Wild Dog Adventure Riding
Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: 4 Kays on December 24, 2015, 03:27:24 pm
-
Met ons onlangse kuier op Nieu Bethesda het iemand gepraat van ry - Ek en Skaapkop besluit ons is in :thumleft: ons ry saam met Tubby en Ben Tap.
Daar is nie eintlik beplanning gedoen nie, net een doel en dis om so te ry dat Ben sy fiets Dinsdag op George sal inboek vir 'n diens.
Ek en Skaapkop het vanaf Kirkwood gery en die ander twee manne op Graaff Reinet ontmoet. Ons vat toe die pad in die rigting van Vosburg waar ons besluit het om die eerste aand te oornag.
Die eerste smoke break tussen Graaff Reinet en Murraysburg
-
Ek het vir Skaapkop my ou bike broek gegee wat ons baie laat lag het op die trippie. Die broek is donners warm en 'n mens sweet so baie jy wonder of jy in jou broek wat afgeslaan het en of dit sweet is :imaposer: :imaposer: Daar sal nog fotos wees wat 'n mens laat dink hieroor :peepwall:
-
Die mense het ampoer die kafee op Murraysburg na my genoem :patch:
-
Hier soek ons koelte voor Murraysburg se kerk
-
Dis 1 uur en die son trek water :drif:
-
Ons wou net die dag so gery het om verby die besige paaie te kom. Vanaf Murraysburg is ons Victoria Wes toe
-
Lyk lekker man, ek ry saam, met broek of sonder broek...
Sent from my D5103 using Tapatalk
-
Soos genoem dit was blerrie warm en hier kry ons weer 'n klein stullie koelte voor die Merino Restaurant op Victoria Wes
-
Skaapkop reel vir ons toe twee plaaslike wagte om ons fietse op te pas terwyl ons ietsie eet :laughing4:
-
Die eintlike Tubby
-
Ben Tap
-
Skaapkop wat lekker eet
-
In die kroeg
-
Nog een - glo nie een van ons se vroens was al hier nie :peepwall:
-
Ons het hier die lekkerste skaap sterte en groente ingepak :ricky:
-
Na die ruskans vat ons een van die lekker Noord-Kaap grong paaie Vosburg toe.
Hier stop ons vir nog 'n rook en bene rek sessie
-
Pragtige gravel highways :thumleft:
-
Nog gravel highways
-
At last !!! Klaar gery vir die dag. Hier stop ons voor die Karoo Country Inn op Vosburg. Eers stof afgesluk en toe slaapplek gesoek
-
Ons was nogal verbaas om Winterberg se "spyker bar" hier ook raak te loop. :laughing4: :thumleft:
Tannie Aletta het die "spykers" goed onder beheer
-
Hier op Vosburg se Country Inn is die goedkoopste bier R11-00 sowaar.
Ben Tap in 'n ontspanne luim
-
Tubby en Skaapkop deel 'n grap :imaposer: :imaposer: Ons het baie baie gelag op die onbeplande trip van ons :imaposer: :ricky:
-
Ons fietse was vol stof :lol8: lekker gery
-
Hel man R11 'n bier!!!!!!Dit maak dit die moeite werd om daai kant toe te ry vir 'n naweek!
Lyk na 'n lekker trippie man :thumleft:
-
Ons het toe in die Country Inn oornag en dit teen 'n baie billike prys. Ongelukkig was daar een dubblebed en twee enkel beddens. Gelukkig was die kamera by my so daar is geen evidence nie :peepwall: :peepwall:
Skaapkop het van die dubblebed afgeval :imaposer: :imaposer:
Skaapkop, Ben Tap en Tubby by die vuur.
-
lekker manne lekker. :thumleft: :ricky:
-
Lekker
-
3 dukgatte en n Ben10
Mooi man....... See you okes didnt diet much on the trippie though :imaposer:
-
Neewat, diet en bikery werk nie saam nie! Lekker ry, lekker eet, lekker drink en lekker slaap! In lekker twak praat! Daai goed loop saam!
Dankie vir die RR!
-
Ons staan redelik vroeg op en vat die grondpad Pampoenpoort toe.
'n Moerse spinnerak teen die heining langs die pad :eek7: Volgens die plaaslike mense word klein voeltjies hierin ook gevang
-
Gronpaaie was weerens baie mooi
Hier staan 'n ou vervalle skuur wat van ou plate gemaak is
-
Skaapkop geniet homself :biggrin:
-
Hier is 'n moerse groot sement dam - seker een van die grootste wat ons gesien het
-
Die kleure van die rotsformasies langs die pad was baie interresant
-
Die plaaslike boere onderhou self al die grond paaie in die omgewing - baie goed van julle :thumleft:
-
Die vier bikes , ??? sorry twee bikes en die twee Yammies :peepwall: :imaposer: en Tubby
-
Pampoenpoort
-
Laat mens maar wonder of daar baie huisbrake is en of die boere net versigtig is ::)
-
Wins is seker maar skaars in die omgewing - nogal hoog vir 'n windpomp ;D
-
Skaapkop op pad
-
..nog steeds :sip:
-
...nog steeds :sip: :sip:
-
...uiteindelik :lol8:
-
Na Pampoenpoort ry ons verder Loxton toe
-
Daar word baie fotos van kerke geneem maar hierdie een op Loxton is baie goed versorg :thumleft: :thumleft:
-
Tubby en Ben Tap
-
Skaapkop O0
-
Is dit nie waar nie ???
-
Ons ontbyt by die Rooi Granaat
-
Na ontbyt op Loxton ry ons Fraserburg toe
-
Teen die tyd was dit moer warm :dousing: Ek het mos genoem van Skaapkop se broek wat warm was :imaposer:
So koel 'n mens af teen die pad :peepwall:
-
Net buite Fraserburg kry ons die stukkie koelte :bueller:
-
Min het ons geweet dat ons net 'n paar kilometer verder moes ry om 'n afkoel plek te kry.
Skaapkop natuurlik voor in die koor :imaposer: :imaposer: Hy het al gekla sy eiers is al mif :peepwall: :ricky:
-
Net betyds afgeneem .....
-
Ek, Skaapkop en Ben Tap koel lekker af :thumleft: Kyk net hoe waai die wind die water van agter af :xxbah:
-
Ons ry in die rigting van Merweville en kry toe die Theekloofpas
-
Theekloofpas - ons ry pas af .....
-
Ben Tap, Skaapkop en Tubby op die grondpad Merweville toe - dis donners warm en ons is lus vir iets kouds :drif:
-
Ons eerste stop op Merweville. Almal vat 'n Quart en geniet dit op die gras buite die Hoekwinkel :thumleft:
-
Lekker koue bier op die grasperk :drif:
-
Ons blyplek vir die aand :pot:
-
Ons vleis op die kole - braaibroodjies is toe ook aangekoop teen R5-00 vir 2 broodjies :ricky: :ricky:
-
'n Lekker dag se ry afgesluit deur lekker lag, lekker kuier en lekker vat :laughing4:
-
Man julle trip lyk lekker :thumleft:
Dit was lekker om julle in George te ontmoet , net jammer ek het vir Ben gemis. Ons is nou in oos vrystaat by Ladybrandt sal more verder.
Groete en sien uit na die volgende uitgawe
-
Lekker RR deur mooi wereld.Het my laat terugverlang na ons trip in 2012 na die groot reens.Net n vriendelike waarskuwing aan alle WD s:Daai sementdammetjies in die Karoo bars oop soos n vrot eier as jy n bom in hom maak en dan staan skaap sonder water.
-
Dankie vir die saamry. :ricky:
Lyk of julle vet pret gehad het.
-
Lekker RR deur mooi wereld.Het my laat terugverlang na ons trip in 2012 na die groot reens.Net n vriendelike waarskuwing aan alle WD s:Daai sementdammetjies in die Karoo bars oop soos n vrot eier as jy n bom in hom maak en dan staan skaap sonder water.
Ons laat Skaapkop altyd eerste saggies induik :peepwall: :imaposer: :imaposer:
-
Dankie vir die saamry. :ricky:
Lyk of julle vet pret gehad het.
Bly jy ry saam, het darem nog so 'n paar dae om op te sit :thumleft:
-
Jis, ek geniet jou RR en fotos. :biggrin:
-
Gooi die res van die fotos :thumleft:
-
Lekker man lekker. Mooi rr en kaalgat prentjies. :biggrin:
Maar jy is darem maar ook 'n nare pel, gee daai k@k broeke vir 'n pel....wie het vyande nodig?
Ek het ook so broek wat ek weier om te dra, daai gee ek nie eens vir my tuin deskundige nie. :eek7:
-
Hiert julle bokkers !!!
Lekker saam gery, met so spul moegoes bymekaar kon dit net 'n lekker trip gewees het, ek hoop daai wereld is nog steeds so biker friendly nadat julle daar deur is, :imaposer: :imaposer:
Ek neem aan daar is nou niks meer alge in daai plaas dam nie. :imaposer:
-
Lekker man,gooi nog :thumleft:
-
Ons staan soos gewoonlik vroeg op en neem 'n foto van ons bikes voor die kerk op Merweville
-
Op pad Prince Albert Road se rigting kom op ons die "road kill" af ???
Wens iemand kon verduidelik wat hier gebeur het :patch: dis 5 eende en 'n haas
-
Prince Albert - hier moet ons stilhou vir ontbyt. Tubby wil teerpad omry Kobus se Gat toe. Ons sal hom probeer oortuig om saam met ons berg oor te ry :laughing4:
-
So lyk 'n lekker omelet :thumleft:
-
Tubby word omgepraat met 'n bietjie medisyne :laughing4: (was dit een of twee Tubby :peepwall: ) en natuurlik met 'n lekker ontbyt
-
Net nadat ons weg gedraai het op die grondpad pas se kant toe, toe vlieg daar 'n ongeskikte ou bliksem met sy KTM by ons verby en gooi ons vol stof ??? :eek7: Meer oor die bliksem later .... :lamer:
Bo op Swartberg Pas
-
Nog een van bo op die pas
-
Die is darem pragtige berge - 'n mooi berg reeks :thumleft:
-
Skaapkop het dit TOP toe gemaak sonder dat iets op sy bike breek :imaposer: :imaposer: :imaposer: :imaposer:
-
Nog 'n foto van die pas
-
Ek was darem ook daar :thumleft: Klomp mense in bakkies maak dit soms moeilik om te ry. Een dames fiets ryer het amper veroorsaak dat Ben Tap 'n moerse ongeluk gehad het. Sy kom van voor af en adverteer haar borste met haar toppie wat mooi oop was :ricky: :drif: :drif:
-
Daar was tot toeskouers teen die pad :lol8: :lol8:
-
Kobus se Gat aan die anderkant van die pas. Tubby was hoogs ontsteld omdat die plek se bier nie yskoud was nie :imaposer:
Hul krag word van sonkrag voorsien :xxbah:
-
Ons draai toe weg op die Kruisrivier pad in Calitzdorp se rigting
Hier soek ons nog 'n swemplek om af te koel maar kry nie 'n geskikte plek nie
-
Ben Tap en Skaapkop
-
Bikers soek die tyd van die jaar altyd 'n plek met koelte uit. Die haak van my een boot het losgekom en ek kry toe gom by die "china" en gom hom vas. Goed gewerk tot by die huis :thumleft:
Op Calitzdorp
-
Hier word natuurlik verversings geniet om die stof af te spoel :drif:
-
Iets kleins ingepak ::)
-
Ons is toe later uit na Koedoeskloof toe want ons wou daar oornag. Ons het met ons aankoms gesien daar is ander bikers ook en natuurlik die bliksem met die KTM ook wat ons met stof toegegooi het voor Swartberg Pas :peepwall:
Skaapkop is 'n yster op enige trippie - hy laat mens baie lag. Hier staan sy "kiddies" tent met sy opblaas matras - net jammer die matras is 10cm te lank vir sy tentjie :imaposer: :imaposer: :imaposer:
-
Ons ander normale tente word ook opgeslaan :peepwall: Skaapkop s'n is die een op die linker kant :imaposer: :imaposer: :imaposer:
-
Ons kom by Koedoeskloof aan en sien daar is ander bikers en nogal die bliksem op die KTM :peepwall: . Ons word aanmekaar voorgestel en een man vra kwaai verskonong oor die voorval voor Swartberg Pas. Ek noem toe dis ok :thumleft: want Skaapkop het heel agter gery, dan ek, dan Tubby en toe Ben Tap voor. Na 'n paar voggies toe seg die man van die KTM dis was van agter 'n Tubby. dan nog 'n Tubby, nog 'n Tubby en toe Ben voor :imaposer: :imaposer: :imaposer: en dis hoe ons trippie sy naam gekry het :ricky: :ricky: Bud500 dit was lekker om vir jou en die pelle te ontmoet. Jy mag maar die KTM ry :patch:
-
Die klomp pelle het voor die tyd gereel om mekaar op Koedoeskloof te kry
Hier sit Schalk, Bud500,Skaapkop, Bazinga en PietSkiet om die braaivleis vuur
-
'n Roker soos ek moet altyd voorraad hou ??? die keer het ek 'n fout gemaak. Dwerg, lekker om jou te ontmoet en dankie vir die skywe :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Die manne het lag-lag 10 sakke hout hier uitgebrand ;D :biggrin:
Dwerg, Skaapkop, Bazinga en PietSkiet
-
Veldtie, dankie vir jul gasvryheid en lekker kuier. Ons sal weer daar 'n draai maak :laughing4: :thumleft: :thumleft:
Veldtie se berugte lekker kos
-
Nice ride along :thumleft:
-
nice ride thanks for the share. :ricky:
-
Na 'n nag van baie harde hout saag :snorting: :snorting: is almal die volgende oggend vroeg op. Party mense :peepwall: moes voor 6 die oggend al 'n regmakertjie vat.
Ons het mos nie beplanning gedoen nie en ons eindpunt vir die aand is Gansbaai
Hier is ons voor Ronnie's Sex Shop - jammer die was nog toe
-
Skaapkop ons eie NAR - kyk na die uitdrukking op sy gesig :imaposer: :imaposer:
-
Ben Tap en Tubby op Barrydale
-
Ek was nogal beindruk met die naam van die plek ???
-
Aai Skaapkop = al weer gevang met jou broek op jou kniee :peepwall: :imaposer: :imaposer:
-
Ons ry in Napier se rigting want ek en Skaapkop soek grondpad :thumleft:
-
Die manne kom aan ....
-
Hier eet ons iets en soos Allen1 altyd noem, we had a few cold ones :drif: :drif:
Gunners op Napier
-
Photos are worth a thousand words ..... :peepwall:
-
Ons gaan Gansbaai toe. Grondpaaie is nogsteeds in pragtige kondisie.
-
Gansbaai
-
Op Gansbaai kry ons toe ;n "site" in die karavaanpark en hul vra ons R170-00 vir die nag. Dink dit was baie billik want onthou, dis vakansie tyd :thumleft:
Nog een van Gansbaai
-
lekker RR. Thanks
-
jitte ry ek nou moer lekker saam, baie dankie 4 Kays, uitstekende trippie!
O0
-
Flippen lekker saam gery hier op die naat van my rug onder my aircon... dankie vir die fotos en rr...
Sent from my HUAWEI GRA-L09 using Tapatalk
-
danki vir di R/R keith dit was lekker om saam met jul te kon ry
ek sal later nog fotos probeer posit
lekker very lekka ;D
-
danki vir di R/R keith dit was lekker om saam met jul te kon ry
ek sal later nog fotos probeer posit
lekker very lekka ;D
Watse Tap storie is dit die ben 10? :imaposer: :peepwall:
-
danki vir di R/R keith dit was lekker om saam met jul te kon ry
ek sal later nog fotos probeer posit
lekker very lekka ;D
Watse Tap storie is dit die ben 10? :imaposer: :peepwall:
ja turdie die ben ten storie het gedraai al op carte blanche maar het gelukkig ni van my gepraat ni :biggrin:
-
danki vir di R/R keith dit was lekker om saam met jul te kon ry
ek sal later nog fotos probeer posit
lekker very lekka ;D
Watse Tap storie is dit die ben 10? :imaposer: :peepwall:
ja turdie die ben ten storie het gedraai al op carte blanche maar het gelukkig ni van my gepraat ni :biggrin:
Se jy.ne''
:spitcoffee: :lol8:
-
Lekker saam gery. Julle het regtig mooi wereld gery.
-
Ons het die volgende oggend vroeg opgestaan en gepak.
-
Daar is 'n klomp huise agter die karavaanpark en een of ander donder het twee hoender hane wat al van vroeg oggend kraai :ricky: . Daar was kort-kort 'n gebrom tussen die ander kampeerders. Net toe die hoenders stil word, toe val die vissermanne 6-uur in en dis 'n moerse lawaai :eek7: dis skuur deure wat oopmaak en toe die groot 4x4 trekker gestart word, sonder 'n exhaust manifold :lol8: start ons toe ook en verdwyn van die terrein want almal het ons tog skeef aangekyk :peepwall: toe ons inkom :imaposer: :imaposer:
Hier in die geweste bekruip die natigheid 'n mens soos 'n wet dream :peepwall: onverwags :lol8: :imaposer: :imaposer:
-
'n Smoke break op pad Struisbaai toe. Die toestand van die grond pad na die reen word ernstig bespreek :sip: ag ons vat hom :thumleft:
-
My eerste trip of die wiele ???
-
Nadat ek met die manne gepleit het, word daar nou meer gereeld gestop :thumleft: vir my om te rook en Skaapkop om broek af te trek :peepwall: :laughing4:
-
Ons word nogal op die grondpad by 'n padblokade gestop op die grondpad na Struisbaai toe :bueller: als is reg en ons ry Struisbaai in tot by die karavaanpark waar vriende van Ben Tap kamp. Lekker koffie gedrink en toe ry ons na die Suidelikste Punt toe.
-
Ek het iewers gelees van Harleys wat nie grondpaaie ry nie - hier is een wat sand ry :patch:
-
Ek en Ben Tap by die punt
-
Ek en Skaapkop
-
Ek was glo die "dominee" op die trippie :thumleft:
MAAR het sit die 3 duiwels :peepwall: :patch: :imaposer:
-
Met die ongunstige weer in die omtrek wou ons in die Herbotsdale omgewing gaan kamp het. Ons hou op 'n plek stil en bespreek die nattigheid en verander ons planne.
Ben Tap en Tubby gaan op Mosselbaai oornag en ek en Skaapkop klop aan Uncle Lions se deur op George.
Skaapkop en Uncle Lions - hey, please give that man a razor :imaposer: :imaposer: :imaposer:
-
Ek en Skaapkop het lekker T-bones langs die pad gekoop
-
Die manne met Slaghuise - so moet die fillet lyk :o
-
Ons het lekker saam met Uncle Lions en sy baas :peepwall: Amanda gekuier. Leon, baie dankie vir jul gasvryheid :thumleft:
Ons beesies op die kole
-
Die Dinsdag oggend het Ben Tap planne gemaak om sy S10 op George te laat diens. Ons ontmoet mekaar weer daar. Skaapkop se voorste band was glad en met die omruil, besef hulle sy bearings is ook moer toe. Die stop kos Skaapkop :dousing:
Ben Tap sou in Mosselbaai agterbly en die volgende oggend terug Graaff Reinet toe. Ons ander drie vat die pad huiswaarts
Uncle Lions beveel die plek aan tussen George en Oudtshoorn
-
Laaste smoke break
-
By Willowmore aangekom stop ons in die dorp en maak die laaste keer vol.
Baie dankie julle vir 'n lekker paar dae saam waar en donners baie gelag het. Weereens baie dankie.
Ek en Skaapkop verlang terug grondpad toe en vat die paaie terug Kirkwood toe terwyl Tubby, met padkos, die teerpad terug neem Graaff Reinet toe.
Vanselfsprekend :thumleft: :thumleft:
-
Net nadat ons weg gedraai het op die grondpad pas se kant toe, toe vlieg daar 'n ongeskikte ou bliksem met sy KTM by ons verby en gooi ons vol stof ??? :eek7: Meer oor die bliksem later .... :lamer:
??? ??? :-[ :-[
Ek het darem gewuif... >:D
Was great om julle te ontmoet. Die trippie het lekker gelees. :thumleft:
-
Die trippie laat mens se regterhand jeuk :drif:
Jy moet net asseblief n ouderdoms beperking waarskuwing op die heading sit, daai broeklose foto's is rillers :eek7: :imaposer:
-
Die trippie laat mens se regterhand jeuk :drif:
Jy moet net asseblief n ouderdoms beperking waarskuwing op die heading sit, daai broeklose foto's is rillers :eek7: :imaposer:
Chris, herken jy nie jou ou weermag kamermaat nie ??? :peepwall: :imaposer:
-
Die trippie laat mens se regterhand jeuk :drif:
Jy moet net asseblief n ouderdoms beperking waarskuwing op die heading sit, daai broeklose foto's is rillers :eek7: :imaposer:
Chris, herken jy nie jou ou weermag kamermaat nie ??? :peepwall: :imaposer:
Ou se bek is maar grys en sy broeksize aansienlik meer soos ons almal maar :( :imaposer:
-
Was lekker om julle toe ontmoet en bietjie te kuier. Eks erg jaloers op julle trip :thumleft:
-
Was lekker om julle toe ontmoet en bietjie te kuier. Eks erg jaloers op julle trip :thumleft:
Dankie vir die skywe - ek skuld jou O0
-
4Kays, dankie vir die meer as volledige inligting :3some:, ek gaan nou net my forumnaam verander na Skaapstertjie.
Ek moes die heeltyd agter die groep ry en "sweepwerk" doen vir die Yammies. :imaposer:
Dankie dit was ook fantasties saam Tubby nommer een en Ben Tap.
Pragtige 2016.
-
Tubby en 4Kays by die hotel op Prince Albert
-
Tubby smile darem na SY stresvolle oprit by swartberg pas :imaposer: :pot:
-
karoo highways grondpad tussen Victoria wes en vosburg
-
grondpad na pampoenpoort nog vroeg stilte van veld en skoon lug
-
grondpad na pampoenpoort nog vroeg stilte van veld en skoon lug
-
Tubby en 4Kays by die hotel op Prince Albert
Lyk eerder na Elvis Blue en sy seun :laughing4: Tubby worry want hy moet sing !!!!!!!!!!!!
-
gooi kiekies skaapkop
-
Ben nee man, ek neem mos nie fotos nie, fokus kwaai op die pad :imaposer:en dan moet ek nog uitkyk vir Yummies met streke :3some: