Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Vis Arend on March 08, 2020, 03:49:29 pm

Title: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 03:49:29 pm
Ek was so een of twee RR agter, maar haal nou in.   :biggrin:

Die een gaan in Afrikaans wees, ek het my Ingels op gebruik met die vorige een.

Die rr gaan oor so n gedeelte van die suide van Namibia wees.  Kom ek verduidelik hoe dit gebeur het. 
 
Ek en vroulief sit so een aand, heel vervelig, en sy kyk op daai gesigboek bedryf en vertel my hoe lekker dit daar in die suide van Nam ren.  Ek maak die voorstel en seg nou toe, laat ons gaan kyk.  Nou ja, drie dae later is ons gepak en reg om te ry, ons gaan ren kyk in Namibia.  Intussen sit ons vriendin, sy het n plaas in die Kalahari net so anderkant Kos op die D503, op ons se nekke om te kom kuier.  Sy is maar eensaam na die skielike en ontydige dood van haar man in Augustus.
Ek het so vinnige roete aanmekaar geslaan met ons vriendin in gedagte en ons vertrek.  Ons ry met klein bikes so besluit om tyd te spaar, ons trailer die bikes op na Kakamas.  Ons los die kar en trailer daar en ry verder met die scooters.   Hier wil ek net noem dat ons moer baie onfiks is, ons laaste behoorlike trip was deur die Karoo laas jaar Oktober se kant.  So ons beplanning het gepaard gegaan om effe fikser te word.    Afstande was dan ook so aangepas. 

Ons vetrek die oggend vroeg met n vrag padkos, trailer en bikes agterna.  Alles loop mooi, ons is opgewonde. 
So 60km voor Prieska neem ek die foto en stuur dit aan Ets.  Ons was al twee keer Prieska deur opsoek na die man, maar hy was elke keer nie daar nie.  Die keer kry ek n antwoord terug, wa julle?  Ek vertel hom so 20km voor Prieska.  Ons word genooi vir koffie. 

Ons stop in Prieska en gooi eers petrol, daarna  gaan soek ons die Hoof Krokkodel van Prieska.  Ons stop voor Ets se meubelwinkel en hy kom uit en groet ons asof ons ou vrinne is.   Ons word ingenooi vir een van die lekkerste koppies koffies wat ek nog gedrink het en ons ontmoet sy pragtige vrou.  Koffie word nogals bedien in KTM bekers.  Ons gesels te lekker en vergeet amper ons het nog n ent om te ry vir die dag. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 03:51:07 pm
Uiteiendelik groet ons met n swaar hart en beloof om weer binnekort te sien. 

Ons ry verder sonder voorval en bereik ons bestemming, die Mas in Kakemas.  Ons laai gou af en neem die kar en trailer na sy slaapplek vir die volgende paar dae.  Terug by ons plekkie braai ons lekker die aand en maak seker als is reg vir die volgende dag se rit.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 03:54:51 pm
DAG!

Roete vir die dag.

Ons roete vandag is van Kakamas op die N14 rigting Wes vir so 80 km voordat ons afdraai Onseepkans se rigting.  Oor die grens (RSA/Namibia) na Karasburg en dan tot by Grunau vir die dag.

Ons sukkel maar om te slaap die aand, dis bitter warm in Kakamas, ten spyte van die aircon wat hardloop in die kamer.  Ons is vroeg wakker en maak reg om te vertrek.  Ons sweet reeds voordat ons vertrek.  Rigting Onseepkans.       

Na sowat 80km draai ons regs oppad na Onseepkans, die grenspos tussen SA en Nam.  Tot my verbasing is n moerse stuk van die pad teerpad, ek dag altyd dis n stuk grondpad.  Maar ons is op die pad en karring aan.  Later ry ons by n sonplaas en ander bedryfghede verby en daar kom die grondpad nou.  Die grondpad begin mooi maar verander vining na lekker losserige sand, maar ons geniet dit. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: boere on March 08, 2020, 03:55:42 pm
Nee o donner.

So ver gery en dit vir 3 foto's >:D >:D >:D >:D
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: boere on March 08, 2020, 03:56:22 pm
Ok Mooi hier kom hulle nou sien ek :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 03:57:24 pm
Ons kom by n T aansluiting en slaan n regs, af na die Gariep.  Nou is die pad sommer hondkak.  die sand is nie die probleem nie, dis tanne uit skud se pad die.  Toe ons stop by die SA grens smaak dit my ek klim af van daai vibrator masjiene.  Ons loop so skud skud in by doane. 

Maar ons is vining deur, geen probleme en ons ry oor die Gariep.  Ons stop op die brug en neem so paar fotos, die een kant SA en die ander kant Namibia. 

Toe is dit aan na die Namibia grenspos.  Hier het ons ook nie probleme nie, vinnige en vriendelike diens, ons betaal sommer ons padtax ook. 

Deur die grens, ons is happy, ons is in die land van die melk en heuning.   Man, ek laaik die plek.  Als lyk sommer anners, tot die lug voel skoner. 

Ons stop so ent verder en vat n hap, sommer so vleisie en botterbrood met kouevleis, die oorskiet vleis is van gisteraand se braai in Kakamas.  Dit bly egter warm, ons sweet vir die vale.  Gelukkig staan ons onder n boom, daai koelte help so effe. 

Klaar geet en ons is oppad na Karasburg.  In Karasburg stop ons gou en gooi petrol, ons kry n Nam sim kaart vir the telefoon, ons moet darem kontak he met die res van die wreld. 
Van Karasburg wou ons so agterpad ry rigting Grunau, maar dis bitter warm en ons voel uitgeput.  Ons besluit daarteen en vat die maklike pad.   

Ons boek in by Grunau Hotel en eet sommer die aand daar. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 03:59:38 pm
Nee o donner.

So ver gery en dit vir 3 foto's >:D >:D >:D >:D

Geduld maat, geduld.   :biggrin: 

Bygese, dis seker een van my rr's wat die minste fotos het.    Die keer moet julle lees, nie net prentjies kyk nie.   >:D   :lol8:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:00:40 pm
Net om terug te kom na die dag se ryery.  Vandat ons uit Kakamas vertrek het voel ek die bike loop nie lekker nie.  Niks fout by die enjin nie, dit voel net asof die bike skeef loop.  So elke nou en dan kry hy so wobble, asof ek op los sand ry, maar ek ry op die teerpad.  Toe ons die grondpad slaan toe sukkel ek eers, die bike loop die pad vol.  Ek ry agter die vrou en sy sleep, ek sukkel om by te bly.  Ek dog later nee man, het ek my mojo verloor, kan ek nie meer grondpad ry nie.  In Karasburg vertel ek die vrou hoe ek sukkel, dit was deels hoekom ons nie die agterpad Gruna toe gery het nie.  Ons klim toe daar op die teerpad, ek ry voor en sy agter.  Ek ry 90km/h, sodra ek vinniger ry kry die bike n wobble.  Vroulief hier agter my skreeu en raas dat dit bars.  Sy se ek moet die bike van agter sien.  Die ding loop skeef en ek ry soos n dronk man. 
In Gruna inspekteur ek die agterwiel.  Ek het net voordat ons vertrek het n nuwe agterband laat opsit met n ekstra heavy duty tube.  Ek weet die manne by my plaaslike bikeshop het gese hulle het hullese gatte afgesukkel om die band oor te trek, nogals gese ek sal die tyre nooit self afkry nie.  Dit is so effe groter tyre as wat die bike mee uitkom, n Mitas E09, 140/18. 

In elk geval, ek kyk so en daar sien ek die tyre het nie heeltemak geseat nie.  Omtrent n kwart van die tyre se rant is nog binne in die rim.   Ek ry gou garage toe, laat lug uit die tyre en prober die tyre se rant uit die rim te kry.  Wel daai ouens by die bikeshop was reg, ek kry daai ding nie gebeweeg nie.  Al uitweg, ek pomp die tyre kliphard, ek is later oor 6bar, niks wil pop nie.  Ek raak huiwerig en blaas af tot so 1.8 bar en ry maar terug hotel toe.Ek sal maar so moet aansukkel. 

Daar aangekom hoor ek die vrou praat met n man van Honda, Windhoek.  Toe sy aflui word daar vir my vertel n tyre is oppad van Windhoek na Keetmanshoop, dit sal more so 10 uur daar wees.  Sy weier volstrek dat ek verder so ry.  Die baas het gepraat, ek moet luister.  So dwaal ons nou so bietjie van ons roete af, maar maak nie saak nie, ons sal wel by ons eind bestemming uitkom. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:02:30 pm
Dag 2.

Vandag ry ons reguit deur van Grunau tot by Keetmanshoop.  Ek skat hulle behoort nie langer as n uur te vat met die tyre storie nie, dan sal ons aansleep tot by Helmeringhausen, as ons dit nie kan maak in die dag nie sal ons iewers langs die pad kamp maak. 

Die pad is reguit en eentonig, tog geniet ons die rit, ten spyte van die droogte wat die land aangeval het.  Ons sien die dood langs die pad, perde, donkies, in die veld sien ons ander bokkies ook dood.  Dis droog mense, bitter droog.  Dis nog nie eens 9 uur in die oggend nie en ons vrek van die hitte, nie n wolkie in sig nie.  Later sien ons n perd langs die pad, amper in die pad.  My vrou vra wat is dit, ek s n perd.  Sy kannie glo nie, sy begin sommer huil, sy s sy het nog nooit so maer dier gesien nie.   

Ons is so bietjie voor 10 in Keetmans en stop eers by die Wimpy vir n brekkie.  Daar klaar gaan soek ons die plek wat my band gaan vervang.  Daar gekom is die band reeds daar.  Ek help gou en in n japtrap is die agterwiel af.  Nou moet die eers na die tyre shop geneem word, hulle sal die tyre aftrek en die nuuf een opsit.  Ons wag sommer so op die sypaadtjie, in die kleinste moontlike skadu wat daar is.  En so wag ons, ek voel later soos n bedelaar soos ons daar sit. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:04:14 pm
En so wag ons.  Na so 2 ure vrae ek die man nou wat nou.  Nee se hy, die tyre plek het nog nie gebel nie.  Ek vra waar is die plek.  Hy vertel my.  Ek spring daar op die vrou se bike en gaan kyk.  Daar gekom sien ek dis etenstyd, niemand werk nie.  Ek vra die 1ste beskikbare man of hy iets weet van die bike tyre.  Ja mnr, daar staan hy, ons was nog net te besig gewees, ons gaan hom nou doen.  Dis donners warm maar nou is ek warm verby, moermeter hoogtes in.  Ek gryp die agterwiel  en loop met hom na daai masjien bedryf wat die tyres aftrek.  Die man is agterna en hy vat sommer oor, seker gesien hier kom moeilikheid.  Hy sien ook die tyre is nie lekker geseat nie en vra wat die probleem is.  Ek vertel hom.  Hy kyk toe of hy nie eers die tyre geseat kan kry nie.  Niks help nie, ek dink hy het die hele Keetsmans se seep opgebruik op daai tyre, niks help nie.  Na n lang gesukkel s ek toe nee wat, laat ons maar die nuwe tyre oortrek.  Die gaan toe maklik en daar sit die tyre mooi, orals geseat.   Ek se nou toe, stuur die wiel, ek wag vir julle by garage waar my bike staan.  Toe ek daar stop toe stop hulle so agter my gat.  Diens raak altyd beter nadat jy eers jou moer gestrip het.  Eintlike gawe mense gewees as ek so terugdink.  Ons sit vining die agterwiel terug en ek gaan vir n toetsrit.  Wat n verskil, voel sommer asof en n spinternuwe scooter het.  Ek los die ou band en tube daar en reel met ons vriendin om die later op te tel wanner sy weer deurkom Keetmans toe. 

Nou ja, na al die drama is dit te laat om nou pad te vat.  Ons kry n lekker self sorg  plekkie en boek in vir die aand.  Ons eet lekker en kry n goeie nagrus in. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:06:04 pm
Dag 3

Vandag is ons bestemming Helmeringhausen, ons oorspronklike beplanning maar net n ander roete tot daar.    So 80km Noord op die B1, dan links in n westelike rigting op die M98 verby die Bruckkaros krater wat aan jou regterkant sal sit, deur Berseba dan op die D554 tot by die aansluiting van die D414.  Hier links en reguit met hom tot by Helmeringhausen. 

Ek het al voorheen gedeeltes van die pad gery maar die D554 is nuut vir my, so ons het uitgesien na die stuk. 

Ons is op die teer en die wereld is nogsteeds bar en dor.  Weereens slaan die hitte ons vroegdag.  Weer sien en ruik ons die dood op die pad, hopenlik raak dit beter as ons eers afgedraai het van die hoofpad.  My fiets loop soos n droom, ek kan nie wag vir die grondpad nie. 

Ons draai af op die M98 en Bruckkaros l doer voor ons, jy sien hom eintlik al vandat jy uit Keetmans is oppad Noord.    Die grondpad is n fees, harde oppervlak met hier en daar so los gruisie of wat, die middelmannetjie loop ook mooi.  My fiets voel sommer tuis, vroulief gee gas en ek sit op haar agterent met n groot smile op my gesig.  Hopenlik is al ons strooi die afgelope twee dae nou iets van die verlede, dit kan mos nou net beter gaan. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:08:00 pm
Ons sleep by die krater verby en dan deur Berseba, daar is nie veel nie, ek sien nie eens n vulstasie nie.  Dan is ons op die D554.  Die pad oppervlak verander onmiddelik, rooi grond en sagter oppervlak as die vorige stuk.  Tipies Nam se D paaie.  Dit maak nie saak nie, die fietse is tuis op die pad.  Ons sleep n goeie gemiddelde spoed.  Dis verlate, jy sien net vlaktes, later ry ons deur so paar koppies en wragtag, hier bly mens.  Dit lyk soos Namas, nie veel van hulle nie, seker so 6 in totaal wat ek sien.  Een sit in die bloedige son, geen skadu, plat op sy gat langs die pad, hande uitgestrek vir kos of wat ookal hy bedel.  Dit moet n harde lewe wees.  Die dooie diere en nou die mense bly in n mens se gedagtes, jy bly wonder, maar ek probeer dit maar so gou moontlik te vergeet.   

Ons gaan deur so paar rivier driffies, in die een sien ek amper my gat deur die riviersand net om so sekonde of wat later deur die gehoorstuk te hoor my vrou is besig om dit te verloor.  Sy seg sy is besig om neer te slet.  Net so viing hoor ek weer nee wat, sy is het dit gemaak maar die onderbroek is moertoe.  Ek smile, weetnie of dit verligting is of dit die verskrikklike gil wat ek gehoor het nie. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:09:28 pm
 :biggrin:

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:11:36 pm
Die pad raak so ent verder sommer lekker sleg, meer klip as iets anders en verander sommer in n tweespoor, en hy is pen reguit, jy kan die hel aan die anderkant sien.  Hier tussen die klippe deur sien ons weer n arme perdjie, dink sy Moeder is nie meer daar nie, weet ook nie hoe lank hy/sy dit gaan maak nie. 

By die T aansluiting op die D414 stop ons onder n boom vir n ruskansie en n smoke break.  Hier l ook n karkas.  Die vrou stop sommer doer op die vlak in die son.   

Klaar gerook en gerus en ons is vort.  Die D414 is pragtig, jy ry so deur die berge en koppies met die pad wat sulke lang draaie maak.  Te pragtig.  Jy ry so al langs die Kurub rivier. 

Die dag raak lank en ons soek stop plek om n brekkie te eet, skadu bome is skaars.  Met so effe spoed ry ons verby n klein skadu boom.  Ek briek en s vir die vrou daar is ons brekkie plek.  Met die omdraai slag raak ek windgat en gooi n lekker S, maar ek konsentreer nie en die bike gly op die los gruis, trap weer vas op n harde stuk en die voorwiel is in die lug, ek los die vet en die bike se voorwiel sak, maar als is nou skeef skuins, die voorwiel vang n stuk los gruis en gee weg.  Ek is op pad Moeder aarde toe, my talente het my verlaat. 
Ek val op my linker knie, ek voel hoe ek 4 keer gly/hop op die knie, pyn skiet deur my hele liggaam, ek voel hoe die knie en my onderbeen wegdraai van my bobeen, smaak my hy wil afdraai.   Die bike swaai 180 grade om en ek l plat op die grond, kyk weer in die rigting waarheen ek oppad was. 

$#%@$%$$@@#, dis seer, ek het al baie in my lewe geval, maar ek het nog nooit soveel pyn gevoel na n val nie.  Ek sukkel orent, ek voel sommer klaar daars groot moeilikheid by die knieg.  My vrou is by en ons kry die bike regop.  Ek sukkel sukkel tot by die skadu boom en kry my sit.  Ek verwyder die broekspyp en sien ek is lekker nerfaf, en die knie is moers geswel.  My vrou is bekommerd, maar ek stel haar gerus, ek sal ok wees.  Ek rus en prober iets eet en drink, dit sukkel maar.  Intussen sluk ek n pil of wat, maar die help nie juis nie. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:13:23 pm
Klaar gerus en geet sukkel sukkel ek weer om op die fiets te kom.  Ek is uiteindelik op maar kry nie werklik die knie gebuig nie.  Ek laat hom maar so aan die kant afhang.  Ek vat die pyn en ruil die ratte vining tot 5de en hou hom daar.  Dis nog net so 60km tot by Helmeringhausen.  Ons ry sonder stop en Helemringhausen kan nie gou genoeg kom nie. 

Ons stop by die Hotel, ons sou die aand hier gekamp het.  Vroelief se egter nee, ons boek n kamer.  Uiteinde het ons n kamer en die vrou by die hotel bring ys om op die knie te sit.  Sy wil my sommer Luderitsz toe neem om die dr te sien.  En weier, sy gee my egter ander pynpille as die gewone panado wat ons het.  Ek l op die bed met n reguit knie, yssak op en daai pille klap my, ek raak aan die slaap en verggeet ek het pyn. 

Ek word kort daarna wakker, vroulief het beide fietse afgelaai en als reggepak.  Sy was so gaaf en het intussen lekker koue bier by die winkel oorkant die hotel gaan koop, en nog ys.  Soos die ys op die knie smelt, so word dit vervang, dit smaak my later my hele been is dood van die koue.  Die lyk darem of die swelling onder beheer is.  Ons draai later n verband om die knie en hoop van die beste, intussen gooi ek maar die pille soos die pyn sy kop wil uitsteek.    Intussen maak vroulief die geskeerde broek reg, boer maak n plan. 

Ons maak planne, gaan ons terugdraai of gaan ons aan.  Ek kan voel daars groot moeilikheid in daai knie.  Ek se vir die vrou ek sal in die oggend besluit of ons aangaan, ek sal dan kyk hoe ek voel en hoe die knie voel. 
Ons aandete is by die verblyf se kostes ingesluit, so ons eet soos properste toeriste daai aand.  Ons word bedien soos konings, ek sit net en eet, die knie kry rus.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:19:38 pm
Dag 4

Ek het onder omstandighede nogals nie te sleg geslaap daai aand nie.  Ek word wakker en die knie voel nie te sleg nie.  Hy is nog kwaai styf en die swlling is effe af, ek kan die knie meer buig as gister.  Ons draai hom goed toe met verband en besluit ons kyk hoe ver ons kom, ons gaan aan. 

Vandag ry ons op die op die C14 rigting Noord, verby Maltahohe en nog op die C14 tot by Solitaire.
Die oorspronklike plan, voor die knie episode, was om ander D paaie, lekker sanderige paaie, tot by Solitaire te ry, maar met die knie wat so neuk besluit ons daarteen, ek glo nie die knie sal nog n val oorleef nie. 

Met groot ongemak kom ek uiteindelik op die bike en trek weg.  As ek eers sit dan gaan dit aan.  Ek kry darem die ratte verander en die voet kan rus op die voetrus.  Elke stop raak egter n nagmerrie. 
Ek sluk maar die pille en vir n laaste uitweg sluk ek weer een van daai lekker sterk pille wat die antie by die hotel my gegee het.  Daai pille help mooi, maar daar is net 2 oor.  Ek besluit om hulle te rantsoeneer, een elke dag, intussen maar die panados sluk. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:21:48 pm
Ons vorder egter fluks en kort voor lank begin ons die tekens sien van die onlangse reen.  Ons ry verby lelievlei en die water le plek plek.  Dis min maar dis iets om voor dankbaar te wees.  Ons sien miljoene skoenlapper, dis mooi, daars vog in die lug. 

Ons kom by Maltahohe aan en gooi petrol en gryp iets om tee et.  Ons eet sommer daar by die garage, dis die enigste skaduwee. 

Ons vat weer die pad, selfde ou gesukkel om op te kom maar die knie hou sover.  Dit raak weer dor, geen teken dat hier reen was nie.  Soos ons Bullsport nader sien ons weer tekens van die onlangse reen.  Weereens min, maar daar is verandering.   Ons stop tussen die berge en rus weer vir n slag, die knie pla en die donnerse dink beginne klop, weetnie waarheen hy wil gaan nie. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:23:39 pm
Ons vat weer die pad, dis vrek warm, ek het eina, gelukkig is dit nog net so 50km vir die dag.  Ek is dankbaar toe ons by Solitaire stop.  Dit voel sommer of daar n berg van my skouers af is.  En toe word ons gegroet deur een van die Corola virus se mense.  Hulle wil kiekies neem van die Honda.  Hulle pose en praat maar ek verstaan effol.  Hulle gee my vrou nogals n drukkie.    Ons boek kampplek en kry ons staan.  Ek rus eers en ons wag vir die dag se erge hitte om te bedaar voordat ons kamp opslaan. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:25:08 pm
Klaar gerus gaan koop ons vleis, ys, en hout.  Solitaire se winkel wat altyd vleis beskikbaar gehad het het omtrent niks.  Ek vra die vrou, sy se daar is twee pakkies daar in die vrieskas.  Sy se een is vark en die ander bees.  Ek bekyk die pakkies vol frostbite, ek het nie n keuse nie, ek koop maar, R400 vir daai twee klein pakkies.  Dit smaak my hulle vra amper R400 per kilogram.  Ys se prys is effe beter, maar die hout is R50 per sakkie, flippen klein sakkie, ek moet twee koop om die bietjie vleis gaar te kry, R100 later vir n land wat vol van die hout is.  Nee mense, dis skandelik, hulle buit die toeriste uit.  Daar en dan besluit ek dis die laaste keer wat hulle my geld vat, nooit ooit in my lewe weer koop ek by daai winkel nie, ek vrek eerder. 

Ons koop by die bakery die bekende Moose appeltert.  Pryse hier is billik en dit smaak lekker daarby.  Sal maar vanaand moet kyk hoe proe daai vleis. 
O ja, ek het n twee liter koeldrank gekoop as mix, vannaand gaan ek die knie se kak uitsort.  R30 vir daai koeldrank.  Maar dis ok, dit gaan vir n goeie doel.

Terug by die kamp slaan ons tent op, dit vat langer as gewoontlik maar dis gedoen.  Later is daai vleis ontdooi, albei pakkies is vark, smaak my die bees het ook in n vark verander.  En dis nogals gerookte vark (kassegriller) en moer klein, ek skat so twee happe dan is hy weg. 

Ons braai maar, ek is in elk geval nie baie honger nie, ek, die knie, die whiskey en daai twee liter gesels dik stukke. 

Ek is n man wat nie vol strooi is oor kos nie, maar daai vleis het maar gesukkel om by my keelgat af te gaan.  Maar dit is maar wat dit is, die oorskiet sal ons die volgende dag op die pad verorber. 

Ek kruip in, dit sukkel maar om grond toe te gaan met so stywe knieg, maar as ek l is dit lekker.  Kort voor lank is ek in droomland, hitte en al. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 04:27:04 pm
So bietjie geskiedenis van ons ervaring by Solitaire Kamp.
 
Ons het al vele kere hier gekamp, 4 keer om presies te wees, die was nou die 5de keer.  Die kamp was nooit die beste nie, maar vir die prys en wat jy gekry het was dit aanvaarbaar.  Die winkel was altyd lekker opgestock en jy kon amper als kry wat n kamper nodig gehad het.  Die ablusie blokke was seker minder gemiddeld maar jy het altyd warm water gehad. 
So drie jaar terug was ons weer daar om te kamp, toe is die kamp gesluit, hulle verskoning was dat hulle besig is om die plek te rewamp.  Mooi het ons gedink, dit sal gaaf wees.  Ons het gelukking n alternatiewe kamplek naby gekry.

Toe ons nou daar aankom verwag ons toe die nuwe kampplek.  Wat wou, die plek is erger as wat dit was, geen warm water by die ablusie nie, die krane wat by elke kampplek is nie meer daar nie, die toilette is dieselfde wat dit was, geen vullisdromme meer by die kampplek nie.  WTF.  Wat het hulle ge-rewamp, fokkol.  Dan praat ek nie eens van die winkel wat nou die minimum in het.  Toe ek die vrou vra hou julle nie meer vleis aan nie, se sy vir my hulle moet eers al die vleis in die vrieskas verkoop voordat hulle weer aankoop.  Nee man, hoe werk hulle besigheid. 

Ok genoeg gekerm, kom ons gaan aan. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Wolzak on March 08, 2020, 04:31:21 pm
 :thumleft: :sip: Jou rowwe Bliksem. :biggrin:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Mev Vis Arend on March 08, 2020, 04:49:15 pm
 :laughing4: :imaposer: :lol8: :lol8: :lol8: True
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: subie on March 08, 2020, 06:25:09 pm
Baie lekker lees RR. Regte avontuur waar bad luck ook saamgery het. :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: eberhard on March 08, 2020, 07:00:48 pm
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Karoo Rider on March 08, 2020, 07:15:54 pm
Wanneer laas het ons 'n lekker Suidwes RR gehad?  Dankie Visarende, ek ry lekker saam. :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: woody1 on March 08, 2020, 07:42:35 pm
Wys jou...jy moenie op jou ouderdom dink jy is Evil Knieval nie :laughing4:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Rexc-w on March 08, 2020, 07:50:49 pm
Ek is uiteindelik op maar kry nie werklik die knie gebuig nie.  Ek laat hom maar so aan die kant afhang.  Ek vat die pyn en ruil die ratte vining tot 5de en hou hom daar.  Dis nog net so 60km tot by Helmeringhausen.  Ons ry sonder stop en Helemringhausen kan nie gou genoeg kom nie. 

Uiteinde het ons n kamer en die vrou by die hotel bring ys om op die knie te sit.  Sy wil my sommer Luderitsz toe neem om die dr te sien.  En weier, sy gee my egter ander pynpille as die gewone panado wat ons het.  Ek l op die bed met n reguit knie, yssak op en daai pille klap my, ek raak aan die slaap en verggeet ek het pyn. 

Ons maak planne, gaan ons terugdraai of gaan ons aan.  Ek kan voel daars groot moeilikheid in daai knie.  Ek se vir die vrou ek sal in die oggend besluit of ons aangaan, ek sal dan kyk hoe ek voel en hoe die knie voel. 
Ons aandete is by die verblyf se kostes ingesluit, so ons eet soos properste toeriste daai aand.  Ons word bedien soos konings, ek sit net en eet, die knie kry rus.

EK lees baie lekker aan julle stories.

Die knie storie klink presies soos wat ons voorval was laasjaar April. Gly op die sement slab onder Naute Dam. Net omval teen loop pas. Maar voet hak vas en skeur ALC, MCL en alles mors-af. Dag 2 van 12 dag trip.

Nou nog aan rehab na ACL reconstruction. Hy is 'n basterd...

Sien uit na die res. Sal graag eendag saam met julle wil reis.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Lem on March 08, 2020, 07:54:36 pm
subscribe  :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 08:20:40 pm
Dag 5.

So tussen 4 en 5 uur daai oggend word ek wakker, iemand hier buite is kwaad.  Die wind waai dat dit bars, dis net bome wat buig en ons vreet sand.  Vroulief raak ook wakker.  Ons vat die tent en die res van die kampgoed net so en gaan onderdak by die ablusie blok, daar waar hulle skottelgoed was.  Ons kruip daar weg en maak koffie so deur die sand en stof.  Ons sluk maar al om die sand en stof, die wat ons inkry sluk ons maar.   Intussen pak ons op, stof af wat ons kan en bre die goed.  Ek weet nie hoe gaan ons ry in die wind nie, maar ry gaan ons ry, ek bly nie nog n dag hier nie. 

Ek en vroulief het gisteraand lekker gesels.  Ons oorspronklike plan was om hier om te draai en weer terug suide toe, net ander rigting, Betta se kant en dan oor Ooste se kant toe na die Kalahari waar ons vriendin die plaas het.  Die paaie terug op die oorspronklike plan het egter so paar tegniese stukke ingehad.  Ons het saamgestem dit gaan nie werk vir my knie wat nie beter raak nie.  Aan die ander kant, ons is hier, ons moet omdraai en wat sal die beste wees.  Ons het besluit op die korste roete terug na ons vriendin op die plaas.  Daar kan ek n dag of wat rus voordat ons die pad weer terug aanpak.   

Die roete dus vandag is van  Solitaire, oor Remhoogte, dan op die D1261 tot waar die pad split, dan nogsteeds op die D1261 tot by die T aansluiting, links met die C24 tot by Rehoboth.  Vandaar die teerpad tot by Mariental.   

Ons is gepak, dis weer n gesukkel bedryf, maar ek is op en tyd om die wind te trotseer.  Ons ry so entjie terug suid tot by die afdraai na Remhoogte, die wind slaan ons van die linker kant.  Smaak ons ons ry reguit om n draai.  Ons vat dit maar stadig, soek nie nou moeilikheid nie. 
By die afdraai ry ons direk in die wind, en natuurlik binne in die son in.  Gelukkig los daai wind ons toe ons in die berge inry, hy is nog effe daar maar dis aanvaarbaar. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 08:25:02 pm
Ons ry deur Remshoogte, sien waar die water so week of wat terug gevloei en amok gemaak het, maar die paaie is reeds reggemaak.  Ons geniet dit hier tussen die berge, op en af, links en regs, dis te lekker.  Ons sien Gemsbokke, springbokke, duikers en zebras.  Hulle lyk vet en gesond.  Die pad is mooi, net so bietjie konsentreer deur van die driffies.  Vroulief geniet dit terdee, ek sien aan haar ryery en kan dit in haar stem hoor.   Ons het n lied in ons hart.  Vir n wyle is die knieg vergete. 

Kort voor lank is ons deur en oor Remhoogte, nou oppad Rehoboth toe.  Die pad raak werk, hier was lanklaas geskraap, die sand le dik op die pad.  Ons staan en gee vet waar ons kan.  Ek kannie te lank staan nie, ek ry so sit sit deur die sand.  Ons kry oefening in en het ek ges, dis moer warm hier vroeg in die oggend.  Ons het so paar k@k in die broek oomblikke en vat dit stadiger, wil tog nie nou weer val nie.  Hier op middagete ry ons Rehoboth in, arms is moeg, ons is gesweet, ons is honger.  Daai vleis van gisteraand wou ons langs die pad eet maar toe ons die sak oopmaak toe ruik die storie nie reg vir my nie. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 08:26:42 pm
 :biggrin:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 08:27:57 pm
 :biggrin:

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 08, 2020, 08:30:51 pm
Rehoboth tap ons petrol en koop garage pies en n yskoue koeldrank.  So tussen die etery sien ek n hondtjie onder n kar se skaduwee en slaap.  Ek fluit en die hond kom aangewaggel, tette hang amper op die grond.  Ons haal daai padkos vleis uit en voer die arme ding.  Hel man, die hond vriet te lekker.  So met die laaste stuk vleis wat ons haar gee kom, wie seker haar maatjie is, daar aan gedraf en kyk met leep o, nou waar is my stuk vleis dan nou.  Vroulief loop winkel toe en kom terug met n jumbo russian.  Ek sweer daai russian was groter as die hond.   Op die ou end van die dag dink ek die twee het met n lekker vol magie hulle middag siesta gehad. 

Klaar geet toe pak ons die laaste moordende 180km teerpad op die B1 na Mariental.  Mens, dit was warm, jy sukkel om asem te kry.  Ek het intussen weer een van daai sterk pynpille gedrink.  Die wou ook nie meer help nie en ek was te bang om n tweede een te sluk.  Ons het maar baie gestop en die knie soveel as moontlik laat rus en terselfde tyd baie vog ingeneem. 
Daai 180km het soos n ewigheid gevoel, maar ons het vasgebyt en in Mariental by die Riverside lodge ingeboek.  Vannaand slaap daai knie op n bed, nie op die grond nie. 

Riverside lodge is n lekker oornag plek, regte plaas atmosfeer en as n bonus is daar n eetplekkie by sy ingang by die naam van Padlangs.  Dis die moeite werd om daar te gaan kuier en te eet, vriendelike sout van die aarde se mense.    Ons het ons aand daar geniet en terug by ons kamer n heerlike nagrus onder die aircon gehad. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: eberhard on March 08, 2020, 09:04:41 pm
 :drif: :drif: Soveel goeie foto's!
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Ian in Great Brak River on March 08, 2020, 10:47:22 pm
Is Pascal die Amerikaaner nog die eienaar van Solitaire? Hy het gou die pryse verhoog in die tyd na hy dit gekoop het, so 6 of 7 jaar terug. Destyds het hy al gepraat van die kamplek wat verbeter sou word. Lyk my hy het die storie vergeet ...
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Ian in Great Brak River on March 08, 2020, 10:48:11 pm
Altyd lekker om met julle saam te ry, knieg of te nie.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: DUSTRIDERS on March 08, 2020, 11:25:47 pm
Hoekom is ek altyd honger na ek een van julle RR's gelees het?!! ;) :peepwall:

Smaak my Remhoogte word ook nou bakstene gegooi vir die Avis karretjies. :(

Volgende keer as julle weer vandaar na Mariental moet ry draai regs aan bopunt van Remhoogte en hou verby Lepelstore en regs by die T junction na hom en later n links rigting Schlip. Wanner julle dan die B1 T het julle net 40 kilos oor Mariental toe op teer. :thumleft:

Hoop die reen het vir daai klein perdjie betyds kos gebring. :(
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: subie on March 08, 2020, 11:33:52 pm
Ek kan glad nie "adventure biking" trip doen saam met iemand wat ek voor lief is nie. Elke slegte stukkie pad
en my senuwees is klaar. Ek kyk so in die spieeltjie of hulle oraait is dat ekself amper val. Het dit n paar keer met my vrou en seun probeer
maar het dit glad nie geniet nie. Uitmergelende besigheid  :xxbah:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 05:23:08 am
Is Pascal die Amerikaaner nog die eienaar van Solitaire? Hy het gou die pryse verhoog in die tyd na hy dit gekoop het, so 6 of 7 jaar terug. Destyds het hy al gepraat van die kamplek wat verbeter sou word. Lyk my hy het die storie vergeet ...

Ek weet glad nie wie die eienaar is nie, het net die baster vrouens agter die toonbank gekry.  Ek weet net hulle sal hulle storie agtermekaar moet kry.   :deal:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 05:32:54 am
Hoekom is ek altyd honger na ek een van julle RR's gelees het?!! ;) :peepwall:

Smaak my Remhoogte word ook nou bakstene gegooi vir die Avis karretjies. :(

Volgende keer as julle weer vandaar na Mariental moet ry draai regs aan bopunt van Remhoogte en hou verby Lepelstore en regs by die T junction na hom en later n links rigting Schlip. Wanner julle dan die B1 T het julle net 40 kilos oor Mariental toe op teer. :thumleft:

Hoop die reen het vir daai klein perdjie betyds kos gebring. :(

Dankie Chris, ken daai pad, maar ons het reeds die "maklike" pad terug gesoek oor die knieg bedryf.  Ek het reeds nie daai pad gekies nie wnt daai stuk tussen Lepel/Schlip is gewoonlik hondkak, baie los sand en klip.  Maar daai pad bring jou so 10km voor Kalkrand uit, nog so 80km Mariental toe. 
Die een oor Klein Aub is net so verkak. 

Was ook verbaas oor daai bakstene,en Remshoogte is nie eens styl nie.   :eek7:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 05:39:45 am
Ek kan glad nie "adventure biking" trip doen saam met iemand wat ek voor lief is nie. Elke slegte stukkie pad
en my senuwees is klaar. Ek kyk so in die spieeltjie of hulle oraait is dat ekself amper val. Het dit n paar keer met my vrou en seun probeer
maar het dit glad nie geniet nie. Uitmergelende besigheid  :xxbah:

Waarheid subie, maar ek het maar geleer om dikvellig te wees.   :lol8:  Ek moet by se, hoe meer blootstelling sy kry hoe beter raak sy, so ek hoop en vertrou als sal goed gaan.   :patch:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Mev Vis Arend on March 09, 2020, 06:37:21 am

Sien uit na die res. Sal graag eendag saam met julle wil reis.

Is reg  Jy sien hoe vinnig kan ek pak :biggrin:. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Operator on March 09, 2020, 08:29:50 am
 :sip:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:25:54 pm
DAG 6

Ons laaste dag, dan kan die knie rus vir ons laaste stuk terug na Kakemas.
Vandag ry ons deur Mariental, op die M29 vir so 75km dan links op die C18 tot by Gochas.  Dan op die C15 vir 130km tot die afdraai op die D503, nog n 25km op die tweespoor duinepad dan is ons by ons vriendin se plaashuis. 

Ons is vroegoggend wakker, die knie het gepla deur die aand.  Ons pak vinning voor dit te warm raak.  Dit help nie veel nie, want toe ons wegtrek is ons in elk geval sopnat gesweet. 
Ons vorder goed op die grondpad, hy loop mooi ten spyte van die middelmannetjies wat die pad vol is.  Smaak my hier ry die karre nie in n lyn nie, hulle ry die hele pad vol.  Ons kry hier en daar sulke poefgate, maar die spoed is hoog genoeg om deur te wees voor hy ons uitvang.  Vrou ry voor en ek waarsku haar om maar versigtig te wees vir daai lang poefgate. 

Ons stop later naby n skaduboom.  Ek rook en ons drink maar die voggies.  Intussen blaas ek die bande nog so bietjie af, daar is op plekke lekker los sand.  Ons beur voort, penado is gesluk. 

So 80km verder stop ons weer onder die enigste behoorlike koelte bome reg langs n plaashuis.   Ek haal my bril af om die helmet af te haal, nee, daars geen bril nie.  Foktog, ek het die bril by ons eerste stop afgehaal toe ek die bande afgeblaas het en nooit weer aangesit nie.  Dis nou te laat, omdraai sal tog nie help nie.  Ek het al voorheen n bril so verloor en ons het omgedraai, maar geen sukses gehad nie.  So nou los ek hom, gaan nie 80km een rigting ry om te soek nie.  Ons neuk maar voort, ry later oor die duine, op en af soos n sea-saw, te lekker.  Los sand is daar maar dit gaan goed.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:27:31 pm
 :biggrin:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:29:48 pm
Op Gochas tap ons petrol en sleep aan op die C15, rigting D503.  So halfpad stop ons vir n brekkie, brochens met koue vleis.  Met die innerlike wat beter voel, en nog so paar penados voel ons goed, ten spyte van die drukkende hitte.  Ons stop nog een keer onder n lekker kameeldoringboom, rus so bietjie en ry voort.

Uiteindelik, die afdraai op die D503.  Dis nou moer warm.  Ons vat die 1ste stuk dik sand en so paar meter verder verloor vroulief dit en sy dop net om.  Ek sien onmiddelik sy is p, die warm pad en die paar dae op die nie so maklike paaie en ons onfikse liggame wil nie lekker saamwerk nie.  Ek moedig haar egter aan en s ons moet net bo-op die duin kom, daar kan ons rus.  Sy trek weg maar ek sien haar kragte is nie met nie.  Sy vorder seker so 300meter toe slat sy weer neer.  Ek hoor die moedeloosheid in haar stem.  Ek s nee wat, ons sal ons vriendin skakel en vra om ons te kom haal met die Cruiser. 

Ons kry gestop bo-op die duin en gaan wag onder n skaduboom.  Ek moet bieg, die sand is die slegste wat ek hom nog gesien het. (Ons was al paar keer hier, al gery met dei S10 en sidekar) Daai tweespoor is baie lank laas geskraap gewees, en dit was op die warmste tyd van die dag, daai sand was moer sag en los, ek myself het gesukkel.  Dis gewoonlik beter van die duin waar ons gesit het, want jy kry makliker momentum vandaar en as jy eers op n redelike spoed is gaan dit goed.  Maar daar was net nie meer energie oor gewees nie, beide van ons was pootuit en dan wou ons ook nie die kans vat met my knie nie. 

Ons het nie te lank gewag nie toe is ons vriendin daar, Cruiser en al.  Ons het gou die twee bikes gelaai en kort voor lank toe sit ons rustig onder die afdak op haar stoep en kuier land en sand. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:33:38 pm
Daai aand het ons gesmul aan n lekker vet skaapboud, dorper nogal, en lekker geslaap buite op die stoep.  Dis darem n lekker lewe op die plaas. 

So paar fotos van die plaas. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:35:23 pm
En 'n trekker vir Chris.   :biggrin:

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:44:42 pm
Ons het drie dae gebly op die plaas, lekker gekuier, geet, bietjie vee poste gaan besoek en die knie n goeie ruskans gegee.  Met die rus van die knie het die wond gesonder geraak, maar ek het geweet daars iets anders fout daar binne.  Ons was nie werklik reg om te gaan nie, maar ons het n huis en ek moes in elk geval maar eerder by n dokter kom om te kyk wat aangaan met die knie.  Intussen besluit ons vriendin sy moet ook Upington toe gaan om sekere voorraad aan te koop en sy sal saamgaan met die bakke.  Ons besluit toe om maar die bikes op die bakkie te laai tot in Upinton, sy gaan in elk geval.  So besluit en so gemaak.  Ons is saam Upinton toe, bikes op die bakkie, daar die bikes afgelaai en gou deurgeskiet Kakemas toe om ons kar en trailer op te tel, en weer terug Upinton toe.  Hier het ons nog n dag gebly terwyl ons voorraad aangekoop saam met ons vriendin. 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:45:42 pm
Die volgende dag toe is ek en vroulief op die pad, terug huis toe, in ons kar met die trailer en bikes agterna.  Intussen het ons op die plaas n lekker air cooler gesien wat ons vriendin gebruik teen die verskriklike hitte.  Die ding het ons beindruk en toe ons terug is in Upington, bel ek vir die Hoof Krokkodil van Prieska, toe ek laas by hom gestop en koffie gedrink het, het ek een op sy vloer gesien.   Ek soek twee, hy se ja, hy het.  Ek wil betaal maar hy se ek moet eers kom optel en kyk of ek happy is.  So ry ons toe tot op Prieska, stop by Ets se huis, daar staan die twee bokse.  Flip, hulle is groter as wat ek gedink het.  Al genade, hulle moet dak toe.  Ek laai gou.  Klaar gelaai wil ek betaal, nee se Ets, hy sal later die invoice stuur.  Ons moet eers brekkie eet.  Vyfster brekkie word voorgesit, ons eet soos konings en gesels weer te lekker.  Voor ons weet is meer as n uur verby en ons het nog so amper 800km oor voor ons by die huis is.  Ons groet weereens met swaar harte en ons is op die pad.  Als loop mooi en ons stop by die huis net so voor donker, lekker pootuit. 

Ons het baie drama op die trip gehad, maar dit was nogsteeds n lekker ervaring en heerlike trip gewees.  Dis atyd n jammer dat dit so gou verby gaan.  Ons beplan reeds n ander trip daai kant toe, maar vir eers moet die knie uitgesorteer word.

Ja, ek was toe by die dr.  Na Xtrale en n later besoek by die spesialis is die diagnose dat die knie in sy kanon in is.  Al vier ligamente is geskeur, die voorste en agterste kruis ligamente, die linkerkant se ligemant aan die buitekant van die gewrig ook af met die ligament aan die regter kant wat nog so effe vasbyt.  Om als te kroon is daar rumatiek in die knie en dan natuurlik inflamasie ook.  Op die oomblik moet ek met n brace loop wat verhoed dat die knie agtertoe buig.  Die brace help ook dat die twee buitekantse ligamente weer kan aangroei wat benodig word vir die totale knievervangings operasie wat voorl.  Ek sal nog later hoor en besluit wanneer daai operasie gaan plaasvind.  Vir nou is daar eers ander goed in die pyplyn. 

Dankie vir almal wat gelees het.  Tot volgende keer. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Oubones on March 09, 2020, 01:53:16 pm
Nou lekker saam gery, ek hoop daardie knie is darem al beter!
Ek sal maar moet kom kyk vir myselwers :ricky: :peepwall:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 01:55:44 pm
Nou lekker saam gery, ek hoop daardie knie is darem al beter!
Ek sal maar moet kom kyk vir myselwers :ricky: :peepwall:

Dankie Hennie, die pyn is onder beheer, maar loop met 'n stut en ry met 'n brace.

Ons wag vir jou kuier.   :thumleft: :biggrin:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: DUSTRIDERS on March 09, 2020, 02:36:25 pm
En 'n trekker vir Chris.

Magtag wat maak vriendin met daai bul in daai wreld? Skraap pad?
Haar veld lyk asof n paar skaap darem nog iets te knibbel sal kry? :(

Pas daai knie op VA. :deal: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Mev Vis Arend on March 09, 2020, 02:43:49 pm
En 'n trekker vir Chris.

Magtag wat maak vriendin met daai bul in daai wreld? Skraap pad?
Haar veld lyk asof n paar skaap darem nog iets te knibbel sal kry? :(

Pas daai knie op VA. :deal: :thumleft:

Chris, haar man het inderdaad vir 'n ruk die kontrak gehad om die paaie te skraap (of moet ek s " die duine te sleep"?)  Dit is 'n moewiese groot trekker daai.  Sy gebruik die trekker nou om haar eie paaie te skraap. 

Sy het ook sterftes onder haar diere gehad, maar hoofsaaklik ou ooie.  Die res van haar diere lyk ok-erig. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: DUSTRIDERS on March 09, 2020, 02:48:21 pm
Dit sal interessant wees om te weet waar daai ou trekker vanslewe was. Dis n 180 perdekrag trekker en seker oordadig sterk vir duinepad sleep.
Ek dink ek moet myself nooi om daar te gaan kuier, ek het lanklaas n bed gedeel met n bondel honde!! :thumleft: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 03:15:07 pm
Dit sal interessant wees om te weet waar daai ou trekker vanslewe was. Dis n 180 perdekrag trekker en seker oordadig sterk vir duinepad sleep.
Ek dink ek moet myself nooi om daar te gaan kuier, ek het lanklaas n bed gedeel met n bondel honde!! :thumleft: :thumleft:

Daai trekker het voorheen gelewe op die plotte by Hardam, langs die kanale, so werk het hy al gewerk. 

Daar is maar paar rowwe duine op daai pad, maar ja, dis kinderspeletjie vir daai ding.  Dan gebruik hulle hom om ook om hulle eie paaie in die kampe op die plaas in stand te hou.  Toe daai man nog gelewe het was hy darem goed omgekrap as hy op 'n sinkplaat op sy eie plaas moet ry.     
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: DUSTRIDERS on March 09, 2020, 03:25:52 pm

Ek gaan kuier by n oom buite Outjo wat so n 600 ha plekkie het met n klompie bees. Later die dag gaan oornag ek by n vriend nader aan Otjiwarongo. Hy vra wa bly die oom, ek verduidelik hom. Oh s een van daai plotte!!! :lol8: :lol8:
Daar is glo n paar plasies tussen 500 en n 1000 ha wat plotte genoem word rondom Outjo.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 09, 2020, 03:41:32 pm
Verstaan jy.   :lol8: :lol8:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Bokveld on March 09, 2020, 09:18:31 pm
   Lekker saamgetoer.Dit moet hel wees om met n afknie aan te sukkel.Ek hoop nie ou Spike is al afgetree nie,anders gaan die loopvlakke verskil.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Rexc-w on March 09, 2020, 10:42:49 pm
Vis Arende - dankie vir die deel van julle trippie.  Lekker dat julle dit saam kan geniet.

Baie sterkte met die herstel van die oom se knie. Dit is maar 'n lastigheid, veral as mens woelige mense van natuur is.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Lem on March 10, 2020, 07:41:57 am
jis maar dis darem weer n klas ride report hierdie  :thumleft:

Baie bly julle lappies grond koop was nie te erg nie. Net jammer van daai knie...maar hy was mos al voorheen reeds dodgy. Eks mal oor die foto van Louis met die spul honde om hom.

Gaan ry maar eers weer met die Prado 'n draai tot daai knie heeltemaal gesond is  :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 10, 2020, 07:46:30 am
Vis Arende - dankie vir die deel van julle trippie.  Lekker dat julle dit saam kan geniet.

Baie sterkte met die herstel van die oom se knie. Dit is maar 'n lastigheid, veral as mens woelige mense van natuur is.

BAie dankie Rex, ek geniet jou rr net so baie.  Ek sien jy het baie van die paaie wat ons gery het ook gedoen, jou trip was egter net op die regte tyd, myne was net te vroeg, dus kan jy nie die effek van die reen sien nie.   Maar dit was nogsteeds lekker. 

Die knoeg moet maar sy gang gaan, stil sit kan ek nie, so hy moet dit so aanvaar.   :biggrin:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 10, 2020, 07:52:18 am
jis maar dis darem weer n klas ride report hierdie  :thumleft:

Baie bly julle lappies grond koop was nie te erg nie. Net jammer van daai knie...maar hy was mos al voorheen reeds dodgy. Eks mal oor die foto van Louis met die spul honde om hom.

Gaan ry maar eers weer met die Prado 'n draai tot daai knie heeltemaal gesond is  :thumleft:

Dankie Lem, waardeer jou mooi woorde.

Ja jong, daai knie se strooi loop al 'n pad, ek dink maar net die val het hom nou finaal oor die afgrond gestoot.  My nuuf braces arriveer vandag, dan staan die Prado en dis weer volspoed bikes, ons moet fiks word vir ons Koakoland trip begin Mei.    Nou einde Maart is dit die Slumdogs bash, dan begin April WC bash en ons wil kyk om dalk die Ben10 te doen voor ons Nam trip.  So, daai brace moet sy ding doen.   :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: 0012 on March 10, 2020, 09:29:26 am
Dankie vir die lekker saamry en mooi kiekies!

Oom gaan seker minder powerslides doen in die vervolg, met dit dat dit lei tot knievervangings!!
Alle voorspoed vir die herstel en operasies, ek hoop die pyn is nie te erg op die lang ritte nie!
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 10, 2020, 10:18:26 am
Dankie vir die lekker saamry en mooi kiekies!

Oom gaan seker minder powerslides doen in die vervolg, met dit dat dit lei tot knievervangings!!
Alle voorspoed vir die herstel en operasies, ek hoop die pyn is nie te erg op die lang ritte nie!

Thank man.   :thumleft: :thumleft:

Powerslide is ou nuus, klaar met daai goed.   :patch:   :biggrin:  Ek het ook nou net lekker reggekom om weer nic wheelies te gooi, daai k@k los ek nou onmiddelik.   :lol8:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: sidetrack on March 10, 2020, 11:31:03 am
Vis Arend ek moet vra hoe vind jy die 650 teen die Rally ? As jy saam n CRF 250 ry is ekstra sped tog nie nodig nie en die 250 is effe ligter. Het jy hom te klein gevind ?
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 10, 2020, 12:01:32 pm
Vis Arend ek moet vra hoe vind jy die 650 teen die Rally ? As jy saam n CRF 250 ry is ekstra sped tog nie nodig nie en die 250 is effe ligter. Het jy hom te klein gevind ?

Die enigste rede waarom ek die 650 gekry het was oor vrag dra op die tipe trips.    Alhoewel ek my 250 se suspensie verbeter het, het ek hom nog te lig in die broek gevind.  Ek is eintlik spyt ek het hom verkoop, sou graag beide wou he.  Ek dra maar die meeste gewig op so trip en die 650 weet nie daarvan nie.  Tog is die 250Rally min of meer dieselfde gewig as die 650, as ek nie mis het nie mag die 650 effe ligter wees.   Maar glo my, die 250 ry gemaklik waar die 650 loop.

En dan natuurlik die krag, daars nie 'n vergelyke nie, en hoe sou ek dan nou geval het as ek op die 250 was.   :biggrin: 

Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: sidetrack on March 10, 2020, 01:22:41 pm
Dit maak sin, oppas net het al gehoor van 650L's se subframes wat moeliheid gee. As Honda net daai Rally n 450 / 500 wou maak met stywer suspensie
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 10, 2020, 03:50:40 pm
Dit maak sin, oppas net het al gehoor van 650L's se subframes wat moeliheid gee. As Honda net daai Rally n 450 / 500 wou maak met stywer suspensie

Daai sal 'n wenner wees.   :thumleft: :thumleft:

Gehoor van daai subframe, dankie. 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: roxenz on March 11, 2020, 06:00:00 am
Hallo Visarende! Kon nou nie lekker slaap vanmre nie - biki warm en katte en muskiete het gepla. So dit was perfek om 'n lekker koffie te maak en julle storie te lees. Was biki benoud toe ek by die knie petalje kom (lyk my dis nogal 'n ding op 'n duitswes trip). Het toe maar eers nog' n beker koffie gekry om myself te versterk en aangelees. So bly om te sien julle kon darem die trip so op eie stoom klaarmaak. Dankie, dit was lekker om te lees, en die fotos laat my gedagtes sommer punt trek.

Hoop die nuwe brace werk mooi. 👍
Groete A
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 11, 2020, 06:35:36 am

Baie dankie, waardeer dat jy die trip gelees het.   :thumleft:  :thumleft:

Ek sit selwers vroegoggend wakker, nie oor hitte of katte nie, maar wel oor die lekker reen wat hier op die dak val, te lekker man. 
Ja, ek het nuuf braces gekry en hulle pas soos 'n handskoen, loop nou permanent met die een op die linkerbeen.  Hopenlik kan die kant ligamente nou ongehinderd aangroei. 

Snaaks hoe dinge werk.  Ons hoop en bid vir reen, nou reen dit te lekker maar intussen is die nuwe braces hier, ons wil gatskuur op die motorfietse maar die wereld is sopnat hier buite.  Maar ek verkies die reen, sal wel weer kans kry om die braces behoorlik uit te toets.   

mooi loop en groete tuis.   :thumleft: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Roxtar on March 11, 2020, 03:02:33 pm
Wat n lekker lees :thumleft: Nice om te sien hoe mev Vis Arend daai CR'fie vasvat  :ricky:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Dorsland on March 11, 2020, 03:39:58 pm
Oom Vis, hoekom is jy so kwaad vir jouself dat jy altyd 'n vloermoer moet gooi en jou arme knieg beseer?  Jy het seker pynpille in grootmaat gekoop want daai knieg en fietsry kan glad nie maats gewees het nie. As jy jouself wil opfoeter, laat weet my, hier is baie handewerk vir jou.  Boerdery maak jou mettertyd amper so moertoe soos van 'n fiets afval.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 11, 2020, 03:50:28 pm
Wat n lekker lees :thumleft: Nice om te sien hoe mev Vis Arend daai CR'fie vasvat  :ricky:

Dankbaar, ja sy laat lees met daai scooter,  ek gaan 'n cc injen inbou, sal sal nie weet nie.   :biggrin:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 11, 2020, 03:53:02 pm
Oom Vis, hoekom is jy so kwaad vir jouself dat jy altyd 'n vloermoer moet gooi en jou arme knieg beseer?  Jy het seker pynpille in grootmaat gekoop want daai knieg en fietsry kan glad nie maats gewees het nie. As jy jouself wil opfoeter, laat weet my, hier is baie handewerk vir jou.  Boerdery maak jou mettertyd amper so moertoe soos van 'n fiets afval.

Ai ou Dors, dis nou as 'n jong ou man sy lyf tiener wil hou dan loop hy so.  Dankie vir daai aanbod op die plaas, maar ek wil my darem nog geniet totdat ek moertoe is, daai gaan 'n sukkel moertoe wees.   :lol8: 
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: ETS on March 11, 2020, 04:40:02 pm
Jis Louis en Nannie, dit was lekker om julle uiteindelik te ontmoet! Kannie wag vir Mei nie. Dit gaan n voorreg wees om saam julle te ry :thumleft: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 11, 2020, 07:54:55 pm
Jis Louis en Nannie, dit was lekker om julle uiteindelik te ontmoet! Kannie wag vir Mei nie. Dit gaan n voorreg wees om saam julle te ry :thumleft: :thumleft:

Ditto, die ontmoeting met julle was een van die hoogte punte op ons trip.  Ons is baie bly jy gaan ook Mei maand noord.   :deal: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: LRFan on March 12, 2020, 12:07:42 pm
Baie lekker man, taniie Vis ry darem daai 250 dat die stof staan. Hoop knie word gou better is maar 'n veter so knie.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Mev Vis Arend on March 12, 2020, 12:35:44 pm
Baie lekker man, taniie Vis ry darem daai 250 dat die stof staan. Hoop knie word gou better is maar 'n veter so knie.

 :lol8: :lol8: :lol8: :lol8:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 12, 2020, 12:56:06 pm
Baie lekker man, taniie Vis ry darem daai 250 dat die stof staan. Hoop knie word gou better is maar 'n veter so knie.

Dankie en dankie vir die beterwense van die knie, maar hy het nie 'n keuse nie, hy weet net nog nie hoe hardegat ek is nie.   :lol8:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: HB 9 on March 12, 2020, 05:46:15 pm
Demmit!! Nog 'n uit die boeke RR!! Baie dankie Visarende!!

Is die knie nou die ander knie? Jy het mos al 'n knie vervanging gehad as ek reg onthou...

Baie sterkte en hoop alles verloop vlot!

YSTERS!!! :deal:  :deal:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 12, 2020, 07:54:21 pm
Demmit!! Nog 'n uit die boeke RR!! Baie dankie Visarende!!

Is die knie nou die ander knie? Jy het mos al 'n knie vervanging gehad as ek reg onthou...

Baie sterkte en hoop alles verloop vlot!

YSTERS!!! :deal:  :deal:

Dankbaar. 

Yip, die anner knie het besluit om sy maatjie te join.   :eek7:  Die regter kant se knie wat baie vroeer vervang is is beter as nuut.   :thumleft: :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: JACOVV on March 14, 2020, 05:01:18 pm
Jinne.  Ek het nou lekker gelees.

Dis 'n trip duisend - dis eintlik hoe dit moet wees.......

Sien Nannie beweeg met daai rooi fiets.  :deal: :deal:

So jy is nou sonder bril en knieg  ???  Sterkte my maat.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Mev Vis Arend on March 14, 2020, 09:55:56 pm
Jinne.  Ek het nou lekker gelees.

Dis 'n trip duisend - dis eintlik hoe dit moet wees.......

Sien Nannie beweeg met daai rooi fiets.  :deal: :deal:

So jy is nou sonder bril en knieg  ???  Sterkte my maat.

Thanks, Jaco.  Die trip was bevange.  Jy moet vir 'n slag nou saam kom.  Ek gaan niks s oor die knie en die bril nie.   8) :o
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: JACOVV on March 16, 2020, 07:13:20 am
Ons moet weer ry soos toe ons nog jonk was  :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Mev Vis Arend on March 16, 2020, 07:25:42 am
Ons moet weer ry soos toe ons nog jonk was  :thumleft:

Wie is oud ? :o :o

Ek is iewers tussen 16 en 20 met nog 'n paar jaar ondervinding by  :lol8: :lol8:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: DUSTRIDERS on March 16, 2020, 10:36:17 am
Ons moet weer ry soos toe ons nog jonk was  :thumleft:

Wie is oud ? :o :o

Ek is iewers tussen 16 en 20 met nog 'n paar jaar ondervinding by  :lol8: :lol8:
Is dit wat jy vir jou lyf probeer wys maak as jy soggens uit die tent kruip!! ;) :lol8:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Mev Vis Arend on March 16, 2020, 10:47:47 am
Ons moet weer ry soos toe ons nog jonk was  :thumleft:

Wie is oud ? :o :o

Ek is iewers tussen 16 en 20 met nog 'n paar jaar ondervinding by  :lol8: :lol8:
Is dit wat jy vir jou lyf probeer wys maak as jy soggens uit die tent kruip!! ;) :lol8:

Jy ken my te goed.   8)
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: DUSTRIDERS on March 16, 2020, 11:06:56 am
Ons moet weer ry soos toe ons nog jonk was  :thumleft:

Wie is oud ? :o :o

Ek is iewers tussen 16 en 20 met nog 'n paar jaar ondervinding by  :lol8: :lol8:
Is dit wat jy vir jou lyf probeer wys maak as jy soggens uit die tent kruip!! ;) :lol8:

Jy ken my te goed.   8)
Ek leef by die gesegde wat n ou skeerder op n dag in die skeerhok kwyt geraak het. Hy het ges hy het op n kol by n ou duisman geskeer wat ges het as jy oor die 50 is en jy word die more sonder n pyn aan jou lyf wakker moet jy weet jy is stil in jou slaap dood!! ;) :lol8: :imaposer:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Kortbroek on March 16, 2020, 11:15:44 am
Baie lekker RR die.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Man from Nam on March 25, 2020, 07:29:31 am
Dankie julle twee dit is weer 'n wenner RR. Julle weet darem net hoe om die lewe te geniet.

Sy is maar eensaam na die skielike en ontydige dood van haar man in Augustus.
Is hulle van Knouwds? Laas jaar in Augustus tydens die Land Rover Trophy daar anderkant Keetmanshoop was daar Knouwds mense wat ook die event by gewoon het en daar en dan by die Land Rover Owners Namibia aangesluit het en die man is 'n week later skielik oorlede.  Ek sien jou vriendin het net Toyotas en het maar net gewonder.

Groete by die huis, jammer ons het nie mekaar gesien toe julle hier naby ons very is nie.
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on March 25, 2020, 03:44:32 pm

Dankie my vriend.   :thumleft:  :thumleft:

Nee, hulle van is Heunis, en ja, hulle het 'n spul Toyota's, Land Cruiser,  Fortuna en Hilux.  Dan natuurlik 2 van daai draadkarre (Uri'es).  Maar sy gaan goed aan, sy doen haar ding, is tot nou besig om huis te rewamp.   
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: weskus on April 06, 2020, 09:58:43 am
Lekker om weer 'n RR van die Arende te lees Louis. Toe jy daai knie-storie vertel en s jy voel sommer iets is nie reg nie toe kry ek my 11 Januarie se valletjie se gedagte en my diagnose was toe reg..

Ek moes self vir ACL rekonstruksie gaan en MCL/PCL alles afgeskeur teen slakkepas. agterste kruisligament hang darem nog aan 'n aar :) Sterkte, ek is 27 Jan opereer en het 'n week gelede die brace en krukke gelos, been is maar nog onstabiel maar ek oefen hom.. nou bietjie langer as 2 mnde terug maar Dr s ek is bietjie haastig..

Ek sien jul geniet die klein fietsies..
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on April 06, 2020, 10:09:47 am
Dankie Dewald.   Yip daai kleiner fietse gee my net meer genot as die groot swaar goed.  Hy het sy beperkings, maar ek kan daarme saamleef.   :thumleft:

Daai knie storie is maar 'n wetter.  Dr kan eers oor 6 maande of langer op, intussen is ek heeldag aan die gang met die brace.  As ek die brace afhaal wil ek om moer.
 Wat jou knie aanbetref dink ek ook jy is so effe haastig.  Probeer maar solank as moontlik daai brace dra sonder dat die been/knie lui raak. 

Sterkte met daai knieg en groete.    :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: weskus on April 06, 2020, 10:28:08 am
Ja ek dink met deesdae se betroubare kleiner fietse is dit eintlik die rigting om te gaan. Wat die knie aanbetref oefen ek hom maar so veel moontlik. Ek kan al trappe opklim maar af is maar 'n storie, mens kan nie glo hoe swak jou been raak sonder 2 mnd'e se oefening. Maar ek het mos darem nog die ouderdom aan my kant. Sterkte ou maat, laat wrk maar daai knie sodra jy kan. Intussen kan jy vir ons nog RR's skryf  :deal:Ek was nou lank nie baie aktief op forum. Het jy die 2 groot fietse en karretjie gehou?
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on April 06, 2020, 12:44:11 pm
S10 verkoop, ons het nog net die XR650L, dan die crf250l en crf250 rally.  Die karretjie is nog daar, eintlik mos die vrou sin, so as ek hom verkoop kan ek net so wel my eie begfranisdiens reel.   :eek7: 

Die groot rr's kom, hulle moet net die tralies oopmaak, dan skuur ons weer gat.  Ons is eintlik Mei oppad Nam toe, Kaokoland/Damaraland.   :thumleft:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: JACOVV on April 06, 2020, 01:48:16 pm
S10 verkoop, ons het nog net die XR650L, dan die crf250l en crf250 rally.  Die karretjie is nog daar, eintlik mos die vrou sin, so as ek hom verkoop kan ek net so wel my eie begfranisdiens reel.   :eek7: 

Die groot rr's kom, hulle moet net die tralies oopmaak, dan skuur ons weer gat.  Ons is eintlik Mei oppad Nam toe, Kaokoland/Damaraland.   :thumleft:

Sorg net dat daar koek en tee is asb  :deal: :imaposer: :imaposer:

Ek dog daai 250 is al weg?
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: Vis Arend on April 06, 2020, 02:10:36 pm
S10 verkoop, ons het nog net die XR650L, dan die crf250l en crf250 rally.  Die karretjie is nog daar, eintlik mos die vrou sin, so as ek hom verkoop kan ek net so wel my eie begfranisdiens reel.   :eek7: 

Die groot rr's kom, hulle moet net die tralies oopmaak, dan skuur ons weer gat.  Ons is eintlik Mei oppad Nam toe, Kaokoland/Damaraland.   :thumleft:

Sorg net dat daar koek en tee is asb  :deal: :imaposer: :imaposer:

Ek dog daai 250 is al weg?

Hom op die ou end teruggekoop.   :eek7:  Hy ry darem te lekker.   :biggrin:
Title: Re: VIS ARENDE IS WEER NAMIBIA TOE, DAREM NET DIE SUIDE
Post by: 4 Kays on April 07, 2020, 10:46:08 am
Baie lekker gelees Arende!!

Bly om die 2 blikbekers nog te sien  :thumleft:

Groete