Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:18:36 pm

Title: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:18:36 pm
Na maande se beplanning en baie voorbereiding voor af, van Land Cruiser’s wat ‘n nuwe laaikas en vrieskas kry , 'n X5 wat nuwe bande kry, nuwe tente en opgradering van kamptoerusting, R1200GS’e wat gediens is, nuwe bande en nuwe persoonlike beskerming op ‘n ander – is die fietse op sleep waentjies en 4 van die 5 Varkies Ryers,:Willem, Egbert, Deon en Alwyn is oppad na die BMW GS Trophy te Montagu, maar met ‘n meander van n  avontuur van 12 dae vooraf…
Title: Re: Montagu Meander 2018 - Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:21:40 pm
Die ompad begin om te draai by die Gariep dam om te gaan loer na die oorloop, deur die Karoo via Meirings poort na Oudtshoorn.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:22:59 pm
Hier is kamp opgeslaan dat dit as n basis vir die volgende paar dae.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:27:08 pm
Die kamp agterlaat en ons stop vroeg padlangs by Doornkraal padstal om verskillende sherries te proe die koue more oppad Hel toe
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:30:58 pm
Die keer ervaar ons Meiringspport op die gebalanseerde duitse fietse via Prins Albert waar ons die Swartberg pas suid begin opry maar eers middag ete...
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:37:32 pm
Die Swartberg is regtig een van die mooiste passe in Suid-Afrika wat ek al gery het... Die pad kronkel deur die Swarberg, die intresantste rots formasies waar kragte die berge gedruk en geform het dat ons onsself verwonder daaraan.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:40:59 pm
Die pad kronkel deur die Swarberg, die intresantste rots formasies waar kragte die berge gedruk en geform het dat ons onsself verwonder daaraan. Half pad die pas op draai ons wes op die Gamkaskloof pad Die Hel in!
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:49:17 pm
Eers is die pad rustig, verby die mooiste protea bosse en van daar volg die pad die skerp kontoere die Swartberg af, die Hel in. Nooit gedink die pad Hel toe gaan s lekker ry nie, maar die is GS hemel (!?).
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:50:43 pm
Onder by die restaurant kry ons n wel verdiende bier, dalk duur vir sommige Varkies, maar vergeet wel van die prys terwyl ons met week oue varkies speel.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 09:51:58 pm
Die aand gaan ons in n huisie tuis waar van die oorspronklike 3 families in die Gamkaskloof hul bestaans boerdery dag tot dag verdryf het. Die braai pakkies wat van Pretoors aangery is word voorberei deur Willem, en elke varkie kry n beurt om die huisie in sy fondasie te probeer skuif.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: 2StrokeDan on September 02, 2018, 09:55:13 pm
Lekker!!

My gunsteling deel van ons land, hierdie klein-Karoo.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:03:43 pm
Die volgende more is die Hel lekker koud en ons is nog nie klaar om die huisie in sy fondasie te probeer skuif nie, en nie lank daarna nie is ons in die koue saal besig om die Hel uit te ry met die steil pas met skerp draaie uit die kloof, weer verby die protea bosse om weer by die Swartberg pas aan te sluit. Stop vir n lekker volstruis bestandeel ontbyt by die Wilgewandel Vakansie plaas...
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:05:58 pm
En draai rigting Oudtshoorn se kant toe, met die Rus en Vrede grondpad ompad huis toe. Oudtshoorn ingekom stop ons by die Smitswinkel vir bietjie motorfiets kultuur en koue lafenis vir die keel. Die aand word daar lekker gebraai en gekuier.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:09:27 pm
Die volgende more is die R1200s so gepak dat ons vir die volgende paar dae uit die duffel bags kon leef, van koffie, ontbyt, ligte middag etes en snacks vir die pad. Vinnig hardloop die knobblies oor die grondpad suid deur die Klein Karoo via Paarde Poort waar ons aansluit by die Montagu pas af George toe.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:12:26 pm
Veilig beskerm deur die klip muur gebou om perde karre uit die klowe te hou van die Outeniqua berg. Nou kan ons die rollende, steil hange van die Outeniqua geniet. Teen die einde van die pas kry ons die Ou Tolhuis waar tol ingesamel is vir die instandhouding van die pas. Toe ons die Ou Tolhuis instap groet die geur van pannekoek en kaneel gemeng met moerkoffie in die warmte van die vuurtjie wat in die kaggel knetter.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:15:15 pm
Ons saal af en word bedien deur Voortrekkers met pannekoek en moerkoffie met kondensmelk. Ons kuier lekker saam die plaaslike voortrekkers en is deel van ‘n spesiale konsert deur pianis Egbert en die voortrekker tannie daar in die tolhuis – priceless!

Sien konsert link onder:

https://web.facebook.com/deon.basson.9/videos/10156271092588349/?fref=pb&hc_location=friends_tab
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:17:21 pm
Die tweede gedeelte van die dag toer ons die Seven passes tussen George en Knysna. Dis basies sewe passe en of brue  gebruik om tussen die twee dorpe te handel voor die voltooiing van die N2; Kaaimans Rivier pas
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:18:24 pm
Silwer Rivier pas
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:20:38 pm
Touw Rivier pas
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:21:28 pm
Hoogekraal pas
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:22:03 pm
Karatara pas
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:23:40 pm
Homtini pas
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:25:42 pm
Phantom pas en kruis die Knysna rivier
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:27:26 pm
Na die sewe pass draai ons in die Gouna Inheemse bos, ry met Kom-se Pad na die King Edward Geelhout in die Diepwalle bos. Vandaar is dit Sedgefield toe, die aand kuier ons by Egbert se ouers. Ons is bederf met lekker braai hoender, groenslaai en poeding en gaan slaap lekker knuppel dik aan konings kos.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:28:57 pm
Die prins Edward geelhout in Diepwalle bos
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:30:26 pm
Volgende more word ons wakker met hemelse geure van die stoep, die keer konings ontbyt. Groet dankbaar die oom en tannie en ons val in die pad. Slaan die Diepwalle inheemse bos in en die keer stop ons by die Ysterhoutrug.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:31:12 pm
Vandag die Prins Alfred pas, Egbert se broer het ons die vorige aand ingelig dat daar n koppie Spitskop is wat ons moet opry en die uitsig vandaar moet gaan beleef en dit was die ompad werd. Kan die pas sien, die berge en die fynbos op fynbos
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:32:05 pm
Terug op die Prins Albert pas en draai in by Angies G-Spot vir n koue bier. Ons was ongelukkig seker van die laaste bikers by Angies G-Spot,die unieke kroeg is 5 dae na ons besoek afgebreek.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:33:17 pm
Prins Alfred pas
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:34:26 pm
Na die Prins Alfred pas se lekker grond pas, was dit die Uniondale pas, die keer n teer pas. Van Uniondale na Willowmore waar ons rantsoene opgetop het en toe wag die eerste gedeelte van die Baviaans vir ons(!)
Ons het die van die westelike rigting ingegaan. Die 1200e het die grondpad vir n middag tee gevat en dit was nie lank nie en ons het die Baviaans kloof binne gegaan met die
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:38:26 pm
Nuwekloof pas, en kronkel die pad deur ho rots formasies van die Baviaanskloofsleutel. In die kloof  lei die pad ons na die Makadaat grotte.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:39:53 pm
Met ons aankoms groet n boere tannie met een van die stewigste handrukke wat ek al ooit van n persoon my mee gegroet het. Deon het vooraf gereel vir braai pakkies, sy maak haar vrieskas oop, en ons het baie opsies maar ons opt vir die bavaainskaap tjops en ribs, maar ons is gely deur die tannie. Sy het vir ons ook n vars gebakte brood en regte egte appelkoos konfyt laat inlaai. Mal oor die platteland! Ons ry deur die rots kloof na ons slaap plek vir die aand n grot! Dis n rots lys wat oorhang, en lyk soos n boshuis aan die voorkant. Maar baie huislik met alles wat nodig is, en n lekker stook kettel..
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 10:40:24 pm
Deon en ek het bietjie gaan explore met n 2 spoor paadjie deur die berge, en net na son onder terug gedraai. Willem en Egbert kuier lekker om die bos televisie en ons sluit aan. Die baviaansskaap en vars plaasbrood loop soos n jet! Later het ons in die stook kettel vuur gemaak en lekker warm geslaap.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:24:31 pm
Die volgende more het ons n kort roete na die volgende bestemming maar die besienwaardighede is baie; ons kruis n paar laag water spruite, moet stop om reen jasse aan te trek want dit drup dit gaan nou oor wees reentjie raak harder net om weer te stop want dit het regtig opgehou hahaha-dis hoe dit is op n advontuur....!
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:25:58 pm
Draai die Sewe Fontein plaas in waar ons een van die sewe fonteine se water geniet, sekerlik die lekkerste water wat enige van al geniet het uit n fontein wat nog nooit van 1930 opgedroog het nie. Op die selfde plaas is daar n wildevy woud, en volgens die gids die grootse wildevy woud in die suidelike halfrond n belewenis!
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:27:58 pm
Volgende stop was by Babes se Winkel, die algemene handelaar in die Baviaans, van lekkers, chips, hardewaarde tot n posagentskap, o ja n koffie shop ook, ons geniet lekker moer koffie saam tuisgebakte koekies op die stoep.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:29:33 pm
Volgende stop was by Babes se Winkel, die algemene handelaar in die Baviaans, van lekkers, chips, hardewaarde tot n posagentskap, o ja n koffie shop ook, ons geniet lekker moer koffie saam tuisgebakte koekies op die stoep.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:32:08 pm
En dan sien ons die pad loop die berg op, en ons volg die pad getrou. Dit raak steil, oppervlakte is besaai met klippe, en die pad het skerp en steil switchbacks wat ons besig hou, ons moet stop om die natuurskoon in te neem! En dan gaan ons weer aan om die pad te volg, dit raak besig, en ons geniet die tegnies navigasie vir n verandering.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:33:16 pm
 Bo-op die Kougaberg voel dit of ons die wolke inry, dit is mistig maar die natuurskoon sal ons vir altyd by bly!  Moes omdraai dat ons nie in donker gevang word nie, dus die retoer rit was die omgekeerde, en ons dubbel die pret terug Zandvlakte toe.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:33:46 pm
En dan sien ons die pad loop die berg op, en ons volg die pad getrou. Dit raak steil, oppervlakte is besaai met klippe, en die pad het skerp en steil switchbacks wat ons besig hou, ons moet stop om die natuurskoon in te neem! En dan gaan ons weer aan om die pad te volg, dit raak besig, en ons geniet die tegnies navigasie vir n verandering. Bo-op die Kougaberg voel dit of ons die wolke inry, dit is mistig maar die natuurskoon sal ons vir altyd by bly!  Moes omdraai dat ons nie in donker gevang word nie, dus die retoer rit was die omgekeerde, en ons dubbel die pret terug Zandvlakte toe.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:36:47 pm
Die Baviaans Natuurresevaat is vandag vir ons op die kaart! Gaan deur die hekke, betaal die conservation fee, en ons ry rustig deur die resevaat. Kruis baie lee lae water driwwe, maar die spoel klippe hou ons op ons tone. Stop wel by ‘n drif met water en ons wag laat ‘n ribbok klaar suip. Die pad volg kontoere deur die kloof, en die natuur skoon is iets besonders. Lekker warm in die son, maar koel in die suidelike hange. Die veld bly verander, en dan navigeer ons deur rots formasies wat hoog gestoot is .Baie fotos is geneem soos ons die berg op ry en ons verwonder ons aan die berge op Grasnek pas. ‘n Koppie waar ‘n mens omtrent 360 grade die Baviaans kan bewonder.

Aan die onderkant van die koppie wil Deon fotos neem om te wys hoe die pad die verskillende tipes plante groei skei, om agter te kom dat sy tank bag nie mooi toe was nie en sy foon verloor het. Positief besluit ons om die 2 km terug te ry om die foon op te tel, aangesien ons stadig gery het, en daar was nie verkeer op of af was nie. Het die pas 1st rat opgery, en weer afgery tot en van waar hy die laaste keer die foon  gebruik het. Willem het vir Deon op gepillion en toe vir my en ons het die pas afgestap. Deon het heeltyd sy Sena aan en af gesit in die hoop dat na die mono tone – “hello”, daar n biep biep, “phone connected” gaan wees dat ons van daar die area kon fyn kamp… maar niks, NIKS. Daar is nie sein nie in die Baviaans nie, dus die bo genoemde moeite. Toe besef ons dis so, daai Samsung is deur een van die baie bobbejane opgetel is en ons fotos beloer het vir die paar dae vooraf! Baie hartseer.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:42:48 pm
Volg die pad en ons kyk elke bobbejaan uit of hy n Samsung het, so arriveer ons by die infamous Smitskraal drif 400m lang drif maar met die droogte in die Wes Kaap is die 400m na seker 120m van cobble klippe wat n lekker tegniese rivier kuising is.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:45:19 pm
Die pad skei weer die plantegroei, suide kant woud en anderkant meer bosveld. Navigeer die berg op tot op die Bergplaas, en dan weer met die Combrink pas af tot by die hek uit die resevaat. Steeds in die Baviaans, maar is die plaas bedrywighede is aan beide kant van die pad.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:46:29 pm
Ons slaap die aand in n hout huise op Glencoe. Het vining uitgery Patensie toe vir proviant en terug om lekker te gaan kuier om die bos televisie.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:48:20 pm
Die volgende more is dit koud op ons finale uitdog uit die Baviaans. Draai suid op die Andrieskraal pad, n rustige grond pad met n grond passie of twee. Steeds is die heated grips aan oppad na die N2. Eerste keer in n lang tyd op n N roete. Oor die Stormsrivier brug, draai in na die Groot Boom in die Tsitsikamma woud. Stap en gaan beloer die Outeniqua.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:49:46 pm
Weer op die pad na die Bloukrans pas. Dis op die R102. Die pad is toegemaak aangesien die pad nie meer instand gehou word. Die pad is toegegooi met grond en gruis, maar kan met fietse verby gaan. Die pas is net basies een en n half baan die dat grond wat die berg af gly. Omdat die pad nie meer gery word nie, in die suidelike hange is die mos redelik baie, bietjie stadig in die draaie. Maar dit help dat ons die natuurskoon kan bewonder. Die pad is toe gegroei met plante, amper n groen tonnel, en dan maak die pad weer oop in die vallei van die Bloukrans Rivier. Die pas was sekerlik die mees unrated pas maar n belewenis - baie uniek gewees.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:51:00 pm
ns skiet die Groot Rivier pas af tot in Natures Valley. Die pas is ook redelik toegegroei met plante groei. Handel die pad met n missie af, die missie The Motorcycle Room in Knysna
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:52:56 pm
En WOW!  120 motorfietse onder een dak! Al die fabrikate. n 1150GSA wat deur Charley Boorman geteken is, n Z1000 Kawasaki van die Chips TV Reeks, XR500! Egbert het gedeel watter motorfietse hy al hy al gehad het, en dink net ene wat hy in die verlede gehad het was nie op die vloer nie, maar meer dat hy so baie motorfietse gehad het nie?! Willem deel ook staaltjies van die fietse wat hy gehad het wat op die vloer staan. Dit was een van die hoogte punte sover.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 02, 2018, 11:54:38 pm
 :o
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 03, 2018, 12:11:15 am
Van daar is dit Pili Pili toe vir pizza en bier vir middag ete. Thomas en Jacqui van Sabie River Academy het by ons aangesluit. Deon het besluit hy gaan terug Oudtshoorn toe, om sy spaar foon by die kamp te gaan haal om fotos te neem en ek ry saam...
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 03, 2018, 12:12:23 am
Ons draf die Montagu pas terug op, na die Paarde Poort en deur die Karoo terug Oudtshoorn toe. Dis nie lank nie en ons draai terug Victoria Baai toe waar ons tuis gaan die aand, die korste roete is die teer pad teen die Outeniqua pas af. By die uitsig punt sien ons die laaste son oor die Montagu pas sak waar dit teen die Outeniqua berge l.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 06:52:00 am
Die volgende more gaan loer ons vining hoe Victoriabaai lyk in Mei maand, maak net seker hoe die "kaart van Afrika lyk" en draai Knysna toe vir n groot ontbyt, aangesien ons die dag by die Jaguar Simola Hill Climb Event gaan deurbring. Ons het by Egbert se pa-hulle gaan afsaal en met sivvies terug Knysna toe. Met die BMWs ry ons tot by die hek dus is die stap nie ver nie.

Kry die twee classiscs in die dorp
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 06:53:27 am
Die Jaguar Simola Hill Climb is n resies teen die Simola landgoed heuwel op teen tyd, en wel, die vinnigste tyd op wen. Daar is karre uit verskillende klasse, Nissan 350Z, BMW M5, Nissan GTR; R32, R34 en n paar vinnige R35. Ford Roush Mustang, Ferrari 458, Honda VTec asook n Subaru STi. Natuurlik ook Jaguar XF, Porcshe en McClaren P1. Vir die SUV en bakkie manne n Range Rover en Peter Lindenberg se supercharged Ford Ranger wat net nie kan traksie kry nie. Dan buite gewone karre, A1 Gran Prix en n elektrise Nissan Leaf in full racing spec met wings and widened body kit! Ons het Pit Lane Access gehad en het lekker die reuk van brande rubber en die buzz van die dag saam met R34 Skyline wat klink of hulle oorlog voer uit die exhausts. Is teen middag ete vermaak deur die Jaguar se stunt driver Terry Grant wat die Baan op 2 wiele gery het met n Jaguar F-Pace. Die aand is dit terug Oudtshoorn toe nadat ons weer ons gear gaan kry het by Egbert se ma-hulle weereens baie dankbaar
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 06:54:49 am
 :biggrin:
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 06:56:51 am
Die volgende dag was n rus dag, oftewel meer 'n was dag het soos n Swiss horlosie het almal saam gewerk en die wasgoed is gewas en opgevou teen 10h30. Besluit om die toeriste ding te doen en is Kango Grotte toe. Was n wyse besluit want die dag het Oudtshoorn by 34C gedraai en die grotte is n konstante 18C. Die aand kuier ons lekker om die bos televisie.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 06:59:37 am
Die laaste dag van die Montagu Meander was wes uit van Oudtshoorn. Draai Buffelskloof toe op die grond pad en volg die suidelike hange van die Swartberg.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 07:01:07 am
Nader aan Calitzdorp, kom ons op n vliende varkie langs die pad af en besluit ons moet indraai. Die wynplaas Peter Bayly. Ons proe van sy ekslusiewe port en gesels lekker saam Peter en hy wys ons sy baie klein, maar effektiewe opset.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 07:01:43 am
Deon forseer ons om op Calitzdorp te stop, ons eerste puncture vir die trip. Voor Willem en Egbert terug is met koeldrank is ons klaar en wag laat die compressor sy werk doen.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 07:02:35 am
Suid ry ons dat ons die Groenfontein, Gamkaberg Conservation Area binne gaan. Die pad is hoofsaaklik n enkel baan pad wat deur die area loop. Die plantegroei wissel van doring struike tot n meer fynbos op die plato, waar ons met die Rooibergpas die Gamkaberg af ry na n meer dorre Karoo veld. Regtig n besonderse ervaring die Gamkaberg. Nader aan Van Wyksdorp draai ons in by die Rooiberg Lodge, letterlik n groen oase tussen die berge. Luukse Lodge met gras groen grasperk met n potblou swembad in die middle, en net agter die n modder bruin plaasdam. Daar was n privaat funksie so het net n koue bier gedrink, maar die lodge bestuurder het ons verwys na die Spekboom Restaurant in Van Wyksdorp.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 07:03:44 am
Al die paaie na Van Wyksdorp is grond, jip die R327 is n grondpad, oftewel GS kos, en ons 4 varkies is ook nou opsoek na kos! En die Spekboom Restaurant en Kroeg het nie teleurgestel nie. Regte karoo boerekos, saam ietsie sterker om die coke meer te verdun. Sien dat tyd nie aan my kant is nie, aangesien ek my vrou 17:00 op die George lughawe moet kry vra ons vir Garmin om Deon en myself direk Geroge toe moet vat met die direkste roete. Die twee 1200 loop soos warm stroop oor die Klein Karoo grondpad en die pas is redelik vining, ons kry n ritme en stoot Herbertsdale verby waar die vroeg middag lekker ry tot n einde kom, wel tot later. Van daar is dit N roete George toe.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 07:17:09 am
Willem en Egbert hou by die beplande roete en volg die pad deur die Klein Karoo, deur na Bonniedale, waar hulle op die Robinson pas deur die Ruiterbos Natuur resevaat en Doring Rivier Wilderness area die teerpad volg Oudtshoorn toe.

Terwyl Deon en ek stop by George lughawe en soos instap kom sit die Groen Kulula vliegtuig… praat van betyds!? Na ‘n vinnige verwelkommings kommitee sal ons op en skiet Oudtshoorn toe. Ry weer die Montagu pas, en die keer het die pas n ander dimensie in die sonsondergang. Deur die Paarde Poort en stoot vining amper in die sonsondergang in Oudtshoorn toe.

By die kamp sluit ons aan waar Egbert en Willem reeds die bos televisie aan het, en ons maak reg vir n lekker braai die laaste aand in Oudtshoorn.

Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on September 04, 2018, 07:25:24 am
Die volgende more is ons redelik vroeg op, tente word opgeslaan, dinge ge-organiseered, fietse gelaai en in n japtrap is ons reg om Montagu toe te vertrek. Dus sluit dit ons Montagu Meander hoofstuk af. Die volgende is die BMW GS Trophy 2018 te Montagu. Ons 4 Varkies het weereens lekker saam gery en die avontuur gaan ons weer-en-weer herleef as ons erens staan en gesels. Ons was baie gelukkig in die sin geen ernstige insidente en meganiese challenge nie. Wys weerens bietjie beplanning vooraf, en om  binne jou eie vermo te ry maak dat die hele groep die avontuur geniet.



Dankie Willem, Egbert en Deon, die ene is n storie vir ons ou dag
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: Sonny on September 16, 2018, 09:12:53 pm
The Klein Karoo is so beautiful with so many interesting people and places.
Thanks for sharing your awesome ride, this has moved right up on my bucket list.
Title: Re: Montagu Meander 2018 - 12 Day Pre GS Trophy Trip
Post by: alwyn_gs on October 02, 2018, 07:42:04 am
Sonny move it way to the top! The photos doesnt do the experience any justice