Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: alwyn_gs on September 20, 2017, 02:31:45 pm

Title: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 02:31:45 pm
Michelle het met die BMW Trophy in 2015 die Oranje Roete van Bavarian met die beste brandstof verbruik n naweek gewen by The Windmill Cottages... En toe maak ons ernstig plan om dit in 2017 af te sluit...

Anyhows, n roete is beplan om al die besienswaardigehede op die westilik kant van die laeveld te besoek... en dit werk toe mooi uit en ek kan sommer my nuwe skoeter se bene ook rek!  :ricky:

So Vrydag middag na werk op die fietse en in die pad.

Michelle se X se tank afstand is so 180-190km... maar Vrydag het dit heeltyd gedraai by 160km... selfs ek moes ry om by te bly!  ???

Was lekker koud op Long Tom...

Was ook die eerste keer dat Michelle lekker kon twisties ry... :ricky: :ricky:
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Ian in Great Brak River on September 20, 2017, 02:37:36 pm
 :thumleft:
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Mikie on September 20, 2017, 02:38:10 pm
 :ricky: :ricky:
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 02:52:13 pm
Right, kom donker op Sabie aan, ons het n tradisie, op elke bike trip eet ons erens n Wimpy, Maar Sabie se Wimpy is halaal, dus geen bacon, avo burger vir my honger vroutjie nie.. so moes maar settle vir cheese burgers....

Van Sabie is dit 28km se twisties in die donker, maar lekker rustig gevat en lekker vloeiend gery...

By Windmill Cottages, skrop ons nes in die Honeymoon suite
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 02:56:59 pm
Volgende more vroeg uit die very, Graskop se rigting

Eerste stop Graskop Gorge,

Ongelukkig is die Big Swing nog toe, anders het ons geswaai!  :peepwall:

Van daar skip ons die Pinnacle &  Gods Window, was so 2 maande terug daar saam n kollegas...

Maar stop by The View of the Lowveld
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 02:59:35 pm
Stop 3 -  Lisbon Valle

Michelle koop ook n sout en pepper stelletjie van hout
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:02:13 pm
Van daar om na die Berlin valle

En hier koop Michelle n sout pepper stelletjie van klei, maar in uil vormpies
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:11:09 pm
Ek navigeer die Poe valle mis, street maps wil he mos n draai deur die bos ry... Tracks4Africa het toe n paaitje om die bos tot by die valle

Hier het ons bietjie vertoef en gepiekniek. Van sout koekies, roomkaas biltong, vrugte en sap. terwyl ons voete in die water afkoel... terwyl die kabbelende water om ons afvloei

Het ook  omgestap om n beter view van die valle te kry
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:12:13 pm
Bietjie bikes in die bosse
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:15:15 pm
Om terug Potluck Boskombuis toe... dink was 6km na die Poe valle... net gaan loer wat daar aangaan, Michelle het neusie gepoeier en het koeldrank gedrink...
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:18:01 pm
En Michelle se gunsteling stop vir die dag en seker die trip... Bourkes Luck Potholes

Moet bieg, dit was nogal koel...

Maar die weer was een punt moer warm!!!
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:20:56 pm
Van daar om na die Blyde Rivier Canyon View Point

Van die view point sien daar onder in die canyon is n kamp terrien... gaan so bietjie daar kamp nie te ver in die toekoms in nie...
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:23:23 pm
En 3 Rondawels viewpoint een

Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 20, 2017, 03:26:53 pm
3 Rondawels viewpoint 2 was binne die Blyde Rivier Canyon Forever resort se gronde, hulle was vriendelik laat ons gou kon inry en gaan kyk...

Kon die Blyde rivier dam ook mooi sien

En van daar terug Hazyview toe vir n braai via Kowyn pas
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: 0012 on September 20, 2017, 05:14:07 pm
sjoe, baie lekker RR, pragtige pics  :thumleft:
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: m0lt3n on September 21, 2017, 07:08:22 am
Die is nice. En ek dink lekker as vroulief op haar eie bike is.
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Dwerg on September 21, 2017, 07:41:50 am
Nice Alwyn. Ek love Boskombuis
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Master Beerkie on September 21, 2017, 07:47:33 am
Bef@k A & M !  :thumleft:
M kort nou nog net daai 800  :peepwall:
(julle tweekies maak my nog steeds naar)
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Klein Torkar on September 21, 2017, 09:21:04 pm
Nice in my agterplaas.
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Klein Torkar on September 21, 2017, 09:24:06 pm
Die is nice. En ek dink lekker as vroulief op haar eie bike is.
Is nogal awesome, net die rondskuif van twee bikes kan uitputent raak.
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 21, 2017, 09:29:33 pm
Dankie julle....

Moet bieg dis moerse lekker dat ons 2 kan rond skoet... geniet dit baie!
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 21, 2017, 09:36:49 pm
Weer vroeg in die pad Sondag more...

Ons los ons herberg vir die afgelope 2 aande agter en is oppad na die Forrest valle
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 21, 2017, 09:38:54 pm
Van daar stop ons by die Maria Shires valle. Die valle het mooi sterk gevloei
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 21, 2017, 09:42:06 pm
Lekker stappie af na die Mac Mac valle waar daar ook n sighting is van n bobbejaan op sy eie klip...
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 21, 2017, 09:46:28 pm
En vining om na die Mac Mac poele
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 21, 2017, 09:50:41 pm
Terug Sabie toe en van daar Bridal Veil valle toe. Die is n redelike stappe op na die valle, en ons vat weer versnapperinge saam

Hier het ons n sighting van n apie in n boom  :deal:
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 21, 2017, 09:54:10 pm
Toe om Lone Creek valle toe...
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 22, 2017, 06:43:07 am
Laaste waterval vir die dag, Horse Shoe valle. Hiet het ons ook n rukkie vertoef en te voet explore
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 22, 2017, 06:46:50 am
Vandaar via die ou Poskoets pas na die Long Tom pas
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: alwyn_gs on September 22, 2017, 06:50:44 am
Op Long Tom stop ons weer om baadjies oor die impact rig te trek, en Twisties weer op na Lydenburg toe. Van daar Dullstroom Belfast N4.

Ek moes weer redelik die oor dtaa van die nuwe 1200 om by te bly by die klein 650.

Weer op Alzu gestop vir brandstof, en ook 4 koppies koffie voor ons x2 keer in ligte drip reen  terug Pretoors toe trek om na sononder tuis te kom...
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Duster on September 22, 2017, 06:31:54 pm
Baie nice trippie.  Bly julle ry so lekker saam.  Mooi węreld waar julle gery het.
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: 2StrokeDan on September 22, 2017, 09:42:00 pm
Pragtige wereld daardie! So baie water.

Dankie julle!
Title: Re: Laeveld toerisme 101
Post by: Pistonpete on September 22, 2017, 09:55:07 pm
Thanks for sharing...hope there's more!  :thumleft: