Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Bokveld on June 03, 2018, 12:45:42 pm

Title: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 12:45:42 pm
     n Tyd gelede ,vra my swaer my om hulle te vergesel op n trip deur die Karoo ;ek op die motorfiets en hulle in die Amarok.Hy wou n slag die agterpaaie  en grondpasse van die Karoo met die Amarok aandurf.Hulle van Saolburg,ek van Montagu sou mekaar een warm Sondagmiddag op Calitzdorp ontmoet en vandaar die stryd aanknoop.Die passe op sy lysie was: Swartberg,Rammelkop,Ouberg,Gannaga.
     Ekself was nog nooit oor Rammelkop nie en ek raadpleeg vir ChrisL.Sy raad is om die pad tussen Merweville en Sutherland net nie te ry as dit nat is nie.Die aarde in die geweste is horingdroog en verskroei en jy kan maar die raad ignoreer.Sondag is ek effe vroeg vir ons Calitzdorp afspraak en en gaan maak sommer n draai by Karoo Rider op Ladismith om bietjie meer van Rammelkop uit te vind .
      Later die middag ontmoet ek my reisgenote : swaer Eben en Piet en sy vrou,Riki.Hulle het die vorige aand in die Karoo Nasionale  Park oornag.Die Amarok is tot die tande gewapen om enige teestand die hoof te bied Hulle slaap in n gastehuis en ek kamp in meer nederige styl by die Ou Stasie.Daars n paar ou pomptrollies ingeval jy n bietjie op die stasie wil rondpomp.
     
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Dorsland on June 03, 2018, 01:08:36 pm
Di gaan weer n lekkerlees storie wees. Ek sien uit oom Kallie. Ek hoop daai Amarok kan by die groen gevaarte hou.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 01:15:32 pm
     So vertrek ons die maandagmore op ons trip,Swartbergpas oor .Die pas is mooi herstel na onlangse verspoelings.Ek kan nie die versoeking weerstaan om waterbottel vol te maak in die vars bergstroom nie.Die Amarok daag eers heelwat later in Prins Albert op ,waar ons koffie vat.Swartberg was vir hulle effe meer as verwag,kom ek agter,maar toe is daar weer teer tot in Merweville om die senuwees te kalmeer.Dis middag in Merweville en daar roer nie eintlik iets nie, maar wolkies begin saampak na die noord-weste kant toe.Dit lyk of daar later die middag tog n bietjie lafenis vir die dorre stuk aarde kan kom.Ons durf die styltes van Rammelkop aan.Ek wag weer lank bo-op die pas.Die manne praat nie veel ,toe hulle by my stop nie.Dis nou vir my duidelik dat hulle nie die klas van grondpad in gedagte gehad het nie.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: ratrap on June 03, 2018, 01:52:58 pm
.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 02:12:29 pm
     Ek wag vir my medereisigers op die grens van die Sentrale Karoo.Riki besluit om die veiligheid van die Amarok te verlaat en die reis op meer avontuurlike manier voort te sit.Ek kan haar nie kwalik neem nie,want dit moet seker op menige dame se wenslysie  wees om eendag nog nog saam met my te ry.
     n Paar kms. verder, moet ek egter haar droom bederf,want dit begin liggies reen.Dis heerlike lafenis vir my en die verskoeide veld.Die reen begin val al sterker en skielik voel ek die bike begin glip diekant en daaikant toe.Later is al genade om stroom-op, eerste rat in die wielspoor te luier .So hou dit vir kilometers aan en ek begin wonder of Chris Louw dalk hogere konneksies het,waarmee hy my nou sit en teister .Die bike word later warm en die waaier kry nie die temperatuur af nie.Ek gebruik my lekker Swartberg water om die modder uit die verkoeler te was.
     Die lug is vaal van die reen en ek is deurnat,maar dis lekker om die plate water langs die pad te sien.Ek voel soos n reenmaker toe ek Sutherland binnery.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Kobus Myburgh on June 03, 2018, 02:23:57 pm
 :sip:
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: JFE on June 03, 2018, 02:28:23 pm
Die ATGATT brigade gaan jou oor die hals haal met daai nooi se drag.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 02:58:26 pm
      Ons oornag op Sutherland.Hulle in n gastehuis en ek by familie.Tydens ons gebruiklike skemerkelkie die aand ,kom ek agter my maters se avontuurlus het aansienlik afgeneem.Hulle verneem of daar nie dalk n ander pad Middelpos toe is,as oor Ouberg en Gannaga nie.Ek skilder vir hulle n mooi prentjie van die twee passe en die uitsigte,maar verneem darem so stilletjies die aand later hoe die reen daai rigting geval het.
      Ons is maar voetjie vir voetjie Ouberg af die volgende oggend,maar my oordeel van goeie en slegte paaie, word nou al erg in twyfel getrek.Gelukkig wag ek vir hulle by die Gannaga afdraai,want ek het al te veel ondervind hoe maklik mense die verkeerde pad kan vat(al is daar duidelike aanwysings).Hulle vat die regte afdraai ,maar een agterband is pap.Weliswaar nie n vreemde gesig in die Tankwa nie,maar vandag n resep vir skielike paniek.
       Gelukkig is die Amarok, soos genoem, tot die tande bewapen met foefies om alle probleme te oorwin.Probleem: waar word die domkrag weggesteek?Eben bel sy seun,maar daars nie sein nie.Die Amarok se handleiding word bestudeer.Ons kry die jack in sy wegkruipplek,maar die kry met moeite die swaargelaaide voertuig gelig.Nog n foefie kom te voorskyn;n reuse lugsak wat aan die uitlaat gekoppel word om die Amarok se gat te lig.Dis nou as jy die ding reg koppel en sy non return valve werk.Terwyl ek die Amarok met moeite opjack,hoor ek hoe die lugsak met Vaseline gesmeer gaan word om makliker in die verkoopman se ........op te druk!!! Die son is nou warm en so ook die humeure.
        Toe die spaarband uiteindelik op is,soek hulle die kortste pad Calvinia toe.Gelukkig oortuig ek hulle dat Gannaga uit Middelpos toe, die beste opsie is.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 03:39:41 pm
      Die gemoedere is nou kalmer en bo-op Gannaga wys hulle my eers hoe warm dit nou eintlik is.Kan nie wees nie,maar nee ,n Amarok lieg nooit.Riki spring weer agterop,maar wil voor Middelpos stop , oor sy nie n helmet op het nie en wat van die spietkop.Ja en wat van Middelpos se spietkop?Ons jaag weg!!
      Dis nie 48 grade op Middelpos nie,maar ons drink nogtans n wekome bier terwyl die band reggemaak word by die Wiel en Siel.Ons mikpunt is Calvinia vir die dag,maar net voor die teerpad ,weer n papwiel.Ou swaer is stom.Twee op een dag!!Die wolke pak saam Calvinia se kant toe en hier en daar val al n druppel of twee.Ons besluit om die band te pomp en te stoot vir Calvinia.Ek sal agter ry en hulle stop as ek sien die band begin te pap raak.So val ons in die pad.Ek gee nie om dat ek waarskynlik weer gaan natreen nie,as ons maar net weer n bietjie reen kan bring nie.Die Amarok begin trek onder my uit.Ek sit my tee maar by 140 km/uur gooi ek tou op.Ek sou hulle later die middag eers weer sien.
      Die weer is potblou  Calvinia se kant toe,maar so 10 km. buite die dorp,besef ek dat ek dit voor die reen kan maak.Ek jaag my beste jaag en toe die finale skoot klap,jaag ek onder Jaagvlakte se dak in .Dit stortreen vir n goeie halfuur en oral is net water waar jy kyk.Dis duidelik :die reenmakers het aangekom!!
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Offshore on June 03, 2018, 04:50:47 pm
Bly vir die Reen, dankie vir die deel. :thumleft:
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Oubones on June 03, 2018, 05:25:18 pm
Ek ry nou lekker saam.
Die ren in daai wereld is maar spesiaal.
So lugsak het al lekker my bas gered, landrover vol nar riviersand met hom opgetel soos niks.
Die ander domkragte kon nie staanplek kry in die sagte nattigheid nie.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Nimmo on June 03, 2018, 05:37:51 pm
Respek vir daai Bo Wadrif en Onder Wadrif Oom Kallie -  :thumleft:
Die sand is sommer kwaai daar in die loop  :biggrin: :deal:

SNAP  ;)
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 06:01:19 pm
    Alle kampplekke is deurnat en ek trek saam met my kamerade by n gastehuis in.Ons braai lekker en geniet n paar bruisdrankies.Die dag se ontberings is weldra vergete en Piet ploeg met sy vriend Eben oor hy met "retreads" die Tankwa aandurf.
   Die volgende oggend,skaf Eben twee splinternuwe "retreads" aan (teen aardige bedrag).Hy is vireers klaar met grondpaaie en ons kies koers na Loxton via Williston en  Carnarvon.  Die reen het wyd geval ,maar dis die eerste reen in n lang tyd en die veld is nog pikswart.Op Carnarvon gaan gooi ek n draai by die karavaanpark waar ek sewe jaar gelede my " unplugged trip" afgeskop het.Niks het verander nie .Dis nog altyd net so verwaarloos en verlate soos destyds. Ek kry die Amarok later by die Blikkiesbar.
     Die weer begin weer opsteek en ek ry rustig Loxton toe ,waar ons by die Rooi Granaat oornag.Ons paaie skei die volgende oggend toe ek weer suid begin draai.Dit was vir ons almal n eerste in verskillende opsigte.Eben het intussen nog n paar nuwe "nuwe retreads " aangeskaf en het nie Vaseline aan die lugsak gesmeer nie.
     Op die noot begin ek my terugtog na Montagu.
 
   
     
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Karoo Rider on June 03, 2018, 06:20:29 pm
Soos altyd lekker om Oom Kallie se stories te beleef - ai nou mis ek die Karoo vlaktes.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Operator on June 03, 2018, 06:23:23 pm
Respek vir daai Bo Wadrif en Onder Wadrif Oom Kallie -  :thumleft:
Die sand is sommer kwaai daar in die loop  :biggrin: :deal:

SNAP  ;)

Foto lyk bekend  :patch:

Miskien omdat ek die knop pie gedruk het  :lol8:
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Operator on June 03, 2018, 06:24:50 pm
 :sip:

Ek is ry saam Kallie
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Klein Torkar on June 03, 2018, 06:41:32 pm
Dankie vir die deel
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 09:32:57 pm
      Van Loxton af vat ek die pad oor Victoria-wes en Murraysburg na Graaff-Reinet.Ek speel met die gedagte om by ou Dorsland n draai te maak.Die veld raak al groener  na Murraysburg.Ek hou deurentyd die weer dop.Voor ek die berg afsak na Graaff-Reinet toe,laat vaar ek die Dorsland-plan.Die wolkies begin pak saam in die ooste.Ek besluit om te ry tot op Aberdeen en die volgende dag via Rietbron Montagu toe.Op Aberdeen verneem ek daar was n wolkbreuk Rietbron se kant toe .Sodanig dat Beervlei water gekry het.Ek is bly vir die reen ,maar nou mis ek weer vir Rietbron.
      Behalwe dat dit bloedig warm is,kamp ek lekker by Aberdeen se adventure-biker-friendly kampplek.Ek loop al die winkels op die dorp deur op soek na muskiet salfies,maar sonder sukses.Ek Doom toe maar my tent en trek hom toe.Teen slaaptyd het alle mossies verkas.Teen sononder was die weer potblou na Graaff-Reinet se kant toe.Dit lyk my die reen volg my nou-al.
      Teen vieruur die volgende oggend gaan my wekker in die granaatboom af.Toe is ek sommer vroeg oppad.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Bokveld on June 03, 2018, 09:57:48 pm
      Dis n heerlike oggend na die vorige nag se reen.Ek ry met n lied in my hart.Beervlei het wel n bietjie water gekry,maar ek sou later hoor die wolkbreuk was net gedeeltelik in die dam se opvanggebied.Dis net mooi brekfistyd toe ek by die padstal na dam afdraai.Netjiese plekkie wat deur n jong boervroutjie bedryf word.Terwyl ek sit en eet,bars twee Harley bikers met groot brawade in en bestel sommer dubbel brannewyn en coke.Later word hulle kalmer en bestel koffie.Hulle was ook oppad Montagu toe vir een of ander rally.Ek sien hul later die dag weer toe hulle n klomp voertuie op die linkerkant verby gaan.Toe sien ek hulle nie weer nie.
      Hoe nader ek aan die huis kom ,hoe droeer word dit.As die suid-oos die wolke so oor die Langeberge druk,verlang ek na die reenmakers.
       Dankie vir al die Willehonne wat so geduldig saam met my gery het!
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Ian in Great Brak River on June 04, 2018, 02:50:37 am
Net 8 meer weke om the wag dan ry ons ook daar deur.

 :thumleft:
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: ALLEN I on June 04, 2018, 10:01:21 am
thanks for the ride was lekker, As Ian sais just a few more weeks and we will also be in that section,  :biggrin: :biggrin: :ricky:
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on June 04, 2018, 10:09:41 am
 oor hy met "retreads" die Tankwa aandurf.

Daai "retreads" lyk vir my na nuwe Pirelli Scorpions!!
Lyk my hulle is te sag vir die Tankwa se gesteentes. :deal:
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: wilfwalk on June 04, 2018, 12:09:42 pm
oor hy met "retreads" die Tankwa aandurf.

Daai "retreads" lyk vir my na nuwe Pirelli Scorpions!!
Lyk my hulle is te sag vir die Tankwa se gesteentes. :deal:

Of te styf gepomp - 1,4 is omtrent reg vir daardie skerp klippe.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: Man from Nam on June 04, 2018, 12:31:45 pm
Dankie vir die lekker lees en mooi foto's RR Bokveld, ek geniet jou skryf styl en reis verslae baie.
Jammer dit was so kort.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: jimjim on June 04, 2018, 02:25:56 pm
Daai groen bike is darem well-travelled. Lekker RR.
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: RobC on June 04, 2018, 02:31:34 pm
Baie lekker RR. :thumleft:
Title: Re: Met reenmakers en retreads deur die Karoo.
Post by: XT JOE on June 09, 2018, 07:26:56 pm
     k kan haar nie kwalik neem nie,want dit moet seker op menige dame se wenslysie  wees om eendag nog nog saam met my te ry.

Sjoe- so bek kort botter...


Soos altyd mooi geskryf Kallieman