Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Dorsland on April 27, 2017, 03:59:09 pm

Title: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 03:59:09 pm
Ek het al 'n paar keer diť kronkelende roete deur die Sneeuberge verby Kompasberg gedoen, maar vandag was my 660Z Tenerť se stofpaddoop.

Net toe ek vanoggend wil ry, sak daar 'n los buitjie reŽn hier uit en ek dog toe ek gaan vandag liewers boerevakansie hou.  Ongelukkig duur die reŽn nie lank nie en ek vat toe die pad.  Ek het so 10 dae gelede die fiets van die Baai af gery en van daar af staan hy hier in die waenhuis met sy kleedtjie oorgetrek.  Hierdie sou my eerste stofpadrit met hom wees en ek sien baie uit.

Die fiets voel vir my meer rats asook ligter as my 800GSA, hy voel soos 'n stofskoeter en ek ry tť lekker die eerste stukkie grondpad tot by die N9.  Daar steek weer reŽnwolke op en 'n paar druppels val nog voor ek by die teerpad uitkom. 

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_140000_zpswqyapce6.jpg)


Man dis 'n mooi fiets diť.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_090936_zpsu2i1z6oa.jpg)


Ek ry maar altyd stadig en geniet die reuke, die pad, die natuurskoon, die rit.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_092125_zpsemqxiucc.jpg)



Ons wÍreld begin nou na winter lyk en die populierbome is orals aan die brand met hulle pragtige geel herfskleure.  Hulle helder sommer die vaal Karooveld op.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_093314_zpskgt7cmhg.jpg)



Ai, dis darem mooi en rustig hier.  Daar is min gesigte wat by 'n Karoolandskap kan kers vashou.  Doer ver waar die son so skyn in die rigting van Nardousberg lÍ my plaas.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_092145_zpszebts1kz.jpg)



Hoe hoŽr ek gaan die Sneeuberge in hoe kouer raak dit.  'n Boer wat ek ken wat hier naby boer vertel my gister hy het onlangs reeds 4 of 5 keer -4ļC en ryp gehad.  By my gelukkig nog nie ryp gehad nie.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_094433_zpsc2lnjqy9.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_094440_zpsuilwoxir.jpg)



Dit lyk asof dit ter enige tyd gaan uitsak en ek hou die weer dop.  Ek weet hier op die vlaktes is daar baie klei en as diť paaie eers natgereŽn het dan is dit nag op 'n motorfiets.  Eintlik enige voertuig sukkel dan.  Ek ry maar verder maar dit raak koud.  Ek het amper my binnebaadtjie by die huis gelos omdat dit glad nie so koud by my was soos tans hier nie. 

Toe ek stop om diť pragtige herfskleure af te neem, besluit ek maar om warmgoed aan te trek.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_095958_zps9x2dxzhp.jpg)

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_100013_zpsrzufwgch.jpg)


Die fiets ry vir my baie lekker.  Ek hou bitter baie van die enkelsilinder se gedoefdoefdoef.  Ek voel sommer soos 'n "adventure rider".  My 800s het ek baie geniet maar vergeleke met die 660 het hulle my tť veel van die ware fietsry ervaring geÔsoleer kom ek nou eers agter. 


Ek ry so lekker, ek ry diť ou skillie netnet mis.  Slat brieke, draai om en sit hom veilig oor die draad waar hy veilig is.  Daar is geen voertuie op die pad nie maar mens weet nooit nie.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_103238_zpsxhvxpvod.jpg)



Hier hoog in die berge het hulle redelik goeie reŽn gehad en die damme het meestal lekker water.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_103322_zpsjcb80l5r.jpg)

Die wind is van agter en daar is min dinge wat so lekker vir my is as om so grondpad met die fiets te ry as die wind van agter is.  Daar daal sommer so 'n rustigheid oor my neer.  Dit raak al hoe kouer hoe hoŽr ek ry.  Eers moet ek stop en die tipiese Sneeuberglandskappe afneem.  Kompasberg se piek was kort voor ek diť foto geneem het, toe onder die wolke. 


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_105027_zpsne5sfk0l.jpg)

Nog een sonder die 660.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_105223_zpst7pap1ma.jpg)



En nog goue populierbome.  Hulle is orals in die lope van die strome en die klowe.  Die grondpad drentel deur diť bos en mens ruik die vrugbare reuk van die blare wat nou afgeval het en begin verrot om die grond te verryk.  Lekker man, lekker.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_105141_zpsvlx6wxmt.jpg)



Snaaks, maar diť verlate berglandskappe, veral as dit so koud en bewolk is, bring 'n onverklaarbare weŽmoed oor my.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_105235_zpsxxsyaxj0.jpg)



Ek het meer as 'n jaar laas hier rond gery en ek sien nou eers hoe agteruit die paaie gegaan het.  Die owerhede steur hulle glad nie meer daraan om paaie instand te hou nie.  Dis 'n duur en deurlopende taak vir ons boere om ons paaie begaanbaar te hou.  Ek en my buurman gaan nou hoeka 'n slootgrawer en tiptrok huur om ons kloofpad weer begaanbaar te maak.  Ons sal seker binnekort weer 'n grondbelastingrekening van die munisipaliteit ontvang.  :dousing:


Mens kan eintlik nie tť slap lÍ nie want daar is baie sulke verspoelde dele en spoelslote oor die pad wat 'n man soos 'n nat vel sal neerslinger as jy slaap.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_105359_zpshxspv4kt.jpg)




Ek is bly om te sien baie van die bergstroompies het darem water in hulle.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_110822_zpsabok99mi.jpg)



Ek mik vir Nieu-Bethesda en ontbyt by Tannie Ydil hulle se plekkie daar.  Ek ondersteun haar altyd omdat dit hulle enigste inkomste is.  Haar man, Oom Niel, is al 90 en in 'n rolstoel.  Die tannie werk 7 dae 'n week om die pot aan die kook te hou.  Julle ouens kan haar gerus ondersteun as julle weer op die dorpie kom.  Dit lyk nie so nuut soos van die ander plekke daar nie maar haar kos is baie lekker, tuisgebakte brood, en pryse is baie beter as die ander toeristeplekke.  Al haar kruie en baie van haar groente kom uit haar eie tuintjie agter die plekkie uit.

Die dorpie het jaarliks in April die Pumplooza Pampoenfees waar die eetplekkies almal spesiale pampoengeregte voorsit, daar is kompetisies en ander verwante aktiwiteite.  Nogal lekker.  Kyk bietjie die tamaai pampoen uit Tannie Ydil se tuin uit.  82.5kg!!  :eek7: :eek7:  Sy vertel dis nie die grootste pampoen op die fees gewees nie.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_114714_zpscagvd9gn.jpg)




Terwyl ek eet hou die ou kietekat my geselskap.  Baie oulik, eintlik tť oulik, so by so dat ek uiteindelik maar vir die kat 'n stukkie wors gegee het.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_115909_zpsgcgzr8th.jpg)


(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_120110_zpsa7cceeel.jpg)



Die dorpie is nogal bedrywig vanoggend met die langnaweek en ek groet 2 ander fietsruiters en hulle vrouens wat by een van die ander plekke eet. 'n GSA en 1190 KTM.  Na 'n lekker ete, lekker gesels met die tannie en 'n ander boer van Richmond wat daar kom kuier het, vat ek weer die pad.

Dis nie hoe lank nie en hier is daai klein skillie se grootboet.  Slat weer brieke, draai om, neem 'n kiekie, druk hom onder die draad deur die veld in en daar gaat ek weer.  Ek is al goed geoefen.

(http://i1285.photobucket.com/albums/a592/Dorsland/XT660Z%20Tenere/20170427_125918_zpsjqbesxgg.jpg)




Nouja,  julle het seker al van die tonele op van my ander RRs gelees maar ek hoop julle sien die omgewing weer deur nuwe oŽ.  Dis vir my lekker om so my distrik se grondpaaie van vooraf te ontdek.


En nou het my skoeter ook bietjie houding gekry.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170427/ca9645d43f241e701e146b774aaa76d2.jpg)
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on April 27, 2017, 04:08:18 pm
Jinne jy kon darem meer fodies van die bike opgesit het met verskillende agtergrond ;)
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 04:11:46 pm
Ai Chris,  sien ek die rekenaar het my gewen vandag.  Is hulle nou reg?  :lol8:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on April 27, 2017, 04:14:05 pm
Ai Chris,  sien ek die rekenaar het my gewen vandag.  Is hulle nou reg?  :lol8:
Haas hy nou, gn wonder jou knieg is moertoe nie. Jy klim te veel af vir fotos :lol8: :deal: :thumleft:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 04:15:00 pm
Dis eintlik van myself onder my gat skop as ek sulke foute maak  :lol8: :lol8:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on April 27, 2017, 04:16:37 pm
Ek vrek oor daai populiere wat so geel raak wintertyd.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 04:21:10 pm
Ja hulle is pragtig nŤ.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: 4 Kays on April 27, 2017, 05:26:04 pm
Mooi so Dorsland. Soos altyd geniet dit om jou threads te lees  :thumleft:

Groete aan 2IB
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: katana on April 27, 2017, 05:42:09 pm
Lekker!
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Tom van Brits on April 27, 2017, 05:48:13 pm
Wil iemand my nie kom aflos op Gough nie dan kan ek ook gaan ry!  :deal:

Ek skoon blou  :snorting:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: JMOL on April 27, 2017, 07:03:28 pm
Lekker my maat.  Mooi storie en jou kiekies net so mooi.  Jy bly in 'n mooi plek.

Daardie kiekie van die bome - ek "dink" ek het ook een daar geneem.

(http://jmol.co.za/gallery2/main.php?g2_view=core.DownloadItem&g2_itemId=9961&g2_serialNumber=1)
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: eikeboom on April 27, 2017, 08:01:08 pm
Die storie lees baie lekker en die fotos is so mooi. Dankie!
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 08:07:58 pm
Plesier Eikeboom, bly jy lees lekker.

@JMOL: en hoekom stop jy nie hier nie?
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: woody1 on April 27, 2017, 08:08:43 pm
Sneeuwitjie se NIGGIE is wraggies n mooi meisie.
Lekker ry.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 08:09:58 pm
Wil iemand my nie kom aflos op Gough nie dan kan ek ook gaan ry!  :deal:

Ek skoon blou  :snorting:

Ai ou Tom, hoe lank nog? 
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 08:10:49 pm
Sneeuwitjie se NIGGIE is wraggies n mooi meisie.
Lekker ry.

Ja en nou ontneem jy die niggies om saam by die EC Bash te kuier.  Hoe's jou hart dan nou?  ;D
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: woody1 on April 27, 2017, 08:17:55 pm
Ai man. Iets het voorgeval en so graag as wat ek wil sal ek dit nie kan maak nie.
Wat van Koes in Julie  :ricky: :ricky:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 08:19:36 pm
Daai rit is op my lys maar ek kry dit net nie reg om daar uit te kom nie.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 27, 2017, 08:23:07 pm
Mooi so Dorsland. Soos altyd geniet dit om jou threads te lees  :thumleft:

Groete aan 2IB

Dankie Keith, ek maak so.  Bly jy lees lekker.  :thumleft:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Oubones on April 27, 2017, 08:45:57 pm
Lekker gelees nou, dankie.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Bokveld on April 27, 2017, 08:57:25 pm
   Een van die dae gaan ek daai paaie ry.Mooi wereld .Dankie Dorsland.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Tom van Brits on April 27, 2017, 11:19:42 pm
Wil iemand my nie kom aflos op Gough nie dan kan ek ook gaan ry!  :deal:

Ek skoon blou  :snorting:

Ai ou Tom, hoe lank nog?

Nog presies 160 dae - ETA is  Oktober in Kaapstad. Dis so ietwat van n lang stoot maar ons het darem al 240dae afgele vandat ons geklim het.
Ek voel dit die keer en was bekommerd oor my NC so lank staan toe se ek maar vir die seun hy moet werk toe met hom die week. Nou moet ek ook hoor hoe 'lekkerrrrr' die mannetjie gat geskuur het op pa se fiets  :peepwall:  :imaposer:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 29, 2017, 06:52:16 pm
Hel Tom, is al die skofte so lank? Dis 'n lang tyd jong. Jy gaan bietjie moet aanpas by die veranderinge in ons ou landjie. 
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Skaiidawg on April 30, 2017, 01:26:25 pm
Ek dog dis net n dag lange trip, hoekom pak jy vir n week?

Verie naais...

Sent from my E7 using Tapatalk

Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on April 30, 2017, 01:50:34 pm
Dis my gereedskap, noodhulptassie, 2 x binnebande en my binnebaadjie (waarvoor ek baie bly was). Ek kon seker daai sak bietjie kleiner toegedraai het.

Maar ja, ek glo in voorbereid wees.

En, dan voel ek soos 'n ware "Adventure Rider" .
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: woody1 on April 30, 2017, 01:57:55 pm
 :laughing4:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: DakarDirk on May 01, 2017, 10:38:52 pm
Dankie vir die lekker storie en prentjies, Dorsland.
Het jou gesÍ jy gaan die Yammie geniet na die BM
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: BliknÍrs on May 02, 2017, 06:24:32 am
Hi DL ek bet self daardie paadjie gery op Saterdag, die populiere was besonders die tyd van die jaar , op een plek was hulle beide kante van die pad en ry jy tussen hulle deur.
 Ek het nogal uitgekyk vir n XT terwyl ek so ry. Die wereld is pragtig by jou, dis lekker om windpompe te sien loop en water by die pype te sien uitkom. Ek het by 2 sement damme gestop en beide was vol. As ek nie hier gelees het van die droogte wat julle gehad het nie sou ek jaloers gewees het!
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Skim on May 02, 2017, 07:26:26 am
Sjoe - Jy maak mens Jaloers Dorsland!!

Dankie vir die deel - dit bly maar mooi!
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: the ruffian on May 02, 2017, 08:20:57 am
Dorsland

Love your post, and those pics, especially the two of Kompassberg, which I have climbed several times in the last 3 or 4 decades, and which I travelled to ( yes even up on to the final vlakte ) on my old R90/6 in the nineties. Your pics reminded me of my promise to myself to go up there this winter on my DR 650...

Thanks for your inspiring report!
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: BikerJan on May 02, 2017, 08:43:16 am
Baie mooi wereld daar by jou Dorsland, ek moet n plan maak om bietjie weer daar rond te ry, lekker storie en mooi foto's!
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: MickeyT on May 02, 2017, 09:23:33 am
Jis - n paar mooi shots wat jy daar geneem het!  Daar is darem niks wat kom soos daardie reuk van n vroeŽ-oggend Populierbos nie!
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: 2StrokeDan on May 02, 2017, 09:51:11 am
Baie mooi Dorsland, daai XT-Z ook!

Daardie Populierbome is vir my na aan die hart, toe ons klein seuns was het ons dikwels, baie dikwels, by my Oupa en Ouma op Wellington stasie gaan kuier.
Daar agter hul huis in Stokeryweg, tussen huis en stasie, was so n klein bos populiere, wel daai jare het dit soos n oerwoud gevoel.

Ek onthou dat my Oupa iets gese het van die Populiere wat ingevoer is en onder andere deur Lion matches geoes is vir die maak van vuurhoutjies. Weet iemand iets hiervan?
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Tom van Brits on May 02, 2017, 10:35:34 am
Hel Tom, is al die skofte so lank? Dis 'n lang tyd jong. Jy gaan bietjie moet aanpas by die veranderinge in ons ou landjie.

Ja n hele 13 maande mits mens dros soos ons ex leier en op n skip klim  :peepwall:

Bly maar n mooi eiland tenspyte van die politiek so ek byt vas want hierdie is werk en inkomste - ek sien ek gaan moet 'aanpas tuis' en daar loop die politiek deesdae net so dik maar my oorlede pa altyd gese pas aan of gaan dood en ek is nog ietwat jonk vir doodgaan  :patch:

Pragtige wereld en fotos daai!!

Baie mooi Dorsland, daai XT-Z ook!

Daardie Populierbome is vir my na aan die hart, toe ons klein seuns was het ons dikwels, baie dikwels, by my Oupa en Ouma op Wellington stasie gaan kuier.
Daar agter hul huis in Stokeryweg, tussen huis en stasie, was so n klein bos populiere, wel daai jare het dit soos n oerwoud gevoel.

Ek onthou dat my Oupa iets gese het van die Populiere wat ingevoer is en onder andere deur Lion matches geoes is vir die maak van vuurhoutjies. Weet iemand iets hiervan?

Dan ou spoorweg sersant Fourie het destyd vir ons gese die polilier was ingebring om vir die stoomtreine te help, daarom het jy groot plantasies langs die lyne gekry. Ja ek weet hulle het op antrasiet geloop, maar miskien was die hout dalk n hulp middle - wie weet? Hy is jare terug oorlede in n trein ongeluk, jy gee my sommer nou so n nostalgiese oomblik soos ek terugdink aan daardie mooi trein era van ons land!  :thumleft:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 01:49:27 pm
Hi DL ek bet self daardie paadjie gery op Saterdag, die populiere was besonders die tyd van die jaar , op een plek was hulle beide kante van die pad en ry jy tussen hulle deur.
 Ek het nogal uitgekyk vir n XT terwyl ek so ry. Die wereld is pragtig by jou, dis lekker om windpompe te sien loop en water by die pype te sien uitkom. Ek het by 2 sement damme gestop en beide was vol. As ek nie hier gelees het van die droogte wat julle gehad het nie sou ek jaloers gewees het!

Ja, daar is 'n groot verskil na die reŽn wat geval het BliknÍrs, maar Donderdag se rit was dÍm koud gewees.  Weer warmder geraak namate ek weer afgedaal het in die vallei hier by my maar daar bo was dit koud.


Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 01:59:17 pm
Dorsland

Love your post, and those pics, especially the two of Kompassberg, which I have climbed several times in the last 3 or 4 decades, and which I travelled to ( yes even up on to the final vlakte ) on my old R90/6 in the nineties. Your pics reminded me of my promise to myself to go up there this winter on my DR 650...

Thanks for your inspiring report!

Thanks for the compliment Ruffian, but you do realise you just gave your age away.  Old Ballie  :peepwall:  :biggrin:  Kompasberg is visible from so many directions and it always seems cold up there, irrespective of the season.  You'll enjoy riding the area, many nice roads around there.




Jis - n paar mooi shots wat jy daar geneem het!  Daar is darem niks wat kom soos daardie reuk van n vroeŽ-oggend Populierbos nie!

Baie mooi Dorsland, daai XT-Z ook!

Daardie Populierbome is vir my na aan die hart, toe ons klein seuns was het ons dikwels, baie dikwels, by my Oupa en Ouma op Wellington stasie gaan kuier.
Daar agter hul huis in Stokeryweg, tussen huis en stasie, was so n klein bos populiere, wel daai jare het dit soos n oerwoud gevoel.

Ek onthou dat my Oupa iets gese het van die Populiere wat ingevoer is en onder andere deur Lion matches geoes is vir die maak van vuurhoutjies. Weet iemand iets hiervan?

Ja, mens ruik sommer die vrugbaarheid.  Maar klam veld is vir my die skoonste reuk wat daar is.  Ek verstaan heeltemal hoekom honde, perde en ander diere so daarin kan rol.  Dis interessant, diť fotostorie.  Ek het so 2 jaar gelede 'n baie oulike Panasonic Lumix kamera gekoop maar vind dat deesdae neem selfone sulke puik fotos ek gebruik die digitale kamera omtrent glad nie meer nie.

Ek ken nie die storie van hoe die populiere hier uitgekom het nie maar hierdie spesifieke populier staan wel bekend as die "matchwood Poplar" terwyl die lang smal populier wat so kenmerkend van die Oos-Vrystaat is, die "Lombardy poplar" is.  Ek gaan bietjie moeite doen om uit te vind Danie.



Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: RobC on May 02, 2017, 02:18:17 pm
Aaai hoe verlang ek nou terug na laas jaar die tyd... selle paie gery. :thumleft:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 02:41:21 pm
Vind ek sommer maklik diť inligting in my Standard Encyclopedia of Southern Africa:

"About 7 species of poplar are grown in Southern Africa, of which 2 are in reality hybrids. The most important of these is Populus deltoides (Carolina or match poplar) [dis nou die een waaroor ons praat], a native of North America.  This species is cultivated in plantation form in the temperate, humid or sub-humid parts of the Transvaal and Natal, chiefly to supply peeler-logs for the match industry."

Verder ...

"Other poplars much planted in Southern Africa for ornament or shade are P. nigra var. italica (Lombardy poplar) ...."


Eerste foto is die Matchwood populier, twede foto is die Lombardy populier.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: 2StrokeDan on May 02, 2017, 06:30:53 pm
Baie dankie Dorsland, my oorlede Vader het ook al vertel hoe hy in sy jonkmans dae lorrie gery het na Lion Match Co. toe, en spesifiek van n bos Populiere wat in die omgewing van die R318
Koo/Montagu afdraai op die N1 gegroei het.

My Pa is nou al sandkooi toe so ek kan hom nie meer invra nie.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: frankmac on May 02, 2017, 07:00:19 pm

My Pa is nou al sandkooi toe so ek kan hom nie meer invra nie.


First time I've heard that one's passing mentioned like that, 2SD. Quite unusual but also old fashioned it would seem.

DL, I was always under the impression the Lombardy was the matchwood one merely because of it being straight up. Thanks for clearing that up.

I also enjoyed your report as this is my way of enjoying the countryside, slowly and taking in the scenery
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 07:06:12 pm
I did another short ride yesterday morning, average speed according to the GPS was 48km/h.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 07:06:55 pm
Some pix from that ride.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/ec451e9cd078f4ef93e41882fa20dfcd.jpg)

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/7ad1830d98cde6447d0476faeb4a8fb0.jpg)

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/2251ff1433b8d5d389a6a09e00917ed8.jpg)
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: frankmac on May 02, 2017, 07:07:14 pm
That is fairly racing along  :biggrin:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 07:09:23 pm
Speedball McGee, that's me.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Tom van Brits on May 02, 2017, 07:16:00 pm
Ek ry ook rustig en geniet die ongewing, stop vir fotos. Die laaste keer wat ek julle gesien het was 2015 se RA bash en ek het toe van Neu Betesdag gery tot by Avontuur en daar deur die kloof reg op Kom se pad. Jis man dit was mooi en van Knysna is ek toe na my neef in PE. Die grond seker 60km/h gery. Toe ek af is Clarenstoe wou die manne ook jaag en ek ry toe sweeper op die grondpaai daar van daai motorfiets museum by Deneysville al die pad so tussen 80 en 100 op die grond. Kom skoon en vars elke keer by die pitstop want ek ry nie eers in iemand se stof nie. Kannie wag vir n lekker trippie nie!

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Tom van Brits on May 02, 2017, 07:19:45 pm
Watse foon neem sulke mooi fotos Johan?

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: BliknÍrs on May 02, 2017, 07:34:00 pm
Ek ry deesdae al die grondpad met my Bushlandertjie want my VStrom is gepolish om te verkoop. Ek geniet dit baie meer.
Ek was al tot in die Cederberge saammet manne op baie groter bikes en niemand hoef te lank vir my te wag nie. En hulle is lief om te wil bikes uitruil om te voel hoe ry die 200 tjie as dit by dik sand of modder kom! Ek ruil weer graag as dit by die teer paaie kom.
Sodra myVStrom verkoop is gaan ek begin soek vir n XR 650L of n XT660R
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 07:35:26 pm
Iemand moet 'n ou ballie rit reŽl. Hel, niemand sal by die einde bestemming uitkom nie :)

Dis 'n Samsung Note 5 Tom. Maar ek ontdek nou die dag 'n app by name Snapseed waarmee mens bietjie die foto's kan mooimaak.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 07:40:07 pm
Ek ry deesdae al die grondpad met my Bushlandertjie want my VStrom is gepolish om te verkoop. Ek geniet dit baie meer.
Ek was al tot in die Cederberge saammet manne op baie groter bikes en niemand hoef te lank vir my te wag nie. En hulle is lief om te wil bikes uitruil om te voel hoe ry die 200 tjie as dit by dik sand of modder kom! Ek ruil weer graag as dit by die teer paaie kom.
Sodra myVStrom verkoop is gaan ek begin soek vir n XR 650L of n XT660R
Eenmaal 'n jaar het ons boerevereniging 'n Boere Rally. Dan kom ons met die Bushlanders, die TW200s, die AG175 tweeslag, en ander plaasfietse by Nieu Bethesda se tennisklub bymekaar, slaap die Vrydagaand daar oor en ry die Saterdag dan 'n roete verby 'n boer se plaas waar ons ontbyt of middagete geniet. Die Saterdagaand is groot braai en oorslaap by die tennisklub.  Groot pret.

Ek geniet my Bushlander kwaai. Lekker dat jy langpad met joune ry BliknÍrs.  Gooi kiekies toe.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: BliknÍrs on May 02, 2017, 07:56:48 pm
Pasop ek hijack sommer jou thread, hier is n paar
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 02, 2017, 07:59:32 pm
Neewat, ek geniet die foto's.  Hoe vinnig ry jy met hom ooppad?
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Tom van Brits on May 02, 2017, 08:29:44 pm
Ek is verstom, as daai foon nou al sulke fotos kan neem asook die apple gaan hulle ewensieel die dslr kamera doodmaak.
Dslr gaan tien teen een net n plek he onder entoesiaste soos ek is (miskien nie heeltemal maar ek voel soos een) en dan die profesionele manne wat troues en gedoentes afneem.
Gun wonder ek lees die ander dag van Fuji was nou hulself toespits op die mediese bedryf en tans die 'optical leaders' in die veld is.
Regtig mooi fotos - my Samsung foon neem nie so mooi nie maar dis nou meer n budged tipe.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: BliknÍrs on May 02, 2017, 09:29:07 pm
Neewat, ek geniet die foto's.  Hoe vinnig ry jy met hom ooppad?
My speedo kabel het die gees gegee maar hy loop lekker teen so 90. Op die groot pad is dit erg want tot die lorries kom van agter af verby, maar op die grondpad is dit n lekker spoed. As ek hom druk gaan hy oor 110 maar dis bietjie te veel gevra om dit vol te hou.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Ryno on May 03, 2017, 11:34:53 am
Great RR. Ek het dit nou baie geniet. Ons her daai einste paaie so paar nawele terug gery met die 'boere rallye' op Nieu Bethesda. Ons het deelgeneem met 6 Ural syspanne en lekker gery. Die landskap is pragtig en daai populierbome net so mooi soos jy se..... As jy n syspan daar rond sien stop gerus vir n geselsie. Ons is gereeld in daai omgewing....

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 03, 2017, 01:00:30 pm
Dankie Ryno, bly jy het dit geniet.  Ja, ek weet van daai Ural manne wat hier kom ry het.  Pos bietjie hier as julle weer gaan ry dan kry ons mekaar erens vir 'n eetding.  Jammer ek het vanjaar se rit gemis, volgende jaar is ek beslis weer in.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: wine_dan on May 03, 2017, 08:55:53 pm
Some pix from that ride.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/ec451e9cd078f4ef93e41882fa20dfcd.jpg)

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/7ad1830d98cde6447d0476faeb4a8fb0.jpg)

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/2251ff1433b8d5d389a6a09e00917ed8.jpg)

Hi Dorsland, watter tankbag is dit wat jy op die fiets het?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Gee S on May 03, 2017, 09:52:45 pm
Dankie vir n lekker draad en mooi fotos Dorsland. Nou het ek ook weer iets geleer. Ek het nooit geweet n mens kry Popupliere wat anders as die lang dun bome lyk nie.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 04, 2017, 04:48:06 am
Some pix from that ride.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/ec451e9cd078f4ef93e41882fa20dfcd.jpg)

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/7ad1830d98cde6447d0476faeb4a8fb0.jpg)

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20170502/2251ff1433b8d5d389a6a09e00917ed8.jpg)

Hi Dorsland, watter tankbag is dit wat jy op die fiets het?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis 'n Givi wat ek eendag in 'n motorfietswinkel op George raakgeloop het. Hy is baie aanpasbaar, het hom op my 800GSA ook gebruik. Toe ek die Yammie koop kry ek 'n ander tipe Givi by, diť een wat met 'n ring om die brandstoftenk se deksel pas. Hy is lekker maar lyk vir my soos 'n puisie op 'n mooi meisie se wang.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: big oil on May 04, 2017, 06:56:54 am
Nice report, Dorsland.  I enjoyed your pictures, especially of the leaves changing color. 

And, on a bike we can't buy over here in the States.
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: Dorsland on May 04, 2017, 01:44:41 pm
Thanks Big Oil, would Google Translate help to read the Afrikaans?  I never find their translations much good but it helps to sort of get the gist of what's being written.  I read on AdvRider that the guys are crying this bike never went to the US.  Strange the decisions manufacturers sometimes make on our behalf.

If you ever get out to South Africa and you want to ride the Karoo, give me a shout and come stay over.  You know the basics already: braai, lekker, moerse, and so on  :biggrin:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: bud500 on May 04, 2017, 02:09:30 pm
Ek is verstom, as daai foon nou al sulke fotos kan neem asook die apple gaan hulle ewensieel die dslr kamera doodmaak.
Dslr gaan tien teen een net n plek he onder entoesiaste soos ek is (miskien nie heeltemal maar ek voel soos een) en dan die profesionele manne wat troues en gedoentes afneem.
Gun wonder ek lees die ander dag van Fuji was nou hulself toespits op die mediese bedryf en tans die 'optical leaders' in die veld is.
Regtig mooi fotos - my Samsung foon neem nie so mooi nie maar dis nou meer n budged tipe.

Die nuwe Samsung S8 het 16MP kamera... :eek7:

Lekker ritte DL.  :thumleft:
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: frankmac on May 04, 2017, 04:01:04 pm
Thanks Big Oil, would Google Translate help to read the Afrikaans?  I never find their translations much good but it helps to sort of get the gist of what's being written.  I read on AdvRider that the guys are crying this bike never went to the US.  Strange the decisions manufacturers sometimes make on our behalf.

If you ever get out to South Africa and you want to ride the Karoo, give me a shout and come stay over.  You know the basics already: braai, lekker, moerse, and so on  :biggrin:

An American fellow, Jim Hooper (author of Koevoet), remarked he found Afrikaans fairly easy to follow as every 3rd word was fokken 
Title: Re: Net nog 'n Kompasbergrit
Post by: big oil on May 04, 2017, 04:48:57 pm
Thanks Big Oil, would Google Translate help to read the Afrikaans?  I never find their translations much good but it helps to sort of get the gist of what's being written.  I read on AdvRider that the guys are crying this bike never went to the US.  Strange the decisions manufacturers sometimes make on our behalf.

If you ever get out to South Africa and you want to ride the Karoo, give me a shout and come stay over.  You know the basics already: braai, lekker, moerse, and so on  :biggrin:

Yeah, Google Translate leaves me with scrambled sentences, but like you say, I can usually figure out what is being said. 

Yeah, we Americans have been whining for the Tenere' 660 for years, though Yamaha doesn't listen.  Perhaps it is because of the costs involved to get a bike EPA Certified.

It was interesting to read about the Poplar trees that originated from North America.  I'm happy to see they thrive in the South African climate.

I appreciate the offer on visiting, I sure hope to make a trip over there someday. 

And, braai was the first Afrikaans word I learned :lol8:

I'll be looking forward to more of your pics and reports, Mr. Dorsland!