Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Dorsland on October 17, 2015, 04:01:13 pm

Title: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 17, 2015, 04:01:13 pm
My fiets is diť maand 19 maande oud met 11700 km op.  Vir julle wat in die Nuwe Rowwe Suid-Afrika wiskunde op skool gehad het, beteken dit ek ry die skandalige afstand van gemiddeld 615km per maand.  :'(  :'(      Dis bitter hartseer.  Ek moet elke keer as ek die arme skoeter uit die waenhuis trek, weer die handleiding lees om te sien wat doen al die knoppies.  :-[

So vanoggend, toe die son sy kop oor die Sneeuberg steek, besluit ek ek stiek my 2IB vir 'n rit na die uitkykpunt by die Vallei van Verlatenheid.  Dit werk mos so: mens kom mos nie by die besienswaardighede wat op jou voorstoep is, uit nie.  Vandag, besluit ek, verander dit.

Gelukkig is dit 'n BMW en die battery issie pap toe ek die slinger draai.  :peepwall: >:D Lekker! 24ļC 09h00 en ons vat die pad.  

Ag man, julle KTM Ridders van die Grondpad moet maar nie verder lees nie, want dit gaan nie juis julle adrenalienvlakke opstoot nie.  Dis "after all" net 'n ou 800 BMW.  Die vinnigste wat ek gery het was 140km/u (en dit omdat ek warm gekry het), ons het sommer heelpad teerpad soentoe gegooi, kiekies geneem, tee uit ons ou fles saam beskuit gedrink en lemoene geŽet, sommer so vlak langs die pad, lekker met die Switsers gesels, 'n roomys oppie dorp geŽet en nou is ons weer by die huis.  Ons het ook nie omgedonner nie, pap wiele gekry , met die polisie haaks geraak of burnouts gedoen nie.  So diť RR hoort nie innie Roll of Honour fred nie.

Hou julle jaag duiwels maar verby.  :lol8:

Ons ry die Switsers net oppad uit die dorp uit, verby.  Ek sien hulle ZH nommerplaat agter oppie LC Adventure toe ons nader kom, lekker bloue met panniers.  Ons toet en waai en ry verby.  Toe ons pataal en inteken by die Vallei van Verlatenheid se hek, stop hulle langs ons en groet vriendelik (BMW mense is mos so).  Hulle is heel uitgevat in hulle rypakkies en sulke oulike Nolan kletterpette waarvan die kenstuk heel afhaal sodat dit 'n oopgesig kletterpet is.  Oulike idee.  Ek hoop net die volstruise innie park dink nie daai lemmetjie groen kleur is sitrus van Kirkwood nie  ;D  Die oom en tannie lyk nie meer of hulle vir spoed gebou is nie.

Hulle bokse is besaai met die plakkers: Mongolia, Brazil, Alaska, Ysland, Kazakstan, YugoslaviŽ, Tibet, China en Brakpan.  Hulle het omtrent gery die tweetjies.  Hulle het die GSA - hy sÍ dis die derde GSA wat hy al op gery het - Kenia toe gevlieg en vandaar hiernatoe gery.  Hulle gaan weer einde Oktobermaand huistoe.  Gawe mense en ons gesels toe sommer lekker.  

Ek vra hom: "do you know what a braai is?"  Lag hy, "ja, we have already learnt this Afrikaans word."  Nouja, dan kom braai julle more by ons nooi ek hulle.  Sien uit daarna want waaragtig, dis al hoe ek die wÍreld gaan toer is op ander mense se rekening.

Nou ja, daar issie baie te vertel nie so kyk maar die klompie kiekies wat ons geneem het.  Party het my 2IB sommer op haar selfoon geneem.



(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020905_zpsywo6v0ju.jpg)

Ek was laas in omtrent 1976 hier gewees.  Ek dink die geoloŽ probeer ons beindruk met al daai miljoene jare en die Paleozoic, Mesozoic, en Cenozoic eras wat hulle altyd in gawe geselskap rondslinger. Want selwers kan ek sommer sien die vallei is heelwat dieper en erosie het heelwat meer van die rotsformasies blootgelÍ.  AustraliŽ en Madagaskar lÍ ook so 'n ent verder van ons land af as toť.  Daar is ook baaaaaaaaie meer HOP huisies in my vallei as toe ek laas hier was.



(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020890_zpsj1oqlu14.jpg)



(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020892_zpsg1cqgvbc.jpg)



(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020902_zpsnhew58dj.jpg)



Ek dink ek moet 'n nuwe fred begin: Girls on the Rocks.  Die duiwel weet daar is genoeg Girls and [insert item here] freds.  Sal hierdie kiekie daar pos.  En kry ek sowaaragtigwaar die Witkruisarend in die foto.   Hmmmmmm, dalk 'n Birds with Birds fred?


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020895_zpsvsgms6pg.jpg)



Plaas lÍ nou daaaaaaaaaaaaai kant toe.   Ja dis ekke daai, dis nie 'n kliplikewaan of dassie nie okei  ;D  


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020900_zpsyjfdnvyc.jpg)


Ja, daar onderkant daai heel verste berge.  My ou dorpie vertoon heel fotogenies van hier bo-af.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020906_zpsi4uqmtbl.jpg)



Ek is darem nie soveel van 'n akkedis soos diť outjie nie

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/IMG-20151017-WA0007_zpsd3s9hjdu.jpg)


 




Die Switsers Reinhardt en Gaby by hulle Blou Gevaar(te).  So in die gesels besef ek net weer watter gemaksone EuropeŽrs in lewe.  Maklike lewe wat hulle lei.  

Toe ons terugstap van die uitkykpunt is ek en Reinhardt heel agter.  Hy gaan met sy terugkeer sy linker knieg laat vervang, ek moet my regterknieg laat doen.  Bliksem, ek moes dit in my jonger dae rustiger gevat het.  :-\


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020901_zpsjduawsub.jpg)



Nadat my 2IB alles wat lank genoeg stilgestaan het, afgeneem het, was dit tyd vir tee en beskuit.  Maar eers moet ek die kamera opstel.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/IMG-20151017-WA0002_zpsy0n1vsqi.jpg)



Dan hol virrie koelte en my beker gryp.......


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020911_zpsj8bd2uo4.jpg)





Dit raak toe warm in daai baadjie, 34ļC warm.  Tyd om roomys oppie dorp te gaan eet.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/IMG-20151017-WA0001_zpsnlgdqdvt.jpg)




Maar nee wag, 2IB wil eers nog kiekies neem:

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/IMG-20151017-WA0003_zpsxx6nyfly.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/IMG-20151017-WA0006_zpsz6zbiyeh.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020913_zpssktgyful.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020908_zpsk5r745s9.jpg)



En 'n laaste een dat ek ook rigting kan kry.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020907_zpswynr6a9s.jpg)



Ek deel nie my roomys nie, so daar issie kiekies nie.
Title: Re: Ek voel so verlate in die Vallei
Post by: HB 9 on October 17, 2015, 04:09:01 pm
Dorsland - baie dankie vir die deel van jou en jou 2IB se baie lekker daggie uit...  :thumleft:

Pragtige omgewing van julle...
Title: Re: Ek voel so verlate in die Vallei
Post by: Dorsland on October 17, 2015, 04:15:21 pm
Ons moes net uitkom vandag anders moes ek die "training wiele" weer opsit.  Ja ons wÍreld lyk mooi, maar as ek ons dam so van bo af kyk, moet ons reŽn nou kom.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: schalk vd merwe on October 17, 2015, 07:47:41 pm
Hi Dorsland mooi RR jammer ons kon nie saam ry nie. Het al die bokke al gelam?
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 17, 2015, 07:50:25 pm
Ja heng Schalk, ek het eers Woensdag die Bushlander se papwiel kon herstel.  Sou lekker gewees het om so 'n ent saam te gery het.  Volgende keer as jy hier verbykom. 

Laaste ooi vanmiddag gelam, 'n drieling sommer om die ding mooi af te rond. :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: schalk vd merwe on October 17, 2015, 08:02:56 pm
Ja heng Schalk, ek het eers Woensdag die Bushlander se papwiel kon herstel.  Sou lekker gewees het om so 'n ent saam te gery het.  Volgende keer as jy hier verbykom. 

Laaste ooi vanmiddag gelam, 'n drieling sommer om die ding mooi af te rond. :thumleft:
Dit is seker naby 200% nou
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 17, 2015, 08:13:01 pm
Ek gaan diť week bietjie die syfers uitwerk maar is baie naby daaraan.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: T Rex on October 17, 2015, 08:53:02 pm
Dankie vir die mooi pic's ... en die lekker storie.

Een van die mooiste plekke in die land , daardie omgewing rondom Graaf Reinet.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: krister on October 17, 2015, 09:19:48 pm
Pragtige wereld!  Dankie vir die RR  :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: XRRX on October 17, 2015, 10:08:50 pm
Pragtige wereld!  Dankie vir die RR  :thumleft:

+1  :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dutchman81 on October 18, 2015, 08:37:55 am
Baie dankie vir die deel oom, ek geniet oom se skryf styl baie, lekker kiekies gekyk, het maar my eie roomys gaan koop... ;D

Sent from my D5103 using Tapatalk
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 18, 2015, 09:38:42 am
Hehehe, ja nee jy kan vir my onder 'n wip vang met roomys.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 18, 2015, 10:53:23 am
Unieke plek daai vallei. :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Noneking on October 18, 2015, 02:20:50 pm
Baie mooi!
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Klein Torkar on October 18, 2015, 02:26:57 pm
Lekker, dankie vir die deel, sulke tripies is terappie. Het laas week na werk gou op gery Kaapschehoop toe vir duur melskomel.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Rynet on October 18, 2015, 09:06:31 pm
Dankie Dorsland ek het nou lekker gelees . Hou van jou suiwer Afrikaans.  Pragtige wereld daar by julle , en se vir jou 2IB sy mag maar fotos neem . :thumleft: :thumleft:

En sjoe , die self portret van julle twee het darem mooi uitekom, ek hou van die groot voorgrond en dat jy self nog tyd gehad het om die beker te gryp .  :imaposer:

Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: skydiver on October 19, 2015, 07:18:03 am
Pragtige area.
Het nie besef GR lyk so mooi van bo af nie.  :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: woody1 on October 19, 2015, 07:35:04 am
Lekker saamgery met julle twee... al is dit in Cyber Space.  :ricky:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: weskus on October 19, 2015, 05:01:25 pm
Mooi view van daar bo..
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: KiLRoy on October 19, 2015, 05:21:05 pm
Dankie vir die deel Dorsland. Mooi wereld :thumleft:
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 19, 2015, 07:24:41 pm
Dankie vir die saamlees ouens.  Was nogal lekker om vir 'n slag weer te kan fietsry in so 'n mooi omgewing.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Jakkals on October 19, 2015, 07:37:38 pm
Bly maar 'n mooi wereld, dankie vir die deel Dorsland.  :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: VaalBaas on October 19, 2015, 08:31:15 pm
Ons is die ander dag daar deur op spoed, ook maar gelukkiglik. Ek was so op my senuwees ons word gesien en dan weer hier uitgetrap dat ons nie gestop het nie. :imaposer: :imaposer:

Nee grap net, nou het ek darem meer gesien van waar ek was. Dankie vir die mooi fotos en report :thumleft:
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 20, 2015, 05:32:41 am
Hehehe, ek lees lekker aan jou Moertoe RR.  Ja, mense kom al die pad uit Switserland kuier, one eie mense hou verby ;)
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: woody1 on October 20, 2015, 07:03:32 am
2 dinge hou ons verby... Ons kry nie bok tjops nie en daai modder pad...af en toe.  :imaposer:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Voetpomp on October 20, 2015, 07:20:13 am
Dankie, het nou lekker saam gery :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Warren Ellwood on October 20, 2015, 08:49:05 am
Awesome, what a pretty part of the country.

Title: Re:
Post by: Rynet on October 21, 2015, 07:24:14 am
Hehehe, ek lees lekker aan jou Moertoe RR.  Ja, mense kom al die pad uit Switserland kuier, one eie mense hou verby ;)

Ons uitnodigings is seker nog in die pos .  :imaposer:

Ons het nogal 'n plaas gesien met die naam Dorsland of iets , en Vaalbaas het juis omgedraai en gaan kyk of dit jou plaas is  , sal graag sien waar julle boer.  :thumleft: 

Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: silvrav on October 21, 2015, 08:10:47 am
yis, maar daai dorpie is nogal fotogenies! baie mooi foto daai dors!  :thumleft:
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 21, 2015, 09:34:33 am

Ons uitnodigings is seker nog in die pos .  :imaposer:

Ons het nogal 'n plaas gesien met die naam Dorsland of iets , en Vaalbaas het juis omgedraai en gaan kyk of dit jou plaas is  , sal graag sien waar julle boer.  :thumleft:  



Soos VB my beduie het, het julle seker die Oubergpas - Nieu-Bethesda grondpad gery.  Dan sou julle hierdie bordjie gekry het,  maar dissie ekke daai nie.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/DVD%20trip/P9130024_zps80ec5657.jpg)
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: VaalBaas on October 21, 2015, 09:52:17 am
 :imaposer: Is net hy daai en nie ver daarvandaan het 'n waterbottel in die pad gelÍ :peepwall:, maar ek kom nog daarby in my storie ;)
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 21, 2015, 09:55:00 am
Nou ja toe, ek gaan loer weer bietjie daar dat ek kan sien wat het jou so moeg gemaak dat jy sommer gaan lÍ het.  Lyk amper soos maandeinde op Nieu-Bethesda soos die manne in die pad loop en val.  :imaposer:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 21, 2015, 09:55:57 am
 Nieu-Bethesda

Ek dink ons moet eendag in die toekoms n basherige bymekaarkom in Nieu-Bethesda hou, dis mos in die EC of hoe?
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 21, 2015, 09:57:43 am
Oulike dorpie, geriewe is net effens skraps.  Maar dit hou die riffraff uit  :peepwall: :lol8:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 21, 2015, 10:21:03 am
Nouja, die rit het toe 'n nadraai met die gebraaiery saam met Rainer en Gabi wat kom kuier het.  Baie gawe mense en interessant om na die ervaringe en sieninge van diť wÍreldreisigers te luister.  En hulle hťt omtrent gereis.  Vir die afgelope 5 jaar nadat hy afgetree het, toer hulle letterlik die hele wÍreld vol.  Kyk maar die plakkers op hulle panniers.


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020916_zpshf9zn07b.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020923_zpswup8iumf.jpg)




En tipies Switsers, bring hulle hulle netjies kuierklere saam in die panniers en trek hulle mooi netjies vir die gebraaiery aan.  En bring sommer 'n lekker boks Lindt sjokolade saam as kuier geskenk.  Baie beskaafd en herinner aan 'n ander era wat skynbaar hier in ons eie land verlore geraak het.


Kyk bietjie diť oulike Nolan kletterpet wat ek vroeŽr in diť RR genoem het.


Sonder die kenstuk:

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020919_zpsz0jffagu.jpg)
.... en met hom:

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020920_zpsm54xenjj.jpg)


Wat ook vir my baie oulik is, is dat om die skerm af te haal, druk mens eenvoudig twee knoppies aan weerskante waar hy aan die kletterpet vasheg en dan kom die skerm (visor) los.  Baie oulik en eenvoudig.  Weet julle of diť model dalk hier by ons beskikbaar is?


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020917_zpstztrlor0.jpg)




Soos met alle dinge, moet daar ook 'n einde kom.  Daar gaat hulle alweer na 'n lekker kuier.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020918_zpsry62uzkh.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/Vallei%20van%20Verlatenheid%20rit/P1020922_zpsyocozolp.jpg)
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: woody1 on October 21, 2015, 11:01:43 am
Ek sien nie 'n Pofadder sticker nie.... die mense ry nie wyd genoeg nie lyk my. :imaposer:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 21, 2015, 11:03:08 am
Ek sien nie 'n Pofadder sticker nie.... die mense ry nie wyd genoeg nie lyk my. :imaposer:

 :lol8:  Hulle los seker die beste tot laaste dan ry hulle Pofadder en Brakpan om.  :peepwall: :imaposer:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: woody1 on October 21, 2015, 11:06:13 am
Hulle is welkom in Brakpan...as hulle nou maar net 'n 'ANDER' fietsie gehad het.. :imaposer:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 21, 2015, 11:13:03 am
As afskeidspersent het ons vir hulle elkeen een van daai pepersproeikannetjies gegee vir hulle besoek aan Brakpan.  :imaposer: :imaposer:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 21, 2015, 11:15:04 am
yis, maar daai dorpie is nogal fotogenies! baie mooi foto daai dors!  :thumleft:

Ek is nou nie 'n Photoshop deskundige nie maar lyk hy nie vir jou alreeds beter nie?  En bonus: op Allpay dae en maandeinde is die dorp sommer ook heel rustig.  ;)
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: woody1 on October 21, 2015, 11:18:08 am
 :imaposer:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Hitman on October 22, 2015, 10:32:31 pm
Lekker man, lekker!!  :thumleft:

Dankie Dorsland, dit bly maar lekker om tyd in die saal te spandeer.   :biggrin:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Rynet on October 23, 2015, 07:39:04 am
Baie lekker Dorsland , ja dit sou nogals snaaks gewees het as jou plaas wel Dorsland was . :biggrin: maar ons moes gaan loer het .

Dankie vir die lekker RR , en interesant om wereld rysers te ontmoet , en met hulle te gesels , en wragtig ry hulle nog met mooi klere saam ook . Ek kan dit nie eers regkry op 'n kort trippie nie.   :imaposer:

Dankie  :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Toothless on October 23, 2015, 09:28:16 am
Lekker! Ek sien jy het jou hond ook net betyds afgeneem, hy was oppad om te verdwyn (of verskyn) hahaha. Hond van Intersek!
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 23, 2015, 09:30:12 am
Lekker! Ek sien jy het jou hond ook net betyds afgeneem, hy was oppad om te verdwyn (of verskyn) hahaha. Hond van Intersek!


Hehehe ja die kamera het so 'n fÍnsie stelling wat aanpas indien die lig van vooraf kom.  Dis diť dat ou Stoffel so "kom en gaan"  :lol8:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Dorsland on October 23, 2015, 09:32:41 am
Baie lekker Dorsland , ja dit sou nogals snaaks gewees het as jou plaas wel Dorsland was . :biggrin: maar ons moes gaan loer het .

Dankie vir die lekker RR , en interesant om wereld rysers te ontmoet , en met hulle te gesels , en wragtig ry hulle nog met mooi klere saam ook . Ek kan dit nie eers regkry op 'n kort trippie nie.   :imaposer:

Dankie  :thumleft:

Klink my hulle bly slegs in gastehuise of hotelle, geen kamp nie Rynet.  Hulle ganse bagasie pas in die panniers, die sakkies bo-op, en die tankbag in.  Geen ander sakke of Mr Price waterdigte sakke nie  >:D 
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: VaalBaas on October 23, 2015, 12:13:28 pm
 :lol8: SÍ my vrou nou. Ek het jou mos gesÍ mens kamp nie so nie.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: Rynet on October 26, 2015, 08:02:44 am
Baie lekker Dorsland , ja dit sou nogals snaaks gewees het as jou plaas wel Dorsland was . :biggrin: maar ons moes gaan loer het .

Dankie vir die lekker RR , en interesant om wereld rysers te ontmoet , en met hulle te gesels , en wragtig ry hulle nog met mooi klere saam ook . Ek kan dit nie eers regkry op 'n kort trippie nie.   :imaposer:

Dankie  :thumleft:

Klink my hulle bly slegs in gastehuise of hotelle, geen kamp nie Rynet.  Hulle ganse bagasie pas in die panniers, die sakkies bo-op, en die tankbag in.  Geen ander sakke of Mr Price waterdigte sakke nie  >:D 

Netjiese mense , netjiese bagasie Dorsland  :thumleft: en haha oor die Mr Price sakkie aka Vaalbaas -special .  :laughing4:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: weskusklong on November 07, 2015, 07:55:19 pm
Dit was nou lekker lees, handsome die weet ek is jy, maar skryf, dit is nou Ů verassing :imaposer:
Ek werk nou so hard dat daar nie tyd is om RR te lees nie, Jan (wat saam my daar was) het my laat weet van jou RR.
Pragtige fotos, mens leer baie van fotografie deur ander se fotos dop te hou.
Jy sal seker daai roomys klaar eet onder daai wip voor jy uitkom :ricky:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: krister on November 08, 2015, 08:19:22 pm
Mooi!  Dankie!   :thumleft:
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: windswept on November 14, 2015, 12:02:08 pm
Dorsland, where are you? Miss your comments on the forum.
Title: Re: Darem nie so verlate in die Vallei van Verlatenheid nie
Post by: subie on November 14, 2015, 01:12:46 pm
Dorsland, where are you? Miss your comments on the forum.

Ook agtergekom hy het weer nie sy internet betaal nie.  ???