Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Global Reports => Topic started by: Boerbok on May 25, 2019, 11:01:08 am

Title: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 25, 2019, 11:01:08 am
I live just south of the foothills of the Yarra Ranges, about 60km east of Melbourne. This is at the edge of a vast expanse of mountain wilderness known as the Victorian Alps.

https://en.m.wikipedia.org/wiki/Victorian_Alps

Ek werk in die groot stad, en die Africa Twin word gewoonlik afgeskeep tydens die week. As die naweek kom en die weer is goed, dan vat ek die pad berge toe, so 2 ure op n slag.

Dis my manier om die reset knoppie te druk...  :ricky:

New bike, Jul 2017. Best feeling in the world!
(https://i.postimg.cc/YCPrpS4p/DSC-0845.jpg) (https://postimg.cc/mPQfjBNq)

Snow is common in winter if you venture deeper into the mountains.
(https://i.postimg.cc/vZNpkvZ1/DSC-0927.jpg) (https://postimg.cc/21ncBhvm)

This ride turned out to be super slippery. Up to Mt Donna Buang. I need better tyres...
(https://i.postimg.cc/FRnSZbxG/DSC-1079.jpg) (https://postimg.cc/JDZt7kvB)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: caconcepts on May 25, 2019, 11:05:02 am
I live just south of the foothills of the Yarra Ranges, about 60km east of Melbourne. This is at the edge of a vast expanse of mountain wilderness known as the Victorian Alps.

https://en.m.wikipedia.org/wiki/Victorian_Alps

Ek werk in die groot stad, en die Africa Twin word gewoonlik afgeskeep tydens die week. As die naweek kom en die weer is goed, dan vat ek die pad berge toe, so 2 ure op n slag.

Dis my manier om die reset knoppie te druk...  :ricky:

New bike, Jul 2017. Best feeling in the world!

(https://i.postimg.cc/YCPrpS4p/DSC-0845.jpg) (https://postimg.cc/mPQfjBNq)

Nice bike en nice area om te ry, pasop net vir daai groot lang been rotte wat daar rond hardloop..... :ricky: :imaposer:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on May 25, 2019, 11:10:11 am
Ek is nogal verbaas om die sneeu clearing bordjie te sien?

Gooi nog van jou wreld Boerbok :thumleft:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 25, 2019, 11:43:00 am
Nice bike en nice area om te ry, pasop net vir daai groot lang been rotte wat daar rond hardloop..... :ricky: :imaposer:

Dankie! Ek sien gereeld kangeroos, die goed is n redelike pes, en word gereeld doodgery.

My vrou het juis een aand 10uur in ons dorp n kleintjie gestamp. Dit was n duur oefening, nuwe bumper en voorlig.

Die groot mannetjies langer as 6 voet en is bakleierig. Jy soek nie moeilikheid met hulle nie! As jy een van hulle tref kan jy maklik n kar afskryf...
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 25, 2019, 11:47:27 am
Ek is nogal verbaas om die sneeu clearing bordjie te sien?

Gooi nog van jou wreld Boerbok :thumleft:

Ja in die winter moet jy volgens wet sneeukettings aansit as jy diep in die berge inry. Die eerste ski-slopes begin so 150km noord-oos van ons. Mens kan dit nie vergelyk met Europa se ski nie, maar dis nogsteeds op my lys om eendag te doen.

Bloekombome orals. Hierdie is die land vd Bloekomboom, hulle is inheems, seker 100 verskillende soorte.
(https://i.postimg.cc/G2yxWh3D/A5-D2-BA56-156-F-47-D1-A2-CF-FA09134-FC1-C2.jpg) (https://postimg.cc/vgGn9yV8)

(https://i.postimg.cc/BvtgCBdM/0375760-E-3-A00-4-BA6-A442-5-FD316-A38-FD4.jpg) (https://postimg.cc/3y5m8mrv)

Hierdie geweste is bekend vir appels, kersies, bloubessies, aarbeie, lemoene en hier en daar sien mens ook wingerde en wynplase.
(https://i.postimg.cc/qvDcgCzn/20982-AB3-F833-4-BA0-8281-E17-F8-FFC73-EB.jpg) (https://postimg.cc/87Wf0cdP)

(https://i.postimg.cc/yNJmRYZG/18-BC8513-3865-4031-A417-0-EA04-BF70-A3-C.jpg) (https://postimg.cc/sBrGdzKP)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on May 25, 2019, 11:59:44 am
Bloekombome

Watse hout braai julle daar mee?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 25, 2019, 12:12:06 pm
Ons braai met bloekom :eek7: dis nie iets waaroor ek graag praat nie...  :lol8:

Herfs is mooi hier met al die herfskleure. Dis ook die begin vd reenseisoen en alles word weer grasgroen na die doodbrand vd somer.
(https://i.postimg.cc/httbS0Pc/B7638078-FD9-A-46-A3-82-A3-AED4-A82-B8-C56.jpg) (https://postimg.cc/xcBb5Mz4)

Gepraat van appels, ons het n paar weke terug Pink Ladies gepluk...
(https://i.postimg.cc/05CwbJ4Q/C9-D19-ECE-8-CDD-4-EF8-94-C5-769-F89-E9-BFD6.jpg) (https://postimg.cc/nMCzWMpb)

Hierdie was suid van ons oppad na Phillip Island. Die renbaan is langs die see gebou en is bekend vir sy onvoorspelbare en nat weer in Okt as die MotoGP hier gehou word. Ek het gedink ek gaan die reen mis, maar was nie so gelukkig nie...
(https://i.postimg.cc/138nC73n/3018-CD85-1-A93-49-C4-8-E2-C-268-CD39-DDF18.jpg) (https://postimg.cc/gxP2rDRm)

Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 25, 2019, 01:32:14 pm
Die MotoGP is n lekker dag uit, saam met derduisende ander bikers.

(https://i.postimg.cc/QtBVS0kN/DSC-0451.jpg) (https://postimg.cc/YGHpCNsT)

(https://i.postimg.cc/25y582td/DSC-0456.jpg) (https://postimg.cc/3yMhtCYW)

(https://i.postimg.cc/tJQRky4D/DSC-0460.jpg) (https://postimg.cc/sQmRfkSZ)

(https://i.postimg.cc/pTnXKyRp/DSC-0462.jpg) (https://postimg.cc/G8dCCLBC)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 25, 2019, 01:40:07 pm
Daars n mooi staproete net langs Phillip Island, the George Bass coastal walk. Dis die naaste groot see aan ons met regte branders.

(https://i.postimg.cc/4NcNYYwM/DSC-0010-1.jpg) (https://postimg.cc/MvW84KCb)

(https://i.postimg.cc/fyGzHsWB/DSC-0014-1.jpg) (https://postimg.cc/7JNr6p22)

(https://i.postimg.cc/W45sBgbD/DSC-0024-1.jpg) (https://postimg.cc/TyW8mybG)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 25, 2019, 01:46:02 pm
Van seevlak af na 1250m bo seevlak in omtrent 100km...

(https://i.postimg.cc/tJzWbsKs/7-E7801-B2-17-F8-4-DA8-B5-E5-AD1-B059-E8-CCD.jpg) (https://postimg.cc/y3kkX8YK)

(https://i.postimg.cc/fTsT0wFR/DSC-0561.jpg) (https://postimg.cc/4n8TDTsD)

(https://i.postimg.cc/rs1VYbdT/DSC-0560.jpg) (https://postimg.cc/30wQktCf)

Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on May 25, 2019, 02:30:08 pm
Nou kan n mens sien hoekom daai wreld so erg brand as hy die dag aan die brand raak :o
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: skydiver on May 25, 2019, 08:02:53 pm
Mooi wereld om te verken met daai AT.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 26, 2019, 12:06:40 am
Nou kan n mens sien hoekom daai wreld so erg brand as hy die dag aan die brand raak :o

Dit is so. Aan die einde van somer in Feb en Maart is temperature gereeld oor 40C. Die gras is kurkdroog en alles is vaal soos Gauteng in Aug. Dis die piek tyd vir bosbrande.

Ons het juis n paar maande gelede so n brand gehad net n paar km oos van ons buurt. Ek het op n stadium gedink ons gaan moet ontruim. Dit het deur weerlig begin, en die brandweer (+-1000 brandweermanne, 100 trokke en 10 vliegtuie) het vir meer as n maand gesukkel om dit heeltemal onder beheer te bring. Iets soos 29 plaashuise is uiteindelik afgebrand as ek reg onthou.

https://www.heraldsun.com.au/technology/properties-lost-residents-told-to-leave-as-outofcontrol-fires-rage-across-state/news-story/1b5527fc506b2e63722ab460efc675b6

As jy mooi kyk sal jy die bruin kolle sien wat gebrand het langs hierdie bospaadjie was ek gereeld ry.
(https://i.postimg.cc/50VXtxqL/C1-CE2379-BC70-430-C-9441-119867-FB54-F2.jpg) (https://postimg.cc/GBXL7nfm)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: JFE on May 28, 2019, 10:03:49 am
Lekker. Ander baie populre ren op Phillip Island is mos die V8 Super cars, my droom om nog eendag daai in lewende lywe te kyk, net die klank en hoe die dreuning die aarde laat bewe om jou moet n hoendervleis belewenis wees.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 28, 2019, 12:56:37 pm
Jys reg die V8 Supercars is baie gewild. Ek volg dit op TV, maar dis ook op my lys om te doen!

Hierdie was n onlangse nagresies in Perth:
https://youtu.be/ULRUdFp0QoY

Mens sien soveel V8s op die pad, Holden Colorado sedans en SS Utes (bakkies), Ford Falcons en Mustangs. Die Aussies hou van hulle V8s, dis verseker. Aan die ander kant, die tipese Duitse karre wat in SA so volop is, is baie duur en skaars hier, soos Mercedes, BMW, Audis.

GSse is net so skaars, jy sien hulle eenvoudig nie, maar dis omdat hulle so vrek duur is. n R1250GSA is $30k+, meer as R300k voor ekstras...

Die Japanese bikes is baie goedkoper, en baie gewild. Ek het nie n pyn daarmee nie, die AT hanteer die kronkels baie lekker. En hier is duisende kms se twisties in die berge noord en oos van Melbourne. Hierdie is n ou foto met die oorspronlike bande, maar selfs met my huidige Mitas E07s is daar geen chicken strips te sien nie.  :ricky:

(https://i.postimg.cc/Dwm6QKJt/DSC-0131.jpg) (https://postimg.cc/YvKQkZx3)

Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on May 28, 2019, 05:50:00 pm
Mens sien soveel V8s op die pad,

Hoekom as julle spoedgrens so laag is? En mens hoor daar word julle erg gevang?

Wat kos petrol by julle as V8s so gewild is?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 29, 2019, 09:32:19 am
Die maks spoed is tussen 80 en 100km/h op die snelwe in die metro areas, 110km/h verder uit in die platteland hierrond... :patch: Mens raak gewoond daaraan...

Die lae spoed doen wondere vir brandstofverbruik... Dis dalk hoekom V8s gewild is. Petrolprys is oor die algemeen soortgelyk aan SA, op hierdie stadium R16 per liter vir 98 ULP.

Spietkops is rof hier. Ek het n $330 AUD kaartjie en 3 demerit punte gekry binne die eerste maand van bike ry hier. Dit was vir 98 km/h in n 80 zone, op n afdraand, een Saterdagmiddag op n verlate pad in die berge. Nou ry ek meestal laat Sondagmiddae as die spietkops hulle persoonlike V8s was en tune.  :lol8:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on May 29, 2019, 09:35:05 am
Die maks spoed is 100km/h op die snelwe in die metro areas, 110km/h verder uit in die platteland hierrond... :patch: Mens raak gewoond daaraan

Ry lorries dieselfde spoed as karre of is hul spoedgrens minder soos hier by ons?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on May 29, 2019, 10:45:01 am
Selfde spoed
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on May 29, 2019, 10:46:49 am
Selfde spoed
ek reken n ou gee seker gou pad as n road train jou inhaal?!! :o ;)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on June 08, 2019, 03:32:14 pm
Vandag se draai deur Wes en Suid Gippsland.
(https://i.postimg.cc/mD80fg1N/2-F2-F4-CF5-3-CBB-4-C5-F-812-D-A71863071791.jpg) (https://postimg.cc/0MKt7xfb)

Net teer vandag, die modder het oorgeneem na die laaste paar weke se goeie reen.
(https://i.postimg.cc/Z540jfZk/316-D708-D-73-AC-4509-8-B7-B-B435-CDF9-BDE8.jpg) (https://postimg.cc/mtpbgytV)

Drouin, n mooi klein plattelandse dorpie waar ons n erf gekoop het. Dis so 100 km oos van Melboune CBD.
(https://i.postimg.cc/MKknf6Fp/2-CCCD643-E29-B-45-C3-865-E-9-F950485-CCB7.jpg) (https://postimg.cc/qgLJ9TrP)

Die erf waar ons in die volgende week begin huis bou... O0
(https://i.postimg.cc/rpps2KKQ/A233-A3-E7-E64-C-40-B2-88-A8-5-B84788-CA131.jpg) (https://postimg.cc/MnhqyZ0Q)

Dis nie heeltemal plat nie...
(https://i.postimg.cc/fydkqpJs/2-C75-B058-8-E53-46-FB-A1-F1-57-DD896-FC1-D7.jpg) (https://postimg.cc/T5RRpkVN)

Grand Ridge Road tussen Warragul en Leongatha. Dit lyk nogal of n Hobbit enige oomblik agter n boom kan verskyn!
(https://i.postimg.cc/T301srYK/793-F831-A-CD72-48-E9-A7-B4-D060-FCEC7-ECC.jpg) (https://postimg.cc/ts19Zn6b)

Die windplaas en ontsoutingsaanleg by Wonthaggi. Die aanleg kan n 3de van die Melbourne metro se jaarlikse water vervaardig indien nodig.
(https://i.postimg.cc/SQ9s40xF/9-AF80-F00-777-A-426-F-A6-F1-2-A533350-B230.jpg) (https://postimg.cc/SjyqLv9D)

Oop see by Kilcunda langs Phillip Island
(https://i.postimg.cc/L6Ms6yJq/6-D281969-A181-421-B-BF96-AD13-BF496-ACE.jpg) (https://postimg.cc/4nBGWQbZ)

Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on June 08, 2019, 06:00:19 pm
En so n kaal erf kos wat?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on June 09, 2019, 12:48:12 am
Dit hang baie af van afstand vanaf die CBD, buurt, en afstand na n treinstasie / publieke vervoer. Ek werk in die CBD en ry daagliks trein.

Hoe nader aan die CBD hoe duurder,  kleiner, en skaarser word oop erwe. In die goeie buurte naby die stad sal jy net n erf kry as jy n bestaande huis sloop. R10 miljoen+.

Die weste van Melbourne metro is baie goedkoper as die ooste. Dis plat, minder mooi en meer industrieel. Ons het gemik vir die ooste, waar die berge is. :ricky:

Om n idee te gee, net vir n 800 m2 erf, in die ooste naby aan publieke vervoer:
- 50 km uit in Berwick: R6.5 tot R8 miljoen
- 60 km uit in Pakenham (wat effens dodgy is): R3.5 tot R5 miljoen
- 100 km uit in Drouin/Warragul: R2 tot R4 miljoen

Om n huis te bou as jy reeds die erf het kos ongeveer dieselfde orals. Afhangende van hoe fnsie jy bou, kyk jy na R2 - R3+ miljoen vir n 4 slaapkamer, 2 badkamer, 2 garage huis met n outdoor room/ buite area vir braai. Die erf is die grootse koste.

Bestaande huise is gewoonlik duurder as om nuut te bou. Ons bou buite die metro area in die platteland omdat ons eenvoudig nie kan bekostig om nader aan die stad in die huismark in te kom nie.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on June 09, 2019, 10:41:24 am
Heigend dis duur!!! :o
Hoe lank is jou commute per trein elke dag?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: immigrant on June 10, 2019, 06:20:45 am
Gooi nog pics. Dis mooi daar by jou. Net die regte mix van bome, berge etc.
Sterkte met die huis bou ! :thumleft:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Bikerboer1973 on June 10, 2019, 11:13:42 am
Heigend dis duur!!! :o
Hoe lank is jou commute per trein elke dag?

Sal ook graag wil weet.

Baie mooi daar!
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: JMOL on June 10, 2019, 01:11:43 pm
Hi Boerbok.

Ek sien nou eers die thread en gaan dit baie beslis volg.

My vrou het so 2 jaar gelede vir 5 weke in Melbourne gaan werk en het dieselle gese wat jy se vd ooste en weste.  :biggrin:

Ons seun en sy vrou bly in Sydney en ons dogter en haar man en die 2 kleindogters bly in Brisbane. 

Dis soos jy se - die "speedcops" is erg in Australie  :deal:   Ek en Ou Bees het gaan fietsry in Brisbane - sonder helmets.  Volgende oomblik toe stop 2 knape met silver knope langs ons en wil ons 'n boete gee van 130 dollar elk (om en by R1300 pp) omdat ons nie helmets op het nie.  Glo my - jy stry nie met hulle nie.  Gelukkig het ek 'n T-Shirt aangehad wat daarop aangedui het dat ek van SA is.  Gelukkig kon Ou Bees ons uit die storie stry.

In Sydney ry LJ hulle 'n uur lank werk toe met die trein.  Hy se as hulle mat die kar ry, dan is dit maklik 3 ure.  Dis eintlik maklik om in die stede te bestuur want almal hou by hul spoed.

Odette hulle in Brisbane maak baie gebruik van die "ferry's", maar sy stap skool toe en Arno werk basies van die huis af.

Dis maar net my opinies en jammer - ek wil nie jou thread hi-jack nie  ;)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on June 10, 2019, 02:08:19 pm
My treinrit is tussen ongeveer 1h10 een rigting. Dit gaan 1h30 word as die huis eers gebou is. Ek vat die commuting hit dat my vrou en kinders 10 min vd werk/skool af kan wees. Dis vir ons belangrik om die kinders in die platteland groot te maak.

Hierdie trein is die langafstand regional train. Dis n diesel trein, maar lyk soos die Gautrain (ook Bombardier) met meer gemaklike sitplekke.

Dis n ent, maar die trein is redelik betroubaar en voorspelbaar en gemaklik, en ek kan werk gedoen kry tydens die trip. In daardie opsig is dit baie beter as om self te ry. Baie goedkoper ook... n Maandkaartjie kos R1500 wat glad nie sleg is nie!

(https://i.postimg.cc/15sNwLx1/B83-E8-B07-C624-475-D-BFB1-D8-A67-AC18062.jpg) (https://postimg.cc/hhZjqZP2)

Ek het vir meer as 10 jaar daagliks met n motorfiets gecommute in Gauteng. Dit was moeilik om die daaglikse motorfiets fix op te gee. Ek vat partykeer die AT in stad-toe as die trein nie werk nie, maar deesdae verkies ek die trein. Die verkeer is rowwer en verder as N1 Jhb Pta. Ho risiko, en ek geniet dit nie juis met die weer wat onvoorspelbaar nat is nie. Ek ry veel eerder oor naweke in die berge rond.

Straat voor my kantoor in die CBD:
(https://i.postimg.cc/Y24Ft11T/58-A46991-7-E23-44-C6-98-CD-3-C189030-B51-A.jpg) (https://postimg.cc/JtL0qHYQ)

Ek stap elke dag langs die Yarra rivier tussen die Flinders Str stasie en my kantoor. Dis n mooi deel vd stad:
(https://i.postimg.cc/15q3jBp5/BCF98-DBD-E27-A-4447-B20-B-8-DFEF41-AA1-CB.jpg) (https://postimg.cc/dLJF78Hz)

Daar hijack ek nou my eie thread. 😄
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on June 10, 2019, 02:57:17 pm
 en ek kan werk gedoen kry tydens die trip.

So ons kan aanvaar jy is nie n tandarts of mechanic nie!! ;) :lol8:
Watse werk doen jy Boerbok?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on June 10, 2019, 03:14:36 pm
Eks n software developer in die FinTech industrie. My werk is om stelsels te bou wat kredietkaart transaksies tussen die kaart terminaal en Mastercard/Visa te process. Maatskappy is van Australie, maar het baie kliente ook in NZ, die USA en deesdae ook die UK.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on June 10, 2019, 03:22:23 pm
Eks n software developer in die FinTech industrie. My werk is om stelsels te bou wat kredietkaart transaksies tussen die kaart terminaal en Mastercard/Visa te process. Maatskappy is van Australie, maar het baie kliente ook in NZ, die USA en deesdae ook die UK.
Mooi kan jy asseblief Robert Mugabe se switserse bankrekening vir my hack laas maand was bietjie power!! ;)
Laat weet gerus wanneer ek my bank details kan pm!! :lol8:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on August 14, 2019, 02:52:20 pm
Ons het n koue, nat en winderige week gehad met n paar sterk storms wat vd suidpool ingewaai het. Sneeu op die berge so laag as 600m bo seevlak. Baie vd ski-oorde in die omgewing het n rekord hoeveelheid sneeu gekry oor die naweek. Sneeu is glo gemeet op 2m diep by n oord hier naby, meer as die gemiddelde 1.4m hierdie tyd vd jaar.

So ek was redelik verbaas toe die son Sondagmiddag vir 2 ure uitgekom het, die wind gaan l het en die ren verdwyn het... Ek het die AT se bene gaan rek. Net teer hierdie keer, want dis sopnat met klei orals in die omgewing. Die temperatuur was rondom 10C 4 uur die middag.

Die uitsig wes na Melbourne se kant. Die stad is so 120km weg en agter die horison. Berge en sneeu is 70 km noord en toe onder die wolke.
(https://i.postimg.cc/D0b7mP8h/0-E977923-6327-470-A-920-C-BE71-B9-D86747.jpg) (https://postimg.cc/fSZGrXcq)

(https://i.postimg.cc/XNTCL2Kw/F7275-B16-D206-4-D66-998-C-D68-C6-B5-FD695.jpg) (https://postimg.cc/Cds5LsQ1)

(https://i.postimg.cc/Sx4zFJvR/F254-E979-DBBE-405-C-AD27-6-D12191-B70-E0.jpg) (https://postimg.cc/hfCGVPgR)

Die huisbou gaan ook goed aan. Ons is 8 weke in vandat die eerste sooi gespit is, met seker nog 6 om te gaan volgens die site supervisor. Die vloere word hierdie week gel, kaste en kombuis en badkamers is in, teel en verfwerk is gedoen. Volgende week word die ligte en bedrading ingesit. Hierdie ouens beweeg! Eks besig om die internet fibre installasie nou te reel. Dan is daar nog hope werk wat in die tuin wag... Uitgrawings en terrasse en keermure moet in die agterplaas gebeur... En n heining... En... 🙂

Dis later se bekommernis.

(https://i.postimg.cc/Cxj82jMz/1-B779858-5129-41-B9-A556-BA065-D9003-E2.jpg) (https://postimg.cc/fVRktS9N)
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on August 14, 2019, 04:44:34 pm
Bly om te sien hulle bou nog met bakstene in Aus, nie soos in die US waar die belangrikste tool n nailgun is. Gn wonder daai "windjies" wat hulle kry blaas hulle huise weg!! :thumleft:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Kaboef on August 15, 2019, 09:52:42 am
8 weke van fondasie tot daar.
Moer indrukwekkend.

Weet jy wat word n messelaar, loodgieter of n soorgelyke vakman betaal?
En hoe vergelyk dit met "office job" salarisse?

Ek het iewers gehoor die gaping tussen ambagsmanne en professionele mense se salarisse is redelik klein in Aus?

Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Challa on August 15, 2019, 10:11:41 am
Dit hang baie af van afstand vanaf die CBD, buurt, en afstand na n treinstasie / publieke vervoer. Ek werk in die CBD en ry daagliks trein.

Hoe nader aan die CBD hoe duurder,  kleiner, en skaarser word oop erwe. In die goeie buurte naby die stad sal jy net n erf kry as jy n bestaande huis sloop. R10 miljoen+.

Die weste van Melbourne metro is baie goedkoper as die ooste. Dis plat, minder mooi en meer industrieel. Ons het gemik vir die ooste, waar die berge is. :ricky:

Om n idee te gee, net vir n 800 m2 erf, in die ooste naby aan publieke vervoer:
- 50 km uit in Berwick: R6.5 tot R8 miljoen
- 60 km uit in Pakenham (wat effens dodgy is): R3.5 tot R5 miljoen
- 100 km uit in Drouin/Warragul: R2 tot R4 miljoen

Om n huis te bou as jy reeds die erf het kos ongeveer dieselfde orals. Afhangende van hoe fnsie jy bou, kyk jy na R2 - R3+ miljoen vir n 4 slaapkamer, 2 badkamer, 2 garage huis met n outdoor room/ buite area vir braai. Die erf is die grootse koste.

Bestaande huise is gewoonlik duurder as om nuut te bou. Ons bou buite die metro area in die platteland omdat ons eenvoudig nie kan bekostig om nader aan die stad in die huismark in te kom nie.

Dalk net om dinge in perspektief te plaas. Sou jy nou 'n plek van R3 miljoen koop en jy moet hom afbetaal, watter persentasie van 'n man se netto salaris sal aan die verbandbetaling gaan?  (Ek weet dis 'n baie oop vraag, maar kom ons veronderstel dit is 'n gekwalifiseerde senior persoon)

Volgens myns insiens is die prys nie te relevant nie, maar eerder die terugbetaling as 'n persentasie van jou netto salaris. (maw. jou werklike koopkrag)

Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on August 15, 2019, 11:39:20 am

Die huis is R3 miljoen, die erf is nog R2.5 miljoen...

My salaris is 30% meer as in SA, maar my huislening is 5x meer as in SA. As jy ooit gewonder het wat is die catch van eerste-wreld lande (oor die algemeen), is dit die prys v eiendom. Melbourne is duur, maar London, New York, San Francisco, Sydney ens is baie erger.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on August 15, 2019, 11:43:16 am
Boerbok hoekom is dit so duur? Tekort aan eiendom of is arbeid en dus vervaardiging van produkte baie duurder?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on August 15, 2019, 11:48:03 am
8 weke van fondasie tot daar.
Moer indrukwekkend.

Weet jy wat word n messelaar, loodgieter of n soorgelyke vakman betaal?
En hoe vergelyk dit met "office job" salarisse?

Ek het iewers gehoor die gaping tussen ambagsmanne en professionele mense se salarisse is redelik klein in Aus?

Ambagsmanne kry goeie geld, amper soveel soos professionele persone, en is hoog in aanvraag. As jy op die bol is en jou eie besigheid het kan jy n baie goeie lewe h as loodgieter of elektrisien of skrynwerker.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on August 15, 2019, 11:51:28 am
Boerbok hoekom is dit so duur? Tekort aan eiendom of is arbeid en dus vervaardiging van produkte baie duurder?

Dis die land wat baie duur is, bouwerk per m2 is effens duurder maar vergelykbaar met SA. Land is duur want die aanvraag is hoog. Hier is n toestroming van mense, en hulle wil naby aan n groot stad met sy dienste en geleenthede bly.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on August 15, 2019, 12:03:06 pm
maw die mense stroom vanaf die platteland in of is dit mense wat immigreer Aus toe?
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on August 16, 2019, 12:05:34 am
maw die mense stroom vanaf die platteland in of is dit mense wat immigreer Aus toe?

Sydney en Melbourne is die twee grootste stede, en omtrent ewe groot met soortgelyke werksgeleenthede.

Daar is n stroom Aussies wat v Sydney na Melbourne trek agv koste. Sydney is omtrent 20% duurder as Melbourne (lewenskoste en eiendom).

Daar is n stroom immigrante wat Melbourne kies vir diesefde rede.

Ek dink mense wat vd platteland af stad toe kom is n klein persentasie.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on October 01, 2019, 01:36:50 pm
The past weekend was a long weekend in The Land of Oz, called the Grand Final weekend. That means Aussie Rules Football final. AFL is a big deal in the state of Victoria, with the finals played every year at the Melbourne Cricket Ground, or MCG. The Aussies have a way of abbreviating even abbreviations, so the locals simply refer to the MCG as The G. It is the worlds largest cricket ground by capacity, with space for just over 100 000 people. On a weekend like this it will be packed to the rafters.

The MCG is just outside the Melbourne CBD
(https://i.postimg.cc/nLXXWrZb/A2-C2-EA7-A-70-E5-46-E8-BD3-E-77-FF1-B6-F431-A.jpg) (https://postimages.org/)

The home of AFL
(https://i.postimg.cc/1zb81S5g/0-C73-FCC4-6-F1-E-4-A2-D-829-D-90-D6-B1229-F80.jpg) (https://postimages.org/)

Being used to rugby, even after 2.5 years my eyes still glaze over within 5 minutes of watching the chaos that is Aussie Rules Football. I have tried to get into it, but it is an acquired taste. Im not there yet...

So, I had a few hours to kill and the weather was ok, no rain predicted. Afternoon temps between 10 and 15C. Bike was fueled. Only question was, where to go?

I was fiddling around with Google maps and found an interesting little valley hidden away in the remote hills of South Gippsland, called the Wild Dog Valley. It sounded like a place I should visit and post a picture on the forum.... It was about 90 minutes ride away, 2.5 hours south east of the Melbourne CBD, and the unwashed hordes of AFL barbarians.

To put things in perspective
(https://i.postimg.cc/cH852dkk/D651-A5-F1-0355-4-BFC-A96-B-2-E3843-D586-CE.jpg) (https://postimg.cc/N9B4rvcR)

Gippsland is a fertile area east of Melbourne, and south of the Australian Alps. Its known for small wineries, citrus, apples, asparagus, timber, gum trees, and lots of sheep and cattle.
(https://i.postimg.cc/XYHHvrTD/919-CFDA1-FD33-4186-85-EB-09-F04-AF9-F709.jpg) (https://postimg.cc/MnBbPpZy)

Wild dog valley
(https://i.postimg.cc/0y2XxYHw/F67129-E4-9-C46-4517-BAEA-980-C40-A29596.jpg) (https://postimg.cc/8j9mm6Gp)

Melbourne is known for its unpredictable weather. The locals will tell you, if you dont like the weather, just wait 5 minutes! In true Melbourne form, even though there was no rain predicted, I had to dodge a shower on my way to the lair of the wild dog... It did not dampen the spirits much, because the twisty tar sections were drying quickly. There was still some fun to be had before I hit the dirt...

Gippslands rolling green hills, looking west towards Phillip Island under the horizon.
(https://i.postimg.cc/zDKckXgV/90-D57429-D9-F9-464-F-9168-314133168-C24.jpg) (https://postimg.cc/dDQ6sFnY)

Looking east
(https://i.postimg.cc/sDPb3Djt/755-B0-DDB-ACF2-460-B-AC2-E-B5-D0-F5-CD5-D9-B.jpg) (https://postimg.cc/Tpwt9xW9)

We had good winter rains, the sheep were looking good.
(https://i.postimg.cc/kGQYMfmx/84-C2-F243-41-E8-4-DEA-AC45-F40-A6-A3-DA540.jpg) (https://postimg.cc/q67xjcgR)

AT was looking good too, in its natural habitat.
(https://i.postimg.cc/7Y4Qt83X/BB478104-7890-456-B-80-DC-14-CE2-BEA14-D0.jpg) (https://postimg.cc/rzhJzHYt)

Wild Dog Valley turned out to be a bit of a let-down. Its a tiny farming community. No shops, no fuel, no nothing. Just a few small farms on a dirt road with a street sign.

(https://i.postimg.cc/JzPgB6Bx/BCDC0-B7-F-1324-4-F6-C-B574-1577-C9-F902-F5.jpg) (https://postimg.cc/hXQMk0sQ)

(https://i.postimg.cc/N0nzdKDr/EC35-F37-D-2-EFE-4602-AD58-E6-B6-FC09-D661.jpg) (https://postimg.cc/7Cg96Ypx)

(https://i.postimg.cc/x8DFSBWf/61-D14-E19-1897-4986-ABDC-A94-BABD5929-E.jpg) (https://postimg.cc/jwchH3xm)

I was the lone wild dog in Wild Dog Valley... 😄 It was not what I would call a tourist attraction. Nevertheless, a few hours on the AT, on a mix of twisty tar and dirt, is always a highlight of my weekends! And there was still the ride home!
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 01, 2019, 07:06:13 pm
the sheep were looking good.

Jy is hopeloos te lank in Aus, kom huistoe!! ;) :peepwall: :lol8: :lol8:
Stunning area!! :thumleft: :drif:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on October 01, 2019, 11:59:49 pm
the sheep were looking good.

Jy is hopeloos te lank in Aus, kom huistoe!! ;) :peepwall: :lol8:

 :imaposer:

Nooit oom, ek kan nie nou terugkom nie... My huis is net mooi vars klaar gebou. Ons trek volgende naweek in! 🙂

(https://i.postimg.cc/9QkbD5Rp/C9899-E8-D-E879-48-E1-BFE5-F0-BB31092-D5-D.jpg) (https://postimg.cc/CRjk224B)

(https://i.postimg.cc/P5yt3b9F/B4-E4-A632-048-E-4-DC1-9-A99-FF978-B45096-B.jpg) (https://postimg.cc/Yv4KjFp1)

(https://i.postimg.cc/Z5wgjM9B/2425-DEFE-D338-41-AA-ADBC-9498-AB8-C3-A20.jpg) (https://postimg.cc/nXQ0hTGp)

(https://i.postimg.cc/gJTjMyXP/CB39-A5-F7-2-CD9-401-D-B956-F2-F829-C3-BCBA.jpg) (https://postimg.cc/HcbTny9S)

(https://i.postimg.cc/pX8QFr4d/350-A4-E2-F-F0-A9-49-DE-8029-D9-FBF8-C59226.jpg) (https://postimg.cc/8jpr8p18)

(https://i.postimg.cc/Wzq3xDgq/E77-D33-A3-9-EB9-400-C-ADD7-A1-B38-C9692-E8.jpg) (https://postimg.cc/9wVC7Qxc)

Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: BOZO on October 02, 2019, 03:02:50 am
Looks like you are settling in!!
You new house looks good. One day when i'm big I will also move out to the country.
Keen for a trip to Dargo this summer? :drif:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on October 02, 2019, 10:31:39 am
Hey Bozo, had a look on the map and Dargo looks like a nice spot in the mountains!

So many places to still explore, so little time and money...

I would also like to ride the Great Alpine Road over the Alps one summer:
https://www.roamingdownunder.com/great-alpine-road

And the great ocean road... and and and... 🙂

I can tell you, being a new home owner is a serious drain on the budget... Just day rides for me at the moment. As things currently stand Ill be camping in my front yard this December!  :o

I know most of the enjoyable roads between Pakenham and Drouin and further north, we should meet up one day if you are keen, especially now that the weather is warmer.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Ganjora on October 02, 2019, 10:45:02 am
thanks for the RR and the pics of your new house.
congratulations.
just need to point out that australia is not the africa twin's natural environment.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on October 02, 2019, 12:50:02 pm
Haha... :biggrin: Touch!  :deal:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on October 02, 2019, 06:27:23 pm
My huis is net mooi vars klaar gebou.

Baie mooi Boerbok. Verbaas om te sien hulle bou nog facebrick daar alhoewel die arbeid duur is. :thumleft:
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: BOZO on October 02, 2019, 11:56:00 pm
Hey Bozo, had a look on the map and Dargo looks like a nice spot in the mountains!

So many places to still explore, so little time and money...

I would also like to ride the Great Alpine Road over the Alps one summer:
https://www.roamingdownunder.com/great-alpine-road

And the great ocean road... and and and... 🙂

I can tell you, being a new home owner is a serious drain on the budget... Just day rides for me at the moment. As things currently stand Ill be camping in my front yard this December!  :o

I know most of the enjoyable roads between Pakenham and Drouin and further north, we should meet up one day if you are keen, especially now that the weather is warmer.

Sounds like a Plan.
I'm also in the process of purchasing a house so I know how you feel.
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: Boerbok on November 26, 2019, 11:16:45 am
It dawned on me today that Ive not posted here in a while...

Ive not done much riding during the last 8 weeks. The weather has been dodgy over most weekends with rain and cold and storms. Here is two pictures I took recently, on a cold wet Saturday morning in the area:

(https://i.postimg.cc/GpFJDYqR/3828-A2-D1-5-C70-4486-8-E07-E556-D948-A2-E0.jpg) (https://postimg.cc/rdprXDBZ)

(https://i.postimg.cc/4dw6LgDF/F23-CF1-B3-3-D69-49-A3-9256-CA1-AB09-D3-BC9.jpg) (https://postimg.cc/hzzQvHP9)

To be honest, we moved house, and on the few good-weather weekends I was setting up house. Nesskrop, gras plant en tuinmaak!

So the house was completed in 4 months and 1 week, from the start of site works until handover. I was impressed! We moved in 5 weeks ago, almost 2 years after we bought the erf/lot. Its been a long slog to get to this point. We are very happy to be in, and already have a bit of a front garden going. Eks baie trots op my grasperk wat begin groen wys...

(https://i.postimg.cc/pXMWGFB4/E817-DEBA-F687-4-EE5-8159-8-A5-CC0-BFE657.jpg) (https://postimg.cc/Hj31jjR9)

Im turning into a grumpy old man, shouting at the neighbours kids...
(https://i.postimg.cc/6pgYnnRb/F365990-B-48-B1-4-C8-D-9879-079-EC697-D775.jpg) (https://postimages.org/)

Dis tyd om n haelgeweer te koop... 🙂
Title: Re: Exploring the Victorian country side, east of Melbourne Aus
Post by: EssBee on November 26, 2019, 03:30:18 pm
Nice one Boerbok! Looks so good and spic and span.