Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Dorsland on August 02, 2015, 04:45:29 pm

Title: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 04:45:29 pm
Vroeer di pas afgelope week het ek lus gekry om weer so 'n stuk te gaan ry maar daai weer voorspelling vir Donderdag het my bietjie benoud gemaak.  Sneeu, sommer heelwat, was voorspel.  En het dit inderdaad toe gesneeu en was dit lekker koud. http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=156883.420 (http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=156883.420)  My lus is effe gedemp toe Vrydagoggend bitter koud aanbreek.  Die paaie is modderig en dis sommer net mislik om te gaan fietsry.

Maar Saterdag kom en alhoewel dit dik geryp het die oggend, is dit teen so 11h00 'n heel lekker dag, amper kortmou weer.  Sondagoggend toe is daar net so effe ryp en ek besluit toe, basta! ek gaat ry.

Ek het nie rerig 'n plan gehad nie, maar wat moes gebeur is dat ek by 'n brandstofpomp moes uitkom omrede ek minde as 'n halwe tenk gehad het.  Ook was daar 'n paar DVDs wat moes teruggaan.  Ek kies toe sommer teerpad Graaff-Reinet toe en slat twee vlie met eenslag dood.  Maar kerels, dit was mos maandeinde naweek gewees en die dorp lyk effe beroerd met elke tweede ou wat erg slinger.  Mens moet maar koeskoes ry.

My sake in die dorp is afgehandel en ek drentel so luilekker uit die dorp uit, verby die Van Ryneveld dam, deur die Camdeboo Nasionale park.  Ek maak 'n vinnige stop by die park se Vallei van Verlatenheid hek om te hoor of motorfietse daar mag in.  Ja seg die man, gaaf dan bring ek die 2IB anderdag saam ons koffiestofie en kom kuier ons daar.

Ek ry die mooi Oubergpas uit, sommer teen 'n slakkepas want ek is heel rustig en daar is geen verkeer nie.  Dis net ry vir g'n rede nie, net vir die lekker.

Ek draai af op die Nieu-Bethesda grondpad en stop vir 'n kiekie.  Kan so 'n blink tweespoor na mens roep of hoe?


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_103206_zps0ymvlcxt.jpg)


Doer ver l Graaff-Reinet en die Van Rynevelddam.  Ek kyk vanoggend, en as ons nie goeie damren di somer kry nie, dan gaan sy vlak nog verder sak.  Die wind waai lekker uit Murraysburg se rigting uit maar dis eintlik glad nie t koud nie.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_103142_zpsz1roou5p.jpg)




Ek ry net so 200m en sien toe hierdie "10 green bottles hanging on the draad".  Stop ek weer, handskoene uittrek, afklim selfoon uithaal, kiekie neem.  Maar ek het (amper) heeldag se tyd.  Lyk my dis 'n koedoekruising of iets en die bottels is om hulle weg te fluit of iets,  daar is honderde bottels wat op daai stuk draad hang.  Terwyl ek nog so staan en wilwil water afslaan, kom 'n GP 3-Serie BMW daar verby.  Hy is haastig.  Ek laat hy maar in 'n stofwolk verdwyn voor ek my been lig.




(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_103500_zps62yq6ezg.jpg)




Ek ry verder en dis nie baie lank nie en ek beginne die BMW se stof raakry.  Ek gee bietjie vet dat ek hom kan verbygaan en uit sy stof kom.  Hy ry nou stadiger as gevolg van die spoelslote oor die pad van die week se ren.  Hy trek darem heel links dat ek maklik kan verbykom.  Ek bedank hom en ry verder.  Ek sien 2 motorfietse van vooraf aankom, ek ry stadiger en wilwil nog stop om te gesels maar ek sien die manne op 1200 GSe waai maar issie lus vir gesels nie.  Baai julle  ;D


Ek ry verder, dis 'n pragtige dag om sommer te drentel.  Ek is maar ligtig vir die beton driffies nadat ek laas met my XR650 lekker neer gewetter het.  Orals loop die water en die dammetjies het water in.  Ek stop sommer by Bloukrans plaas se driffie vir 'n paar kiekies.  Net toe ek weer ry kom die man en sy gesin daar verby, Sondag plaas uitstapie.  Die man beloer my nog so asof ek 'n baaiker is maar ek groet hom in goeie Afrikaans en hy glimlag. Skielik is hy lus vir gesels, ek ook.  Hy seg hulle het di week 7mm gemeet maar voorverlede week het hy 'n duim gemeet.  Lekker.  Ons warrawarra nog so 'n stuk voor ons die pad vat.  Lekker om sommer so met vreemdelinge oor gemeenskaplike sake te kan geselsies maak.  

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_110438_zpssv4xm71p.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_110356_zps1suoui3v.jpg)




Di water kom uiteindelik daar by my verby, seker so 70km van hier af.  Siet julle later voggies  :biggrin: :thumleft:

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_110428_zpsv5jcwdzr.jpg)




Riverdene is 'n redelik bekende plaas in die distrik, hy het 'n mooi ligging.  Maar deesdae lyk dit my hulle leef van hulle gebou huurgeld op die dorp.  Daar is nie groot tekens van woelinge hier nie.  Dalk is dit die Sondag.

'n Tipiese Karroplaas.  Mooi man, mooi.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_111253_zpspaflmh3j.jpg)



Die tweespoor klim nou die berge in en oor en die pad is plekplek erg verspoel.  Ek kom twee klonkies tee wat oppad Nieu-Bethesda toe is.  Die wind waai kwaai van voor so hulle hoor my nie.  Ek toettoet hulle en, al is ek nog 'n ent weg, skrik hulle hulselwers amper moeg.  Hulle lag dat hulle rol, ek lag saam en waai die manne.  Wakker wees kerels, die baaikers is oppad.

Verder stop ek weer om sommer oor die berge en dale te tuur.  Ai kerels, dis mooi so in die winter.  Dis harde wreld di maar met sy eie bekoring.  Dis wyd en skoon en oop en stil en ........  Ja, dis sommer Karoo op sy wintermooiste.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_111810_zpsoiyiq2e8.jpg)



Ek stoot aan want dit raak al middagete se kant toe en ek wil nog ontbyt eet by Tannie Ydil hulle se plekkie op Nieu-Bethesda.  Maar wys jou net, 'n man maggie haastig raakie of jy sien jou agterent sonder 'n spiel.  Die afdraendepad is erg verspoel en dit lyk meer na loopgrawe as spoelslote wat dwars oor hom loop.  En daar is baie los klippers.  Na ek myself die tweede keer uitasem geskrik het, slk ek 'n stukkie af. Ek wil ontbyt oppie dorpie eet, nie hospitaalkos nie  :o


Ek stop eers om die mooi ou Kompasberg in sy wit sneeukleed af te neem.  Hou hy geduldig wag oor die fraaie Nieu-Bethesda hieronder  :)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/20150802_112449_zpshtygiote.jpg)





By Tannie Ydil se plekkie aangekom, groet sy vriendelik, bring sommer my gewone koppie tee nog voor ek vra en gaan aan die gesels.  Ek hou van ou mense, hulle gesels lekker en vertel altyd van vervlo dae, van 'n tyd wat verby is.  Ek vra soms so 'n paar vrae om hulle aan te steek dan laat waai hulle en ek luister lekker.  Hulle geniet die vertelling so veel soos wat ek die geluister geniet.

Die platteland is 'n ander plek kerels.  Dis 'n lekker plek waar mens nog mens kan wees en daar samesyn onder mekaar is.

Ek eet t lekker aan my ontbyt.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Nieu-Bethesda%20rit/Tannie%20Ydil%20se%20ontbyt_zpskqah4t1a.png)

Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: subie on August 02, 2015, 04:56:54 pm
Ek wil nog so  middle van die land/karroo deur toer.  :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 04:58:40 pm
Soms as ek so ry Subie, dan wil ek sommer net aanhou ry, verantwoordelikhede verby :-\
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: weskusklong on August 02, 2015, 05:12:38 pm
Ek wil nog so  middle van die land/karroo deur toer.  :thumleft:
Het nou die dag so ń mideldeur toer gehad,slegs Namibia bied ń bietjie weerstand teen die mooi van die Karoo.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Ian in Great Brak River on August 02, 2015, 05:15:57 pm
Mooi geseg die, "Dis net ry vir g'n rede nie, net vir die lekker."

Ja nee, dit is presies daarom dat ons fiets ry in hierdie gedeelte van die mooi land, ek hou so baie daarvan om die ou mense te hoor stories vertel.

Dankie vir die deel.

  8)
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: woody1 on August 02, 2015, 05:17:09 pm
Lekker Johan :ricky:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: BMWPE on August 02, 2015, 05:36:45 pm
 :thumleft:  Lekker
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Jakkals on August 02, 2015, 07:01:39 pm
Nee d@nner bok boer, nou maak jy my somer lus om weer die pad te vat Karoo toe.

Dankie vir die foto's, na die Bosveld bly die Karoo maar my gunsteling.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 07:18:42 pm
Dankie ouens, ja dis maar 'n mooi deel van ons land jong.  Sal interessant wees om te hoor hoekom dit vir julle so bekoorlik is?  Vir my is dit die oopte, stilte en die relatief ongereptheid daarvan.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Jondu on August 02, 2015, 07:26:27 pm
My een seun het Woensdag daardeur getoer op pad EL toe. Julle wereld is altyd mooi.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 07:28:55 pm
My een seun het Woensdag daardeur getoer op pad EL toe. Julle wereld is altyd mooi.

Het hy met 'n motorfiets gery Jondu?
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Jakkals on August 02, 2015, 07:32:36 pm
Dorsland, vir iemand soos ek wat baie stront kan praat maar eintlik 'n baie stil mens is, is daar nie 'n beter plek om jouself te vind en jou gedagtes te laat gaan soos die Bosveld en die Karoo nie.

Vir my is daar niks lekkerder as om alleen deur daai vlaktes rond te ry en die wondere van die natuur te bekyk nie, gaan sit eendag stil op 'n dorre stuk veld en kyk om jou rond en jy sal verbaas wees hoeveel lewe daar om jou is en hoe dit aan gepas is om te kan oorleef.

Diep in die Bosveld is natuurlik my eerste opsie, veral in die aand om 'n vuur met al die nag geluide, ongelukig is dit iets wat jy nie kan beleef as jy in 'n groep is nie.

Ek hou ook baie van geskiedenis en het 'n manier om my daar in te kan leef en waar kan jy nou 'n beter plek kry om dit te doen as in die Karoo of Bosveld.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Jondu on August 02, 2015, 07:34:03 pm
Jip n KLR. Hy het dit baie geniet. Hulle was by Tiekiedraai en het so 15h00 vandag hier aangekom.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 07:35:46 pm
Ou Jakkals, ek dink as ek weer daar in George is moet ek en jy bietjie steaks gaan eet.  Jy en tgg is 2 ouens wat hier oppie forum gesig wys wat anders as wat julle in lewende lywe is.  :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 07:36:27 pm
Jip n KLR. Hy het dit baie geniet. Hulle was by Tiekiedraai en het so 15h00 vandag hier aangekom.

Lekker man!  Hy het seker bietjie koud gekry.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Jondu on August 02, 2015, 07:39:28 pm
Hyt dit nodig Hy is 19. Op daardie ouderdom weet jy mos waar ons was.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Noneking on August 02, 2015, 07:41:12 pm
Mooi fotos Dorsland!
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Jakkals on August 02, 2015, 07:45:20 pm
Ou Jakkals, ek dink as ek weer daar in George is moet ek en jy bietjie steaks gaan eet.  Jy en tgg is 2 ouens wat hier oppie forum gesig wys wat anders as wat julle in lewende lywe is.  :thumleft:

Ek dog dan jy kom eet jou dik aan muffins by die handelaar as jy in George is. :imaposer: :imaposer:



Nee maar ernstig, as jy in die aand alleen om 'n vuur in die genoemde plekke sit voel dit nie of jy alleen is nie, dit voel of die natuur saam met jou sit en wag om met jou te wil gesels.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 07:47:41 pm
Mooi fotos Dorsland!

Dankie N,  ek het my kamera by die huis gelos en kom dit eers agter toe ek reeds oppad was.  Die selfoon moes maar deug maar darem nie t sleg uitgekom nie.


Hyt dit nodig Hy is 19. Op daardie ouderdom weet jy mos waar ons was.

Ja wat, op daardie ouderdom brand die hormone mos ho vlamme dan voel mens mos nie die koue nie.  :biggrin:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 07:50:35 pm
@Jakkals: Ja, soms is dit nodig om al die geraas - binne en buite 'n ou se kop - vir 'n ruk lank net doodstil te maak, sommer keelaf te sny dat mens weer die sin van die lewe kan hoor.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: weskusklong on August 02, 2015, 07:52:08 pm
Dankie ouens, ja dis maar 'n mooi deel van ons land jong.  Sal interessant wees om te hoor hoekom dit vir julle so bekoorlik is?  Vir my is dit die oopte, stilte en die relatief ongereptheid daarvan.
Het in 1989 as kabellasser die Poskantoor bedank en begin druiwe smous vanaf die Kaap na Welkom.
Due 1600 Isuzu en 1.5ton druiwe wou net nie meer as 80km/h haal nie,op daai tydstip het ek nog nie baie langpad gery nie.
Die gedeelte deur die Karoo was vir my verskriklik sieldodend,veral daai elke 10km bordjies,het toe maar besluit om die bordjies te ignoreer en anderpad te kyk as hulle nader kom.
Dit was toe dat ek begin mooi kyk het na die sogenaamde niks,na vele trips het ek net verslaaf geraak aan die Karoo met sy stilte en die baie tyd om te dink.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 07:54:18 pm
Ek dink hier is 'n paar ouens oppie forum wat 'n lang nag kan kortpraat met hulle lewensverhale Weskusklong.   :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: weskusklong on August 02, 2015, 07:56:20 pm
Ek sit voor die kaggel :ricky:
Brand net ń klein fortuintjie uit aan sekelbos. :imaposer:
Title: Re:
Post by: Morn660z on August 02, 2015, 08:01:57 pm
Lekker man lekker. Die Karoo met jou fiets is terapeuties.

Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Bokveld on August 02, 2015, 08:02:20 pm
   Daai bult voor Nieu-Bethesda het my amper laat afklim voor ek kon stop op ons onlangse trip.Riverdene is n mooi plaas.My ou vriend gaan elke jaar daar jag.Dankie vir die saamry.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 08:05:11 pm
  Daai bult voor Nieu-Bethesda het my amper laat afklim voor ek kon stop op ons onlangse trip.Riverdene is n mooi plaas.My ou vriend gaan elke jaar daar jag.Dankie vir die saamry.

Jitt Bokveld, my oge was groot voor ek gebriek kon kry  :o  Boer daai mense nog op Riverdene of effe afgetree nou?
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: JMOL on August 02, 2015, 08:34:35 pm
Dankie Johan - kiekies is mooi.  So 'n trippe net vd lekker daarvan is darem baie lekker.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Casting from Turd on August 02, 2015, 09:18:15 pm
Soms as ek so ry Subie, dan wil ek sommer net aanhou ry, verantwoordelikhede verby :-\


Daai Tannie Ydil


Is sy die selle tannie wat daai inglse ou se boeke vertaal?
Title: Re:
Post by: Dorsland on August 02, 2015, 09:34:25 pm
Einste sy ja, al Athol Fugard se boeke vertaal.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: gwild on August 02, 2015, 09:49:51 pm
Nice RR and pics thx for sharing  :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: NoRush on August 02, 2015, 10:30:54 pm
Dorsland, ek ruik daai breakfast van die Tannie. Gil my maag nou vir n eet dingetjie.... Dankie vir die fotos.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: woody1 on August 03, 2015, 07:03:44 am
Dis hoekom ek ook nie Bluetooth en intercom in my helmet soek nie.  As ek ry DINK ek aan al die mooi en NIKS kom tussen in en ruk my uit my mooi gedagtes nie....

OK ek sing vir myself as ek so alleen ry..  :ricky:
Title: Re:
Post by: Casting from Turd on August 03, 2015, 07:06:28 am
Einste sy ja, al Athol Fugard se boeke vertaal.

Dissie ingelsman waarvan ek Praat.

Daai auntie praatrie baie nie maar die Oom... iiyhoo.... He ken praat :peepwall:
Title: Re:
Post by: Dorsland on August 03, 2015, 07:14:02 am
Ja oom Niel kon mens se oor behoorlik kou maar hy raak nou baie oud en sy kop vat nie meer lekker nie. Hy is deesdae baie min hy hulle plekkie.

Ek kan nou my ontbyt eet voordat dit koud is ;)
Title: Re:
Post by: Dorsland on August 03, 2015, 07:16:01 am
Woody, dis presies hoekom ek nie met allerhande tierlantyntjies wil ry nie. Dis die vryheid van 'n skoon en oop kop.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: pietas on August 03, 2015, 07:29:39 am
Dis darem maar 'n prgtige landskap daai. Jy is voorwaar bevooreg
Title: Re:
Post by: Casting from Turd on August 03, 2015, 07:47:20 am
Ja oom Niel kon mens se oor behoorlik kou maar hy raak nou baie oud en sy kop vat nie meer lekker nie. Hy is deesdae baie min hy hulle plekkie.

Ek kan nou my ontbyt eet voordat dit koud is ;)

Ag no man.  He is such an awesome gentleman  :eek7:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Lem on August 03, 2015, 09:04:25 am
Lieflike dagtrip  :thumleft:

dankie vir die deel
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on August 03, 2015, 04:31:48 pm
Athol Fugard

Dorsland toe jy ons laas kom haal het in Nieu-Betesdha toe loop oom Athol aan die linkerkant
van die pad net soos ons die dorp uit is.

Ek moet nog jou wreld kom platry. :deal:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 03, 2015, 05:28:36 pm
Dis reg Chris,  ketel is oppie stoof, ons wag vir julle. :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: XRRX on August 03, 2015, 08:37:25 pm
Ja nee - as 'n man wil ry dan wil hy ry!!  :biggrin: :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Tiger8 on August 03, 2015, 09:51:06 pm
Dorsland, daai wereld van jou is bitter mooi en NB is n lekker plekkie om te verken, ken n paar gawe mense daar. Ek en Ant is in die Herfs, net na Mighty Men daar deur, die goue blaar bome was ongelooflik mooi. Sal more prentjie pos, as dit met jou reg is.

Jondu, ek het alby jou seuns by Tiekiedraai ontmoet, gawe kerels, jy moet n trotse pa wees  :thumleft:





 
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: VaalBaas on August 04, 2015, 05:54:53 am
Ek jeuk om 'n draai te ry, hier in ons Ceres Karoo in, sommer teen Ouberg te slaap......... en dan moet ek treads soos die lees.  ;D

Dankie vir die RR Dorsland en al julle ander se kwylende geskrywe oor die stiltes. September is ek losjong, dan moet die wiele bietjie rol. :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Tiger8 on August 04, 2015, 11:22:21 am
So paar foto's van Nieu Bethesda in die Herfs tyd.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Warren Ellwood on August 04, 2015, 11:29:52 am
Very nice Dorsland.

Another place to write on my ever growing list of places to see in SA.

By my estimates, I only have 2184 weekends left, so something has got to change soon in my life so I can get started on my list proper.

Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 04, 2015, 01:38:51 pm
Sjoe Tiger8 dis darem mooi die herfskleure!  Daar langs die N9 tussen Middelburg en die Lootsbergpas is mos 'n plaas by name Mazeppa wat sulke pragtige populierbome het wat verander van groen na oranje na geel and dan kaal. En selfs die kaal bome is bitter mooi.

@Vaalbaas:  Ek het ook so gejeukery gehad en toe maar gery al was die vooruitsigte koud gewees.  Toe is dit glad nie so erg nie.  Soos XRRX s, as 'n ou wil ry dan wil jy ry.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 04, 2015, 01:41:10 pm
Very nice Dorsland.

Another place to write on my ever growing list of places to see in SA.

By my estimates, I only have 2184 weekends left, so something has got to change soon in my life so I can get started on my list proper.



So if I look at your profile = 48 years old plus another 42 years to go (2184 weekends) then you will still be riding by age 90  :thumleft:  Try not to leave the Kaokoland and Tankwa bucketlist items 'til last  >:D :lol8:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Warren Ellwood on August 04, 2015, 02:25:41 pm
Very nice Dorsland.

Another place to write on my ever growing list of places to see in SA.

By my estimates, I only have 2184 weekends left, so something has got to change soon in my life so I can get started on my list proper.



So if I look at your profile = 48 years old plus another 42 years to go (2184 weekends) then you will still be riding by age 90  :thumleft:  Try not to leave the Kaokoland and Tankwa bucketlist items 'til last  >:D :lol8:

What, so we can't ride till the end? Why has nobody told me before  :imaposer:.

That's okay, I have a back up plan, formed when I was suffering from a rather bad case of BPPV caused by an accident on my enduro bike. I had no balance for months. At some point when I was feeling quite down about not being able to ride, or rather not being able to ride properly, because I did try, my wife caught me in the garage with some tyre marking chalk.

I was busy making large lines on my 4x4, because I was going to chop it, or make a pipe car out of the cab part. Why she said, and the answer was that if I couldn't ride again, at least I could go out into my favorite places and at least have part of the feeling a bike gives you, hell I could even wear a helmet  ;).

Funnily enough, a 10 day bike trip to the 2013 Eco in East London and back sorted my ears, and saved my truck  :biggrin:.
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: maximas on August 04, 2015, 04:05:22 pm
Was self daar vir n troue laas jaar baie interisante dorp en mooi omgewing ,het ontbyt  by daai plek geeet waar tiger88 die foto geneem het
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: tgg on August 04, 2015, 08:40:24 pm
Jip n KLR. Hy het dit baie geniet. Hulle was by Tiekiedraai en het so 15h00 vandag hier aangekom.

Ek gaan weer vanaand dink en dink terwyl ek probeer slaap. Daardie ooskaap is net anders
Title: Re: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Dorsland on August 04, 2015, 08:46:24 pm
Was self daar vir n troue laas jaar baie interisante dorp en mooi omgewing ,het ontbyt  by daai plek geeet waar tiger88 die foto geneem het
Was dit die een waar hulle die marquistent sommer so in die hoofstraat staangemaak het?
Title: Re:
Post by: Dorsland on August 04, 2015, 08:47:50 pm
@tgg: Ek steek die seer dat jy ons met jou onlangse besoek misgery het, maar diep weg. ;)
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Hinksding on August 04, 2015, 09:36:48 pm
Hey Kirooboer. Hou op dweep en gooi nog prentjies!!! :binkybaby:
Title: Re:
Post by: Dorsland on August 05, 2015, 06:23:49 am
Bwhahaha, jy moet mooi met my praat, ons het tog meer ren as julle gekry. Netnou wil jy weiding kom huur dan wil ek nie lelike gedagtes kry nie :)
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: VaalBaas on August 05, 2015, 06:35:57 am
Sjoe Tiger8 dis darem mooi die herfskleure!  Daar langs die N9 tussen Middelburg en die Lootsbergpas is mos 'n plaas by name Mazeppa wat sulke pragtige populierbome het wat verander van groen na oranje na geel and dan kaal. En selfs die kaal bome is bitter mooi.

@Vaalbaas:  Ek het ook so gejeukery gehad en toe maar gery al was die vooruitsigte koud gewees.  Toe is dit glad nie so erg nie.  Soos XRRX s, as 'n ou wil ry dan wil jy ry.

As ek die storie so kyk, dink ek die verskil l in dit dat julle in die mooi en tussen die grondpaaie bly. Die eerste 100km teer  het my nek so styf, maar dan ontspan alles. Was Sondag lus vir ry, maar my gemoed wou nie om die stuk teerpad dink nie en ek was nie lus vir jaag nie. Ek moes weer 16h00 by die huis wees. Nie 'n goed genoeg rede nie, ek weet, maar dis maar hoe dit was.

Moes die seker onder Rants pos, want ek was bietjie opgewerk daaroor :xxbah:
Title: Re:
Post by: Dorsland on August 05, 2015, 06:52:47 am
Ek stem, die feit dat daar nie 'n stuk teer "commute" is voor ek grondpad kry, tel vir baie.

Vakansietyd, as die manne met alle mag en geweld net by die see wil uitkom, dan raak daai N9 lewensgevaarlik en wil ek glad g'n niks met hom te doen h nie. As ek met die bakkie dorp toe ry, dan ry die ouens bo oor mens om voor te kom.
Title: Re:
Post by: Casting from Turd on August 05, 2015, 07:05:07 am
Ek stem, die feit dat daar nie 'n stuk teer "commute" is voor ek grondpad kry, tel vir baie.

Vakansietyd, as die manne met alle mag en geweld net by die see wil uitkom, dan raak daai N9 lewensgevaarlik en wil ek glad g'n niks met hom te doen h nie. As ek met die bakkie dorp toe ry, dan ry die ouens bo oor mens om voor te kom.

Kook hom daai ketel?
Title: Re:
Post by: Dorsland on August 05, 2015, 07:09:59 am
Stoof brand, ketel kook. Is jy oppad?
Title: Re:
Post by: Casting from Turd on August 05, 2015, 07:13:03 am
Stoof brand, ketel kook. Is jy oppad?

Sommer fokken lus on te ry................. Moet eers sien my kinders is ok  vandag

Sal laat weet
Title: Re:
Post by: VaalBaas on August 05, 2015, 07:18:56 am
Stoof brand, ketel kook. Is jy oppad?

Sommer fokken lus on te ry................. Moet eers sien my kinders is ok  vandag

Sal laat weet

Maak soos Twe Twe en doen daai RIP trip vandag. Gaan goeie tyd in die saal wees :thumleft:
Title: Re: Watse sneeu!? Ek gaat ry .....
Post by: Tiger8 on August 05, 2015, 11:23:56 am
Sjoe Tiger8 dis darem mooi die herfskleure!  Daar langs die N9 tussen Middelburg en die Lootsbergpas is mos 'n plaas by name Mazeppa wat sulke pragtige populierbome het wat verander van groen na oranje na geel and dan kaal. En selfs die kaal bome is bitter mooi.

@Vaalbaas:  Ek het ook so gejeukery gehad en toe maar gery al was die vooruitsigte koud gewees.  Toe is dit glad nie so erg nie.  Soos XRRX s, as 'n ou wil ry dan wil jy ry.

Ek en Ant het laat middag daar verby gery, ek wou stop maar tyd het aangestap om by KMM uit te kom. Ant het mooi foto's geneem van die bome op die plaas, die het in die laat middag Son soos vloeiende goud gelyk............heel onbeskryflik mooi en geen foto kan die ware prag wys nie.

Die is darem n mooi wereld van ons :thumleft: