Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Duster on October 30, 2014, 06:36:43 am

Title: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 30, 2014, 06:36:43 am
Ek gaan die report maar stadig skryf, want my tyd is effens beperk, en ek moet deur 4000 fotos sif om te besluit wat ek wil gebruik.  Maar laat ek erens begin.

Na 'n jaar se beplanning en bymekaar kom en eposse wat tussen ons gewissel is, het ons uiteindelik op 4 Okt 2014 uit Naboom vertrek om 4 dae in Malawi te gaan spandeer.  Die ride report kan dalk bietjie lank word, lees dus maar geduldig en geniet die fotos.

Inleiding:

Ons trip was oor 15 dae, met afstande wat gewissel het tussen ongeveer 130km tot oor die 600km per dag.  'n Totaal van ongeveer 5600km is afgelÍ, ons is 6 keer deur grensposte (drama), ons het een besering opgedoen (nie bike verwant nie), en ons het 'n oulike girl langs die pad opgetel vir Yatar, wat effens alleen gevoel het! :imaposer:

Roete was van Naboomspruit, Beitbrug, Masvingo, Harare, Kariba, Lusaka, Chipata, Lilongwe, Cape Maclear, Senga, Lilongwe, Chipate, Lusaka, Livingstone, Vic Falls, Bulawayo, Beitbrug, Tshipise en Naboom.  Dred en Karien moes van Potch af tot by my kom voor die trip en Yatar het sy bike getreiler van De Aar af tot by ons.  Hulle het dus nog 'n paar km's verder afgelÍ as ons.

Wie was op die trip:

Ek en Stoffies met ons "nuwe" 2011 S10.  )Daai laaitie op die foto is nie ons s'n nie hoor!)
Dred (Johan) en Karien met hulle 2009 GS1200 en
Yatar (Willie) met sy spik splinter nuwe GS800.  Hy het by ons aangekom toe het die bike 1500km op gehad.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 30, 2014, 06:42:45 am
Ek gaan vir eers net 'n paar lusmaker fotos post en dan die report begin met 'n dag tot dag uiteensetting.  Geniet!

1. Grensposte
2. Verkeer in Lusaka
3. Willie was weer stout, toe moes ons hom toesluit
4. Ongelooflike sonopkoms , toe is ons al oppad.  (Zambie)
5. Geld wissel voor grensposte
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 30, 2014, 06:47:29 am
1 - 3.  Die girls was baie bly om uiteindelik die Malawi meer te sien
4. Ons het ons tumbles ook gehad
5. Lang trips het die vermoŽ om jou uit te put
6. Vic Falls
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 30, 2014, 06:52:12 am
1. Snorkel in die Malawi meer
2. Matopos Hills The Big Cave
3. Koel af in Tshipise
4. Swem in die meer.
5. Paadjies wat ons na ons kamp plekke gery het.
6. Tradisonele strand ete op die meer
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 30, 2014, 07:00:34 am
Laaste lusmaker, ek het nog 'n job ook:

1. Veilig tuis
2. Die foto van my en Stoffies, is vir ons spesiaal:  Die lang oop vlaktes van Afrika, ons S10 en ons 2 saam!!!

Dankie Karien vir die baie fotos, dit los memories wat geen mens by ons kan weg neem nie.

Dankie Johan en Willie, dit was spesiaal om julle saam met my te gehad het, vir al die ondersteuning en onderskraging wanneer die geduld maar min was en die humeure hoog (grensposte, nie tussen ons nie).  Soos in die ou dae toe ons nog al drie soldate was!

Malawi.....Hoohaa!!! :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Stofdonkie on October 30, 2014, 07:02:21 am
 :happy1:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Heimer on October 30, 2014, 08:12:49 am
Sub....

Ek wil ook Malawi toe gaan
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 30, 2014, 08:36:56 am
Sub....

Ek wil ook Malawi toe gaan
Jy sal nie spyt wees nie, dit was awesome.  Maak net so!!!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Malibu on October 30, 2014, 08:39:01 am
*sub*  *sub*  *sub*
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DirtRebell on October 30, 2014, 09:09:03 am
Subscribe..
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Hentie @ Riders on October 30, 2014, 09:15:12 am
 :happy1:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Oupa Foe-rie on October 30, 2014, 09:25:39 am
Sub ........... Hier kom n grote ..................  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Lou1 on October 30, 2014, 09:29:49 am
Gooi!!  :)
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DirtCopper on October 30, 2014, 09:38:49 am
Hier kom nog n lekker een :thumleft: :sip:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Jakkals on October 30, 2014, 10:00:03 am
Kwaai, ek is reg vir die een,  :thumleft:

Duster, ek het nogal in die week gewonder hoe julle trippie gevorder het,  :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: oldred on October 30, 2014, 10:13:04 am
*sub*  *sub*
Ek wil ook nog daar uitkom!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Divot on October 30, 2014, 10:22:02 am
HATE YOU!!!!!!!!!!
wow very nice!! stayed in Malawi for many years brings back lekker memories.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DCR on October 30, 2014, 10:24:11 am
Sjoe, ek sien uit na die een. Malawi is hoog op my droom lys.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Lem on October 30, 2014, 10:44:23 am
spending the kids inheritance...ek like dit!

Sien uit na die res  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: The Rock on October 30, 2014, 11:26:43 am
dit lyk lekker!  :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Marvin on October 30, 2014, 12:02:12 pm
sub :peepwall:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: skydiver on October 30, 2014, 12:34:50 pm
Ek is altyd dankbaar wanneer bikers veilig terug is van so 'n lang trippie.  :thumleft:
Nou gaan ek lekker saamry Malawi toe wanneer ek die RR lees. :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Man from Nam on October 30, 2014, 01:16:50 pm
Lank gewag en uitgesien na die RR, want dit is ook my volgende lang trip :thumleft:
Sien uit na die verslag  :sip:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Johnnie Bok on October 30, 2014, 01:53:21 pm
Lyk heerlik!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Dorsland on October 30, 2014, 02:15:50 pm
Lekker man.  Kyk as mens eers daar langs daai Malawi Meer op die strand lÍ, dan raak dit gevaarlik want 'n ou wil nie terug kom nie  ;D
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Wayne Duck on October 30, 2014, 05:42:42 pm
Baie, baie lekker!

Will be going there for a few months next year  8)
Title: Re:
Post by: Brandt on October 30, 2014, 05:54:24 pm
Sub, ek gaan lekker lees dankie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DRED on October 31, 2014, 10:45:44 am
Ek gaan vir eers net 'n paar lusmaker fotos post en dan die report begin met 'n dag tot dag uiteensetting.  Geniet!

1. Grensposte.  Gaan dit verseker nie mis nie want dit tap nogal jou humeur
2. Verkeer in Lusaka
3. Willie was weer stout, toe moes ons hom toesluit
4. Ongelooflike sonopkoms , toe is ons al oppad.  (Zambie)
5. Geld wissel voor grensposte
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: 4 Kays on October 31, 2014, 11:14:55 am
Gooi maar, ons wag om verder te lees  :sip:  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: HB 9 on October 31, 2014, 01:03:43 pm
Die lusmakers werk!!  :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: SHARK DOG on October 31, 2014, 01:18:56 pm
sub
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: silvrav on October 31, 2014, 01:54:24 pm
aah zambia en malawi...wat lekker lande!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: ArthurS on October 31, 2014, 05:07:33 pm
Dis of die NAM trip of MALAWI trip in 2015... RR required to decide  :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: StuartC on October 31, 2014, 05:44:28 pm
This is my dream ride !
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: JMOL on October 31, 2014, 05:46:23 pm
Ek's in - net gou die popcorn en Coke kry  :biggrin:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 31, 2014, 06:25:30 pm
Jammer dit vat so lank, maar die werkies hou my besig!  Dankie vir almal wat wil saamreis, dis vir ons lekker om dit te deel.

For Malibu, you are again reading an Afrikaans rr, and I appreciate!  Will add a couple of English inserts, just for you!

Nou ja, voor mens kan ry, moet mens mos 'n paar planne maak, kaarte bestudeer, fisiese voorbereidings doen en natuurlik uitsien na die trip.  Stoffies gym elke dag en was baie goed voorberei, Johan en Karien het begin fiets ry (pedal soort) en het ook die Coke gelos en was gereed vir die trip.  Willie is nog in die army en ek hoor hulle is baie fiks en altyd voorbereid, en ek is so fiks soos 'n brood.  Ek moes dus ander manier kry om weerstand teen die elemente te bied.  Vit B co!!  Damn, daai goed brand, maar dit werk soos 'n bom.  Ek en Stoffies het gereeld gespuit en moes mekaar later moed inpraat om eerste te buk.  Die fotos is nie vir sensitiewe kykers bedoel nie.

 
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 31, 2014, 06:46:25 pm
1 en 2.  Nog voorbereidings.
3.  As julle vir Lodie de Jager ken van Naboom2germany faam, hy het die engel vir ons gegee die aand voor ons gery het, sodat sy haar vlerke van beskerming oor ons kan waai.  Al die pad uit Finland uit. Dankie Lodie, jou engel het ons beskerm, en ons vertrou dat sy ook oor jou sal waak.
4. Wat sal ek nou sÍ; die GS het net toe Johan in Naboom inry, die gees gegee.  Fout op die petrolpomp.
5. Na 'n lang gestoei  (na 11uur die aand voor ons moes ry) het ons kabel direk van die battery af na die pomp toe geloop met 'n gewone bedlamp skakelaar wat Johan moes aansit en afsit soos hy die fiets aan- en af geskakel het.  Dit het gehou tot terug by sy huis.
6. Laaste pak voor more oggend wanneer ons 06:00 in die pad moet val om so vroeg as moontlik by Beitbrug te kon wees.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 31, 2014, 06:54:27 pm
6 uur Saterdag oggend, 04 Oktober 2014, die begin van 'n trip waarna ons so lankal uitsien.  Dis koud, die wind waai, ons nerwe is dun, want ons het min geslaap van die opgewondenheid, maar die bikes grom en die hekke word gesluit.  Ons ry die ou pad tot in Polokwane by die Ultra city, toe moes ek stop om warmer aan te trek en ietsie warms in die lyf kry.  Smaak my die ander het almal gehoop ek stop daar.

Van daar op die N1 Louis Trichardt toe waar ons ook sou volmaak.  By die Kreefskeerkring eers die nodige fotos gaan neem, Louis Trichardt deur Wylies poort en die Verwoerd tonnels tot in Mussina.  Daar het ons die rantsoene opgetop vir die bikes en vir ons want Beitbrug lÍ voor.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 31, 2014, 08:06:21 pm
Almal weet mos hoe dit gaan by Beitbrug.  Ons het so 3 ure begroot vir die grenspos, en het spesiaal besluit om die eerste aand by die Lion and Elephant Motel te slap wat net so 80km in Zim in is, dan weet ons ons gaan ten minste nie in die donker ry nie.

Ons was so net na 11uur by die SA kant in en is net na 15:30 eers amptelik in Zimbabwe gewees.  Chaos is 'n georganiseerde woord vir wat daar aangaan!! Die stelsels was ook af, dus moes alles met die hand ingelees word.  Geduld was die wagwoord, ons het runners probeer gebruik en na die verlies van R150 elk, besluit om maar net te staan.(http://)
Hier het ek alreeds begin agterkom dat ek en die grensposte die keer mekaar gaan misverstaan.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 31, 2014, 08:12:39 pm
By die eerste garage na Beitbrug het ons ingetrek om gou verversings te koop en die gesigte bietjie af te vee.  Stoffies was egter haastig om weg te kom, en ek moes net keer!  Gelukkig kan haar voetjies nie by die grond bykom nie.  Ons het sonder voorval aangery tot by Lion and Elephant waar ons die aand baie rustig spandeer het.  Dalk te rustig....

Die kampplekkie is maar skraal maar die ablusies is meer as voldoende.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on October 31, 2014, 08:21:15 pm
Aandete is sommer so in die kroeg genuttig, en hulle Bush Hamburger was 'n wenner.  Die hitte van die grenspos moes afgespoel word met 'n lafenis of nog 'n paar, en na nog 'n paar kon ek nie meer so mooi sien nie.  Karien het haar knyp bril vir my geleen, want ek het 'n girl gesien wat ek vir Willem wou saamnooi, want hy was mos alleen.  Ek en die brilletjie het nie mekaar mooi verstaan nie, want toe sien ek die girl het 'n man wat haar oppas!
Noodeloos om te sÍ, sy het nie saamgery nie, want Willem kan haar nie heeltyd vashou nie. :imaposer:

Ons het die aand afgesluit met lekker home made sakkie koffie.

Einde van dag 1.  Afstand afgelÍ was ongeveer 420km.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: nielvn on October 31, 2014, 11:34:02 pm
Shoe nice rr julle................
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 01, 2014, 01:02:42 am
Man nou is ek darem lus vir so n trippie! Lekker man!  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DRED on November 01, 2014, 08:13:46 am
Ag nee, Duster! Moťs j hulle nou vertel van my BMW se probleem....ha, ha! Maar wat hy niť genoem het nie, is dat petrolpomp elektronika w gebreek het nie dadelik  beskikbaar was b enige BMW handelaar in Pta nie (eers 3 dae later, en ons wou verseker nie wag tot dŠn nie!) en ons moes toe maar plan maak. Danksy Lennie en Andrew by BMW Centurion se telefoniese raad, kon ons toe die BMW se R1700 part vervang /regmaak met 'n R4.00 bedlampskakelaartjie! Boer maak 'n plan! Dankie Duster en Yatar v julle hulp.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 01, 2014, 12:20:32 pm
Ag nee, Duster! Moťs j hulle nou vertel van my BMW se probleem....ha, ha! Maar wat hy niť genoem het nie, is dat petrolpomp elektronika w gebreek het nie dadelik  beskikbaar was b enige BMW handelaar in Pta nie (eers 3 dae later, en ons wou verseker nie wag tot dŠn nie!) en ons moes toe maar plan maak. Danksy Lennie en Andrew by BMW Centurion se telefoniese raad, kon ons toe die BMW se R1700 part vervang /regmaak met 'n R4.00 bedlampskakelaartjie! Boer maak 'n plan! Dankie Duster en Yatar v julle hulp.

Ek is beindruk dat julle dit kon regmaak, welgedaan!  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: AcidSam on November 01, 2014, 02:27:13 pm
Ek wil ook Malawi toe gaan maar het gehoor van daai LAM-BOUDE siekte wat jy langs die meer kry en is bang ek gaan nie kan terug kom
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 06:33:12 pm
Ek wil ook Malawi toe gaan maar het gehoor van daai LAM-BOUDE siekte wat jy langs die meer kry en is bang ek gaan nie kan terug kom
Daai is 'n groot problem, selfs my dogter het nou die dag gesÍ sy het gedink ons gaan nie terugkom nie.  Jy kry nogal daai gevoel!!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 06:41:33 pm
Dag 2.

Roete:  Lion and Elephant na Masvingo, kampterrein by die Zim Ruins.

Ons was elke oggend bevoorreg om met die mooiste sonopkoms begroet te word.  Vanadag was 'n kort trip aangesien ons tyd by die ruines wou deurbring.  Die aand tydens ete het ons vir Robert ontmoet wat suidwaarts deur Afrika met sy trapfiets ry.  Hy is van Holland en samel geld in vir die ontwikkeling van 'n skool in Khayalistha in die Kaap.  Go well Robert, and be an inspiration to us all.

Langs die pad het ons by klein statte gestop om die boude te laat rus en die kele nat te hou.  Dit was steeds nie baie warm nie, maar mens droog mos maar uit so in die wind.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 06:49:54 pm
Op pad sien mens nogal die vreemdste maniere van vrag op karre, bakkies, trokke en fietse.  So deur die rr sal daar nog 'n paar fotos van dit opduik.

By die Zim National Ruins het ons soos in 2011, weer die toer bespreek saam met 'n gids.  Ons het toe al besluit as ons weer gaan, sal ons weer 'n gids vat, want dan ervaar jy die verlede, anders sien mens net die mure en klip en verstaan niks daarvan nie.  Die kampplek is langs die ruines en is heel skaflik.  Ons middagete was gedroogte mince en mash.  Heerlik!!  Net die blou apies pla nogal baie. Terwyl ons die toer gedoen het, het die kampopsigter met sy kettie by ons tente gesit en die apies weggehou.

Die fotos is maar van die ruines soos dit nou daarna uitsien.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 07:02:15 pm
Nog ruines fotos.

Die dansgroepie het vir ons 'n mooi dansie opgevoer, en Stoffies het besluit om hulle te join.  Willie het besluit om ook in te val, maar julle weet mos die army ouens kan net tot by 3 tel, en die dansie get 4 tellings gehad, maw op 'n stadium toe is net Willie in pas en al die vrouens uit pas uit.

Ons het die aand met aandete in die hotel daar naby afgesluit en hulle tradisionele ete bestel.  Dit het 'n fancy naam, maar dis eintlik hoender of beef stew, met "rape" wat amper soos ons spinasie is, saam met pap en 'n heerlike sous.

Einde dag 2.
Afstand: Ongeveer 210km.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 07:11:09 pm
Dag 3.
Roete: Masvingo na Harare.
Weereens 'n heerlike oggend wat ons begroet, en na ons 'n vinnige ontbyt genuttig het, is ons weer terug hotel toe om vir Johan 'n paar ou Zim dollars te kry wat 'n kelner vir hom belowe het.  Dit is natuurlik nou nutteloos as koopkrag, maar het tog seker versamel waarde.  Van daar is ons deur Masvingo en ons eers lelik vasgeloop in 'n verkeersknoop, maar met die bikes was dit maklik oorkombaar. en toe rigting Harare en het so padlangs gestop om te verfris en koffie te maak.

Iets wat ons nogal opgeval het, is dat daar enige tyd mans na ons toe sou stap, hulself sou voorstel, ons welkom heet in hulle dorp of land, ons voorspoed toegewens en weer geloop.  Hulle was nooit opdringerig of moeilik nie, net belang gestel.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 07:16:56 pm
Ons was so net op middagete in Harare gewees, en het besluit om eers iewers te stop om te eet.  Die plekkie was baie goed ingerig en het 'n pizzaplek, 'n hoenderplek en 'n gewone take-a-way wat reg langs mekaar sit.  Ons het elkeen iets anders bestel en heerlik gesmul. Die wind het skielik opgekom en die sambrele uit die staanders geruk en die een pyp het Stoffies in die regter kortrib geslaan dat haar wind uit was.  Gelukkig nie ernstig nie en na ete het ons die stadsverkeer aangedurf na ons slaapplek toe.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 07:28:24 pm
Ek het voor die toer met Mike Engelbrecht, president van die Survivors motorfiets klub in Harare, kontak gemaak om te hoor waar ons kan kamp in Harare, want die vorige keer wat ek en Stoffies daar was, kon ons nerens kampplek kry nie en moes uiteindelik in 'n gastehuis slaap.  Mike wou niks hoor nie en het dadelik ges♪ ons moet op hul klubhuis se grasperk kom kamp, gratis.  Die aanvanklike reeling was dat die kombuis ook tot ons beskikking sou wees vir kosmaak ens.

Toe ons die middag by die klub aankom, het Sherryl vir ons gewag.  Die kampplek is aan ons uitgewys en die kroeg was reeds oop.  Ek het haar gevra om vir ons 'n rekening te hou van die drank en dan sou ons dit die volgende oggend betaal.  Sy het gesÍ Mike sal nou nou daar wees om ons te ontmoet.

Uiteindelik was daar seker 40 mense wat saam met ons kom kuier het, hulle het 'n braai aangelÍ met pap en slaai en die drank was op die klub se rekening.  Ons was ongelooflik bederf gewees.  Ons het elkeen 'n klub wapen gekry en die aand afgesluit met koffie voor ons gaan slaap het.  More het die langste deel van ons toer voorgelÍ.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 08:13:27 pm
Dag 4.
Roete:  Harare, Karoi, Makhuti, Kariba, Kafue en Lusaka.

Ons het die vorige aand vir die manne gesÍ ons gaan 5uur opstaan om 6uur te ry, aangesien ons 'n lang dag voor ons sou hÍ.  5uur was Rob daar met sy Harley met 2 flesse koffie, sodat ons nie nog daarmee hoef te sukkel nie.  Ons was heerlik bederf.

Willie moes toe eers Rob se Harley steel om 'n spin te vat, en toe moes ons hom toesluit om verdere moeilikheid te verhoed.  Hy moes toe ook deur die tralies smeek vir bietjie koffie. :imaposer:
Rob het ons vergesel vir so 20km om seker te maak ons verlaat Harare in die regte rigting (of om seker te maak ons verlaat Harare; punt!)

Langs die pad verkoop hulle anaconda wurms vir visvang.  ons het nie gestop om te kyk hoe die goed lyk nie, maar ek vermoed dis GROOT!

Ons eerste stop vir die dag was by die Cihnoyi grotte.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 08:17:19 pm
By Karoi het ons brandstof ingegooi en gery na Makhuti Travel lodge vir laat brunch.

'n Persoonlik 'n baie nice foto van die XT1200Z.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 08:30:27 pm
Hier by Makuti draai mens links af na Kariba, die dorpie en natuurlik ook die Kariba meer.  Die paadjie loop baie kronkelend, en deur die berge tot in Kariba.

In Kariba moes ons eers geld trek en dit dan weer ruil vir ZambiŽ kwatchas voor ons oor die grens kon gaan.  Die enigste bank in Kariba kon nie ons kaarte gebruik nie, en die enigste auto teller was buite werking.  En ons moes brandstof ingooi!  Dit het redelik baie tyd gevat en ek het begin bekommerd raak, want Lusaka is nog 200km verder.  Gelukkig het ek rande by my gehad as noodgeld, en het dit by 'n ruiler geruil vir kwatchas.

As julle mooi kyk op die fotos, sal julle sien dat Stoffies mismoedig was teen die tyd. Maar alles kom uiteindelik reg, en woerts is ons deur die Zim grenspos.  In 2011 is ek en Stoffies 2 ure opgehou by die Zim kant, en nou was dit vining.

Mmmmmm, nie so by die Zambie kant nie.  Net ons drie bikes, 2,5ure.  Teen daai tyd was my moermeter baie rooi, en toe ek vir die beampte sÍ ons moet nog Lusaka toe ry, antwoord hy "Julle het mos ligte.  Maak dit deel van julle avontuur!" :dousing: Stoffies moes net mooi kalmeer.

Ons is uiteindelik 17:12 weg by die grenspos en het geweet hier kom 'n ding.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 08:40:07 pm
Skemer het net begin daal en ons was nog nie heeltemal uit die berge uit voor mens die vlaktes vat Lusaka toe nie.  GPS het gewys ons behoort 19:00 by ons bestemming wees.  Ons was so gebless met die mooiste grootste helderste maan wat so vroeg al op was, en die pad was soos 'n snelweg, dat dit eintlik lekker was om so te ry.  Nie een keer het ons close encounters gehad nie, en later het ek begin ontspan.  Dit was nagsonker toe ons Kafue ingaan, en daar het ons in die slegste padwerke ingery wat ons voor kon wens.  Dit was nog 40km tot by Lusaka, en die verkeer was chaos, met die pad wat kon vergelyk met 'n bmx baan.

Met baie genade het ons die afdraai na Gert en Annari bereik, vriende wat ons ontmoet het met ons vorige trip Afrika toe.  Hulle het van Siavonga verhuis Lusaka toe, en ons was nog nie by hul nuwe blyplek nie.  Ons moes stop om hulle te bel om rigting te vra.  Gelukkig was hulle huis net so 500m verder in die pad af.  Bekyk die fotos en besluit self of ons gatte gestamp het of nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: JMOL on November 01, 2014, 08:42:17 pm
Julle lyk moeg  ;)

Moenie worry nie - so 'n dag maak jou gatvol en moeg.....
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Klein Torkar on November 01, 2014, 08:45:26 pm
Lekker Philip.
met Willem saam moes julle sekker bont staan soms.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 08:51:07 pm
Noodeloos om te sÍ, dit was reeds 19:30, maar Gert het al die vuur aan gehad en toe ons stop, die bier uitgehaal en die vleis op die kole gepak.  Annari het heerlike slaai en poeding gemaak, en omdat dit ook Gert se verjaardag was, het ons eers vir hom gesing voor ons geŽet het.

Hulle het ons heerlik bederf en ek en Stoffies het in die cottage op die dubbelbed geslaap, Willie op die bedmatjie op sy opblaas matras en Johan en Karien het hul tent op die gras opgeslaan en 'n normale slaap gehad, terwyl ons ongemaklik geslaap het. :pot:

Annari se buurvrou en man het kom loer toe die bikes by hulle inry.

Ons het weereens laat gaan slaap, maar 'n baie stresvolle, uitputtende ,maar tevrede dag agter die rug gehad.

Einde dag 4.  Afstand ongeveer 600km.  Tyd van begin ry tot stop, 13,5 ure.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 01, 2014, 08:54:21 pm
Lekker Philip.
met Willem saam moes julle sekker bont staan soms.
Jip ja, hy hou mens op jou tone, hoor.  Maar hy is 'n ou wat situasies kan ontlont en hy mag maar met mense werk, kry baie goed reg waar ons ander sou humeur verloor het.  En hy het ons baie laat lag.  As jy hom weer sien. vra hom bietjie oor die opblaas pop! :pot:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Klein Torkar on November 01, 2014, 10:04:12 pm
Lekker Philip.
met Willem saam moes julle sekker bont staan soms.
Jip ja, hy hou mens op jou tone, hoor.  Maar hy is 'n ou wat situasies kan ontlont en hy mag maar met mense werk, kry baie goed reg waar ons ander sou humeur verloor het.  En hy het ons baie laat lag.  As jy hom weer sien. vra hom bietjie oor die opblaas pop! :pot:
Baie waar, hy kan nogal.(Dan doen hy ook goed met Swadini se bobejaane.)
Sal beslis verneem as ons hom weer sien.
Gaan Marlize die report maak lees. Het haar al ooreed dat ons Vic falls moet doen. Hopenlik sal ons die "Meer" in die visier kry.
Dankie vir die deel van die ervaring.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 02, 2014, 01:32:16 am
Man die rr Leest Lekker, gooi nog!!  :laughing4:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Man from Nam on November 02, 2014, 07:22:34 am
 :happy1: 
Lekker rr en mooi fotos
kan nie wag vir die res nie
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 06:40:54 pm
Dag 5.
Roete:  Lusaka na Petauke.

Na 'n heerlike nagrus en lekker bederf deur Gert en Annari, was dit weer tyd om op te saal.  Ek en Stoffies het skuldig opgestaan, omdat ons op die dubbelbed geslaap het, en die ander 3 op hul opblaas matrassies, maar die lewe loop mos so!  Gert het alreeds 4uur vertrek Siavonga toe waar hulle 'n krokodilplaas het en ook 22 kapenta bote wat op Kariba meer vis trek.  Na koffie en lekker beskuit, het ons vertrek om Lusaka se verkeer aan te durf.

Eers geld getrek en toe spitstyd die stad ingery.  1,5uur later is ons eers aan die ooste kant uit Lusaka uit.  'n Nagmerrie!  Ons roete vandag was nie so baie lank nie, maar die uitdaging was om 340km te ry voor ons weer brandstof kan kry.  Ons het almal geweet ons kan so ver ry, maar tog wonder jy terwyl jy ry.... wat as die wind aanhou waai soos gister, en dit nogal van voor af... net genoeg twyfel om mens onrustig te maak.

Oor die 1ste foto se Johan dis hoe mens 'n Yamaha aan die brand trek! :xxbah: Ek was nie beindruk nie, hoor.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 06:52:31 pm
Die informele besighede (vrygte en groente stalletjies) is nimmer eindigend.  Waar hulle die goed groei weet ek nie, maar dis van die beste wat ons nog gesien het.  Orals langs die pad staan ook die houtskool in sulke groot sake.  Ek weet nie hoe lank die lande se bome gaan hou nie, want dit word teen rasse skrede vernietig, amper soos in RSA.

Ons het weereens taamlik gestop langs die pad om te rus en iets te drink.  Die trokke op die pad is baie besig en 'n ou moet maar versigtig ry.  Die pad was goed genoeg en ons kon maklik 100km/h handhaaf.  Dis net deur die statte en dorpe waar jou spoed baie verminder agv mense, bokke, fietse ens wat deurentyd in/oor die paaie ry/loop/hardloop.

Ons het nogal met die locals gemeng en gesels en het oral vriendelikheid en hulpvaardigheid ervaar.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 07:30:34 pm
Foto 1. Daar is baie trokke wat gebreek langs die pad staan, maar die een het sommer oor die pad gestaan, en na aanleiding van die klere wat oor die bome gehang het, het hy reeds 'n lang ruk daar gestaan.

Een van ons prioriteite van die trip was om vir Lodie de Jager, 'n huis- en biker vriend 'n guns te doen.  In 2008 het hy op een van sy vele togte op sy KLR, op 'n dames biker afgekom wat iewers in Zambie onder 'n boom gesit en huil het.  Hulle het vir baie lank en ver afstande saam gery en sielsgenote geraak.  Dinge het lank daarna gevorder totdat sy hom laat weet het dat sy SA toe wou kom om met hom te trou.  Maar voor dit kon gebeur, het sy in omstrede omstandigede net verdwyn om nooit weer van geisen of gehoor te word nie.  Hy het 'n boek oor hulle ervarings en liefde geskryf met die naam "Kate".  Lees dit gerus.

Na haar "dood", het hy op 'n volgende trip 'n plaatjie met haar naam op, teen die boom gaan vasslaan.  Die aand voor ons vertrek het op ons trip, het hy vir ons 'n kruisie gebring, en ons gevra om die kruisie by die plaatjie te gaan posit, vir Kate.

Ons het met twyfel nader aan die gps waypoint gery en gewonder of die boom nog staan, want teen die tempo wat hulle bome afkap, sou dit 'n wonder gewees het.  Maar toe die gps my laat stop, het ek afgeklim en reguit na die boom toe gestap.  Die plaatjie was steeds daar.  Ons het 'n rukkie daar vertoef, die kruisie vasgeslaan en verder gery.  Dit was vir ons 'n bewoe oomblik, aangesien ons nie weet of Lodie weer die kans gegun sal word om die boom in die toekoms weer sal kan besoek nie.  Hy stoei tans teen agressiewe kanker en het reeds 'n 2de brein operasie gehad.  Soos ek nou hier tik, is hy in Die Wilgers en herstel, maar dit gaan baie swaar.  Ons gebede gaan op vir jou, my groot vriend, en ons vertrou dat jy eersdaags weer by jou eie huis sal wees en daar sal kan aansterk.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: JMOL on November 02, 2014, 07:39:14 pm
Jo - dis nou n mooi gebaar van julle.  Ek het Lodie se boek gelees, maar nie die een van Kate nie.  Ook nie geweet die man is so siek nie.

Sterkte aan hom....
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 08:06:30 pm
Jo - dis nou n mooi gebaar van julle.  Ek het Lodie se boek gelees, maar nie die een van Kate nie.  Ook nie geweet die man is so siek nie.

Sterkte aan hom....
JMOL, sy boek, Noord van Naboom is die een wat jy gelees het.  Dis op daai trip dat hy Kate ontmoet het, maar dit het sy lewe so geraak dat hy nooit met iemand oor haar gepraat het nie en ook nie in daai boek oor haar geskryf het nie.  Hy het na sy laaste trip Rusland en Siberie toe, bewus geraak van die kanker en is tot tans nog onder aanhoudende behandeling.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 08:11:21 pm
Van Kate se boom af, is ons oor die Luangwa rivier en brug.  Iewers na die brug het ons die eerste padwerke gekry en moes elke nou en dan grondpad ompaaie ry.  Ons het nerens beplan op grondpad nie, maar dit is iets waarvoor ons nie kon voorsiening maak nie.  Dit was egter welkom, want ons kan! :ricky:  Bring net ons gemiddelde ryspoed effens af.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Jakkals on November 02, 2014, 08:21:38 pm
Baie mooi RR en foto's Duster  :thumleft:

Hartseer storie van Lodie, ek het sy boek Noord van Naboom gelees en baie geniet, baie mooi gebaar van julle kant af.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 08:24:17 pm
Ons het die 340km merk met gemak gemaak en by Nyimba brandstof ingegooi.  Dit is die 1ste amptelike brandstof van Lusaka af.  Nog so 70km tot by Petauke waar ons die aand by Chimwemwe lodge sou oornag.

Chimwemwe is regtig 'n nice plek om te oornag, mat alles wat jy nodig het.  Die kampterrein sou beter gewees het as daar tafeltjies en stoele of banke was, maar ons was tevrede.  Natuurlik eers 'n paar koues gaan opsoek en toe die aand rustig saam met mekaar gesit en kuier. Dit was so warm gewees dat Stoffiesc en Karien hulself onder die koue water gedompel het en ons was amper getreat met 'n wet t-shirt show!!! :3some:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 08:28:01 pm
Baie mooi RR en foto's Duster  :thumleft:

Hartseer storie van Lodie, ek het sy boek Noord van Naboom gelees en baie geniet, baie mooi gebaar van julle kant af.
Hi Jakkalas, lekker om van jou te hoor.  Ons was laas Maandag by hom gewees, toe se hy as hy by die huis kom, het hy baie werk om te doen.  Dis nou die herstel proses.  Die man het guts en is baie positief.  Het pas gehoor dat hy sukkel om te loop en sy linker arm en hand is baie swak.  Ai die flippen kanker is 'n bastard!!  Groete en mooi week daar by jou.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 08:36:18 pm
Ons het die aand afgesluit met die mooiste maan wat sy sagte lig oor ons laat skyn het.  Ons was gebless.  My dogter het van Jhn gewhatsapp en gevra of die maan by ons ook so mooi skyn, waqnt van haar woonstel af het dit blykbaar asemrowend gelyk.  Toe stuur ek vir haar hierdie laaste foto. (en verlang my vrek na my bloedjie....)

Einde van dag 5.  Afstand ongeveer 410km.  Gemiddelde brandstof verbruik was 21km/l vir die 2 1200's en die 800 het omtrent 25km/l gekry, teen gemiddelde ryspoed van omtrent 90 - 100km/h met die wind van voor.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Jakkals on November 02, 2014, 08:40:39 pm
Baie mooi RR en foto's Duster  :thumleft:

Hartseer storie van Lodie, ek het sy boek Noord van Naboom gelees en baie geniet, baie mooi gebaar van julle kant af.
Hi Jakkalas, lekker om van jou te hoor.  Ons was laas Maandag by hom gewees, toe se hy as hy by die huis kom, het hy baie werk om te doen.  Dis nou die herstel proses.  Die man het guts en is baie positief.  Het pas gehoor dat hy sukkel om te loop en sy linker arm en hand is baie swak.  Ai die flippen kanker is 'n bastard!!  Groete en mooi week daar by jou.

Lekker om jou RR te lees.  :thumleft:


Jip, daai man het baie guts en is baie positief, mens kom dit dadelik agter as jy sy boek lees,  hy is in my gebede en ek hoop alles werk positief vir hom uit.  soos jy sÍ daai groot K is 'n lelike ding en is ook my grootste vrees.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 08:48:22 pm
Sommer so 'n stukkie tussenin wat nogal belangrik is.  Willem se vrou, Sonja, ry nie eintlik saam met hom op die fiets nie.  Dis nou maar net nie haar manier van tydverdryf nie.  Maak nie saak hoeveel ek en Stoffies haar prober oorreed het nie, sy wou nie saamgaan nie.  Voor  ons trip het Willie my ingelig dat hy vir Sonja 'n vliegkaartjie wil koop Lilongwe toe.  Dis Malawi se hoofstad.  Was ons bereid om die trip so aan te pas dat ons haar die 9de Okt daar kan optel sodat sy die Malawi gedeelte saam met ons kan deurbring.  Die dag wat ons Malawi verlaat, drop ons haar weer by die lughawe, sy vlieg terug SA toe en ons pak die lang trip aan terug huistoe.

Natuurlik doen ons enige iets vir ons vriende en Willie koop die kaartjie en beplan alles sonder dat Sonja daarvan weet.  Sy het selfs haar geelkoors inspuiting gekry en nie geweet sy gaan dit later nodig hÍ nie.  Willie se dogter het alles aan die SA kant gedoen en so 2 dae voor sy moes vlieg, het Sonja van dit alles uitgevind met 'n briefie wat aan haar besorg was.

Willie, jou romantiese hero!!  Jy stel ons ander in moeilike posisie, want nou moet ons ook sulke goed vir ons vrouens doen. :xxbah:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 08:57:13 pm
Dag 6.
Roete:  Petauke na Sonja toe!!! :ricky:

Ek weet nie hoeveel Willie daai aand geslaap het nie, maar hy was baie vroeg op gewees.  Ek dink die man se senuwees was klaar, want ons tydberekening moes reg gewees het sodat ons betyds by die lughawe kon wees om vir Sonja op te tel.

Die son het ons met 'n welkome glimlag gegroet, en net na 6 was ons reeds op die pad, reg in die son in.  Pragtige foto! Een van my gunstelinge.  Nog padwerke het voorgelÍ en die oggend lewe van Afrika speel hom voor ons af soos ons verder oos ry na Chipata toe.  Daar sou ons weer geld trek en ruil vir die grenspos tussen Zambie en Malawi.

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Agriman on November 02, 2014, 09:08:25 pm
Enjoying your RR


Sent from my iPad using Tapatalk
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 02, 2014, 09:08:57 pm
Chipata is 'n redelike groot dorpie en ons het by die bank gestop om geld te trek.  Ons het geen benul gehad wat die ruilwaardes was nie en moes eers 'n bureau de change kry om te hoor wat is wat.  Iets wat julle maar kan onthou vir as julle wil toer Afrika toe, gebruik 'n Visa kredietkaart, en nie 'n Master kaart nie.  Johan en Willie het Master kaarte gehad en het eindelose probleme gehad om geld te trek.  Met my Visa kaart was dit soos stroop.

Nadat ek geld by die autoteller getrek het, het 'n ruiler my kom besoek met 'n baie goeie ruilkoers.  Ek het 400 Zambiese kwachas geruil vir 27200 Malawi kwatchas.  Dis was als reeds afgehandel teen dietyd dat die ander twee uit die bank uitkom met hulle geld.  Willie het nie gefokus nie en die ruiler het hom ingedoen met R800.  Ons was almal redelik die wetter in maar mens moet maar kophou en voortgaan.

Alhoewel Chipata groot winkels het, is die informele langs die pad verkope, nog steeds baie opmerklik.

Ons het ons trane afgevee oor Willie se geld en toe pad gevat Mwami grenspos toe.  Het ek al gesÍ dat ons al redelik allergies was vir grensposte?
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Man from Nam on November 03, 2014, 10:05:14 am
Duster dankie vir die baie mooi RR :thumleft:
Ek het ook Lodie se boek gelees en het voorheen ook van sy siekte gelees, maar het gedog hy is in remissie. Toe Jo Rust hier by one was het sy gese dit gaan beter met hom. Jammer om te hoor hy veg weer teen die kanker, maar dit is goed as hy so positief is.
Hy is in ons gebede. Dit was 'n baie mooi gebaar wat julle gedoen het vir hom en Kate.
Ons het so baie om voor dankbaar te wees en ek kan sien julle leef dit elke dag uit. Ons beplan ook die trip Malawi toe en jou rr gee baie waardevolle inligting. O Ja, daardie wit S10 lyk die part en is maar die mooiste fiets tussen die drie ;)
Kan nie wag vir die res nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 03, 2014, 01:21:26 pm
Baie sad om te lees van Lodie, n ware adventurer. Waar kan mens sy boeke koop, wie is die uitgewer?
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 03, 2014, 05:15:42 pm
Duster dankie vir die baie mooi RR :thumleft:
Ek het ook Lodie se boek gelees en het voorheen ook van sy siekte gelees, maar het gedog hy is in remissie. Toe Jo Rust hier by one was het sy gese dit gaan beter met hom. Jammer om te hoor hy veg weer teen die kanker, maar dit is goed as hy so positief is.
Hy is in ons gebede. Dit was 'n baie mooi gebaar wat julle gedoen het vir hom en Kate.
Ons het so baie om voor dankbaar te wees en ek kan sien julle leef dit elke dag uit. Ons beplan ook die trip Malawi toe en jou rr gee baie waardevolle inligting. O Ja, daardie wit S10 lyk die part en is maar die mooiste fiets tussen die drie ;) Hooohaaa!!!!
Kan nie wag vir die res nie.
Jis ons besef nie altyd hoeveel genade mens ontvang nie, en ek het vandag by die werk met 'n kollega se kind, besef dat ons meer dankbaar moet wees vir wat ons het.  Dankie Man from Nam, ek waardeer die inset.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 03, 2014, 05:27:34 pm
Baie sad om te lees van Lodie, n ware adventurer. Waar kan mens sy boeke koop, wie is die uitgewer?
Die boek se naam is "KATE", 'n Liefdesverhaal.  Uitgewer is Ingrid Steggman van Door Twenty Two.  Dis ook beskikbaar in sommige gewone boekwinkels.  Hoop jy kry.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 03, 2014, 05:28:52 pm
Baie sad om te lees van Lodie, n ware adventurer. Waar kan mens sy boeke koop, wie is die uitgewer?
Die boek se naam is "KATE", 'n Liefdesverhaal.  Uitgewer is Ingrid Steggman van Door Twenty Two.  Dis ook beskikbaar in sommige gewone boekwinkels.  Hoop jy kry.

Dankie, ek is pas in die buiteland maar gaan my dogter vra om vir my te kry!  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 03, 2014, 07:38:35 pm
Die Mwami grenspos is net so 20km van Chipata af, en ons was regtig nie baie lank daar besig nie.  Vir Malawi moet jy natuurlik ook derdeparty versekering koop, an ek onthou dit was 5000kwatchas, dieselfde as vir die invoer bedrag van die bikes.  Dus 10 000 kwatchas om in Malawi in te gaan. Dis omtrent R265,00.  Wat 'n winskopie!  Terwyl Johan my invoer goed afgehandel het, het ek sy versekering gaan koop.  Willie het sy goed baie vining afgehandel......ek wonder steeds hoekom?  O ja...Sonja!!!

Toe ek terugkom van die versekeringskantoor af, wag Stoffies my in met al die nodige papierwerk en ons kon deurry in Malawi in.

MALAWI!!!!  Hooohaaaa!!!!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 03, 2014, 07:48:30 pm
Eish, Stoffies was baie opgewonde, want dis 'n droom van ons wat bewaarheid was.  O ja Willie was ook opgewonde, maar ek dink Malawi was nie op daai stadium in sy gedagtes nie.  Hy het net army styl getel:  1, 2, 33333333!!!

Dis ongeveer 120km tot in Lilongwe, en nog so 35km na die lughawe toe, en spoed was nie 'n issue nie, ons het net gesorg dat Willie voor ry! :ricky:  Hy sou alles in sy pad uit die weg vee om betyds by die lughawe uit te kom.

Die pad soontoe is maar soos die res van Afrika wat ons tot dusver beleef het.  Padblokkades ingesluit en skool kinders oppad huistoe.

Ons was toe so bietjie laat by die lughawe, maar gelukkig was Sonja baie rustiger as wat ons was, en het geduldig vir ons gewag.

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 03, 2014, 08:01:30 pm
By die lughawe was daar baie opgewondenheid toe ons vir Sonja ontmoet het.  Die mense wat binne gesit het, het almal uitgestorm om na die bikes te kom kyk, want ons kon mos nie soos gewone mense in die parkeer area parkeer nie, maar het amper by die arrivals se deur ingery!! :pot: NÍ Willie!!!

Ag ons was so bly om Sonja by ons groepie in te sluit, want nou het Willie iemand anders gehad om op te fokus.  (Sorry Willie, ek grap net.  Jy was 'n yster op die toer!)  Het jy al vir Sonja van die opblaas pop vertel? 

Dit was net na middagete en die mae was leeg gewees.  Van die mense by die lughawe wat na die bikes kom loer het, verwys ons toe na 'n lodge toe daar naby waar ons kan eet en sommer oorslaap ook as ons wou.  Nadat Sonja se bagasie ('n helmet, ry baadjie en een pantie) opgelaai en aangetrek was, ry ons toe na Beauty Menerbien Lodge toe vir middagete.  Dit was goed om die 3de bike ook met 'n pillion te sien.  Nou was die span volledig.  Dankie Sonja, dit was heerlik om jou saam met ons te gehad het.

Beauty Menerbien was 'n aangename verrassing, nie baie stylvol nie, maar het alles gehad wat ons wou gehad het, dis nou eetgewys.  Ons het besluit om nie daar te slaap nie, want ons kon nie tente daar opslaan nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 03, 2014, 08:38:54 pm
Na 'n heerlike middagete en baie storie om vir Sonja op hoogte te bring van ons trip sover, is ons weg na Mabuya kamp wat in Lilonge, neffens die gholfbaan lÍ.  Ons het aanvanklik verbaas gestaan oor die bestuur se houding toe ons vra waar ons kan tente opslaan, (anywhere you want!), maar hulle het dit ernstig bedoel.  Ons het 'n kol heerlike groen gras onder mooi koelte bome gekies en daar nes geskrop vir die nag.

Nou ja, julle het al op die vorige baie fotos gesien dat ek en Johan nice groot 3 man tente het waarin ons slaap, maar Willie het 'n "kleinerige" 2 man tent.  Ons was opgewonde om te sien hoe die twee die aand in die tent gaan deurbring.

Na die tente opgeslaan was, is ons na die naaste winkel toe om sommer ietsie te koop omdat ons kon.  Koeldrank, buns en sweets vir die aand.  Een man wou graag op 'n foto wees saam met ons, toe het ons hom 'n hartlike SA foto prank gegee.

Ons het sommer 'n paar koue biere en koeldranke gehad en lekker op die stoep gesit en die aand om gekuier.  Aandete was sommer so uit die tasse uit aanmekaar geslaan en met 'n koffie voor slapenstyd het ons in die slaapsakke ingeduik vir 'n welverdiende rus.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: alwyn_gs on November 04, 2014, 01:51:15 pm
 :thumright:  :thumright:  :thumright:  :thumright:  :thumright:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 05, 2014, 07:04:32 pm
Daai was einde dag 6.  Afstand ongeveer 390km.

Dag 7:  Ons belangrikste dag, want ons gaan vandag die Malawi meer vir die eerste keer sien.

Roete:  Nou moet ek eers bieg.  My aanvanklike roete van Lilongwe af was na Mzuzu, dan Nkhata Bay, waar ons sou oorslaap.  Dit is amper 400km tot daar.  Dan sou ons van Nkhata Bay af Senga toe gery het en daar oorgeslaap het. Nog 330km.  Van Senga na Cape Maclear waar ons sou oorslaap. !80km.  Dan sou ons van Cape Maclear af Lilongwe deur terug ry tot by Chipata.

Dit was die finale planne voor ons gery het van Naboom af, tot dag 5 in die toer in.  Die aand by Petauke het ek eers met Willie, toe met Stoffies en toe met Johan en Karien gesels om te hoor of hulle sal omgee as ek die roete so effens aanpas.  Effens is mos maar 'n relatiewe word, want uiteindelik het ons besluit om ongeveer 900km uit ons trip uit te sny.

Die tyd op die pad word so lank dat mens nie tyd het om die omgewing, daar waar jy oorbly, te geniet nie.  Ons besluit toe om van Lilongwe af te ry tot by Senga Bay, daar brunch te nuttig en dan direk Cape Macleat toe te gaan en sommer 3 nagte daar te slaap.  Dan van daar terug Lilongwe toe, vir Sonja weer op die vliegtuig sit en dan die lang pad terug aan te durf.  Gelukkig het dit met almal byval gevind en die dag se roete was toe van Lilongwe af tot by Cape Maclear.

Nou ja, het die klein tentjie sy tol ge-eis?  Wag tot later.......

Opstaantyd, oppaktyd en die Yammie staan reg om te ry.  Langs die pad word groot hoeveelhede kasawa gedroog.  Dis blykbaar soos 'n boomwortel wat fyn gemaak word en die plaasvervanger vir pap is, met geen voedingswaarde nie.  (Iemand kan asb meer info daaroor gee. Karien....???)
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 05, 2014, 07:15:46 pm
So halpad Senga toe, het ons eers by die meubelfabriek gestop.  Sommer so langs die pad!  Die mense is darem kunstig.  Dit word so netjies aanmekaar gevleg en afgerond.  Willie en Sonja moes dood eenvoudig net voel hoe die goed sit.

By Senga Bay het ons by die Sunbird hotel ingery vir 'n brunch.  Dit was WOW mooi gewees, lyk soos 'n honeymoon paradys.  Die blou water van die meer, en die hotel se swembad wat so aanloklik lyk.

Ons was stomgeslaan oor die '"weelde" midde in die relatiewe armoede waarin die res van die Malawiers woon.  Ons het natuurlik eers bietjie op die strand gaan loop (dit is net soos see sand, met klein skulpies, net die water is nie sout nie) om die gevoel te laat insink.  Stoffies het nie ophou glimlag nie, en was soos 'n kind wat vir die eerste keer toffies kry! :thumleft:

Om die ontbyt tafel het Willie die toer vir die 3de keer verander, natuurlik met ons toestemming.  Die hotel se kampplek, Steps, is rerig mooi genoeg om by te kamp, en die besluit is toe ook sommer gemaak om net 2 aande in Cape Maclear te slaap en dan die laaste aand hier by Steps, want dis nader aan die lughawe as ons vir Sonja moet gaan aflaai.  Dan hoef ons nie so te jag om betyds daarvoor te wees nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 05, 2014, 07:22:19 pm
Speeltyd op die strand was kortgeknip deur die ontbyt wat op die tafel geplaas was.  Ons manne was maar krapperig daaroor, want die girls het dit amper begin geniet en ons het gedink hulle gaan nog so aanhou en 'n skinny dip vang, net om ons te vermaak! :pot:  Maar die waiter het dit alles kom opneuk.....

Brunch was 'n allemintige R180 per kop, maar nou ja, in Malawi maak jy soos die toeriste!!  Dit was goed genoeg om ons gevul te hou tot die volgende ete.

Sekere ouens het soos op Sondae na ete, flou ogies begin vang, en dit was Vrydag.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 05, 2014, 07:26:24 pm
Cape Maclear wag vir niemand nie, en spoedig was ons weer oppad om ons aand bestemming te bereik.  'n Paar fotos om die omgewing aan te spreek.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 05, 2014, 07:38:00 pm
Met my beplanning het ek met 'n vriend gepraat oor Cape Maclear, en hy het gesÍ jy gaan bly nerens anders as by Eco Lodge nie.  Dis mooi en die diens is voortreflik.  Hulle was Jul 2014 daar (nie met die bikes nie) en het dit baie geniet.

Ek het glad nie voor die tyd met Eco geskakel nie, en gehoop daar sal plek wees.  Die pad na Cape Maclear is 'n redelike grondpad vir die eerste 6km, dan word dit 'n teerpad deur die berge tot baie naby aan die strand waar dit weer grond/sand is tot by die lodge.  Die grondpad was aanvanklik hewig sinkplaat maar was op die einde nie te sleg nie.  Net die kante was redelik sanderig, maar ons het mooi in die middle gery en geen problem ervaar nie.

Toe ons stop was daar dadelik iemand wat aangestap kom om te hoor hoe ons gehelp kan word.  Nou kan ek glad nie sy naam onthou nie, help 'n bietjie julle toerlede!  Maar in elk geval, ek het ons voorgestel en genoem dat ons van RSA af aangesÍ was om by hulle te kom oorbly, en ons wil weet of ons by hulle kan tent opslaan.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 06, 2014, 12:25:59 am
mAL OOR DIE rr  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Lou1 on November 06, 2014, 09:00:19 am
 :) :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: ButtSlider on November 06, 2014, 10:06:10 am
sub  :sip:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Man from Nam on November 06, 2014, 10:10:50 am
Ek kyk elke oggend vir die nuwe episodes en kan nie wag vir die res nie, ry heerlik saam :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: frans1 on November 06, 2014, 12:25:21 pm
Baie dankie vir jou pragtige RR.

Ek lees en ry lekker saam.

Kan nie wag vir die res om te kom nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 12:31:29 pm
As ek net die toerlede kan kry om my te help, maar dit lyk asof hulle in hibernasie ingegaan het. :imaposer:

Ek sla vanmiddag weer paar episodes ingooi.  Moet ook werk, nÍ!!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DRED on November 06, 2014, 01:02:24 pm
Die kasava waarvan Duster praat is n wortel wat lyk soos n patat, wat die pb afskil en in blokkies sny om gedroog te word.
Hierdie blokkies wat nog nat is het 'n onaangename reuk aan hom. Dit word dan gedroog op matte en soms sommer so langs en op die teerpad om die hitte te gebruik
om dit vinniger droog te kry. Sodra dit droog is word dit dan gemaal in 'n hammermeule tot fyn meel wat dan gebruik word om brood en vetkoeke te bak.
Hulle maak ook slap tjips van die kasava en dit smaak dan ook heel lekker as mens honger is.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 06:17:22 pm
Ag dankie tog, een het opgestaan!! ;D  Dankie Johan, ek kan net nie al daai detail onthou nie.

Waar was ons laas?  O ja ek onthou skielik die bestuurder daar by Eco Lodge se naam is Watson!  Doen jouself 'n guns en gaan bly daar as jy ooit in daardie rigting gaan.  Jy sal nooit spyt wees nie.

Ons het sommer dadelik staanplek uitgesoek en wou net begin tent opslaan toe Willie vra of ons nie met Watson moet onderhandel vir die kamers nie.  Onthou julle die klein tentjie.......

Na lang en intense onderhandelinge het Willie en Sonja 'n kamer uit Watson uitgewurg vir 'n mooi prys, en hulle het 'n dubbelbed gehad om op te slaap!!  Ek en Johan het maar ons ou tentjies opgeslaan en gerieflik gemaak, terwyl Willie hulle al in die meer baljaar het, want hulle het net uitgepak.

Ons het natuurlik eers Watson se yskas voorraad beloer en bestellings ingesit, want by die water word mens mos dors.  Intussen is Stoffies hulle solank af meer toe en ek moet sÍ, sy was baie happy!!!  Ek was geseend met die mooiste vrou en dan was sy nog gelukkig ook!!!  Dit het my net so happy gemaak.

Karien het sommer vir haar 'n plekkie uitgesoek waar sy vir die 2 dae kon rondhang. :imaposer:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 06:36:35 pm
Johan het op 'n stadium ons almal bymekaar geroep en gesÍ daar is een van die mans wat ons 'n aanbod wil maak.  Hulle wou ons op 'n daguitstappie neem die volgende oggend na 'n eiland toe, en terwyl ons snorkel duik, maak hulle vir ons middagete op die eiland.  Nadat ons geŽet het, gaan voer hulle die visarende en dan maak hulle die aand vir ons tradisionele aandete op die strand.  Alles ingesluit, R400 per kop.  Ons het dadelik geboek en met die vooruitsigte van more, in die water rondgespeel soos kinders.

Stoffies het so oor die water getuur, en toe ek haar vra wat  sy dink, het sy gevra of ek dink die kinders sal kwaad wees as ons nie teruggaan RSA toe nie?  Sy sou graag hier wou bly!  Moet sÍ die gedagte was aanloklik, hoor!

Ons was besig om van die mense se krale en klere ens te kyk wat hulle so op die sement slipways oopgooi, toe Stoffies op die slipway in die waterkant gly en op haar gewrig val, met haar kop onder die water in.  Toe ek omdraai om haar op te help, trap ek ook daar en val ook half in die water in op my rug.  Nou ja, vergete is die inkopies en gelukkig het ek nie seergekry nie, maar Stoffies se regter gewrig was moertoe geswel.  Ek het dadelik gedink dis af.  Sy het onmiddelik in skok gegaan en ek het haar gou lodge toe gevat en in 'n bad warm water laat lÍ.  Pyn pille ingejaag, haar gewrig met deep heat gesmeer en styf met rekverband  verbind.  Ek was erg bekommerd, en so ook die ander.

Gelukkig is sy 'n yster, so hard soos diamant, maar baie meer waardevol.  Sy het die aand saam ons verder gekuier en was gemaklik, maar met 'n gewrig wat pyn soos 'n tandpyn.

Ons het sommer aandete by die lodge bestel en ounag die maan oor ons sien opkom, koffie gedrink en dankie gesÍ vir die lekker wat ons kan geniet, en dis alles genade.

Einde dag 7.  Totale afstand ongeveer 265km.

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 06:53:15 pm
Gelukkig het Stoffies 'n redelike rustige nag gehad, en ons moes net heeltyd keer dat ek nie oor haar gewrig rol nie.  Sy het gesÍ dit is steeds baie seer, maar gaan nie haar vakansie vertroebel met 'n ou seer gewriggie nie.  Ek het haar uit die aard van die saak gehelp aantrek en soms amper vergeet ons moet nog die dag in..... :pot:

So 9uur se kant, nadat ons die koelbokse volgemaak het en seker gemaak het ons het alles, is ons "All aboard" geroep deur die skipper (kan weer nie sy naam onthou nie) en die man wat die motor beman het, Luckfoot!  Darem onthou ek sy naam!!

Hulle het ons eers so teen die kus af gevat om hout vir die vuur op te laai en toe is ons vort eiland toe.  Dit was rerig soos op 'n eiland vakansie.  Ons het self daai gevoel van paradys ervaar.

Die middag se ete se vis was op die bootjie se dak uitgepak, klaar gesout en half gedroog.  Willie kon nie anders as om dit vir my uit te wys nie!  Die laaste foto is nie middagete gewees nie, dis ete vir die visarende!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 07:02:48 pm
Wat het ons nou weer by die eiland kom maak?  Snorkel!!

Hier het ons lekker gelag, hoor.  Johan en Karien kan maar snorkel, soos visse in die water.  Willie is glad nie onhandig nie en Sonja het self die masker opgesit, maar onseker gelyk.  Ek kan snorkel, maar het my hande vol gehad met 'n wyfie wat sukkel om haar kop onder die water in te sit.  Eers moes ek haar in die water kry met die seer hand wat heeltyd oral stamp en druk, en toe is die oppervlak net groot ronde klippe wat so glad soos sn...., baie glad was.  Uiteindelik het ek haar op 'n rots laat staan en die vissies vir haar gelok sodat sy dit ook kon sien.  Dit was vet pret gewees.  Sonja kan natuurlik praat deur 'n snorkel en ek lag nou kliphard as ek net weer daaraan terug dink.  Die vissies het aan haar geknibbel, want sy het brood in haar hand gehad, en sy het so groot geskrik dat sy opgevlieg het en iets geskree het wat klink soos "Hulle byt my!" maar dit deur 'n pyp!! :imaposer:

Ons het geskud soos ons gelag het.  Ons was in die Malawi meer, en dit was hemels!!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 07:40:19 pm
Willie en Sojna het alweer onderhandel met 'n roeier en sy bootjie geleen vir so 'n kort trippie.

Ek het die kosmakery so deur die loop van die oggend dopgehou en gewonder as "gewone" mense moet sien hoe die manne met die kos werk, of hulle dit sou eet.  Daar word met die hande kos opgeskep, voorberei, uitgeskep en sommer geŽet ook.  Maar ons is hulle gaste vir die dag gewees, en dit was lekker om so bederf te word.

Hulle is ook nie skaam om op te skep nie, jy eet jou trommel dik aan heerlike kos.  Die vrouens kon nie alles opeet nie, dit was eenvoudig net te veel.  Ek het my laaste krummel opgeŽet en was moeg daarna!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 07:53:41 pm
Oral kry jy maar die strand verkopers, en sels op die onbewoonde eiland word jy nie gespaar nie.  Karien was gaande oor 'n mooie stuk material, en sy het uiteindelik vir haar 'n sak bestel wat van die material gemaak moet word.  En wraggies, die aand tydens ete was die man daar met die sak, presies soos sy hom bestel het, met binne voering die lot!

Nadat almal klaar geŽet het, is daar opgepak en angstig het ons uitgesien na die visarend voerdery.  Op die bootjie, linksom die eiland en wraggies, daar bo in die bome sit seker 6 visarende.  Die geskree van die visarend is seker een van die mooiste geluide wat ek al gehoor het.

Die skipper het die dooi vis gevat en so skirl fluit gegee.  Die visarende het hul koppe so skuins gedraai en toe gooi hy die vis in die water in, seker nie meer as 30 meter van ons af nie.  Een het dadelik opgestyg en so 'n draai gevlieg voordat hy sy duik begin het en swierig, met vere fladderend en swiepend op die dooie vis afgepyl.  Ek kan dit nie beskryf nie, maar kry weer hoendervleis as ek net die geluid van die wind deur sy vlerke hoor en die vis sien opstyg saam met hom uit die water uit!  Awesome!!!!

Ons kon dit regkry dat 3 van hulle vis kom haal het, en het toe stadig terug huiswaarts begin vaar.  Daardie gesig sal ek lank in my memories koester.

Die ou anker ketting op die skip was vir my 'n geleentheid om my ou kameratjie se vermoŽ tot die uiterste te toets.  Mooi uitgekom.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 07:59:25 pm
Dit was nou eers ongeveer 13:00 en ons moes iewers gaan geld trek om vir ons verblyf en drank verbruik te betaal.  So 50km van die lodge af is die naaste auto teller en ons het die bikes opgesaal en vir 'n middag rit gegaan.  Oppad terug het ons by 'n ander lodge gestop en dit was ook 'n baie mooi plek.  Ons het teen skemer eers weer by Eco aangekom, toe brand die vure al hoog op die strand waar ons die aand getrakteer sou word met nog 'n baie lekker ete.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 08:41:40 pm
Johan het natuurlik verbrand in die water terwyl hy gesnorkel het.  Karien se skouers het seer gebrand en die res van ons was sissies en het onder die handdoeke geskuil.  Maar daar was niks lekkerder as om op die strand te wees terwyl die son sy sak gesak het nie.  Die fotos moet maar die praatwerk doen.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 08:49:36 pm
Daar is min goed so mooi soos die son wat oor die Malawi meer ondergaan.

Ons het ons weereens trommeldik geŽet, die keer aan hoender, rys, aartappel en ander groente.  Dis afgesluk met 'n paar koues en Willie het ons bederf met elk 'n glasie wyn.  Die aand was te kort en die lekkerte was baie!!!

Die aand is afgesluit om die strandvuur en die sterre oor ons hoofde as 'n nagwaak vir die aand wat voorlÍ.

Einde van dag 8.
Totale afstand gery was ongeveer 100km.  Beslis die lekkerste dag van die toer sover!!!

Malawi!!!  Hooohaaa!!!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 09:04:27 pm
Dag 9.
Roete:  Cape Maclear na Senga Bay.

Ons verblyf by Eco Lodge is heeltemal te vining verby, maar ons plan om nader aan Lilongwe oor te slaap het steeds baie sin gemaak.  Ons het die oggend gou rekeninge vereffen en vir Watson en sy span 'n baie mooi tip gelos.  Hulle het ons op hulle hande gedra en bederf soos jy net kan hoop om in ons eie land bedien te kan word.

Ons eerste stop was Monkey Bay, want almal was gaande oor die dorpie.  Met baie beskeidenheid gesÍ, Monkey Bay sal my nie weer gou sien nie.  Ons was by 2 lodges aan gewees om iets te drink en sommer te kyk hoe dit daar lyk.  Die eerste plek se naam kan ek nie onthou nie, maar die plekkie is vervalle en ons was skaars 10 minute daar toe weet ons wat is die eienaar se totale lewensverhaal, nie wat ek wou hoor nie!  Die 2de een was Venus Beach lodge.  Dit lyk baie mooi daar en dit was 'n eventful rit soontoe.  Die sand was effe dik, en Stoffies het sommer intrapslag afgeklim en gestap.  Willie en Sonja het sommer tot by die lodge gery met die ligter 800, en Johan het die Geen Sand op sy sy laat lÍ.  Ek het stoei-stoei en paddle paddle deurgery, maar 'n paar benoude oomblikkies gehad.

Hier het ons kapentas geŽet en 'n bier gedrink.  Stoffies was weer in haar element by die meer.  Ek kan ons hier iewers sien oor 15 jaar, permanent!

Fotos 1-10 is van Eco tot by die lodge wat ek nie se naam kan onthou nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 09:08:16 pm
Die fotos is die inry na Venus beach lodge en bietjie daar.

Willie wys hoe die kapentas geŽet moet word.  Die kop en stertjie word afgebreek en die res word geŽet!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: BLK on November 06, 2014, 09:16:24 pm
Thanks for the beautiful pics and RR.I felt like I was on the same trip as you.

Thks again
 :)
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 06, 2014, 09:18:27 pm
Maar niemand kan kapentas eet soos Sonja nie.  Sy het dit beslis die meeste geniet!! :imaposer:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 06, 2014, 11:49:56 pm
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 12:34:11 pm
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
Ons het die Saterdag teruggekom en die Sondag gou deurgery 1 Mil Hosp toe.  X-trale wys gelukkig geen kraak of breek nie, maar wel 'n stukkie been wat gechip is.  Sal hopelik oor so 3 weke van nou af goed genoeg herstel het.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 07, 2014, 01:45:49 pm
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
Ons het die Saterdag teruggekom en die Sondag gou deurgery 1 Mil Hosp toe.  X-trale wys gelukkig geen kraak of breek nie, maar wel 'n stukkie been wat gechip is.  Sal hopelik oor so 3 weke van nou af goed genoeg herstel het.

Ai man, alles terkte! Ek as medic het daardie foto een kyk gegee en was taamlik oortuig dat daar n fraktuur is/was. Die stukkie been wat gechip het is dan ook n form van n 'breek' en ongelooflik seer. Jou vrou is n yster om steeds verder die trip met julle te kon geniet het en vernaam terug op die motorfiets.

Net so n stukkie extra: Omdat die gewrig so broos raak onder onder effe ouer manne en dames (vernaam as n dame dalk n hysterectomy gehad het) is dit altyd n goeie ding om n wrist guard wat interchangeable  is saam te neem op n adventure ride of selfs net enige vakansie. So ook n 'knee guard'. Ek gee almal atyd daardie advies en natuurlik kry jy verskillende kwaliteit van die goed. Ek beveel hier aan dat mens ook vir absoluut die beste kwaliteit wat jy kan bekostig gaan, want die 'wrist guards' het nou al so oulik geraak (van die duurder tipes) dat daar n gaatjie vir die duim is en dat hy extend oor n deel van die hand. Maw selfs as daar n onstabiele fraktuur soms is kan mens die wrist guard gebruik as n 'splak'. Dis net baie belangrik om in ag te neem dat met fraktuure mens altyd swelling het, die velkleur word gewoonlik atyd blou en daar kan ook onatuurlike vorm wees soos die been geskuif het uit die natuurlike posisie. Baie belangrik dat mens nie te stywe 'kontrapsie' daar het nie en dat mens so af en toe die vinger naels druk en dat die rooi kleur binne 2 sekondes terug is. (perfusie of sirkulasie toets)

Elkgeval, welgedaan!  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: T Rex on November 07, 2014, 01:47:58 pm
Duster , ou maat .....

Ons het lank uitgesien na hierdie een. Weereens het jy dit meesterlik geskryf. Die fotos kleur die storie so mooi in  dat ek voel of ek saam was.

Ons is bly julle is veilig en het die trip so Baie geniet. Hierdie is daardie klas  stories wat ons , hopelik , op die ouetehuis se stoep oor sal praat.

Nou moet ons net Plaaslik iets reel !!!

Dankie nogmaals vir die deel.  :thumleft:  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 07:42:39 pm
Ongelooflike lekker rr, kannie onthou wanneer laas ek so lekker saam gekuier het op n rr nie!

Het die dame se gewrig darem mooi herstel, geen fraktuur of so?
Ons het die Saterdag teruggekom en die Sondag gou deurgery 1 Mil Hosp toe.  X-trale wys gelukkig geen kraak of breek nie, maar wel 'n stukkie been wat gechip is.  Sal hopelik oor so 3 weke van nou af goed genoeg herstel het.

Ai man, alles terkte! Ek as medic het daardie foto een kyk gegee en was taamlik oortuig dat daar n fraktuur is/was. Die stukkie been wat gechip het is dan ook n form van n 'breek' en ongelooflik seer. Jou vrou is n yster om steeds verder die trip met julle te kon geniet het en vernaam terug op die motorfiets.

Net so n stukkie extra: Omdat die gewrig so broos raak onder onder effe ouer manne en dames (vernaam as n dame dalk n hysterectomy gehad het) is dit altyd n goeie ding om n wrist guard wat interchangeable  is saam te neem op n adventure ride of selfs net enige vakansie. So ook n 'knee guard'. Ek gee almal atyd daardie advies en natuurlik kry jy verskillende kwaliteit van die goed. Ek beveel hier aan dat mens ook vir absoluut die beste kwaliteit wat jy kan bekostig gaan, want die 'wrist guards' het nou al so oulik geraak (van die duurder tipes) dat daar n gaatjie vir die duim is en dat hy extend oor n deel van die hand. Maw selfs as daar n onstabiele fraktuur soms is kan mens die wrist guard gebruik as n 'splak'. Dis net baie belangrik om in ag te neem dat met fraktuure mens altyd swelling het, die velkleur word gewoonlik atyd blou en daar kan ook onatuurlike vorm wees soos die been geskuif het uit die natuurlike posisie. Baie belangrik dat mens nie te stywe 'kontrapsie' daar het nie en dat mens so af en toe die vinger naels druk en dat die rooi kleur binne 2 sekondes terug is. (perfusie of sirkulasie toets)

Elkgeval, welgedaan!  :thumleft:
Dankie TVB, het nie te styf verbind nie, maar sy het met die bike ryery die hand in die bokant van haar baadjie ingedruk om die hand stabiel te hou.  Dit het goed gewerk.  En nou het sy 'n gewrig guard om saam te vat op trips.  Jy het baie goeie raad gegee, dankie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 07:44:40 pm
Duster , ou maat .....

Ons het lank uitgesien na hierdie een. Weereens het jy dit meesterlik geskryf. Die fotos kleur die storie so mooi in  dat ek voel of ek saam was.

Ons is bly julle is veilig en het die trip so Baie geniet. Hierdie is daardie klas  stories wat ons , hopelik , op die ouetehuis se stoep oor sal praat.

Nou moet ons net Plaaslik iets reel !!!

Dankie nogmaals vir die deel.  :thumleft:  :thumleft:
Baie dankie TREx, dit was 'n ongelooflike nice trip.  Sal enige tyd weer gaan.  Jys reg, ons moet sommer volgende jaar iets reel sommer so in ons eie land.  Groete tuis, hoor.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 07:49:27 pm
Het ek al gesÍ dat Stoffies mal was oor Malawi, veral by die meer?  Check die uit!!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 07:57:31 pm
Ek sal maklik ook daar gaan bly, maar met 'n vrou wat so wil rondhang heeldag sal ek dit moet heroorweeg, anders gaan ek alles self moet doen!! ???

Die terugry na die teerpad toe van die lodge af, was sonder voorvalle, of omvalle, maar Stoffies en Karien het die tyd benut om mooi fotos van die mense daar te neem terwyl hulle gestap het.

Van daar is ons na nog 'n naby lodge om te sien wat hulle aanbied.  Dit was die Chipoka Lake View lodge.  Die kroegie sÍ alles!!

Ons het egter 'n paar koues daar geniet voor ons weer die pad gevat het na Senga Bay toe.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 08:20:30 pm
In Senga, of Salima, soos hulle dit noem, het ons geld getrek.  Sonja het gou 'n taxi nader geroep en so 'n vinnige spin saam die drywer geneem.

'n Jong mannetjie het ons kom kos aanbied!!  Eish, lyk soos mossies of so wat oor die kole gebraai is.  Ons was nie baie honger nie!!!  Maar net voor die hotel se ingang het ons gou 'n paar mooi tamaties vir aandete gekoop.  Onthou ons gaan vanaand by Steps slaap.  Omdat dit alweer op middagete was, het ons besluit om ete te bestel, lekker te ontspan en dan kampplek toe te ry en tent te gaan opslaan.

Middagete was heerlik en ons het ook vir Nick en sy vrou ontmoet wat van Engeland af kom, maar in Lilongwe werk.  Hy is 'n direkteur van 'n skool daar en sy kontrak verstryk oor 3 jaar.  Dan gaan hy en sy met die 1200GS van Malawi af terug Engeland toe ry.  Ek weet nie wat sy nog doen nie, maar sy vrou ry elke oggend perd.  (Nee, ek kon dit nie van haar bene aflei nie!  Sy het self so gesÍ!)

Ons het na ete gou gaan betaal vir die kampplek en toe aangesuiker Steps toe.  Dis net langsaan die hotel, maar toe ons daar aankom, lyk dit soos Margate se strand, die dag net voor Kersfees.  Die kamp is oop vir dagbesoekers, en dis Sondag.  Dit het gewemel van mense, oorverdowende (nie Afrikaanse) musiek en braaivleis rook.

Daar was nie 'n spot oop om ons tente op te slaan nie.  Die hekwag het gesÍ ons moet net chill, die mense moet 17:00 uit wees, dan kan ons tente opsit.  En dit was nou eers 15:00.  Haaaallllooooo!!!  Hierdie kite gaan nie vlieg nie! :dousing:

Ons was redelik omgekrap oor die situasie, want die prentjie was nie aan ons geskilder toe ons betaal het nie.  As ek reg onthou is aan ons gesÍ dat Steps die beste kampplek in Malawi is.  Huh??   Miskien in die week, ja!

Ons het gou beraadslaag, die besluit gemaak om net 'n klein ent terug te ry en 'n ander kampterrein te gaan verken.  Ek en Johan is na een toe, maar toe ons sien "Day visitors", net omgedraai en vir Willie gaan wag.  Hy het na 'n ander een gaan kyk.

Daai was blykbaar 'n opsie en Sonja was baie chaffed.  Ons het egter reeds betaal by die hotel en dadelik vir Willie afgevaardig om te gaan onderhandel om ons geld terug te kry.  Wat hy toe reggekry het.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 08:28:53 pm
Ons slaapplek was die Safari Beach lodge.  Die eienaar het ons sy private strand area aangebied om ons tente op te slaan.  Wat 'n prentjie.  Die enigste nadeel was dat ons alles teen 'n baie steil trappies moes afdra, want die paadjie van bo af vir die bikes was vir my net te steil en riskant.  Willie wou nog waag, maar ons het toe eerder alles gedra.  Die besluit om na 'n ander kamp te gaan soek ,was weereens 'n baie goeie een.

Na ons kamp opgeslaan het, het ons bietjie in die water gaan afkoel en die aand met worsbraai en ander bykosse om die kampvuur afgesluit.  Vanaand het ons ook 'n Pinto Tinto oopgemaak wat Johan vir ons saamgery het.  Die botteltjie was amper leeg toe ons gaan slaap het.  Dankie mater, daai rumpie het goed afgegaan.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 08:42:55 pm
Dag 9 was op die strand afgesluit.  Afstand vir die dag was ongeveer, en ek raai nou omdat ek nie boekgehou het nie, 140km??

Dag 10:  Roete: Senga Bay na Chipata toe.

Foto 1.  Dis wat ons gesien het toe ons wakker word.  Ek gaan dit mis!!!

Maar nie die apies nie.  Hulle is nogal lastig.  Een het Johan se gasbotteltjie gesteel en ek het met moeite hom gekry om dit te laat val.

Na ontbyt het ons met moeite alles weer opgedra bikes toe en in die pad geval Lilongwe toe.  Vandag moes ons weer totsiens sÍ vir Sonja wat sou terug vlieg Jhn toe.

Die fotos wys die goed wat die Malawiers op enige iets sal laai.  Onthou ek het vroeŽr geskryf dat ek nog vab dit sal wys.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 08:54:53 pm
Die oggend het redelik vining gevlieg en ons was seker so 9:30 by die lughawe.  Sonja se vlug was eers naby 12:30, maar ons het besluit om nie te wag nie, maar aan te stoot sover ons kan.  My plan was om by Mama Rulas in Chipata te oornag, maar as ons verder kon stoot, het ons 'n kans om tyd op te maak sodat ons meer tyd by Vic Valle sou kon hÍ.  Nadat ons 'n vinnige brunch by die lughawe gehad het, het die swaar groet gekom.

(Ek kan nie dink dit was vir Willie lekker om te groet nie, en ek het my vriend rerig jammer gekry!)  Maar die lewe wag mos vir niemand nie, en loop soos hy loop.

'n Uur later was ons weer by Mwami grenspos en dit het sommer voor die wind gegaan.  Geen gelde om te betaal nie, want alle papiere is 30 - 90 dae geldig.  What a pleasure!  Tot ons temperatuur gemeet om te kyk of ons nie ebola het nie!  Hier het ons ook al ons Malawi geld terug geruil na Zambiese kwatchas.

As julle eendag in Malawi gaan kuier, onthou tog om die geld wat jy spandeer het, te onthou, want dis een van die strikvrae as jy uitgaan.  En jy moet iets insit, anders stempel hulle nie jou paspoort nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 09:05:51 pm
Ons was heeltemal te vroeg in Chipata en het besluit om te stoot vir Petauke, waar ons ook met die gaan slag oorgeslaap het.  Ons het gou iets in die Spar gekoop om ons rantsoene en water aan te vul, voor ons in die pad geval het.  Die groter winkels in al die lande waar ons was, is baie goed gevoorraad, met alles wat ons nodig gehad het.

Ek het vertel van die kruisie wat ons by Kate se boom gaan vasslaan het.  Lodie en Katie het ook in 'n kerkie gaan sit op hul toer, en na die vrouens geluister terwyl hulle gesing het.  Dit was vir hom baie spesiaal, en het ook die kerk se gps vir my gegee.  Vandag het ons daar gstop en sommer net daar rondgestaan en gewonder hoe dit vir hulle daai tyd was.  Lodie, die fotos is vir jou en Kate.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 07, 2014, 09:13:53 pm
Van die kerkie af was dit nie te ver na Katete toe nie, en ons het daar op die stoepie van 'n winkel gesit en koeldrank drink.  Die verbygangers was soos ons nou al gewoont geraak het, baie geselserig en wou alles van ons weet.

Ons was so naby 16:00 op Petauke en het voor half 5 weer met 'n koue bier in die hand gesit.

Daardie aand reeds het ons oor Willie se kaart gebukkend gesit en soek vir 'n korter pad Malawi toe, want dis die moeite werd om weer te gaan.  Ek dink daai aand is die beplanning begin vir die volgende Malawi trip??? :3some:

Willie was daai aand weer alleen in sy tent, en het baie plek vir himself gehad! ;)

Einde van dag 10 gewees.  Totale afstand was ongeveer440km.

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 07, 2014, 10:33:30 pm
Ek sou nogal gedink het dat mens deur Botswana kan sny eerder as Zimbabwe?

n Pad wat ek graag weer wil doen is deur SWA en die Caprivi strook, dan oor die rivier in Zambia in en sommer deur al die pad na Malawi. Sal nog mooi gaan beplan aan daai een!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 02:24:36 pm
Ek sou nogal gedink het dat mens deur Botswana kan sny eerder as Zimbabwe?

n Pad wat ek graag weer wil doen is deur SWA en die Caprivi strook, dan oor die rivier in Zambia in en sommer deur al die pad na Malawi. Sal nog mooi gaan beplan aan daai een!
TVB, Botswana is definitief 'n opsie, maar is net verder.  As ons meer tyd gehad het, sou ons dit oorweeg het, en dan Beitbrug uitgesny het.  Die kortste pad van Naboom af is Beitbrug, Masvingo, Mutare, oor die grens in Mosambiek in en dan reguit noord na Tete en van daar af direk Blantyre, Mangotchi na die meer toe.  Gaan dit in gedagte hou volgende keer.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 02:29:35 pm
Dag 11.
Roete"  Petauke na Lusaka, was die beplanning, maar omdat ons gister mooi tyd opgemaak het, het ons besluit om daarop voort te bou en te stoot tot by The Moorings Campsite, naby Monze.

En so het die dag oor ons gebreek, met die belofte van nog 'n geleentheid om alles te geniet wat die Skepper verniet vir ons gee.

Nou was ons mos op 'n pad wat ons net 'n paar dae tevore ook gery het.  Net 'n paar fotos wat ons gesien en ervaar het.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 02:36:59 pm
Net oor die Luangwa brug het die Zambiese Binnelandse sake 'n padblokkade gehad en ons moes almal ons paspoorte wys.  Dit was ook 'n geleentheid om bene te rek en weer koeldrank te koop.

Die pad Lusaka toe was maar redelik eentonig, en die baie wrakke was weereens opmerklik, dat dit nie weggesleep word nie, maar sommer so langs die pad bly lÍ.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 02:47:07 pm
Die vorige keer wat ons die oggend uit Lusaka uit weg is, het dit ons 1,5h geneem om deur die stad te ry.  Ons het weer begroot vir dieselfde tyd, maar het eers middagete by Mike Kitchen gaan eet.  Dit was baie lekker en nadat ons die bike ook volgemaak het, baie vinniger deur die stad as wat ons beplan het! :pot:

Toe ons by die garage wegry, sien ek Willie wat voor ry, is haastig, en ek draai om en sÍ vir Stoffies "Willie moet oppas vir te vining ry!" toe sÍ sy ek moet oppas, daars 'n spietkop in die pad. :3some:

Nou ja, Willie is mos ons onderhandelaar, en ons staan toe maar in die skaduwee tot hy terugkom en sÍ ons moet ry, alles uitgesort.  Dit het hom R200 gekos, maar die aanvanklike boete was R600, R200 vir elke bike!!  Ons het hom maar daai aand getreat met 'n koue een!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 02:59:08 pm
Net vir belangstelling, die foto op die vorige post van die petrol pomp se lesings, is 15lt wat Johan in sy 1200GS gegooi het na ongeveer 330km se ry.

The Moorings is 'n beesplaas tussen Lusaka en Livingstone en ek en Stoffies het in 2011 se toer ook daar oornag.  Ons was vroeg genoeg daar om daglig nog tent op te slaan en te settle met 'n paar koues.

Iets waaraan ons nog moet gewoont raak, en op die trip het ons dit 'n paar keer ervaar, is dat die kamp opsigters dieselfde storte as besoekers gebruik.  En dan wag hulle nie tot almal gaan slap het nie, hulle stort sommer dieselfde tyd as ons.  Maar dis mos hulle plek, en hulle is anders as hier by ons, houding gewys.

Ons het lui lekker op die groot stoep rond gelÍ en chill, aandete uit die tasse gemaak en baie rustig tente toe gedwaal.

Foto nr 74 wys Willie hoe lyk 'n biker as hy heeldag in die saal was, en 75 is nog een van my persoonlike gunsteling fotos van die toer.

Einde dag 11.  Totale afstand gery:  600km.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 03:10:42 pm
Die aand was vir my gekenmerk deur die varke wat so deur die nag geraas het, (plaasvarke) en die honde wat redelik geblaf het.  Ek het daai aand nie so lekker geslaap nie.  Maar die volgende oggend het ons redelik vars opgestaan en uitgesien na die pad wat voorlÍ.

Ons was elke oggend dou voor dag wakker, en vanoggend het ek weer my kamera gegryp en die foto van die sonopkoms geneem.  Wat 'n voorreg.

Ons het ontbyt gemaak, opgeslaan en soos ons elke oggend gemaak het, kringetjie gestaan, Sy beskerming oor ons dag gevra en toe in die pad geval.  Die plaaspaadjie moes ons deel met die beeste, en daardie heerlike reuk van vars beesmis en stof sal ek lank onthou.

In Choma het ons gestop en watersakke volgemaak en die res van die pad aangedurf Livingstone toe.

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 03:19:45 pm
Karien het die fotos van die bikes se voorwiele geneem om te wys hoe vuil die bikes was.  Maar ons toer mos, hulle kan nie heeltyd skoon bly nie!!

Die pad wes na Livingstone was sonder voorvalle, maar my boude het rerig begin seer word.  Die ouens wat al blasť onder die voete gehad het, weet mos hoe dit voel as jy jou voet optel en die pressure van die blaas afhaal??  My alie het so gevoel elke keer as ek gemeerkat het.  Dit het kompleet gevoel of die vel wegtrek van die vleis af.  Maar ons is mos nie sissies nie, en het dit gevat soos 'n man!!  Die vrouens het nie so gekla soos ek nie, weet nie hoe hulle boude gevoel het nie!?

Ons het so elke 100-150km gestop om bene te rek.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 03:23:31 pm
11:15 was ons in Livingstone en het reguit na The Waterfront toe gery waar ons getent het.  Ons het ook al hier geslaap en weet dat die dek die plek is om te ontspan met 'n yskoue bier en middagete.  En dis wat ons toe gedoen het.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 03:26:06 pm
Nog pics. van op die dek.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 03:34:53 pm
Ons het na ete gou die bikes gevat en sommer net so met kortbroeke en plakkies na die brug toe gery waar hulle bungy jump.  Teen die tyd was dit snikkend warm en die bikes se temp meters het onderskeidelik 41,5 en 43 grade Celsius gewys.  Ons is eers by die doeane in om dagpasse te kry en toe rustig, elk met 'n roomys in die hand, oorgestap na Zim kant toe.

Dit laat my altyd dink aan die ou wat die eerste keer by die bungy jump gaan staan het, en toe hy so oor die kant loer, vra hy die gids: "En julle wil hÍ ek moet betaal om hier af te spring??"  Toe antwoord die gids: "Net as jy wil hÍ ons moet die toue aan jou voete vasmaak, meneer!" :imaposer:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 03:48:18 pm
Daarna het ons gaan curio shopping doen om vir die kinders elkeen ietsie van ons toer saam te neem.  Die aand is rustig op die dek ontspan en die wonderlike sonsondergang beleef.  Ek en Willie het die dag se hitte in die swembad gaan afwas.

Dit was 'n heerlike kort dag op die bikes en ons het lekker rustig die omgewing ervaar.  Ongelukkig nie olifante gesien nie, maar wel die mis en spore, ook van seekoeie.

Einde van dag 12.  Totale afstand vir die dag was so 315km.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 03:56:17 pm
Dag 13.
Roete:  Livingstone na Bulawayo, Big Cave Camping.

Ons het weereens vroeg opgestaan en na 'n kits ontbyt, opgepak en die grenspos aangedurf.  Ons wou by die beuaro de change gaan geld ruil het, maar hulle was nog toe.  Ons het 'n paar rand verloor by die informele handelaars, maar is lekker vining deur beide grensposte.

In Zim se kant het my kamera se batterye die gees gegee, en ons het die valle gaan besoek met my selfoon vir fotos.  Gelukkig het Karien haar kamera ook gehad.

Die valle die tyd van die jaar is baie mooier aan Zim se kant as aan Zam se kant.  Zambie het feitlik geen water nie, maar aan Zim se kant is dit steeds asemrowend mooi.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 04:20:49 pm
Foto 24:  Een van die mooi fotos van die valle.

Na die besoek aan die valle, het ons gou by die OK gestop en nuwe batterye vir die kamera gekry.  Die gps sÍ alles van die afstand en aankomstyd ens.  Ons sou 15:17 in Bulawayo wees, en van daar was dit nog so 30min se ry tot by Big Cave wat in die Matopo Hills omgewing lÍ.  Daar was baie tyd in die dag! :laughing4:

Die omgewing verander redelik baie soos on ry, van boomryk, tot woestynagtige gebied.  Elk het natuurlik sy eie bekoring.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 04:25:50 pm
Ons het, om ons boude 'n kans op oorlewing te gee, elke 100-130km gestop en dan net rondgestaan, gelÍ of gesit, net so 10 min, dan weer in die pad geval.  Dit het so goed gewerk dat ons die aand daaroor gepraat het; hier by 90km het jou brein jou oortuig dat jou boude nou! gaan afval as jy nie gou! stop nie. :imaposer:  Die brein is darem magtig!!

'n Paar fotos van ons stoppe.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 04:39:32 pm
Alhoewel ek met Big Cave gepraat het, het ek nooit bevestig dat ons wel daar gaan oorslaap nie, en hoe laat ons daar sal wees nie.  My bekommernis was dat as ons na 17:00 by die hek gaan kom, gaan dit reeds gesluit wees.

Ons het eers 16:00 in Bulawayo ingery en moes proviant koop vir die aand.  Ons wou braai.  Willie wys sy gps wys 'n Spar so 'n ent aan.  Ons volg hom toe getrou, maar hy ry reg deur die stad amper anderkant uit, toe stop hy by 'n Choppies.  Dit was nie die probleem nie, maar dit was toe reeds 16:45.

Willie oortuig ons dat die pad aansluit met die een waarop ons moet wees, maar ek is nie so seker nie.  Terwyl hulle inkopies doen, pas ek die bikes op en begin met 'n man langs my praat.  Ja sÍ hy, ons moet terug deur die stad en dan regs draai om op die Matopo pad te kom.  Ons is nou op die Plumtree pad wat Botswana toe gaan.

Nodeloos om te sÍ, Willie sÍ ons moet aanry op die pad, dan draai ons links op 'n grondpad wat dan baie naby Big Cave se hek gaan uitkom.  Ek het al meer bekommerd geraak oor die hek wat gesluit gaan wees, dan is ons lekker gevurk!

17:08 klim ons op die grondpad, en dadelik vergeet ek die tyd.  Dis so 'n lekker paadjie en terwyl ons ry, sÍ Stoffies vir my dis dieselfde pad wat ons 2011 van Big Cave na Figtree gery het.  Wat 'n plesier.  Die son wat besig is om te sak, die grondpad en stof van die bikes, maak dit soveel die moeite werd.

Te gou is ons op die teerpad en baie naby aan die hek.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 04:42:49 pm
En wonder bo wonder, die hek staan nog oop.  Ons het die kronkel sandpaadjie rustig ingery, en na 'n rukkie sÍ Stoffies, jy het verkeerd gery, toe kom ons op die kamp terrein af.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 04:54:08 pm
Toe ons stop kom Brown, die "camp manager" ons tegemoet.  Ons het met ons 2011 besoek heerlik saam met Brown gekuier en ek het hom dadelik herken.  Hy het my nie herken nie, want ek het nou 'n vol baard gehad en laas keer nie, maar toe ons eers bietjie gesels, toe onthou hy ons is die twee wat hom komberse gevra het.

Ons kampplekkies is mooi skoongevee deur die hulp wat ons saamgevat het, en di etente het in 2 ticks gestaan.  Intussen het Brown die kampvuur aangesteek (like usaual, sir?) en die braai area in gereedheid gebring.  Die yskas met die drank is oop en jy kan maar uithaal wat jy wil, en dit net opskryf.  More sal ons betaal.

Johan drink nie meer alcohol as nodig nie, maar ek en Willie was dors die aand.  Johan en Willie het die vleis gebraai, ek het die slaai gemaak en Karien het braai broodjies gemaak.  O ja, Willie het ook nagereg aangebied!! :drif:  Ons het ons mae vol geŽet en die sterre bekyk terwyl ons die aand sy gang laat gaan het, so om die kampvuur.

Dit was ons laaste aand in Zim, en more sou ons terug wees in RSA.

Einde van dag 13.  Afstand ongeveer 500km.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 05:22:36 pm
Dag 14:  Roete: Big Cave - Bulawayo na Tshipise vis Beitbrug.

Niemand kan Big Cave besoek sonder om die lodge en omgewing te sien nie.  Nadat ons ontbyt gehad het en klaar die bikes gepak het, het ons omgestap na die lodge toe.  Die manier waarop die lodge in die omgewing ingeweef is, is werklik mooi.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 05:25:13 pm
Nog fotos van Big Cave.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 05:33:52 pm
Te gou is die tyd te min om nog rond te loop en ons vat die pad terug Bulawayo toe.  Trek geld, gooi petrol en vertrek na Beitbrug.  Dit is warm en Stoffies se jelly babies word langer as wat hulle ontwerp is om te word.

Kort voor lank is ons by Beitbrug en die Zim kant word binne minute afgehandel.  Daar is feitlik geen mense aan die exit kant nie.  Ry deur na die RSA kant en vandat ons gestop het aan die Zim kant tot ons deur die RSA pos is, 20 minute, flat!! :ricky:

 
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 05:38:38 pm
Deur die grenspos, is ons na die Spur in Mussina waar ons 'n welverdiende middagete geniet het.  Ons bestemming was Tshipise waar ons ons laaste aand van ons toer sou spandeer.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 05:47:25 pm
Ons het vining kamp opgeslaan en opgestap swembad toe om die toer se memories te bespreek.  Tyd in die swembad was te vining om en ons het die vuur aangesteek, nie vir 'n braai nie, maar sommer net om die vuur te kan hÍ.  Aandete is uit blikkies en pakkies aanmekaar geslaan en die aand het vining tot 'n einde gekom.

As mens so na die fotos van ons 3 mans kyk, wonder ek wat het elkeen van ons op daardie stadium gedink?  Beplan aan die volgende een?

Einde van dag 14.  Totale afstand was ongeveer 430km
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 06:06:19 pm
Dag 15: Laaste dag van ons amptelike toer.  Roete: Tshipise na Naboomspruit.

Opstaan ,ontbyt, oppak, in daai volgorde soos vir die vorige 14 dae, enigste verskil, ons gaan dit nie weer more oggend doen nie.

Ons roete was basies dieselfde wat ons die eerste dag gery het, net in die teenoorgestelde rigting.  Ons het weer die tonnels deurgery, ook informele besigheid langs die pad gesien en gelukkig die spietkops in Louis Trichardt gesien voor hulle ons gesien het.

In Polokwane het ons weer by die Ultra City iets warms gedrink (was 19grade) en soos ons tradisie van ons lang trips is, by ons huis verby gery en die toer in die Wimpy afgesluit.

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 08, 2014, 06:23:00 pm
By die huis was die honde baie bly om ons te sien, en die gras was amper vrek.  Stoffies en Karien het gou rekenaars opgestel en fotos geruil terwyl ek en Johan vir Willie gehelp het om sy bike te trailer, want hy moes nog Nylstroom toe ry.

Ons het mekaar met seer harte gegroet toe Willie ry, want dis 'n belewenis wat mens nie sommer so afsluit en los nie.  Dit was nog so vroeg dat Johan en Karien besluit het hulle gaan ook deurdruk Potch toe, en skielik is ek en Stoffies alleen! ???

Nou ja, die afpak was gou oor en ek het die bike gewas en gepolish en al die kampgoed op hul plekke gebere.  En die aand heerlik in ons eie bed geslaap, soos Johan hulle ook.  Dis was net Willie wat eers Dinsdag by die huis sou uitkom.

Wat sÍ mens aan die einde van so 'n trip?  Ek het die aand by Tshipise gevra elkeen moet bietjie dink: Wat was jou verwagting van die trip, jy dink sekere goed moet gebeur en jy moet sekere goed ervaar gedurende die trip, maar het die trip aan jou verwagtinge voldoen?

Niemand het rerig geantwoord nie, want kan jy iets antwoord?

My antwoord is net:  Ek maak die trip, die trip maak dit nie vir my nie!  Het ek die trip gemaak wat ek dit wou gehad het?  Onomwonde ja!!

Dit was awesome, saam met die mooiste vrou aan my sy, en die beste vriende wat ons vergesel het!  Dankie julle 5, Meraai, Johan, Karien, Willie en Sonja, julle het die trip vir my die moeite werd gemaak.

Ek hoop julle sal dit ook lank onthou en eendag stories op die stoep vir julle kleinkinders wil vertel.

Einde van dag 15.  Afstand ongeveer 340km.

In my hart, vrede, vreugde en dankbaarheid vir die genade wat ons ervaar het.

Lekker lees en dankie dat ons dit met julle kon deel.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Man from Nam on November 08, 2014, 06:51:54 pm
Ai dit was so lekker rr ek is amper spyt dis verby, seker omdat ons ook die trippie wil doen :)
Dankie Duster en Stoffies dit was werklik mooi en nou is ek eers vuur en vlam om volgende jaar te gaan.
Dankie vir die deel en baie mooi fotos
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DUSTRIDERS on November 08, 2014, 10:47:29 pm
Dankie vir die deel met ons. :thumleft:
Ek moet weer Malavie toe gaan. :deal:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: T Rex on November 09, 2014, 07:56:59 pm
Dankie vir die res van die storie ...... Ongelooflik lekker  ......!! :thumleft:

Moet nou net nie te vinnig te hard werk nie !!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: TVB on November 09, 2014, 08:21:51 pm
Ag nee man, nou is die mooi RR ook klaar! Dankie julle, ek het die nou regtig baie geniet man!  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: YATAR on November 11, 2014, 11:12:34 pm
Ek kan nie anders om my stilswye te verbreek nie!

Wat se mens aan die einde van so 'n volledige ride report? Mater, dankie vir 'n herlewing van ons wonderlike trip! Die RR is weereens 'n weerspieeling van hoe goed die hele toer deur jou en Stoffies beplan was!

Ek was bang om enige kommentaar by te las want ek het net so lekker saam gelees en kon nie wag vir die volgende hoofstuk van 'n verhaal/ toer wat ek met jul kon deel nie.

Ek wil wel die volgende lesse wat ek geleer het deel:

Die lande waardeur ons gereis het gebruik hoofsaaklik VISA bankkaarte.
        Maak seker jy het genoeg ekstra kontant iewers weggesteek op jou fiets vir noodgevalle.
        Weet hoe ver afstand jy op een tank petrol kan ry.
        Beplan so dat jy weet hoe ver die petrolpompe uitmekaar is.
        Sorg dat iemand in die groep n spaarsleutel van jou motorfiets het.

As jy ooit gedroom het van so 'n trip....DOEN DIT!

Cheers........

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 13, 2014, 01:58:45 pm
Ek kan nie anders om my stilswye te verbreek nie!

Wat se mens aan die einde van so 'n volledige ride report? Mater, dankie vir 'n herlewing van ons wonderlike trip! Die RR is weereens 'n weerspieeling van hoe goed die hele toer deur jou en Stoffies beplan was!

Ek was bang om enige kommentaar by te las want ek het net so lekker saam gelees en kon nie wag vir die volgende hoofstuk van 'n verhaal/ toer wat ek met jul kon deel nie.

Ek wil wel die volgende lesse wat ek geleer het deel:

Die lande waardeur ons gereis het gebruik hoofsaaklik VISA bankkaarte.
        Maak seker jy het genoeg ekstra kontant iewers weggesteek op jou fiets vir noodgevalle.
        Weet hoe ver afstand jy op een tank petrol kan ry.
        Beplan so dat jy weet hoe ver die petrolpompe uitmekaar is.
        Sorg dat iemand in die groep n spaarsleutel van jou motorfiets het.

As jy ooit gedroom het van so 'n trip....DOEN DIT!

Cheers........


Dankie Yatar, dit was lekker om dit weer te herleef terwyl ek die rr geskryf het.  Net dat die manne nie dink ons het gaan staan sonder petrol nie, dis belangrik wat Yatar sÍ, want ons moes eendag 340km ry sonder brandstof en ons het op die trip eers uitgevind dat dit baie maklik haalbaar was teen 100km/h, selfs met die 1200's.  Ons het darem nerens gaan staan sonder petrol nie.

Dankie vir jou insette, Willie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Roulof on November 13, 2014, 11:37:52 pm
So soet soos stroop was dit nou ;D

Dit maak my baie opgewonde vir ons eie reise, dankie vir die deel!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: alwyn_gs on November 14, 2014, 07:51:24 am
Awesome julle!!!

Al die foteos so op n vradag oggend wil my net laat gaan gatskuur!!!

Dankie vir die deel!!!  :thumright:

 :ricky: :ricky: :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Roxtar on November 14, 2014, 09:03:27 am
Jis verlang ek nou Malawi toe julle.......... :thumleft: Ons was al verskeie kere daar maar nooit met die bikes, dis nog n MOET doen op my lysie..... ;)

Malawi is seker die veiligste, vriendelikste land in Afrika maar ook brandarm ongelukkig. Die pols van Afrika loop sterk daar en mens wil net daar bly, dink nogals ons gaan erens eendag daar dalk aftree nog..........

Duster jy is reg, volgende keer ry die "Tete corridor" en gaan in by Mwanza, lekker pad en grenspos is nie so besig. In Mutare kan mens slaap by een van die vele kerke se sale, ons gebruik gewoonlik die NCMI kerk se saal want daar is matrasse en lekker showers met n mooi tuin :thumleft: Nog n deel van Malawi wat spectacular is is die koffie/tee gebied rondom Mulanje :thumleft:

Dankie vir n lekkr lees ride report, great om sulke vriende te hÍ wat dit met mens kan deel!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: JMOL on November 15, 2014, 04:28:04 pm
Baie dankie vir die deel.  Dit was 'n voorreg om saam met julle te toer.   :thumleft:   :deal:

So 'n toer is lekker as die pillion nice is, die ander mense in die groep nice is en as die plekke waar jy bly nice is.

Julle het dit alles in een pakket gehad   :deal:   ;D  Wat 'n ondervinding.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 15, 2014, 06:54:51 pm
Jis verlang ek nou Malawi toe julle.......... :thumleft: Ons was al verskeie kere daar maar nooit met die bikes, dis nog n MOET doen op my lysie..... ;)

Malawi is seker die veiligste, vriendelikste land in Afrika maar ook brandarm ongelukkig. Die pols van Afrika loop sterk daar en mens wil net daar bly, dink nogals ons gaan erens eendag daar dalk aftree nog..........

Duster jy is reg, volgende keer ry die "Tete corridor" en gaan in by Mwanza, lekker pad en grenspos is nie so besig. In Mutare kan mens slaap by een van die vele kerke se sale, ons gebruik gewoonlik die NCMI kerk se saal want daar is matrasse en lekker showers met n mooi tuin :thumleft: Nog n deel van Malawi wat spectacular is is die koffie/tee gebied rondom Mulanje :thumleft:

Dankie vir n lekkr lees ride report, great om sulke vriende te hÍ wat dit met mens kan deel!
Jys reg, Malawi is baie arm, maar die mense daar weet jy is hulle inkomste, en dra jou dus op die hande.  Maar baie veilig!  Ons gaan beslis weer en dan wil ons daai Tete corridor gaan doen.  Dankie vir die kerk saal info, dit sal baie help.  Is daar kontal info as mens met hulle wil kontak maak?
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 15, 2014, 06:58:56 pm
Baie dankie vir die deel.  Dit was 'n voorreg om saam met julle te toer.   :thumleft:   :deal:

So 'n toer is lekker as die pillion nice is, die ander mense in die groep nice is en as die plekke waar jy bly nice is.

Julle het dit alles in een pakket gehad   :deal:   ;D  Wat 'n ondervinding.

JMOL, ons het als in ons pakkie gehad.  Ek en Stoffies ry altyd alleen, en hierdie was vir ons 'n eerste om so 'n groep saam te vat, maar dit is baie great vriende en ons verstaan mekaar en het mekaar spasie gegee.  Dis belangrik.  Wat my pillion aan betref, kan ek vir geen beter gevra het nie, sy is awesome en ken my al so goed dat ek nie eens soms haar iets moet sÍ nie, dan doen sy dit al klaar.  Ons 2 gaan nog jare en baie kms saam ry.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: DRED on November 18, 2014, 04:02:00 pm
Ek stem saam met Duster jou pillion wat saam met jou ry is so belangrik. Nie net met die vertrou in jou as bestuurder nie maar ook sy wat agter opsit maak dit of maklik of baie moeilik en daar kan ek ook sÍ dat Karien n ongelooflike pillion is. Sy neem meeste van die tyd foto's terwyl ons ry en ek kan nie eenkeer sÍ dat ek ongemaklik was met haar agter op nie.

Wat die groep aanbetref was ek maar die stil een want met die gesukkel in die begin met die brandstof pomp het my half omkant betrap. Ek sal enige tyd weer saam ons groep ry want ons het mekaar aangevul waar dit nodig was en daar was nooit enige struweling gewees nie, behalwe nou met die mozzies.

dankie Duster vir die ongelooflike RR ek het als weer van vooraf beleef.

Aan die ander wat die rut wil aanpak, doen dit dit is die moeite werd verseker.

Wat Yatar sÍ oor die Visa kaarte  vat maar beide saam as back up en genoeg ekstra geld vir waar daar nie banke is wat werk nie.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: cruizaman on November 19, 2014, 03:31:44 pm
`n Mens lees altyd lekker aan `n ritverslag as jy jou daarmee kan vereenselwig. Ek het hierdie een baie geniet, dit is `n roete wat ek self nog graag saam met my vrou sal wil doen. Baie dankie daarvoor!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 19, 2014, 05:53:54 pm
`n Mens lees altyd lekker aan `n ritverslag as jy jou daarmee kan vereenselwig. Ek het hierdie een baie geniet, dit is `n roete wat ek self nog graag saam met my vrou sal wil doen. Baie dankie daarvoor!
:thumleft: Gaan doen dit gerus, baie veilig gevoel en gewees, en julle sal Malawi geniet.  Ons gaan beslis weer eendag!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Jors Troelie on November 25, 2014, 06:39:13 am
Puik. Ek sit hier in die Wimpy op my I-pad en lees, en ek kry trane in my oge. Wat meer kan 'n mens vra van die lewe?
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 26, 2014, 10:08:57 am
Puik. Ek sit hier in die Wimpy op my I-pad en lees, en ek kry trane in my oge. Wat meer kan 'n mens vra van die lewe?
As jy besluit om te gaan, kontak my, ons ry saam, dis al wat ek meer kan vra!  :ricky:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Stofdonkie on November 26, 2014, 01:25:26 pm
Wat 'n lekker RR. Dankie vir die skryf.  :thumleft:
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on November 27, 2014, 11:45:19 am
Wat 'n lekker RR. Dankie vir die skryf.  :thumleft:
Groot plesier!  Ons deel graag ons ervarings met julle.
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: bud500 on November 27, 2014, 12:01:53 pm
Lekker trip, lekker verslag.  :thumleft:

Ek wil ook!
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: weskus on December 01, 2014, 03:59:09 pm
Lanklaas 'n hele RR op 'n slag deurgelees, well done, Malawi ook op my bucket list, maar ek wil fiets op trein laai van Slaapstad..
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on December 01, 2014, 05:13:59 pm
Lanklaas 'n hele RR op 'n slag deurgelees, well done, Malawi ook op my bucket list, maar ek wil fiets op trein laai van Slaapstad..
Ek hoor dis nie so baie duur om fiets op die trein te laai nie.  Het vriende wat 'n ruk terug van Jhn na Slaapstad op die trein met hul bike gery het en hy sÍ die prys was billik gewees.

Van waar sal jy wil ry as jy met die trein opkom?
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Hinksding on September 07, 2015, 12:05:50 am
Nouja, daar het ek nou my slaap lekker opgeneuk. Oor 5h55min moet ek opstaan, maar ja, dit was n lekker rr om deur te lees. Dankie vir die deel.

Bucket list, ek gaan jou een vd dae n lekker dropkick gee.

Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: machiel12 on September 07, 2015, 02:53:34 am
Ha-ha Voorwaar 'n lekker wakker bly rr
Title: Re: 4 Dae in Malawi.......
Post by: Duster on September 07, 2015, 06:36:13 am
Jammer julle 2, maar baie bly julle het dit gelees.  Jammr julle moet nou so vroeg uit die vere en sterkte vir vandag se werkery ;)