Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Dorsland on September 13, 2014, 02:37:28 pm

Title: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 13, 2014, 02:37:28 pm
Ons kom nou al so 17 jaar sonder 'n TV klaar.  Ja, daar is lewe na TV, glo dit of nie. So elke tweede week of so dan neem ons 'n half dosyn of wat DVDs uit en dan kyk ons die flieks wat ns wil kyk.  Die enigste DVD winkel in Graaff-Reinet wat ons sal toelaat om hulle vir 'n week of wat te hou, is so 'n snaakse winkeltjie/internetkafee/goedkoop lekkergoed/faksplek en ons maggie die heel nuutste flieks uitneem nie.  Maar teen R5/DVD kan ons nie kla nie.  En daar is 'n paar oulike flieks ook, goed wat mens al van vergeet het.  Flieks met Robert Redford in voor hy nog so geplooi en gevou was.  Toe flieks nog verfilm was en nie op 'n rekenaar gemaak is nie.

Maar wag ek loop myself nou vooruit.

Dis die laaste tydtjie hier effe bedrywig gewees met die lammery maar di is nou so oppie hond se stert.  Ek is al amper gatvol vir Boerbokke. Amper maar nie heeltemal nie.  My moermeter loop party dae so hier naby aan die rooilyn en ek voel ek moet nou bietjie gaan langpad grond ry. My 2IB herinner my gister die DVDs moes al Donderdag terug gewees het. Ha, dink ek, hier's my kans.  

Vanoggend vroeg gou die lammerkrale deurgestap en sien als is agtermekaar, die baas vannie plaas kan maar sleep.  Trek gou my ryklere aan, rol die fiets uit die motorhuis en laat waai.  Dis lekker vars, en nogal koel so voor die son uit is. Ek ry lekker rustig tot by die teerpad.  So in die ry besef ek dat ek toe die dekselse DVDs by die huis gelos het.  Maar ek ry nou te lekker om om te draai, sal hulle volgende week maar terugvat en die boetetjie betaal.  By die teerpad aangekom, trek ek maar by my gebruiklike waterafslaanstop af om gou die 2IB te bel en laat weet ek het die goed by die huis gelos.  Toe ek my valhelm afhaal hoor ek daar kom 'n bakkie met die grondpad aangery.  Ek kyk weer mooi en sien, heng! dis my 2IB wat hier aankom.  Sy mis my seker nie nou al nie.

Nee glimlag sy, sy weet ek stop altyd hier, toe bring sy maar die DVDs. Sy't gehoop sy sal my inhaal.  Ek sal haar moet inruil, sy ken my al t goed.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130009_zpsd018f804.jpg)

Ek ry maar rustig teerpad langs tot in die dorp waar die ou DVD winkeltjie nog nie oop is nie,  maar ek sien die ou binne.  Ek klop oppie deur en gee sy flieks terug.  My plan was om sommer so grondpad van die Murraysburgpad af, Nieu-Bethesda toe te ry, daar by Tannie Idyl en Oom Niel hulle se plekkie op die dorp ietsie te eet en nonsens te gesels en dan weer plaastoe.  Ek ry uit die dorp uit, lekker rustig.  Gaan so 'n paar bergfietsryers wat die lekker lenteoggend ook geniet, verby.

Dis darem maar mooi, sulke groot wye oop vlaktes, water en berge, blou lug, stil.  

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130011_zps1e725c1d.jpg)

Dis mos hier in die rivierloop - daar waar die dam nou l - waar die Ingelse daai jare vir Gideon Scheepers, Kaapse rebel in die Anglo-Boere Oorlog, summier tereggestel het.  Ek wonder of dit dalk so 'n vars mooi oggend soos vandag was toe hy vir die laaste keer sy geliefde land gesien het. Dis seker maar in ons Afrikaners se gene geteel:  die heimwee en hartseer wat altyd met die mooi sy verskyning maak.

Ek ry aan oor Oubergpas, sommer stadig want dis mooi en ek wil rondkyk en dit geniet.  Nog 'n klompie fietsryers trek heel links dat ek hulle kan verbygaan.  Ek bou motorfietsrysers se aandele en groet hulle beleefd.  Dis 'n oor en weer gewaaiery en dan is ek verby.  Bo op die lekker teerpas draai die Nieu-Bethesda grondpad regs uit en ek bewonder die uitsig oor die dam na Graaff-Reinet in die verte.  Nou'sit lekker!  Ek draai die 800 se oor effe, staan op in die klassieke BMW meerkat styl en glimlag sommer breedt.

Jissie ouens, dis mooi, dis lente, dis warm, dis stil dis oop dis grondpad dis vryheid.  Ek wil vir die lekker sommer vinnig ry maar ek wil stadig ry om als te sien en te geniet.  Di potslagters het seker di skaap geniet, die skaap en die boer nie soveel nie.  Bliksems!

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130015_zps0be9a6a1.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130014_zpsd1ba6e53.jpg)

Die wilgers loop al mooi uit

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130016_zps94db1110.jpg)

Tipiese Karookoppies, sommer baie van hulle

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130017_zpsd9908035.jpg)

Oor 'n bult gekom, le die plaas Rietpoort voor my, sy spilpunt an't loop daar doer regs, lusern l geilgroen onder die silwer water. Daai ho bergpiek doer ver is Kompasberg uit 'n ander hoek gesien.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130018_zpsc8426ad2.jpg)

Hier moet ek stop.  Ek het immers van daai goedkoop jellie babies by die DVD winkeltjie gekoop.  

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130019_zps3daf2a0b.jpg)

Dis 'n snaakse gevoel; ek wil ry want dis sommer oop, maar ek wil 'n wyle hier vertoef want dis so mooi en stil en oop.  Maar wag, ek het dit mos reeds ges.  In elk geval, ek stap toe so 'n ent die pad op terwyl ek so peusel aan die lekkergoed.

Dog toe dit lyk soos 'n goeie plek vir 'n selfie.  Dink nie ek het di nuwegeit al onder die knie nie.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130022_zps385378d9.jpg)

Daar is sulke koueweer vlieswolkies wat in die lug is, maar hieronder is daar nie eens 'n grashalm wat roer nie.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130023_zps1e62eaf3.jpg)

En toe kom Dorsland tuis op Dorsfontein.  Nou se tyd is daar darem 'n klamigheid oppie lande maar dit lyk my so in die somer kan di plaas dors raak.   Harde plaas, ek hoop die boer het ook 'n winterplaas, anders gaan dit bars hier.  

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130024_zps80ec5657.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130025_zps99db02d7.jpg)

Ek ry verder.  Oor 'n bult, 'n stuk sinkplaat en om 'n draai en toe is dit paradys sommer langs Dorsfontein.  Watergoud in die dorre Karoo.  Kompleet met populiere en wilgers en groenvoerlandjies langs die stroom se loop.  Ai man, dis mooi.  Sommer 4 kiekies mooi ...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130026_zpsde74d0e9.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130027_zpsf3906d9d.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130028_zps0ce1a5b3.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130029_zps31473ce5.jpg)

Soos ek ry sien ek die spuitstrale van die vliegtuie doer bo,  dit moet koud wees daar, nog nie lente by hulle tussen daai vlieswolkies nie.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130030_zps40ba5e61.jpg)

Ek moet weer stop om dit af te neem, sommer die skaapMacDonalds ook, (dis nou die turksvylande).  Terwyl ek daar staan en kiekies neem, sien ek di boer moes sy suipdam onlangs mooi sement en sout uitgeverf het.  Dit lyk sommer soos 'n swembad.  Ek soek die Kreepy Krauly maar ek dink die kraaie of die jakkalse het hom gevat.  

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130031_zps95cea8cc.jpg)

In elk geval, daar is nie nou tyd vir ginnegaap nie, my maag dink al hoeka my slukderm is afgesny, Oom Niel hulle se plekkie roep al hoe harder.  

Opsaal kerels!  Nieu-Bethesda toe!  

Dis die lekker van die platteland.  Daar sit ek oppie stoep en tee drink en eers stop Charl, die meulenaar/bakker op Nieu-Bethesda.  Hy vertel van sy meulkoppeling wat gebreek het en hoe hy dit laat herstel het. Hy vertel van sy growwe regte egte koringmeel, van polenta, van regte brood wat binne 'n dag oud word.  Nie soos vandag se windbrode wat na 10 dae nog vars is nie.  Dan kom sit tannie Idyl en vertel van die boek wat sy en oom Niel soggens saam lees omdat sy o te sleg geraak het.  Sy vertel oor die tuisskool wat sy vir haar kleinkinders gee (sy is 'n oud onderwyseres), oor hoe die veld vanjaar stadig is om aan die gang te kom, oor die onenigheid onder die dorpie se mense oor een of ander kleinigheid.  

En ek het vrede in my hart oor die onbenullighede waaroor ons gesels, oor die kleindorpgeit van dit alles, oor die plat op die aarde mense wat hier woon en lewe.  Ek kan nog lank hier sit en die eenvoud daarvan saam my tee indrink.  

Maar ek het 'n hengse klomp lammers op die plaas wat my oog oor hulle benodig.  Ek ry verder.

Die Karoo se mooiste maand - Oktober - l om die draai.  Maar nou, hier van bo-op die Sneeuberge, lyk die wreld daar onder swart gebrand.  Hy wag nou op ren.  

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130038_zpsc4bee107.jpg)

Die natuur gee darem so 'n voorskou van hoe dit gaan lyk oor 'n paar weke van nou.  (Die ou Karoomanne moet maar help, ek leer nog die name)

Daar is kapokbos ...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130037_zpsfcd24334.jpg)

... gousblomme...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130035_zps9de3c6fc.jpg)

... bloublommetjies...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130036_zpsef6fe8b4.jpg)

.... Jakkalsblom ...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130034_zpsb62cf584.jpg)

... kankerbos...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130033_zps5c2ee11c.jpg),

januariebos...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130040_zps35260f5f.jpg)

Hulle beginne nou net hulle pragtige lenteklere aantrek.  Dis nie nou lank nie dan lyk ons wreld soos 'n paradys.  

Ai, dis maar 'n beslommernis om die DVDs terug te neem.  

Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: pietas on September 13, 2014, 02:48:45 pm
Jis, broer maar julle bly in 'n mooi omgewing. Ek geniet jou stories
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Titanic on September 13, 2014, 03:08:48 pm
Laaste keer wat ek die ou se stories lees.
Ek is nou so jaloers ek is sommer depresief.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Sandban(g)k on September 13, 2014, 03:09:53 pm
Jy maak altyd dat mens wil opklim en saamry!

As ek eendag groot is, kom ek kuier sodat oom my kan leer van die lewe! Ons jongmanne wil mos nog net jaag....
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: JMOL on September 13, 2014, 03:10:58 pm
Dis nou 'n lekker storie - dankie vd deel. :thumleft:
Title: Re:
Post by: Brandt on September 13, 2014, 03:20:00 pm
Baie dankie vir die RR. Ek sal graag eendag in die Karoo wil gaan bly vir so bietjie rus en vrede.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Crossed-up on September 13, 2014, 03:25:53 pm
I really enjoyed this - thanks!  It's a gift to be able to communicate the feeling of travelling this beautiful land.  

Just a small ride, but a great report.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Mev Vis Arend on September 13, 2014, 03:33:36 pm
I really enjoyed this - thanks!  It's a gift to be able to communicate the feeling of travelling this beautiful land.  

Just a small ride, but a great report.

 :thumleft: :thumleft:

Dankie vir die deel. 
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: subie on September 13, 2014, 03:41:39 pm
Mooi kiekies en pragtig geskryf  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 13, 2014, 05:10:49 pm
Dankie julle.  Ja was so 'n kortetjie maar nogtans lekker.  Ai Titanic, nee man, klim sommer daai fiets van joune en ry die vlaktes in.  Fietsry maak altyd die kop bietjie skoon.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 13, 2014, 05:11:42 pm
I really enjoyed this - thanks!  It's a gift to be able to communicate the feeling of travelling this beautiful land.  

Just a small ride, but a great report.

Thanks CU, I think we all enjoy different aspects when we ride.  Glad you enjoyed it  :thumleft:

Jy maak altyd dat mens wil opklim en saamry!

As ek eendag groot is, kom ek kuier sodat oom my kan leer van die lewe! Ons jongmanne wil mos nog net jaag....

Neewat SB, ek leer nog elke dag self,  maar jy is welkom om saam my te kom leer  :biggrin:  Wanneer lees ons bietjie 'n RR met daai 800 van joune?  Of het jy hom verkoop  >:D
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Sandban(g)k on September 13, 2014, 05:33:30 pm
Nee hys nog nie eers ingeloop nie. Dis mos amper plantseisoen, so ek hardloop nou bietjie rond... Maar binnekort...
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Crab on September 13, 2014, 06:13:37 pm
Lekker!
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: AcidSam on September 13, 2014, 07:50:07 pm
Aai Laaik  :biggrin:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Bokveld on September 13, 2014, 09:27:45 pm
  Dankie Dorsland.Daai rantewereld van julle bly maar mooi.Ek gaan more solank lewe,self bietjie die veld invaar.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: luv2ride on September 14, 2014, 04:53:23 am
Jislaaik, maar dis mooi daar  :drif: Jy gaan koop seker elke dag brood en melk in die dorp. Ek sou!
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Batstrom on September 14, 2014, 07:19:57 am
Brilliant report, its a rare pleasure to read such well written descriptive afrikaans....
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Jman on September 14, 2014, 07:40:14 am
Het dit nou geniet, dankie vir die deel  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Knucklhead on September 14, 2014, 07:43:34 am
Mooi dorsland
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 14, 2014, 10:55:37 am
Dankie julle  :thumleft:  Ek het die regte dag gekies, vandag is oortrokke en die wind waai lekker.  Ja, 'n ou is maar dankbaar vir dit waarmee jy gesen is.  Soos my 2IB altyd s: mag ons nooit gewoond raak aan dit nie.

Brilliant report, its a rare pleasure to read such well written descriptive afrikaans....

Thanks Batstrom, glad you enjoyed it :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: woody1 on September 14, 2014, 11:56:34 am
Jy het darem maar 'n YSTER van 'n vrou.
Ek het lekker saamgery... net die Koedoe droewors gemis... :ricky:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: HB 9 on September 14, 2014, 03:03:48 pm
Dit lyk vir my daar is 'n paar skrywers so tussen die Wilde Honde...  :deal:

Masai, Dorsland, die Visarende, Danie.... en ander wat ek nie nou kan onthou nie...  :peepwall:

Baie dankie vir jul manier van RR's doen - ek waardeer en reis lekker saam...  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Lem on September 14, 2014, 03:26:42 pm
iemand het verlede week n feel good thread begin wat hy beskryf het as "'n Dorsland Moment "

toe ek hierdie een se eerste paragraaf lees, toe weet ek hier kom nog so een. Pragtige wereld daar om jou, dis vir oomblikke soos hierdie wat ook bike ry  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on September 14, 2014, 04:45:49 pm
Jy het n gawe wreld om in rond te ry Dorsland. :thumleft: :deal:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Karoo Rider on September 14, 2014, 04:51:08 pm
iemand het verlede week n feel good thread begin wat hy beskryf het as 'n Dorsland Moment

toe ek hierdie een se eerste paragraaf lees, toe weet ek hier kom nog so een. Pragtige wereld daar om jou, dis vir oomblikke soos hierdie wat ook bike ry  :thumleft:

 :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 14, 2014, 05:14:58 pm
iemand het verlede week n feel good thread begin wat hy beskryf het as "'n Dorsland Moment "

toe ek hierdie een se eerste paragraaf lees, toe weet ek hier kom nog so een. Pragtige wereld daar om jou, dis vir oomblikke soos hierdie wat ook bike ry  :thumleft:

hehehehe dis gaaf Lem.  Stuur my bietjie 'n link as jy kan onthou.

Kyk, ek is so lus vir jaag soos die volgende ou maar soms - ja OK, soos die jare verbygaan raak soms meer dikwels - dan is dit lekker om die wreld om my te ervaar.  Nie net te sien en af te neem nie, maar werklik ervaar.  Ek dink daar is 'n skatkis bitter interessante stories wat op klein dorpies te vertel is.  Mens moet net bietjie rustig raak, gaan sit en luister, daai mense wl praat.  

Dit het al 'n paar keer met my gebeur dan is ek langs die pad gestop.  Kort voor lank stop 'n ou in sy bakkie en vra is als reg.  Nog voor ek my kan kry, dan gesels ons dat die rook op ons trek.  Vir my is dit seker maar die kern van reis, om die omgewing waardeur ek ek ry en die mense wat daar woon, te ervaar.  Ek dink nie dit kan gebeur as jy hakke innie ribbes daardeur jaag nie.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on September 14, 2014, 05:25:13 pm

[/b]
Is darem jammer ons het nie tyd om meer by mense te stop nie. Eenslag ry ek deur Warmbad (dis nou die stad in Namibi)
met die uitry sit n oompie op n stoep en hy waai vir my in die verbyry.
Ek is vandag nog spyt ek het nie gestop nie. Ek reken vir elke plooi op sy gesig het hy seker n 100 stories gehad. :deal:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Jondu on September 14, 2014, 05:34:15 pm
Lekker geskryf. Wens ek kon so skryf, maar woorde is my swakpunt.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Jondu on September 14, 2014, 05:37:08 pm
Nog iets. Jou fotos maak gou en lekker oop. Wel done.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: 4 Kays on September 14, 2014, 06:05:19 pm
Dorsland, baie dankie vir die deel en jou skryfstyl is wonderlik.  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dutchman81 on September 14, 2014, 07:40:36 pm
Baie dankie oom Dorsland , lees en ry altyd lekker saam met oom se RR :deal:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dogless on September 14, 2014, 08:06:34 pm
Baie lekker gelees. Ons is 'n klomp maters vanaf Gauteng wat juis oorweeg om volgende jaar deur die Karoo te toer maar sit nog en herkou oor wanneer dit moet geskied. En nou gee jy my die antwoord. Baie dankie.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Heimer on September 14, 2014, 09:24:39 pm
Mens kan jou goeie bui sommer raaklees in die eerste paar sinne. Nou het jy my ook aan die smile. Dankie  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Gee S on September 15, 2014, 02:05:47 pm
Ja nee dit was nou n lekker RR. Ek het dit baie geniet. Dankie.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Lou1 on September 15, 2014, 02:30:13 pm
Lekker :thumleft: :ricky:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Oulouis on September 15, 2014, 02:41:25 pm
Dankie vir die deel.  Ek hou van jou selfie. :biggrin:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 03:00:29 pm
Dankie vir die deel.  Ek hou van jou selfie. :biggrin:

Ek is 'n mooi ou n  :imaposer:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 03:07:04 pm
Baie lekker gelees. Ons is 'n klomp maters vanaf Gauteng wat juis oorweeg om volgende jaar deur die Karoo te toer maar sit nog en herkou oor wanneer dit moet geskied. En nou gee jy my die antwoord. Baie dankie.

@ Dogless (dis seker erg om sonder 'n hond die lewe deur te gaan  ;D): Ek sou s mens moet dalk September/Oktober/November oorweeg alhoewel November al begin warm raak.  Nou is dit nog lekker (alhoewel vandag al 33C en gister 34C was), maar Desember/Januarie dan raak dit kwaai warm en 'n ou bars maar met jou ATGATT.  40C en hor is nie ongewoon nie.  Leipoldt was reg gewees; Oktober is eintlik 'n pragtige maand met al die veldblomme wat blom.

C. LOUIS LEIPOLDT

Oktobermaand

Viooltjies in die voorhuis,
        Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
        En orals, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober,
                       die mooiste, mooiste maand:
Dan is die dag so helder,
                       so groen is elke aand,
So blou en sonder wolke
                       die hemel heerlik bo,
So blomtuin-vol van kleure
                       die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober:
                       die varkblom is in bloei;
Oor al die seekoegate
                       is kafferskuil gegroei;
Die koppies, kort gelede
                       nog as n klip so kaal,
Het nou vir welkomsgroetnis
                       hul mooiste voorgehaal.

Dit is die maand Oktober:
                       die akkerboom is groen;
Die bloekoms langs die paaie
                       is almal nuutgeboen;
En orals in die tuin rond
                       ruik jy sering en roos,
Jasmyn en katjiepiering,
                       lemoen en appelkoos.

Al was die dag soos yster,
                       lank in die vuur gesteek,
Die varings in die klofies
                       deur hitte geel verbleek,
Tog as die son daaronder
                       agter die berge gaan,
Dan word oor heel die wreld
                       die mooiste geur geslaan.

Dit is die maand Oktober:
                       die kokewiet is uit;
Boomsingertjies en kriekies
                       die hoor jy orals fluit;
Fiskaal is op die oorlog:
                       daaronder by die sluis,
Daar is n dor ou doringboom
                       sy spens en sy kombuis,

Dit is die maand Oktober:
                       ek dink, die mense vier
Vir ewig in die hemel
                       Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme,
                       as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier,
                       of heerliker verwag?

Ek is nog in Oktober:
                       my tuin is nog so groen,
So wit met al wat mooi is,
                       met bloeisels van lemoen,
So pragtig in die mre.
                       so heerlik in die aand!
Ek is nog in Oktober,
                       die mooiste, mooiste maand!

Wat gee ek om die winter?
                       Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit, as ons later
                       weer donker dae kry?
Ek is nou in Oktober,
                       die mooiste, mooiste maand,
Met elke dag so helder,
                       so pragtig elke aand!

Viooltjies in die voorhuis,
        Viooltjies blou en rooi!
Viooltjies orals op die veld,
        En orals, ai, so mooi!
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 03:09:25 pm
Nog iets. Jou fotos maak gou en lekker oop. Wel done.

Dankie Jondu, waardeer die kompliment.  Elkeen van ons is gesen met talente en gawes, jy doen weer ander dinge goed. 

Ek gebruik sommer Photobucket om my kiekies mee te pos.  Ek sien dit werk goed.  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 03:11:59 pm

Is darem jammer ons het nie tyd om meer by mense te stop nie. Eenslag ry ek deur Warmbad (dis nou die stad in Namibi)
met die uitry sit n oompie op n stoep en hy waai vir my in die verbyry.
Ek is vandag nog spyt ek het nie gestop nie. Ek reken vir elke plooi op sy gesig het hy seker n 100 stories gehad. :deal:

Ek dink dis daai Dana Snyman wat altyd so lekker stories skryf oor die mense wat hy teekom.  Ou Tolla hulle was maar ook so; het 'n storie oor elke dorp en van elke mens gehad.  Ja Chris, die lewe druk ons alewig in die vinnige baan in en dis sommer nou dan is dit verby, dan is spyt te laat.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 03:12:47 pm
Dankie vir al die terugvoering ouens,  bly julle geniet dit.  Donasies in die Dorsland Vroe Aftreefonds is welkom  :imaposer: :imaposer:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: See Duiwel on September 15, 2014, 03:31:04 pm
Die RR was nou vir my 'n Gin en Tonic.  Het hoeka vandag weer daai gevoel dat die swart hond my wil insluk. So flippen gejaag net om elke maand die bankman weg te hou. Skaars aan die asem haal dan is dit weer sulke tyd.  Ek probeer elke Saterdag so draai ry hier in die Koo in. Net so 250km roundtrippie maar maak wreld se verskil.  Deesdae altyd alleen en so vinnig as wat ek kan. Net om onder die maalkolk van gedagtes te kan uitkom.  Ek gaan nog eendag daar by jou uitdop Dorsland, genooid of ongenooid.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 03:39:40 pm
Jis ou SD,  en hulle s boerdery is rustig  :o  Ja, so 'n trippie maak 'n ou se kop weer bietjie skoon. Mens moet maar tyd maak daarvoor.

En jy is altyd welkom, genooid of ongenooid, oorslaap of net keelnatmaak.  Die bier is in elk geval altyd koud en ek is seker ek kan so 'n tjoppie of 20 erens uitkrap as dis vleislus ons oorval  :lol8:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Karoo Rider on September 15, 2014, 04:05:56 pm
Dink ek moet sommer na werk so ent gaan ry, klink of dit die oplossing is vir hierdie sluimerende swartgalligheid wat so wil-wil kopuitsteek by my gemoed.  Of dalk is dit maar net die Maandag wat my onkant betrap het.  En nou wat Dorsland boonop praat van vleisbraai daar op die plaas, sal daai aand se lekker kos en kuier mos homself nou op repeat kom instel het hier in my kop! :biggrin:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Noneking on September 15, 2014, 07:18:09 pm
Soos gewoonlik 'n lekker stuk om te lees met fotos wat 'n ou wil laat ry. Geniet jou stories Dorsland!
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 07:18:32 pm
Dink ek moet sommer na werk so ent gaan ry, klink of dit die oplossing is vir hierdie sluimerende swartgalligheid wat so wil-wil kopuitsteek by my gemoed.  Of dalk is dit maar net die Maandag wat my onkant betrap het.  En nou wat Dorsland boonop praat van vleisbraai daar op die plaas, sal daai aand se lekker kos en kuier mos homself nou op repeat kom instel het hier in my kop! :biggrin:

Hoe ver is jy nog,  die kole is amper reg  :biggrin:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 15, 2014, 07:25:34 pm
Soos gewoonlik 'n lekker stuk om te lees met fotos wat 'n ou wil laat ry. Geniet jou stories Dorsland!

 :thumleft:  Is dit jy wat so haasbek in jou avatar is ?  :biggrin:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Noneking on September 15, 2014, 08:28:01 pm
Soos gewoonlik 'n lekker stuk om te lees met fotos wat 'n ou wil laat ry. Geniet jou stories Dorsland!

 :thumleft:  Is dit jy wat so haasbek in jou avatar is ?  :biggrin:

Dis toe ek nog jonk en maer en mooi was.....
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dogless on September 15, 2014, 09:03:34 pm

@ Dogless (dis seker erg om sonder 'n hond die lewe deur te gaan  ;D):

Eks vreeslik lief vir honne maar elke afsterwe is soos dood in die gesin. Ek was nooit 'n kat mens nie tot die kinders die goed hier aangebring het. Nou geniet ek hulle. Anders as honde maar oulik in eie reg

Ek sou s mens moet dalk September/Oktober/November oorweeg alhoewel November al begin warm raak.  Nou is dit nog lekker (alhoewel vandag al 33C en gister 34C was), maar Desember/Januarie dan raak dit kwaai warm en 'n ou bars maar met jou ATGATT.  40C en hor is nie ongewoon nie.  Leipoldt was reg gewees; Oktober is eintlik 'n pragtige maand met al die veldblomme wat blom.

Ek noem juis vandag aan maters dat volgende jaar Oktober die maand gaan wees net om met 'n skok agter te kom dis my 50ste dan wat veteken ek en mooiste sal iets moet doen. Eks bly om te sien September sal ook werk want ons neig soontoe
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Karoo Rider on September 15, 2014, 09:07:37 pm
Dink ek moet sommer na werk so ent gaan ry, klink of dit die oplossing is vir hierdie sluimerende swartgalligheid wat so wil-wil kopuitsteek by my gemoed.  Of dalk is dit maar net die Maandag wat my onkant betrap het.  En nou wat Dorsland boonop praat van vleisbraai daar op die plaas, sal daai aand se lekker kos en kuier mos homself nou op repeat kom instel het hier in my kop! :biggrin:

Hoe ver is jy nog,  die kole is amper reg  :biggrin:

 :drif: :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Buff on September 15, 2014, 09:32:38 pm
Die was nou 'n lekker RR  :thumleft: Dankie Dorsland, jy maag maar skryf hoor, jy ken van  :thumleft: Tot ek wat 'n Soutie is het dit verskriklik geniet  ;D En ek stem, sometimes, slowly is way better.

A few years ago I took a week off work to clear my mind and cycled from Brackenfell to Ladismith on my MTB via the coastal route to Gansbaai and then inland via Swellendam. I think in those 7 days I met more people and spent more time communicating one on one than I had in the previous 7 years  :o It remains a trip I treasure in my memory.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Veldbrand on September 15, 2014, 09:45:01 pm
Dorsland, soos altyd skyn daar 'n eenvoudige egtheid deur die woorde wat jou ervaring mooi oordra. Dankie.
Lekker om te lees en daai area is gemaak vir 'n kamera.
Ek laaik ook daai sluip en stop style deesdae. Mens sien soveel goed raak wat jy andersins heeltemal sou gemis het.
Debi en Skoe-ma het bv Sondag 'n uur na my vertrek Vanwyksdorp toe en toegegee ek het 'n paar agterpaadjies gery maar nie soveel verder as hulle nie en hulle was 'n uur voor my daar. Lekker om te tjil en oop te maak vir alles wat daar buite is. Dis heilsame kopkos.
En ja soos jy tereg opmerk, vir die ouens wie dit nog nie uitgetjek het nie, die tussenseisoene is die beste tyd om in die K'roo te kom skuur.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: MooseRider on September 15, 2014, 10:54:04 pm
 :thumleft:
Lekker gelees aan jou RR. Sit sommer 'n smile op my gesig en 'n gejeuk in my gat om ook te gaan ry. Welgedaan. Die fotos op hul eie praat ook 'n mooie storie.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 16, 2014, 02:33:06 am
Waar is jy See Duiwel?  Sit nou, 02h30 in die dm oggend, en lees bietjie Wild Dawgs om eers weer moed te skep om te gaan probeer slaap.  As dit nie vir die koedoedansgevaar was nie, kon ek maklik nou weer die vlaktes invaar om tot rustigheid te kom  :( 
Title: Re:
Post by: MegaPix on September 16, 2014, 06:54:02 am
Awesone skryfstyl en een van die redes hoekom ek as fotograaf besef het die Adventure Riding ding is vir my.  Stem saam.  Niks so lekker as om 11 ure aan 200km re ry nie.  Niks jaag jou nie
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dusty on September 16, 2014, 07:12:02 am
Dorsland baie dankie vir die deel.  :thumleft:

My ouma het op die plaas Winterhoek  ( langs Valley of Desolation ) groot geword, so daai area is vir my baie spesiaal.  Lekker om jou fotos te sien en jy beskryf jou ervarings so mooi.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: ican on September 16, 2014, 08:12:22 am
Ek sien elke jaar uit om hier om Oktober vir ń week of twee in Graaff Reinet te werk. Hierdie RR het my nou net van voor af lus gemaak. Soos van die ander honde nou al reeds ges het, jy het ń pragtige skryfstyl Dorsland. Dankie dat jy deel.
O ja, en die scooter kom gewoonlik ook saam. :-)
Dis mooi wereld daai!
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: See Duiwel on September 16, 2014, 08:57:36 am
Waar is jy See Duiwel?  Sit nou, 02h30 in die dm oggend, en lees bietjie Wild Dawgs om eers weer moed te skep om te gaan probeer slaap.  As dit nie vir die koedoedansgevaar was nie, kon ek maklik nou weer die vlaktes invaar om tot rustigheid te kom  :( 

In Robertson omgewing. My komper goete in die huis is stukkend, knapie kom glo vandag regmaak. So nie sou ek jou vanoggend al geantwoord het. Lyk my jy is ook maar soos ek. Sukkel om te slaap. So 03h00 vanoggend my boerboel gaan trap dat hy tjank. Ding sit en blaf sulke dowwe houe in die nag vir niks.  Oupa het ges as jy jonk is boer jy in  die dag en as jy oud raak boer jy snags! Mooi dag daar!
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: ROOI on September 16, 2014, 10:09:02 am
Dankie  :thumleft:
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Man from Nam on September 16, 2014, 12:59:13 pm
Nog 'n Dorsland inspererende treffer :thumleft:
Ek stem saam daar is darem geen beter stress medisyne as om so paar uur in die natuur op jou eie te spandeer nie en hierdie tyd van die jaar is dit nog meer spesiaal. Jy boer in so mooi deel van die land. Ek verlang nou nog terug na ons toer deur julle mooi wereld laas jaar.
Dankie vir die mooi RR en foto's
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 19, 2014, 10:36:10 am
Ek sien elke jaar uit om hier om Oktober vir ń week of twee in Graaff Reinet te werk. Hierdie RR het my nou net van voor af lus gemaak. Soos van die ander honde nou al reeds ges het, jy het ń pragtige skryfstyl Dorsland. Dankie dat jy deel.
O ja, en die scooter kom gewoonlik ook saam. :-)
Dis mooi wereld daai!

PM my as jy hier is dan gaan ry ons 'n ent
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 19, 2014, 10:38:48 am
Nog 'n Dorsland inspererende treffer :thumleft:
Ek stem saam daar is darem geen beter stress medisyne as om so paar uur in die natuur op jou eie te spandeer nie en hierdie tyd van die jaar is dit nog meer spesiaal. Jy boer in so mooi deel van die land. Ek verlang nou nog terug na ons toer deur julle mooi wereld laas jaar.
Dankie vir die mooi RR en foto's

Dankie MFN, ja ek dink baie keer dan raak ons gewoond aan die mooi van ons lande.  Want Namibi is self bitter mooi.  Toe ek jonger was het ek daai land kruis en dwars verken, maar in 'n bakkie.  Ek verlang terug daarnatoe en sal graag weer daar wil gaan toer.
Title: Re: Moerse, die DVDs moet terug dorptoe!
Post by: Dorsland on September 19, 2014, 10:39:32 am
Jammer ek antwoord nou eers die posts hier, gister laatnag eers weer hier oppie plaas aangekom.  :thumleft: