Wild Dog Adventure Riding

General => General Bike Related Banter => Bike related member feedback => Topic started by: Zyroth on October 22, 2015, 03:02:18 pm

Title: Metzeler Tourance vs Bridgestone Trailwing
Post by: Zyroth on October 22, 2015, 03:02:18 pm
Ek aanvaar die vraag is dalk al gevra maar ek wil net graag julle opinie kry.

Wat is julle ondervinding op die Bridgestone Trailwing en die Metzeler Tourance, ek moet my Mitas vervang na 3000km en sukkel om stock te kry op dit so nou soek ek 'n alternatief. Ek ken glad nie die twee bande nie so ek weet nie watse kilos ek gaan kry nie.

Title: Re: Metzeler Tourance vs Bridgestone Trailwing
Post by: IDR on October 22, 2015, 03:08:37 pm
In daai klas sal ek ook kyk na die Anakee 3?
Title: Re: Metzeler Tourance vs Bridgestone Trailwing
Post by: Sputnik080 on October 22, 2015, 03:12:55 pm
Ek het huidiglik Trailwings op.
Ek dink nie dis 'n slegte tire nie, my agter band is klaar en ek het so 10 000 kilos gekry. Voor kan seker nog so 2/3000 doen.
Ry styl, amper geen offroad nie, meestal commuting, dalk een of twe breakfats runs, so ook nie regtig hard gery nie.

Ek wil nou volgende wel 'n paar ander probeer, so sal nog 'n rukkie wees voor ek sal "vas maak".
Title: Re: Metzeler Tourance vs Bridgestone Trailwing
Post by: TheBear on October 22, 2015, 07:19:26 pm
Ek het die Trailwings al op gehad.  Kan oor niks kla nie.  Die huidige Tourance and Anakee 3 raas so baie, my volgende stel sal Trailwings wees, net on te kyk of hulle minder raas.
Title: Re: Metzeler Tourance vs Bridgestone Trailwing
Post by: Zyroth on October 23, 2015, 06:00:24 am
Ek het iewers gelees die Tourance hou langer as die Trailwings, sal maar dit 'n go gee en kyk

Dankie vir julle insette.
Title: Re: Metzeler Tourance vs Bridgestone Trailwing
Post by: TheBear on October 23, 2015, 06:10:17 am
Ek het iewers gelees die Tourance hou langer as die Trailwings, sal maar dit 'n go gee en kyk

Dankie vir julle insette.

Ek het oor tyd Trailwings, Tourance, Tourance Next, Anakee 2 en Anakee 3 gebruik.  Almal het maar baie dieselfde gehou vir my.