Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Dorsland on March 01, 2015, 09:33:30 am

Title: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 09:33:30 am
(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280081_zpsrforxzb8.jpg)


Diť hont is ook vir die dag los.
Bordtjie op 'n hek op Nieu-Bethesda




Nou ja, dis maandeinde, my mense is almal dorp toe tot Dinsdag en ek het 'n naweek vir myself.  Gister trek ek die fiets uit die waenhuis, ek gaan ry.

Kry maar 'n klein beker koffie as jy wil saamlees, dis nie 'n lang ene diť nie, sommer net so 'n oggendrit om Kompasberg en oor die droŽ vlaktes.  Ek gaan sommer laat die kiekies praat.


My eerste besienswaardigheid was diť "dooie" liggaam wat sommer so in die middel van die pad gelÍ het, tussen erens en nerens, tť moeg om by die huis te kom.  Gelukkig is hulle nou in beheer van die land en kan sy stem vir 'n beter lewe.  Viva viva!

Ek het julle gewaarsku dis maandeinde  ;D

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280078_zps5ufrthrd.jpg)




Hierdie mooi ou huisie op Nieu-Bethesda se stoep kreun behoorlik van die pampoene.  Hulle hou mos een of ander tyd hulle Pamplooza Fees daar met 'n kompetisie vir die grootste pampoene, pampoendisse wat by alle eetplekkies voorgesit word, 'n Juffrou Pamplooza en wat nog.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280083_zpszxhj6hif.jpg)




Die Sneeuberge het nie verniet sy naam gekry nie, hier word dit hondkoud in die winter.  Alhoewel die vee gewoonlik na die vlaktekampe toe gebring word in die winter, is dit daar ook koud maar darem nie so koud so bo in die berge nie.  Dis net sekere bees wat hier sal aard.  Ngunis is baie gewild as gevolg van hulle gehardheid, hulle is lig op die veld en Jakkals se kind bang hom.

Die mooi kleurvolle Nguni hou haar pose.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280089_zps7cbmsc6b.jpg)





Hier bo in die berge het die seisoen reeds begin draai en die Lombardy populiere kondig dit met hulle pragtige herfskleure aan.  Soos wat die seisoen aanbeweeg, verander die blare van kleur en word hulle op 'n stadium so 'n pragtige roesbruin/oranje.  Dis te pragtig.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280092_zpsxh1zdzg6.jpg)






Die kiekie hoort ook op Selfie se fred:  http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168269.0. (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=168269.0.)  Ek wonder altyd oor die vroeŽ pioniers, wat 'n afgesonderde bestaan hulle gevoer het, met soveel ontberinge en uitdagings.  Hulle was beslis van beter stofasie as die huidige generasies gebou.  Daar is altyd vir my heimwee, hartseer en bewondering in sulke tonele.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280093_zps5jsty8pw.jpg)





Kompasberg is 'n welbekende gesig in diť omgewing.  Buiten die Drakensberg se pieke, is dit, op 2504 m, die hoogste punt in Suid-Afrika.  Mens sien hom reeds van ver af.   Ook van die tweespoor waarop ek gister gery het.  Daar is 'n padtjie wat nader aan hom kom, dit gaan ek beslis op 'n ander geleentheid kom ry.

Die plantegroei is anders hier as laer af (natuurlik).  Sommer so fynbosserig en ruik te lekker.  Kees het my kwaai uitgejou toe ek vir diť kiekie stop.



(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280095_zpsasabr7l6.jpg)






Alhoewel daar hier en daar nog bergstroompies is wat flouerig loop, is dit droog, selfs hier hoog in die berge.  Die damme is almal dolleeg en die veld het nie volume nie, ons praat van 'n groen droogte.  Die winter wat voorlÍ gaan 'n riller wees.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280091_zpsa9ribert.jpg)



Hier waar ek op die vlaktes gekom het op die Richmond/Middelburgpad, het dit Vrydagnag darem so 5mm gereŽn volgens 'n boer wat ek by sy padhek gekry het.  Hier vlak langs die pad is dit groen maar verder die veld in, lyk dit soos winterveld.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280097_zpsptk8llwn.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280098_zps4fcmeuvp.jpg)






En toe, oppad huistoe, bou die wolke sommer so vinnig oor die Sneeuberge op en dit beginne dreun.  Ek stop toe in die bui se pad om weer daai heerlike reuk van klam grond te kan ruik.  Ek kry mos lekker tot in my kiewe as 'n donderstorm so sy opmars maak.  Maar dis 'n snaakse weerjaar hierdie; baie gedreun en so 'n klompie groot druppels geval maar die deurdringende reŽn wat ons nou so bitter nodig het, bly weg.

(jammer vir die swak kwalitiet kiekies.  Ek het die panorama funksie van my kamera ontdek en my onbekwaamheid, tesame met die wind wat kwaai gewaai het, het powere resultate opgelewer).


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280105_zpsb2i0z2rj.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280108_zpsaugbfivm.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280111_zpsqpembbs7.jpg)






En dan laastens, sommer omdat ek bly is ek het toe nie my 800 vir 'n 1150 Adventure verkoop nie, 'n kiekie van my blinkvosperd.



(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280107_zps62uj0foy.jpg)
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Knucklhead on March 01, 2015, 09:39:43 am
Very naaaice dorsland  ,waars daai pad jong lyk mooi  :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 09:43:37 am
Hy loop so agter om Kompasberg om vanuit Nieu-Bethesda dan sluit hy by die Richmond/Middelburgpad aan.  Baie mooi daar met nog so 'n paar draaie wat ek wil gaan ry.
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Casting from Turd on March 01, 2015, 09:45:13 am
Ek ry sommer saam
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Heimer on March 01, 2015, 09:46:44 am
My hont is ook nou wakker

Ek wil ry
Title: Re: Die hont is los!
Post by: subie on March 01, 2015, 10:03:59 am
Mooi fotos,area en bike  :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: woody1 on March 01, 2015, 10:40:15 am
Ai dis lekker.  Ek soek nog steeds daai JOB op jou plaas.  Is regtig handig met alles... net nie bokke en honte nie.  :imaposer:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Laban on March 01, 2015, 10:46:54 am

..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)
Title: Re: Die hont is los!
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on March 01, 2015, 10:51:43 am
Jissie maar daai stemmer het n klomp spore getrap voor sy loop lÍ het!!! :eek7: :imaposer:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: OomD on March 01, 2015, 11:03:51 am
Wat 'n lekker rit. Dankie vir die deel  :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Karoo Rider on March 01, 2015, 11:11:09 am
Jissie maar daai stemmer het n klomp spore getrap voor sy loop lÍ het!!! :eek7: :imaposer:

Lyk na 'n moontlike rieldans-sessie wat dalk kon aanleiding gegee het tot die uitputting.  'n Kindertoelaag en vaalwyn is nie jou speelmaat nie...

Baie mooi foto's Dorsland - maak mens lus om op te saal vir daardie geweste! :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Jakkals on March 01, 2015, 11:13:01 am
Jissie maar daai stemmer het n klomp spore getrap voor sy loop lÍ het!!! :eek7: :imaposer:

Ek het self bekomerd geraak oor Dorsland toe ek daai spore so sien, ek hoop nie sy het met 'n R10.00 in die hand wakker geword nadat Dorsland daar weg is nie, dit lyk nogal of die een stel spore na die kamera man toe lei. :imaposer: :imaposer:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Casting from Turd on March 01, 2015, 11:45:16 am

..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 11:53:08 am
Jissie maar daai stemmer het n klomp spore getrap voor sy loop lÍ het!!! :eek7: :imaposer:

Ek het self bekomerd geraak oor Dorsland toe ek daai spore so sien, ek hoop nie sy het met 'n R10.00 in die hand wakker geword nadat Dorsland daar weg is nie, dit lyk nogal of die een stel spore na die kamera man toe lei. :imaposer: :imaposer:

Nie eens met jou visstok nie Jakkals  ;)
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Road Hog on March 01, 2015, 11:59:13 am
Beautiful Beautiful, dankie vir die deel  :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 12:04:48 pm

Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol

Jy is welkom CFT, hier is so baie paaie hier wat ek nog net op Basecamp gesien het, ek moet my dinge reel dat ek kan gaan ry.




..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Dis 2 lekker maande daai alhoewel Mei al beginne koud raak Laban.  Die herfs is altyd vir my die lekkertse tyd van die jaar want dis nie so erg warm nie, dis nog redelik windstil en die veld is pragtig (al is hy erg droog diť jaar).  Leipoldt het mos gesÍ Oktobermaand is die mooiste mooiste maand, en dis waar want dan blom die Karoo.

Om aan te sluit by my riller stelling; die veld het nie volume nie en na verlede winter se min neerslae het die ouens die veld nogal moes wei deur die somer, asook van hulle spaarkampe laat wei.  Die gevolg is dat daar min weiding vir die winter gaan wees.  Ons bid maar volgende seisoen is lekker nat maar hy lÍ nou 8 maande weg (ons eerste reŽn kom in die 3de week van Oktober).  Hopelik kry ons sneeu en motreŽn nou in die winter want dit help vir die bossies, grasveld se groeityd gaan al amper verby.

As die kleinhandel die pryse aan die verbruiker deurgee dan gaan julle ouens tjoppies en biefstuk teen bekostigbare pryse kan koop soos die ouens gedwing word om hulle vee te verkoop.

Ek hoop maar ek is verkeerd.
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 12:09:40 pm
En terwyl ons so praat van Oktobermaand, al lÍ hy nog ver, dis iets om na uit te sien:


Oktobermaand
C. Louis Leipoldt (1880 - 1947)

Dit is die maand Oktober!

Die mooiste, mooiste maand!
Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

Dit is die maand Oktober!
Die varkblom is in bloei;
oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal,
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;
het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.

Dit is die maand Oktober!
Die akkerboom is groen;
die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,
jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.

Dit is die maand Oktober!
Ek dink die mense vier vir ewig
in die hemel Oktobermaand soos hier!
Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
Wat gee ek om die winter?
Wat praat jy nou van Mei?
Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?

Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 12:11:48 pm
As jy Meimaand of later kom Laban, dan moet jy maar hierdie gedig leer:  ;)

Winternag  
Eugene Marais (1871 Ė 1936)

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
So wyd as die Heer se genade,
LÍ die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
Versprei in die brande,
Is die grassaad aan roere
Soos winkende hande.

O treurig op wysie
op die ooswind se maat,
Soos die lied van Ďn meisie
in haar liefde verlaat.
In elkí grashalm se vou
blink Ďn druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

Title: Re: Die hont is los!
Post by: westfrogger on March 01, 2015, 12:14:46 pm
Uitstekend, dankie vir die skryf. Mooi deel van die land daai.  :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Bundu on March 01, 2015, 01:53:39 pm
.......................
Hierdie mooi ou huisie op Nieu-Bethesda se stoep kreun behoorlik van die pampoene.  Hulle hou mos een of ander tyd hulle Pamplooza Fees daar met 'n kompetisie vir die grootste pampoene, pampoendisse wat by alle eetplekkies voorgesit word, 'n Juffrou Pamplooza en wat nog.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Kompasberg/P2280083_zpszxhj6hif.jpg)

...........................
Aaah Reinet se huis  :biggrin:

Ek het so twee jaar gelede 'n paar nagte daar oorgeslaap  :thumleft:

Title: Re: Die hont is los!
Post by: Saddle Up on March 01, 2015, 02:32:23 pm
Ai Dorsland, jy sal nog maak dat ek my hart uit tjank. Pragtige wereld.

Dankie dat jy dit weereens met ons gedeel het.
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Mev Vis Arend on March 01, 2015, 04:51:09 pm
Mooi, mooi, mooi.  Dankie dat jy ons almal lus maak om te ry. 
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 05:54:38 pm
Dankie vir die kommentaar ouens (en ouensinne Mev Vis  ;))

@ Saddle Up:  Daai skimagtige "Hulle" sÍ mos Afrikaners is plesierig, maar ek dink diep in ons wese is ons maar 'n weemoedige ou volkie.  Groot dele van ons geskiedenis en hoe ons hier aan die Suidpunt beland het is een van swaarkry en hartseer.  Die volksplanting en die ontberinge wat ons mense in die kolonie se GrensoorloŽ moes deurmaak, die hartseer verhaal van die Groot Trek, die Eerste en Tweede VryheidsoorloŽ, die konsentrasiekampe en nou meer onlangs die verlies van ons land word meestal op die psige van die Afrikaner onderskat.  Ons pad is nie gelyk nie.

Maar dis 'n storie vir 'n ander tyd en plek.

Daai gedigte het seker diť weemoed in jou laat ontwaak. Nes mooi musiek, 'n beeldskone vrou, 'n sekere landskap, 'n verhoogstuk, ander se swaarkry soms met 'n mens kan maak.

 :thumleft:    
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 05:59:59 pm
@ Bundu:  Lyk my daai mense spesialiseer in pampoene.  Ek het nie geweet hulle het akkommodasie daar nie.  Het julle pampoenkoekies geŽet?  :biggrin:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Bundu on March 01, 2015, 06:15:49 pm
@ Bundu:  Lyk my daai mense spesialiseer in pampoene.  Ek het nie geweet hulle het akkommodasie daar nie.  Het julle pampoenkoekies geŽet?  :biggrin:

 :lol8: :lol8: pampoene, watse pampoene?  ;D

nee, dis vriende van my wat daar bly  ;D
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 01, 2015, 06:18:09 pm
Jissie, alle groottes en kleure, lekker :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: 4 Kays on March 01, 2015, 06:22:00 pm
Aai partner - jy maak my lus om te ry wakker  :drif: Dankie vir die deel  :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: DirtRebell on March 01, 2015, 07:45:21 pm
Ai, pragtig man.
Maak mens net lus om die platteland in te vaar.

Title: Re: Die hont is los!
Post by: DirtRebell on March 01, 2015, 07:47:46 pm
Jy moet daardie moeŽ vrou nie so vlak kyk nie, sy het dalk met hierdie gedig daar in die slaap geval;

 :laughing4:

O die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies.
En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy.
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.
Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore op die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies:
ďOns Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!Ē
En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaalkaros met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!


Title: Re: Die hont is los!
Post by: Laban on March 02, 2015, 03:37:45 am

..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol

Ö.drolÖÖÖfor sureÖ.we can pool the bail moneyÖ. ;D 

Title: Re: Die hont is los!
Post by: Laban on March 02, 2015, 03:41:05 am

Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol

Jy is welkom CFT, hier is so baie paaie hier wat ek nog net op Basecamp gesien het, ek moet my dinge reel dat ek kan gaan ry.




..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Dis 2 lekker maande daai alhoewel Mei al beginne koud raak Laban.  Die herfs is altyd vir my die lekkertse tyd van die jaar want dis nie so erg warm nie, dis nog redelik windstil en die veld is pragtig (al is hy erg droog diť jaar).  Leipoldt het mos gesÍ Oktobermaand is die mooiste mooiste maand, en dis waar want dan blom die Karoo.

Om aan te sluit by my riller stelling; die veld het nie volume nie en na verlede winter se min neerslae het die ouens die veld nogal moes wei deur die somer, asook van hulle spaarkampe laat wei.  Die gevolg is dat daar min weiding vir die winter gaan wees.  Ons bid maar volgende seisoen is lekker nat maar hy lÍ nou 8 maande weg (ons eerste reŽn kom in die 3de week van Oktober).  Hopelik kry ons sneeu en motreŽn nou in die winter want dit help vir die bossies, grasveld se groeityd gaan al amper verby.

As die kleinhandel die pryse aan die verbruiker deurgee dan gaan julle ouens tjoppies en biefstuk teen bekostigbare pryse kan koop soos die ouens gedwing word om hulle vee te verkoop.

Ek hoop maar ek is verkeerd.

Dankie DorslandÖÖOu Bethlemiet verstaan iewat van kouÖÖ kan genoeg in die syspan se dickey pakÖsortedÖ ;)
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Laban on March 02, 2015, 03:44:09 am
Dankie vir die kommentaar ouens (en ouensinne Mev Vis  ;))

@ Saddle Up:  Daai skimagtige "Hulle" sÍ mos Afrikaners is plesierig, maar ek dink diep in ons wese is ons maar 'n weemoedige ou volkie.  Groot dele van ons geskiedenis en hoe ons hier aan die Suidpunt beland het is een van swaarkry en hartseer.  Die volksplanting en die ontberinge wat ons mense in die kolonie se GrensoorloŽ moes deurmaak, die hartseer verhaal van die Groot Trek, die Eerste en Tweede VryheidsoorloŽ, die konsentrasiekampe en nou meer onlangs die verlies van ons land word meestal op die psige van die Afrikaner onderskat.  Ons pad is nie gelyk nie.

Maar dis 'n storie vir 'n ander tyd en plek.

Daai gedigte het seker diť weemoed in jou laat ontwaak. Nes mooi musiek, 'n beeldskone vrou, 'n sekere landskap, 'n verhoogstuk, ander se swaarkry soms met 'n mens kan maak.

 :thumleft:    

AFRIKANERS IS PLESIERIG

Woorde: A.D.E. GUTSCHE
Musiek: Volkswysie; verwerk: PIERRE MALAN

Afrikaners is plesierig,
dit kan jy my glo,
hulle hou van partytjies,
en dan maak hulle so:
Eers draai die ou vroutjie
en dan draai haar ou man,
en hy vat haar om haar lyfie
en dan draai hulle saam.
Goeienag, my ou vroutjie,
goeienag, my ou man!
Oor 'n week 'n partytjie,
en dan draai ons weer saam.

 :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Laban on March 02, 2015, 03:50:24 am


....vir die wis en onwis.... 8)

OU KAROOLAND

Woorde: THEO W. JANDRELL
Musiek: H. KROME; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
van Kaap tot Oranje se wal.
Ek sing van die boomryke Boland,
van Vrystaat, Transvaal en Natal;
maar liewers van jou, ou Karooland,
want jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou brandende sonlig,
van blomme gedrenk met jou dou;
ek smag na jou wolklose lugruim...
die hemel se suiwerste blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar nooit nie soveel as van jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as donders na lang droogte knal,
as storms oor jou velde weer losbreek,
en gousblomme bloei overal.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar jou min ek ver boweal!

Ek hou van jou rustige vlaktes,
as rooidag sy glorie ontvou,
en arende sweef deur jou hemel,
totdat hul verdwyn in die blou.
Ek hou van Natal en die Vrystaat,
maar ruil hul tog nimmer vir jou!

Ek hou van jou, vaal ou Karooland,
as hoog teen die rooikant daarbo
die aalwyn op brandwag staan, eensaam,
met ganna, harpuis en kambro.
Ek hou van Transvaal en die Boland,
maar meeste van my ou Karoo!

 :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Casting from Turd on March 02, 2015, 04:50:13 am

..dankie vir die deel Dorsland...inderdaad mooi wereld daardie...verseker 'n goeie besluit om die 800 te hou...vertel meer oor die winter wat voorle..asb..??... ;)...wil graag April, Mei weer daar gaan ry... 8)

Ek ry sommer saam jou meet die Varadrol

Ö.drolÖÖÖfor sureÖ.we can pool the bail moneyÖ. ;D 



And the prokorowers money?  We might have to start a slush fund for them :lol8:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: african dust on March 02, 2015, 05:43:41 am
mooi, ons is nou nou daar !
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 02, 2015, 07:22:49 am


....vir die wis en onwis.... 8)

OU KAROOLAND



O hel Laban dis mooi!
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 02, 2015, 07:23:25 am
mooi, ons is nou nou daar !

Ketel kook al  :thumleft:  Laatslaapers  ;)
Title: Re: Die hont is los!
Post by: JMOL on March 02, 2015, 07:44:58 am
En het ek nou lekker saamgery so vroeg in die oggend.  :thumleft:

Daar is niks fout met jou kiekies nie.

Wanneer is die pampoenfees?  Dink ons moet 'n trippie soontoe reel  :deal:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 02, 2015, 08:51:00 am
En het ek nou lekker saamgery so vroeg in die oggend.  :thumleft:

Daar is niks fout met jou kiekies nie.

Wanneer is die pampoenfees?  Dink ons moet 'n trippie soontoe reel  :deal:

Ek gaan bietjie hoor wanneer hulle fees hou JMOL, dan laat weet ek jou.   :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Serfie on March 02, 2015, 09:40:51 am
Dankie vir die stukkie 'deel' van jou wereld en sy dinge Dorsland...en dankie vir almal met hul bydraes van gedigte uit onse skooldae...snaaks hoe die goed eers vandag SOVEEL meer sin maak as op skooldae!!!
Title: Re: Die hont is los!
Post by: JMOL on March 02, 2015, 01:08:37 pm
Dankie vir die stukkie 'deel' van jou wereld en sy dinge Dorsland...en dankie vir almal met hul bydraes van gedigte uit onse skooldae...snaaks hoe die goed eers vandag SOVEEL meer sin maak as op skooldae!!!

Op skool het ons mos net daardie jong ongetroue juffrou dopgehou.

Mense mense mense - skooldae was lekker  :biggrin:

Ek gaan bietjie hoor wanneer hulle fees hou JMOL, dan laat weet ek jou.   :thumleft:

 :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Bundu on March 02, 2015, 01:14:46 pm
En het ek nou lekker saamgery so vroeg in die oggend.  :thumleft:

Daar is niks fout met jou kiekies nie.

Wanneer is die pampoenfees?  Dink ons moet 'n trippie soontoe reel  :deal:

PUMPKIN FESTIVAL 4th APRIL 2015  :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: zetman on March 02, 2015, 01:25:30 pm
 :biggrin: Manne manne die stuk aarde  le my na aan die Hart
jy maak mooi Uncle Dorsland hou so aan
OOM KOOS DOEP:

Die kole gloei, soos vroeŽr aande.
Maar die vuur is in my kop.
En 'n ysige wind, skroei my hande.
Vas teen die beker, met dop.

Die ryp is 'n vlam om my voete.
Maar die koue, brand in my bors.
En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors.
Met 'n koue hart, tot die mŰre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
En ek voel die koue, ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.
Vreet my stuk-stuk op.

Daar's teveel, met die wÍreld gefoeter.
Daar's teveel met die mense gemors.
En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors.
Met 'n koue hart, tot die mŰre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
Ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.

Die helde, na al die geploeter.
LÍ diep in die aarde se kors.
En ek drink en ek dink aan die soeter, wyn teen die groter dors.
Met 'n koue hart, tot die mŰre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
En ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.
Met 'n koue hart, tot die mŰre uur.
Drink ek teen die vuur in my kop.
En ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.
En ek voel die koue.
Ek voel die vuur.
Vreet my stuk-stuk op.

Ook gesing deur Koos du Plessis/Mathys Roets/Wynand Strydom/Karla du Plessis
Musiek en liriek deur Koos du Plessis - Uitgewer - Inhuis Musiek


Meer Lirieke http://www.liriekfabriek.co.za/atotz/theuns_jordaan/koue_vuur.htm#ixzz3TE75lR8F (http://www.liriekfabriek.co.za/atotz/theuns_jordaan/koue_vuur.htm#ixzz3TE75lR8F)
Follow us: @Afr_Lirieke on Twitter | AfrLirieke on Facebook
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Malibu on March 02, 2015, 01:27:24 pm
TOO Stunning! 
Heng, you take great pics!
:thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: african dust on March 02, 2015, 01:57:25 pm
mooi, ons is nou nou daar !

Ketel kook al  :thumleft:  Laatslaapers  ;)

Gee my a maand, dan kan daai Ketel fluit.
Laat slaap is nie deel van my DNA nie... ek is soos 'n hoenner...as die son sak, dan soek ek slaap plek...en vroeg wakker. :thumleft:
Your stories always have a way of dragging one sleepily through the travels of yesteryear. Thanks for that.
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 02, 2015, 07:39:36 pm
En het ek nou lekker saamgery so vroeg in die oggend.  :thumleft:

Daar is niks fout met jou kiekies nie.

Wanneer is die pampoenfees?  Dink ons moet 'n trippie soontoe reel  :deal:

PUMPKIN FESTIVAL 4th APRIL 2015  :thumleft:

Thanks Bundu.  Those big orange pumpkins will forever remind me of the first Halloween flick.  Without a doubt the scariest movie I've ever seen.  I think I was cured from horror flicks after that  :o
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 02, 2015, 07:40:32 pm
TOO Stunning! 
Heng, you take great pics!
:thumleft:

Thanks Mal, glad you enjoyed it.  Bit of a different area to your bit of heaven of hoe?
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 02, 2015, 07:45:31 pm

Gee my a maand, dan kan daai Ketel fluit.
Laat slaap is nie deel van my DNA nie... ek is soos 'n hoenner...as die son sak, dan soek ek slaap plek...en vroeg wakker. :thumleft:
Your stories always have a way of dragging one sleepily through the travels of yesteryear. Thanks for that.

hehehehe, I know what you mean.  I always say to myself I'd like a day when I can get up late and then when that day comes, I am up at my normal time anyway.  It's my most productive time of the day, before everyone else clocks in.

Glad you enjoyed it, everyone's lives are so rushed that for me, to amble along a winding road, going nowhere slowly, is food for the soul.  While the good old days were probably never quite as good as we'd like to think, there was certainly a quality to it that modern lives are sorely lacking. Sort of like a quality vs quantity thing I guess.
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Bundu on March 02, 2015, 09:12:43 pm
En het ek nou lekker saamgery so vroeg in die oggend.  :thumleft:

Daar is niks fout met jou kiekies nie.

Wanneer is die pampoenfees?  Dink ons moet 'n trippie soontoe reel  :deal:

PUMPKIN FESTIVAL 4th APRIL 2015  :thumleft:

Thanks Bundu.  Those big orange pumpkins will forever remind me of the first Halloween flick.  Without a doubt the scariest movie I've ever seen.  I think I was cured from horror flicks after that  :o
:o ;D :thumleft:
http://karoospace.co.za/advert/nieu-bethesda-pump-palooza-4-april-2015/ (http://karoospace.co.za/advert/nieu-bethesda-pump-palooza-4-april-2015/)
Title: Re: Die hont is los!
Post by: TWE-TWE on March 02, 2015, 09:20:49 pm
Ongelooflik mooi Dorsland....................africana.. :thumleft:
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Hinksding on March 05, 2015, 06:59:36 am
Whaa, daai 2 de foto. Julle moet verstaan, sy was moeg "genevigate". Sy kon nie mooi onthou of Basecamp gesť het: Lenks of regts nie!!!

Excellent RR Mater!
Title: Re: Die hont is los!
Post by: Dorsland on March 05, 2015, 08:55:16 am
Jy ken mos daai gesgde in Engels:  "When you come to a fork in the road, lie down and sleep on it".  :imaposer:  Lyk my my buurman (die fodie is by sy plaas geneem) het bonus of iets betaal die afgelope maandeinde.  Maandag toe sien ek het een van sy mense (seker Sondagnag toe die rooiprop opraak) hulle ou VW Jetta deur een van die afloopvore gerol en staan die arme ou karretjie poerdes daar in die veld  vir 2 dae met sy voorwiele wat soos skeeloŽ elk in 'n ander rigting loer.  

Ek gaan my boerdery effe diversifiseer. Die drankwinkel rigting in  ;)