Wild Dog Adventure Riding
General => General Bike Related Banter => Topic started by: JacoM on November 25, 2020, 08:02:55 am
-
Gisteraand 10h00 die oproep gekry. My beste vriend Jacques Germishuys, het met sy 350 gegly en geval gister 19h30 in Upington. Is gisteraand oorlede.
Kalahari Leeu op forum.
Ek kan en wil dit nog nie glo.
Ons het mekaar elke dag gebel en alles gedeel.
Ek huil soos n babatjie nou, en moet dit net deel.
Ons het gister twee keer gesels want ek sou na n 501 gaan kyk wat hy wil koop..
..die lewe is korter as wat ons dink..
-
RIV
Meegevoel aan die familie en vriende

Jammer oor jou verlies.

:'( :'(
Baie baie sterkte - ek was ook daar waar jy nou is in 2004....
Vrede !!!
-
Sjoe Jaco...jy het my baie van hom vertel en dat julle sulke groot ry maats was...sterkte vir sy familie en ook vir jou in hierdie tye

Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Baie slegte nuus Jaco
Onthou hom goed van die een keer wat ons saam op die HP2s gery het.
Sterkte daar!
-
Sorry mate. Sterkte
-
Sterkte vir jou en familie Jaco.
-
Man o man, sorry om te hoor en alle sterkte. Die lewe is kort en onvoorspelbaar sowaar.
-
RIP Jacques
-
RIV KL
-
Aaai nie lekker nie. Sterkte daar.
-
Dis aaklige nuus. Jammer om te hoor, en sterkte aan sy family
-
Nie goed, my meegevoel aan die familie en vriende.
-
Ai slegte nuus, aangename man hom eenmaal gaan opsoek toe hy Spar in Heidelberg gehad het. :(
Sterkte vir sy familie.
-
Jammer om van jou verlies te hoor Jaco.
Sterkte aan al Jacques se familie en vriende in die hartseer tyd
-
Dankie almal. Ek sal boodskappe oordra aan Monique.
n Paar trips wat my altyd sal bybly
Klomp jare gelede, met die eerste Willehond kennis gemaak
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=51394.0
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=84600.0
-
R.I.P fellow rider
Strength to Monique and the family during this time. If I can help in any way please just shout.
-
Ai, dis altyd baie sleg om te hoor. Sterkte en vrede vir jou en sy familie en vriende
-
Baie jammer om van jou en sy family se tragiese nuus te lees.
Sterkte daar vir julle almal,
-
Sjoe, so vinnig, so onnodig. :'( :'(
Sterkte aan die familie en vriende.
Ons het ook 'n paar keer daai HP2's se ore saam gedraai.
Hierdie post saam met BakgatJaco se post oor sy seun laat mens dink.......................... :'(
-
Sterkte Jaco , ek weet julle was groot pelle . Strekte ook aan sy gesin en famile wat hy agterlaat . Ons lekkerste trip saam was sekerlik daai een met die HP2's op Waenhuiskrans .
-
Very Tragic indeed!!! Strong's to all during these trying Times!!
-
Baie jammer om hiervan te hoor. Meegevoel aan al sy familie en vriende. RIV.
-
Meegevoel Jaco, en baie sterkte.
-
Condolences
-
Vrede en sterkte.
Vriende is meer as familie vir baie van ons.
-
Sterkte ou maat.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
-
Baie sleg om te hoor. Was saam met Jacques en Monique betrokke by Heidelberg Spar. Great mense, Baie sterkte aan die familie en vriende.
-
Jammer om te hoor Jaco. Sterkte...
Sent from my SM-A510F using Tapatalk
-
Big hole in life that never gets filled.
-
Baie sterkte.
-
Sterkte aan die familie. RIV KL.
-
aai man...
Hom een keer ontmoet op die ou posroete, julle 2 was albei op HP2 gewees.
Jaco het nog `n klip geslaan en n casing seergemaak en gepatch..
Sterkte Jaco.
-
aai man...
Hom een keer ontmoet op die ou posroete, julle 2 was albei op HP2 gewees.
Jaco het nog `n klip geslaan en n casing seergemaak en gepatch..
Sterkte Jaco.
Net so..
Ek het meer detail by Monique gekry, en miskien is kan dit iemand anders verhoed om ook seer te kry.
Jacques het 'n vinnige oefening gaan ry in sandput buite Upington, met sy Husqvarna open face helmet, na werk.
Oppad terug gegly op waai sand op teer en ligte val in straat gehad naby aan sy huis. Opgestaan, afgestop en opgeklim.
Van ;n ooggetuie het hy weggetrek en kort daarna het die bike net versnel, en hy het fisies net afgeval, met sy gesig op 'n groot rots langs die pad.
Moontlik 'n black out gehad vannaf ligte harsingskudding met eerste val?
so, na enige val insident, gee jouself tyd om behoorlik tot verhaal te kom, en dan die open face helmet....ai.
-
Aai tog, so onnodig?
Sterkte daar @JacoM