Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:34:14 am

Title: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:34:14 am
Na die Livingstone Lite 2014 het ek myself en Michelle belowe ons gaan Kukonje Island toe… die dat n eiland is op die Sau panne. Ry ±8km oor die panne om my die eiland uit te kom. Het so bietjie te veel verlof gehad in die middel van die jaar so ek en Michelle het op mid week trips gegaan.  En erens het die gesprek gelei dat ons moet Botswana toe ry. En van daar het die beplanning begin. Die dat n mens Kukonje net in die winter kan bereik is daar besluit dit gaan nou in Augustus wees… en vinnig is ons aan die beplan om in 6 weke, solo, sonder enige back up, Botswana te gaan explore. Daar is n paar lysies opgestel en begin om “dinge te doen”, te koop” en “te pak”  word af getick.

Ons bly steeds mid week trips te doen en fokus op bietjie meer sanderige kondisies te ry. Runner van Offroad Cycles diens die X Country.  Van daar begin ons speel met die pak opsies. Wil graag Michelle se fiets so lig as moontlik hou met geen bagasie, maar dinge is net te veel. Die BMW X Country se brandstof tenk is net 9.8l so extra  brandstof is n moet. So die X Country dra Michelle se klere, en die 10 Liter brandstof, die Adventure alles anders.… Roete is beplan, gereedskap, kamp stuff, rantsoene en so 8 liter vars water bottels staan reg in spaarkamer vir n aand of drie.

Ons leen Deon se Spot tracker en laai custom boodskappe om die vriende, maar veral ons moeders live tracking van ons adventure te laat volg. Aangesien ons geen back up het, elke aand kamp, twee aande sonder water, behalwe dit wat op die fietse en camel packs is. So ons het baie bekommerde moeders gehad. Ter vestane, alhoewel ek die grootste gedeelte van die roete 4 jaar terug gedoen het, was ek self bietjie bekommerd. Ek neem my klein fyn vroutjie op die adventure, Botswana is n land van extremes, as n mens teer ry, is dit lank en reguit, en as jy van die teer af klim is dit net sand. As iets gebeur, is ons ver van hulp, met geen selfoon opvangs. So ek was n nervous opgewonde…

Maar Michelle klim in, laat maak vir ons t-hemde en stickers. Sorteer padkos, gaan winkels toe. Die trip was ook n trip vir n paar eerstes:
•   Sy het geld gaan wissel
•   Eerste cross border trip
•   Haar eie bagasie en brandstop op haar fiets
•   Baie opgewonde om off the grid te kamp

Om te se sy was super opgewonde is die understatement van die dekade…  :laughing4:

Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:37:20 am
Die roete in kort; Pretoria na Palapye, na Kubu, na Planet Boabab, na Elephant Sands , na Kukonje en na Kwano Keng voor ons terug kom na Pretoors toe.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 31, 2018, 10:37:40 am
Ons wag geduldig!! ;)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:39:49 am
Dag 1, Pretoria, via Poer-se-loop na Palapye, 497 km

Die more is ons vroeg op, ons panser ons teen die koue, was daai koue front in Augustus toe die berge so lekker toe gesneeu het. Die Impact Rigs laat baie wind deur, lekker as ons in Botswana 30+ dag temp ry, maar die wegspring oggend lekker koud.  Ons skiet noord, op die N1, urgh. Vandaar Nylstroom en toe Vaalwater.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:46:05 am
Na Vaalwater is daar n paadjie wat wes draai. Deur die berge van die Groot Water Natuur  area, of te wel Poer-se-loop. So gedoop deur Livinstone Lite 2014, kruis ons droee rivier loop, in die winter, n paar keer. Ons eerste shake down met die gelaaide fietse. Die pad het iets van alles; twee spoor, spoel slote, klippe met die pad op, en af. Dan sand, en dan herhaal ons weer soos bo. En op die einde is dit die bree sand pad. Klink maklik maar dis ook corrugated –die fietse het redelik shots gevat maar die BMW’s , behalwe vir die X se hoeter bout wat verloor het, het fiets en ryers dié oorleef.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 31, 2018, 10:48:55 am
Lyk of julle ingevoerde bikes het, op sommige fotos is die sidestands op die regterkant ;)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:49:30 am
Bietjie bene rek  :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:53:56 am
Lyk of julle ingevoerde bikes het, op sommige fotos is die sidestands op die regterkant ;)


 :imaposer: :imaposer:  Michelle laaik haar selfie kamera, die voorste lens kwaai. Dit neem n spieel beeld foto  :peepwall:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 10:56:46 am
In Ellisras stop ons vir n Wimpy, lekker lug verkoeling, nou baie warmer as toe ons uit Pretoria is die more.

Vandaar is dit teer na Groblersbrug/Martins Drift grenspos. Die Botswana grens beampte was heel verbaas toe ons vir 2 fietse belasting betaal en ons is net n man en vrou. "“You are a little brave one”", was haar woorde.  Vinnig le ons die 120km af na Palapye. Oppad na Camp Itumale lyk it maar Afrika. Letterlik agter die spoor. Verby wat lyk soos n stasie, maar ingedraai by die kamp is dit n oasis! Groen gras, skoon ablisie, n lekker kroeg .

Die die wind waai n bietjie, maar ons trek die fietse in n laer om van die wind te keer.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Heimer on October 31, 2018, 10:59:05 am
Like
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 11:00:01 am
Ons bestel aandete, gaan stort lekker en gaan sit aan vir aandete. Die kroegman dra elke keer n St Louis aan as ek hom beloer tot die vriendelik kombuis staff aand ete aan bring – Ribs, Chips, broccoli gereg saam slaai en vir poeding swiss roll en vla! Voel dit was baie goeie waarde vir ons geld...

Ons gaan vroeg tent toe, maar slaap bietjie sleg, het gevoel of die tent heeltyd wou wegwaai…
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Black_Hawk on October 31, 2018, 11:00:44 am
Lyk na lekker trippie, dankie vir die deel  :thumleft:

Subscribed  :sip:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: 0012 on October 31, 2018, 11:16:46 am
sub-sticles  :sip:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 11:18:08 am
Dag 2, Palapye, via Lethakane na Kubu Island, 320 km

Eerste more wat ons tetris speel om alles gepak te kry. Dan brandstof gooi en dan Lethlakane toe. Michelle vra of sy haar ektra brandstof  kannetjie moet volmaak en ek se nee. So 140km die dag in stop ons om bietjie bene te rek en n toffie te knibbel langs die pad.  Sy vra hoe ver is Lethlakane toe, en volgens Garmin was dit so 120km… en die X se range is seker 220km, en is dus 40km kort en daar is nie n petrol stasie voor Lethlakane  nie. Garmin Fuel Stop funksie, en die lig ons indat daar min of meer 15km terug brandstof by ‘n General Dealer in Mmashoro. En ons draai terug...
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Draadwerk on October 31, 2018, 11:18:30 am
lekker  gooi  :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 11:27:16 am
Die dorpie is meer n landelike gehuggie, of n paar gehuggies naby mekaar. Dis net huisies en die General Dealer met die minimum op die rakke. Met die instap slag ruik dit na olie bolle - varsgebak. En natuurlik is daar nie brandstof nie. Buite begin ek vir n pyp soek saam n man wat geen, soos in geen engels verstaan nie, maar ons stom streke n gesprek stukkend – en verstaan mekaar!? Het n pype gekry, en gewas. Reg om petrol oor te tap van die Adventure na die X...

En net soos wil begin oor tap kom die dame uit en sy lig ons in iemand in die dorp gaan ons kom help.  Stap terug en gaan koop n Coke en n oliebol terwyl ons wag.  :imaposer: Michelle het haar neus opgetrek vir die oliebol. Het probeer verduidelik dis n bolletjie vetkoek, maar nee, stel nie belang nie..  ::)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 11:31:29 am
 Ons volg die mense die dorpie in, huise wissel van  steen tot modder/mis .. kom by sy huis aan en daar is 20l staal jerry kanne, ons onderhandel en kom ooreen dat ek 10l gaan koop vir 160 Pula – dubbel die prys as by pompe! Maar ons het geen keuse. En die 10l tap ons in die rooi kannetjie, om skoon petrol in die X Country te gooi sonder die vuilegoed onder in die jerry kan. Michelle maak maaikies en deel toffies uit vir die kinders wat kom loer wat aangaan.  En ons is weer vinnig in die pad Lethlakane toe.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 12:44:12 pm
Daar stop ons en kry vleis, top die water op en ys vir die 2 vacuum flask vir koue water vir die aand. Die vleis is sommer net in n gewone vries sakkie vir Michelle se vermaak. Vandaar ry ons na die Kubu Island Community Offices.

Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 12:46:47 pm
Hier ontmoet ons 2 Hollanders. Hulle dink ons is mal om met die gelaaide fietse die sand aan te pak, want hulle ry self motorfiets, Yvonne n BMW. Sy dring aan om al ons bagasie vir ons Kubu toe te ry, maar ons oorreed mekaar dat hulle net ons hout gaan in ry. Nou begin die voorbereiding… ons blaas bande af, 0.9 bar.

Die eerste rukkie gaan okey en toe word die sand bietjie dikker en twee spoor. En dis na 13H00 en die sand is los soos Tastic rys. Momentum is goed, toe hoor ek oor die Sena hoe Michelle kreun soos so neer plot… Ek stop en stap terug om haar te gaan help optel. Sy skud die stof af en se “lets do this”!

Ons stop by n uitkyk punt oor die panne, beautiful views.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 12:50:21 pm
Van hier raak dit lekker sanderig, en Michelle sukkel om haar ritme te kry. Maar sy bly positief.  Was self verbaas dat sy net aanhou... dit was regtig challanging... warm, sand was los, al moeg gestoei, baie baie trots op my vroutjie!  :love4:

(Laaste foto smile se sommer terwyl sy rus)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: GIDEON on October 31, 2018, 12:50:46 pm
 :sip: :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Oupa Foe-rie on October 31, 2018, 12:50:56 pm
Lekker man ..... lekker.... :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 12:54:37 pm
Ons volg die sand pad en kom  op die rand van die Sau panne aan. Die pad is beter en ons ry lekker.  Ons gaan n vee hek deur, en die pad is weer  2spoor sand.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 12:58:06 pm
Ek ry voor, die Senas gaan uit reik afstand, en ek stop. Soos ek stop hoor ek hoe Michelle weer momentum verloor en val. En toe val my fiets ook om in 2 spoor sand toe ek probeer om kyk. Ah well.. Ek begin terug stap, skat it so 500m terug na Michelle toe. Net voor ek by haar kom stop n Aussie gesin by haar en help net soos ek by haar aankom. Iets het erens uitgetrek… as die X idle, dan klim die engine revs hoog. Ek ry die fiets tot by myne want die gereedskap  is op die wit fiets.  Maar ons moet errs die wit fiets ook optel…
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:03:21 pm
Terwyl ek die tools begin reg kry, vra Michelle, nadat sy gefidget het,  of die throttle kabel nie anders in die throttle moet ingaan nie, en waaragtig! Sy het haar eie fiets gefault find in die kabel net weer reg laat loop laat die spanning reg is. En siedaar die X is weer reg en Michelle is sommer bos mechanic ook..?!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:05:04 pm
Die 2 spoor verander weer rigting en loop oor die Sau panne. Ek begin van die spoor dwaal en laat die Wit fiets loop! Die pan kraak onder die fiets se gewig en die bokser engine sing hier onder my – dis iets wat n mens nie iemand kan verduidlik nie, moet dit self aanvaar. Ons stop by die Kubu Island merker vir n paar fotos.  En ry Kubu eiland van die suid weste kant in.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:05:47 pm
Dis baie besig – baie kampers.  Ons kry n kamp plekkie, en begin nes skrop, die kamp opslaan is soos n dans, en dinge gebeur net. Ons gaan groet die bure, oom Louis en tannie Margaret van Colesberg. Ons gesels lekker.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:09:59 pm
Toe gaan ons vir n sundowner ride om Kubu. Explore bietjie, en neem bietjie fotos. Ek probeer n brake slide in n power acceleration-  maar hardloop uit talent uit toe die pan se kors breek en dis net modder.  :peepwall: :peepwall:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:11:28 pm
Ons ry om die eiland en Michelle wat mal is oor Boabab verkyk haar aan die rooies wat oral staan. En ons moes ook die Hollanders gaan soek wat ons hout ingery het. Daar het ons ook n rukkie gekuier...
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:12:23 pm
Die is een  van my gunsteling fotos van die trip  :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:13:20 pm
 ^-^
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:14:15 pm
 ;)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Slaaiblaar on October 31, 2018, 01:15:12 pm
Awesome!!!! :ricky:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 01:15:22 pm
Die aand het die wind bietjie gelol, maar daar is gebraai, saam met as aartappels en Game om die eletroliete weer opte bou.  Die aand word daar lekker geslaap… al het die wind gewaai...
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: woody1 on October 31, 2018, 01:40:52 pm
 :ricky:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Edgar on October 31, 2018, 02:13:13 pm
Lekker man, dit lyk of dit 'n lekker trip was. Die XCountry lyk baie bekend, was julle twee Sondag by Cullinan gewees?
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on October 31, 2018, 02:45:51 pm
Lekker man, dit lyk of dit 'n lekker trip was. Die XCountry lyk baie bekend, was julle twee Sondag by Cullinan gewees?

Moer lekker Edgar, but wait there is more,  dag 3-7 volg nog

Jip dit was ons Sondag in Cullinun  :ricky:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Tom van Brits on October 31, 2018, 03:07:09 pm
 :sip: Ek gaan vanaand lees
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Offshore on October 31, 2018, 03:10:23 pm
 :thumleft:
Thanks for sharing.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Edgar on October 31, 2018, 08:17:06 pm
Gooi nog, ons reis lekker saam :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Tom van Brits on November 01, 2018, 02:54:31 am
Gooi nog, ons reis lekker saam :thumleft:

+ 1  :laughing4: :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Gene on November 01, 2018, 05:58:23 am
mooi ondervinding van mooi mense, gooi nog
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Grensvegter on November 01, 2018, 08:48:54 am
Groot respek vir Michelle. As ek kan vra is sy gelukkig met die Schuberth op die trip ? Ek wil graag vir my vrou een koop, maar wonder of dit nie warm is vir n off-road trip nie.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Bikerboer1973 on November 01, 2018, 12:32:58 pm
Gaan my vrou die post wys wat julle met daai X country maak!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:30:45 pm
Groot respek vir Michelle. As ek kan vra is sy gelukkig met die Schuberth op die trip ? Ek wil graag vir my vrou een koop, maar wonder of dit nie warm is vir n off-road trip nie.

@Grensvegter , sy is mal oor haar Schubert, het wel die chin guard uitgehaal. By gese haar oe is bietjie sensitief vir wind. En van die Schubert is haar oe fine aan die einde van die dag. Dink wat lekker is, dis 2 sekondes as ons stop, is die helmet oop geflip...
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:36:14 pm
Gaan my vrou die post wys wat julle met daai X country maak!

hehehe @Bikerboer1973 ... as dit julle ene laat soek... net n bewys dat die klein fietse kan  :ricky:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:39:28 pm
Dag 3, Kubu Island to Planet Boabab, 173 km

Voor son op is ons op en geniet boere troos en beskuit. Die plan is om sonop oor die panne te sien. Dis regtig een van die mooiste son opkomste wat ek al beleef het, seker omdat dit saam Michelle was…
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:41:15 pm
Nog een van my favourite fotos...  :thumright:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:43:16 pm
Oppad terug kamp toe sien ons Leo en sy vriende kring, hulle is besig om te overland met n paar 4x4’s. Lekker om mense te sien so ver van die huis af…

Met al die geselsies sit die son al hoog, bietjie van n concern want om van die panne af te kom is sanderige en ons gaan dit in die warmste gedeelte vn die dag ry.

Die eerste gedeelte is die pad mooi, 2 spoor, maar mooi harde gruis. Stop by die Makgadigadi Adventure Camp. Van daar wissel die pad, 2 spoor is konstant, maar die sand is van maklik tot lekker dik sand…
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:48:34 pm
 8)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Tom van Brits on November 01, 2018, 09:50:13 pm
Hier is n paar pragtige fotos!!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:51:24 pm
Langs die Sau panne af, is die pad n 2spoor sand pad, n paar km lank… n mens kom so in n ritme in dat jou lyf net survive. Na n ruk kan n mens nie onthou want jy 2 sekomdes terug gedoen het nie… moer scary as ek so ry, en natuurlik tel die pas op. was bietjie versigting vir dit. As dinge verkeerd gaan, gaan die eksponensieel verkeerd.

Ons stop onder n boom ons vir lunch - biltong, soutkoekies en vir poeding toffies en winegums. 
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:53:56 pm
Die laaste seker 40km was die laangste 40km ooit vir Michelle, sy het 2 valle gehad, die laaste ene weer hard. Moes die XCountry se handle bars reguit buig…
 
Die moeilikheid was as jy die regterkanste baan ry van die 2 spoor, en jou hand van die throttle afhaal as die doring takke kom, en dan dip die fietse neus en n mens is lekker besig om die fiets te stoei. So besluit om links te hou, maak nie saak hoe dik die sand is nie, maar die baan kan ons darm constant throttle hou in die sand.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:56:09 pm
Shame Michelle kon nie glo dat die 40km so stadig aftik nie, maar ons moes aanhou. Het baie gestop en gerus.

Laat middag kom ons by die teerpad aan, FINALLY.  Weet nie wie was meer verlig nie… larf die volgende paar fotos… kon sweer Michelle was crazy - daai as n mens mal laf is as jy by ver moeg verby is… terwyl ek bande oppomp vir die teer Planet Boabab toe.

Die teerpad het 2 sulke lelike grond patches. Die trokke ry moer vinnig oor dit met sulke huge wit stof wolke, kan niks sien.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 09:58:18 pm
By Planet Boabab word ons gegroet deur die vriendlikste staff, en vinnig het ons n kamp plek en in minute is daar n kamp opgeslaan en toe die lekkerste ding vir die dag – n stort!

Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 10:00:29 pm
Ons gaan kry koue drinks en gaan explore n bietjie. Michelle larf mos boababs. Kom om n lekker hangmat onder een van die bome, en ons siesta n rukkie. Daai Boababs is regtig impressive! En die eekkorinkies is ook baie oulik.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 10:01:53 pm
Ons besluit ons is lui, en gaan by die restaurant eet, wyse keuse.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 01, 2018, 10:02:55 pm
En vat weer die langpad terug kamp toe, die boababs is verlig van onder en dis beautiful.
Die aand slaap ons soos babas, geen wind die aand en laat die volgende more, dis ons rus dag…
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on November 01, 2018, 10:13:39 pm
Alwyn as jy eendag wil groot geld maak dan vat jy Michelle se smile en verpak dit in botteltjies en verkoop dit.
Jy sal miljoene maak. :deal:
Sy het n sonskyn, kikker jou dag op smile!! :thumleft:
Lekker moeilike trip wat julle saam beleef het.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Tampan on November 01, 2018, 10:48:30 pm
Fantasties Alwyn en jy het ‘n yster van ‘n vrou - respek! :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Oubones on November 02, 2018, 05:25:04 am
Lekker as vroulief saamry en dan het sy nog die regte houding ook.
Jou vrou is tops!
Sal maar sê dit is omdat haar man haar so liefhet. :thumleft:
Wag vir die res.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 02, 2018, 08:27:42 am
Alwyn as jy eendag wil groot geld maak dan vat jy Michelle se smile en verpak dit in botteltjies en verkoop dit.
Jy sal miljoene maak. :deal:
Sy het n sonskyn, kikker jou dag op smile!! :thumleft:
Lekker moeilike trip wat julle saam beleef het.

@ChrisL - DUSTRIDERS , dankie vir die groot kompliment, sal haar vanmiddag bietjie wys.  ;D
 
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 02, 2018, 08:30:18 am
Lekker as vroulief saamry en dan het sy nog die regte houding ook.
Jou vrou is tops!
Sal maar sê dit is omdat haar man haar so liefhet. :thumleft:
Wag vir die res.

Baie bevoorreg @Oubones ... Baie bevoorreg
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Beserker on November 02, 2018, 02:02:23 pm
Die moeilikheid was as jy die regterkanste baan ry van die 2 spoor, en jou hand van die throttle afhaal as die doring takke kom, en dan dip die fietse neus en n mens is lekker besig om die fiets te stoei. So besluit om links te hou, maak nie saak hoe dik die sand is nie, maar die baan kan ons darm constant throttle hou in die sand.

Van die bike shops verkoop "sleeves" (moue) wat ons in die Desert 1000 gebruik teen die dorings,
Ek ry ook sommer met die handskoene wat jy koop by kwekerye vir tuinwerk, na 'n dag of so is hulle gemaklik, tak en doring bestand, en hou jare in vergelyking met bike handskoene.

Lekker vir julle twee, beste trip wat mens kan doen.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: punisher on November 02, 2018, 02:54:03 pm
fantastic thus far
you guys are truly lucky to have each other , can see it in both faces , may your adventures together last your entire lives
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: roxenz on November 02, 2018, 04:03:48 pm
Jis, dit lyk of julle dit ten volle geniet! Attitude is alles, en dit lyk of Michelle meer as genoeg daarvan het.  ;D
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: NoRush on November 02, 2018, 05:45:10 pm
Pragtige fotos AlwynGS van n pragtige wereld, dankie dat jy deel.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 08:48:30 pm
Dag 4, Planet Boabab via Nata to Elephant sands, 158 km

Dis ons rusdag, en die plan is om laat te slaap, maar ons is voor sonop wakker.. en ons drink saam die voels koffie. Pak rustig kamp, en is laat in die pad.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 08:53:35 pm
Stop by die moerse aardvark museum, en slaan die A3 wes. Ons kry n paar keer wilde perde langs die pad.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 08:55:22 pm
Van daar stop ons op Nata vir n bietjie rantsoene en hier ontmoet ons 2 Hollanders wat van Kaapstad na Amsterdam ry op hul 2 Africa Twins, geen plan, net basis 6 maande. Hulle se hulle is ook oppad Elephant Sands toe en stel voor ons kry hulle daar – dis 34 grade en bike gear nie gemaklik vir gesels nie.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 08:56:52 pm
Ons ry 50Km noord tot my Elephant Sands. Stop by die muur vir die selfie, en volgens Garmin se die Elephant Sands waypoint is nog 34m op die pad in. Ek dog daar gaan n hek wees of iets… nope net 4km sand… dis nie nuus nie… maar geen hek. Toe kom ons by die lodge aan. Dis lank n watergat. Geen draad, geen hek, die olifante het pad wat hulle stap na die watergat so die kamp terein, ablusie blokke en luuks tente is om die pad gebou. Die kamp terrein is seker 40/50 meter van die pad. Daar is niks tussen ons en die olifante nie!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 08:58:23 pm
Dis warm en daar is nie bome nie. Ons besluit om die tent op te slaan soos n strand dakkie. Lekker dun al, so Michelle maak gou lunch. Soos ons besig is, kom n olifant lekker rustig ingestap na die watergat om te suip. Dit is regtig n amazing ding om te beleef...
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 08:59:56 pm
Na dit gaan soek ons bier by die kroeg. Ons kry die Hollanders, Tiego en Hannah en ons luister na hulle storie, en dis nogal legit. Ons is rustig die middag. Oom Louis en tannie Margeret, van Colesberg/Kubu kamp ook die aand en kom groet ook.

Ons begin met 2 ouer paartjies kuier.. .oom Hennie en tannie Drienka, en oom Piet en tannie Barbara. Hulle sleep bos waens, en was op die dag, 6 weke al op die pad. Hulle het die Great Migration gaan kyk in die Serengati. Erens vertel ons hulle ons is oppad na Kukonje Eiland die volgende dag. Hulle besluit hulle gaan ook loer hoe dit lyk daar.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:02:27 pm
Die son begin sak en ons maak vuur, terwyl ons braai, kom die olifante in en uit na die watergat om te suip. Dit is moer spesiaal en ek en Michelle kon nie glo dis so awesome nie! Die aand het ons gele en kyk na die bos televisie en luister na die olifante wat op en af beweeg.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:03:19 pm
 :o
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:05:47 pm
Dag 5, Elephant sands to Kukonje Island, 166 km

Die volgende more toe ek koffie maak is die olifante steeds op en af van die watergat. Slaan vinnig vinnig kamp op. Oom Louis en tannie Margeret kom groet voor hulle in die pad val. Ons gaan groet vir Hannah en Tiego voor ons die sand aanvat teer toe..
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:12:04 pm
Die more is ons nog vars vir n paar fotos, nie soos gister middag nie. Maar die enigeste rede is ons moes omdraai, Michelle het die verkeerde vurk geneem, hehehe,maar ons sand ry skills is al baie beter en ons eet die sand vir breakfast
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:13:57 pm
Ons stop weer in Nata vir rantsoene, en skiet suid, stop by Nata Bird Sanctuary, maar hulle wil n plase geld he om in te gaan, en ons skip.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:18:45 pm
Net voor ons op die grond klim na Kukonje Island, gaan ons deur n veternarian hek. Ek en die Polisieman redeneer logika oor pad reels, maar ek verloor toe die fiets se lisensie nog 2017 is... eek!? Het die oorspronklike ook die dag voor ons gery het, uit my beursie gehaal.

Ek vra hoe werk dit, dit is n 500 Pula spot fine, se vir die polisieman het nie soveel kontant nie, “ dont worry sir, we have a card machine”. Betaal die boete met my kaart, maar hy skryf my n kwitansie/admission of  guilt... my bad for riding my motorcycle without a license. Ek kon sweer het die disk kopie in gesit, weet ek het die oorspronklik uit my beursie gehaal...

Daai geel kamertjie wat lyk soos n long drop, dis die kantoor, langs die pad, in middle van nerens
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:22:33 pm
Ons stop en blaas bande af.. weer bietjie grond vir n slag!! Kruis die trein spoor na Sowa. En by n lekker dik rivier kruising kom ons oom Piet en tannie Barbara. Die Ford met die wa. Vorentoe en agtertoe maar niks. Toe besluit ons kom ons stoot as die oom vorentoe probeer, en waar as wagtig stoot ons die boswa wat die Ford help uit.

Nou is dit ons beurt, ek kies die linkste baan van die spoor. Moerse dik sand, en baie revs, en hard paddle soos die swaar Adventure wil wil begin wegsak – maar ek is deur. Michelle gaan regs, sy het minder revs, die X Country is ligter. Maar die sand is dik en oor die Senas se ek rev hom liefie... en die X begin oplig en sy is ook deur, en tannie Drieka en Barbara cheer haar!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:23:14 pm
Ons het weer onder n boom lunch, die keer koekies en biltong, en vir poeding jellies en toe toffies.(net in n ander volgorder)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:26:24 pm
Oppad sien ons een van die voertuie, n water tenker met R14.00R20 agterwiele, wat ons departement by die werk, gedoen het,wel n paar jaar terug
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:27:08 pm
 8)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 09:56:04 pm
Vandaar draai ons van die groot grond pat af en begin Kukonje Eland oor die pan nader... maar ons stop eers om views vas te vang... maar moes eers die Adventure optel na n warrel wind it in pan, side stand en al ingedruk het.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:00:49 pm
 :thumright:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:03:09 pm
Ons nader Kukonje Island en ry om aan die weste kant te kamp – vir die sons ondergang later. Soos ons kamp plek soek ry ons verby die oom en tannies, hulle roep ons oor n afstand, en ons gaan groet. Daar gekom, is daar koue Zamaleks, en alles om n killer toebroodjie te maak. Worsies, steak, pynapel, tamatie en kaas. Daai Zamaleks het geloop soos n jet, selfs Michelle het dit in die hitte van die dag geniet...
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:04:04 pm
Ons het gaan kamp plek soek, en onder n huge boabab. Bietjie skoon gemaak en die kamp staan chop chop..
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:05:16 pm
Ons gaan stap n draai oor die pan, en so rustige siesta op die naat van ons rue. Dit was so rustig.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:08:47 pm
Michelle se bene het Botswana all over them... shame, sy het shots gevat, maar ons het ons beste bike trip ooit!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:11:34 pm
"Yet an end to another tough day in Africa"
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:13:06 pm
Die aand kamp ons onder die boom, aand ete is die T-bone, en as aartapples saam tamatie relish. Die wedges wat ons uit aartappels gesny het, het ons chips gemaak vir n snack terwyl ons as aartappels gaar word
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 04, 2018, 10:13:30 pm
Die aand het ons lank na die bos TV gele en kyk en besluit ons hoef nie rerig terug te gaan huistoe nie.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Ama ride ride on November 04, 2018, 11:13:24 pm
Elke nou en dan is hier RR's wat mens so lus maak om bike te pak en te ry.

Hierdie is een. Dankie dit lees lekker en julle mag maar fotos neem. :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Mev Vis Arend on November 05, 2018, 07:57:20 am
Hierdie rr het my ernstig aan die dink ..... ek sal MOET weer probeer - ek het darem mos al die liksens.  :biggrin:

Dankie vir die deel.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: 0012 on November 05, 2018, 02:48:25 pm
Die aand het ons lank na die bos TV gele en kyk en besluit ons hoef nie rerig terug te gaan huistoe nie.

eishhhh, wat n epic trip hierdie!!!
Selfs as leser wil ek nie he dit moet eindig nie!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: FrancoisTz on November 05, 2018, 03:18:24 pm
WOW, wonderlik, julle is ysters.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Poenabul on November 05, 2018, 04:21:28 pm
Lekker gelees Baie nice :sip:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Poenabul on November 05, 2018, 04:30:54 pm
Van hier raak dit lekker sanderig, en Michelle sukkel om haar ritme te kry. Maar sy bly positief.  Was self verbaas dat sy net aanhou... dit was regtig challanging... warm, sand was los, al moeg gestoei, baie baie trots op my vroutjie!  :love4:

(Laaste foto smile se sommer terwyl sy rus)

Haal my hoed af vir die vroutjie van jou, baie nice.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:24:53 am
Elke nou en dan is hier RR's wat mens so lus maak om bike te pak en te ry.

Hierdie is een. Dankie dit lees lekker en julle mag maar fotos neem. :thumleft:

 :thumleft:: is al maande na die trip, en is steeds op n high, maar het ontrekkings simptome.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:36:32 am
Hierdie rr het my ernstig aan die dink ..... ek sal MOET weer probeer - ek het darem mos al die liksens.  :biggrin:


Die dat ons saam kan ry is regtig baie spesiaal!

Maar soos met alles in die lewe wat 1 punt moer spesiaal is, kom daar karakter ontwikkeling mee... dink dit is amper erger vir pappa wat sien hoe mamma sukkel en seer kry, en jy het geen meer insette om haar te beskerm nie, soos toe sy nog saam met jou agterop gery het... Toe Michelle begin ry het, het ek na dag trips sulke spannings hoofpyne gehad, wat n overdose pille nie kon sort nie. Maar ons is nou op n plek na jare se geduld, baie training en langtye van stilte oor die Sena as ons "meenings verskille" gehad het, waar ek haar vertrou dat sy die regste call sal maak in n situasie.

En wat my die meeste verbaas, dat sy n tawwe koekie is, meer as wat ander haar toegee! Sy het deursetting vermoe tot om die volgende level en baie spesiaal.

Die groot ding is begin @Mev Vis Arend ... net buite daai lyntjie van n mens se comfort zone - dis waar jy lewe!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:29:37 pm
Dag 6, Kukonje Island to Kwano Keng, 479km

Net voor sonnop is ons op, en geniet n koppie boere troos en n ouma. En waardeur die sonop in die ooste oor Kukonje Eiland.

Eerste foto, ook een van my gunsteling foto's
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:32:52 pm
Na ons klaar tetris gespeel het op die kamp op die fietse te kry, aangetrek en oppad. En die Adventure maak net “click click” as jy die rooi knoppie regs druk... urgh!!!

Trek weer uit, begin die pink X strip om by die battery uit tre kom, jumpers op en die pink fietse se alternator probeer die Adventure se pap battery laai – die gaan laaaaaank vat...

Op Kubu het ons ook die aand die LED spots net n rukkie aangehad terwyl ons kos voorberei het, het geen probleem, en die aand op Kukonje maak die pamptery pap? Gelukkig kom die ooms en tannies groet, en hulle sien ons is geduldig... oom Piet het n klein Yamaha 2 stroke generatortjie, juis om sy Ford se battery te charge, as die deure van die Everest oopmaak, gaan die follow me home lights aan, so hulle het ook al gesukkel... en die hulle help ons met die generatortjie, en in n jap trap luier die fiets.

Dankie tog!!! Ons groet hulle dankbaar en hulle is oppad.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:35:57 pm
En daar gaan ons, weer oor die panne, n ander ondervinding in die more.. Michelle larf die wit panne, en sy dink ook sy gaan n land speed rekord opstel, en ons jaag mekaar!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:39:10 pm
 :drif:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:42:08 pm
Oppad die grond pad, begin ons gesels en besluit dit sal super koel wees as ons olifante te sien soos ons die olifant bolle in die pad sien le... en letterlik 10 min na die foto van die bolle sien ek die grys kolle in die mirage... dog dis bietjie weird? En soos ons nader ry is dit n trop olifante wat die pad kruis! Bang ons mis dit foto geleentheid, stop ek, en snap n a paar foties oor die afstand... en hulle bly die pad kruis.
Nadat n paar oor is, begin ek tel en kom to by 15... n jammerte, kon seker n bietjie nader gery het en mooier fots gekry het – maar al by boksies is getik – laaste ene – wilde olifante terwyl ons ry!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Stichhom on November 06, 2018, 08:43:01 pm
Dankie Alwyn_GS vir die heerlike RR oor jou en jou eggenoot se ervarings in Botswana. Dis een van die beste wat ek nog ooit gelees het op Wilddog. Great om te lees van "Gewone mense" (met permissie gese), wat buitengewone dinge regkry. Die dat julle saam deur baie kilometers sagte sand ry is ongelooflik. Net n vraagie - jou ervaring met die opblaasmatras(as ek die foto reg verstaan)? Het die ding gehou in Botswana met sy pendorings? My ervaring was nog net negatief met opblaas matrasse en kampeerdery. Myself belowe nooit weer n opblaas matras nie.
Nou raas my kop oor Botswana...groete.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:45:03 pm
Die pad is redelik mooi geskraap, maar waar die pad droe rivier lope kruis, moer sanderig.. en net so naby die einde, n koppie, nie algemeen nie en vir n slag bietjie klippe! En n steil koppie, seker bietjie uit oefening uit met koppies ry? Maar ons ry it uit. Michelle laaik nie klippe nie, nee rephrase – sy haat klippe! Voor ek kon aflkim en fotos neem toe kom die pink X opgevlieg en oor die Senas n kreet soos op Gladiator!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:47:07 pm
En daar is ons is ons avonture klaar op die grondpad... by die teer trek ons af onder n boom, en begin met teerpad voorbereiding, blaas die bande op, en die X kry bietjie brandstof.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:50:56 pm
Skiet Francistown oor Groblersbrug, Kwano Keng Lodge toe. Voor Francistown gaan ons Tlhalogang deur, en langs die pad is n kos waentjie, en ons is dun. Michelle se ons moet stop en kyk wat daar is. Kos is al uitverkoop, maar daar is nog chips. Koop 2 pakkies... draai terug na n General Dealer seker 200m terug. Koop die yskoudste Coke en viola – middag ete konings styl in Bots. Bietjie n verandering van Biltong soutkoekies en toffies en jelly sweets vir middag ete. Die Botswana mense is baie vriendelik! Is mal oor die land...

Ons skiet deur Francistown, stop vir branstof, en koop n sak ys vir die camelbacks, toe Palapye deur, en na Palapye stop ons erens onder n boom vir brandstof vir die X.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 08:53:41 pm
Kom laat middag by Kwano Keng aan, ah, bietjie gras om op te kamp. Die kamp staan al hoe vinnerger in die aand. En ons kon n koue sundowner op die deck gaan geniet terwyl ons oor die Limpopo uitkyk.

Ons ry en gaan koop vir ons Barcelos, bietjie hoender burgers vir aandete. Ons geniet die hoender terwyl ons na die bos TV kyk.

Slaap lekker die aand, al raas die trokke oor die grens tot laat, was n lang warm dag in die saal.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 10:50:35 pm
Dag 7, Kwano Keng to Pretoria, 370km

Na ons kamp opgeslaan het, slaan eers die blou ape en toe die muishonde op die kamp neer... Ons ry 10km terug na Sherwood toe, en koop x12 St Louis biere om terug te bring.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Sprocketbek on November 06, 2018, 10:51:18 pm
Lekker RR!
Ek haal my hoed af vir julle  :thumleft:
Lekker baie fotos  ;D
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 10:52:50 pm
Doen vinnig die grenspos admin, en terug in RSA. Wonder hoe lank van die trokke vat om oor die grens te gaan?

Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 06, 2018, 10:53:58 pm
Die terug tog is net teer, Ellisras, Vaalwater, stop hier by so padstal, Ma Pita en drink n koeldrank en die X kry die laaste cheap petrol uit Botswana. Toe Nylstroom oor waar Michelle lemoene en avo’s koop, en ek moet plan maak om it Pretoors te kry...

By Kranskop, stop ons by die Wimpy, so ietvan n tradisie van ons, sluit n trip af met n Wimpy burger... Hier kry ons oom Piet en tannie Barbara soos ons uitstap. Na n vinning kuier slaan ons die boring N1 suid huistoe... en is laat middag veilig in Pretoria
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Oubones on November 07, 2018, 05:44:17 am
Dankie vir die deel.
Lekker saamgery en ek juk nou nog meer vir my Nam trippie volgende jaar.
Jy moet daai vrou van jou mooi oppas, sy is een uit duisende!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 07, 2018, 07:30:54 am
Dankie Alwyn_GS vir die heerlike RR oor jou en jou eggenoot se ervarings in Botswana. Dis een van die beste wat ek nog ooit gelees het op Wilddog. Great om te lees van "Gewone mense" (met permissie gese), wat buitengewone dinge regkry. Die dat julle saam deur baie kilometers sagte sand ry is ongelooflik. Net n vraagie - jou ervaring met die opblaasmatras(as ek die foto reg verstaan)? Het die ding gehou in Botswana met sy pendorings? My ervaring was nog net negatief met opblaas matrasse en kampeerdery. Myself belowe nooit weer n opblaas matras nie.
Nou raas my kop oor Botswana...groete.

Dankie @Stichhom, tot op hede nog nie n afblaas matras gehad nie... Wou al strechers kry, maar Michelle kry maklik koud, kan dan seker op n enkel lug matras reg kom. Ons doen maar n recce voor ons tent opslaan en het n stukkie 80% skadu net as n grond seil; help met dorings, in die reen seisoen help dit dat water onderdeur vloei, dien as n stoep, so minder sand in tent, en soos ons oppak in die more, word alles soos klaar, opgerolde slaapsakke, kussings op die neergesit dat alles nie sand kry nie soos dit duffel bag toe gaan, en dan gaan die grondseil laaste in.

Gaan doen Bots Stichhom, dis n belewenis!
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 07, 2018, 08:32:41 am
Dankie vir die deel.
Lekker saamgery en ek juk nou nog meer vir my Nam trippie volgende jaar.
Jy moet daai vrou van jou mooi oppas, sy is een uit duisende!

Dankie vir die lees en positiewe insette @Oubones !

Sal haar mooi oppas, maar die moederlike insinkte skop nou kwaai in... dan wil sy Namibie toe, en dan wil ons begin met n gesin... En dan wil sy Lake Malawi toe, en dan wil ons weer "kiddies vir kersfees"...

Maar either or, neither nor baie opgewonde!  :thumright:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: 0012 on November 07, 2018, 11:01:51 am
baie dankie, wonderlike trip, baie lekker saamgery  :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Malibu on November 07, 2018, 12:06:30 pm
Fantastic Ride report!  :)
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: wilfwalk on November 07, 2018, 12:27:56 pm
Great story and super photos. Well done to you both
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: JMOL on November 07, 2018, 01:17:07 pm
Baie lekker gelees. Dankie vd deel.

Altyd lekker om jou trips te volg.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Mikie on November 07, 2018, 01:32:11 pm
Fantastic Ride report!  :)

She lives!!!!


Thanks for sharing Alwyn, lekker trip there
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Skandalis on November 07, 2018, 02:50:48 pm
Baie Nice en well done!!!  Het jy dalk die roete op GPS.
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 07, 2018, 04:00:14 pm
Fantastic Ride report!  :)

She lives!!!!

Thanks for sharing Alwyn, lekker trip there

Was my go to response as well...
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 07, 2018, 04:01:14 pm
Baie Nice en well done!!!  Het jy dalk die roete op GPS.

Dankie baie,

Jip sal bietjie laai, maar dis straight forward
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Oubones on November 07, 2018, 07:06:49 pm
Dankie vir die deel.
Lekker saamgery en ek juk nou nog meer vir my Nam trippie volgende jaar.
Jy moet daai vrou van jou mooi oppas, sy is een uit duisende!

Dankie vir die lees en positiewe insette @Oubones !

Sal haar mooi oppas, maar die moederlike insinkte skop nou kwaai in... dan wil sy Namibie toe, en dan wil ons begin met n gesin... En dan wil sy Lake Malawi toe, en dan wil ons weer "kiddies vir kersfees"...

Maar either or, neither nor baie opgewonde!  :thumright:
Hehe, my vrou was 6 maande swanger toe vat ek haar Transkei kus toe met ou Landy op so " soek spoor" pad!
As die seëning van kinders kom, ruil jy maar net die fietsry vir 4x4 en siedaar!
Daai yster vrou van jou sal saamry! :thumleft:
Ek wag vir julle volgende avontuur.
Ek is lekker jaloers, maar dit is ok want ek kon vir jare nie rondloop nie agv van kinders( eie en pleeg).
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: ClemS on November 08, 2018, 08:01:28 am
@alwyn_gs
My hoed in respek afgehaal! Wat 'n epic lees van 'n meer epic trip! Jy en Michelle verdien 'n spesiale vermelding! Dit was vir my so 'n heerlike RR om te lees en om te sien dat julle ongeag julle omstandighede, dis nou val, brandstof, bande, kamp, ens ..... altyd maar altyd 'n glimlag op julle gesigte gehad het! Dankie vir die deel hiervan, dit laat my sommer warm om die hart voel om te weet SA het sulke hartlike warm Jongmense wat alles ten volle kan geniet en die meeste maak met wat hulle het! Welgedaan!

 :blob10:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Malibu on November 08, 2018, 08:14:30 am
Fantastic Ride report!  :)

She lives!!!!

Thanks for sharing Alwyn, lekker trip there

Was my go to response as well...


Hi Guys!  :)

Gotta keep an eye on you lot... was good seeing you the other day Mikie hun... was a good day! 

Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Mikie on November 08, 2018, 08:34:21 am
Fantastic Ride report!  :)

She lives!!!!

Thanks for sharing Alwyn, lekker trip there

Was my go to response as well...


Hi Guys!  :)

Gotta keep an eye on you lot... was good seeing you the other day Mikie hun... was a good day!

Absolutely Judy!!!! Always good to see you.
I now ride even commuting with my elbows in the air, rocking the ADV rider styles  :biggrin:

Sorry for the Hijack your thread Alwyn
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: alwyn_gs on November 09, 2018, 10:40:16 am
@alwyn_gs
My hoed in respek afgehaal! Wat 'n epic lees van 'n meer epic trip! Jy en Michelle verdien 'n spesiale vermelding! Dit was vir my so 'n heerlike RR om te lees en om te sien dat julle ongeag julle omstandighede, dis nou val, brandstof, bande, kamp, ens ..... altyd maar altyd 'n glimlag op julle gesigte gehad het! Dankie vir die deel hiervan, dit laat my sommer warm om die hart voel om te weet SA het sulke hartlike warm Jongmense wat alles ten volle kan geniet en die meeste maak met wat hulle het! Welgedaan!

 :blob10:
Sjoe, dankie baie @ClemS !
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Dwerg on November 09, 2018, 11:04:14 am
Kyk die pot en deksel pas water dig. Mooi trippie julle  :thumleft:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: Mev Vis Arend on November 12, 2018, 03:46:05 pm
Hierdie rr het my ernstig aan die dink ..... ek sal MOET weer probeer - ek het darem mos al die liksens.  :biggrin:


Die dat ons saam kan ry is regtig baie spesiaal!

Maar soos met alles in die lewe wat 1 punt moer spesiaal is, kom daar karakter ontwikkeling mee... dink dit is amper erger vir pappa wat sien hoe mamma sukkel en seer kry, en jy het geen meer insette om haar te beskerm nie, soos toe sy nog saam met jou agterop gery het... Toe Michelle begin ry het, het ek na dag trips sulke spannings hoofpyne gehad, wat n overdose pille nie kon sort nie. Maar ons is nou op n plek na jare se geduld, baie training en langtye van stilte oor die Sena as ons "meenings verskille" gehad het, waar ek haar vertrou dat sy die regste call sal maak in n situasie.

En wat my die meeste verbaas, dat sy n tawwe koekie is, meer as wat ander haar toegee! Sy het deursetting vermoe tot om die volgende level en baie spesiaal.

Die groot ding is begin @Mev Vis Arend ... net buite daai lyntjie van n mens se comfort zone - dis waar jy lewe!

Dit is soooo waar.  Ek het sopas afgetree en ek en Louis is van plan om te lewe tot ons dood gaan.  Ons is erg aan de huiswerk doen vir bikes waarmee ek gemaklik gaan wees. Ek kan nie vir ewig pillion nie.    :biggrin:
Title: Re: Man en Vrou alleen in Bots. Botswana, Engelbrecht Edt 2018
Post by: 2StrokeDan on November 12, 2018, 04:04:21 pm
Stem met Chris saam, Michelle se glimlag laat selfs daai Boxer beter lyk.

It's that powerful. >:D

Lekker om te sien hoe julle dinge saam geniet.