Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:17:44 am

Title: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:17:44 am
GS Trophy 2018 -  Agteroppie Styl  Deur Michelle

( Michelle het by ons aangesluit na on Pre Trophey trip, ongelukkig moes se weer pillion... maar altyd lekker om saam jou beter helfde so avontuur aan te pak, en was ook deels haar verjaardag geskenk, dat ons bymekaar sal wees op haar verjaardag. So logistieke is vinnig vinnig gesort en planne is in werking)

Manloos vir n week en n half, kon ek nie meer wag om in die Wes-Kaap te kom nie - Angstig wag ek vir die vlug na George. Uiteindelik neem ons die sitplekke in, vas gegordel en daar gaan ons... Met my lees boek en koffie is ek reg om die tyd verby te kry. Na n uur en 45min land ons, vroeg op skedule.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:19:11 am
Die wind is ysig soos ons afklim. Klein lughawe. Soos ek by die 2de glas deur deur stap wag my man en Deon vir my, biker gear en al. Wat n verligting!!

So saal ons op en vat ons eerste grond pad, Montagu pas, na Oudshoorn. Een van die mooiste passe wat ons al gery het. In Oudshoorn sluit ons die dag af met n vleisie op die vuur en
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:28:54 am
Vroeg  Woensdag more, 9 Mei, begin die koel lig oor trek, die stilte hang oor die kamp terrein saam die reuk van koffie in die lug. Begin ons skarrel om die kamp op te pak, oppad Montagu toe.   
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:30:08 am
Ons stop by Boplaas vir hulle verskeidenheid van wyn proe. My gunsteling was die muskadel en hulle wel bekende Block 1932 Hanepoort. Terwyl ons wyn bestellings reg kry word, geniet ons n vinnige ontbyt voor ons aan beweeg met die roete.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:31:45 am
n Uur later draai ons in Ronnies Sex Shop, glad nie wat ek verwag het nie. Vir die wat al vir Ronnie ontmoet het sal kan bevestig hy is n interesante karakter. Ruil sommer bras vir n bier. Terwyl ons die toeriste ding doen; memorabilia shop en fotos neem saam Ronnie en weer in die pad GS Trophy Montagu toe
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: m0lt3n on September 27, 2018, 11:33:18 am
Ek mis die dae voor die kinders toe my vrou nog saam gery het. Nou is dit sukkel vir n geleentheid om weg te kom op 2 wiele.
George lughawe vir my ook altyd so koud, Montagu pas bly darm maar lekker.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:40:29 am
Die dreuning van BMW motorfietse vul die lug in Montagu, oral hang GS Trophy borde in die dorp en vlae wapper by die ingang van Montagu Karavaan Park.  Kry hoendervleis  - Dis GS Trophy in my are. Slaan vining kamp op en skrop nes vir die volgende paar dae. Die aand is ‘n gekuier saam pelle, uitstekende Mexikaanse kos en roete beplanning vir die eerste van die volgende 3 dae se grondpaaie.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:43:58 am
Donderdag breek aan, Wes-Kaap grondpaaie hier kom ons, Deon, Alwyn en ekke. Cape Agullas toe vir bietjie vitamin see. Hierdie agteroppie was eerste klaar en reg vir die dag. In die vroe oggend temperatuur  van 5 grade volg ons die pad na ons ontbyt stop in Swellendam, n rustige dorpie. Die grond pad begin, wye oop grond paaie. Mens kan nie dink dat grond en klip n skoonheid van self in hou nie. Ons wag ons beurt af om met die Malgas Pont die Bre rivier te kruis. Die baie intresant dat menslike arbeid ons oor te trek.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:45:24 am
. Vandaar is die pas vining en die grondpad  sny deur landbou bedrywighede. Van Bredasdorp draai ons suid, en dis nie lank nie en die see lug vul ons neuse en die kalmte kleef aan ons. Net soos enige toeris vind ons die mees suidelikste punt van Afrika. Ons neem n paar fotos en gaan soek weskus  seekos vir middagete. Dis die lewe!
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:46:15 am
 :thumright:

Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:47:17 am
 ^-^

Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:48:40 am
Oppad terug Montagu volg ons ons eie roete terug na die kamp vir die gesellighede van die aand.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:49:51 am
 :biggrin:

Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:51:24 am
Vrydag is Anysberg Natuur Resevaat, Gamkapoort dam en Seweweekspoort. Die groep bestaan uit Willem, Egbert, Deon Alwyn en is is weer agteroppie. Die Anysberg gedeelte is n mooi rooi roete. Met sand, fynbos en ver verlate vlaktes, en dan weer in n rivierbed, n belewenis wat mens moet beleef- veral op die BMW motorfiets.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:52:01 am
Grondpaaie ly ons deur die berge  noord van die Klein Swartberg opvang gebied.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:53:22 am
Net voor Seweweekspoort  braai ons noordoos en met die Boschluiskloof  25km pas af na die Gamkapoortdam, volg die twee spoor al langs die berg af. Moet nie af kyk nie is al wat deur my kop gaan soos ons nader en verder beweeg van die rand. By die dam besef ons hoe droog die Kaap is! Nie n drup water in die Gamkapoortdam nie. 
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:54:30 am
Oppad terug help ons mede klub ryers ( John, Marinus, Gerhard, Clive en Alex) met n papwiel. Die enigeste agteroppie tussen die 6 mans, kan mens net dink die fun and games wat daar uitgekom het, videos en fotos hoe ons vir Gerhard leer om sy papwiel reg te maak.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:55:02 am
 8)
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 11:56:02 am
Draai links die Seweweekspoort in, waar die draaie ons groet en lei deur  berge, meer rots lyste en rots banke,  so naby dat dit voel dat n mens daaraan kan raak. Die kleur  variasie van die rotse  wat oor mekaar in verskillende teksture geplak is  - is onbespryflik mooi. Die is een van die top 10 passe in hierdie agteroppie se lys wat ek graag self wil gaan ry. Die aand by die tent ruil ons stories oor die dag se roetes en elkeen deel sy ervaaringe. By die tent drink ons iets vir die koue voor die dag  groet.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 12:00:21 pm
Saterdag is n fees dag, my verjaarsdag! Dis net ek en Alwyn op ons roete vandag.  Die beplanning van n vinnige kort rooi roete, of so het ons gedink.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 12:01:44 pm
Ons stop by n krussing, swart BMW Motorad aanwysings  na die links en oranje roete merkers na regs besluit ons volg die BMW Motorad aanwysings. Wat n verassing n tegniese roete, met my agterop as agteroppie. Hierdie is n ordentlike rooi roete. Met n twee spoor besaai met klip, en kruis ons diekoppies die  een na die ander, met steil haarnaald draaie tussen in.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 12:02:46 pm
Op die piek van die berg sien ons die pad in die afstand. Kyk op, staan op en volg vir Alwyn. Soos een mens beweeg ons saam en skiet step ups op, tot waar ons vas val. Voor ons ernstig begin stoei, kom n route marshal ons te hulp. Vinnig-vinnig navigeer ons die stadige enkelspoor af tot waar vriendelike gesigte ons groet by n funky pizza plek vir brunch.   Ons raak aan die gesels met die eienaar net om uit tevind dat die rooi roete wat ons gedink het ons ry, is inderdaad die eerste gedeelte van die swart roete was! Verbaas begin my binneste handeklap. Swart roete vir my verjaarsdag, wat meer kan n birthday girl voor vra.

Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: woody1 on September 27, 2018, 12:04:04 pm
 :ricky:
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 12:39:55 pm
Van daar skiet ons swart pad terug Montagu toe.Ons gaan tel vir Deon en Gerhard op(hulle  fiets het beide tegniese problem ervaar EN Gerhard ry ook agteroppie!) en spring  by die kamp weg vir die middag aktiewiteite - wyn proe in die Kaap. Gesellig stap die tyd verby; by Van Loveren en Four Couins in Robertson.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 12:41:06 pm
 :biggrin:
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 12:42:38 pm
. Die laaste aand kuier ons almal gesellig vir ou laas  by die hoof tent. Die aand se verigtinge begin, die tent druis van opwindende ryers wat hulle stories en ervaaringe deel. n Suksesvolle GS Trophy!
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 27, 2018, 12:46:12 pm
Die laaste van GS Ryers  vertrek die Sondag terug na hul huis bestemings. Montagu in hulle harte, en herinneringe op ons BMW GSe. Ons groet die Wes-Kaap, tot volgende keer - op my eie fiets

Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: gser on September 27, 2018, 04:45:27 pm
Lekker ALLEWYN  . .  .
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: gser on September 27, 2018, 04:46:39 pm
 . . . en Michelle . .  .
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: Ri on September 28, 2018, 08:23:28 am
 :thumleft: :ricky: :ricky:
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: Dwerg on September 28, 2018, 08:37:26 am
Lekker julle. In watse dorpie was daai pizza? Lyk moer lekker
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 28, 2018, 09:21:01 am
Lekker ALLEWYN  . .  .

. . . en Michelle . .  .

Dankie Adriaan
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 28, 2018, 09:22:06 am
http://
:thumleft: :ricky: :ricky:

Was bietjie lekker om in jul agterplaas te ry Ri...
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on September 28, 2018, 10:13:18 am
Lekker julle. In watse dorpie was daai pizza? Lyk moer lekker

Dit was n nuwe plekkie Dwerg, so is op n plaas seker so 30km uit Montagu op die R318. Mense wat uit die stad n rustiger lewe wil begin met n gaste plaas.

Sekerlik die lekkerste pizza ooit in my lewe sover.
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: Ri on September 28, 2018, 11:58:01 am
http://
:thumleft: :ricky: :ricky:

Was bietjie lekker om in jul agterplaas te ry Ri...

Ons het darem lekker paaie n! En nog baie ander :biggrin:

Was dit nie die naweek van die EC Bash in middel Mei nie? Ek onthou ek het op pad baie GSe gesien. 'n Vriendelike Gauteng GSer het selfs by Riviersonderend kom groet toe hy my pers Hooligan herken. Dit was so koel!
Title: Re: GS Trophy 2018 Montagu - Agteroppie Styl Deur Michelle
Post by: alwyn_gs on October 02, 2018, 07:43:44 am
http://
:thumleft: :ricky: :ricky:

Was bietjie lekker om in jul agterplaas te ry Ri...

Ons het darem lekker paaie n! En nog baie ander :biggrin:

Was dit nie die naweek van die EC Bash in middel Mei nie? Ek onthou ek het op pad baie GSe gesien. 'n Vriendelike Gauteng GSer het selfs by Riviersonderend kom groet toe hy my pers Hooligan herken. Dit was so koel!

Nee ongelukkig nie ons gewees nie, erens moet ons weer na die gejaag van die stad terug keer om die "travelling budget" aan te vul  :imaposer:.