Wild Dog Adventure Riding

General => About South Africa... => Topic started by: Dorsland on July 04, 2019, 03:25:45 pm

Title: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 04, 2019, 03:25:45 pm
Julle ouens ry mos baie rond hoor ek.  :peepwall:

Nouja, as julle weer hier deur ons mooi dorpie in die Karoo kom ry, stop gerus by The Village aan die suide kant van die dorp, langs Tyre Mart en naby CMW koŲperasie.  Ek het vanoggend my vrou vir iets ligs te ete daar gestiek en was baie aangenaam verras.  Dis Oom Hannes, een van die manne aan die stuur van Montego Hondekos wat diť besonderse toeka se tyd plekkie geskep het.  Ook die motor, motorfiets en trok versameling oorkant die pad en langs Ford se nuwe perseel is syne.

Daar is ou motors, 'n fietswinkel, werkswinkel waar die ou motors gerestoureer word, 'n werswinkel uit daai dae uit, 'n pragtige ou snoepie winkel, 'n restaurant en kroeg, speelplek vir die kinders en nog baie ander interessanthede.  Die musiek uit die sestiger jare was vir my amper die hoogtepunt.  Buddy Holly, Elvis, Chuck Berry, al die lekker ouens van daai tyd.

(https://live.staticflickr.com/65535/48195948171_cb7d17c396_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqUQgD)20190704_121359 (https://flic.kr/p/2gqUQgD) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



Die fietswinkel en al sy verskillende ou fietse en onderdele.

(https://live.staticflickr.com/65535/48196232087_ff600a1a69_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqWhEK)20190704_121120 (https://flic.kr/p/2gqWhEK) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr


(https://live.staticflickr.com/65535/48196184206_53b83e4af1_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqW3rd)20190704_121154 (https://flic.kr/p/2gqW3rd) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr


(https://live.staticflickr.com/65535/48196183561_a174e8d7c0_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqW3f6)20190704_121131 (https://flic.kr/p/2gqW3f6) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



Wie van julle onthou nog TriAng driewiel fietse en trapfietse?

(https://live.staticflickr.com/65535/48196183776_a227c8b31e_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqW3iN)20190704_121258 (https://flic.kr/p/2gqW3iN) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr


Diť ou werkswinkel en sy ou gereedskap en toerusting was vir my baie interessant:

(https://live.staticflickr.com/65535/48195945686_00ced69dba_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqUPwN)20190704_121027 (https://flic.kr/p/2gqUPwN) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



(https://live.staticflickr.com/65535/48195993067_dfa7f1b36e_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqV4BH)20190704_120926 (https://flic.kr/p/2gqV4BH) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



(https://live.staticflickr.com/65535/48195944396_e96f99eac3_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqUP9y)20190704_120853 (https://flic.kr/p/2gqUP9y) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



(https://live.staticflickr.com/65535/48196184576_83b3638990_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqW3xA)20190704_121005 (https://flic.kr/p/2gqW3xA) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr




Kyk bietjie die ou Saab...


(https://live.staticflickr.com/65535/48195991947_27fba6fe50_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqV4hp)20190704_115558 (https://flic.kr/p/2gqV4hp) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



Met 'n 0-100 van 'n blitsige 33.9 sekondes! :eek7:

(https://live.staticflickr.com/65535/48195943696_f9ee4e6f26_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqUNWu)20190704_115542 (https://flic.kr/p/2gqUNWu) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr


'n Ou Auto Union, hy was die voorloper van die Audi van vandag.  Daar staan my vrou daar agter.  O, nee, wag.....  :imaposer:


(https://live.staticflickr.com/65535/48196235127_4433f893be_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqWiza)IMG-20190704-WA0022 (https://flic.kr/p/2gqWiza) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



'n 1934 International lorrie wat 104kW uit 'n 10 liter enjin ontwikkel.  :biggrin:

(https://live.staticflickr.com/65535/48196188861_4d750f3571_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqW4Pt)20190704_110005 (https://flic.kr/p/2gqW4Pt) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr


(https://live.staticflickr.com/65535/48196237187_df72bfb136_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqWjbF)20190704_110015 (https://flic.kr/p/2gqWjbF) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr


Kalahari Ferrari...


(https://live.staticflickr.com/65535/48196187181_3393e99691_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqW4jv)IMG-20190704-WA0020 (https://flic.kr/p/2gqW4jv) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr




Was eintlik 'n baie lekker uur of wat gewees.

(https://live.staticflickr.com/65535/48196188566_50dd9510fe_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqW4Jo)IMG-20190704-WA0016 (https://flic.kr/p/2gqW4Jo) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



(https://live.staticflickr.com/65535/48196236062_d6085c1193_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqWiRh)IMG-20190704-WA0026 (https://flic.kr/p/2gqWiRh) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr



Die kos is lekker, tuisgemaak, niks fabrieks gemorskos nie.  Porsies is genoeg, pryse is redelik.  Groot kaasburger met baie skyfies, my vrou so 'n ontbytbroodjie met kaas, worsie en ander goeters en 2 melkskommels saam met 'n fooitjie was so R180.  Versadig geŽet.


Stop gerus daar as julle weer hier deurkom. Veilige parkering agter, skoon badkamers, lekker rustig.  Dis waaragtig 'n aanwins vir ons dorp.

Mans:

(https://live.staticflickr.com/65535/48195947726_244ac96cd2_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqUQ8Y)20190704_121450 (https://flic.kr/p/2gqUQ8Y) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr


.... en Dames:

(https://live.staticflickr.com/65535/48195948186_a12997b01d_c.jpg) (https://flic.kr/p/2gqUQgU)20190704_121446 (https://flic.kr/p/2gqUQgU) by Dors lander (https://www.flickr.com/photos/104316036@N08/), on Flickr

Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Sputnik080 on July 04, 2019, 03:41:55 pm
Jissie oom, dit lyk na 'n diamant van 'n plek.
En die pryse is baie goedkoop reken ek.....

Net jammer hy sit nou so entjie verby die huis.
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 04, 2019, 05:02:38 pm
Maar jy kan mos 'n lafenis daar kry na die rit van die Kaap af.  Lekker vir 'n dagrit van julle af.  :peepwall: :lol8:
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Manic on July 05, 2019, 07:52:31 am
Dink ek moet Sondag gou daar gaan loer  :thumleft:

Het jy directions dalk van Jansenville se kant af v my?
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: 2StrokeDan on July 05, 2019, 07:59:58 am
Geen motorfietse?
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 05, 2019, 08:42:58 am
@Manic As jy vanaf Jansenville rigting af kom dan kom jy by die T-aansluiting met die N9 net buite GRT (links Aberdeen, regs GRT).  Draai regs, eerste straat regs by CMW/OVK en eerste straat links, The Village is omtrent 200m verder af op linkerkant.  Net agter Tyre Mart.  Ek gaan 'n nommer probeer kry dat jy kan bel, weet nie of hulle Sondae oop is nie, ek twyfel.
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 05, 2019, 08:53:49 am
Geen motorfietse?

Oorkant die pad by sy groot uitstalling is daar 'n paar motorfietse wat ek al in die verbyry gesien het Dan.  Ek was nog nie daar in gewees nie.  Daar is heelwat motors en ou trokke daar.  Wat jou wel opgewonde sal maak is 'n ou airhead bobber model wat heel voor in die venster staan.  Jy sal nie verniet ry om hom te gaan kyk nie.  :peepwall: :lol8:

Jy kan wel my 660 Tenerť kom kyk as jy wil.  Laat weet wanneer sien ek julle.  :biggrin:
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: eberhard on July 05, 2019, 09:12:28 am
 :thumleft: Dankie vir die inligting  :thumleft:
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: weskus on July 05, 2019, 09:44:06 am
Bliksem, is dit 'n Capri wat daar agter staan, die groen mouter??
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Black_Hawk on July 05, 2019, 09:44:56 am
Dit lyk defnitief na 'n plek om te gaan besoek as ek (eendag) in die omgewing is.

Baie dankie vir die deel oom Dors  :thumleft:
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: DUSTRIDERS on July 05, 2019, 11:55:05 am
Kyk as mens nou vir n bok braai in daai geweste genooi word is die plek verseker op die roete na of van die bok braai. :peepwall: ;) :pot: :lol8:
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 05, 2019, 11:57:59 am
Bliksem, is dit 'n Capri wat daar agter staan, die groen mouter??

Einste hy daai ja Weskus. Nog baie mooi, veral binne.  Hy is glo nie gerestoureer nie, net so.  Ek sien al daai motors in die lokaal is almal tot op datum gelisensieŽr en word elke dag gestart.  Ek moes eintlik die ou Studebaker afgeneem het.  Dis 'n pragtige motor, met daai spoggerige vlerke agter, whitewall bande.  Gemaak dat ek sommer Little Richard se Let's Twist Again oppie platespeler wil sit en later roadhouse toe ry water mooi meisies in katoen somerrokkies en wit kousies mens bedien.  Dan bestel ek sommer 2 draai roomyse van haar.

Dis werklik 'n plek wat mens so na die sestiger jare laat verlang.
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 05, 2019, 12:00:14 pm
Kyk as mens nou vir n bok braai in daai geweste genooi word is die plek verseker op die roete na of van die bok braai. :peepwall: ;) :pot: :lol8:

Dit lyk my ek gaan waaragtig my agterent in rat moet kry dat hier bok gebraai word. Anders kan ek sien gaan julle vleisluste op onluste uitloop.  O0
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 05, 2019, 12:02:54 pm
@weskus Net so terloops, daar is 'n Mini Minor daar, natuurlik Leyland.  As ek dit nie verkeerd het nie, is dit die enigste motor daar wat 'n olie "drip tray" onder die sump het.  :patch: :lol8:  Ek hoor ook die rook het uit die Lucas elektriese stelsel uit ontsnap.
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: TrailBlazer on July 05, 2019, 12:28:15 pm
Kyk as mens nou vir n bok braai in daai geweste genooi word is die plek verseker op die roete na of van die bok braai. :peepwall: ;) :pot: :lol8:

@ChrisL - DUSTRIDERS  lees bietjie die "Totsiens Eksdom" draad... Dors ontduik nog steeds die bokbraai deal  ::) :'( :biggrin:

Ek beginnne dink ons moet hom herdoop na "Piet Promises"  :imaposer:
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Lem on July 05, 2019, 12:31:47 pm
Beslis n plek wat ek op my roetes gaan inspan.

@Dutchman81
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Dorsland on July 05, 2019, 01:58:00 pm
Ek glo nie mens sal teleurgesteld wees nie Lem.  Dis nie groot nie maar mens kan maklik 'n oggend daar deurbring, wat 'n ete insluit.  As jy 'n soettand het, pasop vir daai snoepie.  Daar is baie lekkergoed van allerhamde soorte, licourice ingesluit.  Sulke 400mm lang vlegsels teen R20 stuk.  ook daai appelkoos kiewestoppers, niggerballs en ander lekkers in groot glasvlesse wat uitgeweeg word.

Hel man, dit klink nou so lekker ek ry sommer more weer soŽntoe.  :biggrin:
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: weskus on July 05, 2019, 02:22:40 pm
Ek love nogal sulke plekke, sal bietjie 'n mentol note maak.. Ons kort meer sulke plekke, teen die tempo wat daar nou geplunder word moet mens maar die ou goed oppas..
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: Matewis on July 05, 2019, 03:16:16 pm
Bliksem dis nice. Herinner baie aan Toeka - selfde tipe plek hier in Agter-Paarl naby Boland Landbou
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: JACOVV on July 05, 2019, 04:54:41 pm
Dankie Dorsland.  Beslis 'n plek om te besoek om te eet as die bokbraai nie genoeg vleis oplewer nie  :biggrin:

Ek hou van sulke plekke en Ou Bees sal baie langer as ek daar bly om alles te waardeer.
Title: Re: Interessante kuierplek op Graaff-Reinet
Post by: tgg on April 10, 2020, 05:01:47 pm
Bliksem, is dit 'n Capri wat daar agter staan, die groen mouter??

n klawer kind