Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Karoo Rider on August 19, 2021, 12:19:26 pm

Title: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 12:19:26 pm
"Ja OK, dis reg vir die week se verlof, maar onthou die week daarna is dit die groot oudit so dan moet jy asseblief weer terug wees. Geniet dit."  Terwyl sy handtekening se ink droog word op my verlofvorm, sluit ek die Vrydagmiddag my kantoor.  Ek hoop net my verlofaansoek word op soortgelyke goedgunstige wyse oorweeg by die huis, maar ek is verniet bekommerd, die ja-woord word langs die aand se braaivleisvuur gegee, en die magdom moontlike paaie begin maal in my kop.   

Elkeen van ons het seker 'n voorkeur tipe motorfietsreis.  Sommige hou van groot groepe - dis lekker en mens geniet die spangees en variteit van almal teenwoordig.  My gunsteling tipe is seker met een of dalk twee maters, en die ritte en toere wat veral ek en Chris Louw al so aangepak het lÍ my na aan die hart.  Maar ek dink daar kom ook 'n tyd wat 'n mens alleen moet reis.  Gemaklik wees met jou eie gedagtes.  Jouself wees.  Groot manne het dit tog al gedoen, hetsy of dit nou Chris Louw, Dorsland of die inwonende kreefinspekteur van Montagu is, en ek wou ook daai gevoel van onafhanklikheid ervaar.

Voorbereiding.  Dis Sondag en ek wil mŰre ry.  Ek moes eintlik lankal wakker geskrik het.  My nuwe stel bande lÍ reeds hoe lank hier in die garage en nou sal ek dit eers mŰre oggend kan laat optrek voor ek ry.  Dinge gaan te laat word besef ek.  Wat as ek langs die pad 'n bandsny opdoen en self 'n band moet kan afhaal?  Dalk is dit 'n goeie idee om sommer self die bande by die huis op te trek en sodoende bietjie te oefen reken ek.  So gesÍ so gedaan.  Op beide my vorige fiets sowel as die Africa Twin is ek bederf met binnebandlose buitebande (OK "tubeless" vir die wat nie weet wat dit is nie!) so nog nooit was daar die nodigheid om 'n band met die hand af te trek nie, maar enige "regte biker" moet dit darem kan self doen dink ek! 

Chris gee instruksies via Whatsapp.  Knyp hom so vas.  Kyk na dit.  Maak seker van dat.  Arme man was seker moedeloos later want toe ek weer hoor noem hy van kamstig 'n draai ry vandag en heel toevallig sou hy elk geval Ladismith om ry - kan jy nou meer!  En my nuwe Enduristan Monsoon 3 kantsakke bring hy ook sommer vir my saam.  Ek sou aanvanklik net 'n drybag vat aangesien ek nie 'n tent en ander groot goed gaan saamneem nie.  Op die einde kon ek egter nie wag om te sien hoe die sakke op ou Bloutoon gaan lyk nie en besluit toe om eerder hulle op te sit en die drybag te los.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 12:46:52 pm
"Meneer, hier is mos nie nou krag nie, hulle werk aan iets."  Effe vies sit ek my helmet maar weer op, trek my handskoene weer aan, sluit die tenk toe, klik die tenksak terug, en ry weg by die pomp.  Kon die kÍrel my nie vooraf beduie het nie?  Maar ja dis nou nie die ergste nie, ek kan seker na die ander vulstasie op die dorp ry maar die tenk is nog half so kom ons kyk maar nader aan Laingsburg hoe hy lyk.  Dis 'n pragtige oop dag en die myle vlieg verby.  Ek ry Van Zylsdamme se rigting met die Anysberg pad om.  Ek stop hier en daar om die nuwe bande en nuwe sakke te bekyk - nee wat als nog klopdisselboom. 

Die Witteberge pad wink my linksaf.  Die brandstof lyk nog genoeg om Touwsrivier te haal en ek is mos nie haastig nie.  Bo by die uitkykpunt trek ek af, maar neem net 'n foto - hier sal die wind die melk uit my koffie waai en ek stoot eers aan.  Kort voor lank oorval die koffie en droŽwors verlange my egter en ek trek af.  Groot proteabosse staan in volle blom en mens ruik die klam berggrond na die onlangse reŽn. 
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Operator on August 19, 2021, 12:56:22 pm
 :sip:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Wolzak on August 19, 2021, 12:58:17 pm
 :thumleft: :sip:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: VaalBaas on August 19, 2021, 01:05:01 pm
Aaaitog......asof ek noual reg is vir die volgende fotoverslag..ek werk nog deur Ri en Noneking sin :lol8:

Ek op :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Eisbein on August 19, 2021, 01:07:39 pm
Ek hou baie van jou skryfstyl

Wag geduldig vir die res

:-)
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 01:24:08 pm
By Touwsrivier gooi ek vol en besef skielik dat ek omtrent 3 ure lank gery het net tot hier en sal moet opskud.  Later draai ek regs af en gaan Karoopoort deur en die R355 se vlaktes maak oop.  Met sy "Calvinia 200km" herinner 'n padbord my aan waar ek is, maar 'n entjie verder draai ek af Skitterykloofpas se rigting.  Sou graag wou gaan groet het by die Padstal maar ja, dalk volgende keer.  Die Narradouw vlakte se krulle en draaie neem my oor na Katbakkiespas.  'n Huisie met 'n ou karavaan.  Gebukkend staan sy oor 'n waskom.  En dan hande wat aan 'n voorskoot afgevee word om te waai.  Ek groet terug en 'n blou kopdoek knik met 'n glimlag.  Wonder wat maak die mense hier?  Hulle is seker maar veewagters of seisoenale werkers.  Ek dink nie hulle weet van Allpay nie.  Met die afsak teen die pas sien ek die blinkvol Swanepoelspoortdam daar onder.  Tot oorlopens toe vol.

Blinkbergpas uit.  Later oor die Grootrivier se sementdrif by Mount Ceder, min wetende dat een van sy bolope juis by mŰre aand se slaapplek is: die Leeurivier by Balie's Gat.  Grootrivierpas oor en ek sien my bestemming teen die oorkantste hang - Cederberg Oasis.  Ek kry my tent, 'n koue bier en die Kaap is Hollands.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: OomD on August 19, 2021, 01:27:33 pm
Wereldklas verslag! En rit, duidelik. :ricky:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Willem-Ben on August 19, 2021, 02:28:27 pm
Lekker ry ek nou saam.

Hoe was daai spare ribs!! :drif:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 02:35:27 pm
Ek rol van vroeg af rond.  As iets moet verkeerd loop vandag kan dinge interessant raak.  Die plan is om die Eselbank pad na Wuppertal te ry, en behalwe dat ek alleen is, begin drup-drup die eerste reŽn wat voorspel is.  Maar ek het 'n gedempte vasberadenheid onder lede.  Gisteraand vertel Gerrit my van sy stryd met COVID.  Daar was tye wat dit glo nie maklik gegaan het nie, maar hy's dankbaar om vanaand hier te kan sit, smullend aan 'n bord kerrie-beespote na hy vir hoe lank niks kon proe nie.  Gister was dit presies 3 maande terug wat ek geval het en my BMW 1200 afgeskryf het teen 'n duiker naby Steytlerville.  Soms kry mens nog 'n kans.

Eerste rat, tweede, dalk derde.  As jy gelukkig is.  Albasterklip, stroompies, poele, klipbank, sand.  Dig toegemis soek ek na die bekende Tafelberg & Spout landmerk hier bo teen die rante, maar te vergeefs.  Nes ek dink "hier gaan ek nou gly" of "ek is hopeloos te vinnig vir diť dip" dan kan ek sweer ou Bloutoon wil omkyk en vir my sÍ: "Hou op stres ou bul, enjoy the ride!".  Voorwaar 'n besondere fiets.  Skielik kom Eselbank te voorskyn.  Groot poele modderwater maak my huiwerig om deur te ry.  Om in diť koue reŽnweer nou daar in te val gaan minder plesierig wees vermoed ek ten sterkste, en 'n lang dag se ry lÍ nog voor.  Die eerste een bekyk ek en neem sommer 'n foto.  Mens weet nie of daar 'n Before & After mag wees nie maar ek kom hom maklik verby deur tussen die bossies te hou. 

Volgende poel.  Ek vat weer kortpad, die een het biesies en swart modder, en halfpad weet ek nie of dit so goeie plan was nie.  Ek raak verstrengel in 'n stuk doringdraad om my voet.  Die Twin brul hier onder soos hy stoei en baklei en net toe hy begin momentum kry val die voorwiel skielik net weg hier voor my, ek amper bo-oor.  Per ongeluk (of per geluk?) ruk ek die versneller oop en die fiets se voorwiel spring uit die gat en ruk dood onder my, met die agterwiel nou weer in die gat.  Ingesak tot teen die nommerplaat, ketting en als onder die swart slik.  "Bad choices lead to good stories" seg hulle.  Skakel weer aan, gee vet, en wonder-bo-wonder spring ou Bloutoon uit die gat uit.  Ek hou hom net oop en beland effe oorbluf, maar genadiglik valvry, terug in die pad - ten aanskoue van 'n paar teleurgestelde Eselbankers!
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Dorsland on August 19, 2021, 02:47:02 pm
Kyk, 'n man wat, Nr 1 'n teefles saamry, Nr 2 Windhoek Draught drink, Nr 3 'n Africa Twin ry en Nr 4 droŽ wors as noodproviant inpak, daai man is enige tyd aan huis by my welkom.

Jy neuk nou lekker met my Jan. Ek kyk daai paaie, daai AT, daai passe en die lus oorval my.  'n Sterk man kan daarvoor swig en saalsakke beginne volpak.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 02:51:10 pm
Eselbank se sandstuk.  Sommige ouens se hoogtepunt - ander se uitdaging.  Maar as daar nou een goeie ding van die reŽnweer is, is dat dit die sand gekompakteer het soos 'n strand wat laagwater trek en ek is byna teleurgesteld, straks windgat, sommer so sit-sit daar deur.  'n Paar knikke verder stop ek vir 'n breek.  Die snoepie word oopgemaak en 'n kiekie of twee ook sommer geneem.  Eendag as ek met my kateterpypie in Huis Herfsblaar se sonkamer sit en speel wil ek darem die goeie tye kan onthou!

Ek sak die sementspore van Eselbankpas af, die twin-motor grommend soos hy in eerste-rat afkruip na Wuppertal benede.  Ek ry 'n draai deur die dorpie maar alles lyk stil.  Een of twee motors met GP nommerplate wat seker kom blomme soek.  Ek maak kontak huis toe en saal weer op, Koubergpas uit en oor na die Biedouw vallei in die hoop om ook 'n paar van die ou geles en oranjes te sien, maar in hul massas skuil hulle vandag teen die koue.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Wolzak on August 19, 2021, 02:53:29 pm
Gister was dit presies 3 maande terug wat ek geval het en my BMW 1200 afgeskryf het teen 'n duiker naby Steytlerville.  Soms kry mens nog 'n kans.

Ek wonder hoeveel Bikes al uitgehaal is deur Duikers in Steytlerville se Omgewing? Ek was ook 'n Slagoffer van die klein bliksems.
Lekker RR. :ricky:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Black_Hawk on August 19, 2021, 02:54:41 pm
Die tipe solo trips is kos vir 'n man se siel  ;)

Baie dankie vir die deel sover en ons kan nie wag om die res te sien nie  :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 03:15:19 pm
Hoek-se-berg-pas.  Dink ons ooit terug aan ons voorvaders, die pioniers, wat die eerste keer bo of onder enige berghang gestaan het, dalk 'n teug aan 'n kromsteelpyp gegee het, en opslag verklaar het: "Hier gaan ons 'n pas bou."  En hoekom?  Nie vir aansien of om wÍreldlande te gaan verower of om stede daar te gaan bou nie.  Nee, net om 'n paar skaap te kan weiding gee of om dalk 'n paar velle aan 'n Jood aan die anderkant te gaan verkoop.  Dis maar al.  Maar die wil was daar.  Hoe het ons so lamsakkig geword in vandag se samelewing?

Ek sluit by die Clanwilliam / Calvinia pad aan.  "Englishman's Grave 1901" laat wonder my juis oor die verlede en wat hier 120 jaar terug gebeur het.  Luitenant Clowes het onder vuur van die Boeremagte beland en is gedood.  Sy ma het al die pad van Engeland af gekom en die gedenksteen laat oprig.  Ek stop 'n paar kilometer verder vir koffie by die Traveler's Rest koffiewinkel.  Die dame wat my bedien, vermoedelik van Ooskaapse herkoms, kan my nie in Afrikaans bedien nie.  Ons twee moet Engels praat.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: ETS on August 19, 2021, 03:24:18 pm
 :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Jamaj on August 19, 2021, 03:52:00 pm
Enjoyable RR with a journalistic flair, including the amusing "binnebandlose buitebande"  :lol8: 

What a spectacular part of the country!

 :thumleft: :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Tampan on August 19, 2021, 03:52:52 pm
Lekker RR en pragtige foto's. Baie dankie, ek ry saam!  :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 03:53:08 pm
Ek wik en weeg of ek 'n paar ompad draaie nog gaan ry, maar dis asvaal van die reŽn in die rigting van Nardouwsberg.  Die dag het my alweer ingehaal.  Ek besluit om bietjie tyd op te maak en gaan die pragtige Oupoort met sy klipformasies deur en begin klim uit teen die Pakhuispas.  Later oor en ek sak Clanwilliam in.  Die skielike wemel van mense vang my byna onkant na die twee dae se stilte.  Ek kruie deur die verkeer.  Ek soek na die Ramskop Slaghuis om vir my proviant vir die aand te kry.  Gisteraand se burger by Oasis lÍ ver en mens kan darem nie vir so 'n lang uitgerekte periode geen braaivleis eet nie! 

Ek stop.  Die motorfiets trek natuurlik aandag soos motte na 'n kers en ek vertoef nie onnodig in die slaghuis nie, maar die plek is besig.  Ek vat 'n koeldrank en tydskrif terwyl ek wag vir my beurt.  Netjies vakuumverpak oorhandig die skraal Oom agter die toonbank my bestelling van 'n paar snitte lamsvleis en wors.  Sy potblou oŽ ontmoet myne vir 'n oomblik.  Hy lyk moeg.  Wit oorjas, gumboots.  En daai kenmerkende pienk hande van 'n blokman. 

Citrusdal kom te voorskyn.  Orals is dit bedrywig met boerdery aktiwiteite.  Padstalletjies smous vir oulaas met hul "Naartjies, nawels en lamoene."  Ek klim die Middelbergpas uit, en dit reŽn.  Later kruipspoed in die geweldige digte mis en die spore raak glad.  'n Paar benoude knikke en draaie later begin die pad oopmaak.  Dit reŽn nog maar ek kry weer 'n teerpad en stoot bietjie aan.  Op 'n manier kry ek dit reg om die Tandfontein afdraai te mis.  Dalk was ek soekend na 'n amptelike padbord, maar dis 'n plaasnaam.  Draai om, terug, kry hom.  Laaste sein en ek maak kontak met die basis op Ladismith.

'n Sandspoorpad bring my skielik aan die bokant van die Piet Esterhuysen pas.  Met pik en graaf is hy blykbaar in die 40's of 50's gebou.  "Daar onder kan mens seker gaan boer of hoe?" moes hulle seker gedink het.  Ek ontmoet vir Yvonne Bothma, die gasvrou, en sy beduie my na die huisie wat ek vir die aand bespreek het, inderdaag 'n welkome heenkome na 'n lang dag in die saal.   
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 04:18:08 pm
'n Bakkie kom aangery.  Yvonne het gesÍ haar man bring later my braaihout.  "Marius Bothma, aangename kennis en welkom."  Hoed en baard.  Stewige handdruk.  'n Uur later roep sy vrou al op die radio en ons laai maar die hout af.  Ek sal graag wil teruggaan vir die res van die gesels.

Ek steek vuur aan.  My vuur.  Maak 'n bier oop.  Later sommer nog een.  Biltong, neute en chips wat my vrou nog ingepak het.  Op my selfoon sit ek gedemp 'n bietjie Boeremusiek aan.  'n Man kan seker nie van vleis alleen lewe nie, en ek beraam 'n plan vir 'n "bykos".  Yvonne het gesÍ ek moet kry van die droŽ perskes wat in die huisie is, en ek kry die idee van 'n bietjie gestoofde vrugte.  'n Wyle later het hulle mooi uitgeswel van die kokende water en ek karameliseer dit met 'n bietjie suiker bo-oor totdat dit die heerlikste soet stroop maak.  'n Paar draaie later kom die vleis af en ek sit aan by 'n eenvoudige feesmaal.

Dit begin weer saggies reŽn op die huisie se sinkdak en ek sit 'n ketel op vir koffie voor ek gaan inkruip.  Ek gaan staan buite by die gloed van die laaste kole en kyk op.  Die druppels prik my gesig maar ek wil hierdie oomblik nie laat verbygaan nie.  Ek wil dit absorbeer soos my jas nou hierdie reŽndruppels absorbeer.  Ek wil eendag sukkel om dit te vergeet.  Soos jy sukkel om 'n jas droog te kry.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 04:32:14 pm
Ek word wakker.  Koffie.  Kruip weer in.  Later lees ek in die tydskrif.  Hoekom kom ek nie aan die gang vanoggend nie.  Vandag is dit huis toe, als is nou verby.  Dis steeds mistig buite maar die warm stort kry my aan die woel.  Ou Bloutoon brul vir oulaas aan die gang - hy ruik nou stal dink ek.  Ek is aanvanklik bekommerd oor die pas hier uit na die reŽn, maar kort voor lank is ons bo uit en vat die teerpad.  ReŽn en nogmaals reŽn.  Ek is dankbaar vir my onlangse ryklere wat ek gekry het en die Goretex voering doen 'n puik werk om my heelpad droog en warm te hou.  By Robertson stop ek vir brandstof en gou iets te ete.  Een van die petroljoggies kom nader.  "Wil Meneer nie eerder daar onder die afdak parkeer met Meneer se mouterbike nie?"  Dankie my maat, ek dink dis te laat vir dit.  Ek is heel tevrede om so nat te reŽn.  Dis my voorreg.

Fluit-fluit, my storie is uit.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Dorsland on August 19, 2021, 04:38:07 pm

Ek sluit by die Clanwilliam / Calvinia pad aan.  "Englishman's Grave 1901" laat wonder my juis oor die verlede en wat hier 120 jaar terug gebeur het.  Luitenant Clowes het onder vuur van die Boeremagte beland en is gedood.  Sy ma het al die pad van Engeland af gekom en die gedenksteen laat oprig.  Ek stop 'n paar kilometer verder vir koffie by die Traveler's Rest koffiewinkel.  Die dame wat my bedien, vermoedelik van Ooskaapse herkoms, kan my nie in Afrikaans bedien nie.  Ons twee moet Engels praat.

Ek wonder of die Englishman (of sy ma van Engeland af) julle sou verstaan het.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: >Herman< on August 19, 2021, 04:40:36 pm
Dankie  :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 04:42:39 pm
Kyk, 'n man wat, Nr 1 'n teefles saamry, Nr 2 Windhoek Draught drink, Nr 3 'n Africa Twin ry en Nr 4 droŽ wors as noodproviant inpak, daai man is enige tyd aan huis by my welkom.

Jy neuk nou lekker met my Jan. Ek kyk daai paaie, daai AT, daai passe en die lus oorval my.  'n Sterk man kan daarvoor swig en saalsakke beginne volpak.

 :biggrin: Dankie Dorsland!  Ek werk maar deurentyd aan die vereistes!  :deal: :imaposer:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Dorsland on August 19, 2021, 04:46:19 pm
Ja, ek dink jy kan al amptelik lid word van die langpadelleenryklub. Ons hou nie vergaderings of groepsbraai nie maar ons is sielsgenote daar op die oop vlaktes onder wydgestrekte horisonne. Ons weet waaroor dit gaan.

Daai braaivleis en gestoofde perskes lyk na die ware jakob. Ek is nou honger.

Dankie dat jy so mooi maak met ons moedertaal :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 04:51:14 pm

Ek sluit by die Clanwilliam / Calvinia pad aan.  "Englishman's Grave 1901" laat wonder my juis oor die verlede en wat hier 120 jaar terug gebeur het.  Luitenant Clowes het onder vuur van die Boeremagte beland en is gedood.  Sy ma het al die pad van Engeland af gekom en die gedenksteen laat oprig.  Ek stop 'n paar kilometer verder vir koffie by die Traveler's Rest koffiewinkel.  Die dame wat my bedien, vermoedelik van Ooskaapse herkoms, kan my nie in Afrikaans bedien nie.  Ons twee moet Engels praat.

Ek wonder of die Englishman (of sy ma van Engeland af) julle sou verstaan het.

Goeie vraag!  Ja dit sou interessant wees tussen die drie kulture.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 04:52:35 pm
Ja, ek dink jy kan al amptelik lid word van die langpadelleenryklub. Ons hou nie vergaderings of groepsbraai nie maar ons is sielsgenote daar op die oop vlaktes onder wydgestrekte horisonne. Ons weet waaroor dit gaan.

Daai braaivleis en gestoofde perskes lyk na die ware jakob. Ek is nou honger.

Dankie dat jy so mooi maak met ons moedertaal :thumleft:

Baie dankie Johan, ek waardeer.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 05:04:22 pm
Gister was dit presies 3 maande terug wat ek geval het en my BMW 1200 afgeskryf het teen 'n duiker naby Steytlerville.  Soms kry mens nog 'n kans.

Ek wonder hoeveel Bikes al uitgehaal is deur Duikers in Steytlerville se Omgewing? Ek was ook 'n Slagoffer van die klein bliksems.
Lekker RR. :ricky:

Dankie Wolzak - nie geweet hulle is so erg nie, en mens moenie hulle onderskat nie, hulle kom met 'n spoed hier onder jou deur.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: DUSTRIDERS on August 19, 2021, 05:19:19 pm
karameliseer dit met 'n bietjie suiker bo-oor totdat dit die heerlikste soet stroop maak.

Nee hel ek is klaar gery saam met jou!!!!! ;D :o ;)
Jy raak te grÍnd ve my of moet ek my standaarde verhoog ;) :lol8:

Bly jy het jou trip geniet KR en dat jy die eerste mens is wat ek ken wat oor Ashton se "spaceship" gery het. :deal: :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 19, 2021, 05:22:57 pm
karameliseer dit met 'n bietjie suiker bo-oor totdat dit die heerlikste soet stroop maak.

Nee hel ek is klaar gery saam met jou!!!!! ;D :o ;)
Jy raak te grÍnd ve my of moet ek my standaarde verhoog ;) :lol8:

Bly jy het jou trip geniet KR en dat jy die eerste mens is wat ek ken wat oor Ashton se "spaceship" gery het. :deal: :thumleft:

 :imaposer: Mens maak maar 'n plan met wat jy het - daai perskes was sommer die poeding ook aangesien sekere mense mos nie by was om vir ons boksies custard saam te ry nie!  ;)  :pot:  En ja daai Ashton brug is nogals iets besonders. :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Noneking on August 19, 2021, 06:10:05 pm
Baie mooi!
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Bokveld on August 19, 2021, 08:32:34 pm
    Mooi man.Lekker bakdraai wat jy gemaak het.As alles mooi uitwerk,verdwyn ek en die skaap ook volgende week bietjie van die radar af.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 20, 2021, 05:12:43 am
    Mooi man.Lekker bakdraai wat jy gemaak het.As alles mooi uitwerk,verdwyn ek en die skaap ook volgende week bietjie van die radar af.

Oom Kallie moet dit geniet - ek sien uit na die foto's en ritverslag wat ek hoop ons mee bederf gaan word.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Dwerg on August 20, 2021, 11:02:32 am
Lekker report ek love hoe jy skryf en die detail. Ek lees elke nou en dan pas name en goed wat ek moet google net om te sien ek het die selfde pad gery  :lol8:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Vulcan on August 20, 2021, 11:41:49 am
Baie lekker ride report. Pragtige wereld.  :ricky:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 20, 2021, 03:40:58 pm
Lekker report ek love hoe jy skryf en die detail. Ek lees elke nou en dan pas name en goed wat ek moet google net om te sien ek het die selfde pad gery  :lol8:

Dankie Dwerg - waardeer!  Ek het maar so met Slingsby se kaart onder die blad gery en vooraf bietjie opgelees. Ek het opsetlik nie my bike se GPS saamgeneem nie want ek het al gevind dat ek te veel hom sit en dophou en mens mis die naamborde en omgewing. Ek hoef bv. nie te weet dat ek oor 27.8km moet links draai nie, ens. Maar as jy die naambord soek dan onthou jy hom!
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: petri oosthuizen on August 20, 2021, 05:08:15 pm
Jy skryf BAIE mooi!!! :thumleft:

.........ek wil ook weer bietjie weggaan..... :'( :'( :'(
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 20, 2021, 05:19:24 pm
Jy skryf BAIE mooi!!! :thumleft:

.........ek wil ook weer bietjie weggaan..... :'( :'( :'(

Baie dankie Petri - ons druk maar net die knoppies!  ;D
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Ri on August 21, 2021, 12:25:03 am
Ek het nou sommer weer heimweŽ om die langpad te ry. Daar is sulke lekker ritverslae aan die gang met sulke mooi foto's soos hierdie een, en dan jou heerlike skrywes by. Baie dankie vir jou moeite!

Daar die laaste oorslaapplek lyk nogal besonders. Waar is dit?
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 21, 2021, 07:46:24 am
Ek het nou sommer weer heimweŽ om die langpad te ry. Daar is sulke lekker ritverslae aan die gang met sulke mooi foto's soos hierdie een, en dan jou heerlike skrywes by. Baie dankie vir jou moeite!

Daar die laaste oorslaapplek lyk nogal besonders. Waar is dit?

Hallo Ri, ja ek sal weer wil gaan, dis Balie's Gat. Op die pad tussen PA Hamlet en Citrusdal draai jy af en net so paar km verder sak jy dan met die passie af tot onder by die kampplek en huisies.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Ri on August 21, 2021, 08:48:10 am

Dankie, ek het al gehoor van Balie's Gat. Blykbaar nie 'n plek om sommer alleen in te ry nie :lol8:

Maar sjŰ dis mooi en ek kan dink hoe lekker dit moet wees in die somer wanneer mens die seile opslaan.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: LeonDude on August 21, 2021, 09:24:28 am
Dankie vir die RR.
Nou voel ek lekker lus om te gaan ry.
 :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: 2StrokeDan on August 21, 2021, 08:40:44 pm
Baie nice roete en all, maar ek het n kleintjie dood aan designer cuisine. :eek7:

Stowevrugte?

Ek spook om n blik boeliebeef oop te kry. O0
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: dw1 on August 21, 2021, 10:23:34 pm
Lekker RR. Dankie dat jy die moeite doen. Waarmee neem jy fotos?
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Ian in Great Brak River on August 22, 2021, 02:41:35 am
Regtig lekker gelees en gekyk, dankie.

 8)
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 22, 2021, 08:00:09 am
Baie nice roete en all, maar ek het n kleintjie dood aan designer cuisine. :eek7:

Stowevrugte?

Ek spook om n blik boeliebeef oop te kry. O0

 :imaposer: Dankie 2SD - ja ek weet ook nie in watter kosgroep die stowevrugte val nie, maar as kind op die plaas het ons groot geword met gestoofde perskes, pruime of kwepers afhangend van die seisoen.  :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 22, 2021, 08:05:10 am
Lekker RR. Dankie dat jy die moeite doen. Waarmee neem jy fotos?

Dankie dw1, waardeer. Foto's sommer met my Samsung selfoon, niks fÍnsie nie maar ten minste werk hy lekker met die handskoene. Al is hy gelock druk ek die power knoppie twee keer dan is hy in kamera, en enige van die volume knoppies druk jy om te neem.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: 2StrokeDan on August 22, 2021, 08:47:39 am
Baie nice roete en all, maar ek het n kleintjie dood aan designer cuisine. :eek7:

Stowevrugte?

Ek spook om n blik boeliebeef oop te kry. O0

 :imaposer: Dankie 2SD - ja ek weet ook nie in watter kosgroep die stowevrugte val nie, maar as kind op die plaas het ons groot geword met gestoofde perskes, pruime of kwepers afhangend van die seisoen.  :thumleft:

Ja, ons het selfs met gestoofde vrugte grootgeword, dit was net vir my verrassend snaaks om te sien hoe n man op n bike-trip vir homself stowevrugte maak. Op n lekker manier snaaks.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 22, 2021, 09:18:53 am

Ja nou wat jy dit noem verstaan ek - nie tipiese bike trip kos nie en persoonlik ook nie iets wat ek sou inpak nie!
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Bokveld on August 22, 2021, 09:26:14 pm
   Ten minste het KR die standaard van kampkos nou gelig.  Mooi,ons is trots op jou. :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 23, 2021, 06:57:43 am
   Ten minste het KR die standaard van kampkos nou gelig.  Mooi,ons is trots op jou. :thumleft:

Dankie Oom Kallie!  :biggrin: :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Skim on August 23, 2021, 07:30:56 am
Dankie vir nog 'n lip lekker RR - KR!

Altyd lekker om saam te ry
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Beserker on August 25, 2021, 10:26:07 am
Man, lekker saamgery, en het nou nog 'n bestemming waarvan ek nie geweet get nie: Balie se Gat.

Ek soek juis sulke bestemmings wat pillion vriendelik is.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 25, 2021, 11:00:02 am
Man, lekker saamgery, en het nou nog 'n bestemming waarvan ek nie geweet get nie: Balie se Gat.

Ek soek juis sulke bestemmings wat pillion vriendelik is.

Dankie Beserker, ja ondersteun gerus Balie's Gat. Dis seker so 5km skat ek van die teerpad af en daai passie is heel matig, sal maklik met pillion kan ry.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: growweblaar on August 25, 2021, 12:20:57 pm
Ek het nog nie oorgebly in Oasis se tente nie. Hoe is die ablusieblok? My nuwe girlfriend en ablusieblokke is nie altyd maats nie... :sip:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 25, 2021, 12:33:55 pm
Ek het nog nie oorgebly in Oasis se tente nie. Hoe is die ablusieblok? My nuwe girlfriend en ablusieblokke is nie altyd maats nie... :sip:

Daar is verskillende ablusieblokke, ek dink dis heel goed. Hang soms ook maar af van die ou voor jou wat daar in was.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: JACOVV on August 25, 2021, 01:24:15 pm
Baie dankie vir 'n lekker RR.  Die kiekies is ook baie mooi.

Soos Oubaas se - "Uit die Boonste gestoeltes"

 :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Lem on August 25, 2021, 02:09:38 pm
Ai jai jai, al weer 'n Karoorider Classic  :thumleft:

Pragtige plekke en paaie en die verslaggewig is voortreflik  :deal:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 25, 2021, 02:24:34 pm
Dankie JACOVV en Lem, waardeer. Baie lekker trip, net te kort soos gewoonlik.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: weskus on August 25, 2021, 04:40:51 pm
Lekker geskryf Jan..en ek is so lus vir bike-ry..
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on August 25, 2021, 05:11:05 pm
Lekker geskryf Jan..en ek is so lus vir bike-ry..

Dankie Dewald - ja start op daai bike asb. Los die wyn.  Onlangs op 'n troue ene "Robert" ontmoet, blykbaar 'n oud-kollega van jou, dalk onthou jy hom nog.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Beserker on August 29, 2021, 08:09:15 am
Ek het nog nie oorgebly in Oasis se tente nie. Hoe is die ablusieblok? My nuwe girlfriend en ablusieblokke is nie altyd maats nie... :sip:

Dit hang ook af hoe besig hulle is - vakansie dae nogal en dit hang van die ou voor jou af - maar dit is higienies en skoon.
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Frannarossi on September 06, 2021, 03:55:19 pm
Jan,gaan ry nog 'n draai dat jy weer van voor kan begin skryf man!
Ek het die ride report nou vreeslik geniet.Sal nog eendag saam met jou 'n trippie wil ry en saam om 'n vuurtjie kuier!
Dankie,dit was baie nice :thumleft:
Title: Re: Sederberg omswerwinge
Post by: Karoo Rider on September 06, 2021, 04:51:20 pm
Jan,gaan ry nog 'n draai dat jy weer van voor kan begin skryf man!
Ek het die ride report nou vreeslik geniet.Sal nog eendag saam met jou 'n trippie wil ry en saam om 'n vuurtjie kuier!
Dankie,dit was baie nice :thumleft:
Baie dankie Francois, waardeer. Soos jy sÍ, ons moet 'n trip en en kuier na vore doen!  :thumleft: