Wild Dog Adventure Riding

General => About South Africa... => Topic started by: Dorsland on April 24, 2020, 02:38:25 pm

Title: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on April 24, 2020, 02:38:25 pm
Met al die nuus oor virusse en hoe springkane daarby gaan baat het ek toe skoon vergeet om te vertel van my tradisionele springkaanswerms waardeur ek onlangs oppad dorp toe gery het.

Daar was 4 groot swerms gewees, reeds verby voetgangerstadium en vlieg sterk oppad ranteveld toe om te gaan eiers lÍ.  Die manne sÍ as ons mooi reŽn kry in die voorjaar gaan daar hier Desember se kant toe aansienlike springkane in die Karoo en Noord-Kaap wees. 

Dis nogal aardig om die swerms so te sien, miljoene en miljoene van hulle.  Op die video kan mens sien waar hulle daar van die vlaktes soos mis opstyg en in 'n wolk aangevlieg kom.  Daar waar hulle land is dit hordes van hulle wat so kriŽoel soos mens deurstap.  Wat my effe onrustig stel is ek het gisteraand so 10 van hulle hier om die huis opgemerk.  Hulle tyd is eintlik al verby en diť sal binne die volgende week of wat vrek nadat hulle reeds hulle eiers gelÍ het.  Ek wonder maar hoe dit voorentoe gaan lyk Desember se kant toe.

Eks taan reg om die voetgangers daai tyd te spuit.  Regering doen mos deesdae niks nie of bitter min hieraan.

Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on April 24, 2020, 02:40:04 pm
Kyk hoe sit hulle die struike toe dat hulle sommer so hang van die gewig.

Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on April 24, 2020, 02:41:40 pm
Die volwassenes is effe kleiner as my vinger.  Die tweede foto vanoggend hier by die agterdeur geneem. Kyk hoe mooi is hulle eintlik, pragtige patrone en kleure op die insek.  Kyk daai fyn patroon op die springkaan se "bobeen" in die tweede foto.
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: 4 Kays on April 24, 2020, 03:03:19 pm
Dors, die probleem is hul vreet jou veld op.

Jare terug kontrak gehad om hulle te spuit met gif wat ons by die staat gekry het.

Hoop nie hulle broei op jou plek uit nie
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: GeenSand on April 24, 2020, 03:27:06 pm
Ek weet nog altyd van hulle het ook in my kinder dae help springkane spuit met 2slag rugsak spuite. Groter swerms is met doublebenix en turbiene spuit agter op ford f100 in die aand gespuit.

Hulle broei uit in die weste en trek oos.. nou my vraag nog altyd was hoe kom die eiers dan weer in die weste om daar uit tebroei...?

Sent from my SM-A605F using Tapatalk

Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Kaboef on April 24, 2020, 03:38:10 pm
'n Boer het my op n tyd vertel toe die springkane nog gespuit is, het dit die jakkalse steriel gemaak as hulle die dooie springkane eet.

So het die jakkalspopulasies ook onder beheer gebly.

Weet nie hoe waar dit is nie?


Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Kortbroek on April 24, 2020, 03:40:08 pm
Ek onthou as kind het my Oom hulle in die karoo spuite op hulle bakkies monteer om springkane te spuit. Ek dink dit spuite en gif was deur dept. Landbou geborg. Verbaas hulle is nie meer met dit doenig nie. Ek sien dept. Landbou spuit steeds die muggies op die benede Oranjerivier.
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: RobC on April 24, 2020, 03:48:58 pm
Ek weet nog altyd van hulle het ook in my kinder dae help springkane spuit met 2slag rugsak spuite. Groter swerms is met doublebenix en turbiene spuit agter op ford f100 in die aand gespuit.

Hulle broei uit in die weste en trek oos.. nou my vraag nog altyd was hoe kom die eiers dan weer in die weste om daar uit tebroei...?

Sent from my SM-A605F using Tapatalk
Daar is altyd 'n host kolonies aan die westekant van Afrika, waneer hulle lekker reen kry trek hulle oos waneer daar groot getalle uitbroei. As dit min reen dan broei net 'n paar uit... maar na 'n paar seisoene se eiers le bou die aantal weer op om te swerm.
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on April 24, 2020, 04:03:41 pm
Sover ek weet is daai DoubleBendix (sp) nie meer beskikbaar nie.  Ek hoor so om die braaivleisvure hulle spuit voetgangers met Dazzle aangemaak soos dip.  Weet iemand iets daarvan?  Gedink ek gaan die voetgangerswerms dan sommer met die brandspuit spuit as ek hulle later vanjaar gewaar.
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on April 24, 2020, 04:05:12 pm
Dors, die probleem is hul vreet jou veld op.

Jare terug kontrak gehad om hulle te spuit met gif wat ons by die staat gekry het.

Hoop nie hulle broei op jou plek uit nie

Dis die moerse groot probleem ja @4 Kays.  Daai goed trek soos 'n stroper oor die veld, bly feitlik niks agter nie.  Julle ook daai DoubleBendix goeters gespuit?
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: TrailBlazer on April 24, 2020, 04:27:17 pm
En so lyk 'n cropsprayer wat hulle dood gespuit het...
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on April 24, 2020, 04:48:10 pm
Dit kan mos maak dat daai vliegtuig se enjin kan gaan staan as sy verkoeler so verstop is of hoe?
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: ChrisL - DUSTRIDERS on April 24, 2020, 04:54:43 pm
Dit kan mos maak dat daai vliegtuig se enjin kan gaan staan as sy verkoeler so verstop is of hoe?
Nee davoor moet daai groot fan aan die voorkant van die vliegtuig eers gaan staan ;) :lol8:
Dorsland ek hoop die euwel bly jou grond gespaar, sprinkane en hoe sommige mense in Afrika noord van ons boer is vir my baie dieselfde. :(
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Rotax650 on April 24, 2020, 06:15:39 pm
Gif spuit op springkane het natuurlik groot impak op die res van die voedselketting verder op, soos klein roofdiere, bakore, roofvoels ens wat die springkane in groot getalle verorber.  Impak op die veeboer se weiveld egter ook vernietigend.
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Oubones on April 24, 2020, 06:27:14 pm
Sover ek weet is Doublebendix (sp) lankal nie meer beskikbaar nie agv al die ander goed wat geaffekteer was.
Ek onthou nog toe ek by Landbou was hoe dit sommer nag geword het wanneer daardie swerms lug toe gaan en hoe hulle die veld vreet dat net droŽ stokke oorbly.
Ek was nie in daai dept nie, maar het wel deur die veld gery waar sulke swerms deur is en dit was erg.
Hulle het tot met groot nette proewe gedoen op 'n stadium.
Ek hoop regtig jou veld word nie so gestraf nie!
Sterkte
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on April 24, 2020, 06:31:48 pm
Dis baie waar Rotax en iets wat ek beslis in ag neem. Dis een van die redes hoekom DoubleBendix en DDT nie meer gebruik mag word nie. Hulle het eenvoudig tť lank geneem om die die natuur tot onskadelikheid af te breek.

Ek was vir baie jare nou by die AasvoŽl en RoofvoŽl Studiegroepe asook die Gifstofwerkgroep van die EWT betrokke gewees. Ek ken vir Gerhard Verdoorn goed.

Sover moontlik werk ek saam, en nie teen die natuur nie. Springkane kan, soos onbeheerde olifantgetalle in die Botswana wildparke, die omgewing so erg verniel dat die die oorlewing van ander spesies in die natuur in gedrang kom. Ek werk so omsigtig moontlik met gifstowwe.

Dankie dat jy oor die natuur besorg is, ek deel jou gevoel.
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: TrailBlazer on April 24, 2020, 07:04:00 pm
Johan, siver ek weet is daai vliegtuig toegerus met 'n turbine enjin. Daai opening sal seker sy intake wees. Ek praat inder korreksie want ek is nie op hoogte met die klein goeters nie.
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: 4 Kays on April 26, 2020, 10:38:47 am
Dors, die probleem is hul vreet jou veld op.

Jare terug kontrak gehad om hulle te spuit met gif wat ons by die staat gekry het.

Hoop nie hulle broei op jou plek uit nie

Dis die moerse groot probleem ja @4 Kays.  Daai goed trek soos 'n stroper oor die veld, bly feitlik niks agter nie.  Julle ook daai DoubleBendix goeters gespuit?

Ek kan nie die goed se naam onthou nie. Ons het die gif in 210 L dromme gekry en dan deur die nag gaan spuit.

Bly om te hoor jy het reen gekry, :thumleft:
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on September 27, 2020, 01:50:45 pm
Vanoggend so 'n ent gaan ry.  KÍrels, ons akkies hier innie Karoo is geboek as dit so vroeg al lyk vannie voetgangers.  Ek het kortkort sulke kolomme gekry.  Stap mens 'n ent die veld in dan kom hulle soos strome aan.

Daar gaan gespuit moet word.  Mens wonder net omtrent die regering se vermoŽns om diť swerms te bekamp.

Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Kaboef on September 27, 2020, 02:29:19 pm
Die regering sal seker besluit hulle moet lockdown.



Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Dorsland on September 27, 2020, 02:30:48 pm
Hulle soort springkane saai baie meer verwoesting Kaboef
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Oubones on September 27, 2020, 04:40:45 pm
Ai, as hulle so loop dan kom die moeilikheid en van goewerment kan julle niks verwag!
Ek hoop maar dan jy nie groot swerm oor jou plaas kry nie en dat jy nie te veel skade opdoen nie!
Title: Re: Springkaanswerms in die Karoo
Post by: Hinksding on September 27, 2020, 10:35:24 pm
My Pa het altyd gesÍ,  die jaar wat daar springkane in die Boesmanland uitbroei, is daar in elkgeval genoeg kos vir skaap en insek.

Die Chappies papier het dit nie gesÍ nie, but did you know:  Wanneer die voetgangers hier by ons trek, en hulle oor die Sishen Saldanha spoorlyn gaan, koek hulle in hordes en klouter bo-oor mekaar om oor die spoorlyn te kom.

Wanneer die trein kom trap hy die affÍre so sous dat die trein aan die skop raak op die spoor. Die lokomotiewe verloor heeltemal traksie op die spoor en die klein fokkertjies bring die magtige trein tot stilstand. I kid you not!

My Pa het ook gesÍ die trein vs springkaan laat dink hom huidiglik aan ons land se toestand. "As jy net genoeg onnoselheid het, wat kan hop en spring bring jy die hele land tot stilstand. Jyt nie breins nodig daarvoor nie.

Noutoe, daar verdraai ek amper ou Dors se insek thread in n R&P klipgooiery. :imaposer: