Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 02, 2016, 06:59:02 pm

Title: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 02, 2016, 06:59:02 pm
Dit was n lang en alleen jaar vandat ek en Karoo Rider laas saamgery het. Die lewe hol met ons altwee weg :eek7:
Ek kry n mail wat s hy is op vakansie en siende dat hy baie lanklaas vakansie gehad het probeer hy te veel doen in n kort tydjie MAAR sal dit moontlik wees om n dinsdag,woensdag en die donderdag te gaan ry? Geen ander dae sal pas want voor die tyd het hy bergklimmery aan die gang en na die trip n familiekamp.

Ek s dadelik ja want ek weet hy het n ry honger en buitendien geniet ek sy geselskap en ons gel lekker saam op n trip. Die roete word aan my oorgelaat en enigiets sal doen order die man. Solank hy net op twee wiele kan wees en kan kamp in die natuur.
Vroeg oggend ry hy vanaf Ladismith tot by my en ons vat n koffie voor ons ry.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3966_1_zpsoa9yjb1v.jpg)

Nie vr van my af maak ons sommer rubber nat oor die Gou Kou rivier.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3968_1_zpsfx5m3yct.jpg)

Ons vat pad oor wat bekend staan as die "Vlakte" Jip dis boerbokke, en wie sn? Troes nannies Dorsland het hulle hier by n koper kom aflaai!! :thumleft:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3969_1_zpslylnamnr.jpg)

Die area is groen en meeste gesaaides in die aar. Die Duiwenhoksrivier se watervlak is nie te hoog, maar vloei lekker oppad see toe.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3970_1_zps0pbwvq5c.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3971_1_zpsekhitqhf.jpg)

Die res van die land het erge droogte,maar die suid kaap is pragtig. Die ou wat nie vanjaar n goeie oes maak het nie gesaai :deal: :thumleft:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3973_1_zpsymayr8ni.jpg)

Sulke lekker vet are vir mooi brode :drif:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3972_1_zpst8rfglxr.jpg)

Ons kap n paar linkse en regse en ons beland by die pond by Malgas.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3975_1_zpsjybs6b31.jpg)

Ek is al n paar maal hier oor en dit voel altyd asof ek vir die tyd wat ek oor die water beweeg terug beweeg in tyd. Asof ek graag saam met my oor die pond n paar perde karre sou wou h en Oom Moksie Dunn moet nog die pond op sy eie trek. Kom ons hoop die pond word nooit vervang deur n brug :thumleft:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3977_1_zpszt3bz5i4.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3976_1_zps5dsjnhoq.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3978_1_zpsxickix4b.jpg)

Ons ry verby De Hoop en Ouplaas en toe begin ons ernstig zig zag en ons kom by Protem uit. Dis daai tyd van die jaar wanneer die groot speelgoed vir die tweede keer uitgetrek word. Hier word hawer gesny om gewrap baal te word vir voer volgende jaar.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3979_1_zpsraqv26fr.jpg)

Die grondpad spoeg ons net voor Riviersonderend op die N2 uit. Ek het dit nie gemeet maar op die totale afstand het ons seker nie meer as 20 kms teerpad gery. Stunning wreld die tyd van die jaar. Ons vat petrol vir die bikes en n broodjie vir die mae.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3980_1_zpsohtclmel.jpg)

Op Riviersonderend besluit ons om Greyton om te ry want KR het die pragtige dorpie nog nie gesien. Eerste grond regsaf net buite Riverwithoutend. Pragtige pad tussen die mooiste plase deur. Hier boer die manne in hor graad. :thumleft: :deal:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3982_1_zps29jxfrue.jpg)

KR vat n rustige toer in Greyton EN verdwaal amper terwyl ek op die rand van die dorp wag. Hy kom stop met die woorde "hier kan mens mos bly"!! :thumleft:
Ons vat die teerpad Genadendal, Villiersdorp en verby Worcester. By die afdraai van Bainskloofpas besluit ons sommer om hom te ry. Goeie besluit aangesien ek hom 14 jaar laas gery het en baie van hoe die pas loop vergeet het. :eek7:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3983_1_zpsxdpj3vd7.jpg)

Ons mik vir ons vriendelike WD blokman op Gouda vir n vleisie vir die aand se braai en n biltong vir kou langs die pad. Mens gesels altyd lekker as jy stop by VaalBaas en hy glo aan klientediens. Vir vrouekliente maak hy seker mouterdeure oop, in my geval weet hy hy moet my been oor die saal trek anders sit hy vir die res van die dag met my opgeskeep. :lol8:
Oppad badkamer toe sien ek di hartseer gesig, toe onder die boustof!! :eek7: VaalBaas jy moet plan maak om meer te ry. :deal:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3984_1_zpscw3yfetl.jpg)

Die dag het verbygevlie en die son trek water en ons moet nog gaan hallos by JJR en di weet ek doen mens nie gou nie :deal: ;) Anderkant Porterville val ons in by JJR se plaas. Ons vat koffie en gou word daar ges "julle slaap net hier vannaand, ons het spesenjaal steaks uitgehaal" :deal:
Dis n moeilike besluit en mens kuier altyd lekker by JJR maar ek het iets op my bucketlist en KR wil dit ook doen. Ons wil gaan kamp by Beaverlac en ook Dasklippas gaan bekyk. JJR klim op sy KTM en vat kort paadjies deur die plase reguit Dasklippas toe. Ons groet met n belofte dat ons die volgende oggend sal kom koffie vat by hom.
Die son sak en die pas is steil en definitief uitgel deur iemand wat nie aan hoogtevrees lei. :eek7:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3986_1_zpscxvjl9ar.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3985_1_zpsh5rhwpid.jpg)

Ons draai af in die kloof af na Beaverlac. Die pad is skerp en los in die half donker. In die kampplek gekom is als toe. Geen hout te koop en ons besluit ons kamp sommer op die eerste en beste plek. Ons los die vleis buite sodat dit kan koud word deur die nag en dus sal hou tot die volgende aan.
Ons gesels ons ou geselse en maak n kossie. Die pad was effe verder as wat ek gereken het aangesien dit byna 700 km vir KR vir die dag was.
Kwart oor nege toe l ons twee albei in ons slaapsakke.
Reken ons raak nou oud!! :eek7: :biggrin: :o

Niemand sal vervolg word maar die storie sal wel. :thumleft: ;)


















Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Draadwerk on October 02, 2016, 07:10:10 pm
Lekker.....
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: woody1 on October 02, 2016, 07:17:30 pm
Lekker saamgery sover.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on October 02, 2016, 07:24:56 pm
Laat waai Chris, ek ry lekker (weer) saam!
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 02, 2016, 07:26:40 pm
Julle Suid Kaapenaars is darem 'n klomp brggatte met al daai groenigheid, water, koring, canola en watnog. Bliksem, dis mooi Chris.

En ja, ek sien presies die prentjie wat jy vertel van op die pont. Ons lewens is t gejaag, t vol niks, te vinnig verby.

Ek lees baie lekker.

En dankie dat jy 'n oog hou oor "my" bokke. Ou Tommie bel my kort-kort om iets te hoor.  Ek glo hy sal die pyp rook met die bokke. Gawe ou daai, ook al deur 'n paar diep driwwe in sy lewe.
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 02, 2016, 07:28:57 pm
En ja jy Mnr Karoo Ruiter, jys gans en al t skaars deesdae. Towerkop sal sonder jou 24/7 aandag kan klaarkom. Kom kuier weer vir 'n slag op die forum.
Title: Re:
Post by: Karoo Rider on October 02, 2016, 08:16:06 pm
En ja jy Mnr Karoo Ruiter, jys gans en al t skaars deesdae. Towerkop sal sonder jou 24/7 aandag kan klaarkom. Kom kuier weer vir 'n slag op die forum.

 :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
Ek werk aan daai plan Dorsland! Was 'n bedrywige tyd maar sal seker rustiger begin word na vore.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Crossed-up on October 02, 2016, 08:30:55 pm
I always look out for RRs from ChrisL, and once again I'm delighted by the beautiful pics and descriptions. Thank you, and I look forward to more.

Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 02, 2016, 10:25:44 pm
Woensdag oggend vroegerig is ons wakker en maak koffie en bekyk die kampterrein in die daglig. KR loop n draai. Iewers loop n stroom water wat mens heelnag kon hoor. Mens kan sien waarom die kampplek so gewild is.
Ons pak op en gaan betaal.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3988_1_zpsdjouqjg9.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3990_1_zps4swtaf92.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3991_1_zpslu8jv1wg.jpg)

Ons klim weer die klipperige kloofpad uit tot bo. n Ongelooflike uitsig oor die Swartland is te sien in die oggendlug.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3992_1_zpseosvnbbl.jpg)

Ons backtrack terug tot by JJR se huis maar hy is op een van sy ander plase. Ons vat pad oor die Piekenierskloofpas Citrusdal se kant toe.
Die pad aan die oostekant van die Olifantsrivier is nie te sleg soos altyd. Hier en daar bietjie sinkplaat.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3993_1_zpsmcidigbk.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3994_1_zpsbe6pc0oq.jpg)

Ons ry later teen die bo loop van die Clanwilliamdam langs. Dis groen hier en die dam is vol.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3995_1_zpsmwopnps8.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3996_1_zpsw85vdzd5.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3997_1_zpso8pl26dh.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3998_1_zpslj3wsbmi.jpg)

Ons ry rustig deur Clanwilliam en hou aan die oostekant van die rivier. Dit begin bietjie warm word en ons sit vir ietsie te eet regoor die Bulshoekdam se wal. Ek vertel KR bietjie van die geskiedenis van die twee damme en die kanaal wat uit Bulshoek vloei terwyl ons eet.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_3999_1_zpsl7hcp0l0.jpg)

Ek sou nie omgee as die plekkie myne kon wees :thumleft:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4000_1_zps0ojgtmd0.jpg)

In Klawer vat ons n koeligheidjie en petrol. Dis nou effe louerig, maar die wreld is bekend vir sy hitte. Gifberg l om die draai en ek wou al lankal vir KR dit loop wys die kans het net nog nie vroer gekom.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4001_1_zpsygwdf76k.jpg)

En daar kronkel die stukkie van die pad wat wel geteer is teen die berg uit.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4002_1_zps9s5p1kgm.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4003_1_zpsuu3ucdsg.jpg)

Na n vinnige stywe klim is mens bo met n pragtige uitsig in die rigting van Van Rhynsdorp.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4005_1_zpsycf74cwy.jpg)

Die rotsformasies is baie dieselfde as in die Cederberge.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4006_1_zpswpreiacd.jpg)

Ek was baie lanklaas bo op Gifberg en het plek plek vergeet hoe die pad loop. Wat wel duidelik is is dat die sanderigheid op die pad meer geraak het vandat ek laas hier was!!! :eek7:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4007_1_zpsg2a2dw3a.jpg)

Siende dat hele land iewers besig is met n grondeis en dat Gifberg so n mooi plek is besluit ek sommer terstonds ek gaan ook n grondeis insit en semier claim ook!!! :lol8: :biggrin:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4010_1_zpscp9nrstl.jpg)

Tot binnein die bosse was ek nog staande en daar loop tip ek om!! :lol8:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4011_1_zpso75achac.jpg)

Ons tel op oftewel KR tel op en ek maak steungeluide  :lol8: Ek s vat hom sommer terug pad toe asb maat. Spinspin deur die los sand is hy terug pad toe.
Die lessie wat ek geleer het uit die hele petalje is, maak nie saak hoe sleg die spoor is waarin jy is moenie op die laaste sekonde n beter spoor loop soek nie. Veral nie as dit sanderig is. :deal:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4009_1_zpsfsbw5lsz.jpg)

Dis moeilik as die pad jou aandag verg om jou maat dop te hou. Op n harde kol hou ek stil en wag vir KR. En ek wag en ek wag en uitendelik hoor ek die beetle engine se dreuning. Op die oog af lyk die man OK, niks windskeef aan die bike.
Ek vra jy OK? Ja s hy maar dit smaak hom die hekke op Gifberg is nie die standaard wydte nie of sy bike is brer as wat hy dink!!! :lol8:
Ons het so n afdraend vantevore gery en dis sanderig nog voor n hek wat oopstaan en by die hek maak die pad n effe draai na regs.
Hy het glo al begin stoei voor die hek met die sandmonster en is al gatswaaiende deur die hek en met die deurgaan hoor hy n slag maar daars nie kans vir stop want die sand hou aan. Toe hy uiteindelik n hardekol kry sien hy sy regterpannier het n duik aan die voorkant. Hy het die yster raamwerk van die hek getref!!!! :eek7: :biggrin:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4013_1_zpsqhgmvviv.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4012_1_zpso1cpbbqn.jpg)

Die pad raak rooi en klipperig. Rooibosteelande sovr as die oog kan sien.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4014_1_zpscoczszrh.jpg)

En nog n Ouberg pas in die Wes Kaap. :deal:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4016_1_zpskcv8rsod.jpg)

Ons sak af teen die berg en vat die uitgeryde pad Van Rhynsdorp toe. Klim op die teerpad Nieuwoudtsville se rigting. Ons stop aan die bopunt van Van Rhynspas en sit en kyk vir n rukkie na die groot niks wat voor ons l genaamd die Knersvlakte.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4018_1_zpseasjentu.jpg)

By Nieuwoudtsville se kruis draai ons rigting Loeriesfontein en draai linksaf op die eerste grondpad. Die skaduwees begin lank raak en ons het nog so +- 30 km om te ry skat ek.
Die plek het nie meer petrol nie, maar ek sou dm graag die pomp wou h. ;)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4019_1_zpsfomzl2ml.jpg)

Vandat ek KR ken wou ek al hom die passie kom wys en alhoewel ek hom al eenkeer vantevore met my 1150 gery het jare terug het ek eers laasweek sy naam te hore gekom. Dis die Helsekloofpas(thanks Trygve) :thumleft:
Ons ry halfpad teen die pas af en draai om. Beter kampplek sal ons nie teen die pas kry en siende dat spits verkeer toe alreeds verby was slaan ons toe sommer in die pad op :P ;)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4021_1_zpssxkrytwk.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4022_1_zpsvzzkiwi3.jpg)

Die man het baie bobbejaanbloed in sy are. Wys hom n klip en hy loop klim hom!! :thumleft:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4029_1_zps3b9wdryp.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4024_1_zpstxihv266.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4025_1_zpsf5ltkiw6.jpg)

Dit was gou duidelik met die kwaaierige koue wind wat waai dat ons nie hier n kans moet vat om vuur te maak om te braai en vir n tweede aand kry ons nie VaalBaas se chops gebraai :(
KR sny hulle op in blokkies en sit dit op sy stoof in n potjie. Af en toe gooi hy n knippie doepa by en vat n sluk soetwyn. Ons drink die sonsondergang oor die Knersvlak in en gesels oor die dag.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4027_1_zpsrmqsouy5.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4030_1_zpsy7skgv40.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4020_1_zps8fgystdl.jpg)

Kort voor lank begin mens die VaalBaaspotjie ruik en vir oulaas gooi die man nog n pakkie sop ook daar in. Kyk kookvleis met niks in behalwe speserye het lanklaas so lekker gesmaak. :drif:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4031_1_zps2yb3r3g5.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4033_1_zpsbizvmecl.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4034_1_zpsxqwpwr82.jpg)

Net voor nege drink ek my laaste beker koffie. Die snot begin al blink strepe oor my bolip loop van die koue!!!. KR sit snuif aanmekaar en ons besluit dis tyd dat "oumense"(dis nou ek) loop inkruip!! Ons klop ons vorige aand se rekord met 15 minute en nege uur toe l ons knus in ons slaapsakke. :eek7:
Ons gesels vir n wyle so van tent tot tent totdat ons aan die slaap raak.
Deur die nag as ek omdraai hoor ek net die wind deur die boompie naby my tent waai.
Die kamp teen die berghang op Helsekloofpas was wat ek gereken het dit sou wees. Salig!! :thumleft:
En nie een van ons twee het uit ons tente gerol oor dit so skuins was :deal: :lol8:

Ek sal more klaarmaak.





Title: Re:
Post by: Dorsland on October 03, 2016, 06:23:41 am
Jy vertel lekker Chris, waaragtig. En paaie wat jy nie ken nie is nog nie gebou nie.  Ek hou van die manier wat julle ouens ritte doen: g'n planne, ry tot dit amper donker is,  kamp waar dit mooi is, eet wat beskikbaar is.  Lekker man, lekker.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Mev Vis Arend on October 03, 2016, 07:27:25 am
Jis, maar dit is mooi. 
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: 1ougat on October 03, 2016, 07:32:19 am
Kan jy n kaart van julle roete post ?
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: OomD on October 03, 2016, 07:33:08 am
Jislaaik, om hier te lees laat my na 'n plek verlang waar ek nog nooit was nie. Mooi geskryf, Chris, lekker leesstof di. En, natuurik, lyk na 'n heerlike trippie! :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: woody1 on October 03, 2016, 07:52:56 am
Nou is dit tyd vir daai sidecar Chris.  2 keer in een jaar.. nee man jy gaan jou stukkend val. :ricky:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Herklaas on October 03, 2016, 07:56:49 am
 :sip: Lekker gelees en gekyk na fotos van plekke wat ek al gesien het en nooit van moeg sal raak nie.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: FrancoisTz on October 03, 2016, 08:02:46 am
Wonderlik Chris
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Herklaas on October 03, 2016, 08:05:56 am
 :sip: Geen GS trip is seker volmaak sonder dat iemand in 'n sandkol geploeg het nie. Ek moet egter maar my bek hou, want met my kop-ding oor sand sal ek seker ook daar met die TRaaimf geploeg het.  :spitcoffee:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 03, 2016, 08:10:16 am
Kan jy n kaart van julle roete post ?
Karoo Rider sal dit seker kan doen as hy sy gedeelte doen alhoewel sy gps op n stadium aan sy draadjie gehang het na n klipperige stuk. :eek7:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: silvrav on October 03, 2016, 08:10:49 am
 :sip: :ricky:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Matewis on October 03, 2016, 08:57:40 am
Dit lyk na vrek lekker toertjie. Ons was afgelope naweek net bietjie verder noord van Gifberg in Loeriesfontein vir die basaar.
Title: Re:
Post by: Rokie on October 03, 2016, 09:15:13 am
. . . g'n planne, ry tot dit amper donker is,  kamp waar dit mooi is, eet wat beskikbaar is.  Lekker man, lekker.
:thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: FrancoisTz on October 03, 2016, 09:24:21 am
Hi Chris, is dit jou plaaswerf waar julle staan reg aan die begin?
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 03, 2016, 09:40:36 am
Hi Chris, is dit jou plaaswerf waar julle staan reg aan die begin?
Dis ons werf  ja. :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: FrancoisTz on October 03, 2016, 09:50:24 am
Hi Chris, is dit jou plaaswerf waar julle staan reg aan die begin?
Dis ons werf  ja. :thumleft:
Wys my 'n netjiese Boer en ek wys jou 'n welvarende boer.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 03, 2016, 09:54:06 am
Hi Chris, is dit jou plaaswerf waar julle staan reg aan die begin?
Dis ons werf  ja. :thumleft:
Wys my 'n netjiese Boer en ek wys jou 'n welvarende boer.
Net korreksie F ek boer nie. Ons brood en botter is bike accessories. Op 47 ha en min water kan mens nie boer in my omgewing. Die paar beeste wat ek het het almal name en jy weet as hulle name het mag hulle mos nie verkoop word of geet word. :deal:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: FrancoisTz on October 03, 2016, 10:01:21 am
O genade ja nee, jy sal groot moeilikheid kry as jy vir hulle keel afsny. Ek was onder die indruk jy boer deeltyds en is voltyds in besigheid.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: woody1 on October 03, 2016, 10:04:36 am
Chris moenie worry nie... Ek is sleg met name.  Ek sal hulle kom eet. :imaposer:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 03, 2016, 10:08:10 am
Chris moenie worry nie... Ek is sleg met name.  Ek sal hulle kom eet. :imaposer:
Jy sal by mev moet verby kom. ;) :deal:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: woody1 on October 03, 2016, 10:09:43 am
Is reg.  Ek stuur haar op 'n wel verdiende vakansie.  :laughing4:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 03, 2016, 10:14:33 am
Geen GS trip is seker volmaak sonder dat iemand in 'n sandkol geploeg het nie.

Herklaas in die bike se defence die grondeis is 100% die operator se skuld. My liggaams posisie was helemal verkeerd vir die onverwagse move wat ek probeer het. :deal: :biggrin:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Dorsland on October 03, 2016, 10:16:41 am
Chris moenie worry nie... Ek is sleg met name.  Ek sal hulle kom eet. :imaposer:


:imaposer: :imaposer: :imaposer:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: DEE 1150 on October 03, 2016, 10:27:31 am
Lekker lees ek nou, dankie vir die deel Chris.

Jy het my nou weer 'n paar nuwe idees gegee vir koers kies.

Ek wens mens kon 'n kaart kry: Chris se Bike Paadjies  :ricky:

Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Oupa Foe-rie on October 03, 2016, 10:39:54 am
Ek lees ook maar net deesdae ride reports .................... :(

Dankie vir die report Chris ..............  :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 03, 2016, 11:29:04 am
Ek lees ook maar net deesdae ride reports .................... :(

Dankie vir die report Chris ..............  :thumleft:
Ek moet bieg Oupa, toe ons verby jou kelder glip het ek my clutch ingetrek en verby gefree. >:D
Ek het gesien die donker gaan ons vang as ons nog by jou ook stop.
Volgende keer. :deal:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: RobC on October 03, 2016, 11:37:35 am
Lekker RR Chris. :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Snafu on October 03, 2016, 11:41:54 am
Lekker Chrisman!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Duster on October 03, 2016, 08:08:23 pm
Ek ry heerlik saam.  Dankie vir die deel.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 03, 2016, 09:28:18 pm
Donderdag oggend hoor ek KR woel maar ek l nog so bietjie in. Ek weet vandag is weer n stywe trek huistoe. KR gee my sommer koffie terwyl ek nog in my slaapsak toegewoel sit.
Natuurlik soos dit die weskus betaam groet hy ons met n lieflike toemis more!! :biggrin:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4036_1_zpsmw4vn5yx.jpg)

Ons eet ietsie en pak op. Dis so n steilerige 100 meter tot by die enigste hek. Ek stop en my voorwiel vang n dro modderspoor en ek verloor my balans en slaat neer na regs. My kant wat ek nie kan keer. Opslag is ek erg de moer in want dis my derde val in twee weke en ek begin al voel asof dit my natuurlike habitat is om tussen fynbos te l!!! :biggrin:
Op n ligter noot as iemand vra, die Helsekloofpas is klaar geclaim in n grondeis!! :lol8: :deal:
KR moet maar weer sy rug krom maak om te help optel. Dankie Jan. :thumleft:
Die toemis raak toe nader aan Nieuwoudtsville n fyn rentjie en ons stop vinnig vir petrol by die enigste garage.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4037_1_zpsfwh3umvl.jpg)

Hoe verder ons uit Nieuwoudtsville ry hoe harder ren dit totdat die pad begin blink. Ook net betyds na so 30 km hou dit op want die diep modderspore l nog vars in die rooi potklei van die vorige ren wat hier deurgetrek het. :eek7:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4039_1_zps4ktvugwv.jpg)

Die wreld raak kaaler en vaaler en mens bedrywighede is skaars. Plaas opstalle sit vr van mekaar af. Vanaf Nieuwoudtsville totdat ons die R355 geT het het ons net twee rygoed tegekom en die een wou weet of ek Duits praat!!!!! Klomp toeriste op n blommekyktoer.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4040_1_zpsrl8ihllu.jpg)

En toe vat ons daai lang highway!! :thumleft:

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4041_1_zpseqgkz42v.jpg)

Ons val in by die Padstal en kry n hartseer de moerin Cocky oor sy bike aan die olie suip geraak het op 160 000 kms en hy nie die Bash te Colesberg met die bike sal kan bywoon. Altyd sad as mens engine probleme langs die pad kry. :(
Ons sluk ons koffie en groet Cocky en vat pad suid.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4042_1_zpsw4fvrm4h.jpg)

Ons draai linksaf rigting Matjiesfontein. Die pad is splinternuut oorgedoen en ry soos n teerpad. Ek moet my egter inhou want ek weet al vanaf Nieuwoudtsville dat ek nie Laingsburg sal maak met my petrol. KR sal my n bietjie leen wanneer ek dit nodig kry.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4043_1_zpsiesctx8z.jpg)

In Matjiensfontein s my gauge ek het net nog 10 kms  se petrol oor. Die klomp petrol pompe in Matjiesfontein is net ornamente dus moet KR my 2 liter leen wat ons uitsuig met n pypie wat hy altyd saamry.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4044_1_zpsnql3owch.jpg)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4045_1_zps9xqdtbej.jpg)

Ons klim op die N1 Laingsburg toe en maak vol. Nie een van ons twee klim af. Ons gooi en ry net. Ons stop n slag op die grondpad Ladismith toe maar dit was n vinnige enetjie.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4046_1_zps4wcm5urn.jpg)

Ek begin somme maak dat ek nie vir n koffietjie by KR kan gaan draai as ek nie in die donker wil ry die laaste ent huistoe.
Ek neem my laaste foto van die trip net voor die teer weer begin.

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4047_1_zpsk6snynxs.jpg)

Voor Ladismith draai ek weg en ons groet vinnig. Voor donker haal ek huis.
Weereens kom ek met n smile by die huis na n trip saam met Karoo Rider. Dit wil net voorkom ons twee alhoewel nie naby dieselfde ouderdom gel net lekker saam op n trip. Of my vrou betaal hom skelm agteraf dat hy mooi na my kyk!! :deal: :lol8:

Thanks KR ek hoop ons kan weer so maak. :thumleft:

Fluit Fluit nous my storie uit en die vloer is oop KR. :deal:
Title: Re:
Post by: Dorsland on October 04, 2016, 06:04:52 am
Dis nou hoe 'n fietsrit gedoen moet word.  Dankie Chris. En jy moet jouself bietjie meer op pas jong.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: lj111 on October 04, 2016, 07:58:53 am
Lekker saamgery :ricky:
Dankie vir die mooi RR :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: FrancoisTz on October 04, 2016, 08:07:37 am
Dankie vir die deel Chris
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Dwerg on October 04, 2016, 08:22:43 am
Geniet altyd die reports van jou en KR  :thumleft:

Dis darem mooi wreld. As ons weer mossels toe gaan moet my vrou maar weet ek gaan heel vakansie bike ry
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Bokveld on October 05, 2016, 08:35:53 pm
  So moet n RR mos lyk.Altyd lekker om julle trips te deel. :thumleft:Ek is bly om te sien KR breek darem nog af en toe n bietjie uit na die agterpaaie toe.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Nimmo on October 06, 2016, 04:06:19 pm
Lekker RR  :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Klein Torkar on October 07, 2016, 08:53:30 pm
Dankie vir deel.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Skim on October 08, 2016, 10:27:06 am
Ai Chris en Jan - julle doen altyd die lekkerste trips!! BAie dankie vir die deel Julle foto's en "byskrif" is TOPS!

Mooi loop tot volgende keer
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Skolla on October 08, 2016, 11:17:38 am
Mooi Chris en KR lekker storie en report :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Tuareg on October 08, 2016, 12:34:05 pm
Thanks for sharing, Chris......
Always good to "ride along" on one of your trips  :ricky: :ricky: :ricky:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on October 08, 2016, 01:20:47 pm
Hulle s tussen die Swartberge en die Langeberge, is daar niks wat nie twee weke kan wag nie.  Behalwe, lyk dit vir my, jaarlikse verlof.  Dit kan binne 'n ommesientjie omswaai in 'n twee jaar lange sessie voordat jou beurt weer verbykom.  En toe hy nou onlangs sy verskyning maak wil ek sekerlik te veel aanpak, en my kamermaat ontsien mos boonop ook nie die geleentheid om my te herinner aan die ligte onderhoudstakies wat in en om die Viljoen woning uitstaande is nie.

Met die gevolg dat ek 'n sekere inwoner in die Stilbaai distrik toe taamlik rofhandig, en basies keuseloos, ingeboelie het binne 'n drie dag bike trippie in die middel van die week.  Stomme man stem toe ook maar in en 'n paar dae later trek my voorwiel hul netjiese plaaswerf binne.  Wat gevolg het was, soos gewoonlik, 'n onvergeetlike lekker wegbreek met baie onbekende paaie (vir my natuurlik), nuwe mense ontmoet, en lekker gesels saans as ons kamp.  Chris - baie dankie!



Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on October 08, 2016, 01:53:45 pm
Na 'n koffie en gesels trek ons die Dinsdagoggend weg van Chris en Amanda.  Sommer so draai-draai met die lekker grondpaaie van die Overberg, deur valleie en dale en orals staan die koring blinkvet in die Suidkaapse son.  Ons groet vir Dorsland se bokke langs die pad en verkyk ons aan die fris stropers wat die tyd van die jaar uit die store getrek word.  By die Malgas Pond kry ons geselskap van 'n Oom wat klink of hy al 'n paar fasette van die lewe beleef het...  Ons groet en klim die steil bult teen die rivierwal uit.  Protem se silo's. Riviersonderend. Dan deur na Greyton waar ek nog nie was nie, en wat 'n aangename plek is dit nie!  Iewers in sy voorstede raak ek uit Chris uit en beur toe later terug deur sy spitsverkeer tot ek die blou GS gelukkig weer gewaar.  Dit was amper.

Verby Villiersdorp begin neig ons noord, later Worcester verby op met die Ceres pad.  Links by die T-aansluiting gaan beleef ons eers weer Bainskloofpas se knap draaitjies en mooi berglandskap.  Dit was jare laas wat ek hier oor gery het, en nog nie met 'n motorfiets nie.  Van Wellington af gooi ons verder teerpad tot by Vaalbaas op Gouda.  Gesels lekker en kry proviant by sy netjiese slaghuis.  'n Wyle later groet ons en ry verder.  Ek sien dat dit hier rond seker geweldig warm moet raak want orals het die mense sulke enorme waaiers opgesit.  Regtig iets besonders.

In die Porterville omtes gaan loer ons in by Josef (JJR) se plaas en word ook hier hartlik ontvang.  Lank voor die gesels op is moet ons egter verder want die son val met 'n spoed.  JJR neem ons die res van die middag op 'n begeleide toer deur sy plaas se agterpaaie tot knap onder die Dasklippas waar ons wegdraai teen die berg op.  'n Besondere pas met ongelooflike uitsigte.  Anderkant af kom steel die donker die laaste skaduwees van die dag net voor ons die Beaverlac kampterrein binnery.  'n Perfekte eerste dag.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: zetman on October 08, 2016, 02:09:57 pm
Ai KR jou Toer verslag is uit die boonste gestoeltes jy pleeg mooi Afrikaans
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Ama ride ride on October 08, 2016, 02:22:23 pm
Heerlike RR en kiekies julle twee. Dankie vir die skryf en deel. :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: COLES on October 08, 2016, 02:28:24 pm
magnificent pictures such a awesome area to ride
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on October 08, 2016, 02:47:45 pm
Dis vroegmre in die Beaverlac kamp en dit klink of die Ark se volhokke oopgemaak word.  Tjirp, fluit, basies enige vorm van keelskoonmaak word be-oefen terwyl ek 'n bietjie koffiewater opsit.  Loop later sommer 'n draai met die kamera.  Regtig 'n indrukwekkende, selfs effens afgesonderde klein vallei waarin die mense hier woon.  Ons pak op en kry die kantoor oop waar ons betaal en die bult weer terug berg op aanvat.  Heelwat makliker nou as gisteraand!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on October 08, 2016, 02:50:40 pm
Nou weer af met Dasklippas, verby JJR se huis maar hy is toe ongelukkig uit.  Seker nog 'n plaas toergroep wat hy rondwys op sy bike, ons weet nie.  Daarvandaan met die Piekenierskloofpas oor tot in Citrusdal, en vir die res van dag het ons lekker rustig al teen die Olifantsrivier se oostelike oewers opgery.  Later Clanwilliamdam, ook die indrukwekkende Bulshoekdam, en dan Klawer.

Chris gaan wys my die Gifbergpas waarvan ek nog net gehoor het.  Regtig 'n wonder hoe die oumense nou moes besluit het:  daar wil ek uitry so ons moet begin padbou!  Steil op plekke, hier en daar geteer, en uitsigte soos min.  Bo gekom ry jy verby rooibostee plantasies wat sommer so plek-plek nes geskrop het in die veld.  Met die afsak anderkant af gaan dit heel gaaf, maar kort voor lank steek sandpad se kind sy kop uit.  Gerugte en bewerings van die gebeure is ongelukkig maar vaag, maar ja toe my fiets 'n slag sy kop weer so wild begin skud is ek van die linkerkant van die pad, terug in die linkerspoor, oor die middelman (dit was nie 'n middelmannetjie nie), in die regterspoor en toe skuif iemand daai hekpaal skielik voor my in.  Eers 'n ent verder besef ek dat daai harde "Ghar!" klapgeluid seker iets met my te make gehad het.  By nadere inspeksie sien ek dat die regter pannier 'n effense duik op sy hoek het, gelukkig darem nie te erg nie.

So bly volg ek die slangsleepsel hier voor my soos Chris daar deur baklei het.  Steeds effe grootoog van die stamp maak ek intussen my sak oop, sit my trots daarin, en besluit dat hierdie staan en ry van my sopas klaar is, hiervandaan voetjie-voetjie ek maar as dit dan nie anders kan nie!  Met die vordering nou drasties stadiger werk ek die sand stukke so een na die ander deur, en toe skielik sien ek net dat die slangsleepsel nou taamlik wild na links uitgeswaai het.  Skuifel-skuifel kom ek uiteindelik toe daar aan, en tref my ou maat in die bosse aan waar hy lank en aandagtig na sy fiets staar, amper asof hy wil vra: "Nou hoe't jy dan nou hier op jou sy beland?"

Anderkant sak ons met (nog) 'n Oubergpas steil af, en bereik later die vlaktes onder en ry terug rigting Vanrhynsdorp.  Op met sy bekende pas tot by Nieuwoudtville, waarna ons links op 'n grondpad terugry na die rand van die plato.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on October 08, 2016, 02:52:36 pm
Op 'n klein tweespoor sak ons effens af en slaan kamp op met van die mooiste uitsigte oor die Knersvlakte.  Tussen die gesels deur eet ons Vaalbaas se drowors en 'n sopie of twee van Calitzdorp se beste word ook van nader leer ken.  Met die veldbosse naby en die aandwindjie wat effens optel, besef ons dat ons nou hier voor 'n groot besluit in ons lewens staan:  ons gaan moet afstand doen van 'n braai, en Vaalbaas se skaaptjops gaan nou in blokkies gesny moet word en in 'n pot met water gekook word.  

Was dit nie vir Oom Bokveld wat per geleentheid al bewys het dat so iets inderdaad moontlik is nie, het ons daai aand sekerlik honger gaan slaap.  Maar wragties goeie vleis smaak mos vanself lekker, en kort voor lank l ons weg aan 'n gawe lamsbredie terwyl Nieuwoudtville se brandweer, nes ons, rustig kan slaap.

Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on October 08, 2016, 03:23:48 pm
Dis die laaste dag van ons trip en ek wil nie huis toe gaan nie.  Ons is in die veld rofweg tussen Loeriesfontein en Nieuwoudtville.  Ladismith klink ver, en vir Chris l Stilbaai selfs nog verder.  Grys begin trek die klam oggendmis om ons toe terwyl ons oppak, selfs 'n druppel of drie toe ons begin ry.  Skaars weggetrek stop ons by die eerste hek en hier sit die duiwel weer 'n los klip voor Chris se voorwiel terwyl hy weet hy kan nie keer met sy regterbeen nie.  Ons blaas en steun die GS weer op sy voete.

Vol petrol verlaat ons Nieuwoudtville in die ren en kort voor lank is ek byna moedeloos tussen visor afvee (en basies eenhand ry), of oop visor en probeer hou net die water uit jou o uit sonder om 'n kontaklens in die proses te verloor.  Intussen begin raak ek bekommerd oor die nat pad.  Die R355 se potklei is nie jou maat in die ren nie.  Maar kort voor lank begin sien ek blou stukkies lug tussen die renwolke, en hoe verder ons ry hoe meer trek dit oop, soveel so dat ons dankbaar is om nie verder ren te kry op die pad nie, al wens jy nie ren weg in die Tankwa nie.

By die Padstal tref ons 'n mismoedige Cocky aan, die man moet hier weer omsit terug Kaapfontein toe weens probleme met sy fiets.  Ai dis nie lekker nie.  Ek en Chris wens hom sterkte toe en sit die rit voort verder suid, en by Karoo Poort swaai ons links, ooswaarts, rigting Matjiesfontein.  By die grootpad gekom wil-wil Chris se fiets al begin winde sluk en ons tap gou 2lt petrol uit my fiets, en gooi by syne in.  Natuurlik nie sonder dat ek eers 'n mondvol van die groenkoeldrank ingekry het nie!  Die laaste stukkie Vaalwors verdryf gelukkig die smaak hier agter tussen my kiestande uit, en ons mik vir Laingsburg.  Gooi daar weer vol en toe's dit Anysberg se lekker grondpad ter afsluiting van ons trip.

Op Voorbaat se langvlak groet ons, en hier gaan ons paadjies uitmekaar, ek net 'n paar kilo's verder tot in Ladismith, en Chris nog heelwat verder aan, al verder weg van die Swartberge, tot oor die Langeberge.  Twee weke verder.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: tgg on October 08, 2016, 03:25:16 pm
dit is nou lekker.

Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: T Rex on October 08, 2016, 03:30:27 pm
Dankie Chris ..... dit bly  darem in mooi wreld  :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 08, 2016, 04:42:31 pm
Duidelik kan daai groot kamera van jou n sonsondergang vasvang :drif: :deal: :thumleft:
Ek reken jy moet n paar van hulle vir ou Toast(er) by die Weg stuur. :deal:

ppssstttt, jy't niks ges van myse nuwe boots nie, of het ek vergeet om jou te vertel!! :lol8: >:D ;)
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: tgg on October 08, 2016, 05:10:03 pm
jyt ook nie jou standard blou broek aan nie :)
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 08, 2016, 05:45:49 pm
jyt ook nie jou standard blou broek aan nie :)
Ek trek net my overallbroek(stepouts) aan as daar mense is :lol8: :deal: ;)
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Nimmo on October 08, 2016, 06:03:46 pm
Baie nice RR albei van julle - uit die heading het ek gedink Pote het dalk weer begin ry  :deal:  :imaposer:  :pot:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 08, 2016, 06:26:43 pm
 :laughing4: :laughing4: :lol8:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Raka on October 08, 2016, 07:06:56 pm
Dankie julle, het nou lekker gefliek !!! :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: XRRX on October 08, 2016, 07:37:03 pm
Dankie Chris - "great" fotos ook!!!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Archangel on October 11, 2016, 03:18:42 pm
Ag bliksem. Nou is daar nog 'n pas wat ek MOET gaan ry...

Helsekloofpas

(http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?action=dlattach;topic=199967.0;attach=505853;image)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4022_1_zpsvzzkiwi3.jpg)


Dankie vir die stories julle, ek het dit nou baie geniet!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Leo on October 11, 2016, 07:22:44 pm
Baie dankie julle twee. Baie nice RR.

Daar is ń pas of twee wat Ek op my "To Do" list gevoeg het.

Ai dis mooi groen daarso. Paul Kruger dag was gister, so ons ren kom.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: jimjim on October 11, 2016, 08:23:11 pm
Lekker!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Frannarossi on November 01, 2016, 01:04:52 pm
Lekker man julle 2 :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Lem on November 01, 2016, 01:16:07 pm
subskraaib! Sal hom more weer in meer diepte deurlees, want wraggies dit lyk te lekker!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: roxenz on December 02, 2016, 11:25:39 am
Dankie Chris en KR - ek kan vir ure na die pragtige prentjies kyk!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: weskusklong on December 04, 2016, 01:36:01 pm
Dis nou Sondagmiddag kos die RR
Heerlik gewees,daai dekriet kan nou net opgetel word Chris,mooi bo die grond afgery :imaposer:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: HB 9 on December 06, 2016, 08:34:58 am
ChrisL en KR - dit is 'n kwaliteit RR hierdie!

Ek beny julle soos ek nou verlore geraak het in jul mooi deel van ons land -  dankie!
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Archangel on June 10, 2019, 01:34:13 pm
Ag bliksem. Nou is daar nog 'n pas wat ek MOET gaan ry...

Helsekloofpas

(http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?action=dlattach;topic=199967.0;attach=505853;image)

(http://i582.photobucket.com/albums/ss269/chrislouw/HELSEKLOOFPAS%202016/IMG_4022_1_zpsvzzkiwi3.jpg)


Dankie vir die stories julle, ek het dit nou baie geniet!

Finally, 3 jaar later (amper presies tot op die dag) is ek oppad soontoe om die plekkie te gaan opsoek...  :thumleft:
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on June 10, 2019, 03:04:39 pm
Geniet daai uitsig oor die Knersvlakte. indien die hekke oop is ry tot onder by die grootpad en draai links en hou aan tot jy die Van Rhynsdorp-Nieuwoudtsville teerpad T net onder die teer bergpas en winkeltjie.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Archangel on June 10, 2019, 03:22:35 pm
Geniet daai uitsig oor die Knersvlakte. indien die hekke oop is ry tot onder by die grootpad en draai links en hou aan tot jy die Van Rhynsdorp-Nieuwoudtsville teerpad T net onder die teer bergpas en winkeltjie.

Ons beplan om van die Weste teen die pas op te gaan, dan oor Nieuwoudtsville se kant toe, oppad na Calvinia.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on June 10, 2019, 03:25:42 pm
Geniet daai uitsig oor die Knersvlakte. indien die hekke oop is ry tot onder by die grootpad en draai links en hou aan tot jy die Van Rhynsdorp-Nieuwoudtsville teerpad T net onder die teer bergpas en winkeltjie.

Ons beplan om van die Weste teen die pas op te gaan, dan oor Nieuwoudtsville se kant toe, oppad na Calvinia.
Maak net seker jy draai regsin met die regte hek op na die pas toe.
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: VaalBaas on June 10, 2019, 04:13:38 pm
3 jaar later lees ek nou die raak. :-\  Voel soos die annerdag wat julle hier was.

Lekker ride nou gehad. Dankie  Is nou skoon moeg gery :spitcoffee:

KR. Hoop nie hierdie was die laaste vakansie nie?
Title: Re: Grondeise en standaard hekwydtes.
Post by: Karoo Rider on June 10, 2019, 07:10:45 pm
3 jaar later lees ek nou die raak. :-\  Voel soos die annerdag wat julle hier was.

Lekker ride nou gehad. Dankie  Is nou skoon moeg gery :spitcoffee:

KR. Hoop nie hierdie was die laaste vakansie nie?

Man beslis weer hoogtyd!!!