Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: alwyn_gs on February 26, 2015, 08:29:34 am

Title: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 08:29:34 am
Die dat ek n middel klas Suid Afrikaner is, en meer gaan getax word, moet ek maar spaar waar dit kan, en dus nie by Photobucket Bandwidth koop in Dollars nie. En eerder die gespaarde geldjie allokeer aan die duurder petrol van volgende maand af... Bleddie regering!
Anyways, kom ons gaan na ons happy place toe, nl om te toer.
Gaan die RR so doen net met die pictures onder die post:


So om Boxing Day 2014 het ons bymekaar gekom by die R21 se Engen garage. Die die trip is Om Lesotho. So na as moontlik aan die grens, met die meeste grondpad, en natuurlik die meeste grond passé…
Die hele toergroep was op R1200GS Adventures, en elke fiets het n paartjie gedra nl, die Nordeje’s, Van Der Merwe’s en die Engelbrecht’s.

Die beplande roete vir die dag. Teer tot op Harrismith, en van daar begin die avonture… Van Harrismith dra on Bezuidenhouts pas se kant toe, Bergville toe. Teer tot op Notttingham Road. En van daar die Ping Pong Cuttings tot in Himeville. 627Km vir die dag.

Die Veld is pragtig groen, en ons kronkel deur die heuwels met die twee spoor paadjie oppad na Bezuidenhouts pas



Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 08:32:40 am
Dinge begin toe intresant raak… die fietse is swaar. En ons het die passé in seksies opgebreek, en elke fiets een vir een af gevat. Op die moeiliker stukke, die enjin dood gemaak en die clutch gebruik om die fiets te beheer. Die doel was om al drie Adv, en elke span veilig uit te kry anderkant. Die agter oppies was kamera-minne, cheerleaders, waterdraers en die klere help skuif.
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: Sidpitt on February 26, 2015, 10:46:30 am
 :paw: :sip:
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: Mikie on February 26, 2015, 12:05:34 pm
Did I miss something Havent you already done this report?
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: Sidpitt on February 26, 2015, 12:12:43 pm
Did I miss something Havent you already done this report?

It was so good....let him do it again!!!!!
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: Mikie on February 26, 2015, 12:14:20 pm
Did I miss something Havent you already done this report?

It was so good....let him do it again!!!!!

 :laughing4: I think Alwyn is losing his mind
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: Kerritz on February 26, 2015, 12:17:50 pm
Did I miss something Havent you already done this report?

It was so good....let him do it again!!!!!

 :laughing4: I think Alwyn is losing his mind

Amper dog ek ek raak soos Oupa Heimie en kan nie ALZ onthou nie.............. :pot:
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 02:02:46 pm
Wil julle fotos kyk of nie?  :deal:
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 02:07:47 pm
Die Pillions het hul eie jol!

En dan n paar van die lekker steps op Bezuidenhouts pas
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 02:08:49 pm
En toe die laaste stootjie

En die man op die perd seker die beste manier om Bezuidenhouts te ry....

Die laaste paar is van die pas se waypoint vir die Klub se Dusty Vertigo Challange
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: Dwerg on February 26, 2015, 02:15:57 pm
Did I miss something Havent you already done this report?

It was so good....let him do it again!!!!!

 :laughing4: I think Alwyn is losing his mind

I wondered as well so I went back to the older one, photobucket is blocking the view of the photos
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 02:17:29 pm
Van daar is dit verder af tot by die gravel highways Bergville toe. Vir n verandering, lekker om vininger te ry, en wind deur die baadjies te kry…

Op Bergville is dit teerpad weer tot by Nottingham Road. Die mis rol in, maar die groen veld, bruin grondpad wat om die heuwels draai en swaai met die mis het die Ping Pong Cuttings n besonderse gevoel gegee…

Het minder photos geneem, dit het laat begin raak en het bietjie gestoot dat ons nie te veel in die donker ry nie… seker so halfuur in die donker en reen gery, stadig gevat. En het dadelik aangery Himeville Arms waar ons lekker gekuier het, en een moerse aand ete geniet het.

Daarna Sani Back Packers waar ons die aand oornag het.
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 02:20:24 pm
Did I miss something Havent you already done this report?
It was so good....let him do it again!!!!!
:laughing4: I think Alwyn is losing his mind
I wondered as well so I went back to the older one, photobucket is blocking the view of the photos

Dankie Dwerg... iemand wat skerp is hier rond
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 04:14:10 pm
Dag twee van die trip is die beplanning om Sani uit te ry, te ontbyt bo, weer af te kom, en so na as moontlik teen die suidelike hange van die Drakensberge te ry. Dan Quacha’s nek te ry, en in Matatiele oor the slaap. Afstand vir die dag 275km.

Daar is eers gepair die oggend met die Sena’s – verskillende kombinasies om kommunikasie on-the–fly te kan doen, lekker gelag en gebrom, maar was baie oorspronklik met die op en aanmerkings…
Weer gesukkel om in die pad te kom, want het te lekker gekuier saam mense wat ons ontmoet het met die oulikste seuntjie… wat “ook bike ry”, soos hy gese het…

In die pad geval, Sani pas op. Dis die Nordeje’s en die Van Der Merwes se eerste keer… en die eerste keer vir ons dat dit so mooi groen is!

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 04:17:02 pm
En deur die grenspos, en ons begin ons self opwerk, die pas, WAS, in perfekte kondisie. Droog, maar geen stof, n pad motorfiets so dit kon maak. Dink ons het net een Taxi gehad wat van bo afgekom het.

Weer het die wolkies die pas so n ander atmosfeer gegee

Hier het ons aangesit tot n heerlike buffet breakfast, you name it, it was presented… het tot plaat koekies gehad met heuning en 100’s en 1000’s…





Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 04:20:00 pm
Dan die nodige admin by die hoogste Pub in Africa

Die fotos wys duidelik die kondisies van die pas - perfek

Nou was dit teen die suidelike hange af tot by Quacha’s. Eerlik het ons nie in ons wildste drome gedink die stukkie pad teen die Drakensberg gaan so mooi wees nie. Was wel gravel highways, maar die skoeters, en hul passesiers kon lekker rus, en bietjie vakansie hou met van die pragtigtste view’s.

Kyk die apies, met geel baadjies wat oor die hekke spring . . .



Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 26, 2015, 04:22:36 pm
Toe begin die wolke inrol, en daar is n ligte fyn reentjie uitsak. Dit tip tip so liggies op die helmet… Genoeg om die pad op na Quacha’s Nek Grenspos lekker snotterig te maak. Soos ons hoër en hoër op ry raak die mis digter en digter. Visie was bietjie van n probleem. En by die grenspos bo is die reentjie bietjie meer dringend.
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:04:07 am
Dag 3 van ons avontuur gaan ons die volgende passe r y; Ongeluks nek, Pitseng pas en Naudes nek. 295km, waarvan 218km grond is. Eindbesteeming n pragtige gaste plaas 25 km buite Rhodes.
Die oggend vroeg op, en gaan aansit aan n breakfast tafel vir konings by Resthaven Guest House. Uit Matatiele in n westelike rigting waar ons vroeg die grondpad opgetel het Ongeluks nek toe.

Die dames is lekker laf!!

Die hek in, by die Ongeluks nek Resevaat in. Die pad is redelik droog die eerste km, maar toe begin dinge modderig raak. 
Gelande Strasse - BOO JAH!

 
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:06:59 am
Het net 3 km gery, toe gestop en daar is besluit dit is te modderig is om 3x GSA ‘s die pas om te sukkel, en dis beter om om te draai.

Het die fietse omgedraai en terug beweeg hek toe. En 1.5km van die hek af om die tweesde laaste draai het Maria se voet gly van die linker peg af, en haar voet seer gemaak! Nie spesifiek op die stadium geweet nie dat die enkel af is nie, maar sy het baie pyn gehad. Willem het vir Phillip van Resthaven gebel, en hy het dadelik in sy Cruiser gespring en Maria kom haal. Ons het haar gestabiliseer en gewag. Seker die langste 45 min ooit.

Hier langs die pad het ons weer piekniek gehou met die vorige aand se oorskiet braaivleis wat Michelle en Corna in n Coke bottle en duct tape geseel het.

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:09:58 am
Toe die oom Phillip en sy vrou van Resthaven aan kom het ons Maria help inlaai, en saam Willem terug gery na die teerpad. Hier het ons paaidjies geskei. Was vir almal baie swaar omdat dinge nou so uitgewerk het… Ons is gese om aan te gaan met die trip. Maar dit was nie meer die selfde sonder die Nordeje’s nie.
Van waar ons paaie geskei het, is ons te teer deur Mount Fletcher gery waar ons weer wes gedraai het na die Pitseng pas, weer grond pad.

Van daar werk ons onsself op na Naudes Nek toe, via Pitseng pas deur grasgroen rollende heuwels. Dit die weer is oortrokke maar stuk stuk kom die son uit.

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:19:44 am
Soos ons Naudes Nek begin uitklim is dit meer bewolk, en dit voel of ons in die higlands van Skotland is…

Van Naudes Nek ry ons af na Rhodes met een van die beste grondpad wat daar seker is. Die pad rol geleidelik teen die berge af. Nou steek die son permanent sy kop uit en dis n perfekte middag vir bike ry.

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:26:15 am
Arriveer by ons oornag plek, Steepside Guest Farm. Weet nie hoe Michelle die plekkie gekry het nie, maar so cozy ou melk stal tussen die berge

Die oom en tannie kom groet, en bring ons ratsoene. Skaap tjops, lewer nessies 3 verskillende slaaie tot roomys en sjokolade sous. Die aand braai ons lekker, en die dames dek tafel voor die kaggel.
Knuppel dik geeet, en snoesig sit ons voor die kaggel en kuier. En mis die Nordeje’s…
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:34:27 am
212Km is Dag 4 gery, met 3 grondpasse, Carlislehoek pas, Volenteershoek/Bidstone pas en Lundeans nek. En Dulcies nek n teer pas. Die eind bestemming vir die dag, Die Dampondok, Zastron.

Terug gery waar die Bell rivier die R396, jip dit is n grondpad, kruis. Toe weer deur Rhodes, en links na Tiffendale via die Carlislehoek pas.

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:36:57 am
Tipiese Oos-Kaap verkeer…

Hoekom wil n mens by die see sit as jy in die natuur skoon kan rond ry

Dan die lekker steil, tegniese stukke teen Carlislehoek pas op.

Daar word mos gese net plaas implemente het n propshaft, maar die gelaaide R1200's, met pillions het daai bulte opgevreet. Dit klink of daar n 10 spanner in die enjin is, maar daai boxer stol nie. Die fotos doen nie die helling justice nie...

Dan is dit asof n mens op die berg ry, Tiffendell toe.

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:41:00 am
Die waypoint van Volunteershoek pas
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:45:25 am
Die linkerkanste lyn op die pad is vol ruts en klippe van alle shapes en sizes… en die perfekte lyn, sonder einge klippe sit regs. MAAR daar is een steil afgrond regs ook af! Die scenery het definitief die werk die moeite gemaak.

Dan volg ons die pad tussen die heuwels na die Lundeans nek beheer punt.

Lundeans het weer n ander tipe view aan die plek, die son wat so deur die wolke breek gee dit n gevoel dat dit groot voel. Sal graag die pas in die winter wil ry as dit net skakerings van bruin is.

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:51:45 am
Langs die Telle Rivier af

By Lower Telle tel ons die teepad op, en teer Zastron toe. Daar gou dorp toe, en dan uit na die Dampondok uit op een van die grond paaie uit die dorp.

Toe kom ons by so pandokkie uit teen n dam op die vlakte van die Vrystaat.

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 08:54:07 am
Het ook n huis maat gehad vir die aand..

Daar is so Boma tipe eetplekkie waar die oom en tannie die kos opdien, heeltemal iets anders

Kon nie besluit watter foto is die mooiste nie, plaas maar altwee. Dis Hemel hier op die platteland…

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 12:37:18 pm
Omdat Joubert’s pas deel is van die Dusty Vertigo Challenge, is daar besluit om die pas te besoek… ons is mos daar… So het n dag uit gesit vir die pas. So dag Dag 5 is net Joubert’s pas om, so 295km terug tot op Zastron.

Na die besluit om Jouberts pas ook te ry, het ons versoek om nog n aand by die Dampandok oor te bly, maar hulle het reeds n bepreeking gehad. Toe maak ons n ander plan in die form van Highlands Guest House. Het terug gery dorp toe en die bagasie daar gelos. En was bietjie van n verligtig, no pun indended, om bietjie ligter te ry…

Die pas klim uit teen die berg op. Die pas was in n baie goeie toestand, gelukkig. Redelik steil, maar n uitstekende opry!

Hoe waar is die nie: HEMEL OP AARDE??!!
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 12:41:20 pm
Van hier kronkel ons weer af teen die berge… Rustig en geniet die views… Tot onder waar die pad, bome en waterstrompie ontmoet

Die bier is geniet op die regte tempratuur, weereens agv innoveerende isolasie idees. ..

Michelle het die water getoets,

Het n rukkie vertoef en die geraas van die watervalle geniet en rustig lekker gestaan en kuier

Die donker wolkies in die verte het ons wel ingehaal
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 12:44:52 pm
Net buite Sterkspruit maak die Oos-Kaapse hemele op ons oop. En dit reen hard. En soos dit sy, vergeet die ander padgebruikers hulle maniere om te ry as die reen en ons besluit om eerder af te trek en die bui uit te wag. Stop toe by n koeka shope en skaf n middag snack aan terwyl ons wag.

Check die twee nat traffic cones

Terug in die Vrystaat , nou is die reen ook sommer weg… en gebruik nie beskikbare resources om ons klere droog te maak…
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on February 27, 2015, 12:46:38 pm
Die Highlands Guest House het n lekker vrugteboord, en ons het n draai gaan stap, en lekker gesmul aan perskes, vye en appelkose.

Met n prentjie mooi skemer word daar gebraai, en gesels. En ons mis die Nordejes weer erg die aand…  :'(

Aansit ete geskik vir konings…
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: gser on February 28, 2015, 07:37:14 pm

 Lekker Alle Wyn.
 Dis die eerste keer dat ons sien hoe mooi is Bidstone - en Carlislehoek Passe.
 Ek en Allie het ook dit gery maar van Lundennek Pas se kant af.
 Hoe vra jy dan, ons het dan die passe gery, met toe oe dan ?
 Ja, letterlik, die verskil met julle rit is, is dat ons het dit in die F#kkin sneeu gedoen met verkeerde bande op. Die sneeu was n verrassing.
 Ek hoop jy verstaan wat ek bedoel met letterlike toe oe, want ons het dit ook in die donker gedoen. Tiffendale se liggie het gebrand
 toe ons daar verby is. Nou hoekom nie daar oornag nie vra jy. Want, jy sien daar was n padbordjie net verby Tiffendale wat gelees het
 _hodes___ 2 km. Aaaaa, Rhodes is net hier onder met die passie af ! (asseblief onthou, dis voor GPS dae ook) Maar Rhodes kom nie ter voorskyn nie. Uiteindelik, by Rhodes aangekom was dit -9 C en so 20h30. Die PUB in die hotel was daar n lekker kaggelvuur en OBs wat ons
 ontdooi het. Al die mense in die pub se' ons is van ons koppe af om in sulke weer te gery het. Nou, waar het die fout dan ingekruip.  Onthou, ons is uit Zastron so 8h00, n lang dag voorwaar. Jy sien , na ons nabertagting die volgende oggend kom ons toe agter dat dit is alles daai
 _hodes___2 km bordjie se skuld, want jy sien, dit was half toe gesneeu gewees ! F#C. Dit sou dalk eerder gelees het , Rhodes 22 km of dalk 32 km. Sou jy weet wat die werklike afstand is Alle Wyn?
Dit het eerder gevoel soos 122 km, met toe oe ! en met my Allie agter op. Moeg vir die berge , koue , nattigheid , is ons na Southbroom toe, Natal se warm see water, lekker !
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 08:34:43 am
Jis Adriaan, hehehe soos jy se, vir ons was dit bietjie erg om te weet daar is nie plek om n fout te maak nie... en dis wat die passe so asemrowend gemaak het!!

Jip Volenteers hoek/ Bidstone pas is rof om die kante maar een van my gunstellinge...

Moet ook erken, het toe ons daar was gewonder hoe sal dit wees daar in die winter... as dit so snerpemd koud is... lyk my sal bietjie met jou gesels
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: gser on March 02, 2015, 09:50:06 am
Jis Adriaan, hehehe soos jy se, vir ons was dit bietjie erg om te weet daar is nie plek om n fout te maak nie... en dis wat die passe so asemrowend gemaak het!!

Jip Volenteers hoek/ Bidstone pas is rof om die kante maar een van my gunstellinge...

Moet ook erken, het toe ons daar was gewonder hoe sal dit wees daar in die winter... as dit so snerpemd koud is... lyk my sal bietjie met jou gesels
Jip, jy is welkom, Alle Wyn.
 Daai trippie was nie in die winter nie, maar oor 'n Paasnaweek.
 'n Vrats onverwagte koue front het die land toe getref.
 Dit het die boere daar ook ontkant getref want bo in die sneeulyn het die boere met hulle veewagters met hulle 4x4 bakkies rond gejaag om hulle skape
 bymekaar te maak en in krale te kry.
 Toe ons verby hulle in hulle dik jasse, musse en swaar handskoene verby ry, het hulle ons met verbasing aangekyk en net hulle
 koppe geskut. Op n stadium wou ons in van die skaapwagters hutte oornag, maar met die gadagte van vlooie en luise in daai hutte , nee, ry aan. Ek het al in Lesotho met hulle vlooie en ander eksterne parasiete in daai hutte te doen gekry. Nee wat , ry aan!
Sluit hijack !
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 01:55:57 pm
Volgende oggend is die eind bestemming Clarens. 406Km verder

En nou het die landskap bietjie verander, nou is ons in die Vrystaat, en dis bietjie platter. Die grond paaie is in n beter toetand as die teerpaaie – BARGAIN – toe bly ons stof maak…

Slaan ons die grondpad Wepener toe, en het lekker gedruk. En die pas het net bly optel en optel. Kom ons se ons het so vining gery soos op n teerpad
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 01:58:08 pm
Van Wepener is dit teerpad na Hobhouse, hier moes ons petrol gooi, en dit by die OVK, was vir my persoonlik baie spesiaal en is ek baie nostalgies toe ek in my jonger dae vir oom Kobus hulle help boer het. Ons het ook so DOT printer fakture gekry as ons Afgri toe is, en Hobhouse het die Koöperasie met letterlik alles in, was regtig vir soos in die ou dae…

Toe het ons die random “Coffee Shop’’ gekry, en aangesit om sekerlik die lekkerste toasted sammie geeet, met nog lekkerder moer koffie.

Oe dis lekker om in die Vrystaat te ry….
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:01:40 pm
Heeldag bou en bou die wolkies… en van Maseru se kant af begin die dreigende donker wolke ons druk van suid oostelik rigting , en Cor en ek navigeer onsself uit onder die reen. Hehehe en nou en dan draai ons onder die wolke in en ons reen so bietjie nat, dan draai ons weer weg, dan waai ons droog en by Ficksburg reen ons bietjie natter, en draai weer weg… nogal anderste pret gewees.

En net so buite Clarens begin die bui ons jaag   :o :o
En snaaks genoeg toe ons Clarens inry, draai die bui Lesotho - Golden Gate se kant toe…

Cor en Corna stel voor ons gaan proe n paar biere by die Clarens Brewery, en aangsien ek n rubber arm het, stop die GSA’s voor die brewery.

Die professionele bier proewers…

Buite die Brouery is daar n inligtings bord wat ons inlig die Brouery maak 19:00. Op ou jaara aand. Daar besef on sons sal moet uitvind waar gaan ons eet. Stap en word by 2 restaurante verwittig die is reeds vol geboek. Kom kry genadiglik n restaurant en ons maak n bespreeking. Het lekker buite gesit die aand en net rustig verkeer… Sluit 2014 af, op n bike trip, met awesome vriende, en weer is vereenselwig besluit - wens die Nordejes was hier…  :'(
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:04:28 pm
Dag 7 is dit van Clarens na Frankfort. Het besluit omdat dit my verjaardag is om ons trip te verleng met 1dag. Dus 263km to op Frankfort

Die laaste aand op Zastron het Cor die Dusty Vertigo papier uitgehaal en ons het gesien die Monontshapas is letterlik om die draai, en daar is nie eers bespreek of ons die pas gaan ry of nie, ons gaan dit net doen. Roetes is aangepas, en die oggend uit die vere en eers gaan ontbyt.

Heerlik by die Ou Poskantoor geeet.

Van daar is it deur Golden Gate toe

Die wolke het weer lag gehang, maar het hulself gedra.

Nie lank na ons die Lichen’s pas in Golden Gate af is nie draai ons regs op n grond paaie en ry in n sudelike rigting op so twee sppor paaie oor die grasvelde van Golden Gate om die blesbokke, zebra’s en wildebeest
Kom by so plaashuis op die grens van die draad, sal net nou daar stop… en deur n hek sonder hekke… baie werid, op die teerpad is daar sekuriteit en n moerse he ken hier is niks?

Dan teen die steil koppie af tot in die agterkant van die Monontsha woonbuurte.
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:08:47 pm
Werk onsself op teen die kant van n koppie tot by die Monontsha grenspos

Deur die grenspos en ry af teen die pas op n spierwit sement pas?

Helfde in RSA, en ander in Lesotho

Terug deur die grenspos, en die steil afdraande weer op, op was makliker as af… weer deur die onbemande “hek’’. Tot by die plaasopstal. Hier loop n paas skapies en donkies rond. Maar die laning stok ou akkerbome is pragtig…

Corna en Michelle prober weer funny poses
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:19:34 pm
Ons back trac op ons roete, weer op die teer terug Clarens se kant to en draai dan weer regs op n grondpad, Golden Gate se Alma pad deur die heuwels, maar in die algemene rigting van Kestell.

Is die kosmosse laat of vroeg?

Sweetie breek in die Vrystaat onder n moerse boom, jis dis hemel op die platteland...

Verby Sonneblom lande

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:23:15 pm
Jislaaikit die veld is pragtig groen

Weer weird poses… die WIP (231)

En resultaat (232)
Corna lyk soos n mars mannetjie, dis eintlik baie funny, omdat sy fotos neem met die Gopro op die helmet, beweeg sy so slow motion, met n stywe nek, dis iets om te beleef! 

Het min selfies geneem, so was uit oefeining, toe probeer ons weer, n paar keer se dats en toe:
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:25:20 pm
Dan laaste pee - stop voor Frankfort,

Dan pose die GSA’s

Die laaste grond pad voor ons Frankfort ingaan

Het weer by DeHoek Gastehuis oorgeslaap, en die tannie was baie bly om ons weer te sien… sy het spesiaal vir ons skaap tjoppies uitgehaal, met alles om braaibroodjies aanmekaar te slaan... Cor se gunsteling braai by kos. Baie dankbaar oor dit ratsoene, want op nuwe jaars dag is alles toe op Frankfort soos n klei os se neus.

Die aand was lekker rustig gekuier, en klaar begin beplan aan ons volgende trip terwyl dit leeker reen in die Vrystaat terwyl ons braai. En het vroeg in die kooi gekruip. Salig
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:28:09 pm
Die laaste bietjie van die RR:

Op Dag 8 is heelwat later uit die vere, en gaan aansit vir n lekker ontbyt, De Hoek Gastehuis is sekerlik een van die mooiste agter die Vaal Rivier...

Van daar is dit weer grond, lekker nat van die vorige aand se reen, en ons is rustig. Nie lus om huistoe te gaan nie - want dan is die toer op sy einde, maar wil wel in jou eie kooi slaap, eie stort. n mens se huis is jou huis...

Die laaste bietjie grond,

Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:29:17 pm
Die teer, via Oranjeville oor die Vaal Gauteng in

Dan het die goewerment so mooi, letterlik, gravel highway voorberei tussen Deneysville en Vereeniging..  :pot:

By die Blockhouse Engen het ons gestop, en die laaste Milkshake gedrink op n awesome trip

En dan is dit boring R 'e teer pad huistoe....
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 02, 2015, 02:30:41 pm
So kom ons trip op n einde...

1288.3km grond pad, 1323.7km teer, Totaal 2612km

Het 14 passe gery, 12 grond, 2 teer

Die passe:
Bezuidenhouts pas - KwaZulu Natal
Ping Pong Cuttings - KwaZulu Natal
Sani pas - KwaZulu Natal
Quachas Nek- KwaZulu Natal
Ongeluks Nek - Oos Kaap
Pitseng Pas - Oos Kaap
Naude's Nek - Oos Kaap
Carlislehoekspruit pas - Oos Kaap
Volunteers hoek/Bidstone pas - Oos Kaap
Lundeans Nek - Oos Kaap
Dulcies Nek (teer) - Oos Kaap
Joubert's pas - Oos Kaap
Lichens pas (teer) - Vrystaat
Monatsa Pas - Vrystaat


Jip, het dinge geleer, hoe om dinge anders te doen, en nie te doen nie...

En soos ons n paar keer gese het, hoe kies n mens n "dit is ons beste trip"? En n mens kan nie! Elke trip neem sy eie spesiale plek aan in ons geheue... en die ene gaan ons altyd by bly!

Dankie aan die van der Merwes, julle is n awesome paartjie! En die Nordejes, ons motorfiets ma en pa, jammer oor die ongeluk, en het julle baie gemis!

En Dan aan my Vroutjie, Sy het al dieverblyf gesort, en sekerlik die beste, oorspronlike plekkies gekry! En ek geniet dit as ons die avonture saam kan beleef - al ry jy nou nie altyd meer saam met my nie, ons is steeds n uitstekende span as ons saam ry - DANKIE my LIEF!

Fluit fluit my storie is uit..................
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: Morph on March 03, 2015, 08:19:59 am
Jisie julle!! Dit was lyk my 'n groot advontuur wat sommer baie pret en volsydige drama bevat het!!
Lekker man...lekker!!

Julle dien as inspirasie vir my en my vroulief eendag om ook, as die Here ons spaar, so paar adventure ook te kan doen en saam te kan geniet!!

Gaan die definitief met my vroulief meedeel!!

Thanks vir die nice en volledige RR!! :thumleft:
 :ricky:
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: Mikie on March 03, 2015, 08:31:34 am
That road between Deneysville and Vereeniging has been under construction for years
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: ClemS on March 03, 2015, 08:44:48 am
Wat 'n awesome trip! Benydenswaardig! Dankie!  :thumleft:

 :hello2: :hello2: :hello2: :occasion6:
Title: Re: Die Avonture om Lesotho - DEC 2014 (Viewable Report)
Post by: alwyn_gs on March 03, 2015, 12:37:38 pm
 Thanks gentlemen...

Definitely, sitting behind the computer, I wish was still on Naude's Nek with the views...

And cannot decide which pass was the most beautiful . . . .  ??? ::)