Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: WannaBeJoe on July 25, 2021, 10:04:12 pm

Title: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: WannaBeJoe on July 25, 2021, 10:04:12 pm
This is a rather boring ride report, for the simple reason that most of you reading this have been to the Tankwa, and more specifically the Tankwa Tented Camp. Ma' ek is bereid om geld te verwed dat nie een van julle al by daai kamp was op die manier wat ek en my 13-jarige laaitie was nie.

Die fotos bly dieselfde: die bar met die rak lee Jagermeister bottels, die fotos van girls met hasie-stickers op hulle boobs – geen verassings daar nie. Die oop stiltes wat weier om op fotos vasgevang te word. Die fokol wat meer woorde fluister as al die movies en thrills 'n spills wat ons op elke ander plek gaan soek en kry. Julle weet soos wat ek weet waarvan ek hier praat. So geen fotos nie.

Ons ry die middag 1-uur uit Stellenbosch. Deon, op WhatsUp se^ dis niks meer as 4 ure se ry nie. Ek sal nog leer van Deon en Deon se verduidelik. Deon verduidelik asof jy commen sense het. There lies the rub …...

Ek ry agter Google Maps aan. Alles loop mooi en ek gaan voor son-onder daar aankom. Maar Ra, die son-god, het hom blykbaar vererg vir die Kaapse Winter en boordens-vol damme en ek bevind my mos toe alleen op die R355. En Google Maps, sy oorlamse minnares lei my die versoeking in: ons draai regs agter haar koel-kalm stem aan en 5 km later stop ons voor 'n hek – geslote, maar nie hoe nie – skaars 20 meter anderkant daai hek ….. nog 'n hek, ….. oor dieselfde pad …ook geslote .... die “kortse pad” na die Tented Camp toe. Dubbel-gesluit. 'n Afgemete skaapwagter, of dalk die Noorse jakkals Loki, beduie dat ons moet terug Groot Pad toe en dan die afdraai neem na Middelpos.

Maar daai afdraai neem ons oor 'n soutpan. Dit het gereen en die sout het plek gemaak vir modder. En toe die son wegsak onder die kim toe breek die Gelandewagen deur die kors, en sak die modder in. Die trailer met ons twee twee-wiele op raak skielik 'n anker wat ons afsleep in die donker, koue nag in. En die vrees om in die onbekende koue van die Tankwa vas te val vir 'n nag slaan my asem weg. Maar soos 'n jongeling eens op 'n tyd teologiese waarhede oopgebreek het in 'n sinagoge duisende kilometers en jare van daar se^ 'n laaitie: trek die lokkers Pa! En ek trek die lokkers. En daai Oostenrykse wa vind dit iewers diep in haar meganiese hart om nie moed op te gee nie …. en soos my hart sy diepste vrees bereik, beur sy oor haar kruin en skielik staan ons almal bewerig-bang, maar vry op vaste grond, anderkant die gapende modder-wond.

Half-ag sleep sy ons die kamp in. Deon is onge-erg. Spare-ribs en drank. Coke vir die laaitie. Vuur, vlamme en geselskap. Ek maak asof dit alles eintlik niks was nie. Maar toe ons in die maanlig na ons tent met die amper-warm komberse stap, laat gly ek my vingers langs haar steil, hoekige lyf af, daar waar sy staan langs ons tent. En dank 'n onbeminde god vir ongevraagde genade. En mis die gly van vingers langs 'n ander lyf, maar dis 'n gedagte vir 'n ander dag.

Die res van die naweek was heel OK. Ons het heel Saterdag bike gery en Sondag teruggekom met 'n meer sinvolle pad en binne die 4-uur limiet. Easy-Peasy-Japaneasy. Julle weet mos.
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: 2StrokeDan on July 25, 2021, 10:10:16 pm
Baie swaarkry vernuftig saamgevat in n ekonomiese verpakking. :biggrin:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Karoo Rider on July 26, 2021, 05:24:24 am
Jy't 'n slag met woorde. Dankie
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: subie on July 26, 2021, 06:14:04 am
No pics = bullshit op die forum   :imaposer: :lol8:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: DUSTRIDERS on July 26, 2021, 08:26:50 am
Ek lees op die punt van my stoel, maar helaas geen fotografiese bewyse van jou ordeal dus aanvaar ek jy is n fiksie skrywer!!! ;) :lol8:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Twinman on July 26, 2021, 11:24:21 am
Baie dankie vir die oulike verslag. Heerlik gelag, omdat dit my laat terugdink het aan die keer toe 'n geslote hek ook vlgns Google maps die kortste roete, vir my en my broer 'n hengse ompad laat ry het.
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: m0lt3n on July 26, 2021, 12:04:05 pm
well...I havent been to the Tankwa Tented Camp yet...

pics?
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Kamanya on July 26, 2021, 12:05:59 pm
Cool retelling of it.

I'd love to know the actual track of your adventure :biggrin:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Judge Dredd on July 26, 2021, 02:11:11 pm
Baie mooi vertel  :thumleft:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: tinusvdb on July 26, 2021, 04:10:39 pm
 ;D

Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: WannaBeJoe on July 26, 2021, 07:31:22 pm
 ::)
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Wolzak on July 26, 2021, 07:44:17 pm
Very Cool, your Son must have enjoyed this Adventure. :thumleft:
The coolest Car on the Planet as well. :deal:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: WannaBeJoe on July 26, 2021, 09:39:57 pm
Very Cool, your Son must have enjoyed this Adventure. :thumleft:
The coolest Car on the Planet as well. :deal:

My son was blown away by the quiet and the beauty apart from all the fun he had riding his bike. As a dad, it was fascinating to observe this process, this connection that was made.

I am rather sweet on the car  :) ....... appreciate that last line tremendously.   
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Ri on July 26, 2021, 09:58:04 pm
Baie vernuftige taalgoëlery - dit was heerlik om te lees, dankie.

As jy belangstel, laat weet op watter OS jy tik dan kan ek dalk raad gee met die kappie- en deelteken e's (ę en ë) :lamer:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Kaboef on July 27, 2021, 03:02:13 am
Briljant geskryf!

Baie dankie.

En dit herinner my aan iets: ek was veel te lank terug in die Tankwa.

Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: petri oosthuizen on July 27, 2021, 03:19:31 am
BAIE mooi Puch daai!!!

Diesel??
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: chopperpilot on July 27, 2021, 04:10:16 am
Deon Meyer se moer!

Puik werk...die skryfwerk...navigasie
....skokkend....memories....vir ewig!

Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk

Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: WannaBeJoe on July 27, 2021, 08:04:24 am
BAIE mooi Puch daai!!!

Diesel??

Was oorspronklik 'n 300GD (OM617 engine) maar het tans 'n conversion in, die opvolger, OM602. Ek het haar gekoop met die conversion gedoen, maar het die intercooler oorgebou en verskuif. Sy kort nog 'n scoop op die bonnet.

Dankie vir die kompliment.
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: WannaBeJoe on July 27, 2021, 08:05:38 am
Deon Meyer se moer!

Puik werk...die skryfwerk...navigasie
....skokkend....memories....vir ewig!

Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk

Ek het GEEN sin vir rigting nie. En dis een van my sterk punte!  :biggrin: :biggrin:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Gerrard on July 27, 2021, 11:00:28 am
BAIE mooi Puch daai!!!

Diesel??

Was oorspronklik 'n 300GD (OM617 engine) maar het tans 'n conversion in, die opvolger, OM602. Ek het haar gekoop met die conversion gedoen, maar het die intercooler oorgebou en verskuif. Sy kort nog 'n scoop op die bonnet.

Dankie vir die kompliment.

The only real 4x4 I won't make my name gat to take on with the Syncro. BTW, I think yours was the Kugel Wagen and the Syncro a derivative of the Gelande Wagen. Both drivetrains is by Geyer Push.
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Wolzak on July 27, 2021, 11:09:53 am

Almost but not entirely true, it is Steyer Puch.
Geyer het sy Naam Push gemaak met 'n Land Cruiser op 'n ander RR. :ricky: :biggrin:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: chopperpilot on July 27, 2021, 11:11:26 am
Deon Meyer se moer!

Puik werk...die skryfwerk...navigasie
....skokkend....memories....vir ewig!

Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk

Ek het GEEN sin vir rigting nie. En dis een van my sterk punte! 

Sent from my FIG-LX1 using Tapatalk

Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Vocifer on July 27, 2021, 12:38:43 pm
Ekt die RR baie geniet. Jy het n briljante slag met woorde
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: BuRP on July 27, 2021, 01:30:56 pm
Geyer het sy Naam Push gemaak met 'n Land Cruiser

Wonder hoe mens n Cruiser se naam gat maak...... verkeerde brandstof ingooi?
Nie maklik op n ander manier nie....
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Wolzak on July 27, 2021, 01:43:29 pm
Geyer het sy Naam Push gemaak met 'n Land Cruiser

Wonder hoe mens n Cruiser se naam gat maak...... verkeerde brandstof ingooi?
Nie maklik op n ander manier nie....
Vat hom deur 'n Obstacle course.
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: WannaBeJoe on July 27, 2021, 01:45:46 pm
BAIE mooi Puch daai!!!

Diesel??

Was oorspronklik 'n 300GD (OM617 engine) maar het tans 'n conversion in, die opvolger, OM602. Ek het haar gekoop met die conversion gedoen, maar het die intercooler oorgebou en verskuif. Sy kort nog 'n scoop op die bonnet.

Dankie vir die kompliment.

The only real 4x4 I won't make my name gat to take on with the Syncro. BTW, I think yours was the Kugel Wagen and the Syncro a derivative of the Gelande Wagen. Both drivetrains is by Geyer Push.

Ja dit was Steyr Puch maar die maatskappy bestaan as sulks nie meer nie. Dis waar Fanus Rautenbach se "poegie" vandaan kom. Hulle het op 'n tyd scooters ook gemaak. Of soos Fanus sou se^: "bromponies".

Die Syncro se "onderkant", is ook deur Steyr-Puch ontwikkel. 'n Merkwaardige voertuig. Moet nooit joune verkoop nie!

Die Gelandewagen was oorspronklik ontwikkel vir een of ander Midde-Oosterse prins of koning, maar voordat hulle kon aflewer het die man sy kop verloor, letterlik. Die juiste detail ontgaan my nou, maar dis 'n goeie storie om te vertel, sit net vuur, drank en maatjies by.  :)
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Wolzak on July 27, 2021, 02:24:21 pm
WBJ, it was the Shah of Iran or Persia as it was previously known. Sorry for the Hijack but it is quiet interesting.
https://www.autotrader.ca/newsfeatures/20160624/the-real-history-of-the-mercedes-gelandewagen/
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Frannarossi on July 27, 2021, 02:55:36 pm
Ek hou nie baie van lees nie en toe ek by die deel kom waar jy skryf geen foto's wil ek sommer die back knoppie druk maar toe ek verder lees het ek kans gesien vir 'n paar bladsye se lees! Jy mag maar skryf,well done.Post maar nog 'n paar stories!
 :thumleft: :deal:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: WannaBeJoe on July 27, 2021, 03:14:44 pm
Ek hou nie baie van lees nie en toe ek by die deel kom waar jy skryf geen foto's wil ek sommer die back knoppie druk maar toe ek verder lees het ek kans gesien vir 'n paar bladsye se lees! Jy mag maar skryf,well done.Post maar nog 'n paar stories!
 :thumleft: :deal:

Ek moet minder dink as ek skryf, my Ride-Report was baie vinnig en terloops geskryf.  :biggrin: :biggrin: :biggrin:

Eweneens, bly mense het dit geniet. Dis waaroor dit gaan, of hoe? Bikes en memories. Ek het myself belowe om net te skryf nadat ek iewers gaan stof sluk het.
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: BuRP on July 27, 2021, 03:48:24 pm
Geyer het sy Naam Push gemaak met 'n Land Cruiser

Wonder hoe mens n Cruiser se naam gat maak...... verkeerde brandstof ingooi?
Nie maklik op n ander manier nie....
Vat hom deur 'n Obstacle course.

Nee wat, dis dan beslis nie die Cruiser se naam wat gatgemaak is nie....... Geyer se jy?  :lol8: :thumleft:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: Wolzak on July 27, 2021, 03:53:24 pm
 :imaposer:Ja Geyer :thumleft:
Title: Re: A Comedy of Errors in the Tankwa
Post by: XT JOE on August 19, 2021, 02:46:55 pm
Pragtige Afrikaans, so mooi beskryf dankie