Wild Dog Adventure Riding

General => About South Africa... => Topic started by: Dorsland on March 24, 2017, 02:17:38 pm

Title: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 24, 2017, 02:17:38 pm
Die vŕrsiendheid van sommige mense het ons land al vŕr laat vorder op verskeie terreine waar ons op vele daarvan wŕreldleiers was voordat die springkane oorgeneem het.  So kan mens sulke prestasies opnoem soos Sasol, Yskor, die Raad op Atoomkrag, WNNR, Onderstepoort, Denel en Krygkor, die mynboubedryf in geheel, landbou in 'n waterarmland en nog velemeer.

Gister het ek die geleentheid gehad om bietjie by Teebus naby Steynsburg hier in die Oos-Kaap te draai.  Nou Teebus is die tonneluitlaat waar water van die Oranjerivier in die Visrivier gelaat word. Om diÚ manier word duisende hektare langs die Groot Visrivier by Cradock, Somerset-Oos en Cookhouse besproei, voordat die water in die Darlingtondam beland.  Die Baai kry water uit diÚ dam.

Die inlaattoring is naby Oviston en vandaar vloei die water deur die Oranje-Vis Tonnel wat, op 83km lank, in 1975 toe hy voltooi was, die langste ongebroke watertonnel in die Suidelike Halfrond was. Konstruksie is in 1966 begin.  Dit is ook die tweede langste watertonnel ter wŕreld.  Die tonnel self is net oor die 5m in deursnee en oor die 200 000 m3 beton is gegiet om die tonnel mee uit te voer.  Sy maksimum lewering is 2000 cusecs.

Die Teebus uitlaat lŕ hier: 31░25′22.5″S 25░38′14″O

Nouja, genoeg feite.

'n Paar kiekies:

Die gedeelte links waar die water so stil is is die uitlaat wat dan regs in die uitkeerkanaal gekeer word en vandaar vloei dit deur verskeie kanaalstelsels deur die Teebus besproei´ngskema en vandaar na die Grassridgedam en verder met die Groot Visrivier verby Cradock.  Sonder diÚ water sou groot dele van die Oos-Kaap dorre Karooveld gewees het.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/a62fb5fc70e966da2d7d0cee225062e1.jpg)


DiÚ gedenkplaat wat met die inhuldiging van die Teebusuitlaat opgerig is.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/1759acc44de6a25fce2ad251e52838da.jpg)



Stroomaf van die uitlaat lyk dit so.  Heel regs kan mens 'n uitlaat sien wat in onbruik is.  Blykbaar sou die mettertyd gebruik word om water in die bolope van die Sondagsrivier te keer (waar ek nou boer) en vandaar na Graaff-Reinet toe en verder.  Dit sou beteken het dat Graaff-Reinet en dalk Aberdeen ook so geil onder die besproei´ng sou wees soos Cradock en Cookhouse.  As dit maar net so was. Ai....


(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/bc19d2696633ab4e55987e3030840431.jpg)



Soos 'n klomp bloedsuiers suig die groot spilpuntpompe water op om weer oor die lusern- en voerlande van Teebus te spuit.  Ek sien gister hier in die dorre Karoo een so 'n spilpunt van 15 torings!  Hy lewer hier in die omgewing van 250000 liter per uur. 


(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/d979a4127e9321a37f7fc051d8067a75.jpg)

Water word ook uit die hoofkanaal gekeer en die water wat deur diÚ uitlate loop word dan deur middel van 'n netwerk leivore na vloedlande toe gelei.


(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/db99c4cdf11741763bdb0259c7ee8b7e.jpg)

Kŕrels, dis darem 'n geweldige hoeveelheid water wat hier afloop.  As mens net dink aan hoeveel werksgeleenthede, kos, voer, dorpsekonomieŰ en diesmeer deur diÚ water gevoed word dan kan mens net jou hande saamslaan dat daar manne met visie was wat vir ons land so voorspoed bewerkstellig het.


(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/a65e4768906404dc3206aea03fbc7bc2.jpg)


Dis Teebuskoppie in die agtergrond, regs agter hom met die plat kruin is Koffiebus koppie.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/f84e320f527ffdc13bb0887709cf6288.jpg)


Die koppies gister met 'n lekker reŰnbui wat uitsak.  Wat 'n mooi gesig, tipies Karoo.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/515386397317f13e2b81a013c4b6442d.jpg)



Kyk hoe mooi loop die water.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/5c3ae8257d9c260f4d04faa66743bac2.jpg)
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on March 24, 2017, 02:21:36 pm
Dis ontwikkelings soos hierdie wat my laat trots voel oor hierdie piepklein landjie aan die suidpunt van afrika. :thumleft:

Ander ontwikkeling is die besproeiingssekma by Vaalharts. Meeste of al die 3800 km se kanale is met die hand gegrawe deur jong mans wat diens gedoen het in die tweede wŕreld oorlog.
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 24, 2017, 02:25:49 pm
Chris as mens die gehalte van die vakmanskap daar sien dan slaan dit jou asem weg.  Veral as mens die swak kwaliteit van vandag sien.  Daar is nie 'n bars of 'n "chip" daar te sien nie.  Die handreŕlings is mooi stewig vasgebout, die sluis werk nog perfek en seŰl dig, dis te wonderlik. Ek was so met weŰmoed en heimwee gevul toe ek daar was.
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 24, 2017, 02:31:54 pm
Die Oviston inlaattoring (foto van DWAF se webblad):

Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Knucklhead on March 24, 2017, 02:43:09 pm
my skoonouers het op Uitkeer (tussen Cookhouse and SSE) gewoon, was something else to go up through the tunnel in a  bulldozer for inspections.
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 24, 2017, 02:47:18 pm
'n Google Maps foto van die omgewing. Ek hoop hy is duidelik.

Ek weet nie hoe om 'n GM te plaas nie, hoop diÚ werk: https://www.google.co.za/maps/@-31.4353946,25.6468008,6857m/data=!3m1!1e3?hl=en&authuser=0

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170324/be539114baaf7a375e56aeaafc8acca7.jpg)
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 24, 2017, 02:50:01 pm
my skoonouers het op Uitkeer (tussen Cookhouse and SSE) gewoon, was something else to go up through the tunnel in a  bulldozer for inspections.

Pieter was showing me where there is vehicular access to the tunnel for inspections.  Apparently the intake tunnel at Oviston is closed and the water drains, then they head up the tunnel in a vehicle for inspection.  They would need to pay me significant danger pay to do that job.  :eek7:

Are your folks still at Uitkeer Knucke?
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Knucklhead on March 24, 2017, 02:57:14 pm
my skoonouers het op Uitkeer (tussen Cookhouse and SSE) gewoon, was something else to go up through the tunnel in a  bulldozer for inspections.

Pieter was showing me where there is vehicular access to the tunnel for inspections.  Apparently the intake tunnel at Oviston is closed and the water drains, then they head up the tunnel in a vehicle for inspection.  They would need to pay me significant danger pay to do that job.  :eek7:

Are your folks still at Uitkeer Knucke?

nee boet, they retired in George now
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 24, 2017, 02:59:07 pm
 :thumleft:
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Snafu on March 24, 2017, 03:10:31 pm
Sal darem graag wil weet wat is die kragrekening vir daai klomp pompe

Met nuwe pryse, kan dit nie min wees nie
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 24, 2017, 03:11:57 pm
Janee waaragtig, dis lekker groot motors daai en hulle sing tÚ lekker.  Eskom sing saam as hulle loop.
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: frankmac on March 24, 2017, 03:42:07 pm
Dankie DL. Dis op my roete Kaap toe en ek het nie eers geweet van die skema se bestaan nie
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 25, 2017, 10:20:27 am
Just make sure you find accommodation beforehand FM, Steynsburg doesn't offer much and neither (I think) does Teebus.
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: frankmac on March 25, 2017, 10:33:39 am
Thanks DL. I usually try to push through to Beaufort West to overnight  :thumleft:
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on March 25, 2017, 10:40:55 am
May be a better bet. Are you coming up through Matatiele, Elliot? That's the route I traveled, took me 12,5 hours to do 650km . About 20 stop and go points on that route. Be warned.  :)
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: frankmac on March 25, 2017, 10:43:03 am
That is my usual route but I won't be using it for a while thank goodness
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: skywalker on May 31, 2017, 06:59:38 am
Ek het al 2 keer vir die uitlaat gaan soek
Van watter kant af het jy  die uitlaat benader?
Ek het al probeer om net na teebus regs te draai steynsburg rigting, maar daar is n hek en n bord wat dit baie duidelik maak dat besoekers nie welkom is nie
Ander keer het ek regs uitgedraai vanaf steynsburg na hofmeyer teerpad
Vanaf Schoombee lyk na n beter opsie?
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on May 31, 2017, 10:08:07 am
Die uitlaat is nie maklik vir die publiek toeganklik nie alhoewel mens wel daar kan uitkom.  Mens draai in 'n suidelike rigting af van die R56 by die Teebus bordtjie en volg dan die pad tot verby Teebus dorpie self.  Ek het deur die boer by wie ek lusern aankoop, se grond gery om daar uit te kom.  Ek kan dus nie met sekerheid vir jou sŕ hoe die openbare pad loop om daar uit te kom nie. 
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Casting from Turd on May 31, 2017, 11:40:46 am
Moeninie virrie manne se nie tjom maar daai Doring revier is vol geelvis
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Dorsland on May 31, 2017, 11:41:51 am
Ai julle hengelaars darem  :biggrin:  Koop vir jou visvingers en kry klaar :deal:
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Casting from Turd on May 31, 2017, 11:44:58 am
Ek het al 2 keer vir die uitlaat gaan soek
Van watter kant af het jy  die uitlaat benader?
Ek het al probeer om net na teebus regs te draai steynsburg rigting, maar daar is n hek en n bord wat dit baie duidelik maak dat besoekers nie welkom is nie
Ander keer het ek regs uitgedraai vanaf steynsburg na hofmeyer teerpad
Vanaf Schoombee lyk na n beter opsie?

Ek ken die Boer wat in daai omgewing n plaas het. PM my dan gooi ek jou sy nommer
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: Andre E on May 31, 2017, 11:54:17 am
'n Man van Steynsburg het ons in van die tonnels geneem met ons motorfietse. Nogal 'n belewenis, maar snotglad.
Title: Re: Teebus besproei´ngskema, Oos-Kaap
Post by: skywalker on June 02, 2017, 09:06:53 am
Ek het al 2 keer vir die uitlaat gaan soek
Van watter kant af het jy  die uitlaat benader?
Ek het al probeer om net na teebus regs te draai steynsburg rigting, maar daar is n hek en n bord wat dit baie duidelik maak dat besoekers nie welkom is nie
Ander keer het ek regs uitgedraai vanaf steynsburg na hofmeyer teerpad
Vanaf Schoombee lyk na n beter opsie?

Ek ken die Boer wat in daai omgewing n plaas het. PM my dan gooi ek jou sy nommer

Baie dankie!!
Ek behoort weer in desember daar te draai, sal jou verseker n lui gee!