. GROOT fout!! Die pad na Mount Fletcher is druk besig en net na Mt Fletcher begin die son ondergaan. kort voor lank bevind ek myself in 'n situasie waar ek byna niks kan sien nie. Padmerke is omtrent afwesig, HP se hooflig is useless en aankomende verkeer se dims werk nie....... Twee ure nadat ek uit Maclear weg is, kom ek bewerig in Matatiele aan. Werklik ' skrikwekkende laaste uur of wat op die bike. Ek weet nie wat om te verwag van die dorp nie, DWERG het vroeer in die dag gese die plek is 'n dump....... EK oorweeg dit om die oorblywende 70km na Kokstad aan te pak agter 'n trok. Ek loer in hoofstraat op en af en die plek lyk nie TE sleg nie!

EK het nie baie vewag nie, maar kry sommer gastehuis in hoofstraat en word deur boerseun in mooi afrikaans binne genooi. Wat 'n verligting!! Ek pak af, trek uit en klim in die massiewe bad. Vandag was nie 'n baie ver rit nie, maar ek is pootuit. Ek raak aan die slaap in die bad en skrik wakker toe die water al koud is. Klim daarna in die bed en slaap soos 'n klip.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 12:01:21 am
Dag 5 en 6 volg

Hier's solank foto van hoe die bike terug in Nelspruit gelyk het..... :o
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Kykdaar on July 12, 2014, 04:11:33 am
 :o
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 08:05:10 am
!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: woody1 on July 12, 2014, 08:19:22 am
en nou?
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 09:03:40 am
Dag 5 Matatiele - Ladysmith (KZN) 420km (200km teer)

Vroeg wakker in Matatiele en sommer van voor af die hel in vir myself dat ek so stupid was vorige dag! Drink 'n Ricoffy met Cremora en pak die bike. Gooi al die petrol in die fuel bladder in bike want die bladder begin op punte petrol lek.  Val dadelik in die pad en net buite die dorp neem ek die afdraai na Swartberg. Die eerste 10 km van hierdie grondpad is 'n nagmerrie. Konstante verkeer van voor en digte stofwolk wat bly hang op die windstille oggend. Die kombinasie van stofwolk en son wat nog laag sit maak dat ek bitter min voor my kan sien! Ek slaan kort -kort 'n lelike slaggat en 'n paar keer voel dit of die HP uit-bottom..... Later word die verkeer aansienlik ligter en nog verder is dit weer net ek, die HP en die eindelose gravel highway.....bliss. Ek kom agter dat die sitplek 'n squeak opgetel het. Neem aan dis van al die stof ens. en steur my nie regtig daaraan nie.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: chopperpilot on July 12, 2014, 09:19:56 am
Dit is nogal braaf van 'n man van Nelspruit om hierdie tyd van die jaar om Lesotho te ry. Jy het seker amper gedooi van die koue. Ek lees baie lekker, en sien uit na die res.
As jy 'n Nelspruiter is, besef jy nie aldag hoe koud ander dele van die land in die winter is nie! Ons ken nie koue in ons dorp/stad nie.

Noneking...respek dat jy die trip op jou eie gedoen het...seer sekerlik 'n hoogtepunt in jou lewe!

Dankie vir die moeite met jou RR...ek ry lekker saam...sonder die koue! Ha ha!

Sent from my iPad using Tapatalk
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 09:26:01 am

Hoop ons ry mekaar binnekort "raak" hier in die Laeveld!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Dwerg on July 12, 2014, 09:28:34 am
Lekker boet. Nou lekker my gat af gelag vir jou skroewedraaier en afgeskeep stories  :imaposer:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 09:45:02 am
Ek begin honger raak, kan eers nie mooi onthou wanneer laas ek geeet het nie ( Kan ook nie onthou hoe om kappies en dubblepunt op ee's te sit op die Mac nie ;D), maar retrace my trip en besef my laaste ete was twee aande terug in Lady Grey! Kan dit wees?? Het ek myself so geniet dat ek nie vir 'n oomblik sedertdien aan eet gedink het nie? Nou kan ek my maag al in my helmet hoor grom en ek smag na 'n lekker ontbyt.

Ek ry hierdie pragtige grondpad tot in Swartberg waar ek stop vir brandstof. Ek is tweede in ry om gehelp te word, voor my pomp die joggie net gou diesel in houers agterop bakkie vir 'n boer....... 600 liter later en lank wag kry ek my beurt, 4,9 liter! O0 Ek haal my petrolkaart uit en die joggie kyk my aan asof ek stupid is, hulle kaartmasjien werk al vir weke nie....... :dousing: Ek wil ry snder om te betaal, maar besluit daarteen. Die klein algemene handelaar sal vir my die R64 odd gee in kontant op my kredietkaart, maar vra 15% kommisie...... Net voor ek hom in sy mo@r stuur besef ek die volgende dorp is ver en betaal met smile op my gesig.

Son begin water trek. Ek wil vandag nog Sani uit, moet iets in my maag kry en vanmiddag nog ver genoeg ry sodat ek ten minste more aand by die huis is. Ek vat die teer vir die 60km na Underberg. Soos ek Underberg binnery is daar 'n restaurant op linker kant Mike's  .....uhm... iets. The best breakfast in town! Dit maak die dier in my wakker en teen die tyd kan ek 'n stuk cardboard eet. Ek stop en soek 'n baksteen om onder stand te sit sodat bike nie omval nie. Teen die tyd voel dit of die sidestand bracket net meer en meer buig.

Ek vra vir "the biggest breakfast you serve" en slaan 'n hele klomp koffies weg. Of die ontbyt die beste in die dorp is kan ek nie verseker se nie, maar hel, die ander sal moet uithaal om die een te match! Ek is enigste customer in die plek en Mike en sy vrou knoop geselsie aan. Ek vra hoeveel tyd ek nodig het vir Sani op en af en miskien bier by die pub? 3 ure reken Mike. Ek sal moet wikkel. Betaal vir die ete en net toe ek op bike klim se daai rumpsteak wat ek 2 aande gelede in Lady Grey geeet het: "GOEIEMORE!!". Ek reken ek lyk soos Mr Bean soos ek die badkamer storm en selfde tyd uit my lae riding kit probeer kom terwyl ek rugsak van my rug af probeer kry. Sjoe..... amper!

PS: Haat jy dit nie ook as mense fotos van hulle kos op FB post nie?? Hierdie is egter 'n RR en etes is integrale deel van verslagdoening, so kyk mooi wat is als op daai bord! O0
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: woody1 on July 12, 2014, 09:47:41 am
Nee man... ek sit hier by die blerrie werk en DAAI breakfast ROEP my nou  :imaposer:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 10:14:30 am
Ek maak weer petrol vol in Himeville en vat die pad Sani toe. Dis 'n baie mooi dag en ek kry amper warm in al die kit.  By onderpunt van Sani gaan ek verby 'n klomp Landys wat langs die pad staan. Ek dog eers dis 'n oliestop, maar die ouens kyk net banddruk vir die trip op. Ek vlieg by hulle verby en begin die lang klim. Ek vorder redelik vinnig en stop by SA grenspos neem 'n minuut as dit so lank was.... Weereens geen papiere of navrae oor fiets nie. Grootste probleem is om plek te kry waar die bike kan staan met sy kreupel sidestand.  
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 10:17:21 am
Lekker boet. Nou lekker my gat af gelag vir jou skroewedraaier en afgeskeep stories  :imaposer:

Jy weet dit is swak etiket om vir jou broer te lag?? Ek leer nog jong, hierdie Offroad Riding God ding kom nie sommer so oornag nie.....
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 10:37:55 am
Die klim tot by die switchbacks gaan redelik vinnig en ek begin wonder waarom Sani so "big deal" is? Stop vir 'n foto by Ice Corner en dit is net hier waar die sports begin. Nuwe laag ongekompakteerde gruis op die pad en ek sukkel my gat af om momentum op te bou. Die konstruksiewerkers is op middagete en ek kan sien hoe chuckle hulle vir my geploeter hier teen die pas op! Volgende switchback begin die momentum regkom maar taxi kom van voor en druk my tot teen die rand en ek piepie bietjie bietjie in my klere. Trek remme, maar bike skuif agteruit oor die los gruis, ek skree in my helmet vir hulp, maar niemand hoor nie en niemand gee om nie....... :'( Ek sweer ek hoor die "JAWS" temalied soos ek nader en nader aan die afgrond beweeg.......

Soos ek die RR skryf, wil ek eintlik sê dat die fiets met agterwiel oor krans gestaan het toe ek uiteindelik tot stilstand kom en dat ek klippe en rotse 100de meters vêr onder my hoor val het, maar in werklikheid kon 'n toerbus nog tussen my en die afgrond deur ry......Ek laat die aankomende verkeer verbykom en begin weer. Van hier af gaan dit beter en ek kan my lyn kies odeur die switchbacks. Bo uitgekom en die view ingeneem. Dit is 'n spesiale plek! Ek besluit om nie deur grens te gaan of van bike af te klim nie (sien nie plek waar hy gaan staan met kreupel sidestand nie). Ek sit vir 'n paar minute net en kyk na die uitsig en later kom die Landys deur die switchbacks.  Die trip teen pas af is sonder voorval en en 90 minute nadat ek uit Himeville weggetrek het ry ek dit weer binne. Stop vir 'n vinnige Savannah en loer weer na die kaart vir roete res van die dag. Nottingham Road hier kom ek!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Dwerg on July 12, 2014, 11:13:37 am
Lekker boet. Nou lekker my gat af gelag vir jou skroewedraaier en afgeskeep stories  :imaposer:

Jy weet dit is swak etiket om vir jou broer te lag?? Ek leer nog jong, hierdie Offroad Riding God ding kom nie sommer so oornag nie.....

Ek lag MET jou  ;D

Ek kan nie besluit wat is mooier nie, die bike of die Arai!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 11:20:50 am
Die pad na Nottingham Road was fantasties soos almal weet wat al voorheen daarop gery het.  EK kon meer en meer agterkom my bike is nie lekker nie....... Die sitplek het begin om na agter te skuif en dit was duidelik aan die gaping wat tussen sitplek en tenk begin ontstaan het. Ek kon agterkom dat ek rattles hoor, selfs met oorproppies en helmet op.  EK het 'n plekkie gesoek waar ek die HP kon maak staan op sidestand en begin ondersoek instel. Die fiets se "gat" het gehang en alles het los gevoel. Teen die tyd het ek nie meer exstra petrol saamgery nie en ek het all die bagasie voorentoe geskuif en sitplek losgemaak om te kyk wat aangaan. Die prentjie wat ek hier moes aanskou was nie 'n mooie nie..... :'(
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Dorsland on July 12, 2014, 11:38:49 am
Dis nou 'n lekker lees hierdie.  Ek rol soos ek lag oor daai diesel mkeniek en sy B+C.  Maar daai manne kan mos gewoonlik 'n Caterpiller stootskraper se ratkas met 'n vier pond hammer en 'n stuk bloudraad langs die pad herstel  ;D  Ek geniet jou skryfstyl, dis waaragtig lekker lees.

O ja: oppie Mac is die umlat: Alt E en dan die letter; die kappie: Alt I en die letter en die dubbelpunt: Alt U en die letter  ;)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 11:51:14 am
Die subframe is gekraak en die frame is op twee plekke morsaf. Die agterkant van fiets hang en linker flikkerlig smelt in warm lug van die exhaust. Die grys plastiek weerskante van sitplek het reeds die bout verloor aan een kant en aan anderkant het plastiek geskeur van die spanning. Die exhaust is weer los en lyk of die bout besig is om te groet. My hart sak in my skoene......... My splinternuwe tweedehandse 6 jaar oue bike!!!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Jors Troelie on July 12, 2014, 12:11:34 pm
Die subframe is gekraak en die frame is op twee plekke morsaf. Die agterkant van fiets hang en linker flikkerlig smelt in warm lug van die exhaust. Die grys plastiek weerskante van sitplek het reeds die bout verloor aan een kant en aan anderkant het plastiek geskeur van die spanning. Die exhaust is weer los en lyk of die bout besig is om te groet. My hart sak in my skoene......... My splinternuwe tweedehandse 6 jaar oue bike!!!

Eish, dis nou 'n geneuk!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 12:11:48 pm
Ek ry maar so kruppel vanaf Mooirivier na Ladysmith op die teer. Dis weereens nie lekker op die N3 teen 140km/h op daai "naked" fiets nie. Ek kan nie ophou dink aan hoe stukkend ek my fiets gery het nie en ek voel down om minste te sê (baie dankie vir die kappie Dorsland!!) Ek kom by Estcourt tolhek en daar is ' n mooi gap om die bike deur te vat sonder die onnodige daylight robbery wat plaasvind as jy by daai venstertjie stop. Ek het skaars weggetrek of ek hoor die sirenes. Hahahahaha @$%&rs, ek's deur en julle sien my nie weer nie! Dis eers toe die blouligte langs my intrek dat ek besef dis nie die sirenes waaran ek dink nie.......

Ek trek af en die ou vat sy tyd om uit die kar te klim, wag seker vir my om die "fooitjie" reg te kry........
Ek hou my baie dom en hou helmet op en met oorproppe in hoor ek byna niks. Hy sê die hele rympie op van: "license please, where's your numberplate, license disc? Hy sê niks van die tolhek nie. Wys hom my liksens en bike se permit in baadjie se mou. Hy probeer nog stories praat maar ek verduidelik ek hoor nie mooi nie, start die bike en al wat ek hoor is exhaust wat weer soos een van daai amerikaanse bikes klink...... Hy loop na sy kar klim in en ry - maklik genoeg. Bike se exhaust hang weer amper op grond. Ek het darem paar cableties wat Pieter die handyman in Rhodes vir my saamgegee het en vir eerste keer op die trip maak ek self iets reg.... ;D

Ek ry die res van die pad tot op Ladysmith en begin soek na blyplek. Ladysmith het 'n fantastiese sisteem vir aanwysings na gastehuise. By ingang van dorp is bord met al die gastehuise gelys en rigting waarheen mens moet ry. By elke afdraai is dieselfde bord wat steeds wys waarheen mens gaan. So volg ek die bord na die enigste een met 4 sterre (ek is moeg, hartseer en sommer net gatvol en verdien bietjie bederf).

Reg voor die gastehuis verloor ek my footing en na meer as tweeduisend kilometer laat val ek my bike terwyl ek die interkomknoppie vir die gastehuis probeer bykom. Ek tel die bike op soos ek geleer is ek laat los weer my keurigste kragwoorde en vra vir mense in straat waarna hulle kyk?  Geen skade aan bike. ::)

Boek in en reel met gastehuis dat my bagasie volgende dag agterbly - ek sal dit huistoe courier deur die week....... Trek die frame vas met bagasie straps en probeer dit so stewig mootlik kry vir die 500km wat more voorlê.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Dorsland on July 12, 2014, 12:19:00 pm
Ai man.  Ek voel sleg vir jou part, dis darem hartseer  :(
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 12:21:26 pm
Ai man.  Ek voel sleg vir jou part, dis darem hartseer  :(

Dankie Dorsland!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 12:26:30 pm
Dag 6 Ladysmith - Nelspruit 500km teer alliepad :-[

Hierdie was een van daai dae wat ek nie wil oorh op die bike nie. Ek ry in stormsterkte dwarswinde van Ladysmith tot in Nelspruit. Verloor langs die pad my sin vir humor en kom met my stukkende fiets en hart, stokstywe nek en TKC's wat beter dae geken het by die huis aan..... Familie is darem bly om my te sien en ek vir hulle! :3some:

Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 12:36:00 pm
Volgende dag haal ek panele af om bike skoon te maak en skade na te gaan. (Nadat ek gou by Builders Warehouse elke tool wat lyk of hy op bike kan werk gekoop het!)  Niks wat 'n paar Rand nie kan regmaak nie.... (solank dit nie my Rande is nie) Bike staan nou by Eastview Motorrad vir kwotasie van die regmaak. Lyk rof sover!
R20k+ vir agterste deel van frame, R4k + vir subframe, R10k vir endcan.

Dealer waar fiets gekoop is gaan pa staan vir 'n paar klein dingetjies soos sidestand bracket en skade aan linker tappet cover (bike is so afgelewer).
Ongelooflike ondervinding wat geld eintlik nie kan koop nie......... :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 01:56:00 pm
Petrolverbruik vir die trip

(http://img.tapatalk.com/d/14/07/12/bu6a3ava.jpg)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Dorsland on July 12, 2014, 02:18:01 pm
Watter app is daai NK?  Ek gebruik aCar maar joune lyk interessant
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 12, 2014, 02:36:31 pm
Dis Car Logbook. Werk baie lekker. Kan dienste tires, olie en alle ander kostes daarop track vir al jou voertuie

(http://img.tapatalk.com/d/14/07/12/ymu7yzah.jpg)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Dorsland on July 12, 2014, 02:57:04 pm
 :thumleft: gaan hom bietjie loer
Title: Re:
Post by: RyC on July 12, 2014, 03:41:06 pm
Baie dankie vir die RR! Trips soos hierdie is wat mens voor leef
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Beltzer on July 12, 2014, 08:03:28 pm
Nonking, jammer jou jou skade. Maar eks seker dit was nogsteeds die moeite werd!

Ek het lekker gelees aan dit! Dankie :thumleft:
Title: Re:
Post by: Noneking on July 13, 2014, 10:12:29 am
Nonking, jammer jou jou skade. Maar eks seker dit was nogsteeds die moeite werd!

Ek het lekker gelees aan dit! Dankie :thumleft:
Baie dankie vir die RR! Trips soos hierdie is wat mens voor leef

 :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Mr Zog on July 13, 2014, 11:44:11 am
Ja dis jammer oor die skade en goed  :(

Maar as die bike weer reg is dan het jy die perfekte verskoning om weer n trippie te doen, net om te bewys dat die bike dit wel kan doen  :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: The TRANSPORTER on July 13, 2014, 12:07:46 pm
Lekka man lekka....het dieselfde fuelcell...ek sit myne sommer reg agter my boude op die seat as hy vol is...ek los dan net nie n wind nie... :peepwall: :biggrin:

As ek so na die fotos kyk NK kan dit eerder daai einste fuelcell wees wat jou die skade gegee het,jou bagasie lyk nie te erg nie en was versprei oor die sitplek...miskien daai 5liter fuel wat hom so op en af laat skud het... :(

Lekker RR jammer oor die skade dis nie n lekker gevoel nie. :o
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: mulder on July 13, 2014, 12:14:35 pm
Thanks for sharing your journey, sani pass looked well maintained, was it fairly easy!?
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 13, 2014, 12:37:11 pm
Ja dis jammer oor die skade en goed  :(

Maar as die bike weer reg is dan het jy die perfekte verskoning om weer n trippie te doen, net om te bewys dat die bike dit wel kan doen  :thumleft:

Net so!

Lekka man lekka....het dieselfde fuelcell...ek sit myne sommer reg agter my boude op die seat as hy vol is...ek los dan net nie n wind nie... :peepwall: :biggrin:

As ek so na die fotos kyk NK kan dit eerder daai einste fuelcell wees wat jou die skade gegee het,jou bagasie lyk nie te erg nie en was versprei oor die sitplek...miskien daai 5liter fuel wat hom so op en af laat skud het... :(

Lekker RR jammer oor die skade dis nie n lekker gevoel nie. :o

Ek dink ook dit was daai fuelcell........ Ek het hom nooit eers nodig gehad nie, maar was lekker om nie te worry oor gaan staan nie...... ;D

Thanks for sharing your journey, sani pass looked well maintained, was it fairly easy!?

Sani was very well maintained and really fairly easy, apart from new layer of gravel on the first few switchbacks which had not been compacted. Up and down in 90 minutes, including border and photo stops.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Abre on July 13, 2014, 12:58:36 pm
Thanks for sharing, was very nice to read. Hope the bike gets sorted out soon.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: BLK on July 13, 2014, 01:33:34 pm
Thanks for interesting RR.Sorry about the bike breaking up at the end.

Cheers
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Ian in Great Brak River on July 13, 2014, 07:19:23 pm
Bliksem! ... dis nou 'n egte Ride Report!

Lekker saam gery en gelag, hoop alles is gou weer reg gemaak op jou fiets.

 8)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 06:13:30 am
Thanks for sharing, was very nice to read. Hope the bike gets sorted out soon.
Thanks Abre!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 06:13:47 am
 :thumleft:

Thanks for interesting RR.Sorry about the bike breaking up at the end.

Cheers
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 06:14:08 am
Bliksem! ... dis nou 'n egte Ride Report!

Lekker saam gery en gelag, hoop alles is gou weer reg gemaak op jou fiets.

 8)

Dankie Ian!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Carrots on July 14, 2014, 07:40:30 am
Lekker Canz....lekker gelees en gelag (nie vir jou nie OK  :biggrin:)...veral vir daai GOEIEMORE oomblik. Ek het al 'n paar van hulle beleef en soos jy gese het full kit met boots en braces maak die spul nie eintlik makliker nie.

Jammer oor jou skade...maar mens kan dit regmaak. Die memories wat jy gaan onthou vir jou eerste regte vuurdoop gravel trip gaan vir ewig by jou bly. Priceless.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 07:54:35 am
Lekker Canz....lekker gelees en gelag (nie vir jou nie OK  :biggrin:)...veral vir daai GOEIEMORE oomblik. Ek het al 'n paar van hulle beleef en soos jy gese het full kit met boots en braces maak die spul nie eintlik makliker nie.

Jammer oor jou skade...maar mens kan dit regmaak. Die memories wat jy gaan onthou vir jou eerste regte vuurdoop gravel trip gaan vir ewig by jou bly. Priceless.

Dankie Carrots!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Me 109 on July 14, 2014, 09:41:14 am
Great RR Noneking! Ek het dit verslind, en baie geniet, amper soos jou brekfis na die groot honger :drif: Jou fiets is 'n "collectors item", wens ek kon een in my garage inry. Hoop ek ry jou erens in die toekoms raak... Sterkte met die repairs, dit bly deur en deur die moeite werd  :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: ALLEN I on July 14, 2014, 10:30:57 am
Nice RR had a lekker ride with you, hope you get the bike going soon   :ricky:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 11:06:52 am
Nice RR had a lekker ride with you, hope you get the bike going soon   :ricky:
Great RR Noneking! Ek het dit verslind, en baie geniet, amper soos jou brekfis na die groot honger :drif: Jou fiets is 'n "collectors item", wens ek kon een in my garage inry. Hoop ek ry jou erens in die toekoms raak... Sterkte met die repairs, dit bly deur en deur die moeite werd  :thumleft:

 :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 01:58:09 pm
BLIKSEM dis 'n mooi bike !!

(http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?action=dlattach;topic=154891.0;attach=366497;image)

Ek laaik hom ook erg! :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: bud500 on July 14, 2014, 03:26:35 pm
Hey Canz, blerrie lekker report en baie goed geskryf.  :thumleft:
My gat jeuk nou erg.

Terloops, as jou Mac soos my Macbook werk dan kan jy enige letter net inhou tot die nodige letter opsies op die screen op pop, dan kies jy ń nommer wat ooreenstem met die letter wat jy soek.

O ja, eks seker jy sal nie weer winter gloves vergeet nie, maar volgende keer pak sommer vir jou van daai surgical gloves wat jy vir die werk gebruik in, werk lekker teen die koue saam met gewone gloves. Skottelgoed handskoene werk ook en is maklik om erens langs die pad te koop.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 04:33:42 pm

Dankie Deon!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Stichhom on July 14, 2014, 10:03:25 pm
Dankie vir die baie interessante en puik RR. Ek het dit baie geniet. Ken jou 2 fietse, dit al gesien, ek bly in dieselfde straat as jy en nie geweet jy is so yster met n motorfiets nie. Wanneer is die volgende rit?
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 10:13:22 pm
Dankie vir die baie interessante en puik RR. Ek het dit baie geniet. Ken jou 2 fietse, dit al gesien, ek bly in dieselfde straat as jy en nie geweet jy is so yster met n motorfiets nie. Wanneer is die volgende rit?

Dankie!

Klein wereld Stichhom!

Watter nr?

S hallo as jy weer verby my ry. Het al die KLR in die straat gesien. Jy commute met hom n?
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Stichhom on July 14, 2014, 10:27:48 pm
Nr. 40.

Ja, ek commute met hom en geniet dit nogal. Wil eendag as ek jou buite sien gesels oor die HP2. Dis n baie unieke en interessante motorfiets vir my, alhowel ek net in oranje droom!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 14, 2014, 10:30:21 pm
Nr. 40.

Ja, ek commute met hom en geniet dit nogal. Wil eendag as ek jou buite sien gesels oor die HP2. Dis n baie unieke en interessante motorfiets vir my, alhowel ek net in oranje droom!
:thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: cjvrensb on July 17, 2014, 09:38:36 am
Dit lyk na moviese lekker roete en trip daarmee saam.. great RR, mooi fotos baie dankie vir die deel! :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: cjvrensb on July 17, 2014, 09:40:06 am
is dit moontlik om die roete dalk hier op te sit asb sal baie graag daai mooi trippie wil doen.  :drif:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 17, 2014, 09:46:55 am
Dit lyk na moviese lekker roete en trip daarmee saam.. great RR, mooi fotos baie dankie vir die deel! :thumleft:
is dit moontlik om die roete dalk hier op te sit asb sal baie graag daai mooi trippie wil doen.  :drif:

Dankie!

Ek het sonder GPS gery en nie die roete getrack nie.....
In kort het ek by grondpaaie gehou so na as moontlik aan Lesotho grens. Redelik maklik om op 'n kaart te plot. As jy vrae het oor spesifieke dele van roete help ek graag, maar 2800km se roete neerskryf sal moeilik gaan.... ;D
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: cjvrensb on July 17, 2014, 10:29:44 am
Dankie nee ek het opgelet dat daar gen GPS betrokke was nie.. eintlik 'n lekker ding!. Net die Map studio boekie nou en dan op die fotos gesien.. alles reg ek sal bietjie sommer hier op Google Maps die roete bekyk...
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 17, 2014, 04:02:29 pm
👍 Baie lekker roete!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Fred4stroke on July 18, 2014, 02:39:12 pm
Nou het ek darm lekker saamgery op hierdie Vrydag!

Dankie!!  :)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Lem on July 18, 2014, 03:03:29 pm
jyt die taak van trip beplan vir ons baie maklik gemaak nou

eendag as ek gereed is, gaan ek hierdie roete presies doen, en sal jou op nommer druk  :thumleft:

baie dankie vir die deel, ek het baie lekker gelees
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on July 18, 2014, 03:23:36 pm
jyt die taak van trip beplan vir ons baie maklik gemaak nou

eendag as ek gereed is, gaan ek hierdie roete presies doen, en sal jou op nommer druk  :thumleft:

baie dankie vir die deel, ek het baie lekker gelees

Enige tyd!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on August 08, 2014, 08:16:46 pm
Die HP2 is terug by die huis na 'n maand by BMW vir die herstelwerk!  :ricky: :ricky:

Akrapovic Slip on
Raam vervang
Grys panele vervang
Subframe vervang
Nuwe tappetcover en protector links
Nuwe flikerlig links agter

..... en 'n paar ander bits n' bobs

R50000-00 later........ Ek verwag nie kerskaartjie van my versekeraar nie.... net 'n premie verhoging
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Carrots on August 11, 2014, 09:52:16 am
Lyk bevange!!  :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: bud500 on August 11, 2014, 12:10:00 pm
DWF bietjie daai Akra, dan sal daai seep strepe af kom.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Legend on August 11, 2014, 02:34:35 pm
Baie lekker gelees en geleer uit jou ondervindings.  :)
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: HB 9 on August 11, 2014, 06:02:04 pm
Great RR and even better memories!!  :thumleft:  :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Heimer on August 11, 2014, 07:51:09 pm
Ek het die RR nou net begin tot einde gelees en baie geniet.

Nice fotos en nice geskryf.

Ek is bly die bike is reg  :thumleft: Hp2's raak min en hulle moet mooi opgepas raak
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on August 11, 2014, 09:04:40 pm
Baie lekker gelees en geleer uit jou ondervindings.  :)

Great RR and even better memories!!  :thumleft:  :thumleft:

Ek het die RR nou net begin tot einde gelees en baie geniet.

Nice fotos en nice geskryf.

Ek is bly die bike is reg  :thumleft: Hp2's raak min en hulle moet mooi opgepas raak

 :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on August 11, 2014, 09:27:39 pm
DWF bietjie daai Akra, dan sal daai seep strepe af kom.

Wat's DWF? Is ek nouweer stupid?
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: bud500 on August 11, 2014, 09:39:36 pm
DWF bietjie daai Akra, dan sal daai seep strepe af kom.

Wat's DWF? Is ek nouweer stupid?

Sorry, Dewatering Fluid.
Dis Castrol produk, met naam DWF, in wit blik.

Dit beveg roes sonder om olierigheid oor te laat wat stof kan aantrek. Toe ek sorg vir my Wings, wat ook titanium is, research het, het die vervaardig die raad gegee. Ek doen dit na elke was.
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Draadwerk on August 11, 2014, 09:43:51 pm
Thanks NK. Was lekker om jou trip mee te maak. Volgende keer gaan ek saam met jou !
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: roxenz on August 12, 2014, 02:49:58 pm
Het nou eers op hierdie uitstekende RR afgekom.  Liewerste laat as nooit.  Baie dankie vir die moeite om dit aanmekaar te sit Noneking!  Dit vat nogal tyd om te doen.  Ek het baie lekker gelees, saam koud gekry, sooibrand gekry van al daai Ricoffy, lekker gekry vir die mooi paaie (het my klein "stickertjie" gesien op jou fotos van Sani, Naude's pas borde), maar met die GOEIEMORE deel was jy op jou eie...  :biggrin:

Bly daai mooi fiets is weer in een stuk!  Waantoe volgende?
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on August 12, 2014, 05:57:40 pm
DWF bietjie daai Akra, dan sal daai seep strepe af kom.

Wat's DWF? Is ek nouweer stupid?

Sorry, Dewatering Fluid.
Dis Castrol produk, met naam DWF, in wit blik.

Dit beveg roes sonder om olierigheid oor te laat wat stof kan aantrek. Toe ek sorg vir my Wings, wat ook titanium is, research het, het die vervaardig die raad gegee. Ek doen dit na elke was.

Sal dit probeer , dankie vir die tip!
Title: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on August 12, 2014, 05:58:32 pm
👌
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on August 12, 2014, 05:59:03 pm
Thanks NK. Was lekker om jou trip mee te maak. Volgende keer gaan ek saam met jou !
Het nou eers op hierdie uitstekende RR afgekom.  Liewerste laat as nooit.  Baie dankie vir die moeite om dit aanmekaar te sit Noneking!  Dit vat nogal tyd om te doen.  Ek het baie lekker gelees, saam koud gekry, sooibrand gekry van al daai Ricoffy, lekker gekry vir die mooi paaie (het my klein "stickertjie" gesien op jou fotos van Sani, Naude's pas borde), maar met die GOEIEMORE deel was jy op jou eie...  :biggrin:

Bly daai mooi fiets is weer in een stuk!  Waantoe volgende?
dankie manne!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Skim on January 12, 2015, 06:34:53 pm
Great RR - maak mens lus om pad te vat!!!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: onderbroek on January 12, 2015, 08:41:04 pm
Lekker ride report die gewen.

Dankie
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Damaraland on January 13, 2015, 08:34:46 am
Awesome RR, 'n goeie sin vir humor maak dinge soveel makliker en die probleme soveel kleiner!
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on January 13, 2015, 12:45:35 pm
Great RR - maak mens lus om pad te vat!!!
Lekker ride report die gewen.

Dankie
Awesome RR, 'n goeie sin vir humor maak dinge soveel makliker en die probleme soveel kleiner!

Baie dankie dat julle gelees het!👍👍
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Grunder on May 27, 2019, 12:42:45 pm
Slow day at work...

Toe vind ek die mannetjie   :ricky:

Dankie man
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: Noneking on May 28, 2019, 03:30:43 pm
Slow day at work...

Toe vind ek die mannetjie   :ricky:

Dankie man

Sjoe.... My heel eerste ride report.....  :laughing4:
Title: Re: Klein lessies rondom Lesotho......
Post by: LouisL on June 12, 2019, 07:40:39 pm
Dankie vir die lekker lees. Het lekker saamgery met al die foto's van bekende plekke. Bly vir jou onthalwe die bike is weer heel maar f@k weet ek kannie glo dat die ding so opgebreek het nie :o en jy het nie eers geval nie! Maar soos iemand gese het, so maak mens memories  :)