Wild Dog Adventure Riding
General => General Bike Related Banter => Topic started by: Arno Roux on November 11, 2014, 06:17:53 am
-
Ek sien op Proudly Meerkat Theunis Nel van Woema het gister 'n lelike ongeluk gehad in JHB naby die Garsfontein odd ramp.
'n bakkie het glo hom van agteraf gestamp. Baie ernstig
Bid vir hom vir volkome herstel en vir sy vrou en kidds vir ondersteuning vir die pad vorentoe!
-
eish strongs - hoop hy herstel vinnig
-
Ek het nounet nuus gekry hulle moes sy regter arm amputeer. Hy veg op die oomblik vir sy lewe in die hospitaal
-
Gebede vir hom en almal wat naby aan hom is.
-
Ai man, dis bad. Sterkte en herstel spoedig. :thumleft:
-
Sterkte en gebede aan hom en sy familie.
Dis so jammer en onnodig.
-
Sterkte aan Theunis, sy familie en vriende.
-
Ai. Hy en sy gesin is in ons gebede.
-
Strongs aan al die famielie en vriende....
-
Sterkte aan hom en sy familie.Ons dink aan hulle
-
Sterkte Theunis. Bid vir jou
Sent from my iPhone
-
aggenee
Theunis, ons bid vir jou herstel
-
Ai dis sleg. Ek vertrou maar net hy trek deur en baie sterkte vir sy familie.
Ons was letterlik minute na die ongeluk verby die toneel waar hy in middel van pad gele het met paramedici reeds op toneel. Ons het egter gedink dit was n motoris wat behandel word maar het seker 100m verder n wit en blou 1150 GSA alleen langs die snelweg onderste bo sien staan - eers toe besef dit was heel moontlik die man op die motorfiets gewees.
Ek en mede hond Komin wat saam daar verby is het nog gepraat oor hoe erg dit moet wees om in sulke gietende reen te moet commute. Skokkend om die minste te se
-
Arm verloor? Eish, sterkte Theunis.
-
Ons bid vir hom en sy familie
-
Ons bid vir jou Theunis ! Dit moet vreeslik wees om in die fleur van jou lewe n arm te verloor.
-
Ons bid vir jou Theunis ! Dit moet vreeslik wees om in die fleur van jou lewe n arm te verloor.
Broer ek dink dis dalk net erger as dit, die man veg vir sy lewe.
Sterkte WOEMA, ons dink aan jou.
-
Ek sien op Proudly Meerkat Theunis Nel van Woema het gister 'n lelike ongeluk gehad in JHB naby die Garsfontein odd ramp.
'n bakkie het glo hom van agteraf gestamp. Baie ernstig
Bid vir hom vir volkome herstel en vir sy vrou en kidds vir ondersteuning vir die pad vorentoe!
Dit is baie sleg sterkte!!
-
Sjoe, dis slegte nuus. Ek hoop en bid vir jou spoedige herstel Theunis !
-
Ish!! dit is sleg, sterkte vir hom en sy mense
-
Baie Sterkte daar!!
Ons bid vir jou!!
-
Stekte, ons bid vir jou Theunis.
Sy laaities is nog so jonk ek hoop hy herstel :'(
-
Ai nee man :'(
Alle sterkte aan Theunis en gesin.
-
Ai my vriend ons bid vir jou en sterkte aan Mareli en jou 2 seuns :'(
-
Inderdaad baie tragiese nuus.
Alle sterkte.
-
Byt vas Theunis. Hoop jy kan opstaan na hierdie vreeslike ongeluk. :'( :(
-
i had such a bad commute ysterday in the rain that i am in the cage today. Shaken now and will be cage probably for the week
-
Dis baie erg...en so onnodig. >:(
Dra vir Theunis en sy gesin in ons gebede op. :thumleft:
-
Boodskap in van Anria van Heerden wat saam met hom gewerk het op Woema:
Ons is dankbaar vanoggend vir ongelooflike dokters wat gisternag en vanoggend vir Theunis Nel se lewe geveg het, asof dit hulle eie is. Daar was geen ander keuse as om Theunis se regterarm vanoggend half een te amputeer nie. Dit het verseker sy lewe gered en daar was onmiddelik 'n verbetering in sy toestand. Hy is steeds kritiek, maar stabiel. Baie dankie vir ons vriende, familie en WOEMA fans, wat deur sie nag gebid het, vir almal se ondersteuning en liefde vir Mareli Nel en seuns in hierdie tyd. Ons vra dat julle asseblief nie sal ophou bid nie, ons is besig om die stryd te wen en ons erken dat ons 'n MAGTIGE GOD dien!! HY was in beheer gisteraand en is steeds. Ons sal gereeld updates gee rondom Theunis se vordering.
Sterkte aan Theunis en sy familie.
-
Sterkte ,bid,glo,vetrou.
-
Hy en sy familie is in ons gebede!
-
Ai dis bad, sterkte Theunis, familie en vriende, wens jou n spoedige herstel toe.
-
Ons glo dat jy sal hertel. Baie sterkte.
-
Eish, sterkte Theunis. :'(
-
Our prayers are with you and your family Theunis. Really sorry to hear about the accident.
-
Sterkte aan hom en sy mense ons bid vir julle .
-
Baie sterkte en vir die gesin ook!
-
Sterkte Theunis en Familie.
Julle is in ons gebede. :'(
-
Sjoe, sterkte Theunis en Familie. Hel, ek sit hier met 'n hol kol op my maag!
-
Sjoe, sterkte Theunis en Familie. Hel, ek sit hier met 'n hol kol op my maag!
Ek voel dieselfde! Dit is baie tragiese nuus :'( Ons dink aan hom en sy familie in ons gebede.
-
Baie sterkte aan Theunis se gesin en familie, hy is in ons gebede
-
This is really terrible news, hang in the Theunis :(
-
Baie baie slegte nuus
Ek dink aan Theunis, sy beserings, sy verlies, sy lang pad na herstel en aanpassing in die lewe - asook die naby aan hom.
-
Sterkte Theunis,
Ons dra jou op aan Die Heer en glo dat Hy jou sal deurdra in Sy Groot Genade.
Sterkte ook aan sy familie.
-
Apparently Theunis was involved in a serious accident on the scoot yesterday. :(
Currently in ICU in Pretoria.
Pray for the man, he is not well.
Hear his lost a limb, not nice :o
-
Strongs Theunis.
-
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=163003.0 (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=163003.0)
-
Skokende nuus.
Ek kan jou en familie maar net sterkte en herstel toewens
-
This is such a Shock
He is a Great guy and does not deserve this shit in his life
Our Prayers are with you Boet.
Wayne
-
Het Theunis ontmoet op `n biketrip wat ons verlede jaar September na die Weskus gedoen het saam met JB Train Tours. Hy was saam om `n program vir Woema daaroor te maak. Hy is iemand wat baie lief was vir motorfiets ry en hy kon baie goed ry. `n Fantastiese mens!
Hierdie is verskriklike slegte nuus, ek wens hom en sy gesin alle sterkte toe!
-
Sterkte aan Theunis, sy familie en vriende
-
Nie lekker nuus nie, dink aan hom en sy familie.
-
Sterkte aan jou Theunis. En aan jou familie.
-
Our thoughts and prayers are with you and your family. God bless.
-
Theunis, you can do it ! Strength to strength !!
-
Sterkte Theunis,
Ons dra jou op aan Die Heer en glo dat Hy jou sal deurdra in Sy Groot Genade.
Sterkte ook aan sy familie.
+1000
-
Baie slegte nuus. Ek dra jou op aan die Here in my gebede Theunis, as dit Sy wil is sal jy hier deurkom.
Baie sterkte aan sy gesin in hierdie moeilike tyd.
-
Baie slegte nuus , jy en jou gesin is ons gebede. Sterkte ou maat !!
-
sjoe, dis slegte nuus :-[
sterkte aan Theunis en sy familie! Gaan 'n groot aanpassing wees
ek vrees altyd a rear-end op die bike
-
Liewe genade.... dit is rof...
Ons dink aan jou Theunis!
:'(
-
Have had the pleasure of meeting Theunis a number of times.
May White Light shine on you and your loved ones Sir, and guide you all and the Doctors on your path to recovery!
I have a huge knot in my stomach.
God Bless mate!
-
Hi all not reaDing through all the pages but please if possible join us at unitas hospital for prayer at 18:00
-
God be with you Theuns and may your young family have courage and strength till you recover.
Thought and prayers for all of you.
-
Sterkte aan Theunis & sy familie....
-
Sterkte Theunis.
:mod edited:
-
Sterkte Theunis. Als van die beste.
-
Baie sterkte aan Theunis en almal na aan hom, hoop julle sal elkeen elke dag die nodige krag ontvang om julle te dra.
-
Ai, nie lekker om sulke goed te sien nie.
Sterkte aan Theunis en die naby aan hom.
-
Ons dink aan Theunis en sy gesin. n Mens se lewe kan in n oogwink verander. :(
-
Theuns en gesin, God seen en sterkte vir julle in hierdie moeilike tye.
-
Praying for you bud.
-
I am sadden by this post..... Thinus was such a decent bloke who gave his all to bikes and biking.
Get well my friend, strength and courage to you and your family.
-
Thoughts and prayers are with you!! really sorry to hear..
-
Thoughts and best wishes to T and his Family, hang in bud!!!!
-
Dis erg slegte nuus.
Sterkte aan sy familie...vasbyt Theunis.
-
Any updates please ???
-
http://www.netwerk24.com/nuus/2014-11-11-woema-aanbieder-theunis-nel-verloor-arm-n-motorongeluk
Sent from my iPhone
-
Sterkte Theunis
-
Dis baie slegte nuus - bid vir jou maat.
-
So bad. Sterkte Theunis.
-
Strongs my mate
-
Sterkte WOEMA, jy en jou familie is in my gebede.
-
In our Theunis and family and friends!
Get well soon bugger!
-
Sterkte Theunis en familie! Ons gebede vergesel julle!
-
Sterkte Theunis ,hoop jy herstel gou
-
Theunis, jy en jou familie is in my gebede.
-
Fok die side shows ouens, sterkte Theunis en gesin hoop die herstelpad is kort
-
Skokkende nuus, veral omdat motorfietse eintlik sy brood-en-botter is
Maar hy kom nogal oor as n vegter, so ek weet hy sal terug wees in een-of-ander vorm van motorfiets aktiwiteit
Jy is in my gebede Theunis, vasbyt !
-
Sterkte Theunis, bid vir jou en jou familie!
-
Het vroeer vanjaar DP2 saam met Theunis gedoen by ADA, hy het sy 950SE gery of hy dit gesteel het, en hy het lekker stories vertel onder die koeltebome...sterkte Theunis. Word gou gesond. Jy kan so versigtig ry as wat jy maar wil, wat maak jy as iemand jou van agter af in jou moer in ry?
-
Spent many a time with Thuenis, talking bikes and other rubbish. Wish him well with his recovery.
-
Heal up Theunis.
-
Sterkte!
-
As ek so na die draadloos luister smaak my die pad was nat en het olie opgehad. Volgens die berig het Theunis op die oliekol gegly en geval. In die proses het hy die fiets van hom af weggeskop. Twee karre agter hom wat ook op dieselfde olie en nat pad gegly het kon hom gelukkig vermy. 'n Derde voertuig het ook probeer om Theunis te vermy en in die proses met 'n ander voertuig gebots en is toe oor Theunis. Vandaar die erge beserings.
-
Terrible news.
Wishing Theunis a speedy recovery.
Thinking of you & your family during this difficult time.
-
Sterkte Theunis
-
Can anyone tell me what hospital his is in? would like to send him and his family ..
-
Voorwaar baie slegte nuus. Theunis jy en jou gesin is ook in my gebede.
-
He is in Unitas hospital
-
Terrible news
Hope your recovery is fast and successful
All the best to u and your family
-
Sad news. Strongs to the family. Praying for a speedy recovery.
-
Ek wens jou alle sterkte toe Theunis...jy en jou gesin is in my gebede.
-
Van al die oud Huis Verwoerd Manne sterkte Theuns, ons weet jy sal deur trek. Ons bid dat die engele met jou en jou gesin sal wees deur die tyd. :-[
-
Sterkte Theunis en vir you gesin.
-
This is terrible news, our thoughts and prayers are with you Theunis.
-
Duidelik word te vinnig deur almal gespekuleer.
Dis jammer dat hy in die reen moes ry en gly. Wil niemand dit toewens nie.
Sterkte Theunis.
Vir jou familie - Mense gee hom al die ondersteuning wat hy kan kry.
-
As ek so na die draadloos luister smaak my die pad was nat en het olie opgehad. Volgens die berig het Theunis op die oliekol gegly en geval. In die proses het hy die fiets van hom af weggeskop. Twee karre agter hom wat ook op dieselfde olie en nat pad gegly het kon hom gelukkig vermy. 'n Derde voertuig het ook probeer om Theunis te vermy en in die proses met 'n ander voertuig gebots en is toe oor Theunis. Vandaar die erge beserings.
As beeld geglo kan word is dit die selde storie in vanoggend se beeld. Voorblad.
-
Any new Updates about Theunis?
-
Ek het vanogend met sy vrou gepraat en hy is stabile maar nog kritiek :'(
-
He is in Unitas hospital
Thank you.
-
Van al die oud Huis Verwoerd Manne sterkte Theuns, ons weet jy sal deur trek. Ons bid dat die engele met jou en jou gesin sal wees deur die tyd. :-[
:thumleft:
-
ek gaan n ekstra agter lig op sit, so vinnig moontlik. Baie bang vir karre wat jou van agter af slaan
-
As ek so na die draadloos luister smaak my die pad was nat en het olie opgehad. Volgens die berig het Theunis op die oliekol gegly en geval. In die proses het hy die fiets van hom af weggeskop. Twee karre agter hom wat ook op dieselfde olie en nat pad gegly het kon hom gelukkig vermy. 'n Derde voertuig het ook probeer om Theunis te vermy en in die proses met 'n ander voertuig gebots en is toe oor Theunis. Vandaar die erge beserings.
Ai man, hierdie tipe "bad luck" ongelukke is vir my die ergste. Mens kan 100 keer op 'n nat, oliekol gly en val. 99 keer spring jy op en jou eerste bekommernis is om seker te maak die bike is okay. 1 keer is die goeie geluk net nie aan jou kant nie en die uiteinde is erge beserings soos die.
Sterkte Theunis en famile!
-
Ek het vanogend met sy vrou gepraat en hy is stabile maar nog kritiek :'(
:crybaby2:
-
ek gaan n ekstra agter lig op sit, so vinnig moontlik. Baie bang vir karre wat jou van agter af slaan
Goeie idee, maar die ouens kan 'n moderne motorfiets se agterlig duidelik sien selfs in gietende reen. Probleem is hulle bestuur soos d**se.
Baie sterkte Theunis. Jou ernstige beserings is baie hartseer maar ons is bly jy is nog met ons! "Hang in there"!
-
Sterkte Theunis, jy en jou familie is in ons gebede.
-
Shoe, dis slegte nuus.
Baie sterkte aan Theunis en sy gesin
-
Sterkte Theunis ons bid vir jou en jou geliefdes.
-
Sterkte Theunis, ons bid vir julle.
-
Sterkte vir Theunis en sy gesin in die moeilike tyd.
Ons gebede is met julle.
-
Sterkte Theunis, ons skiet n gebedjie op vir julle.
-
Sterkte Theunis.... ons bid..
-
Sterkte Theunis - mag die Here jou help deurtrek. Ons bid saam vir jou.
-
Sterkte en gebede aan hom en sy familie.
Dis so jammer en onnodig.
Baie jammer en amen
-
Never met the man, his reputation precedes him. We wish you a good recovery, Gods best to you and the family.
-
Baie sterkte Theunis.
-
I am not sure if this is covered elsewhere on this Forum.....................heard that Theunis Nel was in serious bike accident and is still in a serious condition in Unitas Hospital.
The latest reports indicate that he was badly injured
Strongs Theunis!!
-
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=163003.0 (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=163003.0)
-
Good luck bud 👍
Heal up soon!!
-
Strength to Theunis and his family.
I hope that you will have a speedy return to health.
-
Anria created a facebook page with regular updates. U will find it under theunis nel Woema updates. Apparently going better now.
-
All the best Theunis
-
FROM FACEBOOK:
"Goeie nuus was pas by ons groot vriend en ook die long spesialis gesien EN dit gaan baie goed, dr is "tevrede" met sy toestand en vitals lyk alles normaal.Theunis kry laer dosisse verdowing en geen meer adrenalien! Hy lyk ook sommer baie goed-bietjie geshampoo en geshave en sy kleur ook terug! Almal se gebede dra hom en maak hom sterker!" Thx. Zelma
-
Alreeds baie goeie nuus!!
-
Strongs Theunis.
Go mbeannaí Dia duit.
-
die ergste gaan wees as hy wakker word en agterkom sy arm is weg.... :'(
ek kan my dit nie eens indink nie.......
-
Ek is bly dit gaan beter. Sterkte vir jou en geliefdes wat jou deur hierdie moeilike tyd gaan dra. Net nog n hindernis ou maat. Staan op..Kyk op...en druk deur......jy het nog n storie of twee om te vertel
-
Baie sterkte Theunis!!!
-
strongs
-
die ergste gaan wees as hy wakker word en agterkom sy arm is weg.... :'(
ek kan my dit nie eens indink nie.......
+ 10000 :'( :-[ :-[ :'(
-
Sterkte. ons bid vir jou en jou gesin. Mag God met julle wees in die moeilike tyd wat voorlê.
-
Baie sterkte Theunis!!!
-
Sterkte en voorspoed met die pad vorentoe.
-
Baie sterkte
-
UPDATES FROM FACEBOOK:
(Op versoek en om misverstande uit die weg te probeer ruim.)
Volgens die beperkte inligting tot ons beskikking is die aannames van wat gebeur het as volg:
Theunis het Maandag Oggend 10 Nov. met sy blou BMW GS 1150, na die naweek, vanaf Potch teruggekom, vir die week se werk by die nuwe WOEMA-Shop in Pretoria.
Hy het op die N1 snelweg, rigting Noord, gery. Dit het gereen en ongeveer 09:30 het hy, net voor die Garsfontein onramp, op olie/diesel gegly. Hy kon die bike van hom af wegskop en hy het in die baan af gegly. 2 Voertuie A en B agter hom het op dieselfde stuk begin gly. Hulle het beheer oor die voertuie teruggekry en kon Theunis net net mis. 'n 3de voertuig C (bakkie) het teen 'n 4de voertuig D gebots.
Met inpak is die bakkie se voorwiel "beskadig" en die bakkie het onbeheerst begin gly in die rigting van voertuie A en B. Die bakkie het tussen voertuie A en B deurgestamp en bo-oor Theunis gery. Theunis het onder die bakkie beland en is vir n paar meter onder die bakkie gesleep tot waar die bakkie tot stilstand gekom het met Theunis nogsteeds onder die bakkie. Verskeie voertuie het begin gly op die betrokke plek soveel so dat n totaal van ses voertuie met mekaar gebots het.
Ons is +-80% seker, volgens ooggetuienisse, dat dit is wat gebeur het.

Ja en die bliksemse trok wat die diesel gemors het sal nooit eers hiervan weet nie. >:(

Ongeluk, dit gebeur en is realityd en die inpak daarvan word vererger deur reen. Glo nie dit was die intensie om diesel te mors nie, die goed is duur.
-
Frats ongeluk :(
Alle Sterkte vir Theunis en gesin.
-
Ek het nou net die terugvoering ontvang van n vriend..............
"Goeie nuus was pas by ons groot vriend en ook die long spesialis gesien EN dit gaan baie goed, dr is "tevrede" met sy toestand en vitals lyk alles normaal.Theunis kry laer dosisse verdowing en geen meer adrenalien! Hy lyk ook sommer baie goed-bietjie geshampoo en geshave en sy kleur ook terug! Almal se gebede dra hom en maak hom sterker!"

Goeie nuus, dankie.
-
Alle sterkte vir Theunis en sy gesin. Ons bid vir julle. Ek ry elke dag in werk toe en moet se met die reen die week is dit nogal moeilik en ek kan sien hoe so 'n ongeluk so maklik kan gebeur.
-
Sterkte Theunis en gesin, mag God se genesende Hand, Vrede en Genade julle gesin omvou in die tyd.
-
Bid vir jou Theunis. Dra mre se rit Strand toe aan jou op.
-
Hou moed Theunis. Ons bid vir jou champion!
-
Dink aan jou Theunis. Bly dat jy beter is.
-
Ai, dit is so onodig maar dit wys mens maar net hoe vinnig 'n ongeluk kan gebeur.
Theunis moet net sterk bly en ek weet hy sal, hy is nie iemand wat gou gaan lê nie.
Dankie vir die update.
-
Great nuus dankie!! Sterkte vir die pad van herstel, een dag op 'n slag, een minuut op 'n slag as dit moet.
-
Baie bly om the hoor dit gaan beter. Jy en jou gesin is in ons gebede :thumleft:
-
:thumleft:
Dink aan jou Theunis. Bly dat jy beter is.
:thumleft: :thumleft:
-
Baie sterkte Theunis!!!
Hierdie vreeslike nuus is 'n massiewe skok vir ons almal en ons dra jou in ons gebede en dink aan jou.
-
Hallo Theunis. Bly dit gaan al beter. Ons bid steeds vir jou en jou gesin!
-
Kan iemand ons n update gee asb ? Ek doen nie die faceboek ding nie .
-
Hy het gister aand gevra vir roomys en koffie......sterk goed aan.
Gaan more 09h00 weet teater toe om na res van beserings te kyk.
-
Eish, sterkte. Roomys is a goeie teken :thumleft:
-
Hy het gister aand gevra vir roomys en koffie......sterk goed aan.
Gaan more 09h00 weet teater toe om na res van beserings te kyk.
Eeeish sterkte man.....ek weet hy is 'n groot tjom van jou. Hou ons op hoogte asb.
-
VAN FACEBOOK:
Deur Anria
Update vir vandag:
Nog 'n groot mylpaal het vir Theunis in sy herstel proses aangebreek!!!
More is dit terug teater toe, waaroor ons almal ongelooflik dankbaar is!
Ons is 'n dankbaar vir 'n ongelooflike bekwame span Dokters en personeel wat oor Theunis waak en hy gee werklik sy volle samewerking!! Soms sien jy die pyn, maar hy byt vas en niks is te veel moeite nie.
Ons besef dat more net een van die baie groot operasies gaan wees. Die herstel begin more aan sy heup, bobeen, knie en onderbeen. Die dokters is eerlik dat dit nie maklik gaan wees nie, maar ons vertrou volkome!
Ek sal more oggend (sodra ons weet hy is in die teater) vir julle almal laat weet. Ek weet dat elkeen van julle saam met ons sal bid vir God se teenwoordigheid in die teater en dat Hy Sy Hand van genesing en wonderwerke sal sigbaar maak!
Na môre se operasie gaan daar geen besoekers toegelaat word nie want infeksie beheer is dan ons belangrikste doelwit!!!
Ons werkskaf more kliphard in die WOEMA winkel om 'n spesiale muur te maak waar elkeen van julle 'n persoonlike boodskap vir Theunis kan kom skryf! Ek sal fotos opsit en dan kan almal kom kuier!
Ek het vandag weer versoeke gekry vir mense wat voel hulle wil bydraes na ons spesiale Daisies care 4 Bikers fonds maak en ek gaan dit weer vir julle post. Ons fondsie groei mooi en ons gaan sommer baie mense kan help!
Ek sluit vanaand af met 'n spesie boodskappie van Mareli Nel: "Woorde is nie genoeg...maar ONGELOOFLIK baie dankie vir jul liefde, gebede en ondersteuning."
-
Get well soon Theunis! You and your family and friends are in our prayers!
-
Ons hou groot duimvas vir die operasie en herstel. Sterkte ou maat.....

Dankie vir die laat weet .
-
Sterkte vir die man .... Kan nie maklik wees nie.

ek was nie bewus van al sy ander beserings nie, maar dis seker te verstane as mens onder 'n bakkie gesleep word :-[ :-\

Weereens - sterkte
-
Thank you for the update.
:thumleft:
-
Sterkte vorentoe, Theunis en gesin.
Waar is die Woema winkel?
-
Stongs mate hopefully a speedy recovery
-
Sterkte, hoop dat die operasie 'n sukses sal wees.
-
Sjoe dit moet rof wees vir hom en sy mense. Laat mens sommer koud.
Sterkte en dra jou op in ons gebede. Hoop die herstel gaan net vooruit
-
Baie sterkte vir Theunis en sy geliefdes, ons dink aan julle in ons gebede
-
BAIE BAIE STERKTE !!
-
FROM FB:
Anria Van Heerden
1 hr · Waterkloof Glen
Goeie nuus: Theunis is uit teater en dit het baie goed gegaan!!!
Sy regterbeen wat die grootste bekommernis was is "gefix" en hy kan hom 30grade buig !!! Die dokter is baie baie tevrede! Hulle kon ook sy heup, bobeen, knieg en onderbeen herstel. Theunis gaan verseker uit die hopitaal uit loop!!!!!!
-
Hey fellow Biker... i wish you that all your god's be with you right now!!
I offer you to share halve your pain ... to make it a little less ... ...
Strong's Strong's ...
100%
:sunny:
-
FROM FB:
Anria Van Heerden
1 hr · Waterkloof Glen
Goeie nuus: Theunis is uit teater en dit het baie goed gegaan!!!
Sy regterbeen wat die grootste bekommernis was is "gefix" en hy kan hom 30grade buig !!! Die dokter is baie baie tevrede! Hulle kon ook sy heup, bobeen, knieg en onderbeen herstel. Theunis gaan verseker uit die hopitaal uit loop!!!!!!
Great :thumleft:
-
Sterkte vorentoe, Theunis en gesin.
Waar is die Woema winkel?
Anria Van Heerden
18 hrs · Garsfontein
Hi almal - die Woema winkel is op die hoek van Lynwood en Gnl Louis Botha ( nou January Masilela), die Glen Gables sentrum.
https://goo.gl/maps/pz5uu
-
Wonderful news
Theunis I wish you a speedy recovery :thumleft:
-
Baie sterkte en spoedige herstel.
-
Wonderful news
Theunis I wish you a speedy recovery :thumleft:
+1
-
All the strongs may come your way,Get well.
-
Hoe gaan dit nog met die man?
-
Hoe gaan dit nog met die man?
They say no news is good news. :laughing4:
-
Hoe gaan dit nog met die man?
They say no news is good news. :laughing4:
That's true!
-
BAIE STERKTE!
Ek hoop nie hierdie gee aanstoot nie, maar hopelik bietjie hoop en inspirasie!
https://www.youtube.com/watch?v=S2ByorieCZU (https://www.youtube.com/watch?v=S2ByorieCZU)
https://www.youtube.com/watch?v=p2I2V_oQV7g (https://www.youtube.com/watch?v=p2I2V_oQV7g)
https://www.youtube.com/watch?v=hoc_euG0ptM (https://www.youtube.com/watch?v=hoc_euG0ptM)
-
van FB:
Anria Van Heerden
1 hr · Waterkloof
Ek glo almal verwag 'n update van my : Mnr WOEMA is uit die teater, maar ongelukkig kon hulle nie die epiduraal toedien nie. Theunis Nel se koors is tans hoog as gevolg van 'n infeksie. Die goeie nuus is dat hulle wel sy wonde kon skoonmaak en die dokter is tans tevrede met sy been se vordering en kon ook bepaal dat die infeksie nie by die been is nie. Baie belangrik nou om die infeksie op te spoor. Bloedmonsters is reeds getrek en hulle is besig om dit te kweek om die oorsprong van die infeksie vas te stel. Die internis het ook reeds addisionele antibiotika begin toedien.
-
Eeeish....daai infeksie is 'n bliksem as hy jou eers het. Hoop hulle vind gou uit wat dit is (of waar eerder) en maak dit summier vrek! :3some:
-
Only picked up on this now.
Sterkte for a full and speedy recovery
-
From Facebook, a message posted by Theunis:
Theunis Nel with Elizna Groenewald and 5 others at Unitas Hospital
9 hrs
Ek is nou 'n leftie, so dit vat bietjie langer as gewoonlik, jammer vir die lang wag.
Ek is verstom oor die aantal mense wat vir my en my gesin bid vanaf die dag met die ongeluk, dit gee my net meer rede om op te staan en tenmidde van die storm weer terug te gee aan jul.
Ek het dit goed gedink om te begin by die heel begin... Vanaf die oomblik toe ek die bakkie se modderskerm op my sien afstorm, het ek begin bid en sal nie weer kan ophou nie. Dankie Vader vir U liefde en GROOT genade.
Vir elke persoon wat my dadelik tehulp gesnel en my bygestaan het - besonderse dank aan jul elkeen. Jan, ou chom - jy is 'n man van staal! Alhoewel ek nie veel onthou, kyk ek terug en besef hoeveel persone oor my pad gestuur is en groot aandeel het in die feit dat ek vandag nog hier kan wees. Ongelooflike paramedici, hospitaal personeel, elke dokter is oor my pad gestuur om 'n verskil te maak.
Hier is hordes mense om te bedank - familie, vriende en ondersteuners.
My steunpilaar Mareli, my twee hartspunte MrC en Anlulu.
Dankie aan my Sus wat elke besoek met haar besorgde beskermde energie my ondersteun.
Wonderlike familie (ek het nie skoonfamilie, dit is vir ouens wat nie van hul skoonma hou nie) my skonies is deel van my familie!
My hartsvriende, 'n klompie mense wat van die eerste oomblikke ingespring het en al soveel klippe uit ons as gesin se pad gerol het (en nogsteeds doen) hoe swaar ookal. Julle is onvoorwaardelike staatmakers!
Dan moet ek ook aan Anria en Jaco dankie se vir jou vinnige onbaatsugtige hulp. Jul is altyd daar vir almal, maak nie saak hoe ernstig of ligtelik die situasie.
Dankie aan die span by die Woema winkel, dan ook 'n groot dank aan al die menig facebook maats se gebede en gedagtes. Sonder dat ek bewus was, het jul hande gevat en 'n laer om ons gesin getrek. Saam jul gaan ek oorlog toe!
Daar gaan nog baie dankies van my kant af kom en daar is soveel wat ek persoonlik sal wil doen, weet net ek is ongelooflik dankbaar vir jul gebede en onvoorwaardelike ondersteuning.
Aan God al die eer en dankie vir die wonderwerk om nog te kan wees en nog die plan wat hy met my het te kan navolg.
Woema groete
Theunis
-
Wow. Sterkte Theunis
Sekerlik nog 'n lang pad wat voorlê. Met jou ingesteldheid gaan dit net soveel makliker wees.
Alle sterkte.
Edit. Android spellchecker...
-
Baie sterkte vd pad vorentoe vir jou en jou familie. :deal:
-
Jou Anker is reg, ten spyte van al die frustrasies wat nog gaan kom, gaan jy NOOIT alleen wees nie
-
Word gou gesond Theunis, ons bid vir jou. :thumleft:
-
Dankie Theunis, dis ook vir ons almal rondom jou versterking van ons geloof. Vasbyt!
-
Theunis
Ek het in 2012 dit geniet om meestal in jou agterwiel vas te kyk by die Honda Fireblade launch by Aldo Scribante. Dit was so bietjie soos 'n onverwagte hou in die wind om van jou ongeluk te hoor en vir my ook bietjie van 'n reality check siende dat ek self gereeld met my GS tussen Paarl en Kaapstad commute (in alle weersomstandighede).
Ek hoop dat jy in vlees en gees sal herstel sodat jy weer jou been oor die saal kan lig! Sterkte vir jou en jou familie. Ek's bly die operasies was sover suksesvol.
-
Baie sterkte!!
-
Hey Theuns
Hope you get the WD messages from all of us and I wish you a speedy recovery and give thanks to our Lord for sparing you for many exciting years to come! Walk in your new found blessings :thumleft:
"Cast out the fears and live"
-
Welcome back Theunis :thumleft:
looks like you got your WOEMA back
Good luck with the rest of your healing journey :thumleft:
-
Baie sterkte Theunis ook aan jou famiie en ondersteuning span. Met so positiewe ingesteldheid en geloof sal dit met jou goed gaan.
Jy vesterk ons almal se geloof, ons God is Groot.
-
Glad to hear that your sense of humor is still firmly in tact.
Heal properly and heal well, life is fragile as you well know, so enjoy the family and support all have to offer.
Yours in biking!
-
Heal well. Heal quick
My thoughts and prayers are with you and your family.
Read through the messages of goodwill here on the forum - there is a groundswell of support. You have touched many people - perhaps without realizing it.
Respect.
-
Any Updates?
Sent from my iPhone
-
Any Updates?
Sent from my iPhone
From FB:
Anria Van Heerden
5 hrs · Reebok
UPDATE : Whoop Whoop TYD : Alle EER aan ons Hemelse Vader!!!!
Mnr WOEMA word vandag ontslaan!!!! Ons gaan REHAB toe! Dankie Liewe Jesus vir U beloftes waaraan ons kan vashou en dat ons weet U is besig met 'n groter plan vir ons ons Mnr WOEMA!
Geniet elke oomblik van hierdie nuwe avontuur Theunis Nel en Mareli Nel! Mag dit julle stoutste verwagtings oortref, mag elke dag vol nuwe BLESSINGS wees en mag julle in elke uitdaging God se LIEFDE ervaar.
Mnr WOEMA, ons is almal SUPER TROTS op jou!!!! Ampertjies tyd om self die liggies aan julle Kersfeesboom aan te skakel!
-
Dit is goeie nuus. Dankie
Sent from my iPhone
-
Dit is goeie nuus. Dankie
Sent from my iPhone
-
This is very good news. :thumleft:
-
Goeie nuus en sterkte met die herstel Theunis.
-
Fantastiese nuus, sterkte met die aanpassings en herstel vorentoe
-
dis wonderlik, altyd lekker om te sien dat mense gesond word na so n ongeluk.
-
Sterkte Teunis, sien j gou opi bike.
Van n Oud Reitzman
-
Sterkte en mag jou herstel vining en blywend wees. Sterkte aan jou gesin wat by jou staan en jou bemoedig.
-
Sterkte Teunis, sien j gou opi bike.
Van n Oud Reitzman
Ja jong julle Reitzmanne is maar taai!!!!
noud De Wetter :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
-
Sterkte Teunis, sien j gou opi bike.
Van n Oud Reitzman
Watter jare was jy in Reitz ek was 1985 en 1986?
-
89-91(tu hul ons toegemaak het) bungalo 4
-
https://www.facebook.com/groups/604090319696261/623134087791884/?notif_t=like (https://www.facebook.com/groups/604090319696261/623134087791884/?notif_t=like)
hier is nuus oor Theunis
-
https://www.facebook.com/groups/604090319696261/623134087791884/?notif_t=like (https://www.facebook.com/groups/604090319696261/623134087791884/?notif_t=like)
hier is nuus oor Theunis
Kan iemand hier copy/paste ter wille van die facebook-loses, asb?

Ek gaan nie self baie na die FB page toe nie.... die gedwepery gee my sooibrand, maar hier is sy mees onlangse post en foto.... die man het redelik gewig verloor :o
"Theunis Nel
28 December at 09:33 · Clayville
Ek wil graag die met almal deel.
Eks in rehab en saam die wonderlike mense hier gaan ek weer op die been kom en dit sal baie beter gaan.
Dankie aan al die personeel by Unitas! Die dokters wat hulself nie teruggehou het om my te help genees nie. Daardie hande was beslis geseën.
Dankie aan ieder en elke verpleegster, Suster en hulp wat die groot werk gedoen het wanneer die dokters klaar weg was. Hulle wat nagte om, my dopgehou het en elke asemteug genoteer het. Hulle wat langs my bed my ondersteun het en saam my gebid het.
Groot dankie moet gaan aan my familie- my ongelooflike sterk en standvastige vrou wat die hele situasie nou nog, met deernis en tog beslisdheid hanteer. My seuns wat pappa reeds weer sien as groot en sterk al kon ek nog nie regop staan nie, my Ousus wat met haar liefde en geloof als saggies beter streel van die eerste dag af.
Dankie aan my ouers en ook my skoonouers vir hul ondersteuning en woorde wat net die regte plekke vasmaak. Dankie vir die familie wat daar was reg om my geestelike ontwaking te kan help stuur.
Dankie aan elkeen van my skoonsusters en hul mans wat baie verder en meer doen as wat nodig is. Dan is daar die mees ongelooflike vriende wat doodeenvoudig sonder ophou en terughou my en meer ook my familie help en ondersteun.
Ek moet ook die duisende en duisende boodskapies en woorde van gebed en ondersteuning, aan ons, van mense regoor die land en buiteland bedank. Jul boodskap na boodskap is wat vir ons elke dag net bewys daar is meer in die mens as n sensasie bejaagde samelewing.
Ons wil graag vra dat die media, vir nou, net n bietjie afstand gee. Ons sal graag wanneer almal sterker is gesels. Geen stories word of was al ooit verkoop of beloof aan enige publikasie nie. Ons wil graag dit net op ons tyd en pas hanteer met so min ontwringting vir almal as wat ons kan.
Dankie aan daai spesiale individue wat ook sonder ophou help.
Liefde en Seënwense
Theunis"
-
I'm really glad that those two boys didn't have to bury their father.
Seeing the joy and happiness in their eyes right now... :thumleft:
-
A most welcome family photograph!
I hope that you have a great New Year together!
-
All the best for 2015 and the future.
-
Sterkte aan julle almal Theunis :thumleft:
-
Great to see a pic of you Theunis,
Thanks for the feedback.
Wishing you a speedy recovery.
-
Great pic, on the road to recovery.
God bless you and your family!
-
Awesome Boet
Looking Good
-
Alles van die beste vir die pad in 2015 hoop die herstel duur voort.
-
Hi all WD-friends
I fell and broke my laptop so after some incurance claims and backup recovery I now have a new one and can start to communicate again.
How do I feel, well with my left hand.....hiehiehie ;D ;D
Thought I would open with a joke...
Wat presies gebeur het sal seker nog met die ondersoek uitkom, party sê ek het gegly ander weer dat iemand die bike onder my uitgery het.
Ek kan nie baie onthou nie, net dat ek wel die bakkie wat my raak gery het so 2 meter voor my sien aankom, en toe kliphard begin bid het, ek kon nog nie ophou bid nie.
Daar was wonderlike dokters en personeel by Unitas wat met genade van bo my lewe oor en oor gered het.
Ek is tans in 'n rehab sentrum waar ek die lyf (wat kan) probeer versterk in afwagting op eendag binnenkort weer op te staan en loop. Week na volgende gaan ek terug hospitaal toe vir verdere operasies.
Thank you all very much for all the best wishes and prayers. In a situation like this we, DS riders are all family.
I would really like to urge every one to be safe, wear the best and safest gear, it helped save my life. There are also other biker friends that get hurt every day. Please do not let your prayers and best wishes stop with this. Keep them in your thoughts.
Again - thank you all for the support of me and my wonderfull family.
Ry daai ding!
-
Goed om om van jou te hoor Theunis. Sterkte ons dink an jou
Sent from my iPhone
-
Bly om te hoor jy herstel- voorspoed en sterkte
-
Hi Theunis, glad to hear your recovery is happening and that you are remaining positive. From someone who's been recovery since May with a broken femur, remain focused on your goal and remember that time is a healer, just keep your eye on the prize and you mind positive. Wishing you Gods richest blessings on your path forward.
-
Alle sterkte. Dit is 'n lang en moeilike pad.
-
Wishing you good health and a fast recovery in this difficult time. Sterkte Theunis!
-
Sterkte aan jou, en jou familie Theuns.
-
Baie sterkte, lig en liefde vir jou en jou gesin!
-
Goed om van jou te hoor. Sterkte en dis great om te sien dat jy so posetief is! :thumleft:
-
Baie sterkte en mag dit net goed gaan. Jy sal sien...2015 gaan in baie opsigte een van jou beste jare wees... ;D
-
Sterkte met die herstel, ons bid vir jou en jou gesin. :thumleft:
-
Bly om te hoor dat jy goed herstel, sterkte vir jou en familie!!
-
Hello Theunis
You have been lucky enough to find a way of life you love, supported by a loving family.
You also seem to have a rare trait to find the courage to live it, particularly during trying times such as this.
I can only echo the sentiments of the hundreds of others in wishing you the very best forward
-
Regtig bly om te hoor dat dit goed gaan, ons hou die gebede aan en wens sterkte toe aan jou en jou gesin.
-
Wow Theunis. Looking good there. :thumleft:
All the best for the recovery. Strongs to you and your family. ;D
-
Theunis Nel was hier in Bikers Church vanoggend... hy gaan nog weer bike ry. :thumleft:
Hy glo dit en ons weet dit.
Die groot Geneser het hom nie verniet onder daai Izuzu bakkie uitgeruk nie. Sy getuienis was regtig iets om oor na te dink. God is altyd in beheer en kan iets baie sleg gebruik om ander tot insigte te bring.

Pragtige, Ware woorde, Rob :thumleft: