Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:23:40 pm

Title: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:23:40 pm
Om die storie beter te verstaan kort daar eers n bietjie agtergrond,so  jammer vir al die leeswerk!!! ;)


Ek het op n plaas grootgeword en als gedoen wat n boerseun se hart begeer. Ons was nooit welaf nie, maar daar was altyd meer as genoeg kos op die tafel en liefde in oorvloed.

Beide my ouers het tersiere kwalifikasies, maar het hul loopbane opgeoffer vir  n lewe op die plaas, die besluit het beteken dat daar nie meer geld was vir plisiertjies soos die Suzuki Katana wat my pa gehad het nie, en geld was nie weer daar om n ysterperd te koop nie; ek en hy het wel elke maand met verlange die SA Bike geblaai en drome gedroom :ricky:

Aan die einde van my horskool loopbaan was dit duidelik dat my belangstelling baie meer by rugby en die meer plisierige dinge van die lewe was en dat ek nie met n beurs gaan kan swot soos my susters nie! >:D :bueller:

Kovsie koshuis lewe, rugby en die VERPLIGTINGE by die klubhuis  :occasion14: was ook baie lekkerder as my Geologie boeke en so word my studies verleng met nog n jaar.  ::) Dit is immers n loopbaan en nie n renbaan nie!!  :3some:

Groot was my ontnugtering toe ek n vakansie huis toe gaan en besef my selfsugtige maniere het my ouers finansieel erg geknou. Net daar het ek besluit eendag wil ek weer die swaarkry vir hul op een of n ander manier verbeter. Ek het my sokkies opgetrek, my graad en honneurs gedoen en n werk gekry (Genadiglik).

So kom my eerste salaris in en ek besluit ek gaan doen wat enige verstandige werkende jong man moet doen, bel in bates. en dit is presies wat ek toe doen, ek bele in n pragtige bate; 2007 BMW F650GS met 8000kms op die klok!! :thumleft: :ricky:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:26:38 pm
In Februarie die jaar moedig my wonderlike vrou my aan en kon ek uiteindelik my belofte nakom; ek kan die BMW wat my getrou gedien het aan my Pa oorhandig!! :biggrin:

Wat n gevoel was dit nie gewees om die geluk en opgewondenheid op my Pa se gesig te sien nie!

Ek was self ook uit my vel want ek beweeg oor na die Dark Side met n 2014 KTM 1190 Adv!! O0

Foto 2: Ek en my Vrou op ons eerste uittog met die Yster 650
Foto 3: My trotse pa in sy oorspronklike leer baadjie van die 80s op sy nuwe fiets
Foto 4: Ek en en my Vrou met die KTM :ricky:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: FrancoisTz on October 07, 2015, 01:28:37 pm
Uiters verstandige besluit. Lekker ry.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Tommy Transalp on October 07, 2015, 01:29:14 pm
Wonderful story!...... geluk met jou nuwe fiets! :thumleft: :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:29:29 pm
Nou kan die RR uiteindelik begin!!! :snorting:


Dag 1
Vanaf Plaas na Plaas via Baberspan!!!!


My Pa het ook soos ek op n plaas grootgeword, maar nie op dieselfde een as ek nie, daardie grond is lank terug deur my oupa verkoop en behoort nou aan die staat :(

Ons was nog nooit daar nie omdat my Pa nie wou sien hoe dit nou lyk waar hy grootgeword het nie, maar aangesien dit n droom is wat waar word vir ons albei om saam te ry besluit ons om wel te gaan kyk hoe dinge nou op Rietkolk gaan! :thumleft:

Ek werk vir ons n roete uit op BaseCamp met so min as moontlik teer, die mooiste paaie is die grond paaie!  :ricky: Die dag sal ons sy geboorte grond besoek, gaan kyk wat is op Mareetsane en al om Baberspan ry voor ons terug draai plaas toe!


Foto 5: Sterk oppad plaas toe!
Foto 6: Dag 1 se roete op BaseCamp
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Titanic on October 07, 2015, 01:30:36 pm
Awesome. Jy het ons bietjie laat wag daar tussen die twee posts en ek het by myself gedink "...as daai %^*& nie daai 650 vir sy pa gee nie, dan hoop ek sy pa onterf hom".
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:32:56 pm
Aanvanklik was ek bekommerd of my Pa die grondpaaie sal kan vat, die paaie is erg verwaarloos en los sand is in oorvloed. :o

Ek stop kort-kort om fotos te neem en ook om seker te maak of my Pa nog reg is. Kort voor lank sien ek dat die man nog pure perd is en dat ek my verniet bekommer, hy kan! :thumleft: :headbang: :salut:

Foto 7: Reg vir die langpad
Foto 8 to 11: Lekker kom die man op spoed in!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:33:49 pm
Uiters verstandige besluit. Lekker ry.

 :thumleft: Dankie ek dink ook so!! ;)
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:34:37 pm
Wonderful story!...... geluk met jou nuwe fiets! :thumleft: :thumleft:

Baie dankie! Is 'n yster van 'n fiets :ricky:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:35:40 pm
Awesome. Jy het ons bietjie laat wag daar tussen die twee posts en ek het by myself gedink "...as daai %^*& nie daai 650 vir sy pa gee nie, dan hoop ek sy pa onterf hom".


Hahahahaha! Dankie vir die goeie wense!  ;) ;D
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: silvrav on October 07, 2015, 01:39:26 pm
 :ricky: :ricky:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:42:26 pm
Die kalk paaie van daardie wereld kan mens baie laat skrik, die een oomblik lyk die wereld dor en droog en dink jy dit is die maklikste paaie ooit, die KTM draf vinnig op hoe spoed en jy begin selfs dink jy sal dalk Marc Coma se stof nou begin kry;  O0 die volgende oomblik sien hy hoekom al die plase die woord pan in hul name het met diep water poele regoor die pad tot in die veld, en modder wat hard lyk maar dit is net die boonste kors wat hard is!  :o

Die gat wil-wil onder jou uit en vinnig is jy weer mak en besef wat jou beroep werklik is! :snorting:

Uiteindelik kom ons op die afdraai na my pa se geboorte plaas Rietkolk, maar al wat n hek is, is gesluit en ek kan duidelik die teleurstelling op my Pa se gesig sien.  :(

Ons besluit om maar aan te beweeg Mareetsane toe.
Daar is n somber gevoel toe ons wegtrek en nie ver in die pad af nie besluit ek se moer n boer maak n plan en die KTM het n lekker tang in sy toolbag!  >:D

Nie lank nie en ons maak n hek en vat die pad deur die lande na die huis! 8)


Foto 12 en 13: Ons maak hek oop
Foto 14: Maak sommer ons eie pad ook
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:45:48 pm
By die ou plaashuis kan mens duidelik sien die staat is besig om kos vir die massas the plant en voorsien. >:( :'(

Die huidiglike eienaars lyk nog bietjie dronk en dalk aan die slaap maar laat ons toe om rond te kyk. Snaaks dat nie een vir ons vra hoe ons daar kom nie?!?! :eek7:

Foto 15: By die opstal aangekom, niemand kom uit om te groet of vloek nie :patch:
Foto 16 en 17: Die ou trotse huis wat my Oupa help bou het ontvang geen liefde nie.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:46:25 pm
:ricky: :ricky:

 :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Jakkals on October 07, 2015, 01:52:21 pm
Nice, hier is nou 'n RR met karakter.  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:57:21 pm
Soos soveel ander hartseer verhale regoor ons pragtige land is produksie van n plaas wat jaar na jaar oor die 6 ton per hektaar mielies op droee land gestroop het en lusern lande wat voeding aan vriesbeeste vir melk gegee het beperk tot n bestaansboerdery wat bestaan uit 5 bokke vir melk en vleis en n lappie verlepte blaarslaai waar trotse arabier perde eens op n tyd geloop het. :'( :-\ :'(


Die enigste trekker staan in die son op sy rims sonder n battery met implimente wat se ploegskare nog vars verf op het en duidelik nog nie n enkele sooi grond gebreek het nie. Die melkstal is leeg maar die klipmure wat my Oupa gebou het staan sterk.

Foto 18 tot 25: Die agteruitgang in prentjies :'(
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:58:59 pm
Die res
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 01:59:51 pm
Nice, hier is nou 'n RR met karakter.  :thumleft:

Dankie Jakkals! Dit beteken baie! :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:02:02 pm
My Pa vertel met n lag in sy stem verhale van sy kinderdae en ek geniet elke staaltjie, hy wys plekke waar hy goed stout  >:D was in die areas waar die Popilier en Bloekom lanigs was en nou afgekap is vir vuurmaak hout.  :-\

Hy wys die plekke waar hy talle vinke en tarentale met dieselfde BSA windbuks geskiet het as wat ek mee grootgeword het.
Alhoewel hy dit laggend vertel kan ek sien die emosies is vlak en net voor ons vertrek hoor ek hom se dat hy bly is my Ouma en Oupa kan nie die plaas nou meer sien nie.


Foto 26: Wat n eer om saam met my pa op sy ou plaaswerf te kuier
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:03:38 pm
Van Rietkolk af vat ons die pad Mareetsane toe, maak n draai en vat al wat n agterpaadjie is Baberspan toe.  :ricky:
Die paaie het iets van alles en op n gereelde basis, van los sand tot gruis/ klip en BAIE waterpanne en modder.
Ons geniet elke oomblik en al wat ons doen is praat oor die pret wat mens kan he met die groot fietse!  :3some:


Foto 27: Dit is bloedig warm en ons stop gereeld om water te drink, die KTM se dit is 35 grade op daardie stadium.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:06:03 pm
Baberspan aangekom rek ek en my Pa die bene en eet n laat middag ete wat bestaan uit buns en gekerfde beesbiltong.
Die uitsig is pragtig en die windjie oor die water koel ons lekker af.

Dankie Chris-L vir die lekker 32L Enduristan Tornado bag, hy het ons tools, water en kos gemaklik gevat en geen stof of modder laat inkom nie!  :thumleft:


Fotos 28 en 29: Baberspan in al sy glorie
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:09:44 pm
Ek is baie verbaas in my Pa se energie en die laaste ding wat hy wil ry is teer!  :salut:
Die appel is nie ver van die boom en ons draai terug Lichtenburg toe vir brandstof, ligblou energade en die Manana grondpad terug plaas toe! 8)  :ricky:


Foto 30-33: Die Manana pad is ver van spoggerig en die skaduwees raak lank, tog kom my Pa steeds sterk aan!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Sputnik080 on October 07, 2015, 02:11:50 pm
Dit is awesome my vriend, van begin tot einde.
Die verhaal van jou Oupa se huis is hartseer, maar ek dink terselfde tyd kon dit baie erger gewees het, ek het erger verwag.

Jy kan trots wees op jou dade my maat, well done!

Ons lees lekker saam.  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Man from Nam on October 07, 2015, 02:24:09 pm
Toffie@2 wat 'n lekker rr! Ek ry lekker saam.
Dit is so jammer en hartseer dat ons plase so vervalle raak en ek kan net dink hoe jou pa moes voel.
Baie dankie vir die deel :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:42:49 pm
Dit is awesome my vriend, van begin tot einde.
Die verhaal van jou Oupa se huis is hartseer, maar ek dink terselfde tyd kon dit baie erger gewees het, ek het erger verwag.

Jy kan trots wees op jou dade my maat, well done!

Ons lees lekker saam.  :thumleft:

Dankie Sputnik080!! Dankie vir die tyd om te lees! :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:44:49 pm
Toffie@2 wat 'n lekker rr! Ek ry lekker saam.
Dit is so jammer en hartseer dat ons plase so vervalle raak en ek kan net dink hoe jou pa moes voel.
Baie dankie vir die deel :thumleft:

Baie dankie! :thumleft: Ja boerdery is na aan ons hart en sulke potensiaal wat verlore gaan maak mens kwaad!  :xxbah: Dankie vir die tyd om te lees!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:46:10 pm
Dag 2
Vanaf Plaas na Plaas via Riekertsdam/Groot Marico!!!!  :ricky:


Foto 34: Roete dag 2
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:51:05 pm
Die dag is ons n bietjie later in die saal en dit is weer n pragtige dag!  ;D
Ek ry die grondpad hard en die KTM brul te mooi.
Ek stop vir n oomblik en neem net die natuur en omgewing in. Ek het rustig die stilte waardeer en die oomblik op die fiets, saam my Pa in die natuur geniet en die prentjie in my kop gebere! :thumleft:

 Dit is n pragtige land die! :snorting:


Foto 35-36: Klein Marico omgewing
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:53:31 pm
Op n stadium stop my Pa langs my en s hy ken n beter pad na Groot Marico wat ongelukkig nie op T4A of CN 2016 wys nie.  :o Die pad raak vinnig baie sleg maar dit is hoekom ons die fietse het en ons geniet die uitdagings!  :ricky:


Foto 37-39: Agterpaadjie tussen plase oppad Groot Marico toe
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 02:55:37 pm
Die omgewing probeer net mooier en mooier word en ek stop kort-kort om die geologie te bewonder, wonderlik hoe die pad asgevolg van die gesteente samestelling van een oppervlak na die volgende verander en elk het sy eie uitdagings, my Pa gee nie veel om vir die klippe nie en jaag net verby my!  ::)


Foto 40-42 Pragtige paaie om Groot Marico
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Eddie L on October 07, 2015, 02:57:55 pm
Baie mooi RR. Kry sommer n knop in die keel oor die plaas.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 03:00:04 pm
Ons het in die 2 dae 557km gedoen en die terrein was op plekke nogal uitdagend, tog het alles baie vlot verloop!  ;D

Die twee fietse was ysters en dit was n plisier om elke keer die oor te kon draai.  :ricky:


Wat n eer om saam met my Pa die rit te kon doen! Dit was n groot droom wat waar geword het en ek hoop dat ek en my Pa die motorfietse nog baie keer saam sal ry. Wat 'n goeie mens en nog altyd my held!
Dankie ook aan my Ma en Vrou wat rustig by die huis was terwyl die groot kinders speel!  :pot: Volgende keer gaan hul saam!


Dankie dat ek my storie met jul almal kon deel, dit is net weer n bewys hoe motorfietse n ondervinding onvergeetlik kan maak!

Dankie en veilig ry almal!! :thumleft:  :salut:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 07, 2015, 03:02:01 pm
Baie mooi RR. Kry sommer n knop in die keel oor die plaas.

Dankie baie! Bly jy kon dit ook saam geniet! :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Man from Nam on October 07, 2015, 03:07:47 pm
Ek en my vrou het haar oupa se plaas tussen Wepener en Zastron so twee jaar gelede gaan besoek tydens ons klein dorpie toer om SA. Toe ons daar stop was sy sommer dadelik in trane oor die verwaarlosing. Die hek was gesluit en ook miskien beter so want ek kan net dink hoe groot die teleurstelling moes wees as ons tot by die huis kon gaan. Die plaas is verkoop toe haar oupa dood is in 1990. Haar ouma het die mooiste tuin by die ingang gehad en die toe gegroeide boom laning is deur haar oupa aan geplant. Ons onthou dit maar liewer soos dit was in die ou dae
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Samou on October 07, 2015, 09:34:12 pm
Hi Toffie@2
Baie mooi verhaal en alle respek aan jou vir die mooi verhouding met jou pa - geniet hom terwyl hy nog met julle is  :salut:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: subie on October 07, 2015, 09:52:04 pm
Baie mooi RR  :thumleft:
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 08, 2015, 06:22:38 am
Hierdie is 'n RR oor meer as net fietsry. Jy is 'n seun waarop 'n pa kan trots wees Toffie. Julle soort mense, jy en jou pa, is deesdae yl gesaai.

Ek self sou nie die moed gehad het om my ou plaas onder sulke omstandighede te gaan besoek nie. Bitter hartseer.  Net 'n boer sal dit verstaan.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: HB 9 on October 08, 2015, 07:35:16 am
Dorsland, stem saam....

Die RR is 'n erkenning aan Toffie se ouers en oupa-hulle se harde werk en opofferings...

Jy sal nooit spyt wees hieroor nie...

Ek het 2 jaar gelede my oupa-hulle se plaas besoek - Wat 'n ontsteltenis! Tog moet mens die uitdagings van die dag oorkom...

Well done Toffie - veilige km's en reise vir jou en jou vrou, jou pa hulle  :deal:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 09:10:03 am
Ek en my vrou het haar oupa se plaas tussen Wepener en Zastron so twee jaar gelede gaan besoek tydens ons klein dorpie toer om SA. Toe ons daar stop was sy sommer dadelik in trane oor die verwaarlosing. Die hek was gesluit en ook miskien beter so want ek kan net dink hoe groot die teleurstelling moes wees as ons tot by die huis kon gaan. Die plaas is verkoop toe haar oupa dood is in 1990. Haar ouma het die mooiste tuin by die ingang gehad en die toe gegroeide boom laning is deur haar oupa aan geplant. Ons onthou dit maar liewer soos dit was in die ou dae

Dit is hartseer, laat mens wonder wat in nog 'n generasie se tyd gaan gebeur?  :-\
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 09:11:08 am
Hi Toffie@2
Baie mooi verhaal en alle respek aan jou vir die mooi verhouding met jou pa - geniet hom terwyl hy nog met julle is  :salut:

Baie dankie Samou! Dankie vir jou tyd om te lees! :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 09:12:02 am
Baie mooi RR  :thumleft:

Dankie subie, dit word waardeer!  :)
Title: Re:
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 09:16:23 am
Hierdie is 'n RR oor meer as net fietsry. Jy is 'n seun waarop 'n pa kan trots wees Toffie. Julle soort mense, jy en jou pa, is deesdae yl gesaai.

Ek self sou nie die moed gehad het om my ou plaas onder sulke omstandighede te gaan besoek nie. Bitter hartseer.  Net 'n boer sal dit verstaan.

Baie dankie Dorsland!  :thumleft: Dankie vir die lees en bly jy het dit geniet!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 09:18:23 am
Dorsland, stem saam....

Die RR is 'n erkenning aan Toffie se ouers en oupa-hulle se harde werk en opofferings...

Jy sal nooit spyt wees hieroor nie...

Ek het 2 jaar gelede my oupa-hulle se plaas besoek - Wat 'n ontsteltenis! Tog moet mens die uitdagings van die dag oorkom...

Well done Toffie - veilige km's en reise vir jou en jou vrou, jou pa hulle  :deal:

Dankie HB 9! Dankie vir die mooi wense en dieselfde vir jou!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Snafu on October 08, 2015, 09:30:46 am
Baie mooi met baie emosie.

Voorwaar n seun om op trots te wees, mooi gedoen Toffie!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Mantis on October 08, 2015, 09:42:10 am
Baie mooi gebare, die fiets aan jou pa en die hek wat jy gemaak het sodat hy die plaashuis kon gaan kyk. Ek is seker hy gaan dit vir ewig koester.

Wens julle baie veilige kilometers saam toe.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: alwyn_gs on October 08, 2015, 10:18:40 am
 :hello2: :salut: :notworthy:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: DUSTRIDERS on October 08, 2015, 11:04:00 am
Baie mooi RR Toffie en die feit dat jy en jou pa so iets saam kon doen.

Soms net soms moet mens seker nie teruggaan op jou spoor. Veral as n plaas deur die staat gekoop is. :deal:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 11:21:58 am
Baie mooi met baie emosie.

Voorwaar n seun om op trots te wees, mooi gedoen Toffie!

 :thumleft: Baie dankie Snafu!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 11:22:52 am
Baie mooi gebare, die fiets aan jou pa en die hek wat jy gemaak het sodat hy die plaashuis kon gaan kyk. Ek is seker hy gaan dit vir ewig koester.

Wens julle baie veilige kilometers saam toe.

Dankie Mantis! Dankie vir die goeie wense en selfde vir jou!  :)
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 11:23:15 am
:hello2: :salut: :notworthy:

 :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 08, 2015, 11:26:46 am
Baie mooi RR Toffie en die feit dat jy en jou pa so iets saam kon doen.

Soms net soms moet mens seker nie teruggaan op jou spoor. Veral as n plaas deur die staat gekoop is. :deal:

Dankie Chris!  :thumleft: Die staat is seker die teenoorgestelde van Koning Midas?!  :snorting:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Hentie @ Riders on October 08, 2015, 12:14:09 pm
Great RR en well done vir dit wat jy vir jou pa gedoen het  :thumleft: ek is seker hy is baie trots op jou  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Frannarossi on October 08, 2015, 12:19:37 pm
Baie nice :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: m0lt3n on October 08, 2015, 12:24:30 pm
sjoe was nou n diep maar lekker om te lees RR. ek sou like om my pa ook op n bike te kry, maar ek gaan baie skuldig voel as hy sou val. so huiwer maar
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: cruizaman on October 08, 2015, 04:33:30 pm
Fantastiese storie Toffie@2! Jy moet die verhouding met jou pa koester.

Jou storie het my teruggeneem na die wereld om Sannieshof, waar ek gebore is. My oupa en ooms het tussen Sannieshof en Mareetsane geboer en ek het gereeld as kind by hulle gaan kuier.

Selfs jou tweede dag laat my verlang na Groot-Marico se wereld. Het so klompie jare `n aandeel gehad in `n wildsplaas tussen Zeerust en Madikwe (naby Nietverdiend) maar die is ook intussen deur die staat teruggevat. Wil liewer nie gaan kyk hoe dit nou daar lyk nie, gelukkig het ons al die wild verwyder voordat hulle oorgeneem het. Die grondpaaie lyk egter fantasties en ek moet plan maak om daar te gaan ry.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: 0012 on October 08, 2015, 04:39:58 pm
baie dankie vir die deel.

hartseer en blydskap, en spesiale oomblikke om te koester
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Bundu on October 08, 2015, 05:55:17 pm
baie nice Toffie - jy en jou pa is bevoorreg om mekaar te h  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Dorsland on October 08, 2015, 05:57:50 pm
Fantastiese storie Toffie@2! Jy moet die verhouding met jou pa koester.

Jou storie het my teruggeneem na die wereld om Sannieshof, waar ek gebore is. My oupa en ooms het tussen Sannieshof en Mareetsane geboer en ek het gereeld as kind by hulle gaan kuier.

Selfs jou tweede dag laat my verlang na Groot-Marico se wereld. Het so klompie jare `n aandeel gehad in `n wildsplaas tussen Zeerust en Madikwe (naby Nietverdiend) maar die is ook intussen deur die staat teruggevat gesteel. Wil liewer nie gaan kyk hoe dit nou daar lyk nie, gelukkig het ons al die wild verwyder voordat hulle oorgeneem het. Die grondpaaie lyk egter fantasties en ek moet plan maak om daar te gaan ry.

Fixed
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: JACOVV on October 08, 2015, 07:44:23 pm
Jul beide is bevoorreg om mekaar te he.

Baie dankie vir die deel en waardeer jou pa.  Min kinders wil hul ouers erken.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: MegaPix on October 08, 2015, 11:44:31 pm
Ekhet die RR geniet .  Dankie vir die deel.

Om aan te sluit oor verwaarlose plase.  Ek moes in 2011 'n video maak oor opkomende boere in Limpopo.
Kom toe op 'n piesangplaas en daar gesien hoe hulle als in die grond in boer.
vervalle... dan kom plekke soos PnP en gee nog geld vir hulle om die plaas reg te kry maar steeds gebeur dit nie.

Ek is bly jy kon dit met jou Pa deel.  Ek speel maar Gholf saam my seun want hy soek nie bikes nie.

Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: 2StrokeDan on October 09, 2015, 12:39:07 am
Jy skryf hierdie RR werklik pragtig.....

Ek voel net dat na als wat jou Pa vir jou gedoen het gee jy hom wragtig n BMW? :pot: :pot:

Spot maar, ek het jou storie terdee geniet.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:28:18 am
Great RR en well done vir dit wat jy vir jou pa gedoen het  :thumleft: ek is seker hy is baie trots op jou  :thumleft:

Baie dankie Hentie! Dankie vir die lees!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:28:48 am
Baie nice :thumleft:

Baie dankie!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:32:16 am
sjoe was nou n diep maar lekker om te lees RR. ek sou like om my pa ook op n bike te kry, maar ek gaan baie skuldig voel as hy sou val. so huiwer maar

Baie dankie m0lt3n, nee my Pa WIL ry so ek is net bly hy kan!  ;D
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:39:28 am
Fantastiese storie Toffie@2! Jy moet die verhouding met jou pa koester.

Jou storie het my teruggeneem na die wereld om Sannieshof, waar ek gebore is. My oupa en ooms het tussen Sannieshof en Mareetsane geboer en ek het gereeld as kind by hulle gaan kuier.

Selfs jou tweede dag laat my verlang na Groot-Marico se wereld. Het so klompie jare `n aandeel gehad in `n wildsplaas tussen Zeerust en Madikwe (naby Nietverdiend) maar die is ook intussen deur die staat teruggevat. Wil liewer nie gaan kyk hoe dit nou daar lyk nie, gelukkig het ons al die wild verwyder voordat hulle oorgeneem het. Die grondpaaie lyk egter fantasties en ek moet plan maak om daar te gaan ry.

Dankie cruizaman!  :thumleft: Dit is 'n baie klein wereld! Ek het die Sannieshof-area paaie baie geniet, daardie oop lande is net iets anders! Nietverdiend is ook pragtige wereld, het 'n paarkeer op Laerskool op hul grond atletiekbaan gaan hardloop en saam hul outjies 'n rugbyspan gemaak, hul was te min om 'n volle span te he, so die wat wou rugby speel het by Zeerust ingeval.  :)
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:40:17 am
baie dankie vir die deel.

hartseer en blydskap, en spesiale oomblikke om te koester

Dankie vir die tyd om als te lees 0012!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:41:19 am
baie nice Toffie - jy en jou pa is bevoorreg om mekaar te h  :thumleft:

Bundu!!  ;D Baie dankie man! Dankie vir die lees van die RR!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:42:10 am
Fantastiese storie Toffie@2! Jy moet die verhouding met jou pa koester.

Jou storie het my teruggeneem na die wereld om Sannieshof, waar ek gebore is. My oupa en ooms het tussen Sannieshof en Mareetsane geboer en ek het gereeld as kind by hulle gaan kuier.

Selfs jou tweede dag laat my verlang na Groot-Marico se wereld. Het so klompie jare `n aandeel gehad in `n wildsplaas tussen Zeerust en Madikwe (naby Nietverdiend) maar die is ook intussen deur die staat teruggevat gesteel. Wil liewer nie gaan kyk hoe dit nou daar lyk nie, gelukkig het ons al die wild verwyder voordat hulle oorgeneem het. Die grondpaaie lyk egter fantasties en ek moet plan maak om daar te gaan ry.

Fixed

 :lol8: Ditto  :xxbah:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:43:48 am
Jul beide is bevoorreg om mekaar te he.

Baie dankie vir die deel en waardeer jou pa.  Min kinders wil hul ouers erken.


Baie dankie vir die mooi woorde JMOL!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Wooly Bugger on October 09, 2015, 07:45:25 am
Lekker storie! Respek vir julle beide.
Regte mense.
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:46:57 am
Ekhet die RR geniet .  Dankie vir die deel.

Om aan te sluit oor verwaarlose plase.  Ek moes in 2011 'n video maak oor opkomende boere in Limpopo.
Kom toe op 'n piesangplaas en daar gesien hoe hulle als in die grond in boer.
vervalle... dan kom plekke soos PnP en gee nog geld vir hulle om die plaas reg te kry maar steeds gebeur dit nie.

Ek is bly jy kon dit met jou Pa deel.  Ek speel maar Gholf saam my seun want hy soek nie bikes nie.



Baie dankie MegaPix! Dit is duidelik hier ook, die trekker makeer op die oog niks, maar die battery is weg en is oop en bloot vir die elemente, die implemente kan mens sien is splinter nuut of onlangs herstel. Geld wat iewers ingepomp word en vermors is.  :patch:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:48:46 am
Jy skryf hierdie RR werklik pragtig.....

Ek voel net dat na als wat jou Pa vir jou gedoen het gee jy hom wragtig n BMW? :pot: :pot:

Spot maar, ek het jou storie terdee geniet.

Dankie 2StrokeDan!  :laughing4: Ek is bly jy het die storie geniet, dankie vir die tyd om te lees!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 09, 2015, 07:49:40 am
Lekker storie! Respek vir julle beide.
Regte mense.
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Dankie Wooly Bugger!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: MyBliksim on October 10, 2015, 04:56:47 pm
RESPEK vir jou en jou pa! Dankie dat jy hierdie "harts" verhaal met ons deel.

Jou pa sal 'n 950 of 'n 990 geniet?

Dit is ouens soos julle wat hierdie land "great" maak. Ouens soos julle sal ook nie onder gekry word nie.

Julle is bouers en nie brekers nie - bou net weer - julle / ons kan!

Geloof, Hoop and Liefde - Geloof, Hoop en Liefde!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Harry the Buffalo on October 10, 2015, 05:48:05 pm
Ek ry ook saam my seun👍 Jou pa geniet want dit is ń voorreg wat nie baie pa's kry nie!!!! Ek weet ek geniet dit eindloos saam my Bul!! Great storie👊
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: XRRX on October 10, 2015, 10:32:23 pm
Dankie Toffie - voorwaar 'n baie spesiale RR en storie!!!
Ek sou wat wil gee om so saam my Pa te kon ry !!!
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: whitedelight on October 11, 2015, 06:26:48 am
Nice one Toffie  :thumleft: lekker of you to be able to sort your dad out with a bike and even better that you get to ride with him. Your dad looks like he has lots of trips left in him.
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Skolla on October 11, 2015, 09:51:39 am
Mooi foto's en RR,voorwaar 'n voorreg om met jou pa rond te ry.Ons lewe,lyk dit vir my,in 'n vervalle era  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: 1ougat on October 11, 2015, 11:29:33 am
 :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: AndriesGS on October 11, 2015, 01:30:58 pm
Mooi foto's en RR,voorwaar 'n voorreg om met jou pa rond te ry.Ons lewe,lyk dit vir my,in 'n vervalle era  :thumleft:

+1
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 13, 2015, 09:52:25 am
RESPEK vir jou en jou pa! Dankie dat jy hierdie "harts" verhaal met ons deel.

Jou pa sal 'n 950 of 'n 990 geniet?

Dit is ouens soos julle wat hierdie land "great" maak. Ouens soos julle sal ook nie onder gekry word nie.

Julle is bouers en nie brekers nie - bou net weer - julle / ons kan!

Geloof, Hoop and Liefde - Geloof, Hoop en Liefde!

Baie dankie!  :thumleft: Ek dink hy sal 'n KTM geniet, ek gaan bietjie aan hom werk!  ;)
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 13, 2015, 09:53:11 am
Ek ry ook saam my seun👍 Jou pa geniet want dit is ń voorreg wat nie baie pa's kry nie!!!! Ek weet ek geniet dit eindloos saam my Bul!! Great storie👊

Dankie Oom Dave!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 13, 2015, 09:55:03 am
Dankie Toffie - voorwaar 'n baie spesiale RR en storie!!!
Ek sou wat wil gee om so saam my Pa te kon ry !!!

Baie dankie XRRX, dit was lekker om saam te kon ry, bly ons het die geleentheid gehad om dit te kon doen! :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 13, 2015, 09:59:00 am
Nice one Toffie  :thumleft: lekker of you to be able to sort your dad out with a bike and even better that you get to ride with him. Your dad looks like he has lots of trips left in him.

Thank you whitelight!  :)
My dad is still full of energy, we will have to make a trip together an regular event!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: Toffie@2 on October 13, 2015, 10:00:46 am
Mooi foto's en RR,voorwaar 'n voorreg om met jou pa rond te ry.Ons lewe,lyk dit vir my,in 'n vervalle era  :thumleft:

Baie dankie Skolla!  :thumleft:
Title: Re: N LEWENSLANGE DROOM WORD WAAR
Post by: henniesch1 on October 13, 2015, 12:44:41 pm
Dankie Toffie, as jy weer in die omgewing is maak kontak daar is baie dogs hier. Groete