Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Bokveld on December 22, 2018, 03:49:14 pm

Title: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 22, 2018, 03:49:14 pm
    n Tyd gelede besluit ek om n mooiweers-biker te word en die meer gebaande weg te volg,soos in hoofsaaklik teerpaaie om ver plekke te verken.Op die loop ek n lekker nuwe 2de handse 650 twin raak.Die ding loop alte lekker en nogal lig op brandstof ook.Ek verkoop nie die ou groene nie,want reken ek, die nuwe perd moet eers sy strepe verdien.
    By die Vic Falls, Botswana en in die Caprivi was ek nog nooit en die manne wat weet, reken die nuwe masjien is opgewasse vir die taak.Ek nooi vir Stil Wim saam,maar ek hoor nie weer van hom nie.Eers toe hy my n maand voor my vertrektyd bel om te hoor wanneer ek ry,begin vermoed ek hy gaan saam.So werk dit maar met Wim.
     Die oggend van 1 Desember vertrek ons op n trip wat nog lank onthou sal word vir verskillende redes.Twee van ons biker vriende vergesel ons tot op Touwsrivier.En toe is dit ek en Wim en die lang pad na die noorde.Ek het die kortste pad tussen Montagu en Vic Falls gekies,maar dis alles behalwe kort.Ons eerste kampopslaan is by die Kambro Padstal anderkant Britstown.Sommer n lekker plek met vriedelike mense.My swartpot was te swaar om heelpad saam te ry ,toe braai ons maar.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 22, 2018, 04:29:19 pm
      Dag 2 neem ons tot so 20 km. anderkant Vryburg op die Stella pad .Ek het vir Boereplaas uitgenuffel op die internet.n Internet- leeu is mos nie soos n regte leeu nie en so ook nie die boereplaas nie,maar ons kry darem n paar koue biere.In die versengende hitte,bly die bier ook nie lank koud nie ,maar Wim maak n plan.
     Die probleem met Boereplaas is dat dit n swembad en n kroeg het en dagbesoekers verwelkom.Maar laat ek net byvoeg ;dis nie hulle probleem nie,dis ons probleem.Gelukkig is die kampplek so effe eenkant,maar met die musiek ,kom jy dit nie eintlik agter nie.Ek sien weer beelde van verlede jaar se party by Clanwilliam dam,maar dis Sondag en teen 8-uur se kant vertrek die laaste minibus.Daar daal n kortstondige stilte op die kamp neer,voor n waterpomp aangeskakel word langs ons kampplek.Snaaks hoe n sat bearing jou uit die slaap kan hou,maar after all dit is n boereplaas.Ons braai toe maar weer,want ons het n rooster en nie n swartpot nie.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Karoo Rider on December 22, 2018, 05:09:11 pm
Ek skuif solank reg...  :sip:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Vintage_Mania on December 22, 2018, 05:25:56 pm
 :ricky:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 22, 2018, 05:56:44 pm
    Die Noord-kaap en Noordwes het nog nie reen gehad nie.Orals by die dorpe is tekens van ons land se toestand.Werklose mense en brandplekke op die teerpad,rommel langs die pad.Die droogte maak dit ook nie beter nie.Ek besef weereens dat ek my seeninge moet waardeer waar ek in die Wes-kaap bly.Op Kimberley stop ons vir gas en muskietsalfies .Ek gesels met n paar bikers terwyl Wim die aankope doen.Die blond wat trike ry is wild en wakker, soos Valiant Swart sing.Sy en haar ghantang is oppad Kaap toe;kaalskouer leather jacket en al.Ons wonder hoe daai skouers vanaand gaan lyk as die Karoo-son hulle beetgekry het
     Die Vaalharts gebied is n oase in die woestyn.Lusern en ander gewasse het deesdae plek gemaak vir peka neute.Die neute bedryf het hier ontplof.
     My gedagtes gaan terug na 2011 toe ek by die Bray -afdraai verbygaan.Vreesloos en stupid teen die Molopo op Mafiking toe.Die piekniekplek buite Mafiking, waar ek gekamp het,is nou heeltemal vervalle en ek dink weer aan die VIP-borde
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 23, 2018, 10:21:07 am
   Vroeg Maandagoggend ploeg ons deur Mahikeng oppad na Ramathlabama-grenspos.Die formaliteite word vinnig afgehandel en skielik is ons in n ander land sonder brandplekke op die pad,honderde rondloperdiere,spietkops en goedkoop petrol.Ek leer gou die diere se gedrag: Beeste is voorspelbaar,maar steek die pad stadig oor,bokke en skape hardloop vinnig oor ,maar draai soms om en maak n come back.Donkies is totaal onvoorspelbaar;een oomblik vas aan die slaap en die volgende oomblik loop hy voor jou in.Spietkops kom in die meer boomryke dele voor. Hoe dit ook al sy,ek het nog nooit soveel dooie diere langs n pad gesien nie .Die aasvoels doen hul uiterste bes ,maar die oormag is te groot.
   By Pitsane gooi ons die eerste goedkoop petrol in net om te voel hoe dit voel.Daars merkbaar meer geld in Botswana as hier by ons,en oorwegend nuwe motors.Rondom Gabarone word n nuwe pad gebou en ons vorder stadig in hitte van meer as 40 grade.Dit raak n lang dag en ons mikpunt is Palapye ,waar vriend Cobus n lekker kampplek aanbeveel het.Soos ek ry,probeer ek uitwerk of my petrol dit gaan maak.My hoofreken somme wil nie lekker uitwerk nie en kan ook nie onthou waar ek laas petrol ingegooi het nie.Bonoop wys daar skielik snaakse syfers op die bike se display.Gelukkig het ek n handboek van die bike saam gebring.Dis nie nodig nie.In n helder oomblik besef ek,ek is van die spoor af:ONTWATER.
    Ons vind ons kamp anderkant die spoorlyn in die grammadoelas by Itumela.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 23, 2018, 11:10:03 am
     Die kampplek by Itumela is maar so-so,maar daars koue bier.Die kroegmeisie het lang rooi naels en dra n stywe minirokkie wat sy kort-kort afrem om die Volkswagen wat onder die seil staan te verbloem.Haar naam is vir ons onuitspreekbaar,maar sy se haar naam beteken good luck en ons kan haar maar so noem.Ek wonder of haar naam dalk iets met die Volkswagen te doen het.Sy stel ons voor aan St.Louis,wat op sy beurt baie help met die ontwatering en kampopslanery.Ons sukkel om ons nuwe simkaarte te registreer.Good luck probeer help ,maar sonder luck.Ek kry darem later myne reg,net om uit te vind dat die sein te swak is om huis te haal,of so-iets.
      St.Louis is n wyse man en hy wys my daarop dat ek nie meer so tier is as wat ek dink nie.Ek maak lank reeds nie meer my broek met n geelslang vas nie.Ontwatering is nie jou speelmaatjie nie.Later,na die vogvlakke,herstel is,begin ons aan kos dink.Ons is nog te flou vir hoendervang;so ons besluit maar op sop.Ek maak n mushroom-soppie oop wat al 2 keer bo teen die Kunene gaan draai het,maar hy gaan nog steeds goed af.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on December 23, 2018, 12:38:51 pm
 Stil Wim

Foto's is so min soos Stil Wim se woorde!! :peepwall: ;) :lol8:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Lem on December 26, 2018, 07:15:27 am
“Volkswagen wat onder die seil staan...”

Dis beslis die beste een benaming en beskrywing wat ek nog ooit gelees het. Kannie wag vir die res nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Matewis on December 26, 2018, 07:32:49 am
Subscribe!!

Sent from my LG-H990 using Tapatalk

Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Oubones on December 26, 2018, 07:36:00 am
Lyk my Bokveld is Bokveld toe want ons wag nog? :peepwall:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Casting from Turd on December 26, 2018, 08:07:05 am
Maybe I follow this as well  :deal:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: VaalBaas on December 26, 2018, 08:35:18 am
Lyk my Bokveld is Bokveld toe want ons wag nog? :peepwall:

Op die pad terug het die oom kom koffie drink, so nee hy is nog met ons. Het toe so n vinnige weergawe van die trip gehoor, maar is nou hier vir die detail ;)
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 12:04:03 pm
      Dag 4 verloop nie  heeltemal volgens plan nie.By Francistown vat ek die verkeerde pad en ons kom na omtrent n uur tot stilstand voor n Zim grenspos by Plumtree.Ek moet erken dat n GPS dit kon voorkom.Later die middag loop daar n donkie en n spietkop voor my oor die pad.Ek mis die donkie ,maar die spietkop se skade is 340 Pula.Ons is 3 Suid-Afrikaners wat in die strik trap: 2 vrouens van MP ,n predikant van GP en die uwe.Die vrou maak nie n moordkuil van haar hart nie en vertel die spietkop wat hy met sy land en sommer alles wat daarmee gepaard gaan kan doen.Die predikant hou hom in ,want daar is kinders by.En ek is maar net gewoonweg gatvol......verskriklik gewoonweg gatvol soos Pieter Pieterse sou se.
       Op Nata koop ons gou n paar kosgoedjies en maak dit vir Elephant Sands.Die ou sandpaadjie laat ons vir oulaas sweet,maar ons kamp heel aangenaam.Wim maak vir ons later n interesante dis van bullybief en chakalaka.St.Louis sit ook hand by om ons verblyf nog aangenamer te maak.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: 2StrokeDan on December 27, 2018, 12:29:27 pm
Ai Kallie, baie lkker!

Bly om te sien daai nuwe fiet het hom gedra.

Sy baas gedra hom mos altyd..... :ricky:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 12:43:35 pm
     Pandamatenga huisves n groot boerdery gemeenskap.Die bebosde gebied maak eensklaps plek vir landerye wat oor die horison strek.Die swart turf- en rooi grond wag vir die eerste reens om beplant te word met mielies en sorghum.Ons moet petrol ingooi ,want mens weet nie wat anderkant die grens in Zim wag nie.Daars n kragonderbreking en die pompe werk nie .Ons moet maar wag teen wil en dank.Die kragopwekker wil ook nie saamspeel nie.Daar word konferensie gehou by die kragopwekker maar daars na n uur nog nie n plan nie.Later daag daar n jong boer op en kort voor lank werk alles weer.
      Dis n stil grenspos en dinge verloop seepglad.Die pad wat volg is egter nie so seepglad nie.Die tweespoor pad herhinner sterk aan die stuk tussen Ruacana en Swartbooisdrif.Ons sluit later aan by n groot grondpad aan wat van Bulawayo af kom,en nog later by die teerpad wat ons by Vic Falls bring.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Black_Hawk on December 27, 2018, 01:33:44 pm
Baie dankie vir die deel sover Bosveld.  :thumleft:

Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 02:32:35 pm
      Die vertraging by Pandamatenga,bring mee dat ons toe maar 2 dae by Vic Falls oorbly.Dit was n welverdiende ruskans na 5 dae se harde ry.Ons kamp by die munisipale kamp teen billike tarief,vriendelike personeel en skoon geriewe.Die kos is maar aan die duur kant,maar as jy bereid is om saam met die locals pap en vleis te eet,of nou en dan jou eie jou eie brousels te maak,is die wereld reg.
       
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 02:48:47 pm
     Die Zambesi het die tyd van die jaar nie baie water nie,maar die valle bly steeds n belewenis.Dit was nog altyd vir my n droom om dit te ervaar.Ek was verstom om te sien dat oorlede ou Livingstone steeds die wag hou.In SA sou die ou seker al stroom-af wees.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 03:56:36 pm
     Ons vat ons tyd om die valle te besigtig.Dis duidelik dat hierdie n groot bron van inkomste vir Zim en Zam is.Verskeie aktiwiteite word aangebied,maar ek dink nie Devil's pool is vir my nie.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: 2StrokeDan on December 27, 2018, 04:03:05 pm
Daai foto van die groot driepoot en die kookpot langs hom, laar my opnuut wonder, wat doen n kok met n pot laat hy so lyk? :eek7:

Lyk amper of die pot al n paar maal met die wassery per ongeluk die valle af is.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 04:17:57 pm
       So breek die tyd aan om die volgende been van ons tog aan te pak,die Caprivi.Ons besluit om Kasane oor te slaan as bestemming en liewer by Katima te gaan slaap.Namwi Island is ons beste kamp van die trip.Jan Lotz en Herbert Schubert is die eienaars en laat ons sommer dadelik tuis voel.Daar word n slag wasgoed gewas en kontak met die huis bewerkstellig.Dis n pragtige aand op die wal van die Zambesi.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 04:49:15 pm
      Die manne van Namwi Island beveel aan dat ons die C49 suid vat en n lekker bakdraai ry via Linyanti en Sangwali na Kongola.By Divundu draai ons weer suid om by Ngepi te kamp.Weereens stoei ons met n tweespoor sandpad om by die kampplek op die wal van die Okavango te kom.Wim moet op een stadium n verwoede brak by n stat afweer.Gelukkig los die brak my ,want hy sien seker ek is klaar half dood.
     Ngepi is volgens my oordeel maar onder gemiddeld.Daar is n verskil tussen rustic en vervalle vir my.Aan die positiewe kant: die bier was welkom en koud en hulle het ons laaste US$ 's aanvaar as gedeeltelike betaling.Die volgende oggend was die sand darem makliker met afgeblaaste bande en hernude energie.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 05:10:09 pm
    Ons is weer vir die soveelste keer terug in Botswana.Wes van die delta af na Ghanzi.Die pad is soms onrybaar swak langs die delta en rondloperdiere is n nagmerrie.Nader aan Ghanzi is daar groter beesplase en die pad is toegekamp.Ons kamp agter die Kalahari Inn en daars n lekker swembad en gras.Dis Sondag en Wim trek al die proppe uit met n driegang maaltyd.Voorgereg: sardiens en kaasdip op beskuitjies.Hoofgereg: kerriegroente en weense worsie gesimmereer op sy gasstofie en elkeen n mango vir nagereg.Die volgende oggend spadeer ons die laaste Pulas op Botswana se goedkoop petrol.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: NoRush on December 27, 2018, 05:31:00 pm
 :sip: EK lees lekker saam aan die trip Bokveld.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 27, 2018, 06:12:50 pm
     Voor die trip het ek veiligheidshalwe vir Man From Nam gekontak,want smaak my die man het hom die vorige keer vervies toe ek nie by hom aangekom het nie.Ek dink hy kon sien ons is dors,toe hy ons kom ontmoet aan die oostekant van Windhoek,want hy vat ons terstont na Joe's Beerhouse toe vir n bruisdrankie of twee.Die aand word ons trakteer op die heerlikste vleisgeregte.JC erken dat vleis eintlik sy ding is.Terwyl ek en Wim teug aan ons bier ,braai hy van skaapstertjies,sosaties,wors tot by reuse T-bones.Wim kom net halfpad met sy T-bone,maar ek gee oor voor ek by die hoofdis kom.Die res word vir ons ingesit vir padkos die volgende oggend.JC vergesel ons die volgend dag tot by Rehoboth,waar hy ons met n koffiejie groet.Dankie JC vir jul gasvryheid.Dit was great..
      Die volgende aand braai ons weer T-bone op Grunau.Wim se stoel gee in en ek wonder net of die Windhoek-ete nie dalk iets daarmee te doen het nie.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: eberhard on December 27, 2018, 09:27:41 pm
So ‘n interessante terloopsheid:

Jou foto’s van Livingstone en die valle maak my dink hieraan. Hierdie is ‘n uitknipsel uit die boek Captain Singleton deur Daniel Defoe.  Defoe (van Robinson Crusoe / Pierce Brosnan faam) het nooit die Britse eiland verlaat nie. Hy het in hawekroeë uitgehang en biere vir die seemanne gekoop en na hulle verhale geluister. Dit is waar hy al sy inligting vandaan gekry het vir sy boeke.

Wat Defoe hier beskryf is ‘n rivier wat sy karakter ontdek het deur met die kus van Mosambiek weg van Lourenco Marques af noord te seil. Die karakter (Singleton) draai toe in die rivier op met die doel om Angola toe te seil. En kom op hierdie waterval af. Defoe het die inligting so in die laat 1600s na die vroeë 1700s bekom. Die boek self is 1720 uitgegee. Twee honderd jaar voor Livingstone die valle “ontdek” het.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Altie7deLaan on December 28, 2018, 08:56:31 am
Ag lekker oom Kallie.
My siel is verkwik nog voor ek tot aan die einde van bladsy 1 gelees het.

Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Manic on December 28, 2018, 10:41:28 am
 :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on December 28, 2018, 10:51:22 am
Ag nee wat oompie Bokveld ek dink jy moet so bietjie langer aanhou aan daai bloue, jou en Stil Wim se bloue maak dan so n mooi span? ;) :thumleft:
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Bokveld on December 28, 2018, 11:43:33 am
     Op Mariental gesels ek met mense van Mata Mata wat oppad is na Swakop vir n troue.Dit voel altyd vir my of Namibia se mense almal mekaar ken.So verneem ek toe sommer na die manne van Koes se welstand en of Aroab se predikant darem al vordering met Oujan gemaak het.Hulle lag lekker,want dit sal blykbaar n dapperder engel vat om Oujan te tem.
      By Noordoewer steek ons die 7de grens binne 2 weke oor.Ons laaste kamp is by Klawer,waar Wim vir oulaas die chakalaka pot maak.
      Ek doen nabetragting.My gees is geblus vir lang trippe soos die.Dis nie meer soos die erste solo pogings nie.Ek het baie minder fotos geneem en met minder mense gesels .Ek sal eers uitrus en dan n besluit neem.Nou,na 2 weke weet ek,ek het die hoofstuk afgesluit en gaan die boek toemaak.Die nuwe bike moet verkoop word en ek en die ou groene sal steeds kort ekskursies onderneem.
       Dankie aan almal wat my trippe die afgelope 8 jaar gedeel het.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: XT JOE on January 02, 2019, 07:19:36 am
Hi Kallieman
Dit is weer een jou pragstikke-baie goed geskryf- al die "quirky comments" soos hule in engels se tot die vw onder seil observasie 10 uit 10 :) :). , ook al die fotos- seker twee keer meer as vantevore. Dit was n groot trip en ek dink dit is wat jou so bietjie op gemaak het al is dit n paar weke na die tyd - persoonlik dink ek dat die mal verkeer op paaie waar jy was dalk iets daarmee te doen het. Ek verstaan die twee goeie bikes situasie - moet van een ontslae raak en ou Kalula is nog goed vir baie myl.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: 2StrokeDan on January 02, 2019, 08:09:10 am
Kallie, as jy sukkel om te besluit watter een om van ontslae te raak, koop n derde een en verkoop hom dadelik weer.

Dan het jy die verkoop een opgelos.
Title: Re: Bokveld vir oulaas skoonveld.
Post by: Operator on January 02, 2019, 08:24:50 am
 :sip: