Wild Dog Adventure Riding

General => Africa Info & other International Travels => Topic started by: RedRum on February 12, 2015, 10:06:18 am

Title: Hond (Troeteldier) saam na Namibia vir vakansie - wie het dit al gedoen?
Post by: RedRum on February 12, 2015, 10:06:18 am
Ons wil ons hond (K9) saamvat vir n SWA vakansie volgende maand.

Sover ons nou al kon vasstel;
Die hond se inentings moet op datum wees, jou vet gee jou n cert vir dit en jy moet ook by die staats vet hier in RSA n cert kry;
klink heel eenvoudig.

....dan moet mens blykbaar n cert in SWA ook by hulle staats vet kry om hom terug te bring; dis nou waar dit onnodig complicated raak dink ek
dis tog nie n import/export situasie as mens gaan vakansie hou nie?

Iemand anders dit onlangs gedoen om jou troetel diere saam om vakansie Namibia toe te vat?
erevarings?, tips?, plekke wat hond vriendlik is?
Title: Re: Hond (Troeteldier) saam na Namibia vir vakansie - wie het dit al gedoen?
Post by: AntonDP on February 12, 2015, 10:12:09 am
Is it worth all the effort?
Title: Re: Hond (Troeteldier) saam na Namibia vir vakansie - wie het dit al gedoen?
Post by: DUSTRIDERS on February 12, 2015, 10:14:23 am
Al mis ek my dierekinders as ek weg van die huis is weet ek hulle is op hul heel happyste by hul eie huis en reuke en roetine.
Title: Re: Hond (Troeteldier) saam na Namibia vir vakansie - wie het dit al gedoen?
Post by: Vis Arend on February 12, 2015, 10:21:36 am
Al die jare ons kinders (honde) saamgery Nam toe.  Dis soos jy s.
 
Die hond se inentings moet op datum wees, jou vet gee jou n cert vir dit en jy moet ook by die staats vet hier in RSA n cert kry

Dis al wat ons gedoen het en het nog geen probleem by die grensposte gehad nie.  Moet net nie dat die K9's die doane oukies by die poste byt nie, dan mag jy poefies h.   :biggrin:
Title: Re: Hond (Troeteldier) saam na Namibia vir vakansie - wie het dit al gedoen?
Post by: sewes on April 27, 2015, 11:39:52 am
Yes, ek doen dit elke jaar met my Rottweiler.
Die proses is soos jy genoem het, maar: die staatsveearts se sertifikaat in geldig net vir 7 dae- so jy moet dit een week maksimum voor vertrek kry.
In Windhoek ( of ander groot dorpe ook) MOET jy daar ook die sertifikaat laat stempel en weereens net vir 7 dae geldig.
Met die bogenoemde het ons dan nog nooit probleme ervaar nie. By die grensposte laat jy by die veeartseny persoon (Namibia kant) die sertifikaat nagaan. Hulle het nog nooit eers na die motor gekom om na die hond te kyk nie.
Ek gaan gewoonlik na die ouens wat die kar wil deurgaan en verwittig hulle van die moerse hond in die kar wat op hulle wag, en of hulle wil he dat ek die hond moet uitlaai sodat hulle alles kan deurgaan. Hulle was ook nog altyd OK daarmee.
Baie min plekke adverteer "pet-friendly". Ek vra maar altyd, en kom redelik maklik reg.
Sterkte- die brake geniet die ry saam met die baas wat heeltyd biltong oor sy skouer aangee!