Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Adriaan.theron on July 31, 2020, 07:45:43 am

Title: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on July 31, 2020, 07:45:43 am
Dags,

So, met al die Covid rels en regulasies het ons besluit, genoeg is genoeg, ons het bietjie vars lug gemeng met n bietjie avontuur nodig. Ons wou n pad ry wat ons nie ken nie.

Right, so aan die begin van laasweek bel Cobus my en vertel my dat ons n draai moet gaan ry, hy is nou gatvol vir alles en moet net bietjie wegkom. Ek stem saam en s ek is in, hy moet net s waarheen. Ons opsies hier in die Wes-Kaap is toe Baviaanskloof of Weskus teen die see langs op tot by Hondeklip baai.  Meeste van die span het al die Baviaans gedoen, so die keuse was maklik. Hondeklip baai toe (Dogstone bay for those of you who are English).

Voor ons begin, laat ek net gou almal voorstel, van links na regs, ek, BJ, Danie en Cobus. Ek, Danie en Cobus was saam op skool, terwyl Cobus en BJ se paaie met die GS Trophy gekruis het.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/7b32f93d43e4f79e808bb798d9cce138.jpg)

Dag 1: Vrydag 24 Aug 240km

Vrydag middag 13:00 vertrek ons almal by ons huise, ek kry vir Cobus in Gouda en ons tel vir vir Danie in Citrusdal op. Vandaar af vat ons die grondpad al teen die rivier af tot in Clainwilliam waar ons toe vir BJ kry.

Ons ry toe weer van daar af al teen die rivier af verby Bulshoek dam tot ons n ander skool vriend (Wian) in Trawal kry. Hy vat ons toe na so sand kol toe met n duin of drie, sodat ons so bietjie kan opwarm vir die volgende dag. Ek moet s, ek het al vergeet hoe sand n mens kan laat sukkel!

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/f332ebe1690bee57aaa0606b9f3e2708.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/a9aba4ba685fd408e679c4facb8f14b7.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/150540aa04477da477d69c65ecf2da67.jpg)

Dit was nie lank nie, toe groet die son ons en dis toe tyd vir aandete. Wian het gereel dat ons Wayne en Chanti van Nama Bike Camp spesiaal vir ons oopmaak. Dit was n wenner, spare ribs, chips en koolslaai. Natuurlik saam met n vuil coke en nog so paar ander verversingtjies. Great plek, gaan maak gerus n draai of slaap oor as julle in die omgewing is. Van daar af is ons na Wian se huis toe om gou ons roete vir die volgende dag te gaan beplan en op die GPS te laai.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-27 Jul
Post by: stcomza on July 31, 2020, 08:01:11 am

Ek ry lekker saam  :thumleft:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-27 Jul
Post by: Grunder on July 31, 2020, 08:06:32 am
 :sip:
Title: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on July 31, 2020, 08:27:24 am
Dag 2: Saterdag 25 Jul 280km

Die Saterdag het ons eers n lekker plaas ontbyt ingewerk voor ons in die pad geval het. Na die vorige aand se sand spelery het ons gesien dat die bietjie rehidrate wat ons ingepak het hopeloos te min gaan wees vir wat voorl. Ons stop eers in Vredendal, stock op met n baar boksies en sommer nog n dosyn 500ml waterbotteltjies wat in al wat n oop gat is ingedruk is.

In Lutzville stop ons vir n laaste bietjie petrol voor ons  grondpd aandurf. By Koekenaap draai ons links, Tormin myn se kant toe.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/ace467cf61087fb98708817bc2208913.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/1cb94df39520584f0330edfd214063c2.jpg)


Ons ry by n klomp windlaaiers verby en moes toe eers stop om te wonder wat die ingang vir Eskom gekos het om te bou. Hopelik is die vlerk n spare vir as die k@k eendag een van die fans tref.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/debb1a5d9862739277d0f755744b33cb.jpg)


Na ons by die myn verby is, ry ons in n groot dam vas, ook bekend as die Atlantiese oseaan. Ons kry ook die eerste hek van vele. Elkeen kry n beurt om voor te ry, wat beteken jy maak die volgende hek oop en toe en val weer agter in die ry in. Ons het n hele paar keer roteer.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/d6e92a189fc37017f3749166a9bc0c57.jpg)


Na ons vir Namakwa Sands aan ons regterkant gekry het, het my idee van waar ons trek heeltemal verdwyn. Ek het net geweet solank die see aan ons linkerkant is, is ons op die regte pad. Gelukkig verstaan BJ sy GPS goed so hy het ons mooi op koers gehou.

Ons ry toe so al tussen die groot pad en die tweespoor pad teen die kus op.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/1767d1292445b0497c8446ebe7c609d0.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/1697c7fd2018656072f59b8fb6c029c6.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/f75bed8f4818705e3d38e11e433f2550.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/d709735b08999e76980e3aa91550aa05.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/759adb24b236219d471460a62bf79108.jpg)


Ons het so 13h00 se kant gestop vir n vinnige middag ete (winegums en zoo koekies) en verder gery. Ons was effens agter skedule.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/3dd573b8c01772c2e3da6ae53793646b.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/f25bb2bb556782b234de487c033bdda2.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/3ef22537c7f77e1386583c8d0275c879.jpg)

So net voor 15h00 ry ons eers by Groenrivier se hek in. Ons het almal Wes-Kaap nommerplate so toe wonder ons nou al n hele ruk of hulle ons gaan inlaat by die park, want tegnies is ons  lankal nie meer in ons eie provinsie nie. Ons besluit toe ons gaan maar net s ons is oppad Hondeklip baai toe en dan moet hulle maar s ons ons kan ry of nie.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/4fc21cb9caf2e7ae99d750fb2dd9891a.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/1a95e1349bc30a1e6f8be80cff4cbea8.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/e1e04a2055067b456a74ae4f3bbc929f.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/ad348f4e7bd556030f278ccdc1c4f5ef.jpg)


Ons vul toe die vraelys in en laat die man ons koors neem. Niemand van ons was by n begrafnis nie(dis die belangrikste vraag op die lys klink dit my), so toe kon ons betaal en verder ry.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/fa461bc84746cb6f696ecdc92ad770ff.jpg)

Alles het goed gegaan en almal het n beurt gekry om in die sand om te val (party harder as ander), maar dit was lekker. Die dele wat hulle s sagte sand, bedoel hulle SAGTE DIK SAND.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/19958ed63e3ff48ab4b745432bbff9b4.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/ee76b2e2eb89d4423848a9875e4d38db.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/6920c93147510d16ba0b7a22379c96e9.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/2bedd6e644727e0f752a18f913995ae3.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/fbbf39e8ae4bba1c029889fdc5a379a8.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/6cd5f11c00569d8a0c3c7e2b400a9093.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/96af57af87b0b32291893ccec2d5aa03.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/87dcf4206d48e01af64f1d8cbf5b993f.jpg)

Toe ons amper deur die park os het ons eers bietjie geleendheid gekry om te verdwaal. Net voor die Spoegrivier. Ons moes regs draai, maar die GPS het ges reguit, so toe gaan ons reguit. Ons het toe op die GPS se pad gehou tot ons by n hek gekom het wat gesluit is. Ons was te ver om om te draai en ons kon nie op die pad aanry nie so toe vat ons die pad teen dIe lyndraad af, iewers moet daar mos n hek wees?

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/a45223aad1bf7978155fb094e46b1af5.jpg)

Ja, daardie hek het nie gou gekom nie. Later het die son begin sak en my petrol liggie het ook begin flikker. Die sand was nie goed vir my brandstof verbruik nie. Ons wou klaar kry, mens sien dit nou in die hoeveelheid fotos wat geneem is, daar is amper niks. Net n video of twee wat ek nou hIer kan oplaai nie.

Toe ons teen 18:00 sien dat ons ons nie betyds by ons blyplek gaan wees nie het ons vir Emdi van Honne Pondokkies gebel en gevra of daar nog iewers n plek sal oop wees waar ons iets kan kry om te braai. Die antwoord was nee en dat die hele dorp al toe sou wees teen die tyd wat ons daar aankom, maar sy het ges sy sal gou vir ons n plan maak. 

Ons kom toe so net na 19:00 die baai van Honde klippe ingery, donker, toe onder die mis en die luggie is  sommer lekker skerp, 100% Weskus. In by Honne Pondokkies se hek ons ons word met hope vriendelikeheid en gasvryheid ontvang.

Emdi het vir ons n bo-baas aandete aan mekaar geslaan. n  Lekker knoffel broodjie, noodle slaai, aartappel slaai en n monster snoek wat ons net op die kole moes tan. Hulle s mos nou honger is die beste kok, maar ek is seker daarvan dit sou met so lekker gewees het al was ons nie so rasend hongr nie.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/44618fb7a0f25ea456ae2a10b5efd03e.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/1ef24cfba0d436974b66bc3c556f49ca.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/0d49335d1f5ae79974af9641fc58158e.jpg)

Almal het deur die loop van die aand gou in die stort gespring en teen die tyd wat dit ligte uit was het niemand gemoan dat hulle nie kon slaap nie. Daar was nie eers kan vir iemand om te snork nie. Dood, doder, doodste, ons 4. 


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-27 Jul
Post by: Oubones on July 31, 2020, 08:37:42 am
Ag lekker!
Ek wil nog dik sand met my dakar gaan probeer :peepwall:
Dankie vir die saamvat so op die skerm saam!
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-27 Jul
Post by: Black_Hawk on July 31, 2020, 08:48:22 am
Dit lyk na 'b baie lekker trippie, baie dankie vir die deel sover  :thumleft:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-27 Jul
Post by: Adriaan.theron on July 31, 2020, 09:25:34 am
Dag 3: Sondag 26 Jul 600km

Ons het die vorige dag met ons aankoms al ons ontbyt vir die Sondag oggend vasgemaak. Weereens n wenner, eiers, worsies, bacon, mince, kompressie pitte (baked beans) en nog n paar goedjies, ek kan nie nou alles onthou nie, maar glo my, dit geloop soos daardie tannie met die pink crocks...

Na ontbyt het ons gou bande gepomp, want ons was eers klaar gesand vir die naweek. Daarna moes ons eers gaan kyk waar ons is aangesien ons in donkerte daar aangekom het. Na ons so kort draaitjie deur die dorp gery het slaan ons toe Garies se rigting in.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/0558d0159c02e30ce405e7d73d8b0edf.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/4b5c6ae2b2fbe73df9f3bf15e3be4adc.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/3007763b7eff770270b6873b72392e4b.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200731/c63ce7434a2f8cbab3543221bbe998f9.jpg)


To be continued... Die app op my foon s nou ek het my image upload cap vir die maand bereik... Ek sal VOOOOLGENDE maand die laaste stukkie opsit (mre).


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-27 Jul
Post by: HB 9 on July 31, 2020, 09:26:45 am
Awesome adventure!!  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Hang die pette nog in die Hondehokke se drinkplek?
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Noneking on July 31, 2020, 09:48:50 am
Baie nice!!
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: DUSTRIDERS on July 31, 2020, 10:02:13 am
My respek dat julle daai stuk sand met die tenkwaens aangedurf het!!! :thumleft:
Nou verlang ek Weskus toe ok sonder toemis. ;)
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: cndavel on July 31, 2020, 10:05:39 am
Impressive! Daai is dik sand!
Die trippie is op my lys....


Sent from my SM-A307FN using Tapatalk

Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: dieterf on July 31, 2020, 10:11:42 am
Kan jy asseblief die roete download en pos?
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Frannarossi on July 31, 2020, 10:36:35 am
Lekker man! :thumleft:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Heimer on July 31, 2020, 10:42:55 am
Lekker om te sien daar is manne wat nog  fiks genoeg is vir daai sand. My dae van so ry is oor.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on July 31, 2020, 02:18:04 pm
Kan jy asseblief die roete download en pos?

Die ding is nou net net te groot om hier op te sit. Stuur my 'n DM met jou email en stuur hom.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: DUSTRIDERS on July 31, 2020, 02:24:24 pm
Kan jy asseblief die roete download en pos?

Die ding is nou net net te groot om hier op te sit. Stuur my 'n DM met jou email en stuur hom.
Jy kan net daai roete verander deur die grondpad afdraai links na Koekenaap se kruis af te draai. Julle het links gegaan by Koekenaap se kruis en bietjie gezigzag.
Die regte afdraai se bord s Skaapvlei of soms Skaapvleis as iemand ywerig met n cokipen was!! ;) :lol8:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: skydiver on July 31, 2020, 05:13:55 pm
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on July 31, 2020, 07:11:45 pm
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
En n AT. Dan was almal daar. Ek het net nie AT ry maatjies hier in die Kaap nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: skydiver on July 31, 2020, 09:08:29 pm
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
En n AT. Dan was almal daar. Ek het net nie AT ry maatjies hier in die Kaap nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nooi vir @Dorsland om saam te ry.
Daai AT van hom staan en stof opgaar in sy stoor.   :peepwall:
Title: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on August 01, 2020, 08:23:53 am
Nuwe maand, nuwe image upload cap. Hier is die laaste stukkie:

Ons het GEDOG daar sal n petrol pomp in Hondeklip baai wees wat op n Sondag oop is, maar ons almal weet wat Dog gedoen het. Ek was reeds 20km op my reserve, waarvan 15km ernstige sagte sand was, so dors was n understatement. Ek het geweet my petrol sal opraak, die vraag was net wanneer. Kilometer 47 vanaf Hondeklip baai,  het ons toe uitgevind. Dis ook toe ons onthou dat ons nooit die stukkie tuinslang by Wian gevat het wat ons ges het ons moes onthou nie. Gelukkig het BJ twee bladders vir sy baadjie, elkeen met sy eie suigpyp. Ons kon een pyp toe gebruik vir die baie belangrike bloed oortapping. Ons vind toe uit dat die pyp te kort is, met een van dis GSe op n walletjie en myne onder kon ons nie die pyp diep genoeg in die tenk kry sodat die ander kant in my tenk kan uitloop nie.

Ons het ook die vorige aand al die le plastiek botteltjies weggegooi, want wie gaan dit nou nodig kry? Ons soek toe maar daar langs die pad vir n holding, want ongelukkig is daar mense in ons land wat mos alles behalwe hulself by hulle karre se ruite uitgooi inplaas van in n drom. Na minder as 2 minute se soek tel Danie n le Castle Lite botteltjie op. Nog met sy doppie op gedraai, asof hulle geweet het iemand gaan n skoon botteltjie nodig h. Ons spoel die laaste 3 druppels bier met petrol uit en begin toe die oortapping. 9 Castles later (3 liter) besluit darem vir Garies behoort te haal.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/722b9d18ed29638c1773fef4bfd9fb7a.jpg)

Oppad Garies toe.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/cde83a7a22de174087b5673411f3df25.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/ba4d668c85f1d319d1af1c51760f5501.jpg)

Toe ons Garies inry slaan Danie se range ook nul, gelukkig was die garage in sig en dit was nie weer nodig vir n pyp suig oefening nie. Petrol smaak KAK en dit steek lank vas!!!

By die garage het ons petrol ingegooi, met almal daar gesels om te hoor waar die provinsiale padblokkade is en n paar snacks vir die pad gekoop. Volgens die mense daar was die padblokkade so 5-10km suid van Garies. Dit was vir ons goeie nuus, want dit beteken ons kan weer grondpad vat. Ons ry toe jn n noordelike rigting uit Garies, onder deur die N7, Kliprand toe. Ek het nou nie naam of nommer van die pad nie, maar hy sluit aan by die R355. Lekker pad en die wreld daar is mooi, iets heeltemal anders as wat ons hier in die Kaap gewoond is.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/51570beac696b429f6beb0d6c9544131.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/84842f76973c50694dfe2766e24581d0.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/1e0750fa1bdab2b2c4cc91dcf0d4396e.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/d4bdc1c8549b9f1f3fca07ea78b7cb22.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/963f782489faf3af3b00ed56f27a73ad.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/68cfd8fa619e8dd95848e0588d5404b1.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/b4eaa1e8c45cfd3028f4fedd307f1ffb.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/9606f681bb9305ff2b3f1c8f9cb76f15.jpg)

By Kliprand was daar nie veel om te sien nie, so toe stop ons maar so 5 of wat kilometer verder in die pad af en eet n paar koekies en winegums. Ons draai toe links op n pad wat daar deur die Knersvlakke loop en ons kom toe tussen Vanrhynsdorp en Nuwerus op die N7 uit.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/1b0eca8e6da951a81f582d4b4d9a7b6d.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/45cdfb98380df5572beac914aecfeadd.jpg)
(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/954df30f51791e7f9c016bd66713f4c9.jpg)

Weer links, Vanrhynsdorp toe. Ons stop toe so 15:30 in Vanrhynsdorp. Gooi gou petrol in en van die manne is toe lus vir n garage pie. Vandaar af was dit al die pad teerpad huistoe sodat dit nie weer donker raak nie. Dit het wel daar van Citrusdal af begin koud raak dat ek eers moes stop om al die vents in my baadjie toe te maak.

Wat het ek geleer uit die trip?

- Ry n stukkie pyp saam, plus n botteltjie ding.
- Daar in nog baie mooi plekke om in ons land te gaan verken.
- Die mens is maar n treurige ding, oorals waar daar gemyn was destyds lyk dit of dit net so gelos is en nou is dit in parkke omskep sodat die natuur dit met die tyd weer moet herstel.
- As jy begin dink jou agter tyre is moeg, moet jy hom maar vervang as jy beplan om so sand uitstappie te doen... Ek wens ek kan myself gou tot daar by Groenrivier pos en kyk of die sand nou bietjie makliker sal wees. Atlantis is ook seker n alternatief.

(https://uploads.tapatalk-cdn.com/20200801/26053bf77db267c5e48f9b72991261af.jpg)

En dis dit. Fluit, fluit, my storie is uit. Tot volgende keer.

Groete
Adriaan


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on August 01, 2020, 08:37:14 am
Awesome adventure!!  :thumleft: :thumleft: :thumleft:

Hang die pette nog in die Hondehokke se drinkplek?
Ek sal nou nie met sekerheid kan s nie, ons het nie daar uitgekom nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Dorsland on August 01, 2020, 10:04:49 am
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
En n AT. Dan was almal daar. Ek het net nie AT ry maatjies hier in die Kaap nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nooi vir @Dorsland om saam te ry.
Daai AT van hom staan en stof opgaar in sy stoor.   :peepwall:
Hoorie Stofduiker, die enigste stof wat my AT op hom kry is Karoo grondpad stof. Ek RY my fiets. Gaan nie weer die fout maak wat ek met my Tener gemaak het nie.

En jy moenie vergeet dat dit eintlik jou blerrie skuld is dat ek, midde in 'n grendeltydperk, 'n fiets gekoop het nie. Ja jy, ek hou jou dorp.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Dorsland on August 01, 2020, 10:06:34 am
Lekker storie en kiekies van julle 4 musketiers Adriaan. Veral in daai sand met sulke groot aanvalstenks
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Kaboef on August 01, 2020, 10:51:07 am
Ek raak sommer kortasem as ek daai fotos sien. Daai sandpad is harde werk op n groot bike. Respek.

Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: skydiver on August 01, 2020, 12:26:57 pm
Lyk na 'n lekker uitstappie
Een van julle moes nou net 'n 1000 V-Strom gery het dan was die (liter +) brands goed verteenwoordig
En n AT. Dan was almal daar. Ek het net nie AT ry maatjies hier in die Kaap nie


Sent from my iPhone using Tapatalk
Nooi vir @Dorsland om saam te ry.
Daai AT van hom staan en stof opgaar in sy stoor.   :peepwall:
Hoorie Stofduiker, die enigste stof wat my AT op hom kry is Karoo grondpad stof. Ek RY my fiets. Gaan nie weer die fout maak wat ek met my Tener gemaak het nie.

En jy moenie vergeet dat dit eintlik jou blerrie skuld is dat ek, midde in 'n grendeltydperk, 'n fiets gekoop het nie. Ja jy, ek hou jou dorp.
Jy sien, ek probeer alweer help deur vir jou 'n lekker trip te organise.  :ricky:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Grunder on August 01, 2020, 12:28:00 pm
Lekker verhaaltjie gewees.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Black_Hawk on August 03, 2020, 09:20:31 am
Baie dankie vir die deel en vir die mooi foto's.

Trippies soos die is kos vir die siel  :thumleft:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: sidetrack on August 03, 2020, 09:23:50 am
What a lekker trip !
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Edgar on August 03, 2020, 09:44:19 am
Jis wat 'n lekker trip, en great fotos, dankie!  :thumleft:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Andre01 on August 05, 2020, 09:19:37 am
Dankie vir die deel! Wil nog self daai stuk sand pad gaan aanpak. Ek dink egter ek sal meer as 'n "gewone naweek" nodig h om daai sand baas te raak.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: roxenz on August 05, 2020, 11:36:37 am
Dankie vir die deel! Wil nog self daai stuk sand pad gaan aanpak. Ek dink egter ek sal meer as 'n "gewone naweek" nodig h om daai sand baas te raak.
Janee. Enigste manier wat ek al daai sand aanpak op n swaar fiets is as ek tent en slaapsak saamvat. Want dit gaan my weke vat om daar deur te worstel. Respek.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: weskus on August 27, 2020, 07:28:24 am
Lekker Adriaan, hoe verlang ek nou na daai sandgat op Trawal by ou Winterfresh (my speelgat daai gewees vir baie jare) As ek jou vraag mag antwoord oor die nuwe tyre en beter sand ry??? 'n Gladde Scorpion loop net so goed soos 'n nuwe TKC daar, maar jou 'confidence' met die nuwe tyre maak dat jy beter vaar :thumleft: Wat jy daar doen op 'n trip is om bikes te ruil, man worry mos nie so baie oor 'n ander man se bike nie en almal se confidence maak dan dat dit beter gaan.. ek was verlede nwk daar af.. net jammer hul het daai pad wat eens deur 2 duine'velde geloop het verander dat dit nou omtrent N7 is behalwe vir die laasste 5km..
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Mother on September 21, 2020, 10:50:25 am
looks like and interesting trip is there a lot of twee spoor sand sections

im wanting to do this route

anything specific to look out for?
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: DUSTRIDERS on September 21, 2020, 10:57:47 am
anything specific to look out for?

Don't do that triangle at Koekenaap. Go past the town and round the bend on tar and then left on dirt on the Skaapvlei road.
If you feel like camping stop at Gert de Toit se Baai.It is about 5 kilos north of where West Coast DC marks on the map you've posted. Left of the dirt road. Lekke klip skerms to braai in right on the beach.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Mother on September 21, 2020, 11:06:20 am
anything specific to look out for?

Don't do that triangle at Koekenaap. Go past the town and round the bend on tar and then left on dirt on the Skaapvlei road.
If you feel like camping stop at Gert de Toit se Baai.It is about 5 kilos north of where West Coast DC marks on the map you've posted. Left of the dirt road. Lekke klip skerms to braai in right on the beach.

closer inspection on google maps it might be called camp Alpha ??
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: DUSTRIDERS on September 21, 2020, 01:13:16 pm
anything specific to look out for?

Don't do that triangle at Koekenaap. Go past the town and round the bend on tar and then left on dirt on the Skaapvlei road.
If you feel like camping stop at Gert de Toit se Baai.It is about 5 kilos north of where West Coast DC marks on the map you've posted. Left of the dirt road. Lekke klip skerms to braai in right on the beach.

closer inspection on google maps it might be called camp Alpha ??
Have never heard it being called that
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Etienne2T on September 21, 2020, 03:06:16 pm
Jy skryf baie mooi, het die lees geniet dankie
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: bud500 on September 21, 2020, 04:18:50 pm
Lyk awesome.

Goed gedoen.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Hingsding on September 21, 2020, 10:48:26 pm
So vd ps op die jas Adriaan. Nie lank terug nie, het een van daai wind turbines se vlerk stomp teen die hub afgebreek, en grond toe getuimel, so ek reken die een op die grond gaan handig te pas kom.  :imaposer:

Mooi fotos.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Rooies on September 22, 2020, 09:34:34 am
Dit lyk nou na 'n lekker trippie!  Dankie vir die deel :thumleft:
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: m0lt3n on September 22, 2020, 11:46:10 am
Lekker gelees nou!

Het my gat gesien as newby op daai paaie met pillion jare terug, wil graag terug gaan en weer probeer
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Baches on October 08, 2020, 07:10:39 am
Lekker trip report. Is 'n kuns om daai groot fietse in die dik sand regop te hou. Tot op watter druk het julle julle bande afgeblaas ?
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on October 08, 2020, 01:36:57 pm
Dis was maar n uitdaging maar baie lekker. As ek nou reg onthou het ons tot so tussen 1.3 en 1.5 bar afeblaas.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Nev on October 10, 2020, 04:28:29 pm
Baie lekker gelees, ek het op Koingnaas gebly, die pics het die memories laat vloei.
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: DUSTRIDERS on October 10, 2020, 04:54:50 pm
Baie lekker gelees, ek het op Koingnaas gebly, die pics het die memories laat vloei.
Foeitog hy lyk nou soos n spookdorp deesdae!!! :( :(
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on October 11, 2020, 08:16:25 pm
Baie lekker gelees, ek het op Koingnaas gebly, die pics het die memories laat vloei.
Foeitog hy lyk nou soos n spookdorp deesdae!!! :( :(
Ek was gister vir die eerste keer in Koingnaas. Ons het nogals gewonder wat van die dorp geword het, want daar gaan HEEL niks aan nie.

Ride report sal binnekort kom: Weskus Trip no 2 plus rente


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: DUSTRIDERS on October 12, 2020, 09:37:52 am
Baie lekker gelees, ek het op Koingnaas gebly, die pics het die memories laat vloei.
Foeitog hy lyk nou soos n spookdorp deesdae!!! :( :(
Ek was gister vir die eerste keer in Koingnaas. Ons het nogals gewonder wat van die dorp geword het, want daar gaan HEEL niks aan nie.

Ride report sal binnekort kom: Weskus Trip no 2 plus rente


Sent from my iPhone using Tapatalk
Adriaan is daar nog petrol te kry?
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Adriaan.theron on October 12, 2020, 09:43:48 am
Baie lekker gelees, ek het op Koingnaas gebly, die pics het die memories laat vloei.
Foeitog hy lyk nou soos n spookdorp deesdae!!! :( :(
Ek was gister vir die eerste keer in Koingnaas. Ons het nogals gewonder wat van die dorp geword het, want daar gaan HEEL niks aan nie.

Ride report sal binnekort kom: Weskus Trip no 2 plus rente


Sent from my iPhone using Tapatalk
Adriaan is daar nog petrol te kry?
Jip, hulle sluit Saterdae om 12h00, maar as jy op die foon oorkom as n aangename, vriendelike persoon (soos ons) kom hulle na ure uit teen n  R50 call out fee. 

Dis wel meer as n Rand duurder per liter as wat mens hier in Ceres ingooi, maar dis 100% verstaanbaar.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Title: Re: Weskus Hondeklip baai trippie 24-26 Jul
Post by: Nev on October 14, 2020, 04:08:27 pm
Baie lekker gelees, ek het op Koingnaas gebly, die pics het die memories laat vloei.
Foeitog hy lyk nou soos n spookdorp deesdae!!! :( :(
:'(ons het lekker daar gebly toe De Beers nog gemyn het.