Wild Dog Adventure Riding

General => General Bike Related Banter => Topic started by: ktmforever on July 26, 2019, 09:00:35 am

Title: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: ktmforever on July 26, 2019, 09:00:35 am
Ek het engin cleaner te lank op my 990 se swing arms gelos toe ek hom onlangs gewas het, en toe maak dit sulke traan merke.
Waarmee kan ek dit veilig verwyder?

Enige raad sal waardeer word
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om merke op n swingarm te verwyder
Post by: 2StrokeDan on July 26, 2019, 09:09:25 am
Probeer die fynste skuurwol, met Sunlight liquid, onverdund op die skuurwol.

Was af met lou-warm water.

Dit lykof die enjin reiniger die alluminium gevlek het, maw ingetrek het indie metaal, daarom die fyn skuurwol.
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: manxkipper on July 26, 2019, 09:29:15 am
Once you have done that get some autosol metal polish and elbow grease to finish the job.
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: CycleC on July 26, 2019, 09:45:31 am
Simple job, get some aluminium Mag Wheel cleaner from any auto spares shop. Spray on the swing arm , softly rub it with a green scotchbrite pad and rinse off within 1 minute, try not to get on the rims , I normally just slot some cardboard in between the wheel and swingarm. It comes out brand new.

** Please read the mag wheel cleaner instructions and to be safe test on a small patch before doing the entire swingarm as the mag cleaner is quite acidic and can cause harm if left on too long **
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Tabasco on July 26, 2019, 09:59:43 am
Turps
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on July 26, 2019, 10:28:51 am
Gaan ry in modder dan sien jy dit nie!! ;) :lol8:
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: FrancoisTz on July 26, 2019, 10:31:58 am
Gaan ry in modder dan sien jy dit nie!! ;) :lol8:
Weer bewys, geen plaasvervanger vir ondervinding.
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on July 26, 2019, 10:35:25 am
Gaan ry in modder dan sien jy dit nie!! ;) :lol8:
Weer bewys, geen plaasvervanger vir ondervinding.
Net vir die rekord ek het laas jaar laas my bike gewas!! :peepwall: :o :(
Moet byvoeg ek het net nog drie keer vanjaar gery elke keer dieselfde 250 kilo grondpad roete rondom die pot. :(
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: spyker on July 26, 2019, 12:10:49 pm
Gaan ry in modder dan sien jy dit nie!! ;) :lol8:
Weer bewys, geen plaasvervanger vir ondervinding.
Net vir die rekord ek het laas jaar laas my bike gewas!! :peepwall: :o :(
Moet byvoeg ek het net nog drie keer vanjaar gery elke keer dieselfde 250 kilo grondpad roete rondom die pot. :(

Hoe groot is jou plot as die pad rondom 250km is?
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: m0lt3n on July 26, 2019, 12:45:56 pm
Gaan ry in modder dan sien jy dit nie!! ;) :lol8:
Weer bewys, geen plaasvervanger vir ondervinding.
Net vir die rekord ek het laas jaar laas my bike gewas!! :peepwall: :o :(
Moet byvoeg ek het net nog drie keer vanjaar gery elke keer dieselfde 250 kilo grondpad roete rondom die pot. :(

Hoe groot is jou plot as die pad rondom 250km is?

noem mens dit nie dan al n plaas nie?
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Roxtar on July 26, 2019, 12:49:27 pm
Daa enjin cleaner het caustic soda in, sal als vlek  :'(..... kry eerdr iets soos DirtNurse/Prepsol wat gemaak is vir bikes ens wat nie metaal/plastics/sticker kits ens vlek nie.... ;)
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: 2StrokeDan on July 26, 2019, 01:00:53 pm
Gaan ry in modder dan sien jy dit nie!! ;) :lol8:
Weer bewys, geen plaasvervanger vir ondervinding.
Net vir die rekord ek het laas jaar laas my bike gewas!! :peepwall: :o :(
Moet byvoeg ek het net nog drie keer vanjaar gery elke keer dieselfde 250 kilo grondpad roete rondom die pot. :(

Hoe groot is jou plot as die pad rondom 250km is?

Rondtom die pot, nie die plot nie. :thumleft:
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: m0lt3n on July 26, 2019, 01:07:32 pm
Daa enjin cleaner het caustic soda in, sal als vlek  :'(..... kry eerdr iets soos DirtNurse/Prepsol wat gemaak is vir bikes ens wat nie metaal/plastics/sticker kits ens vlek nie.... ;)

Leuens als leuens. Prepsol vlek net so

en ek wil nie verder daaroor praat nie (dit juis probeer op aanraai van my geagte eerbare slim forum vriende!)
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Serfie on July 26, 2019, 01:19:52 pm
Daa enjin cleaner het caustic soda in, sal als vlek  :'(..... kry eerdr iets soos DirtNurse/Prepsol wat gemaak is vir bikes ens wat nie metaal/plastics/sticker kits ens vlek nie.... ;)

Leuens als leuens. Prepsol vlek net so

en ek wil nie verder daaroor praat nie (dit juis probeer op aanraai van my geagte eerbare slim forum vriende!)


  ??? Snaaks...ek gebruik Prepsol al vir 5-6 jaar ORAL op al my bikes en nooit enige vlekke nie...maar dan laat ek dit nie vir te lank staan as die Prepsol opgespuit is nie...


 
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: m0lt3n on July 26, 2019, 01:39:26 pm
nee vrek. ek het dit regtig nie lank op gelos nie.

Of het dit nie eers op gelos nie, het amper dadelik begin af spuit maar vlekke het gesit. en bike was nie in die son nie.


Hierdie is n herinnering wat ek eintlik onderdruk het. nou soek ek whiskey
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Fuzzy Muzzy on July 26, 2019, 01:40:42 pm
Maybe change from using engine cleaner as well. That stuff is quite harsh when all you really need is a basic degreaser like Prepsol or Dirtnurse.

Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: RobC on July 26, 2019, 02:19:47 pm
Leuens als leuens. Prepsol vlek net so
Net as jy hom in die warm son gebruik en laat staan, prepsol moet in koelte gebruik word en die bike moet koel wees. :deal:
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Manic on July 26, 2019, 02:39:03 pm
Daa enjin cleaner het caustic soda in, sal als vlek  :'(..... kry eerdr iets soos DirtNurse/Prepsol wat gemaak is vir bikes ens wat nie metaal/plastics/sticker kits ens vlek nie.... ;)

Leuens als leuens. Prepsol vlek net so

en ek wil nie verder daaroor praat nie (dit juis probeer op aanraai van my geagte eerbare slim forum vriende!)


  ??? Snaaks...ek gebruik Prepsol al vir 5-6 jaar ORAL op al my bikes en nooit enige vlekke nie...maar dan laat ek dit nie vir te lank staan as die Prepsol opgespuit is nie...

prepsol maak pink strepe op jou screen.... Been there, got the T shirt. Res vd bike vlek hy nie. Het op my een bike die swart plastic trimmings op die klokke spierwit gevlek ook  :'(
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: RobC on July 26, 2019, 02:52:19 pm
prepsol maak pink strepe op jou screen.... Been there, got the T shirt. Res vd bike vlek hy nie. Het op my een bike die swart plastic trimmings op die klokke spierwit gevlek ook  :'(
PlastX haal enige vlekke uit. Het die T shirt... >:D :thumleft:
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Black_Hawk on July 26, 2019, 02:54:46 pm
Ek was ook nog al die jare my bikes met prepsol, maar ek verdun dit eers so 50/50 met water voor ek dit op die bike spuit en spoel dit dan weer binne so 2-3 minute af en het nog nie enige probleme of skade gehad nie.
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: RobC on July 26, 2019, 03:04:45 pm
Ek was ook nog al die jare my bikes met prepsol, maar ek verdun dit eers so 50/50 met water voor ek dit op die bike spuit en spoel dit dan weer binne so 2-3 minute af en het nog nie enige probleme of skade gehad nie.
Hierdie is soos die "wat is die beste olie" threads... :biggrin:
Het een keer vlekke gehad, maar was my domgeid... was die bike in koelte dan is daar geen probleem nie.

Moet bieg, die bike kry gewoonlik eers 'n was die dag waneer ek hom diens... :imaposer:
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Fuzzy Muzzy on July 26, 2019, 03:07:02 pm
Daa enjin cleaner het caustic soda in, sal als vlek  :'(..... kry eerdr iets soos DirtNurse/Prepsol wat gemaak is vir bikes ens wat nie metaal/plastics/sticker kits ens vlek nie.... ;)

Leuens als leuens. Prepsol vlek net so

en ek wil nie verder daaroor praat nie (dit juis probeer op aanraai van my geagte eerbare slim forum vriende!)


  ??? Snaaks...ek gebruik Prepsol al vir 5-6 jaar ORAL op al my bikes en nooit enige vlekke nie...maar dan laat ek dit nie vir te lank staan as die Prepsol opgespuit is nie...

prepsol maak pink strepe op jou screen.... Been there, got the T shirt. Res vd bike vlek hy nie. Het op my een bike die swart plastic trimmings op die klokke spierwit gevlek ook  :'(

Yes it will if you don't dilute it .. you could take chances and spray it on undiluted in the sun, but that's not recommended.. read the instructions  :deal:
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on July 26, 2019, 03:37:23 pm
Gaan ry in modder dan sien jy dit nie!! ;) :lol8:
Weer bewys, geen plaasvervanger vir ondervinding.
Net vir die rekord ek het laas jaar laas my bike gewas!! :peepwall: :o :(
Moet byvoeg ek het net nog drie keer vanjaar gery elke keer dieselfde 250 kilo grondpad roete rondom die pot. :(

Hoe groot is jou plot as die pad rondom 250km is?
My plot is 47 hektaar, maar rondom die pot ry ek gougou 250 kilos met min teerpad. Spring net twee keer oor die N2. Ry anti clocks om die pot dan is al die afdraaie regsom en my kanse om om te tip is minder!! :lol8: ;)
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Grumpleton on July 26, 2019, 11:04:35 pm
Get wurth IPA it will take those marks of your swing arm I use this product every day and swear by it itís not cheap but works
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: ktmforever on July 28, 2019, 05:36:03 pm
Baie dankie vir almal se raad!
Ek gaan kyk wat werk dan laat weet ek
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Noneking on July 28, 2019, 05:59:20 pm
Ek was ook nog al die jare my bikes met prepsol, maar ek verdun dit eers so 50/50 met water voor ek dit op die bike spuit en spoel dit dan weer binne so 2-3 minute af en het nog nie enige probleme of skade gehad nie.
Hierdie is soos die "wat is die beste olie" threads... :biggrin:
Het een keer vlekke gehad, maar was my domgeid... was die bike in koelte dan is daar geen probleem nie.

Moet bieg, die bike kry gewoonlik eers 'n was die dag waneer ek hom diens... :imaposer:



Nee wat, gebruik ook prepsol ook al jare. Op al my bikes met elke was. MAAR nooit in die son en nooit op warm motor of enige deel van bike wat vooraf deur son warm gebak is nie. Los dit vir 10 min op en spuit fiets af. Nog nooit ń merkie op ń bike gelos nie
Title: Re: Raad asseblief: Hoe om engin cleaner merke op n swingarm te verwyder
Post by: Sylvester on July 29, 2019, 09:04:05 am
Wipe with WD40 and cloth.

If persistent, use 1300 grit sand paper and WD40