Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Noneking on September 27, 2015, 03:12:37 pm

Title: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 27, 2015, 03:12:37 pm
4 jaar gelede l ek vir 3 maande in met gefraktuurde rugwerwels in die bed na n ongelukkie met my trapfiets op my voorstoep (moenie vra nie..) Die boodskap was duidelik: hierdie trapfiets storie is bitter gevaarlik en ek sal dringend n veiliger hobby moet soek.. Enter Dwerg. Hy kom l langs my op die bed tydens n kort besoek om te kom kyk of ek oraait is (soos van n jonger boetie verwag word). Hy maak die laptop oop en stel my voor aan hierdie forum. Ons soek bike in Trade, Buy and Sell en kort voor lank het ek weer 2 wiele.

 In die 3 jaar sedert ek terug is op motorfietse, het ek en Dwerg by 2 of 3 geleenthede kans gehad om saam te ry vir n oggend. Dis n skande en ek ons moes iets omtrent dit doen.

Laaste keer wat ons behoorlik saam gery het

Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 03:21:14 pm
Na jare se smeek en soebat besluit Dwerg hy sal bietjie saam sy Ouboet in die Laeveld kom bike ry. Ek is effe benoud oor die ryery saam met kleinboet, hy het aansienlik meer ervaring as ek as dit kom by die hantering van twee wiele van die teer af en my grootste bekommernis is dat hy hom dood verveel terwyl ek met my "groot bike" by die KTM probeer hou.  Die groot dag breek uiteindelik aan ek ons kom ooreen om mekaar op Braaidag in Dullstroom te ontmoet vir ontbyt. Ek is vroeg uit die vere en besluit om die roete waarop ons moet terugry te recce aangesien dit die vorige nag lekker gestorm het in die Laeveld.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/b39df9c883824f03cf268f3e11a09a11.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/ceb029c3de737899b0b712c24bf10abb.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/6e9fb06122a8d037a9573c62677ca65a.jpg)

EK vorder flink en terwyl ek koffie drink op Lydenburg kry ek boodskap wat s hulle (Gryshond het hom vergesel tot in Dullstroom) is naby.
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: subie on September 27, 2015, 03:27:58 pm
Te veel bike vir my maar die HP lyk maar net goed :thumleft:
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: COLES on September 27, 2015, 03:37:53 pm
mooi baie mooi
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 03:43:40 pm
Lekker geet en gekuier op Dullstroom en nadat ons Gryshond gegroet het vat ons die pad terug Nelspruit toe. Net buite Dullstroom draai ons af op n lekker grondpad om die bloedsomloop aan die gang te kry. Net genoeg om n ou wakker te hou na die lekker ontbyt en koue verversings.
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 03:53:31 pm
Kort stukkie teer tot by Lydenburg waar ons weer die grond slaan. Van hier grondpad tot by Sudwala grotte, stof is dik en daar is baie bobbejane en ape in die pad. Mokobulaanpas en Wonderkloof tot by Sudwala. Fantastiese natuurskoon, mooi uitsigte en die pad is redelik onlangs geskraap. Teen die tyd wat ons by Sudwala aankom is dit bitter warm in die Laeveld en drink ons 'n vinnige bier by die kroeg.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/4a61441245745f59d9419c2dc84975d4.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/e338b11e9e5a38d5a596d51fb71b4140.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 04:01:43 pm
Toe ons uitloop by Sudwala  vra ek baie diplomaties vir Dwerg of ek dalk miskien asseblieftog as dit OK is met hom 'n ent op sy 690 kan ry..... Die opklim voel dadelik vreem en ek voel soos 'n reus op die klein fiets. Die warm lug piets my linker binnebeen en ek sweer die sitplek makeer iets, maar Bliksem, daai 690 ry soos 'n ding op spore op die grond. Ons is pas is dadelik vinniger en ek het baie meer selfvertroue op die 690 as die HP2. In die truspieltjie sien ek 'n prentjie wat min of meer soos my avatar lyk....... :pot:

Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 04:13:45 pm
Ons ry die laaste ongeveer 30km grond via Mount Carmelpas tot in 'n lekker warm Nelspruit en sluit die dag af met 'n lekker "bosbraai" by my huis.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/b6b955cf935a57b2f157666dec6757c4.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 04:27:16 pm
Volgende oggend is ons bietjie stadig uit die blokke en dit is reeds lekker warm teen die tyd wat ons aan die gang is. Hilltoppas rigting Barberton en vandaar Noordkaap grondpad langs die Noordkaap rivier en dan R38 langs Suidkaap rivier na Louisville. 'n Lekker entjie se ry teen Low's Creek rivier en dan Shiyalongubopas tot by uitkykpunt oor die vallei.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/7ca1a13e4845b0ec76c0088892b0cf8d.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/e76e870cc82dc80a20a7444ca52e4ec5.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/619dd195b4445c318a38750f0af59639.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/cc347ef065368f97954f49a4c37e8b29.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 04:40:16 pm
Vanaf die uitkykpunt volg ons die bosbou paaie verby Shiyalongubudam tot waar dit aansluit by die Josefsdal teerpad. Groot pret op die eindelose draaie en modderpoele met lekker slides en speel tot ons by die teer uitkom. In Barberton kry ons vir BUD500 en Dookie en hulle vrouens vir brunch voor hulle vertrek Swaziland toe vir die naweek.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/b39dcb097801ab7ed14ebc3a58627784.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/d3f48b8d394a7487e0701e1117d568e6.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/46d2d3d36357eccacf2e9824ed9e5bc7.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: SchalkL on September 27, 2015, 04:49:36 pm
Jissie dit lyk lekker. Beplan bietjie weer daai trippie innie nuwe jaar dan vat jy 'n paar van ons saam.  :3some:
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: fcprinsloo7@gmail.com on September 27, 2015, 04:53:49 pm
Lieflik! Ek kom dinsdag dullstroom en omliggende areas beter leer ken. Nice trip! Dankie vir die skryf!
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 04:56:45 pm
Van Barberton ry ons na Kaapsehoop waar Dwerg dadelik ongelukkig lyk toe hy sy helmet afhaal. Die Akrapovic op sy KTM se rivets het los vibreer, carbonfibre endpiece is verlore en die titanium is gekraak. Die KTM maak 'n helse lawaai en hy s net daar die naweek is verby...... :eek7:

Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:05:41 pm
Hierna volg 'n middag van rondjaag tussen bikeshop en werkswinkel.......

Ek oortuig Dwerg om na naaste bikeshop te ry om vir hulp te vra. Mier by Two Cousins Bikeshop verwys ons na Havoc Racing net buite Witrivier. Juan maak die pyp reg so goed hy kan terwyl ek en Dwerg ons vergaap aan al sy projekte, insluitend 'n BMW K1600GTL motor wat in 'n chopper gebou word! :3some:

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/eb8999ad08313eccafc5b3e00cb89b62.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/d4b069413b51455604061843b89efae8.jpg)

Juan roskam vir Dwerg omdat hy nie lube op sy ketting gebruik nie en in die proses sien ons die KTM se sprockets is op hulle laaste. Met so bietjie paaiwerk word Dwerg oorreed om die sprockets te vervang sodat ons Saterdag saam met Thomas Bhm van Sabie Valley rider Academy na Mariepskop kan ry. Ons ry terug na Two Cousins waar daar gou voor 5 uur 'n stel sprockets en ketting op die 690 gesit word.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/591630a98ba2557096c5f267ad522475.jpg)

Gun Gum van Midas om die klein gaatjie toe te smeer op die Akra

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/3142846620ecfaf04caade582334a31d.jpg)

Ons sluit weer die dag af met 'n lekker bosbraai......

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/152aeb582599b7a4ac1b8e61ee1c3f35.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:20:09 pm
Saterdag is ons weer vroeg om vir Thomas Bhm (GS Trophy) en twee ander manne, Graig (KTM 990) en Addie (GSA LC) (nie seker of hulle WD's is nie) op Hazyview te ontmoet. Na 'n paar lekker koffies is ons oppad Mariepskop toe. Eerste entjie teer rigting Graskop en ons stop om bande af te blaas waar ons op die grondpad klim.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/c5ee693521eefa04da90cc36ef808aa4.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/f35ed56144f685cb54d220bdc81a838a.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:25:27 pm
Weereens beeldskone roetes deur die Laeveld

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/4a19554c907439c57663b82410da7c83.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/7c6861595322b2f7bc0644a92385c4b2.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:27:16 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/6a7f28d255acb66a3d02d0da39e6cc8a.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/30455044954dfd8f0b2fc7ffc24fbd40.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:29:07 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/a3b4cee37f1f9fd71da99246df3b356b.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/6ff74045339bd05b720e5aff215b3d84.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:31:24 pm
Te veel bike vir my maar die HP lyk maar net goed :thumleft:

 :3some:

Lieflik! Ek kom dinsdag dullstroom en omliggende areas beter leer ken. Nice trip! Dankie vir die skryf!

Kyk bietjie na daai grond loops rondom Dullstroom - baie pret!
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:31:50 pm
Jissie dit lyk lekker. Beplan bietjie weer daai trippie innie nuwe jaar dan vat jy 'n paar van ons saam.  :3some:

 :thumleft:
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:32:20 pm
 :thumleft:

mooi baie mooi
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: chopperpilot on September 27, 2015, 05:35:09 pm
Lyk of julle pret gehad het!

Ons het ook met 'n 990R en LC GSA dieselfde roete gery.

So hier en daar 'n paar van jul wintie strepe gesien!

Ons het eers gaan swem en piekniek by die piekniekterrein, voor ons Mariepskop toe is.

Sent from my iPad using Tapatalk
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 05:36:29 pm
Lyk of julle pret gehad het!

Ons het ook met 'n 990R en LC GSA dieselfde roete gery.

So hier en daar 'n paar van jul wintie strepe gesien!

Ons het eers gaan swem en piekniek by die piekniekterrein, voor ons Mariepskop toe is.

Sent from my iPad using Tapatalk

Jammer ons julle gemis!
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on September 27, 2015, 05:56:59 pm
Sal darem graag wil weet hoe die Noordkaap rivier sy naam daar gekry het?

Kan Dwerg nie sien die Akra se endcap lees FOR RACING ONLY nie? ;)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Dwerg on September 27, 2015, 05:59:27 pm
Ja dis seker waar ek fout gegaan het Chris  :lol8:

Jy moet laeveld kom ry. Ek kan nie glo ons ry al vir jare kaap toe om lekker paaie te kry terwyl hier so baie awesome paaie sommer hier naby ons is nie
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 06:08:45 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/e53a219bfa295c9937008ca357f059aa.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/4aeff75aeb9754733c17d947e3d9a659.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 06:11:49 pm
Sekere areas lyk nogal baie soos Baviaanskloof met natuurlike woude en stroompies wat gekruis word.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/f2a3bd1ca620e8de4de2d75cef294ee5.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/061cd07d5fba492cd9b76d9f47977191.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 06:29:55 pm
En toe tref die noodlot........ :patch:

Ek en Thomas staan en wag by 'n afdraai en eet solank 'n suiglekker. Ons hoor die gebrom van KTM's in verte, maar dan raak dit stil. Wag nog 'n paar minute, maar niemand daag op nie. Ons draai terug en kom by die res aan waar Graig met die 990 sy voorwiel laat gly het teen afdraende by skerp draai en  het en soos 'n sak patats aarde toe gekom het. Die man is duidelik in pyn en kan nie verder ry nie. Hy word agterop Thomas se GS gelaai en ons ry met hom na waar daar koelte is verder op in die pad. ATGATT word uitgetrek en dit lyk soos AC joint wat seergekry het (X-strale in Nelspruit het later gewys die sleutelbeen is gebreek). No laughing matter, maar Dwerg wat op die 990 daar aankom en sukkel om 'n voet op die grond te sit is hilarious.... :imaposer:

Thomas is baie koel en kalm en kry dadelik 'n plan van aksie. Ek neem Graig se 990 na naaste bosboustasie vir bewaring. Die HP2 word agtergelaat in die koelte.  Thomas pillion vir Graig terug na die Windmill cottages Hazyview, vanwaar Graig hospitaal toe kan gaan per motor na Nelspruit. Ek pillion vir Dwerg op die 690 terug na waar die HP2 staan (moes ook nogal snaaks gewees het, maar geen fotos` :ricky: :ricky:).

Thomas verseker ons dat hulle gaan regkom terug huistoe en moedig ons aan om die roete te voltooi.

Vlaggie op kaart is waar die manne wegdraai na Thulamahashe vir die "reddingspoging"

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/befa76ffc989dc003a45e6762a242bd3.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 06:46:00 pm
Dis 'n kort entjie vandaar na Mariepskop en kort voor lank staan ons by die hek om permit te koop. Dit is bloediglik warm en die verligting soos wat ons hor klim na bopunt is baie welkom. Die uitsigte van bo is regtig ongelooflik en ek kan nie glo dit is my eerste besoek na Mariepskop in die 15 jaar wat ek al in die Laeveld woon nie.... :patch:

Ek het ernstige hoogtevrees en staan maar op 'n afstand vir Dwerg en afneem.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/cc1468c9a18b93207e265ea4950f02fd.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/276184beb8ecac62c7a70457597f0b7d.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/69aa717d253c60bd47d548841ee618c9.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on September 27, 2015, 06:47:07 pm
Dwerg wat op die 990 daar aankom en sukkel om 'n voet op die grond te sit is hilarious.

Sal ek ooit vergeet hoe Dwerg Stoetie se bike park vir die groepfoto by die Snowvalley bash!! Nie een van sy twee voete kon grond raak.
In sy defence daai R's is blerrie hoog en net een van my tone kan op n slag grond raak. :deal:
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 06:51:40 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/d1d71e2c08a507514f96754b75ad9831.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/4213027d437a535bd9a4b17fcf590f14.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/2772e12ccbf00cf8bd515276325b065d.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 06:56:15 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/ef4cce11736639c149f602b4a4515bf0.jpg)

Agterkant van Drie Rondawels

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/711b3484a20cf0b4c76888175d4743a1.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/df227e46ac9b4391abed6f481c37a802.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:01:19 pm
Ons het reeds heelwat tyd verloor en ons moet vinniger weer teen die berg af as wat ons graag sou wou.....

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/d51867d26d65d464483fd22d65fde702.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/6a96c355501c7b26255e5101cb3685e1.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/f5cdcee436fec027e26c51499d202390.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:02:16 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/c6c76c383fa144b9f20c23245e7a163c.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:06:24 pm
Teen die tyd wat ons in Klaserie aankom is dit bloediglik warm! Ek gooi petrol en Dwerg nael vir koelte op die stoep. Hy wil 'n roomys koop  :eek7: :eek7: en ek dink vir 'n oomblik die kind het sonsteek. Dit vat hom egter nie baie lank om te besef die plek verkoop bier nie... :imaposer:

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/0a9e00ca4e6462153e2a0ebee0cbd595.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/3f6ee8deb0f3fcdc0eb5ffc16b9b1bef.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:09:17 pm
Die petroljoggie vra dat ek in die "kantoor" kom betaal.... :patch:

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/ae894194bc44f975cc766c16c6812014.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: woody1 on September 27, 2015, 07:10:47 pm
Lekker manne.
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:12:55 pm
Van hier is dit 'n moordende ent teer via Abel Erasmuspas en die Strydomtonnel na Blyderivierpoort. Die  mense ry soos swape en dis 'n uitmergelende rit tot by die uitkykpunt by Drie Rondawels. Mens kan Mariepskop duidelik sien en die 100 odd km wat ons moes ry om die anderkant van die Drie Rondawels te sien maak amper nie sin nie..... :peepwall: Volgens Basecamp is die twee uitkykpunte 7,8km uitmekaar soos kraai vlieg....

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/11516840d889f50bde14a81dc949c168.jpg)
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:24:08 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/7917483072592ef972cb1a0a0b42511e.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/3e9638c3afa1c5805722c57086cd62d5.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/680924cb7fe5a8b3ff970a589310b064.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:37:00 pm
Van Drie Rondawels uitkykpunt is dit net ń kort trippie na Potluck Boskombuis. Die plek is gepak met buitelandse besoekers en ons is tevrede om eenkant te staan met ń koue Zamalek en ons agterstewe ń ruskans te gee

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/8715bb914afc1fb6886bae0881d9bf9a.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/e397420590bc70ac44e442b8cc5712d0.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/e4e7603ba242947b3e77555ac0f322de.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/849736b1cedf5cf6307a2087dee66647.jpg)

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/8ea77519c25b5db39e1d3b362f561f75.jpg)
Title: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 27, 2015, 07:41:01 pm
Dan is dit weer 'n vinnige 50km op teer via Graskop na Sabie. Altyd 'n lekker stukkie pad op 'n bike..... Die HP vra weer petrol in Sabie en net buite Sabie neem ons weer grondpad na Hendriksdal en klim by Artist's Cafe weer vir 'n kort wyle op teer.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/0edef44ff87f43a08216c662df1af397.jpg)
Title: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 27, 2015, 08:15:41 pm
Die plan is om met bosbou paaie terug die berge in te gaan tot by Brondal pad, maar die onlangse storm het groot dennebome in die pad omgewaai. Eerste een wat ons teekom kan ons die fietse oorry, maar die tweede een l regoor pad op skouers en "hang" in die lig. EK en Dwerg voel beide dat ons nie gaan oorkom nie. Die boom is swaar en kan nie geskuif word nie. Ons moet ongelukkig omdraai en terugry teer toe........... en weer oor die eerste boom.

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/ccaf14eb607ff1b3496c146933bb035c.jpg)
Title: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 27, 2015, 08:19:34 pm
Ons trek nog vir oulaas 'n paar strepe op die agterpaadjies huistoe en so kom 'n great naweek saam met my kleinboet tot 'n einde......

(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/85453c2856cb872ca894d41f7191d0be.jpg)
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Dwerg on September 27, 2015, 09:02:14 pm
Lekker trip gewees dankie. Dis jammer om te hoor van Craig, nie gedink dis so ernstig nie
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Casting from Turd on September 27, 2015, 09:10:55 pm
Awesome to see 2 boets riding together
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Xchallenge on September 27, 2015, 09:30:14 pm
Lekker RR gents and some lekker photos too! Nice one.
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 27, 2015, 09:36:17 pm
Awesome to see 2 boets riding together

 :3some:

Lekker RR gents and some lekker photos too! Nice one.

 :thumleft:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: KarooKid on September 27, 2015, 09:44:04 pm
Hoe lus maak jy my nou vir ry.
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Dwerg on September 27, 2015, 09:56:07 pm
Lieflik! Ek kom dinsdag dullstroom en omliggende areas beter leer ken. Nice trip! Dankie vir die skryf!

Daai grondpad wat ons gevat het net buite Dullstroom is lekker. Probeer hom in werk
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 27, 2015, 10:23:46 pm
Hoe lus maak jy my nou vir ry.

Maak myself ook weer lus......
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Master Beerkie on September 28, 2015, 07:37:24 am
Lekker jaloerse RR  :thumleft:
Bly om te verneem Dwerg het nie die buitelandse besoekers by Drie Rondawels ge-'harrasment' nie   :pot:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: DirtRebell on September 28, 2015, 07:59:31 am
Lekker RR julle.
Voorreg om saam te kan ry en die wreld te geniet.
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Draadwerk on September 28, 2015, 08:15:32 am
Lekker man - julle maak my lus vir ry. Dankie vir die deel  :thumleft:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Wooly Bugger on September 28, 2015, 08:26:45 am
 :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Skim on September 28, 2015, 09:09:56 am
Lekker manne!!

EK moet s die RR's wys elke keer nog 'n stukkie van ons pragtige land wat mens nog wil gaan kyk! Dankie vir die deel - waardeer.
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Mantis on September 28, 2015, 09:24:24 am
Lekker RR en fotos, dankie dat jy dit met ons deel.
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Kykdaar on September 28, 2015, 09:25:49 am
Great report en dankie vir die insluit van die roete :thumleft:

Hoop om dit ook eendag te kan gaan ry.

Lekker as die broers so n bietjie kan saamry.
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: chopperpilot on September 28, 2015, 10:34:02 am
Ons het dieselfde roete as julle terug na Nelspruit van Mariepskop gevolg.

By Klaserie was die winkel besig om toe te maak, en het ons toe 'n koue een langsaan by die "Timbuktu Pub & Grill" geniet.

Fantastiese "twisties" om die bande weer rond te maak, en die musiek van die 990 se 'Wings" in die JG Strijdom Tonnel!

Ons was die vorige dag by die "Boskombuis". Dis 27km Noord van Graskop. Hoogs aan te bevele!
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Onetime on September 28, 2015, 11:37:09 am
Dankie vir die deel, baie jaloers. :ricky:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: ClimbingTurtle on September 28, 2015, 11:49:03 am
Jirre, ek wil met julle daar kom ry - baie Lekker - Julle kan somer 'n toer aanbied!!!

My mense is die voorige einaars van The Artist Caf daar in Hendriksdal, baie uure daar gekuur!
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Dwerg on September 28, 2015, 12:16:21 pm
(http://images.tapatalk-cdn.com/15/09/27/2772e12ccbf00cf8bd515276325b065d.jpg)

Ja julle spot lekker maar kyk waars my hand hier in vergelyking met my binne been. Die bikes is vir my groot man  :lol8:

Jirre, ek wil met julle daar kom ry - baie Lekker - Julle kan somer 'n toer aanbied!!!

My mense is die voorige einaars van The Artist Caf daar in Hendriksdal, baie uure daar gekuur!

Ek gaan seker maak ek ry baie meer in die laeveld. Vir ons gautengers is daar min ander opsies om gou vir 'n naweek sulke mooi plekke te gaan ry
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 28, 2015, 12:59:47 pm

My mense is die voorige einaars van The Artist Caf daar in Hendriksdal, baie uure daar gekuur!

Dit het onlangs weer oopgemaak nadat die vorige eienaars jare terug daar vermoor is. Ek was nog nie daar sedert dit weer oop is nie.  Familie van jou gewees?

Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Toffie@2 on September 28, 2015, 01:09:14 pm
Baie lekker RR Noneking!

Hom net so geniet soos al jou voriges! :thumleft:
Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: dookie on September 28, 2015, 02:19:00 pm
Vanaf die uitkykpunt volg ons die bosbou paaie verby Shiyalongubudam tot waar dit aansluit by die Josefsdal teerpad. Groot pret op die eindelose draaie en modderpoele met lekker slides en speel tot ons by die teer uitkom. In Barberton kry ons vir BUD500 en Dookie en hulle vrouens vir brunch voor hulle vertrek Swaziland toe vir die naweek.
Say what?
Niemand sal drink as ek by is nie.............

Title: Re: Petoorse op Laeveld patrollie
Post by: Noneking on September 28, 2015, 03:07:38 pm
Vanaf die uitkykpunt volg ons die bosbou paaie verby Shiyalongubudam tot waar dit aansluit by die Josefsdal teerpad. Groot pret op die eindelose draaie en modderpoele met lekker slides en speel tot ons by die teer uitkom. In Barberton kry ons vir BUD500 en Dookie en hulle vrouens vir brunch voor hulle vertrek Swaziland toe vir die naweek.
Say what?
Niemand sal drink as ek by is nie.............

Plaas neem jy daai lekker pizzas af.... :peepwall:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 28, 2015, 03:07:57 pm
Baie lekker RR Noneking!

Hom net so geniet soos al jou voriges! :thumleft:

Baie dankie!  :thumleft:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: ClimbingTurtle on September 28, 2015, 03:27:10 pm

My mense is die voorige einaars van The Artist Caf daar in Hendriksdal, baie uure daar gekuur!

Dit het onlangs weer oopgemaak nadat die vorige eienaars jare terug daar vermoor is. Ek was nog nie daar sedert dit weer oop is nie.  Familie van jou gewees?

Gelukug Nie - My mense was die eienaars net voor hulle - hulle van is "Tod" - my vrou se ex-skoon-familie eintlik, maar ons is almal nog baeie goei vriende - die kinders het te lekker daar gespeel met quad-bikes, fietse, ens. to hulle jonger was!!
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: chopperpilot on September 28, 2015, 03:32:52 pm

My mense is die voorige einaars van The Artist Caf daar in Hendriksdal, baie uure daar gekuur!

Dit het onlangs weer oopgemaak nadat die vorige eienaars jare terug daar vermoor is. Ek was nog nie daar sedert dit weer oop is nie.  Familie van jou gewees?
Na die moorde was daar ander eienaars gewees. Het egter toegemaak.

Saterdag gesien daar gaan weer iets aan.

Ek en my vrou het kort voor die moorde 'n wegbreek aandjie en kuier daar deurgebring.

Lekker saam met die eienaars destyds gekuier. (Dink dit was Leon en Hetta.)

Was 'n groot skok vir ons toe hulle vermoor is. Van hul werkers is in verband met die moorde aangekeer.

Sent from my iPad using Tapatalk
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 28, 2015, 05:18:31 pm

Baie ontstellende storie gewees daai.... :(
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: quicksilver on September 29, 2015, 01:54:20 pm
Lekker RR!!! Mens besef nie altyd hoe mooi dit is daar in julle valley nie.

Gaan self die HP bietjie Dullstroom paaie laat verken volgende maand!    :ricky:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on September 29, 2015, 05:50:10 pm
Lekker RR!!! Mens besef nie altyd hoe mooi dit is daar in julle valley nie.

Gaan self die HP bietjie Dullstroom paaie laat verken volgende maand!    :ricky:

Daar's lekker speelplek om Dullstroom!
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: 0012 on October 06, 2015, 01:30:29 pm
baie lekker RR en pics, baie dankie vir die deel  :ricky:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: krister on October 17, 2015, 08:47:13 pm
Dankie vir 'n lekker RR!  Ek kom redelik gereeld in die Nelspruit-omgewing en gaan 'n bietjie van daardie paaie probeer!   :thumleft: :ricky:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on October 22, 2015, 08:04:38 am
Dankie vir 'n lekker RR!  Ek kom redelik gereeld in die Nelspruit-omgewing en gaan 'n bietjie van daardie paaie probeer!   :thumleft: :ricky:

 :thumleft:

Kom s hallo!
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: krister on October 22, 2015, 09:23:27 am
Dankie vir 'n lekker RR!  Ek kom redelik gereeld in die Nelspruit-omgewing en gaan 'n bietjie van daardie paaie probeer!   :thumleft: :ricky:

 :thumleft:

Kom s hallo!

Dankie!  Sal so maak!   8)
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Noneking on July 20, 2019, 08:51:42 am
Dis weer tyd @Dwerg ! :peepwall: :peepwall:
Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: 2StrokeDan on July 21, 2019, 06:13:46 pm
Mooi fotos neem en lekker berigte skryf is n Noneking trademark!

Title: Re: Noneking en Dwerg se Laeveld Langnaweek
Post by: Dwerg on July 21, 2019, 06:44:43 pm
Dis weer tyd @Dwerg ! :peepwall: :peepwall:

Moet weer bietjie ja. My arme 690 dink seker al ek hou nie meer van hom nie