Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Morokai on December 05, 2015, 11:18:55 am

Title: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 05, 2015, 11:18:55 am
So hier is dit nou uiteindelik. Ek spring weg in die volgende paar uur. Bike gepak en geprep. Roetes min of meer uitgewerk. Ready soos n coiled spring!!

Hierdie gedagte om die 4 corners te doen dink ek al n hele ruk aan en baie nagte se brein sinapse wat nie tot ruste kom nie, maar hier is dit nou.

My plan is om ooskus op te ry deur Swaziland en noord na Louis Trichardt, sal daar wees vir kersfees en bietjie weer my geboortedorp explore op die DR. Sal daar goed na my steed kyk en lekker service waar ek haar vir 7 weke aan die slaap moet sit om te gaan werk. Sal dan nog 7 weke van slaaploose nagte moet oorleef terwyl ek die tweede helfte van my trip beplan. Natuurlik grens langs tot Alexanderbaai, weskus af en terug na Aapstad toe!

Ek gaan my hele roete wat ek ry op SPOT track en my progress kan gesien word op die volgende link :
http://share.findmespot.com/shared/faces/viewspots.jsp?glId=0GkYBOIbIYG5zafXqQvRmYJtHB4zTISTh (http://share.findmespot.com/shared/faces/viewspots.jsp?glId=0GkYBOIbIYG5zafXqQvRmYJtHB4zTISTh)

As ek in jou area is en wil graag saam ry, laat weet dan maak ons plan!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: COLES on December 05, 2015, 12:02:26 pm
looks very good trust you will have a great trip
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: fcprinsloo7@gmail.com on December 05, 2015, 12:16:16 pm
Blikemmer! Dit gaan n trip van n leeftyd wees! Ek en die skone gaan self Alexanderbaai toe van Nylstroom af in Januarie, met die KLE.

Neem 1000fotos!

Veilig ry!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: subie on December 05, 2015, 01:04:45 pm
Love the Kukri  :thumleft:
Mine was stolen years ago  :xxbah:
Safe trip and enjoy   :ricky:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Casting from Turd on December 05, 2015, 01:29:04 pm
If you come past this side of the eastern Cape, pull in  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: McSack on December 08, 2015, 09:17:09 am
Looks like it's going to be a fantastic trip Morokai. I am flippen jealous

Just a question ... which 4 towns constitute the 4 corners? Obviously Alexander Bay and Slaapstad , but what about the other 2? East London and Kosi Bay? Musina?
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Strompie on December 08, 2015, 09:27:21 am
McSack, This is what the BMW club I was part of many moons ago considered the 4 corners.

North - Pontdrift Border Post
South - Cape Agulhas Lighthouse
East - Kosi Bay Border Post
West - Alexander Bay Border Post
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: McSack on December 08, 2015, 02:17:03 pm
McSack, This is what the BMW club I was part of many moons ago considered the 4 corners.

North - Pontdrift Border Post
South - Cape Agulhas Lighthouse
East - Kosi Bay Border Post
West - Alexander Bay Border Post
:thumleft:

Now I am even more jealous of Morokai
/* hijack off
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Casting from Turd on December 08, 2015, 02:47:20 pm
McSack, This is what the BMW club I was part of many moons ago considered the 4 corners.

North - Pontdrift Border Post
South - Cape Agulhas Lighthouse
East - Kosi Bay Border Post
West - Alexander Bay Border Post
:thumleft:

Now I am even more jealous of Morokai
/* hijack off

May next year?   Planning it already
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: StofOtter on December 08, 2015, 02:48:23 pm
Dit lyk na n great trippie, geniet en veilig wees. Ek beplan volg jaar Karoo, Alexander Baai en Weskus trippie.  :spitcoffee: wag vir die updates
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Rooi Wolf on December 08, 2015, 06:04:27 pm
 :sip:

Mooi ry bra!

Post so paar kiekies as jy tyd kry so deur jou trip.


Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Casting from Turd on December 08, 2015, 06:53:32 pm
Morokai just clocked in here at the Orange Elephant
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: 0012 on December 09, 2015, 11:44:56 am
wat n super solo! ek ry saam  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 09, 2015, 05:00:28 pm
Love the Kukri  :thumleft:
Mine was stolen years ago  :xxbah:
Safe trip and enjoy   :ricky:

Ja dit is n fantastiese tool! Vele gebruike
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 09, 2015, 05:06:45 pm
Looks like it's going to be a fantastic trip Morokai. I am flippen jealous

Just a question ... which 4 towns constitute the 4 corners? Obviously Alexander Bay and Slaapstad , but what about the other 2? East London and Kosi Bay? Musina?
Ive got the same as Strompie except the north, which will be Beitbridge  ;D
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 09, 2015, 05:10:04 pm
John, dankie vir n awesome aand by die Orange Elephant :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 09, 2015, 05:11:23 pm
:sip:

Mooi ry bra!

Post so paar kiekies as jy tyd kry so deur jou trip.




Kiekies sal kom bra....wag tot ek.op n plek kom waar ek bietjie kan edit en skryf
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 10, 2015, 10:12:14 am
So vinnige paar kiekies  :biggrin:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: 0012 on December 10, 2015, 01:31:03 pm
is daai laaste foto 'n #nutscape? of is dit jou vinger?
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Laban on December 10, 2015, 01:44:59 pm


....ÖHijack onÖgaan park jou bike hierÖ hijack off...

...geniet die trip en wees veilig... :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 11, 2015, 10:11:59 am
DAG 1 - 5/12/2015

Hierdie was die wegspring dag vanaf my huis in Slaapstad. Kort paar uur se ry na my broer en sy vrou se woning net voor Pringle Baai waar ek vir die naweek gekuier het. Ongelukkig nog geen stof geproe nie

DAG 3 - 7/12/2015

Maandagoggend is ek vroeg in die pad na Somerset Wes toe. Gou my bike na Julian by Superbike solutions toe gevat vir n tuneup. Het so ruk terug met die carb gepeter en was toe baie verlig om die dyno te doen. My bike het heeltemal te lean gehardloop en kon moontlik skade doen. So baie dankie vir Julian! Much appreciated.

Na die tuneup, skiet ek vinnig terug na Pringle, pak strap my bike op, gear op , groet my broer en val in die pad. Het so rondom 12h daar weggekom. Die excitement en moerse smile wat aangegaan het in my helmet sou seker bietjie siniel gelyk het vir mense wat dit nie verstaan nie. Pad het goed geloop en in no time is ek by my eerste stoppunt. Mees suidelikste punt van ZA  :laughing4:
Van daar af zig zag ek grondpaadjies oor Malgas se pont en N2 se rigting!. My bestemming wat ek graag wou maak was in Ruiterbos, net noord van Mosselbaai.

Net noord van die N2 was n grondpaadjie wat ek nog nie gery het nie, gescheme nou is n goeie tyd. Was ook n entjie korter as die gewone grondpad van Riversdale. Baie mooi paadjie, MAAR! So 20 min in kom ek op n hek wat gesluit is, geen manie deur nie. So entjie voor dit was daar n gat in die heining wat entrance gee na n treinspoor ( hardloop al die pad tot by Riversdale ). Na so bietjie hanna hanna besluit ek om op die treinspoor te klim. Goeie idee, kak gedagte! Kon sien die treinspoor word nog gebruik en sou nie kon hoor as die Metaalmonster oppad is nie en my quick exit left of regs oor die treinspoor sou my laat hard neerdonner.Keuse kom toe om om te draai. Wat n mission. Moer drie keer neer en spin my agterwiel vas in die los gruis langs die treinspoor. Na n rukkie se hard gestoei en gesweet is ek veilig van die treinspoor af en backtrack ek terug na die N2 se kant toe.

Klim toe maar weer op die grondpad van Riversdale om Herbertsdale na Ruiterbos. Lig word al hoe minder en ek arriveer by die padstal so rukkie net voor donker!. Hier ken ek darm die mense en kry n warm bed vir die aand! Hulle maak moerse lekker roosterbrood en woodfire pizza's!

Volgende dag sal n vroeg wegspring wees.....ver pad wat voorle! Maar dis moeilik om te slaap met hierdie oorweldige opgewondenheid.

Al wat ek droom is BRAAAAP!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Ganjora on December 12, 2015, 03:58:32 am
Yes please,  can we have some more
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Jors Troelie on December 12, 2015, 07:53:27 am
Very nice. I like the Spot gadget that you use to track your progress with, would like to know your opnion of it. Travel safely and enjoy!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 12, 2015, 08:45:13 am
Dag 4 - 8/12/2015

Word wakker met die wolke wat laag oor die valleie in Ruiterbos hang. Klap n sterk boerekoffie weg en val in die pad ( figuurlik  ;) ) rondom 7am. Ry vir so rukkie in die mis terwyl ek zig-zag paadjies ry in George se rigting! Nie te lank nie en ek is op Montagu pas en die het heeltemal te vinnig verby gegaan. Maar wat n pragtige view! Net oor die berge en die son slaan al hard, moet vinnig stop om bietjie te redress. Skiet noord na Dysseldorp se rigting en vandaar oos na Uniondale, al die pad net suid van die Kammanassie natuur reservaat.

In Uniondale stop ek vir n vinnige ontbyt/lunch en koop n paar van die nuwe Blue Labels om my in die hitte aan die gang te hou. Net noord van Uniondale weer op grondpad in Baviaans se rigting. Ek opt toe om eerder net noord van Baviaans kloof te ry deur Groenrivierpoort. Volg die loop grondpaadjies al die pad tot op die R75. Hier op die Groenrivierpoort pad kry ek toe my eerste pap wiel. Fok! Ek het mos slime in my tyre  ??? . Haal tube uit en hy is lekker op een plek geskeer. Met die haal ek die band ook af vir n deeglike inspeksie. Die bliksem was n kort spyker wat in die tyre bly sit het en aanhou om die tube te skeer. Gelukkig het n n klein koeltekolletjie en n klein riviertjie gehad vir hierdie mission. Moerse vriendelike boere wat drie keer kom kyk het of ek orait is. Die een Oom wou selfs vir my petrol gee, n ekstra tube gee, selfs gevra of ek na sy huis toe wil kom om sy kompressor te gebruik. Ek het in spanning gewag en gehoop hy offer sy dogters ook vir my!   :biggrin: >:D 
Ongelukkig toe nie, maar moerse vriendelike mense  :thumleft:

Nie te lank nie en ek is weer oppad. Steek oos na die Orange Elephant waar ek die aand by John se backpackers spandeer het. Lekker gesit en gesels saam John en n paar biere en pizza ingesluk. Dankie baie vir jou gasvryheid John  :thumleft:

Vroeg in die kooi....more is nog n lang dag
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 12, 2015, 08:47:46 am
nog
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 12, 2015, 08:53:42 am
is daai laaste foto 'n #nutscape? of is dit jou vinger?
darm net my vinger

Very nice. I like the Spot gadget that you use to track your progress with, would like to know your opnion of it. Travel safely and enjoy!
So far the SPOT is awesome. I have the Gen2 which only tracks your point every 10min. The Gen3 can track your location up to every minute ( I think ), which can be a moerse benefit.
Also the GEOS rescue service is quite sorted ( hopefully Ill never have to use it ).
Tested the 'CHECK IN' function. Message comes through in roundbout 15-20min from pressing the button.
I LIKE  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 12, 2015, 09:17:45 am
Dag 5 - 9/12/2015

John is vroeg die oggend aan die gang en ek word wakker uit my slumber, klap n koffie, kit op, en val weer in die pad ( my balans is bietjie gefok ) !
Net suid van Addo is n grondpad wat deur n reservaat met wilde diere hardloop. John gese daar is buffels, leeus, cheetas ens. Besluit toe ek gaan dit waag, as hulle my try vreet gan hulle elkgeval net aan bene peusel. Set my Gopro op, reg vir aksie, en wragtig......sien ek fokol! Nie eens n bokkie nie! Ek hou aan oos.

Ry lekker grondpaadjies naby die kus, al die pad tot by Kenton-on-Sea. Ongelukkig moes ek bietjie op teer klim, stof is nie so maklik om aan te hou link hier nie. Maar ek hou aan oos!
By Seafield se area kry ek weer grondpad en zig-zag weer deur paadjies. Net noord van Oos London kry ek n shortcut op my GPS wat so lanks n dam verbyloop. Klim toe op hom en ry. Met hierdie paadjie sal ek om Oos London ry en hoef nie deur die stad te gaan nie. So met die ry word die paadjie al hoe nouer en nouer, tracks begin verdwyn, en die doringbome begin my al hoe meer krap! En toe so om n draai is daar fokkol! Ek kon sien hierdie pad was baie baie lanklaas gery. So hier moet ek weer omdraai  ::) Hierdie is mos n avontuur  :biggrin:

Klim toe maar op teer en bliksem deur Cintsa Oos toe waar ek n paar dae by my vriend gaan relax!

Soos dinge mos maar loop met ou vriende, raak ons heweglik gesuip, party kliphard by Baccaneers backpackers en stompel, kruip, val en leopard crawl oor die mond terug na sy huis toe net so voor die son sy kop weer uitsteek.

Ek moet bieg. Die Oos Kaap is vir my n baie mooi wereld en ek is baie vinnig besig om hard verlief te raak op hierdie groen rolling hills!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: SchalkL on December 12, 2015, 09:58:24 am
is daai laaste foto 'n #nutscape? of is dit jou vinger?
darm net my vinger

Very nice. I like the Spot gadget that you use to track your progress with, would like to know your opnion of it. Travel safely and enjoy!
So far the SPOT is awesome. I have the Gen2 which only tracks your point every 10min. The Gen3 can track your location up to every minute ( I think ), which can be a moerse benefit.
Also the GEOS rescue service is quite sorted ( hopefully Ill never have to use it ).
Tested the 'CHECK IN' function. Message comes through in roundbout 15-20min from pressing the button.
I LIKE  :thumleft:
Very interested in your SPOT. If you don't mind please elaborate.
What is the short and longterm costs of it?
How does GEOS work, how much do you pay for what?
Tx
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Prototype on December 15, 2015, 01:32:50 pm
Dag 5 - 9/12/2015

Soos dinge mos maar loop met ou vriende, raak ons heweglik gesuip, party kliphard by Baccaneers backpackers en stompel, kruip, val en leopard crawl oor die mond terug na sy huis toe net so voor die son sy kop weer uitsteek.


Pirates will be pirates nť...  :lol8:

So hoe gly daai blue labels af? Beter as zamalek?
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Jors Troelie on December 17, 2015, 05:37:08 pm
I noticed he last clocked in yesterday 11:25 in Underberg. Hope all is fine.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 17, 2015, 06:03:57 pm
Dag 5 - 9/12/2015

Soos dinge mos maar loop met ou vriende, raak ons heweglik gesuip, party kliphard by Baccaneers backpackers en stompel, kruip, val en leopard crawl oor die mond terug na sy huis toe net so voor die son sy kop weer uitsteek.


Pirates will be pirates nť...  :lol8:

So hoe gly daai blue labels af? Beter as zamalek?

Die bloues is lekker. Mar n zamalek bly ma lekker

I noticed he last clocked in yesterday 11:25 in Underberg. Hope all is fine.

Thanx for checking up. Im 100%, never been better! Took 2 days off to explore this area, and wait for a new rear tyre.
Tomorrowmorning Ill be sorted again  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on December 17, 2015, 06:06:22 pm
Die reporting is so bietjie op halt gesit, sal lekker skryf as ek toegang het tot n ordentlike rekenaar. Behoort in Louis Trichardt te wees
 :ricky:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Casting from Turd on December 17, 2015, 06:26:11 pm
Die reporting is so bietjie op halt gesit, sal lekker skryf as ek toegang het tot n ordentlike rekenaar. Behoort in Louis Trichardt te wees
 :ricky:

Mooi tjom  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: chakm on December 27, 2015, 08:31:59 am
Hi Morokai.

Nice to meet you at the Sani Top Backpackers.
Hope the rest of your trip goes awesomely. 

(https://dl.dropboxusercontent.com/u/14644191/WilddogsPictures/1-DSCN3722.JPG)
(https://dl.dropboxusercontent.com/u/14644191/WilddogsPictures/1-DSCN3723.JPG)
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Sardine on December 27, 2015, 08:49:25 am
 :drif:
Lekker!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 02, 2016, 05:41:48 pm
is daai laaste foto 'n #nutscape? of is dit jou vinger?
darm net my vinger

Very nice. I like the Spot gadget that you use to track your progress with, would like to know your opnion of it. Travel safely and enjoy!
So far the SPOT is awesome. I have the Gen2 which only tracks your point every 10min. The Gen3 can track your location up to every minute ( I think ), which can be a moerse benefit.
Also the GEOS rescue service is quite sorted ( hopefully Ill never have to use it ).
Tested the 'CHECK IN' function. Message comes through in roundbout 15-20min from pressing the button.
I LIKE  :thumleft:
Very interested in your SPOT. If you don't mind please elaborate.
What is the short and longterm costs of it?
How does GEOS work, how much do you pay for what?
Tx
Well....need to do an annual subscription @ $180. Included in this subscription is the GEOS service. Its an international SOS/911 monitoring and emergency response centre which deployes a emergency rescue via chopper/road/boat whatever needs be to your location once the SOS button  has been pressed. The costs for deploying the rescue is the users responsibility.
BUT, one can take out reimbursement insurance ( for up to $100 000) for ekstra $20 per annum.
User gets taken to closest hospital or rescue centre. GEOS service done. Everything else on user.

Also, real time tracking of up to every 2 1/2 min ( with the GEN3 spot, I have GEN2 which is 10 min ). Keeps your tracking points for up to 30 days on internet, you can download tracked map in gpx and klm formats. Send CHECK IN messages as well as pre-written messages.

All the info can be found here
http://africa.findmespot.com (http://africa.findmespot.com)

Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 03, 2016, 09:59:18 am
Terug in die kaap, festive seisoen is verby, tyd om weer aan te gan met die storie.

Dag 6-8     10/12-12/12/2015

Het vir so paar dae hier laag gelÍ in Cintsa. In hierdie tyd so paar agterpaadjies gaan ry en die area bietjie ontdek. Pragtig. Het een keer hard neergekom toe ek in n donga beland en nie weer kon uit nie, het so rukkie geskuur en bike het op my been geval, nogals gestoei om onder uit te kom. Gelukkig niks ernstigs nie, ek en my bike was fine. Dit is mos n Suzuki inelkgeval  :biggrin:

Ook in hierdie tydperk het Dietmar besluit om vir so paar dae saam my te kom ry, deur Transkei en Lesotho.

Excellent, en so was daar twee van ons  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 03, 2016, 10:34:53 am
Dag 9 - 13/12/2015

Aand voor die tyd is als gepak en bikes opgestrap. Die opgewondenheid maak dit weer so bietjie moeilik om lekker te slaap. Yes, die trip gaan weer aan.
Vroeg Sondagoggend al wakker en kom so net na sonopkoms weg uit Cintsa. Ry meestal teerpad tot by Keimond waar ons arriveer met als wat nog toe is, selfs die petrolstasie. Ry bietjie rond en kry n plek wat ons nog n koffie gee.

Opgevul en gecaffinated is ons eerste op die vlot, oor die mond, en in die Transkei. Ek was so 9 jaar terug deur die kai en het n baie awesome experience gehad, so was opgewonde om die keer met n bike deur te ry. Maar baie onlangse reports van mense het vertel hoe teleurstellend die kai nou is.  ???

Die eerste uur se ry was baie lekker. Paadjies mooi, rolling hills pragtig, min ander mense op die pad maar toe ons die groter villages begin nader begin dit suid gaan.
-Klein fokkerkies wat ons met klippe gooi
- Bliksems wat in die middel van die pad kom staan, oopgesprei, asof ons te probeer stop
- Opgehou tel hoeveel gestures gemaak was vir geld, handjies uitgestrek om te bedel
- n Blou golf wat ons van die pad af probeer ry het....eks seker hierdie donners was heweglik gesuip gewees
- Paaie het al hoe meer rutted en vol gate geraak

So ons maak to Coffee bay so net na 13h00, eet n burger en drink n bier om te besluit wat ons volgende aksie sou wees. Plan was om in een dag deur die kai te ry, maar ons was nou nogals gatvol en afgepiss vir hierdie plek, en ook ons het petrol gekort op n sondagmiddag. Na nog n paar biere besluit ons toe om maar daar te kamp en more  verder die goeiende klippe aan te durf. Het toe glad nie sleg uit gedraai nie, lekker tyd gehad om mooi roete te beplan na Maclear, n groot groep duitsers wat ook by Buccaneers was n paar aande terug was toe ook daar.

Was n gesellige aand, moet sÍ, het goed geslaap daai aand
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Prototype on January 04, 2016, 11:20:04 am
Lekker bra, bring it, die kantoor is stil...

Jammer om te hoor die Kei is nou so westernized
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 04, 2016, 11:31:41 am
Dag 10 - 14/12/2015

Lekker vroeg wakker en amped om uit die kai te kom. Bliksem die reguitste pad tot waar ons kan petrol kry en ry oos om Mthata. Die heel oggend ry ons in effense van n drizzle maar woord harder hoe meer ons noord raak. Paaie begin ook meer en meer nat raak. Veilg oor die N2 en buite wyke van Mthata oppad noord na Maclear.
Net begin ontspan van die negatiewe ervarings in die kai, raak die pad lekker modderig. Dietmar se agterwiel gly uit onder hom en skiet om sideways binne n donga in. Ek was nie by toe hierdie gebeur het nie, so die bra het sy bike self daar uitgesleep. Darm betyds terug om fotos van die crash site te neem.

Ry so bietjie verder uit die modder uit en by ons volgende stop sien dat die kawa iets lek. Na nadere ondersoek.....dis die radiator! Fok! Gelukkig aan die bo-kant van die radiator. Nurse die kawa tot by Maclear waar ons direct word na AC spares. Manne sÍ hulle het nie gas om hom te weld nie, maar ons try hom fix met Q-Bond. Wat wonderlike goed. Kraak is gefix en pressure tested. Dit hou!

Ons slaapplek was by Tsitsa Falls backpackers. Pragtige plek met pragtige mense. Sal hierdie spot highly recommend. Groot riviere wat loop as daar water is, white water rafting. Boesmantekeninge asook n lekker foefieslide!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 04, 2016, 11:33:36 am
Lekker bra, bring it, die kantoor is stil...

Jammer om te hoor die Kei is nou so westernized

Ja dit is nŤ
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 04, 2016, 12:31:51 pm
Dag 11 - 15/12/2015

Vandag is Lesotho!!!  ;D ;D ;D ;D
Maar voor dit gebeur, skiet ek vinnig af vir n vroeŽ oggend foefieslide om hierdie epic dag mee te begin. Vandag, geen koffie nodig nie  :thumleft:

https://www.youtube.com/v/AFp5zv7GFHE

Na die vinnige adrenalin spike, skiet ons teerpad deur na Matatiele vir n opvul van petrol, bier en bietjie kos  ;)
Arriveer so 10am by Qacha's Nek grenspos en binne 15min is ons heeltemal deur en in Lesotho. Ek hou al klaar van hierdie plek. Binne 10km is ons in n roadblock en die polisie stop ons net om vriendelik te vra oor ons trip sover.  :thumleft:

Ons plan was om na Sehlabathebe te ry dan noord na Sehonghong in die A3 se rigting. Wou die Sani backpackers maak voor sononder.
En soos dit sy maak ons die hoogste punt landmark soos die son wegraak agter die horison. Darm nie te vÍr van die backpackers af nie!
Wat n epic dag! 13ure in die saal met van die mees spectacular scenery en mense wat ek al ontmoet het. Lekker technical klipperige paadjies, sanderige sections, op en af, klein rivier kruisings en bietjie modder.

Lekker moeg maar satisfied drink ons so paar biere, ontmoet vir Evans_V & Kevin by die backpackers en praat bietjie oor bikes en paadjies.

n Dag om te onthou, Lesotho ek sien jou gou weer!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 04, 2016, 12:33:51 pm
Lesotho
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 04, 2016, 03:28:31 pm
Hi Morokai.

Nice to meet you at the Sani Top Backpackers.
Hope the rest of your trip goes awesomely. 

(https://dl.dropboxusercontent.com/u/14644191/WilddogsPictures/1-DSCN3722.JPG)
(https://dl.dropboxusercontent.com/u/14644191/WilddogsPictures/1-DSCN3723.JPG)


Was lekker to meet you guys aswell  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 04, 2016, 03:43:11 pm
Dag 12 - 16/12/2015

So bietjie ingelÍ hierdie oggend, en na so bietjie kakpraat saam die ander bikers is ons na die hoogste pub toe vir n ontbyt voor ons Lesotho verlaat. Die Sani pas is verskriklik pragtig as mens afry, dink dis awesome as mens opry!! Hoop nie die pas word nog geteer nie.

My agterband was nou finaal klaar en eks toe drasties opsoek na n nuwe band. Gehoor van n bikeshop in Himeville, so reguit soontoe na die pas. Kry die shop gesluit, dis mos n vakansiedag  :-\

Underberg is ook Dietmar se omdraai dorp. Ons eet gou die laaste lunch saam by die Underberg pub. Dietmar skiet terug Cintsa Oos toe en ek vind n baie cool backpackers net buit Underberg. Khotso backbackers. Sal dit ook recommend!
Van nou af ry ek weer alleen, waaroor ek weer opgewonde is, al is dit moerse lekker om saam buddies te ry!
Die middag word spandeer om my bike bietjie n once-over te gee, chain en air filter bietjie skoon te maak en alle nuts&bolts te check na die klipperige Lesotho paaie.
Ontmoet n mede hond by die backpacker, Riaan Bester op sy nuwe Tenere. Drink n paar biere oor biking stories en fix sy nommerplaat wat besig was om af te donner.

Later die aand gaan jol ek saam die backpacker staff, en paar foreigners by die Underberg pub. Hiers ek alweer terug. Moerse lekker party en meer gaan uitpass as gan slaap!

More sal n rustige dag wees terwyl ek n ander band probeer opspoor.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 06, 2016, 06:19:46 pm
Dag 14 - 18/12/2015

Na bietjie Underberg area ontdek, nuwe agterband op ry ek Durban se rigting toe om een van my gunsteling Heavy Metal bands te sien.

Eerste show in RSA, intieme venue en baie Black Label quarts.

Wat n epic aand!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 07, 2016, 01:00:35 pm
Dag 15 - 19/12/2015

Met nogals min slaap, moerse babbelas en n stywe nek van al die headbanging ry ek noord uit Durban uit. Raak sommer lekker pissig vir al die traffic op die pad. Ek wil hier uit. Daar was nie veel van n reguit grondpad na Richards baai se kant toe nie, opt toe maar vir teer om bietjie tyd en afstand op te maak.

Na Richards baai was nogals lekker sanderige paadjies om te ry, het sommer gou my babbelas weggesweet. Mooi suikerriet velde tussen al die Kwazulu-Natal se villages. Op n stadium raak ek heeltemal verdwaal, my gps wys my daars n pad, wat in realiteit nie daar is nie....reguit deur n suikerriet veld. En hier ontmoet ek twee klein knapies wat baie vriendelik na my gehardloop toe kom. Praat geen engels nie, maar met vingertaal en beskrywings verstaan ek half dat die pad weer aangaan deur die suikerriet veld. Wel , toe ry ek deur, oor klomp bossies en n droŽ rivierloop maak ek dit anderkant uit, weer op n noticeble grondpad.

Wou graag die aand in Sodwana bay oorslaap, kon dit nie so ver maak nie. Bly toe maar die aand in St. Lucia by Bibi's backpackers. Lekker moeg, hierdie was nie n laat aand nie!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: 0012 on January 07, 2016, 01:41:06 pm
lekkerrrrr   :ricky:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: ROOI on January 07, 2016, 03:23:35 pm
SUBSCAIB  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Prototype on January 10, 2016, 11:21:22 am
Rus dag op d Dakar, lat jy skryf!  :sip:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Rooi Wolf on January 10, 2016, 03:32:10 pm
Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Black_Hawk on January 11, 2016, 03:05:23 pm
Bie nice RR en mooi foto's. Geniet die rit  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: ClimbingTurtle on January 11, 2016, 03:17:11 pm
Lekker RR!

Ingekryf....

 :biggrin:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 11, 2016, 03:50:05 pm
Rus dag op d Dakar, lat jy skryf!  :sip:
ja ne....was 2 smoke ry dag gewees  :thumleft:

Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
yip ek het, amper klaar met die eerste helfte se geskryf, sal dan die map post!

Daar is drie areas wat vir my uitstaan :
Swaziland
Lesotho
Oos Kaap
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 11, 2016, 04:21:19 pm
Dag 16 - 20/12/2015

So vandag is die Oostelike punt! Vok ja!

Lekker vroeg wakker en op die pad....slaan sommer vinnig vinnig sandpaadjies wat my instantly wakker maak.
Hoe nader ek aan Kosi Baai kom, hoe meer moerse 4X4's sien ek op die pad. Die valies gaan lekker speel in Mozam!

Kom by die grenspos aan en sien die bord waar ek my foto wil neem. Ry lekker rustig tot voor die bord, hak my voorwiel in dik sand vas en ek bliksem neer. Reg voor die vokken border post. Been sit bietjie onder die bike vas maar na so klein struggle is ek vry en tel my bike op. Ek sien n man nader stap en sÍ vir my : ' Ek hoop nie jy wil in Mozambiek ingaan nie, want as jy hier neerdonner gaan jy dit nie maak nie!'. Haha, hy praat die waarheid, dit weet ek is n feit.
Praat so bietjie stront saam die oom, neem my cornerselfie, en weg is ek. Volgende grenspos.....Swaziland  ;D ;D ;D

Ek kruis die Golela grenspos rondom so 14h00 en is binne Swaziland.....bliksem maar dis warm. Praat met n local en hy sÍ dis warmer aan die oostelike kant van Swaziland as die binneland. Soos ek staan en sweet besluit ek toe maar om reg deur die middel van Swaziland te ry. Ek doen toe hierdie en wat n fantastiese land. Mense en topografie is net awesome. Pragtige grondpaadjies en valleie.

Slaap die aand oor in Sondzele backpackers naby Manzini. Pragtige plek, ek sal hierdie een ook aanbeveel. Was die enigste kamper gewees, het in vrede na n moerse mooi uitsig gekyk terwyl bokkies en vlakvarke in n veld voor my wei met sonsondergang.

11h30min in die saal vandag, picture perfect kamparea, vanaand slaap ek met n MOERSE smile op my gesig!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 11, 2016, 05:03:21 pm
Dag 17 - 21/12/2015

Word wakker met die geritsel van gras soos vlakvarke naby my besig is om ontbyt te eet. Drink lekker rustig koffie en n Hansa terwyl ek res van my roete deur Swaziland beplan, en nogals met n baie mooi view.

En weereens sal ek dit sÍ, Swaziland is awesome. Wil graag weer terugkom na die land toe en meer tyd hier spandeer. Glo daar is baie lekker paaie om hier te ry! Swaziland, jy sal my weer sien!

In RSA se kant weer, mooi pas af na Baberton toe. Ry n pragtrige grondpaadjie langs Swaziland grens en noord na Nelspruit toe.

Kom by n roadblock net oos van Nelspruit en dit was een arrogante, onbeskofte fokker!
HY : 'License!!!'
EK : Gee vir hom, haal my helmet af en groet hom vriendelik
Hy : 'This is an offroad bike and it is not legal'
Ek : 'Yes it is'
Hy : 'Since when?'
Ek : 'Always' - toes ek mos nou lekker moerig van sy arrogansie, maar ek hou my vriendelike pose - wil nie hier kak kry nie
HY : 'Bike license?'
Ek : Klim van die bike af en wys vir hom
HY : 'License is expired'
Ek : Wou sÍ KAK MAN!! maar het toe nie, wys vir hom baie kalm waar die syferkies staan en dat hy legal is.
HY : Loop nog drie keer om my bike en beloer alles. Druk my lisensie voor my gesig sodat ek hom kan vat.
EK : Klim op my bike en weg is ek

Gelukkig het ek my nommerplaat opgesit voor die trip.Welkom terug in die noorde Willem! n Goeie herinnering hoekom ek suide toe getrek het.

So hier begin die areas waaroor ek bietjie onseker was om te ry. Ek self het in die noorde groot geword en weet hoe baie villages daar is en hoe ongemaklik dit sal wees om in een stuck te raak met n showstopper.
Probeer maar my bes om 'beter' roetes te beplan, maar soos dit toe sy, ry ek vir n hele ruk deur plekke waar ek nie juis wou wees nie. Kry moerse negatiewe looks, of dis hoe dit gevoel het. Mens moet mos jou instincts vertrou. En hierdie was die eerste keer op my hele trip wat ek nie meer veilig gevoel het nie.

Ry stuk stuk grond en teer tot by Hazyview. Bly in Gecko backpackers vir die aand.
Soos ek my seil uitspan begin groot donker wolke opbou. Iets is aan die broei. Nie te lank van daar af nie, skop die backpackers se krag uit en die wolke maak oop. n Moerse donderstorm  ;D Hierdie is wat ek baie mis van die noorde! Sit ek en smile baie breed in die bar om kerslig terwyl die foreigners benoud lyk! Vanaand sal my slaap setup goed getoets word. Dit reŽn vir so 2 ure kliphard en terwyl dit so liggies drip drip keer ek na my slaapplek toe. En soos ek gehoop het, en nogals tot my verbasing, is dit lekker droog onder my seil. Gelukkig het die reen reguit afgekom en nie skuins nie  ;)

Lekker droŽ slaapplek en n  :thumleft: vir my waterproof seil!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Rooi Wolf on January 11, 2016, 05:09:10 pm
Quote
Quote from: Rooi Wolf on Yesterday at 03:32:10 pm
Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
yip ek het, amper klaar met die eerste helfte se geskryf, sal dan die map post!

Daar is drie areas wat vir my uitstaan :
Swaziland
Lesotho
Oos Kaap

 :thumleft:

Lekker man lekker!!

Ek sien jou gou dan kan ons om 'n lang kampvuur nog baie van jou staaltjies hoor!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 11, 2016, 05:13:13 pm
Quote
Quote from: Rooi Wolf on Yesterday at 03:32:10 pm
Het jy 'n kaart van jou roete wat jy kan post?

Watter area was vir jou die lekkerste ry sover?
yip ek het, amper klaar met die eerste helfte se geskryf, sal dan die map post!

Daar is drie areas wat vir my uitstaan :
Swaziland
Lesotho
Oos Kaap

Lekker man lekker!!

Ek sien jou gou dan kan ons om 'n lang kampvuur nog baie van jou staaltjies hoor!
Ja verseker bra! Die sandpad wag  :thumleft:
 :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 11, 2016, 05:32:11 pm
Dag 18 - 22/12/2015

Na n lekker aand en die reuk van vars reŽn staan ek op en maak reg om die laaste stretch te ry. Maar was al klaar gatvol gewees vir die local population.

My idee was om naby die Kruger se grens op te ry en by Phalaborwa se kant wes te skiet na Louis Trichardt. Hoe meer ek wik en weeg hoe om te ry, hoe minder was ek lus vir locals met attitude en chrismas fever! Kies toe maar n roete van Hazyview af, Graskop toe en dan noord na Tzaneen. Ry weer so stuk stuk grond en teer, en moet bieg, baie mooi grondpaadjies, ek het hierdie rit baie geniet. Het mooi gekyk om die villages te mis.

N vinnige lunch in Tzaneen en vandaar maar net teer gebliksem deur Soekmekaar tot by Louis Trichardt. My halfway stop.

En na 18 dae en 4872km in die saal maak ek dit in een stuk tot by my moeder se huis in LTT. Geen probleme met my bike nie, een puncture en onbeskryflike joy!

So hier in LTT, doen ek n deeglike overall van my bike en maak haar reg om vir n paar maande daar te staan. Die ride report moet ook nou eers op stilstaan kom. Realiteit is terug en ongelukkig moet mens maar weer gaan werk!

Hierdie 3 weke op my fiets was een van die mees profoundste experiences van my lewe. Amazing plekke gesien, fantastiese mense ontmoet, myself en my fiets het baie gegroei!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 11, 2016, 05:37:12 pm
Hier is die roete van die eerste helfte van my trip!

.gpx en .klm versions aangeheg
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: weskus on January 12, 2016, 07:48:04 am
Daai klipperige pas nadat jy by Qachas ingesgaan het is Matabeng pas, vir my baie mooier as Sani en nog ongerep..
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 12, 2016, 07:53:36 am
Daai klipperige pas nadat jy by Qachas ingesgaan het is Matabeng pas, vir my baie mooier as Sani en nog ongerep..

Ah dis die pas se naam, het gewonder oor hom. Thanx Dewald.
En ek stem saam. het die pas ook meer geniet as Sani pas  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: weskus on January 12, 2016, 09:03:46 am
Daai klipperige pas nadat jy by Qachas ingesgaan het is Matabeng pas, vir my baie mooier as Sani en nog ongerep..

Ah dis die pas se naam, het gewonder oor hom. Thanx Dewald.
En ek stem saam. het die pas ook meer geniet as Sani pas  :thumleft:
Net onder Matabeng, een van my favourite Lesotho fotos..sorry vir highjack.. ons mekaar net-net gemis in Lesotho lyk dit my..
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Prototype on January 12, 2016, 09:05:20 am
Dag 17 - 21/12/2015

Drink lekker rustig koffie en n Hansa...


Wahaha! Breakfis of champions ja  :thumleft:

Moerse mooi fotos en lekker stories hier bo bra, nice one.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Horizon Seeker on January 12, 2016, 09:57:15 am
Definitely a bucketlist route this!  :thumleft: :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: ClimbingTurtle on January 12, 2016, 10:18:20 am
Definitely a bucketlist route this!  :thumleft: :thumleft:

I wonder if a GSA would cope....?
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Horizon Seeker on January 12, 2016, 11:07:03 am
Im sure it will  :thumleft: Quite heavy! but my old girl would definitely be fine :thumleft: she's a tank!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: husky28 on January 12, 2016, 11:35:31 am
Awesome RR. Lekker gelees en saam gery.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on January 14, 2016, 08:17:17 am
Daai klipperige pas nadat jy by Qachas ingesgaan het is Matabeng pas, vir my baie mooier as Sani en nog ongerep..

Ah dis die pas se naam, het gewonder oor hom. Thanx Dewald.
En ek stem saam. het die pas ook meer geniet as Sani pas  :thumleft:
Net onder Matabeng, een van my favourite Lesotho fotos..sorry vir highjack.. ons mekaar net-net gemis in Lesotho lyk dit my..

sharing is caring  ;D....pragtige foto
Definitely a bucketlist route this!  :thumleft: :thumleft:

I wonder if a GSA would cope....?
Definitely it would. Met a guy at Sani backpackers who also did Matabeng pass, solo, with his GS.  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: ClimbingTurtle on January 14, 2016, 08:59:01 am

I wonder if a GSA would cope....?
[/quote]
Definitely it would. Met a guy at Sani backpackers who also did Matabeng pass, solo, with his GS.  :thumleft:
[/quote]

Good News!!

And I have been known to try and take the Lump to places not really designed for a quarter-tonner....  :biggrin:

I think I will plan a trip!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 25, 2016, 06:15:02 pm
Dag 19 - 9/2/2016

Was nou al n wyle terug in Kaapstad, gewag vir werk wat toe nou nie gebeur het nie. So in hierdie maand by die huis het dit aan my geknaag om die trip klaar te maak, die trip was die heeltyd in my kop gewees.

Dinge weer gereel en begin Februarie vlieg ek op Louis Trichardt toe. Tyd om klaar te maak. Soos ek daar aankom sien ek my voorste suspensie lek olie, @#%&!!  >:( :patch:

Wel, is wat dit is, bestel parte deur Suzuki in Pietersburg, haal suspensie af en vat dit deur die volgende week om gefix te word. Dit was nou Maandag die 8ste. Selfde aand suspensie terug gesit. More n dagtrip gaan doen en kyk of alles orait is.

Besluit toe sommer om my Noordelikste punt te maak. Lekker roete gery oor die berg, deur Wylies poort, langs Mapungubwe Natuur reservaat en Alldays se kant weer teug na Louis Trichardt.

Na hierdie dagtrip deur die bosveld en rooigrond sak my hart sommer na die verlange na hierdie pragtige wereld. Rooigrond sal maar altyd in my bloed bly!

Bike is 100% en dit voel weer moerse goed om terug op my ysterperd se saal te wees en die grondpaaie deur te thump. Maar besluit toe om n week langer in Louis Trichardt te bly voor ek heeltemal wegspring. Hier is dinge wat my terug hou en dis moeilik om weg te kom
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 25, 2016, 06:24:51 pm
Dag 20 - 15/2/2016

Het hierdie wegspring dag die heeltyd uitgestel en uitgestel. Uiteindelik toe hier, maar ry weg en los Louis Trichardt in my stof met n baie swaar hart.

2 Gevaarlikste dinge in die lewe....bikes en vroumense....albei laat n mens se kop spuit!

Spandeer maar baie tyd op die bike vandag en luister na my fmf pyp wat brul hier langs my. Ry Ellisras se rigting toe en toe deur na Thabazimbie. Spandeer die aand by Oasis campsite, braai n worsie en skaap tjoppies, drink bier en dink heeltemal te veel.

Moerse ongemaklik geslaap, my skuins le setup is nou nie baie gekant teen miskiete nie  :-\
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 25, 2016, 06:47:37 pm
Dag 21 - 16/2/2016

Voor sonop wakker en begin bike pak so tussen die krap van al my nuwe miskiet byte. Voel bietjie beter vandag en is lus vir ry.

Arriveer by Derdepoort net soos hulle die petrol pompe regmaak vir diens. Eet n broodjie en n breakfast bier en koop n stokkie tabart, dit sal ten minste n bietjie help vir die volgende aande.

Teen 9am voel ek hoe die sweet teen my afloop terwyl ek ry. Dis moer warm. Het beplan om 2 spoor paadjies langs die grens af te ry, maar dit het toe nie so uitgewerk nie. Was geadviseer deur n local oom om nie net binne grond te gaan ry nie, dis die local village's se grond en die chief sal nie te bly wees nie, asook, het nogals verlore geraak deur die netwerk van paaie in die villages. GPS het dit nie goed opgetel daar nie. Mar nou ja.

Stop weer naby Gopane en drink bietjie Hansa terwyl ek met locals gesels en die shabeen se hip hop musiek kliphard bliksem.

Kom sopnat gesweet by Mahikeng aan. Kry n lekker leplek vir die aand en eet by die Buffalo lodge  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 10:04:35 am
Dag 22 - 17/2/2016

Vandag se roete is al langs die Molopo rivier tot by Bray. Gehoor hier is lekker plekke om te oornag.
Heel oggend ry ek in bewolkte weer wat nogals aangenaam was na gister se hitte. Eerste 100km was ongelukkig teer maar verander in lekker grondpad wat al hoe meer sanderig raak hoe nader ek aan Bray kom.

Kry n lekker doring boom om onder te slaap in Palma Lodge se kamp terrein. Moerse nice plek, lekker bar en lekker mense.
Ontmoet vir Ruan86 daar met van sy pelle. n Lekker kuier sessien ingewerk en gan vir n sunset drive om die wereld te bekyk terwyl die Red Heart rum loop agter op die bakkie.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 10:19:49 am
Dag 23 - 18/2/2016

Vroeg in die pad en skiet al stof op soos die son sy kop begin uitsteek. Al langs die grens af tot by Vorstershoop en verder na McCarthy's Rest. Gehoor ek kan hier petrol kry, maar hier was toe nie. Shit. Het so 100km tot by Black Rock waar ek kan opfuel en ek het net so 60km se petrol oor in my tank. Niks wat ek nou daar aan kan doen nie, sien net diesel bakkies op die pad. Nurse toe mar my bike teen 40/50km/h in 5de in moerse bloedige hitte. Dit was nogals hel gewees.

Maak dit so ruk ruk tot by Black Rock se petrol stastie en gooi 20.69l in my 19l tank. Glo die laaste ruk was net op petrol in my carb gewees. Nog nooit my bike so ver op n tank gestretch nie.

Reg om weer in die pad te val tot by Van Zylsrus waar ek stop vir lunc en refreshments by die hotel. Die aircon in die bar was amazing, gesukkel om daar weg te kom.
Laaste stretch van die dag is al die pad tot by Molopo Lodge naby Askam. Wat n oasis!!!  :thumleft:
Lekker stukkend en moeg kry ek n slaapplek met n bed en aircon vir R250p/n. n Moerse bargain!

Bly toe in hierdie oasis vir 2 aande, tokkel bietjie aan die bike en doen nodige maintenance.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 10:42:01 am
Dag 25 - 20/2/2016

Lekker uitgerus by Molopo Lodge en reg vir die laaste stretch tot by die huis. Hierdie kalahari is pragtige wereld, veral hoe die rooi sand bloei met sonsopkoms en ondergangs.

Ry Hakskeen pan se rigting toe, koel wind wat waai en pad is nat. Bly vir die klammigheid in die lug. Wou baie graag donutgs op die pad gaan gooi maar ek het 2 hekke probeer en altwee was gesluit gewees. Die ooste en noorde kante van die pan. Die ingangspunte vanaf die teerpad was vol water en moerse modderig so het nie daardeur gegaan nie.
Wel, kan petrol opvul in Rietfontein en dan by die weste probeer ingaan.
  :-\ Rietfontein se unleaded petrolpomp werk nie. %#&*
Nou sal ek nie die volgende petrol stop maak as ek op die pan gan speel nie. Wil regtig nie weer die bike vir 2 ure nurse teen 40km/h nie!

Dit is nou maar wat dit is, sluk die gedagte en ry langs die Nam grens na Noenieput toe vir petrol. Moerse pragtige landskap hierso.

Kom by Augrabies lodge aan vir die aand, more oggend gou waterval toe.

Hierdie lodge het groot  :thumleft: van my af. Solly die barman is moerse nice en hy hou sy bar spotless! Die management van die lodge het my verbly verniet vir my gegee nadat hulle gehoor het van my trip. Amazing, daar is nog regte mense se mense daar buite. Dankie baie
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: cloudgazer on February 26, 2016, 10:55:48 am
 :thumleft:
awesome.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Adventurous on February 26, 2016, 10:57:50 am
Nice RR  :sip:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 11:01:44 am
Dag 26 - 21/2/2016

7am by Augrabies valle, net soos die hekke oopmaak. Stap vinnig na die waterval toe. Baie min vloei van die water, ons land sukkel maar op die oomblik.

Moerse lekker grondpaaie na Pofadder se rigting. Bly om terug in die geliefe Noord Kaap te wees!
So 30km voor Pofadder begin my bike sputter. Clutch in throttle groot oop, dan ry die bike weer vir n ruk, proses word herhaal. Aaaa, voel soos n carb wat gebolk is. Ry maar so ruk ruk na Pofadder toe, sal die probleem daar uitsorteer. Moet se, eerste probleem wat my bike gee terwyl ek ry. Amazing!

So dis nou n sondag in n klein karoo dorpie, kan nie carb cleaner by een van die petrol shops koop nie. Gaan toe maar na Pofadder coffee shop toe, eet lunch en praat met die mense daar. Hulle ken toe vir Andries wat n workshop het, ek bel hom gou en hy kom om met n blikke carb cleaner. Dankie baie  :thumleft: jyt my moerse gehelp daai dag.

Kry toe n kamer daar by die coffee shop en kan hulle afdak agter gebruik om die probleem uit te sort.

Lekker gekuier saam die mense daai sondag
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 11:30:40 am
Dag 27 - 22/2/2016

Vanaf Pofadder, ry in Pella se rigting en wes na Goodhouse. Gedink daaraan om die Namaqua 4x4 trail tot by Vioolsdrif te ry. Bike is nou weer reg en ek het nog baie daglig oor.

Vra locals oor die roete en hulle se hy is nie so sleg nie, die 2 spoor wat ek nou al klaar gery het is erger sand as wat kom. Maar hulle het niks gese van die klippe en die uitgespinde hiil climb wat voorle nie  :-\

Wel, op die 4x4 roete en wat n plesier. Pragtig pragtig, lank terug so lekker gery. Deur klein koppies, in droe riviere, heuweltjies en klippe. Dramatiese landskap en die stilte en solidariteit is net asemrowend.

Net so deur n rivier sien ek hier is n moerse heuwel wat kom, nou eks klaar op spoed en besluit om maar daar te bly. Bliksem die heuwel op in 3de rat, 10m verder na 2de rat en daar is klippe, dongase orals. Hierdie deel is moerse sleg en baie uitgespin deur die 4x4's. Met my spoed en ronskiet links na regs oor die pad maak ek dit net so oor halfpad op waar ek my bike neersit. Natgesweet en adrenalien wat pomp. Haal toe maar my baggasie af en dra dit tot bo die heuwel, gat is bietjie swaar en heuwel is steil. Klim toe terug op my ysterperd, praat paar mooi woordjies en maak dit tot bo geen probleem. Lekker viewpoint van hier bo. Wereld is maar dor, maar pragtig!

Maak die 4x4 roete klaar....wat n plesier!

Ry tot by Vioolsdrif vir petrol, gehoor hier is aan RSA kant!  :o Geen paspoort by my nie, so kan nie grens kruis nie en ons polisie wil my nie oor eskort nie. Is wat dit is!

Ry tot by Oewerbos river camp vir die aand en gelukkig het Nevil daar vir my 10l wat hy bereid is om te verkoop. Excellent, dit sal my hou tot by Alexanderbaai.

Oewerbos is n pragtigie plek  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 11:31:41 am
....
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: westfrogger on February 26, 2016, 11:42:18 am
(http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?action=dlattach;topic=184480.0;attach=454504;image)

... reminds me of ...

(http://i.imgur.com/pT9z8Tm.jpg)

 :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 12:52:02 pm
Ja, trust the DR would do fine riding on Mars  ;)
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 01:03:59 pm
Dag 28 - 23/2/2016

Lekker buite onder die sterre geslaap by Oewerbos. Voor sonop wakker en gepak, reg om te ry! Moerse opgewonde om die westelike punt vandag te maak  :laughing4:

Ry deur Kotzehoop en al langs die grens af. Weereens n pragtige 4x4 roete gery deur kloofies en koppies. Hierdie een was baie makliker as gister se 4x4 roete  :thumleft:

Deur Eksteenfontein en langs die buite ruike van die Richtersveld nationale park. Hierdie landskap hier is ook vreeslik dramaties en vreeslik mooi!

Nader aan Alexander baai begin dit baie koud raak, koudste wat ek op die hele trip al ervaar het. Welkom by die weskus! Maak Alexander baai border post met groot exitement binne myself. 4 uit die 4 punte gemaak!!! Nou net in een stuk by die huis aankom!

Ry al langs die kus af in n sterk koue wind wat dit nogals onaangenaam maak. Deur Port Nolloth, Kleinsee en Koingnaas. Skiet van hier af binneland toe ( Is nou nie juis lus om dik sand te gaan ry nie  ;) ) en kom tot by stilstand in Garies. Wat n kak plek. Kan nie eens in die hotel se bar rook nie! Maar ja, wil net die aand hier spandeer, more slaap ek in my eie bed!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Ri on February 26, 2016, 02:19:50 pm
Aaaai my hart huil om langpad te vat na hierdie mooi foto's en lekker RR!   :drif:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 02:22:46 pm
Dag 29 - 24/2/2016

Hier is dit nou. Die laaste dag van n epic trip. Weereens vroeg wakker en nou wil ek by die huis kom. Gelukkig het ek al baie die weskus gery, so sight seeing was nie n groot prioriteit gewees nie. Baie min gestop en elke keer as ek my bike afskakel, dan start sy weer op. Weet die huis is naby.

Grondpaaie tot by Vredendal en gou by die Koffie grot n ontbyt geeet. Grondpad tot by Piketberg en van daar ruik-die-huis tot in Lakeside!

Dadelik by die Toad gaan stop en celebratory drinks te drink saam n paar buddies  :thumleft:

Hierdie trip was life changing!! Die tyd om so iets te doen is NOU!!!

8996km in 29 dae
1 puncture
1 suspensie seal
1 carb clean
countless joy en mindblowing experience  :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Theunis Kruger on February 26, 2016, 03:47:02 pm
Awesome trip Morokai!

Mind posting the Basecamp file?
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 26, 2016, 03:55:14 pm
Awesome trip Morokai!

Mind posting the Basecamp file?
Thank you

Basecamp file is attached in my last post
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Theunis Kruger on February 26, 2016, 04:00:02 pm
Awesome trip Morokai!

Mind posting the Basecamp file?
Thank you

Basecamp file is attached in my last post

Missed it; thank you!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: superfoxi on February 26, 2016, 05:32:47 pm
Well done!!

I alsoooo waaaant!!!!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Laban on February 26, 2016, 05:45:06 pm


... :thumleft:
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Flatout on February 26, 2016, 11:48:45 pm
Fantasties! Iets waarvan die meeste van ons maar net kan droom.
Bly dit was ín sukses en ín ervaring wat jy vir altyd met jou kan saam dra.
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Casting from Turd on February 27, 2016, 05:09:22 pm
What an awesome trippie...

Hope to see you again on your way home!!!!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Rooi Wolf on March 01, 2016, 06:41:22 am
Quote
Hierdie trip was life changing!! Die tyd om so iets te doen is NOU!!!

8996km in 29 dae
1 puncture
1 suspensie seal
1 carb clean
countless joy en mindblowing experience  icon_thumleft

 :hello2:   :hello2:   :hello2:   :hello2:   :hello2:

Moerse lekker trip bra.

So, wat is volgende in jou visier?   >:D
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: shanti on March 01, 2016, 08:11:42 am
Great journey brother - great photos and looks like you had a great time on your trusty DR .
Well done I am sure the experience was well worth it - we live in a beautiful country
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Jaakmh on March 04, 2016, 08:53:55 pm
 :thumleft: Fantastiese RR, goeie foto's, goeie beskrywings. 'n Mens voel sommer jy is daar!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on February 03, 2017, 10:59:24 am
So hier is dit, noudat ek tyd gekry het om die video te maak, kan ek hom post.

Geniet hom

https://www.youtube.com/v/FAnCHybpuN8
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: SchalkL on February 03, 2017, 11:17:02 am
Hoe goed het jou spot device gewerk? Ek het probeer kyk na jou spot trace maar dit wys net 'n error?
Is spot die moeite werd en koste effektief vir 'n trip soos die die?
Tx vir jou posts en deel van jou trip - awesome !!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: the ruffian on November 05, 2017, 08:05:30 pm
Loved this report!

I suspect it is underrated, actually. I love your unpretentiously fluent style. You probably ride your DR in similar style. And your camping rig is appropriately minimalist.

I look forward to another epic RR. What have you got planned, Morakai?
Title: Well done
Post by: Osadabwa on November 07, 2017, 12:19:51 pm
The right bike, the right set-up, the right attitude... a big trip well done!
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: BEN TAP on November 28, 2017, 06:46:21 pm
epic
Title: Re: 4 Corners solo trip op trusty DR
Post by: Morokai on November 29, 2017, 11:11:11 am
Loved this report!

I suspect it is underrated, actually. I love your unpretentiously fluent style. You probably ride your DR in similar style. And your camping rig is appropriately minimalist.

I look forward to another epic RR. What have you got planned, Morakai?
Thank you! Ya it definitely changes a man. Done a few trips since, but nothing spectacular  ;D

The right bike, the right set-up, the right attitude... a big trip well done!
Thanks  :thumleft:

epic
:thumleft: