Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:03:00 pm

Title: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:03:00 pm
Ek en die ouvrou is lankal lus vir 'n langer dag trip, ons poer poer elek week hier in ons agterplaas rond vir so 3/4 ure.  Dit raak net te min.

Ons sien die weer gaan lekker wees Saterdag.  Die wind smaak my gaan ook nie waai nie.  Ons was lanklaas Keimond toe.  En trek my kaarte nader en soek nuuf paaie.  Ek sien so drie of vier nuwe paadtjies wat ons nie ken nie en die roete word geplot.

Van ons huis, minder as 4 kilos is ons op die grondpad.  Sien die kaart vir die roete. 

Die roete na Keimond is 171km.  Ons vat wors en buns saam vir 'n lekker brunch by die Groot Kei rivier se mond.   

Die roete terug huistoe is 143km, dus 'n totaal van 314 km vir die dag. 

 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:07:50 pm
Ons is net so na agt op die pad, soos ek gese het, minder as 4 kilos van ons huis is ons op die grondpad.  Ons moet eers deur so 2 "lallies" ry voor die pad oopmaak. 

Ons ry rigting Oos, die son pla bietjie en maak die fotos neem storie moeilik.  Die paaie sover is in redelike toestand, maar jy kan duidelik die droogte sien.  Die veld is maar min op die plase. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:10:18 pm
Daar's nie veel te vertel oor die pad nie, volg maar die fotos.   :biggrin:

Ons is oppad Macleantown toe. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:13:35 pm
En nou oppad na Komga, daarna na Keimond.  Die stuk van die N2 na Keimond het donkie jare terug 'n skraper gesien. 

Die slote in die pad wil ons klein 250's insluk, en dis nie van reen nie, want ons het donkiejare reen in daai omgewing gehad. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:14:46 pm
Nog so paar tot by Keimond. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:17:58 pm
Ons is so half elf in Keimond en gaan reguit na die Groot Kei rivier mond.  Hulle het lekker piekniek plekkies onder die bome.

Dis windstill en ek braai die worsie en ons eet smaaklik. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:19:10 pm
Ons gaan nou braai.   :biggrin:

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:23:19 pm
Raait, klaar gebraai en geeet en so bietjie ontspan.  Tyd vir die pad terug. 

Meeste van die pad terug het ons nog nooit gery nie, so dis als nuut vir ons en ons weet nie werklik wat voorle nie. 

Die 1ste stuk is nie te slag nie.  Baie stowwerig, amper soos fech fech stof. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:26:34 pm
Hoe verder ons ry raak die pad al hoe slegter, later amper 'n tweespoor.  Maar dis lekker en ons ry aan. 

Ons kom by 'n hek wat half toe is.  Voor ons le 'n lekker styl bultjie, maar hier van onder af lyk hy heel doenbaar.   :patch:

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:38:44 pm
Ek maak die hek oop en ons is deur.  Ek maak die hek toe en ons ry nader na die bult.  Ek se vir vroulief soek jou lyn en hou momentum.  So gemaak en daar gaat ons. 

Halfpad uit sien ons vir die 1ste keer die verdompde rotse wat uitsteek en ons inwag, maar dis nou te laat.  Intussen het die vrou net voor die kligedeelte klaar haar balans in 'n "rut" verloor.  Ek hoor haar bike se refs val en wil nog skree, "gee gas" toe hoor ek daar gaat sy weer.  So balerina dans en op 'n heel ander lyn as beplan, is sy bo uit en ek agterna. 

Video aangeheg.   :biggrin: 



Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:40:52 pm
Hiervandaan het die pad weer goed geraak en was dit "volspoed" huistoe. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 01:43:15 pm
En die laaste paar net voor die huis. 

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: JACOVV on August 01, 2021, 02:01:40 pm
Dankie vir die deel.  Lekker saamgery.  Gister was inderdaad 'n lekker dag.

Ek was vanoggend uit - ek en @spoedvark het sy nuwe fiets gaan toets   ;D

Hoogtyd dat ek weer die 1 of 2 dae trips om die huis doen.
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 02:10:20 pm
Dankie vir die deel.  Lekker saamgery.  Gister was inderdaad 'n lekker dag.

Ek was vanoggend uit - ek en @spoedvark het sy nuwe fiets gaan toets   ;D

Hoogtyd dat ek weer die 1 of 2 dae trips om die huis doen.

Dankie.   :thumleft: :thumleft:

Ons het dit omtrent geniet en sommer hier rondom ons.   :thumleft: 

Ek het darem ook lekker paaie ontdek.   Daars nounet bitter baie stof, maar ek stem oor daai 1/2 dae trippies.     :eek7:

 
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Dutchman81 on August 01, 2021, 02:18:55 pm
Dit lyk na heel lekker pret, bly oom en tannie is veilig tuis
Geniet die RR s altyd baie

Sent from my I3312 using Tapatalk

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: woody1 on August 01, 2021, 02:38:56 pm
Lekker man. Hou van hoe Nannie die dans uitvoer :laughing4:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 02:49:12 pm
Lekker man. Hou van hoe Nannie die dans uitvoer :laughing4:

Sy het mos gedans in haar jonge dae, goed tot hulp gekom.   :lol8: :lol8:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: spoedvark on August 01, 2021, 04:11:31 pm
Lekker saam gery!

SPOED :snorting:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: BMWPE on August 01, 2021, 04:21:08 pm
Nice roads to ride
Thanks for sharing  :thumleft:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: DUSTRIDERS on August 01, 2021, 04:39:30 pm
Julle sal daai ruiter met die ponytail se fiets moet lat kyk hy hol dan met agterwiel in die lug op een foto!!! ;) :peepwall: :o :lol8:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: skydiver on August 01, 2021, 04:58:51 pm
Dankie vir die RR
Dis kwaliteit tyd wat julle saam deurbring
Wat bokspring Nannie se CRF se agterwiel so in die lug  :ricky:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Mev Vis Arend on August 01, 2021, 06:15:23 pm
 :lol8: :lol8:, haar naam is mos hoeka Bettie.  Sy spring soos ń bok  8)

Dit was 'n perfekte landing na 'n ramp.   ;)  Julle moet bietjie MX kyk  :lol8: :lol8:

Julle moes my wheely in die Baviaans gesien het.  (Daai een was per ongeluk, maar moet asseblief vir niemand vertel nie.  Dit was my moment of fame) 
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: JACOVV on August 01, 2021, 06:46:14 pm
8: 8:, haar naam is mos hoeka Bettie.  Sy spring soos ń bok  8)

Dit was 'n perfekte landing na 'n ramp.   ;)  Julle moet bietjie MX kyk  8: 8:

Julle moes my wheely in die Baviaans gesien het.  (Daai een was per ongeluk, maar moet asseblief vir niemand vertel nie.  Dit was my moment of fame)
Ons glo jou

Sent from my SM-A505F using Tapatalk

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Sheepman on August 01, 2021, 08:26:52 pm
Beautiful Kei Mouth - Love that quirky little village and Transkei over the river  ;) Lekker ride  :thumleft:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 01, 2021, 08:28:24 pm
Julle sal daai ruiter met die ponytail se fiets moet lat kyk hy hol dan met agterwiel in die lug op een foto!!! ;) :peepwall: :o :lol8:

Daars niks fout met die scooter nie.   :deal:  Ons moet eerder werk aan ons kommunikasie met mekaar.  As ek se, "oppas daar voor in die pad" hoor sy, "gee gas" .    :eek7: :patch: :lol8:

Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: ClemS on August 02, 2021, 04:13:55 am
 :thumleft:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: sidetrack on August 02, 2021, 01:05:34 pm
Dit lyk nou lekker  :thumleft:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Jamaj on August 02, 2021, 03:01:25 pm
 :thumleft:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Striggs on August 02, 2021, 09:30:23 pm
Join you next time….. :3some:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 03, 2021, 05:45:05 am
Join you next time….. :3some:

 :thumleft: :thumleft:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: LRFan on August 03, 2021, 08:30:44 am
Lekker man, my vrou is maar baie bang vir grondpad ry, Het ook panneir frames van roundbar gemaak vir my KTM 390.
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 03, 2021, 08:32:19 am
Lekker man, my vrou is maar baie bang vir grondpad ry, Het ook panneir frames van roundbar gemaak vir my KTM 390.

Cheap en hulle werk (sover).   :biggrin:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: roxenz on August 04, 2021, 05:55:35 am
Jis, julle Visarende ry lekker paaie! Julle 250s en die small bike fred spook by my...
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: VaalBaas on August 04, 2021, 06:06:31 am
Net n vragie.... :biggrin:

Het daar n ou met n ploeg is daai paaie gewerk? Daai rippertoon het vir ver gesleep :lol8:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 04, 2021, 07:35:04 am
Jis, julle Visarende ry lekker paaie! Julle 250s en die small bike fred spook by my...

Dankie man, yip die klein bikes is net fun al die pad.   :thumleft: :biggrin:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 04, 2021, 07:36:23 am
Net n vragie.... :biggrin:

Het daar n ou met n ploeg is daai paaie gewerk? Daai rippertoon het vir ver gesleep :lol8:

Ek het ook op 'n kol so gedink.   :eek7: :biggrin:
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: ETS on August 04, 2021, 11:56:26 am
Jis dit lyk lekker dankie vir die deel ou mater
Title: Re: KEIMOND DAG TRIP
Post by: Vis Arend on August 04, 2021, 02:28:28 pm
Jis dit lyk lekker dankie vir die deel ou mater

 :thumleft: :thumleft: