Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Dorsland on November 04, 2014, 04:47:23 pm

Title: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 04, 2014, 04:47:23 pm
(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/a1e10b2aaec5033c0939f847b73ddd9f.jpg)

Wat is dit met oneindige vergesigte, half woestyn landskappe, grondpaaie wat oor uitgestrekte vlaktes kronkel en 'n hoorbare stilte, wat maak dat ek amper 'n geestelike ervaring beleef om daardeur te ry?

Eintlik moes ek di naweek by die Winterberg Bash gewees het, maar ek het 'n behoefte gehad om net weer mens te word. Om myself weer vol van die Groot Niks daar in die Groot Karoo, die Tankwa, die Boesmanland te gaan maak.

Hier op Merweville, in 'n eenvoudige kamertjie agter die kontant winkel, kan ek net nederig dankie s vir die grootsheid van die Skepping en al sy wondere wat ek aan die einde van my eerste dag beleef het. Ook dat ek weer begin verstaan waar ek daar in pas.

Ek hoop as ek terugkeer dat ek my gedagtes en ervaringe sinvol kan neerpen.

Tot dan, die groot...

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/b0d74f131d5c87dfde4f9e69c79e4db1.jpg)

... en die klein wat ek ervaar het.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/99eeefd12ade6bed395174049cd5399a.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 04, 2014, 04:49:45 pm
Moenie verdwaal in Merweville nie :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ETS on November 04, 2014, 04:52:34 pm
Snaaks hoe persepsies verskil-- ons bly in die Karoo en let nie eers meer op na die mooigeid nie. Lekker om weer perspektief te kry :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: XT JOE on November 04, 2014, 04:59:37 pm
Middel van nerens of wat......mooi!
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dusty Rusty on November 04, 2014, 05:34:48 pm
:)

Ja, die karoo kan mens nogals woordeloos laat

(Ek is nogals nuuskierig om te weet watter paar kouse  jy aangehad het ;). )


Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: subie on November 04, 2014, 05:42:54 pm
Hierdie tipe paaie (Noord kaap en kalahari vir my ) is my droom paaie. Moet se ek het nog nie baie karoo paaie gery nie.
Hoe ruik daai oggend luggie  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Flatout on November 04, 2014, 07:36:46 pm
O jou gelukkige ding! Mooi ry en hou ons maar op hoogte van jou omswerwinge, dalk kan jy van ons raak loop as ons jou verwag.   :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Garfield on November 04, 2014, 07:38:53 pm
Die gaan 'n mooi storie wees  :thumleft:

Jy het dalk nie vaste planne nie, maar as jy 'n idee het wanneer jy waar gaan wees, ek moet nog kilometers op my fiets sit voor Desember...
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Lem on November 04, 2014, 07:47:20 pm
sabskraaib  :headbang:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: pietas on November 04, 2014, 07:50:58 pm
Hierdie gaan 'n goeie ene wees.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: TVB on November 04, 2014, 07:57:33 pm
 :sip:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Karoo Rider on November 04, 2014, 07:58:05 pm
 :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip: :sip:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ktmmer on November 04, 2014, 08:02:35 pm
Jou begin skep groot verwagtings. Veilig ry  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: DirtRebell on November 04, 2014, 08:19:51 pm
:sip:
Title: Re:
Post by: Dorsland on November 04, 2014, 08:30:38 pm
Ek sit hier met 'n selfoon en pik soos 'n skrop hoender daarop terwyl in my hart ek eintlik 'n vulpen en deftige skryfpapier benodig om my gedagtes vas te l. 

Dis nie van spoed of afstand of tyd nie. Dis van ervaar; die innerlike amper meer as die uiterlike. Dis van weer verstaan, van wat die orde van dinge is, van wat belangrik is. Dis om weer helder te kan sien, hoor, voel, ruik.

Dis hoe 'n vol moet voel as hy daai eerste keer uit die nes vlieg.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Wild Woody on November 04, 2014, 08:32:33 pm
I agree best roads ever,will be back in December
Title: Re:
Post by: Dorsland on November 04, 2014, 08:35:52 pm
More is Rammelkop- en Ganaggapasse, die Tankwa. Die dag l wyd en oop voor my. Hahaha!
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bie on November 04, 2014, 08:37:53 pm
Reen dit daar? Geniet dit!
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 04, 2014, 08:45:36 pm
Van GR tot hier is die wreld sopnat Bie. Het fotos op die kamera wat ek volgende week sal oplaai. Ou oom in die winkel hier  vertel Fraserburg se kant toe is daar manne wat 3 duim gemeet het :o. Hier op Merweville net oor die duim. Elke lopie, dam en holte l vol.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/d9122791f9cb9898d55963e5c51be188.jpg)
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 04, 2014, 08:47:48 pm
:)

(Ek is nogals nuuskierig om te weet watter paar kouse  jy aangehad het ;). )
Kaalvoet klonkie :P

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/c4a3af61e8c8e281f54f0f927336b711.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: pietas on November 04, 2014, 09:15:45 pm
Sit jy en lees die Landbouweekblad op die wit troon?
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 04, 2014, 09:24:53 pm
Nee darem nie, dis op die bed :)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 04, 2014, 09:29:40 pm
Hoe loop jou spoor mre?
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: JMOL on November 04, 2014, 09:32:50 pm
Karoo Rider - smaak my jy het die hele Wimpy se koffie opgedrink  ;D

Anyway - Dorsland - ek ry saam  :deal:

Geniet elke oomblik.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Swannie 685 on November 04, 2014, 09:38:44 pm
Dorsland,
Wanneer `n mens nog steeds gelukkig is tussen niks en nrens, dan het jy vrede in jou hart. Dis ook dan wanneer `n mens die eenvoudige dinge meer geniet en waardeer.  :deal:

Daai foto van Skillie maak my dag  :thumleft:

Geniet dit en vertel nog asb.  8)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Man from Nam on November 04, 2014, 09:40:09 pm
Nog n Dorsland treffer :sip:
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 05:09:12 am
Die kraal waarin die mensdom bestaan, raak al hoe voller. Ons skuur letterlik en figuurlike konstant teen mekaar. Dit veroorsaak skaafplekke wat al rouer word. Soms moet mens maar oor die klipmuur spring en bokspring, kop in die lug, 'n stofwolk agter jou soos jy jaag. Sommer net vir die vryheid en lekker daarvan.

Die dorre dele, smaak my, het 'n manier om die aansitterigheid en blinkgeid van als bietjie weg te brand. Hier is jy tevrede met 'n ou FMpie en sy PM9 battery. Jy kom klaar met 'n goed opgepaste negentien voertsek Isuzu.  Jy kuier 'n hond uit 'n bos oor die kontantwinkel se toonbank. Jy strewe na vergenoegdheid, nie na skyn nie.

Hier het mens tyd om 'n volle mens te wees, met al die emosies en gevoel en tyd wat ons heel maak. Hier is daar deel, nie bymekaarmaak. Hier is eenvoud, hoflikheid, mededeelsaamheid, omgee, nederigheid, aanvaarding. Hier is 'n besef dat als genade is. Blink gaan niks aan jou deel daarvan vergroot nie. Hier word met als spaarsamig - behalwe met menswees - gewerk.

Hier, lui die mooi ou klipkerk se toring klok met relmaat die ure om. Alles het sy tyd.


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/2958f90a550d6048770ea8ba1841129d.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/c853bfb515afe8d0ef114e71a4f2fc02.jpg)
Title: Re: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 05:10:46 am
Chris ek is vandag stop-en-ry die 2 passe, Tankwa Park deur tot op Nieuwoudtville. Eers die perd bietjie pitvoer gee dan val ek sommer nou nou al innie pad. Dis lekker koel vanoggend.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/b46426be1203a1ce6abc5b050362f06e.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Veldbrand on November 05, 2014, 06:17:50 am
Ken daai stoepie. Frannarossi en my se bikes het ook al so daar gerus oppad trug van die 1150 bash in Ougrappies.
Lekker en versigtig ry, vat baie kiekies en sien jou hopelik binnekort.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: subie on November 05, 2014, 06:18:46 am
Gannagapas op en daai stuk bo voor Middelpos is n nagmerrie as hy nat gereen is. Sal dit self nie daar waag as hy nat is nie  :eek7:
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:19:28 am
Soos dit met 'n goeie Dorsland Trekker hoort, het ek my proviand van drinkgoeitjies, beskuit (oftewel Ginger Nut koekies) en kuduwors om 21 dae in die wildernis te kan oorleef.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/8c8e1481441259bb81b4e5bbe6ac05f3.jpg)




En g'n trekboer wat sy sout werd is kan sonder 'n goeie veesweep klaarkom nie ;)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/4e72a1cde782c0f382f295e9f77d11e1.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bie on November 05, 2014, 06:25:15 am
Kinky... Sweep en al. Waar is jou boeie of vat jy sommer n tou?
Title: Re:
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:27:17 am
Hehe. Dis om die PBs hier rondom Allpay uitmekaar te maak.
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:42:57 am
Kennelik het ek my uitpak inspeksie gedruip...

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/8d10a4806c5bf55b2cf9c95f8936a215.jpg)



... en my boetse is nie tot op standaard gebone nie, ek issie lus vir kasernearres nie, so ek gaan maar die pad vat.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/80a0720b8bb8c1d7ad1561ba6e23faae.jpg)


Ek siet julle op Nieuwoudtville :P
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Matewis on November 05, 2014, 07:27:53 am
Nee man, dis nie mooi nie. NOU MAAK JY MY GAT JEUK!!!  :sip:

SUB
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dutchman81 on November 05, 2014, 07:38:40 am
 :sip: Baie mooi sovr oom , ek ry graag saam met die RR  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 05, 2014, 07:40:48 am
Gaan eet in Jupiter's in Sutherland n toebie. Gawe kos net om die hoek van die garage.
As hulle vir jou s die pad Middelpos toe is onrybaar oor modder ry Ouberg af en dan deur die Tankwa tot by die park se kantore en
ry dan Ganagga van onder af op en weer af en dan Niewoudtsville toe.
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Fester on November 05, 2014, 07:44:00 am
:)

(Ek is nogals nuuskierig om te weet watter paar kouse  jy aangehad het ;). )
Kaalvoet klonkie :P

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/04/c4a3af61e8c8e281f54f0f927336b711.jpg)

Jy moet sit in die bad en jou hele lyf was, nie staan en net tot jou enkels was nie.
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Karoo Rider on November 05, 2014, 07:46:58 am
Die kraal waarin die mensdom bestaan, raak al hoe voller. Ons skuur letterlik en figuurlike konstant teen mekaar. Dit veroorsaak skaafplekke wat al rouer word. Soms moet mens maar oor die klipmuur spring en bokspring, kop in die lug, 'n stofwolk agter jou soos jy jaag. Sommer net vir die vryheid en lekker daarvan.

Die dorre dele, smaak my, het 'n manier om die aansitterigheid en blinkgeid van als bietjie weg te brand. Hier is jy tevrede met 'n ou FMpie en sy PM9 battery. Jy kom klaar met 'n goed opgepaste negentien voertsek Isuzu.  Jy kuier 'n hond uit 'n bos oor die kontantwinkel se toonbank. Jy strewe na vergenoegdheid, nie na skyn nie.

Hier het mens tyd om 'n volle mens te wees, met al die emosies en gevoel en tyd wat ons heel maak. Hier is daar deel, nie bymekaarmaak. Hier is eenvoud, hoflikheid, mededeelsaamheid, omgee, nederigheid, aanvaarding. Hier is 'n besef dat als genade is. Blink gaan niks aan jou deel daarvan vergroot nie. Hier word met als spaarsamig - behalwe met menswees - gewerk.

Hier, lui die mooi ou klipkerk se toring klok met relmaat die ure om. Alles het sy tyd.

 :thumleft: 'n Meer treffende beskrywing van die Karoo het ek nog nie tegekom nie.  Magtag dis mooi geskryf.  :deal:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Oupa Foe-rie on November 05, 2014, 08:47:27 am
Plaas stories of toer stories ................ magtag Dorsland maar jy het n gawe met woorde ........... Sien uit na jou RR ..........  :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bernoulli on November 05, 2014, 09:03:33 am
 :happy1:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: DCR on November 05, 2014, 09:06:54 am
Hierdie fraaie fotos maak my nou baie lus vir ry en verdwaal in die vlaktes. Ek sien uit na die res van die verhaal. Geniet dit!
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ROOI on November 05, 2014, 12:07:42 pm
:happy1:
+1
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: woody1 on November 05, 2014, 12:13:52 pm
Right, nou ry ek ook saam.   :ricky:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: 0012 on November 05, 2014, 04:08:56 pm
Jinne, hunker ek nou na die Tankwa. Ek sien uit na hierdie een, Dorsland, ek ry saam.
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 04:35:13 pm
As jy dom is, kom jy in die lewe (en innie Karoo) nie so ver soos jy gehoop het nie. Vanoggend uit Mer'ville uit gery (sien ek praat al soos die plaaslike mense) , te lekker. Dis vars en vroeg en mooi.  

Totdat ek so 30km uit die dorp uit ontdek dat ek my Camelback daar gelos het. Die pad terug was darem nog net so vars en mooi maar nie meer so vroeg nie ::)

Die uiteinde is ek sit nou lekker rustig op die Middelpos Hotel se stoep en 'n koeldrank drink. Nieuwoudtville l nou eers more vir my voor.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/99199c53f4a6e742460ca0876a6c6a18.jpg)

Maar krels! In di wreld, leef en boer die Here se uitgesoekte kinders. Want waaragtig, hulle kry baie genade om hier 'n bestaan te kan maak. Dis 'n harde, dorre wreld wat sy mense hard bak om hier te kan oorleef en saf brei om sy buurman by te staan as hy struikel.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/7581218269256583ebf024a679d84b82.jpg)


Maar wag, ek moet nou seker van voor begin...
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 04:40:24 pm
Vroeg vanoggend toe gooi ek so min of meer 15 liter brandstof by Victor's Garage in 8). Drie maal 'n vyf-liter kan is mos rofweg 15 liter of hoe. Maar kyk,  dis 'n sosiale affre met ou Pienk Volstruisveer wat gesels en die lywige transportryer wat van sy lusernvrag Kaap toe vertel. Ons bespreek die voordele van 'n GPS, s vir Zuma sleg, sit wind innie 800 se bande, haal weer bietjie uit en doen fyn verstellings. N1 One-Stop se agterent, hier kry jy diens, geselskap, brandstof wat spesiaal vir mens in 'n kan uitgesoek word, pompjoggies wat deftig uitgevat is. De lot

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/ad324bf0830d29be3bd77c1f8a4078bf.jpg)
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 04:47:27 pm
En toe is dit ek en die 800 oor Rammelkoppas.  Dit slaan my asem weg.

Ek gooi maar liewer kiekies dat hulle kan vertel.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/9d2071b17b17ddf132052bb62278b06a.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/fa33690726560e75de816fc8d001d75c.jpg)

So moet 'n opstal se ingang mos lyk:

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/575af80ad242ed0cca73e4d14849479c.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/5bbfb9d2c794a7b302f0217bed7f3e4b.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/925ff8cbb0647a94001af452a46f33a1.jpg)
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 04:47:49 pm
Die pas is bitter steil op plekke, so by so dat hulle dit plek-plek geteer het. Maar toe raak dit teetyd dat ek eers mooi die wreld hier van bo kan bekyk. :D. En ek kry nie genoeg gekyk nie. Ek glo dis hoe die wreld in die begin moes gelyk het. Skoon en oop, leeg en wyd en ongeskonde

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/e12d7eb0717ab01ee1b1edd5043317ab.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Jakkals on November 05, 2014, 04:55:27 pm

Ja dit is 'n dorre wereld daai Dorsland, maar ook een van my gunsteling plekke om alleen rond te ry.

As mens alleen daar rond ry en so nou en dan stop om die wereld om jou te bekyk is dit asof daai wereld met jou wil praat, as jy lank genoeg stil sit op een plek en die omgewing om jou sit en dop hou dan kom mens ook agter goed en aanpasbaar die natuur is.


Ek ry lekker saam.  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: 4 Kays on November 05, 2014, 05:41:09 pm
Dorsland, ek geniet jou skryfstyl so baie want dit lees so baie  :sip:

Ek ry lekker saam  :thumleft:
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:10:21 pm

Ja dit is 'n dorre wereld daai Dorsland, maar ook een van my gunsteling plekke om alleen rond te ry.


Ek ry lekker saam.  :thumleft:
Ek het jou daar gesien Jakkalas, 'n jakkals sluip nie maklik by my verby nie 8)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/b5c92fdf1b38e722429dab0221aa803c.jpg)
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:10:22 pm
O heng daar pos Middelpos se stadige selsein toe sommer 3 keer
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:10:43 pm
Die mooi en die seer l sommer vlak langs mekaar hier

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/083e90f3acccb19234ced25e39ebd395.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/2e5e0009c17fd0b9d4fa4c63b158115c.jpg)



Dit verg 'n besonderse tipe mens om in di uitgerekte wreld te kom woon. Hy het sy bekoring maar ek glo, soos 'n oom vir my eenkeer daar naby Aus ges het, jy moet sy bies gedrink het om hier te kan gedy.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/5f9f7ef1d2586285413a2f9ea06da59e.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/868c1cef007140d37759b39e3224155b.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/86a96b550a47311f8e1f689ea4fcf1fb.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: DirtRebell on November 05, 2014, 06:31:25 pm
Pragtige fotos.
Wat 'n belewenis.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Flatout on November 05, 2014, 06:32:56 pm
Ek sou wat wou gee om vandag saam met jou te kon ry.
Lekker rus en eet vannaand. Sien klaar uit na mre se foto's.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: TVB on November 05, 2014, 06:36:45 pm
Man ek lees te lekker en beplan so in die agterkop om daardie roete eendag ook te kan gaan ry as ek geseend is met tyd en n paar los rande!  :thumleft: Ons geniet die fotos baie!  :thumleft:
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:41:31 pm
Dankie ouens, ek is bly julle geniet dit. Dalk gaan ek eers weer oor so 3 maande terug plaas toe;)
Title: Re:
Post by: Dorsland on November 05, 2014, 06:42:52 pm
Ek noem net interessantheidshalwe dat ek my selfoon gebruik vir al daai kiekies. Ek is werklik bendruk
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: woody1 on November 05, 2014, 06:47:11 pm
Dankie ouens, ek is bly julle geniet dit. Dalk gaan ek eers weer oor so 3 maande terug plaas toe;)

Ek gaan NOU vir Christa bel..... :pot:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: JMOL on November 05, 2014, 07:02:11 pm
Dis baie mooi.  Ek geniet die saamry.  :thumleft:
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Jakkals on November 05, 2014, 07:12:34 pm

Ja dit is 'n dorre wereld daai Dorsland, maar ook een van my gunsteling plekke om alleen rond te ry.


Ek ry lekker saam.  :thumleft:
Ek het jou daar gesien Jakkalas, 'n jakkals sluip nie maklik by my verby nie 8)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/05/b5c92fdf1b38e722429dab0221aa803c.jpg)

Ja, jy moet versigtig wees, hierdie Jakkals sluip stil stil orals rond.  :imaposer: :imaposer:



Ek plak nie meer daai stickers nie, die mense s dit bemors die borde, ek maak nou maar my merk teen die paal soos 'n reun hond.


Ek raak nou somer lus om volgende naweek weer daar te gaan rond sluip,  as daai ou sening van Brakpan eendag die kant toe trek sal ek hom ook maar die mooi van die Karoo gaan wys, dalk help dit vir my erf porsie.


Vra vir Koos by Middelpos Hotel van die twee bikers en die knipmes episode, hy behoort dit nog te onthou, lekker lag storie daai van ek en 'n vriend wat eendag daar weg getrek het na 'n veterige ontbyt.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Hinksding on November 05, 2014, 09:56:06 pm
Hou op fotos neem en kom aan man! Hier wag 200 ooie wat moet Bloednier gespuit word! (En los in hemelsnaam die skilpaaie uit) ;)
Title: Re:
Post by: Dorsland on November 06, 2014, 07:20:06 am
@ Garfield : ek slaap Vrydagaand by Cederberg Oasis as jy wil kuier? Ek weet nie hoe ver dit van jou af is nie
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ETS on November 06, 2014, 08:37:44 am
Dis baie mooi.  Ek geniet die saamry.  :thumleft:


 :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Vis Arend on November 06, 2014, 08:38:39 am
Ek sit ook voor in die ry vir die lekker RR.  

Ons gaan jou mis by Winterberg, maar sienende die RR is jy vergewe.  :biggrin:

Dankie vir die deel Dorsland.  Jou skryfstyl is uit die boeke uit.   :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:

Geniet daai besonderse deel van die aarde en wees veilig.  Ons wag in spanning vir die res.    :sip:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Man from Nam on November 06, 2014, 10:09:10 am
Dorsland jy het 'n gawe met woorde, geniet jou rr terdee en kan nie wag vir die res nie :sip:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Duster on November 06, 2014, 04:41:01 pm
Mooi rr Dorsland, sal graag eendag daai paaie wil saamry!!
Title: Re: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 06, 2014, 06:03:14 pm
Dankie ouens, ek is bly julle geniet dit. Dalk gaan ek eers weer oor so 3 maande terug plaas toe;)

Ek gaan NOU vir Christa bel..... :pot:
Hey, jy mag nie my trippie kortknip nie :P
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 06, 2014, 06:06:51 pm
Nou op Loeriesfontein by ou Hinksding aangekom. Sjoe krels, 35 grade buite my ryklere :o

Bietjie saam die Amageza ouens gery, maar dis 'n storie vir later innie RR.  ;) >:D :imaposer:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Jondu on November 06, 2014, 10:16:41 pm
 :peepwall:g
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: TVB on November 07, 2014, 12:09:40 am
Nou op Loeriesfontein by ou Hinksding aangekom. Sjoe krels, 35 grade buite my ryklere :o

Bietjie saam die Amageza ouens gery, maar dis 'n storie vir later innie RR.

Dis funny, kon hulle darem byhou met daai KTM's  ???  :imaposer:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Varkboer on November 07, 2014, 04:50:37 am
Mooi wereld anders as die bos maar net so mooi ek geniet dit baie. :ricky:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Frannarossi on November 07, 2014, 10:27:01 am
Hel ek het nou lanklaas so lekker gelees aan 'n RR.Doen net so voort en geniet die trip verder :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Jondu on November 07, 2014, 02:38:04 pm
Lekker man
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bie on November 07, 2014, 03:02:58 pm
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: errie on November 07, 2014, 03:25:46 pm
Dis nou n lekker vrydag mirrag saamry RR. Lekker man
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Hinksding on November 07, 2014, 03:41:46 pm
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.

Ja darem, ekt die hele oggend Amageza gekyk en moes die job toe namiddag in die lekker warm son aanpak. Ekt 'n wakende oog gehad waaraan ek, however, glad nie gewoond is nie.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Mev Vis Arend on November 07, 2014, 03:44:32 pm
Jo, dit is 'n mooi rr en fotos.  Ek kan ook nie wag vir die res nie.

 :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Matewis on November 07, 2014, 05:51:10 pm
My neef het my hoeka vandag fotos gestuur van Kamdanie en hoe die water afgekom het daar op Graafwater. Hulle het 30mm reen gehad.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: TVB on November 07, 2014, 06:12:10 pm
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.

Ja darem, ekt die hele oggend Amageza gekyk en moes die job toe namiddag in die lekker warm son aanpak. Ekt 'n wakende oog gehad waaraan ek, however, glad nie gewoond is nie.

Magtig en jy het dit man alleen gedoen? Welgedaan om in daai warm wereld so fluks te wees!
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Hinksding on November 07, 2014, 06:57:25 pm
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.

Ja darem, ekt die hele oggend Amageza gekyk en moes die job toe namiddag in die lekker warm son aanpak. Ekt 'n wakende oog gehad waaraan ek, however, glad nie gewoond is nie.

Magtig en jy het dit man alleen gedoen? Welgedaan om in daai warm wereld so fluks te wees!

Ja....en nee, jinne TVB, sit jy my nou in die spot. Ekt almal bloednier gespuit, maar die een krullebol het hulle Vit A gedous, en die ander krullebol het hulle Ivermax gespuit. So, ekt nie alles self gedoen nie, maar almal is onderdeur die "lanie" se hande.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: TVB on November 07, 2014, 06:59:08 pm
Ek wonder of die 200 ooie nou darm al geent is.

Ja darem, ekt die hele oggend Amageza gekyk en moes die job toe namiddag in die lekker warm son aanpak. Ekt 'n wakende oog gehad waaraan ek, however, glad nie gewoond is nie.

Magtig en jy het dit man alleen gedoen? Welgedaan om in daai warm wereld so fluks te wees!

Ja....en nee, jinne TVB, sit jy my nou in die spot. Ekt almal bloednier gespuit, maar die een krullebol het hulle Vit A gedous, en die ander krullebol het hulle Ivermax gespuit. So, ekt nie alles self gedoen nie, maar almal is onderdeur die "lanie" se hande.

Mooi man, welgedaan!  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: JMOL on November 07, 2014, 07:06:57 pm
Ja....en nee, jinne TVB, sit jy my nou in die spot. Ekt almal bloednier gespuit, maar die een krullebol het hulle Vit A gedous, en die ander krullebol het hulle Ivermax gespuit. So, ekt nie alles self gedoen nie, maar almal is onderdeur die "lanie" se hande.

 :lol8:
Title: Re:
Post by: Garfield on November 07, 2014, 07:10:34 pm
@ Garfield : ek slaap Vrydagaand by Cederberg Oasis as jy wil kuier? Ek weet nie hoe ver dit van jou af is nie

 :'( sien dit nou eers, werk het my gevang die week, 'n vreemde ding vir iemand wat in die Wes Kaap bly.

Lekker verder ry, die manier hoe jy dinge beskryf en die fotos daarmee saam gee 'n baie nice ander perspektief op plekke wat ons dalk as vanselfsprekend sien, dankie daarvoor en lekker verder ry  :thumleft:
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 07, 2014, 07:45:05 pm
Maak nie saak waar mens woon nie, daar waar jy jou werk verrig sal mens altyd verantwoordelikhede h.  Dis seker soos ETS vroer ges het : hy woon in die Karoo en kyk verby die mooi. Dis seker maar soos mense wat by die see woon wat dikwels nie daar uit kom nie.

En dis die lekker van wegkom, mens kry weer die geleentheid om die wreld deur ander o te sien, sonder dat die sifdraad van verantwoordelikheid dit verdof. Dis om weer te kan besef waaroor alles gaan.

Middelpos en die hotel is so 'n stukkie vergetelheid, 'n plekkie wat getuig van 'n eenvoudiger tyd.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/5d6fea5746b8529fea056dbfc42b57f6.jpg)




Ek kyk bietjie in die winkel na die rakke en die kasregister. En in die hotel die hout afwerking en die meubels, seker hier uit die vyftiger en sestiger jare uit. Ek weet nie of ek nou te diep kyk nie maar dit smaak my iets van die deftigheid, van die trots in ons vakmanskap, van die kwaliteit van die verskillende materiaal waaruit ons dinge gemaak het, het rens in ons dolle gejaag na meer en beter en groter, verlore geraak. Die wreld het waaragtig soos 'n worsstopper geraak.

Kyk bietjie hierdie hout vertoonkassies:

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/20741ca54e2bb4747ec62a22c5623bfc.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/27e14c4078defa682860395b27e4b2be.jpg)


Die kasregister:

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/e3d3c8f6e5ad3c96d65c68342848887d.jpg)


Ag wat, dalk moet ek my sommer by my fiets trippie hou.
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 07, 2014, 07:48:26 pm
Toe ek die volgende oggend wakker word, klink dit soos by die huis. Daar is hoenders wat kraai, bokke wat blr en ganse. Ek pak maar op sodat ek vroegerig kan wegkom. Eers gou ontbyt eet, daar word sommer bokmelk botter voorgesit.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/da33c487281e7243a71358f1ec72f09e.jpg)



Terwyl ek nog eet,  bel Hinksding. Die Amageza manne ry skuins verby sy plaas,  wil ek nie saam hom bietjie gaan loer nie. Dit kan dalk werk alhoewel ek my plan effe sal moet aanpas om betyds by hom te wees. Ek betaal en val innie pad.

Dis my dag van die Tankwa!

My roete ry deur die mooiste harde landskappe. Groot vlaktes wat tot in die oneindigheid strek, strak harde kranse wat oor dorre leegtes uittroon, ry op ry plat rante en koppies wat vroeg al in die hitte dans.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/c2cb7f9d85fd10d8d9d49476eb1a75c2.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/7d26609b06cb24c4e9ab916d1ec01eb9.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/d0534a86e230dafd1144f8aa030d6d82.jpg)



Maar ook hier is genade as ek sien hoe daar orals 'n watertjie loop, hoe modderig die pad nog eergister was. Hier en daar is daar nog steeds sulke nat kolle en ek kan nie t slap l nie.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/37c154e2a99a26898bf9e7b44cbbd721.jpg)

Maar die hekke krels,  O die hekke. Ry en stop en klim af en sleep die hek oop en klim op en ry deur en klim af en sleep die hek toe en klim op en ry weer verder. Vir so 3 km dan herhaal die hele proses hom. En nie 3 of 4 keer nie,  seker so 12 of 15 keer. By een hek staan 'n Drakensberger koei duskant en haar kalfie anderkant.  En probeer so 'n ruk om die kalf weer by sy ma te kry maar hy bly wegneuk. Dis al warm, my pad l oop vir my en ek los die twee toe. Hulle sal wel by mekaar uitkom.

Ek sien hier wat waagmoed, arbeidsvreugde, 'n strewe na beter en 'n passie vir dit wat jou lewenstaak is, kan doen. Hier is mooi netjies opstalle met 'n klein fyntuin, 'n paar koeltebome, wit gekalkte arbeidershuise met songeisers, 'n laslappie of vier lusernlandjies. Dis 'n harde wreld maar dit brand nie die mens in ons weg nie. Dit maak nie ons strewe na bo minder nie.


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/6adf4195cbbb4bdb241ff290154babc1.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/dee9563c20468317f8ad46205d7a96bd.jpg)




Hier kan selfs 'n vetplantjie hom mooi maak deur die oulap se rooi oor sy blare te vee.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/eb665c56e8da788dba34c010c7e7d724.jpg)

Ek kom op Calvinia aan en gooi weer vol: die fiets kry 95 Oktaan, ek kry vrugtesap. O ja,  en 'n roomys. Vakansie is mossie vakansie sonder roomys. Sommer baie daarvan.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/a06f04592a20e666eabfc0e4043f433d.jpg)


En dan gooi ek bietjie kole in Hinksding en die Amageza manne se rigting. Gelukkig is hierdie bord net vir die 1200 GSA manne so ek kan maar laat waai.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/9603391fe3596afd728bfc068b18062b.jpg)


 Hinks se spoorsnyer truuk met die voersakke wrk en ek ry die tweespoor tot by hom en die fotograwe redelik maklik. Ek sien daar is reeds 'n paar van die renjaers hier deur en dit is goeie motivering om nie die 800 in die dik sand neer te wetter nie. Ons kyk hoe die ouens met mening verby jaag. Die hitte - 35 grade - druk ons vas en ek kan my indink hoe di ouens moet voel wat nou vir die vyfde dag al die krane oopdraai deur die strawwe wreld.

Maar Hinksding se werk l op die plaas vir hom en wag so ons kry rigting soontoe.

Later die middag, toe die son laag sit en hy sy wurggreep op die aarde so effe verslap, wanneer die ver rante so blou raak in die verte, dan kan mens jou amper verbeel di wreld het ook 'n sagte sy. Maar mens moet maar mooi kyk of jy kan dit maklik miskyk.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/fb8f2babb6a24519ab983306bcfc51b1.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/2d73a5dd177f1b41fd0f4fd6aacbd775.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/f2bb15d26fdfb4a6c47dae54faa5cc62.jpg)



Loeriesfontein l en asem skep in die effens koeler aandluggie toe ek daar aankom. Dis 'n mooi netjiese dorp, en kan sy kop nog omhoog hou in vergelyking met baie van die ander klein plattelandse dorpies.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/5a10237e6e1ee1c66e54ffda06e297a2.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/07/fcf996a4275c499e73f74bdb6033859c.jpg)



Dankie Hinks en Elzaan vir julle gasvryheid en vriendelikheid. Ek het lekker gekuier, geslaap en geet. Ons maak weer so.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: subie on November 07, 2014, 08:11:16 pm
Snap! Hier is my foto omtrent op dieselfde plek as joune net voor Loeriesfontein  :ricky:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: TVB on November 07, 2014, 10:47:42 pm
Ek stem saam oor die vakmanskap ding........ek het baie jare terug gewerk as n eppi meubelmaker (ek het egter nie klaar gemaak en is brandweer toe) Die plek waar ek geleer het was genaamd 'Ou Goud Kunsmeubels' en Pieter Killian was die einaar en vakman. Ek het n jonkmanskas van soliede emboya gemaak asook n Tulbach eetkamerstel kompleet met bufet uit geelhout en emboya en het die eerste prys op die skou gekry (of Ou Goud het. Nie te min, my baas (Pieter) het tot die laaie uitgetrek en gevoel of als afgewerk was, en n kwas mag in geen van sy meubelment gewees het nie. n Kwas is vir die ouskool meubelmakers n 'swak element' en absoluut NIE toelaatbaar gewees nie. Ek het daardie beroep baasgeraak en hoewel ek later jare ekstra geld gemaak het met staalwerk ens het die houtwerk in die agtergrond ingeskuif. Een ding kan ek wel se vandag; ons het nie iets soos superwood, chipboard, laminated board of dergliks gehad of gebruik. Alles was solied, en suiwer. Die een dokter van Brits het daardie jaar op die skou my handewerk gekoop en ek glo dit pronk vandag nog in sy eetkamer. Ek self sit met n soliede emboya stel wat ek nie sal oorweeg om te verkoop vir R50K vandag nie. Daardie era en vakmanskap is verby en die laastes is besig om te dooi........en dit gaan oor geld.

Die goeie nuus (hoewel ook slegte nuus vir ander) is dat die era weer in n vorm gaan terugkom! Hoor ek die anderdag van n ou omie dat hy en sy seun nou weer so n absolute eksklesiewe prag solied hout meubel fabriek vanaf n plot bestuur en dat daar n vraag ontstaan onder die groot ryk manne. Sien soos enige land nader en nader begin neig aan derde wereld verdwyn die middelklas stadigaan en sit jy met of arm of baie ryk. Die rykes begin nou of oudhede te koop en te 'laat restoreer' of hulle bestel nou die eksklesiewe soliede meubelment. Dit gaan op die einde als oor vraag en aanbod, so daar is hoop vir die houtwerk manne!  :thumleft: Wie weet, miskien maak ek eendag ook n 'comeback' en doen weer ordentlike meubels. Ek het die prakties, maar het net nooit die papiere agter my naam gekry nie.

Veilig ry verder!  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Matewis on November 08, 2014, 06:28:12 am
Het ou Koos darem vir jou petrol gegooi daar op Loeries?? My oom besit die drankwinkel wat net oorkant die kooperasie sit, en sy broer en nog 'n man man of 3 het onlangs die motorhawe waar jy petrol ingegooi het gekoop.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Draad on November 08, 2014, 06:30:49 am
Dorsland jy skryf wragtig mooi man  :thumleft:

PS.. Toe ek lees van jou kasernearres en boots wat nie " gebone " was nie gaan my gedagtes so amper 35 jaar terug toe ons daar saam in die bos op 3 SAI was ( en nog in n size 30 jean gepas het ) en n bietjie "Drybrite" oor daai ge bone de stepouts gesmeer het met die kans vir n extra stempel in die "dom pas " vir n naweek uit  :imaposer:

Lekker verder ry en bly veilig  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: woody1 on November 08, 2014, 06:39:19 am
Sjoe ons ry lekker saam.
Veilig ry en kom veilig by die huis aan...... eendag as jy klaar is met die TREK...  :imaposer:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Tonteldoos on November 08, 2014, 07:17:04 am
Man dis nou n lekker lees die!
Dis amper asof die aarde saampraat met jou

Gooi nog
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: MR. D on November 08, 2014, 10:55:16 am
Baie dankie Dorsland vir die goeie RR. Ek sit hier in gauteng maar kom van Oudtshoorn. As mens die mooi fotos sien en die woorde lees dan raak ek sommer nostalgies. Dis waarlik n asemrowende wreld daai met sy eie karakter en gees.  :thumleft: :ricky:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ETS on November 08, 2014, 11:07:35 am
Jis ou maat jy het n slag met woorde. Dankie ek geniet dit kwaai :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Joyride on November 08, 2014, 02:37:34 pm
Dorsland dankie vir die deel. Dis kos vir die siel.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 08, 2014, 02:43:29 pm
Ek sien jy het toe die hekkepad gevat uit Middelpos na Calvinia via Leliekrans. Jy het vlak voor vriend Piet se huis verbygery.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Duster on November 08, 2014, 06:27:30 pm
Dankie vir die deel.  Ek lees en ry lekker saam.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Man from Nam on November 08, 2014, 06:53:51 pm
Siels kos :thumleft:
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 09, 2014, 06:12:44 am
(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/0766b9e39e786c2041a584bbc894cc87.jpg)


'n Windpomp is vir my 'n eenvoudige wonderwerk van 'n masjien. Nederig staan hy daar in die veld op sy pos en verrig sy noodsaaklike taak, dag in en dag uit. Sonder hom kon groot dele van ons land nooit vir die veeboer lewensvatbaar gewees het nie.

Daarom is dit vir my heel toepaslik dat in hierdie waterskaars Loeriesfontein distrik, die manne dit nodig geag het om 'n windpomp museum te ontwikkel.  By die huis het ek 'n boek oor al die windpompe wat ons land al gesien het, dis verbasend hoe veel fabrikate daar was. En vandag staan baie van hulle in lewende lywe hier vlak voor my op 'n vars Boesmanland oggend. Ag man,  'n Climax en 'n Stewart's & Lloyds en 'n Southern Cross is sommer alledaags. Daar is ook Aermotors, die Beaty-Pumper, die Self-oiler, die Adler, Gallery en ander.

Deftig uitgevat in hulle blink verf staan die manne van die vlaktes nou rustig afgetree hier op Loeriesfontein na dekades van getroue diens. Salut krels, geniet die aftree.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/a8e779acbc5b56d2afec8c7bdabc0fbc.jpg)




Ek draai by die Spar om sonroom en dro vrugte te koop. Die son brand deur my visor die wit waks uit my uit. Kry toe by die Boesmanland kroeg di twee manne van George ook daar.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/73976ea75362b2c2106e415ae2a97283.jpg)




Vandag l weer soos skoolvakansie voor my en ek kry sommer hier in my kiewe lekker vir die vooruitsig. Eers so 'n stuk teerpad tot op Nieuwoudtville en dan die Sederberge in. Dis vroeg al warm en die teerpad slaan die hitte op teen my bene.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/5166e0b16b99e72064a80d336113ecc7.jpg)




Op Nieuwoudtville kan ek nie verbyry sonder om die pragtige sandsteen kerk van nader te gaan bekyk nie. Ek wonder hoe lank dit geneem het om so 'n mooi kerk uit gekapte klip te bou.  Dit verg toewyding en dm harde werk.  Die eindproduk is die moeite werd.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/4d0c90cdafd870b996bf93fec9c09007.jpg)



Soos amper elke dorp in ons mooi land, getuig hy van 'n tyd toe kerkgaan meer belangrik as malls en rugbystadions was. Van 'n tyd toe ons geweet het vanwaar ons redding en genade kom. Van 'n tyd toe dit met ons land en ons mense beter gegaan het. Toevallig?

"Die gras verdor, die blom verwelk, maar die woord van onse God hou stand in ewig. "

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/7cea1bfe3ded0771e4e355adbac6386a.jpg)
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 09, 2014, 06:16:03 am
Dis Vrydag en Nieuwoudtville raak al vroeg woelig. Ek wil ry voor die wyn t hard met die manne beginne praat.

Soos met baie dinge in die lewe moet mens nie di wreld t vlak kyk nie. As jy bietjie mooi oplet dan sien jy sommer maklik die mooi raak.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/63b324c28dd4222af1b420bd58d64cd3.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/b8a5c30e96d652342294af74e568adb8.jpg)

En waarvan kan 'n boer se hart voller raak as wanneer daai koringare so volop staan en die stroper hulle in 'n dik geel stroom inoes.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/19dd47db871c89a2fa64d2db12309da9.jpg)


Die wreld raak weer wyer en meer oop hoe verder suidwes ek ry. Die son trek dooierus op my en ek suig kort-kort aan my Camelbak se speen.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/7e027ae46aff1d1f5dd327cb77ce217b.jpg)


Na sulke uitgestrekte vlaktes, sien ek uit na die Botterkloofpas.  Skielik is die vlaktes weg en val die pas hier vlak voor my weg tot daar doer onder.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/b6d1c9ceff08fb2b994f83888b4caa53.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/6ff48cecbf4bc7502058fe90201a6acc.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/6096b434921257c6a80c619e52946e79.jpg)


Dis 'n ongenaakbare stuk wreld di wat vir 'n ou kan slae gee as jy windgat is.  Dit beginne effe ongemaklik warm raak en is ek nou terde daarvan bewus dat as ek nou tespoed optel, gaan daai Camelbak se voggies my nie lank hou nie. Ek ry maar so 80 km/u en probeer my o op die pad hou.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/08/f12c6eb09c6bce61f86987efb240ed7b.jpg)
Title: Re:
Post by: Heimer on November 09, 2014, 08:53:27 am
Hierdie is mooi, jy vat ons in en laat ry ons saam

Baie dankie
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 09, 2014, 12:50:13 pm
Ek druk deur want voorentoe is lafenis. Ek is darem nie op Moedverloor se vlakte nie.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/201c23b72517046bca5a34b803a0d4d8.jpg)


Di boer ook nie omdat hy werklik woeker in die dorre wreld. Dis lusern en koring, skaap en pekanneute. Spilpunte wat die water lewensaar op sy gewasse lewer.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/e5c074c3a1bacdcea368dbf8030d6a7b.jpg)

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/05b43b520f4219c5ce3f299a79729258.jpg)



En toe is die ergste koue gebreek  :eek7:


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/59e97a856a25c731c93f2f8e9e61c048.jpg)


Krels,  dit raak warm! En binne my ryklere kan ek al amper aan die sweet gaan. Die son sit nog hoog en bak op die aarde neer. Dis 'n versengende hitte wat als uitdor en skroei. Hier hang selfs die Suidwes Dorings lusteloos en probeer in hulle eie skaduwee verligting kry. By die Wuppertal afdraai kry ek 'n klompie flou fietsryers. Hulle kw is uit want hulle groet nie eens terug nie.

Ek ry die pas af, anderkant uit, trotseer die padwerk spanne wat nou laat spaander vir die naweek wat op hande is, en kyk uiteindelik af op Wuppertal wat doer in die vallei l.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/76995994dee8ac63b5c597e9110e8ebf.jpg)



Onder aangekom, gaan hou ek in die koelte stil, koop vir my 'n Coke en 'n vrugtesap "chaser"  en gorrel daai twee vinniger as 'n 3 duim aflooppyp weg. Goeie hel maar dis warm. G'n blaartjie roer nie. Selfs die donkies op die rugbyveld wei maar half lusteloos daar rond.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/a644b2d16d9b7e04bd03972588a24adf.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/66558149dfc945253ef7d35a2d9f5dfa.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/f3590754234455d0dcb4113c97544018.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/7f2a44fd98108888e1166b4653661a8a.jpg)



Na ek my asem weer gekry het, vat ek die bitter steil beton twee spoor oor die berg tot op die Sederberge.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/1956ac99bdc59efc2e8486fd775e057b.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/02b81ea760d795fd740d9eefb183d83e.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/02cd3cf5bc11a164ac451e9f679f5f19.jpg)
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 09, 2014, 12:50:49 pm
Hier bo is dit 'n sprokiesland van wit sand, ruwwe klippe en kronkelende tweespoor padjies. Suikerbosse en fynbos lok suikerbekkies by die dosyn en hulle flits met hulle helder kleure kort-kort hier voor my verby.  Die stuk pad is kwaai opdraande, kronkelend en redelike dik sand op plekke. Dis die eerste keer wat ek nog my huidige f vorige 800 se waaier aan die waai gery het.

(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/30133d089e0ddd06d787584687e93fb5.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/1400f9ce3367d8ad39b7e6323842e75a.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/b7b79b4a3b67d94686a2859b76653404.jpg)


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/09/734fc56134d036290c6da9452139d06c.jpg)
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 09, 2014, 12:52:22 pm
Ek vat nou eers weer die pad. Later kom nog. Dankie vir die kommentaar ouens, ek ry lekker saam julle.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: subie on November 09, 2014, 01:02:41 pm
Baie mooi. Ekself is n hele paar jaar laas daardeur  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Hinksding on November 09, 2014, 04:25:23 pm
Waaaaat??? Die hele affere is dan nou gepave? :eek7: :eek7: :eek7: :eek7:

Hygend Johan, dit het lekker warm geword, jou pics bly mooi
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: TVB on November 09, 2014, 05:01:51 pm
Genade maar daardie pad is behoorlik steil! Was jy nie by die vername velskoen makers gewees nie  ???
Ek wil nog eendag by daai winkel n draai gaan maak en so paar vellies koop.
Veilig ry!  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Nimmo on November 09, 2014, 05:27:10 pm
Is soos om down memory lane te ry - het so baie fotos van amper dieselfde plekke geneem op daai hele roete so oor drie jaar se trips  :thumleft:
Dankie vir die deel  ;)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Draad on November 09, 2014, 05:44:02 pm
 :peepwall:
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 09, 2014, 06:11:19 pm
Het ou Koos darem vir jou petrol gegooi daar op Loeries?? My oom besit die drankwinkel wat net oorkant die kooperasie sit, en sy broer en nog 'n man man of 3 het onlangs die motorhawe waar jy petrol ingegooi het gekoop.
Ek het gesien daar word gebreek en gebou Ketting. Lyk my die nuwe besems vee nou daar skoon
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 09, 2014, 06:13:41 pm
Dorsland jy skryf wragtig mooi man  :thumleft:

PS.. Toe ek lees van jou kasernearres en boots wat nie " gebone " was nie gaan my gedagtes so amper 35 jaar terug toe ons daar saam in die bos op 3 SAI was ( en nog in n size 30 jean gepas het ) en n bietjie "Drybrite" oor daai ge bone de stepouts gesmeer het met die kans vir n extra stempel in die "dom pas " vir n naweek uit  :imaposer:

Lekker verder ry en bly veilig  :thumleft:
Hehehe, ja ou Draad hoe ver terug neem jy my nou jong. Dit was 'n ander era daai gewees n. Bly jy geniet dit.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Laban on November 09, 2014, 07:03:51 pm


.... :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: woody1 on November 10, 2014, 07:10:59 am
Hey dis nou tyd om te gaan werk jong. Ek hoor die BLOU bokke vreet weer jou bome in die voortuin. :peepwall:
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 10, 2014, 07:26:45 am
Hehehe, my bestuurder is oppie job en alles is onder beheer. Ek boer so remote control terwyl ek nog innie bed l  ;) :ricky:
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 10, 2014, 07:29:50 am
Ek gaan nou nou my ontbyt in die bed kry terwyl my fiets gewas word. Jy moet nie t hard werk nie Woody :)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: pietas on November 10, 2014, 07:52:11 am
Lekkerte lekker. So 3 weke terug daar deur gewees met die bakkie. Maar nie naastenby so warm nie
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: woody1 on November 10, 2014, 08:45:02 am
Ek gaan nou nou my ontbyt in die bed kry terwyl my fiets gewas word. Jy moet nie t hard werk nie Woody :)

Ek is nou by die company vir die PAY... net soos die ander 40 000  :imaposer:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bie on November 10, 2014, 08:54:47 am
Los die luigeit Woody. Jy't n silo om te gaan regmaak.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: woody1 on November 10, 2014, 08:58:45 am
Hy is klaar MOERTOE... ons wag nou maar dat die ander goed wat ons in ons lewe opgebou het ook maar sommer VERKRUMMEL.....  :imaposer:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 11, 2014, 04:53:23 pm
Nou ja, waar was ek gewees ...


Die terrein is nie t onbegaanbaar nie maar ek ry nietemin stadig om alles te bekyk.  My mond hang oop oor die wonderlike natuurskoon wat om my ontvou.  Dis seker die bergreeks met die grofste klippe wat ek in Suid-Afrika ken.  Die vorms en die balanseertoertjies, die voue, lae en stapels klippe is ongelooflik.  Ek sien nou hoekam die mense so begaan daaroor raak.  En dan ruik die fynbos ook nog so lekker.  Die plantegroei is vir my heel vreemd maar bitter mooi en ek dink weer daaraan hoe gesend ons in ons land is met al sy unieke natuurskoon.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141107_152755_zpsc901e06f.jpg)





Selfs die water trek sy teekleur van die fynbos.  Ek het nie daarvan gedrink nie maar ek glo mens sal dit sonder probleem kan drink.  Dat water so volop is, so hoog in die berg is ook vir my 'n wonderwerk.  Stroompies loop sommer elke paar honderd meter oor die pad, sommige daarvan met 'n spoed.  Erens kom hulle seker in die Berg- of Olifantsriviere uit om dan die besproeiingsboere op die vlaktes van water te kan voorsien.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141107_152731_zps9f0ae1ad.jpg)


Kort-kort stop ek net om na al die volsang te luister.  Mens sien nie baie nie tensy jy mooi kyk, veral die suikerbekkies omdat hulle so klein is.  Maar die omgewing tril behoorlik van al die vols wat seker agter die fynbosstroop is.  Dis 'n belewenis na die dorre vlaktes waaroor ek vroer gery het.


Die pad kronkel op en af oor die berge en dis die een vrgesig op die ander.  Maar ek moet my ry kry want die son trek al water en ek slaap vanaand op Oasis.  Ek wil nie te laat nog op die pad wees nie, ingeval mens teespoed optel en daar moet iets herstel word.  Met my aankoms by Oasis is alles rustig met 'n klompie Duitsers wat lekker afkoel by die swembad.  Gerrit wys my my kamer - ek slaap in Bo-Oasis  ;D -  ek pak uit en gaan swem want ek is nog hond warm van die ry.  Dis nog 34C laat middag toe ek daar aankom.

Dis lekker om te sien hoe besig hulle is, mense val heeltyd daar in.  Dis 'n behoorlike Vereenigde Nasies:  Duitsers, Tsjegge, Hollanders (hy lees 'n boek oor die Anglo-Boere Oorlog), 'n paar souties uit George se wreld.  En dan om dit af te rond is daar natuurlik die Weskusters, werklik 'n nasie op hulle eie  ;)

Na 'n ribbetjie wat ek, in my uitgehongerde toestand, nie kon klaarmaak nie, gaan slaap ek lekker rustig.  Die volmaan oor die voue en rante van die Sederberg is vir my bitter mooi en mens wil sommer liries raak daaroor.  Daar is so half 'n onbekendheid daaraan wat nogal vreemd is.

Ek gryp die volgende oggend gou twee bakkies Koringvlokkies terwyl die ander manne nog slaap.  Ek wil die douvarsheid van die nuwe dag op die pad gaan beleef.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141108_074827_zpsdc67b1ad.jpg)


Vandag moet en eintlik Katbakkies oor en dan na Veldie toe maar so in die ry beginne ek hond se gedagtes kry.  Toe ek WEER 'n skilpad in die pad kry - in my lewe nog nie soveel skilpaaie gekry soos op die trippie nie - stop ek om hom uit die pad te haal en delf toe sommer my padkaart uit my sak uit.  

Hierdie paar skillies is spesenjaal vir jou Hinksding ...

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141108_082748_zps979b529b.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141108_082856_zpse7d1262a.jpg)





Hmmmm, Stellenberg - waar my weermag maat van 35 jaar gelede, woon - l nie t ver nie.  Ek kyk bietjie die kaart en toe ry ek maar verder tot op Oppie Berg waar ek brandstof volmaak.  Dis Saterdagoggend en die plek is heel joolig.  Waar sal 'n boertjie nou volmaak anders as by die koperasie.  Toe ek daar klaar volgemaak het, het ek besluit ek gaan dit nou maar teerpad langs, deur Ceres en Bainskloofpas na my maat toe aandurf. Dis nogal 'n skok om nou ewe skielik verkeer en teer en mense en 'n groot stad te moet aandurf na Boesmanland en die Tankwa so oop vlaktes.


Nou ja kerels, hier is before (1979, uitklaarparade), ek is 17 jaar oud soos ek daar in my stepouts staan, en after 2014, 35 jaar later.  Daar is diep dinge gesels en herinneringe opgediep.  En dis al wat ek daaroor te s het  :)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/WayneandJD_2_zps57837ac8.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141109_092452_zpsf27da37f.jpg)



Ek het vooraf my roete min of meer beplan maar die lekker van so alleen ry is dat daai plan kan en mag en sal verander word  :biggrin:  Ek is bitter bly ek het dit gedoen.  



  
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 11, 2014, 05:15:26 pm
Ek kan eintlik nie glo dis al Dag 6 van my trippie nie.  My kop beginne nou eers oopraak, veral na my kuier met my maat.  Ek laat waai uit Stellenberg uit, N1 langs, die alternatiewe roete oor die berg en ry Worcester, Robertson, Ashton deur, tot op Montagu waar ek iets eet.  My g is bietjie uit vandag na ons gisteraand eers laat gaan slaap het.  Ek trek by 'n lekker plekkie in Montagu se hoofstraat in vir 'n laat ontbyt. Daar is hoenders, koivisse, lusern wat met klapspuite natgemaak word en skape wat blr.  Ja, ek sal hier tuis voel.  Naderhand raak ek sommer plein lui daar in die skadu van die bome en die hoenders wat rondom my kloek.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141109_120833_zpse8cce584.jpg)



Maar ek moet by Veldie hulle uitkom, dis Sondag, en ek wil ook eers 'n stuk gaan skuins l.  Ek pak die pad oor Ouberg daar na die Koedoeskloof oasis aan.  Dis mooi en die manne het baaaaaie ren gehad.  Kisboude soos ek is, kan ek nie nou op "autopilot" ry nie.  Die driffies is verspoel, daar is los spoelsand wat op plekke oor die pad l en ek moet maar op my hoede wees.  Maar o wee, dis mooi.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141109_141840_zps530f436e.jpg)


En dan is daar ook nog Boerbokke oppad, wat meer kan 'n man nou vra  ;D

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141109_142104_zps6ae6cda4.jpg)



Veldie sal vir jou s hy was op en wakker en reg om my te ontvang maar ek kan vertroulik vir julle vertel dat daai mense ook 'n Sondagmiddagslapie vang  :lol8:  Soos altyd, is Koedoeskloof 'n rusplek van formaat na 'n lang dag in die saal.  Sagte beddens, groot biefstuk, stil, donker, goeie geselskap, lekker gelag, met die honne gespeel.

Maar o hel, Maandagoggend toe is ek darem sleg, mense.  Ek eet ontbyt eers hier teen 08h00 se kant en dan is dit 'n rustige afrre. Baie rustig.  Veldie beduie my die fynere besonderhede van die passe wat ek vandag wil ry en daar gaat ek alweer.

Julle mag nie vir my weeshuisbroodkop lag nie OK  :imaposer:

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/DwarsBar_zps2cfd4021.jpeg)


Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 11, 2014, 05:22:08 pm
Vandag lyk dit asof ek gaan natren, dis eintlik koud en so elke nou en dan sak daar 'n motrentjie uit.  Maar my passe l en wag en ek gaan hulle ry.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141110_102830_zps33ecac9c.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141110_113250_zps1d84215d.jpg)



Swartbergpas was eintlik vir my effe 'n teleurstelling gewees.  


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141110_121731_zpse1b10884.jpg)




Die mis wat die uitsig belemmer het was nie so erg nie maar die toeriste en bussies en 'n groep van 10 of 11 motorfietse het effe afbreek aan die ervaring gedoen.  Dit bly 'n indrukwekkende rit en 'n bitter groot ingenieursprestasie as in ag geneem word dis alles met die hand gebou.  En ja waaragtig, in daai dae was bandiet wees nog 'n straf gewees.  As ek reg onthou was dit 450 bandiete wat daai pas gebou het.  Vandag kla die manne hulle het nie hospoed internet in die tronke nie  ??? :patch:  Hulle kan gerus nog so 'n paar passe of 'n dam of twee gaan bou.  Klomp bokryers  :xxbah:



(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141110_123513_zps06ea4a12.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141110_132746_zps0cb20438.jpg)




En so eindig my rit eintlik hier op Prins Albert by die baie lekker SommerSo gastehuis.  Ook hier is daar Angoras, vyebome, lusern, koivisse en 'n ou mak katjie wat die dro wors wat ek vir hom uitdeel, baie geniet.


(http://tapatalk.imageshack.com/v2/14/11/11/d074bc1d82f58927036dfbccb5ddb562.jpg)




More ry ek die kort stukkie teer tot op Klaarstroom en dan die grondpad Willem Oor toe, 'n stuk pad waaroor ek reeds geskryf het.  Vanaand kan ek lekker rustig raak en my gedagtes orden.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Tankwa%20trip/20141110_182140_zpse26d0bba.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 11, 2014, 05:28:13 pm
Na die wind gisteraand kwaai gewaai het en dit nogal koel was, skyn die son lekker vanoggend. My kat maat kuier nog lekker by my en ek voer hom kort kort stukkies dro wors. Doer in die noordooste sien ek die digte wolke wat vandag se voorspelde ren nog vashou. Dit lyk my ek gaan vandag natren. My berugte grondpad is ook hier in my agterkop want ons voorspelling is vir 14mm vandag dan is daai pad haas onbegaanbaar.

Ek draai om te pak en my ketting te olie. Dan sit ek oppie stoepie en tee drink dan pak ek 'n paar goedjies. Dan sit ek sommer en oor die vlaktes tuur. Die plaas nodig my nou na 'n week se gatskuur, ek verlang my 2IB, my honde, my bokke. Maar ek is traag om di laaste dag aan die gang te kry. En dit gaan nie oor die natren nie. Dis die eerste keer van 2000 af dat ek vir langer as 3 aande van die plaas weg is. Wie weet wanneer ek weer so lank sal kan wegkom.

Ek dink bietjie terug oor die afgelope week, oor die dinge wat my bind en die dinge wat my losmaak. Oor hoekom 'n grondpad - ek weet nie hoe om dit mooi te verwoord nie - my so vry en sorgeloos laat voel. Maar ook iets meer wat ek nie nou mooi kan vaspen nie.  Ja, vakansie laat mens maar altyd lekker voel maar hierdie is meer as dit. Dis soos ek in die begin ges het, dis 'n geestelike ervaring. Op die pad is my gedagtes nie van sommer nie. Ek kry kans om werklik weer te dink, te sien, te voel.  Om als wat die lewe bied, te ervaar. Die wreld raak vir my weer groot en dis lekker. Daar is die onbekende, die "wat l agter daai rant"  gevoel, die opwinding van nuwe dinge ontdek, of bloot net die vooruitsig van nuwe dinge, mense, plekke, paaie.  Dalk is dit ons mense se jeukvoete, die trekgees wat in ons is, wat maar sy ding doen. Dalk is dit ons mans se jaginstink, ons "wanderlust", ons behoefte om nie gebind te wil wees nie.

Ons raak te saf krels, die lewe bied nie die ou uitdagings nie. Daar is wel deesdae ander uitdagings maar dis nie die avontuurlike van ouds nie. Daar is nie meer daai kort van asem tye om ons op ons tone te hou nie. Nou s dae is dit roetine, eentonigheid, gebondenheid, verantwoordelikheid. Mans is nie so ingestel nie. Ons is vir oorlog, jag, ontdek, teel en testosteroon bedraad. Dalk bied grondpad ry met 'n motorfiets 'n flou vervanging daarvoor, ek weet nie.

Hoe dit ook al sy, my 8 dae is amper om en ek sien uit om huistoe te keer. Maar ook nie holderstebolder ten alle koste nie.  My kop is leeg maar my gemoed is weer vol. My lewenservaringe is lekker aangevul, herinneringe wat ek lank sal onthou en waaroor gekuier sal word. En ek het my weermagmaat na baie jare weer gesien en ook dit was 'n ervaring om op 'n veilige plek te bre.

Maar wag, laat ek nou eers pak. 'n Grondpad l voor my en wag.....
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Hitman on November 11, 2014, 09:41:03 pm
Ai ou Dorsland... jy laat mens diep dink oor waaroor dit dan nou eintlik in die lewe gaan!!

Ek dink die "solo trip" is maar die beste manier om kop skoon te kry.
Dankie vir die deel en die gevoel waarmee jy dit doen!!   :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: JMOL on November 11, 2014, 11:00:49 pm
Uit die boeke  :deal:
Title: Re: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 12, 2014, 07:01:51 pm

Jy moet sit in die bad en jou hele lyf was, nie staan en net tot jou enkels was nie.


 :imaposer: water is mos skaars hier Fester
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 12, 2014, 07:14:04 pm
Ai ou Dorsland... jy laat mens diep dink oor waaroor dit dan nou eintlik in die lewe gaan!!

Ek dink die "solo trip" is maar die beste manier om kop skoon te kry.
Dankie vir die deel en die gevoel waarmee jy dit doen!!   :thumleft:

Dankie HM,  ja, ek is nie eintlik 'n ou vir groeptoere nie.  Ek stop en neem buitendien gans en al te veel kiekies vir die meeste ouens.  Ek dink my gemiddelde spoed vir die rit was so 61km/u gewees :)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 12, 2014, 07:16:01 pm
Ek lees nou weer deur die RR en kry nou eers kans om rerig die kommentaar te lees.  Ek is eintlik spyt ek het dit in die ry op my selfoon gedoen want dan kan 'n ou nie lekker saam met die kommentaar gesels nie.  :-\
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 12, 2014, 07:20:19 pm
Hier is sommer so 'n klompie fotos in g'n spesifieke volgorde nie.  Hulle was op my kamera gewees.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: subie on November 12, 2014, 07:23:23 pm
Na die wind gisteraand kwaai gewaai het en dit nogal koel was, skyn die son lekker vanoggend. My kat maat kuier nog lekker by my en ek voer hom kort kort stukkies dro wors. Doer in die noordooste sien ek die digte wolke wat vandag se voorspelde ren nog vashou. Dit lyk my ek gaan vandag natren. My berugte grondpad is ook hier in my agterkop want ons voorspelling is vir 14mm vandag dan is daai pad haas onbegaanbaar.

Ek draai om te pak en my ketting te olie. Dan sit ek oppie stoepie en tee drink dan pak ek 'n paar goedjies. Dan sit ek sommer en oor die vlaktes tuur. Die plaas nodig my nou na 'n week se gatskuur, ek verlang my 2IB, my honde, my bokke. Maar ek is traag om di laaste dag aan die gang te kry. En dit gaan nie oor die natren nie. Dis die eerste keer van 2000 af dat ek vir langer as 3 aande van die plaas weg is. Wie weet wanneer ek weer so lank sal kan wegkom.

Ek dink bietjie terug oor die afgelope week, oor die dinge wat my bind en die dinge wat my losmaak. Oor hoekom 'n grondpad - ek weet nie hoe om dit mooi te verwoord nie - my so vry en sorgeloos laat voel. Maar ook iets meer wat ek nie nou mooi kan vaspen nie.  Ja, vakansie laat mens maar altyd lekker voel maar hierdie is meer as dit. Dis soos ek in die begin ges het, dis 'n geestelike ervaring. Op die pad is my gedagtes nie van sommer nie. Ek kry kans om werklik weer te dink, te sien, te voel.  Om als wat die lewe bied, te ervaar. Die wreld raak vir my weer groot en dis lekker. Daar is die onbekende, die "wat l agter daai rant"  gevoel, die opwinding van nuwe dinge ontdek, of bloot net die vooruitsig van nuwe dinge, mense, plekke, paaie.  Dalk is dit ons mense se jeukvoete, die trekgees wat in ons is, wat maar sy ding doen. Dalk is dit ons mans se jaginstink, ons "wanderlust", ons behoefte om nie gebind te wil wees nie.

Ons raak te saf krels, die lewe bied nie die ou uitdagings nie. Daar is wel deesdae ander uitdagings maar dis nie die avontuurlike van ouds nie. Daar is nie meer daai kort van asem tye om ons op ons tone te hou nie. Nou s dae is dit roetine, eentonigheid, gebondenheid, verantwoordelikheid. Mans is nie so ingestel nie. Ons is vir oorlog, jag, ontdek, teel en testosteroon bedraad. Dalk bied grondpad ry met 'n motorfiets 'n swak vervanging daarvoor, ek weet nie.Hoe dit ook al sy, my 8 dae is amper om en ek sien uit om huistoe te keer. Maar ook nie holderstebolder ten alle koste nie.  My kop is leeg maar my gemoed is weer vol. My lewenservaringe is lekker aangevul, herinneringe wat ek lank sal onthou en waaroor gekuier sal word. En ek het my weermagmaat na baie jare weer gesien en ook dit was 'n ervaring om op 'n veilige plek te bre.

Maar wag, laat ek nou eers pak. 'n Grondpad l voor my en wag.....

Hou van hierdie paragraaf en jy som presies op soos my kop ook maar werk. :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: pietas on November 12, 2014, 07:30:31 pm
Dorsland, dankie dat jy die persoonlike reis met ons deel. Eie tyd is goed vir mens
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 12, 2014, 07:35:04 pm
En laastens, het ek so 'n klompie opmerkings oor my 800 na sy eerste langerige trippie.

Sy saal is myle beter as die standaard saal.  My langste dag was so 490 km en alhoewel ek glo dit gemakliker op iets soos 'n S10 sal wees, was ek glad nie voos gesit nie.  Daar is baie plek om rond te beweeg in die saal en die sit posisie is eintlik baie gemaklik.

Ook die groter brandstoftenk is 'n groot verbetering.  My gemiddelde verbruik is rondom 5 liter/100km en my beste toe ek so lekker stadig gery het om alles om my te sien, was 4,3 liter/100 km.  Op 24 liter gaan 'n ou dan redelik ver kom.  Alhoewel ek by amper elke vulstasie volgemaak het, was dit meer vir die wis en die onwis as dat ek nodig gehad het.  

Die voor vurke is ook 'n groot verbetering oor die 2010 800 wat ek gehad het.  Op daai model het hy 'n lekker tankslap oor sinkplaatpad gekry en hy kon 'n ou lekker uitvang.  Met die 800 Adventure is hy waaragtig lekker vas op die pad en het ek nooit eers 'n efense tankslap gekry nie.  En daar was 'n paar stukke pad wat erge sinkplaat gehad het, veral tussen Sutherland en Middelpos.

Daai windskerm maak my Arai en my Uvex se peaks vibreer dat dit 'n naarigheid is.  Ek gaan beslis kyk of ek iets aan die peak kan gom om dit te voorkom.  Soms het ek maar die meerkat houding ingeneem net om die vibrasie te verhoed.  Dit is soms beter en soms slegter maar nooit eintlik heeltemal weg nie.  Daar is verskeie freds oor die probleem maar lyk my nie daar is 'n maklike oplossing nie.

Die 800 enjin is 'n juweel en maak mens eintlik soms lui om ratte te wissel.  Hy trek sonder 'n gesluk hier van 1800 rpm in sesde rat en is seepglad op daai lae spoed in 'n ho rat.  Ek het hom een of twee keer al laat "stall" in eerste as ek 'n smal sirkel met hom ry maar dis meer "rider error" as iets anders.

Toe en saam met Hinksding 'n stuk van die Amageza gaan kyk het, moes ek 'n stukkie van die roete oor dik sand ry.  Toe ek eers daardeur is, was die Amageza ouens nog nie daaroor nie en dit was redelik maklik.  Toe ek terugry, nadat daai klomp jaagduiwels daardeur was, het dit gelyk daai sand gedeeltes was met 'n ploeg omgedolwe.  Ek het toe ook die 800 neergewetter, sonder skade as gevolg van die lae spoed.  Mens moet maar jou optel ken om hom op te tel.  Hy is swaar, veral met sy bagasie, ek wil dit nie meer as een keer 'n dag te moet doen nie.

Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 12, 2014, 07:40:12 pm

Hou van hierdie paragraaf en jy som presies op soos my kop ook maar werk. :thumleft:

Ja Subie, en ons ouens is nog van die ouer garde.  Vandag se metromale wil gepamperlang word van die oggend tot die aand en alles moet sommer daar byderhand wees.  Vir baie mense is "roughing it" as jy net 3 kanale op die televisie in jou hotelkamer het.  Mans moet mans wees, en seuntjies moet soos mans grootgemaak word maar dit gebeur al hoe minder.

Ek weet nie of ek dit nou reg verwoord nie, hoop jy verstaan wat ek probeer oordra  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 12, 2014, 07:41:48 pm
Dorsland, dankie dat jy die persoonlike reis met ons deel. Eie tyd is goed vir mens

Ek is soms maar huiwerig om my gedagtes so op 'n openbare forum te deel Pietas.  Maar as dit by jou aanklank vind, dan is ek bly.  Ek skryf maar wat ek voel en dis seker hoekom ek dit op die selfoon gedoen het, dis dadelik terwyl ek nog my gedagtes bymekaar het.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Kykdaar on November 12, 2014, 07:50:43 pm
Waar is daai "hall of fame" ding vir ride reports? Hierdie RR hoort defnitief daar.

Seker een van die beste RR's wat ek nog op die forum gelees het.

Dankie Dorsland, dit voel of ek ook daar was :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: 4 Kays on November 12, 2014, 08:53:55 pm
Dorsland, jy het ook lisensie om jou gedagtes te skryf  :thumleft: Jou RR baie geniet  :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bokveld on November 12, 2014, 09:43:27 pm
    Jy het die regte roete gekies vir n onvergeetlike solo-trip.Dankie vir n heerlike RR en al die mooi fotos.Net jammer jy het Sondagmore hier by my verbygesluip(Montagu).Ek was juis nie kerktoe nie.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: MooseRider on November 12, 2014, 10:45:38 pm
Nou het ek darem lekker gelees aan die stuk. Pragtige fotos en skryfstyl wat jy het Dorsland.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Flatout on November 12, 2014, 11:39:44 pm
Dit was nou lekker!

Dorsland ek raak ook soms paniekerig in water maar het darem nog nooit halfpad afgespring en uit gehardloop nie.........  :spitcoffee:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 13, 2014, 06:47:18 am
Dit was nou lekker!

Dorsland ek raak ook soms paniekerig in water maar het darem nog nooit halfpad afgespring en uit gehardloop nie.........  :spitcoffee:


 :imaposer: :imaposer:

Heng maar dit het geren, al die pad van GR tot by Merweville was die pad orals verspoel en die veld sopnat gewees.  Daai wreld gaan nou oor so 10 dae of wat bitter mooi wees.  Ek vat dit bietjie kalm oor daai lopies, mens weet nooit hoe diep is hy weggespoel onder daai water nie
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 13, 2014, 06:48:40 am
    Jy het die regte roete gekies vir n onvergeetlike solo-trip.Dankie vir n heerlike RR en al die mooi fotos.Net jammer jy het Sondagmore hier by my verbygesluip(Montagu).Ek was juis nie kerktoe nie.

Ai man dis nou jammer.  En ek sien daar is so 'n klomp fietse daar in die dorp en wat deurry.  Is dit dikwels so of was daar iets aan?  So lekker gewees het om te ontmoet.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: JMOL on November 13, 2014, 06:53:08 am
Jammer jy moes weer teruggaan plaas toe, maar nou sal ek weer jou boerdery thread volg  :deal:

Baie dankie vd deel.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Man from Nam on November 13, 2014, 12:32:40 pm
Dankie Dorsland dit was nou 'n mooi kop skoonmaak rr. Jy het regtig 'n slag met woorde.
Ek het dit baie geniet. Bly om te sien die reen is al daar by julle, hier lol dit nog, maar ons glo die reen is oppad.
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 13, 2014, 12:51:57 pm
Nou op Loeriesfontein by ou Hinksding aangekom. Sjoe krels, 35 grade buite my ryklere :o

Bietjie saam die Amageza ouens gery, maar dis 'n storie vir later innie RR.

Dis funny, kon hulle darem byhou met daai KTM's  ???  :imaposer:


Ja, ook maar net net  :imaposer: ;)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 13, 2014, 12:56:54 pm
@ ChrisL:  dis mos jou maat se plaas hierdie is dit nie?  Ek onthou nog sy een man het hier agter my blou dissels uit die lande geskoffel toe ek daar verby is.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Frannarossi on November 13, 2014, 12:58:27 pm
Ek het lanklaas so RR gelees.baie mooi geskryf Dorsland,baie dankie vir die moeite.Maak my voel om die naweek die fiets te vat karoo in...
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 13, 2014, 01:00:49 pm
Ek het lanklaas so RR gelees.baie mooi geskryf Dorsland,baie dankie vir die moeite.Maak my voel om die naweek die fiets te vat karoo in...

Dankie F, daar is beslis iets oor die oopgestrektheid van daai wreld wat 'n ou teruglok.  Ek sukkel nog die afgelope paar dae vandat ek terug oppie plaas is om te fokus.  My kop bly soentoe neuk
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 13, 2014, 01:16:30 pm
Dorsland dis die volgende plaas op regterkant. My vriend se ploelande is ver van sy huis.

Gooi vir ons n roetekaart van jou trip asb.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 13, 2014, 01:20:30 pm
OK, ek moet nou eers daai roete van die GPS aflaai en weer hier oplaai.  Dit mag 'n rukkie neem  ;D
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Hinksding on November 13, 2014, 05:23:46 pm
Dankie weereens dat jy die moeite gemaak het om te kom kuier.  Die RR is 'n lekker stukkie leesstof gewees. Ek sal volgende keer die skilpaaie uit die pad laat vee dat jy vinniger hier kan uitkom. ::)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 13, 2014, 05:46:45 pm
Dis g'n moeite gewees nie Hinks,  inteendeel, dankie dat julle so gasvry was.  Ag man, ek ry maar net 'n BMW, hy's nie so vinnig nie.  ;D  Die skilpaaie het my op 'n stadium verbygegaan.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 14, 2014, 10:57:38 am
@ChrisL:  Hoe kombineer ek die tracks van elke afsonderlike dag in een track wat ek hier kan pos?
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 14, 2014, 11:02:03 am
@ChrisL:  Hoe kombineer ek die tracks van elke afsonderlike dag in een track wat ek hier kan pos?
Daai moet jy dalk vir iemand soos Karoo Rider vra.............................................................................ek het nie eens n idee waar om n gps
aan te skakel :eek7: :biggrin:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bie on November 14, 2014, 11:06:48 am
@ChrisL:  Hoe kombineer ek die tracks van elke afsonderlike dag in een track wat ek hier kan pos?

Copy and paste hulle saam in 'n nuwe kaart
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 14, 2014, 11:10:19 am
Dankie Bie,  ek sien hy is te groot as een file.  Ek gaan maar die dae apart pos.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 14, 2014, 11:14:24 am
O hel nee, my Wiskunde onnie sou seker nie verbaas gewees het nie  :-\  Lyk my BaseCamp vervang die onderskeie dae met die gekombineerde file so die aparte dae se tracks is weg.  Ek epos hom vir jou Chris, hy is so 5mB
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 14, 2014, 11:15:18 am
O hel nee, nou gaan my Wiskunde onnie nie verbaas wees nie  :-\  Lyk my hy vervang die onderskeie dae met die gekombineerde file so die aparte dae se tracks is weg.  Ek epos hom vir jou Chris, hy is so 5mB
Mail dit vir KR dat hy dit kan opsit.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 14, 2014, 11:17:14 am
PM my sy eposadres asb Chris
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 14, 2014, 12:50:04 pm
Dorsland jammer vir die highjack maar die werf waar jy verbygery het praat met my elke keer wat daar verbyry. Wens dit was myne.
Jong mannetjie wat daar woon. Hy en sy vrou het glo op n dag n meningsverskilletjie gehad en sy het haar punt gemaak met n koekroller
en toe haar tasse gepak!!! :eek7: :imaposer:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/Vleisfees%20and%20beyond%202010/P1030471.jpg)
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 14, 2014, 01:00:53 pm
Nee man, daar is g'n hijack jammer nie, dis mos lekker om julle ouens se ervaringe op die pad ook hier te lees.  Klink my daai Roggeveld vrouens is tawwe tannies  ;D

Ek het by daai einste hek met my systander oor my eie voet gery  :o :lol8:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 14, 2014, 01:11:22 pm
Nee man, daar is g'n hijack jammer nie, dis mos lekker om julle ouens se ervaringe op die pad ook hier te lees.  Klink my daai Roggeveld vrouens is tawwe tannies  ;D

Ek het by daai einste hek met my systander oor my eie voet gery  :o :lol8:
Toe die eienaar se ouers nog daar gewoon het het net die kombuis se gordyne so effe geroer as daar n ryding verbykom. Die tannie het glo
nooit uitgekom en ek het dit self twee keer gesien.
Pragtige plek in die berge. As moeilikheid jou daar kom opsoek moes hy blerrie ver loop om tot daar te kom.

Dorsland n onregverdige vragie na die trip. Waar indien wel sou jy dalk met jou bokkinders trek na jy die nuwe wreld gesien het?
Title: Re: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 14, 2014, 06:16:36 pm
A nee a, ek s hoeka vir Hinks dis bitter mooi wreld maar daar moet jy hare op jou tanne h om te boer.  1 kve op 10ha :-[

Merweville /Sutherland /Laingsburg /Klaarstroom /Prins Albert kan nog gaan maar Loeriesbaai/Nieuwoudtville /Middelpos neewat
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Jondu on November 15, 2014, 10:52:02 am
Tnx man Nice
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Single Cylinder on November 15, 2014, 03:45:34 pm
Dankie man, dis nou lekker  :ricky:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Bokveld on November 15, 2014, 09:06:03 pm
     Dorsland ,daai bikes wat so deur Montagu ry,is elke naweek se ding.Die egste is,hulle ry reg voor my huis verby en dan moet ek werk.........Dis mos plein krimineel.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Samou on November 15, 2014, 10:36:42 pm
Dorsland - - Baie dankie vir die lekker-lees verslagdoening van jou trippie ek het dit terde geniet  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 16, 2014, 09:46:27 am
     Dorsland ,daai bikes wat so deur Montagu ry,is elke naweek se ding.Die egste is,hulle ry reg voor my huis verby en dan moet ek werk.........Dis mos plein krimineel.

Ek sal maar agter jou huis verbyry as ek weer daar deurkom  :lol8:  En vir wat werk jy so oppie naweek?
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 16, 2014, 09:47:11 am
Bly julle ouens geniet dit, dankie dat julle saamry en -lees  :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: kwakker on November 17, 2014, 09:51:56 am
 :thumleft: Baie dankie DL, het die RR baie geniet.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 17, 2014, 07:02:05 pm
@chrisL:  Hier is die kaart wat KarooRider vir ons kleiner gemaak het.  Dis ongelukkig 'n JPEG ler, nie 'n GPX ler nie maar gee tog 'n oorsig van die roete.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 17, 2014, 07:04:20 pm
Dankie vir die kaart KR en Dorsland...............................................................................................ek het slegte nuus vir jou............................
jy sal jou RR se naam moet verander want jy het net mooi rondom die Tankwa gery!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! :imaposer:
Jy sal moet weer kom Dorsland :deal: ;) :thumleft:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on November 17, 2014, 07:08:20 pm
 :imaposer: :imaposer:  ja man, ek moes my roete aanpas sodat ek betyds by Hinksding vir die Amageza skof daar vlak by sy plaas verby, kon wees.  Toemaar, ek gan hom nog ry.  Hoe gaan daai liedjie:  

Hier's ek weer, hier's ek weer
met my rooibike Tankwa deur,
ek wil jou h, ek wil jou h.
Al val ek driemaal op my kop,
ek ry hom weer, ek ry hom weer
 

:imaposer: :biggrin:


Bliksem, as dit swaargaan met die boerdery dan gaan ek 'n liedjieskrywer word.   :laughing4:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 17, 2014, 07:10:28 pm
Maklike liedjie vir iemand watie kitaar kan speel nie.........................................................net so twee drukke nodig :imaposer:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: woody1 on November 18, 2014, 01:43:21 pm
Ek dink hy het KLAAR op sy kop geval.. :peepwall:
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: cocky on December 29, 2014, 04:22:14 pm
Toe kry ek mos nou eers tyd om die RR te lees, nog nooit is ek so opgevang in die woorde en die kiekeis van n RR soos nou nie. Oom Dorsland, jou woorde beskryf die trippie soos min dit al ooit gedoen het. BAIE dankie.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: Dorsland on December 29, 2014, 06:55:14 pm
Jis Cocky, dan is ek bly jy het lekker gelees.  Ek het hom ook sommer weer deurgelees en nou jeuk ek om weer die vlaktes in te vaar.
Title: Re: Dorsland trek Tankwa toe
Post by: cocky on December 30, 2014, 08:47:25 am
Jis Cocky, dan is ek bly jy het lekker gelees.  Ek het hom ook sommer weer deurgelees en nou jeuk ek om weer die vlaktes in te vaar.
Ek gaan Vrydag bietjie daar ry saam met Heimer, kan nie wag nie. :thumleft: