Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Amos on November 25, 2021, 08:46:49 pm

Title: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 08:46:49 pm
Pa is moeilik. Hy wil weet waar is my toksak. Dis n kritiese bagasiehouer vir ons eerste motorfietstog op sy splinternuwe BMW R80/7. Dis 1980, lank voor dinge soos adventure bikes, goeie motorfietsklere en bagasiestelsels. Sonder die toksak is ons beperkte pak opsies nog meer belemmer.

Ek dink terug aan daardie Apriloggend in 1980 terwyl ek my rugsakkie vasmaak op die rooi merrie (met apologie aan @Armpie, wie se rooi merrie sekerlik die oorspronklike een is). Ek en Pa het ons laaste motorfietstog saam gedoen in 1992, net voor diensplig. Hierdie is my eerste tog sedert daardie een en my eerste een alleen. O, die opwinding!

Nadat sy my woorde gegee het een Donderdagaand in Oktober, s my vrou sy het die naweek spasie nodig. Sy gaan alleen Kaap toe. Bly kalm en hou jou kaarte teen jou bors. Karoo-roetes is al vele male bestudeer en die saadjie vir n oorslaap is lankal geplant by my ou vriend op Ladismith, ook n motorfietsryer. Hy gaan op n kerkkamp wees buite die dorp maar dring daarop aan dat ek deurkom. Nou is ek in die onaanvegbare posisie dat ek na n kerkkamp toe gaan.

Wydverspreide swaar ren oor die hele Wes-Kaap laat my sleg slaap Vrydagnag. Maar ek is vasberade om my eerste tog met die rooi merrie aan te pak en so n goeie geleentheid gaan nie gou weer verbykom nie. Vroulief is effens oorbluf Saterdagoggend toe sy besef ek gaan haar spasie gee tot in die wye Karoo. Maar ek het my kaarte mos mooi gespeel en ek val in die pad net agter die laaste bui op n sopnat pad.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Wolzak on November 25, 2021, 08:52:55 pm
 :ricky: :thumleft:
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 08:54:47 pm
In die jare verloop het ek n paar trapfietstoere gedoen en uitgepluis wat werk vir my. My swerfrooster is op n paar beginsels gebasseer. Eerstens, maksimum grondpad - voor die hand liggend vir lesers van hierdie kletswerf. Tweedens, as dit moet teerpad, die stilste een. Derdens, ek gaan dorp toe net vir brandstof. Ek het my eie padkos en water en stop eerder by n mooi plek langs n stil grondpad as in n dorp (@Noneking en die Laevelders se rel van geen etes by n franchise restaurant op n motorfietstoer is n uitstekende een wat ek heelhartig onderskryf).

Die eerste twee beginsels is deels op aandrang van die rooi merrie, n Honda CRF250 Rally. Honderd-en-twintig km/h op n nasionale pad is nie haar natuurlike habitat nie. Maar selfs met n ander fiets sou ek dit nie anders wou h nie. Die ervaring van die landskap sonder n motor se dak bo my kop is die primre doelwit.

Daarom begin ek sommer met die pad deur die Weskuspark om die R27 te vermy. Ek is by die park se hek toe dit oopmaak en hou by die 50 km/h spoedgrens. Genoeg tyd om rustig te sit en dink, is jy seker jy gaan nou die 400 km ry tot in Ladismith? Doodseker. Alles blink en is vars en skoon na die ren. Dis nie koud nie, net lekker fris.

Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 08:56:42 pm
Ek neem die smal en stille weg na Malmesbury via Darling. Dan weer op die bre besige weg na die Paarl. Ek probeer kilometers in die bank kry vir meer tyd op die grondpaaie. In renerige weer tel ek die pad op na Dutoitskloof. Die rooi merrie sal ek nooit deur die Hugenote tonnel probeer vat nie, sy sal viervoet vassteek.

En wat n verassing lewer daardie ou hoofpad Kaap toe nie! My gedagtes gaan terug na die dae toe hierdie pas vir my die skeiding tussen Kaap en elders was. Ek en pa het in 1980 die Kaap hier verlaat laat die middag op pad terug na Pretoria. Ons het gestoot vir Touwsrivier, waar ons by familie oorgeslaap het. Die lug het al begin byt en tannie Bunny het vir ons die donskomberse uitgehaal. Ten spyte van Ouma se nuwe gebreide trui het ek vrek koud gekry oor die pas.

Vandag loop die watervalle in die pas soos ek dit nog nooit gesien het nie. Daar is dik mis by die top en later bietjie ren. Pa sou darem hierdie ryklere geniet het, ek ervaar nie die minste ongemak nie.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 08:57:53 pm
Anderkant af loop die Molenaarsrivier oor sy walle. Hierdie water moet mos nog Brerivier toe, so ek berei my voor op n oorstroomde laagwaterbrug naby Aan de Doorns. Ek wil n grondpad deur die Ouhangsberge neem Robertson toe.

Net voor die rivier begin die grondpad. Daarshy nou! Ek is verbaas om te sien die brug is nog bo water, maar die vloei is sterk. Dis n ideale stopplek vir ete en ek eet rustig my toebroodjies en gekookte eiers op die brug.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 08:58:46 pm
Drie kanovaarders kom verby. Hulle het spesiaal kom roei na die swaar ren. Dit lyk lekker, s ek. Wat jy doen ook, se die eerste een. Blyk te wees hy ry ook motorfiets en ek roei ook. Hy reken die groot water is nog op pad.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:00:11 pm
Die grondpad oor die berg is lieflik. So n afgele stukkie Karoo hier by die Breriviervallei. Nie een voertuig gekry nie. Dit terwyl die Worcester Robertson pad altyd so druk is.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:01:20 pm
By Robertson gooi ek petrol in en trek van my klere uit. Ek is nog onbekwaam met die klere, hoeveel jy moet aanh of uittrek en wanneer.

Jaag Ashton toe (op rooi merrie standaarde) met die besige teerpad. Gelukkig is daar padwerke in Kogmanskloof en niemand kan jaag nie. Net na Montagu verlaat ek die teer as ek afdraai na Talana. (Wie was sy?) Dis die pad na Oubergpas.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Noneking on November 25, 2021, 09:02:11 pm
Mooi geskryf en lekker fotos!
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:03:43 pm
Die pad kronkel deur die Langeberge se voetheuwels en daar is n verassing om elke draai.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:05:16 pm
Geleidelik klim ons totdat ons skerp na links draai, oor n driffie gaan en dan die pas vat. Rustig teen lae toere klim ons tot bo. Ons is 1000m bo seespiel en hier bo lyk dinge heel anders; dror, meer uitgestrek, op n plato.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:06:07 pm
n Jaggeselskap op n bakkie, so hoort dit op n Saterdagmiddag. Geen ander verkeer en n fris wind in my blaaie. Salig.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:06:57 pm
Ek nader n losstaande berg en besef dit moet Anysberg wees.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:08:00 pm
Vanaf die plato val die pad weg in n diep vallei, uitgespoel deur afloopwater vanaf Anysberg. Onder in die vallei l die pragtige plaas Sewefontein. Hier vat ek weer n lang breek vir verversings.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:10:06 pm
Van hier af bly die pad tussen landerytjies en berge tot by die T-aansluiting na Ladismith of Laingsburg. Ek stop 4 uur by die kampterrein. Hierdie dag in die saal sal moeilik geklop word.

Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:11:20 pm
Sondagmre 8 uur val ek in die pad nadat ek soos n dooie geslaap het. Ek het beplan om vol te maak op Ladismith maar is nie lus om dorp toe te ry nie en besluit om n kans te vat. Natuurlik mag ek nie dieselfde roete terug ry nie en ek mik vir Laingsburg.

n Paar heuwels op en af en dan kry ons hoogte met n mooi klein passie genaamd Outolpas.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:13:48 pm
Klein Swartbergpas volg. Ek het nooit geweet die ikoon het n kleiner boetie nie. Nie naastenby so imposant soos ouboet nie, maar tog. My eerste keer oor groot Swartbergpas was saam met pa op die R80/7 in 1992.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:14:36 pm
Op n pragtige afgele ho plato vat ek n breek.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:15:23 pm
Voor die Vleiland Laingsburg T-aansluiting gaan ek deur n mooi klofie wat tekens van goeie ren wys. n Voorsmakie van dinge wat sou kom.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:16:28 pm
Op Laingsburg gooi ek petrol in en trek uit. Ek was verniet besorg oor die brandstof, die rooi merrie het n verstommende 37 km/l behaal sedert Robertson. Die gunstige wind en stadige spoed moes baie gehelp het.

Nog n beginsel van my manier op die wapad is ek ry op n papierkaart. Ja, die GPS is daar en is aan, maar ek gebruik dit maar net om data in te samel of indien ek wil seker maak waar ek is op die papierkaart. Die beste kaarte in Suid-Afrika is Slingby sn. Sy kaart wys n pad parallel aan en noord van die N1. Na 600 m op die N1 in Laingsburg draai ek af daarheen. Dit is al wat ek op die N1 gery het. Dit moet een of ander rekord wees, waarop ek baie trots is, Laingsburg na Langebaan met net 0.6 km op die N1. Anders as ek en pa wat in daardie tog van 80, van Pretoria af vir n Kaapse draai, lang ure op die N1 gery het. Daar het ek dinge geleer van toer met motorfiets wat ek nou nog onthou - die lang sit, met jou eie gedagtes, niemand wat jou kan hoor nie. Ek gesels met myself en sing vandag net so lekker soos wat ek daardie tyd op die N1 geleer het.

Die Slingsby pad is n juweel. Dis n plaaspad wat net deur plaaslike mense gebruik word en hulle is yl gesaai. Ek sien net twee plaaswerkers, by hul huis. Geen lyndrade nie en kort-kort n hek wat moet oop- en toegemaak word. Gelukkig is nie een gesluit nie.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:17:23 pm
Die ren van Vrydagaand wys homself hier in plasse wat al meer uitdagend raak.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:18:10 pm
By hierdie een steek ek eers vas om ondersoek in te stel. As ek op hierdie pad gestrand raak word ek seker eers oor n week gehelp. Sommer met die naderstap leer ek die dag se les: n Karoo grondpad het dikwels n lekker gladde lagie klei op die bodem, wat jou nie veel pla in n kar nie, maar met twee wiele moet jy lekker wees.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:19:30 pm
Ek trek kleinkoppie en ry om die plas, deur die veld en harde Karoo bossies, self nie te maklik nie, maar die ligte fiets maak dit doenbaar op my vaardigheidsvlak.

Na vele hekke en plasse bereik ek die grootpad tussen Matjiesfontein en Karoopoort, ook bekend as die Patatsrivierpad. Hoewel lank terug gery, is hierdie pad is meer bekend aan my en ek probeer bietjie vinniger vorder. Maar o wee, hier is net so baie plasse met die kenmerkende glibberige klei onder. Hier is spore van ander motorfietse n dag of twee vroer. Hulle was seker bietjie uitgedaag.

By Patatsrivier stop ek in die koelte van soetdoringbome neffens die werf. Geen sterfling is in sig nie. Gisteraand se gasvrou het mooi vir my padkos gesorg, koue braaivleis en toebroodjies. Dit sal my vat tot by die huis.

Die grootste plas kry ek voor die Perdekraal windplaas. Windkrag is goed maar jinne, dit was darem baie mooier toe ek laas hier verby is in suiwer Tankwa Karoo. Ek stop eers weer en neem bestek op. Geen omry hierdie keer moontlik en hy is lank. Hoe vinnig? Trapfiets het my geleer spoed is jou vriend en pak hom maar in tweede aan met ho toere. Moenie so styf raak as die fiets bietjie gly nie, laat hom bietjie gaan, gebruik jou gewig, leer ek. Ek is deur en vanaf die windplaas is die plasse verby, die nuwe pad is te goed gebou. In April 1980 het ek en pa die eerste koue front van die winter gekry toe ons na sy familie toe is in Porterville. Dit was gly-gly om van die plaas tot op die teerpad te kom, maar pa het hom regop gehou.

By Karoopoort sien ek die eerste ander voertuig sedert Laingsburg. Hier neem ek natuurlik Swaarmoedpas eerder as Theronsbergpas. Dis omtrent ewe ver, maar ek kry darem n stukkie grondpad in en kry geen vragmotors. By die teerpad stop ek om mooi na Vrydagnag se sneeu op Matroosberg te kyk en merk nou op hoe vuil ek is.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:20:41 pm
By Ceres gooi ek petrol in. My eerste maal in Ceres was ook op die 1980 toer en ek het toe gedink dit is die mooiste dorp in Suid-Afrika. Vandag weet ek nie meer wat is die mooiste dorp nie. Daarna l ek maar net geduldig die besige teerpad af tot by Gouda. Hier is darem nog n grondpadgeleentheid Moorreesburg toe. Hierdie pad is aanvanklik in n besonderse goeie toestand. Ek stop my laaste stop by Leliedam.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on November 25, 2021, 09:21:20 pm
Vanaf Moorreesburg is dit net teerpad tot by die huis, in n wind met toenemende sterkte van voor. Ook nie die rooi merrie se sterk punt nie. Maar geen merrie het nie swak punte nie. Hierdie een is net wat ek in gedagte gehad het toe ek haar vroer vanjaar gekoop het. Die indrink van die landskap met die oop lug rondom jou. Net soos wat pa daarvan gehou het. Ek is verlief op die merrie.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Wolzak on November 25, 2021, 09:25:49 pm
Amos, welkom hier, jy is 'n aanwins.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Karoo Rider on November 25, 2021, 09:31:39 pm
Amos.  S my waar was jy al die jare? Jou skryfstyl en mooi Afrikaans is so in my kraal.  Weliswaar voortreflik.  Ek sien uit na nog.  :thumleft:
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: blockheadxl650v on November 25, 2021, 09:40:12 pm
Lekker trippie. Dankie
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: dw1 on November 25, 2021, 10:56:06 pm
Lekker RR en mooi geskryf
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: stcomza on November 26, 2021, 07:03:05 am

Baie dankie, lekker saam gery en dit baie geniet  :thumleft:
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Dorsland on November 26, 2021, 07:46:59 am
Hoe lekker is dit nie om sulke pragtige suiwer Afrikaans te lees. En dt van 'n man wat ry en kyk en die wreld inasem tot diep in sy binneste, waar dit vir later, wanneer dinge woel, weer opgediep kan word.

Pragtig!
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Skim on November 26, 2021, 08:25:08 am
Lekker Man!!! baie dankie - ek soek daai grondpad Robertson toe - deel bietjie!!
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: EtienneBnk on November 26, 2021, 09:07:27 am
Voetspore virrie honne. Amos jy kan n nuwe tv-reeks begin my vriend.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: the ruffian on November 26, 2021, 02:38:18 pm
I love the eloquence and philosophical cohesion of your report. Ek verstaan en waardeer jou styl, maar  ek kan nie so mooi my eie gedagtes in Afrikaans skryf nie ...

I am deeply moved by the way you evoke the landscape in terms of your recollection of traveling with your father ...

Like others who have responded above, your style of riding and writing resonates strongly with me.

Baie Dannie, Amos...
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: DUSTRIDERS on November 26, 2021, 05:56:22 pm
val ek in die pad

Man ek geniet jou skrywe terde en hoop om nog baie in die toekoms te lees.maar ek moet ten sterkste kapsie maak teen twee keer se gebruik van bostaande term!!! ;) ;D :lol8:
Hier by Dustriders ontmoedig ons dadelik alle gaste om daardie term te gebruik wanneer hulle s hul wil vertrek!!!  :thumleft:

Natuurlik sal ons fotos verwelkom van jou en pa se trip in 1980. :thumleft:
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: blockheadxl650v on November 27, 2021, 01:12:39 pm
Lekker Man!!! baie dankie - ek soek daai grondpad Robertson toe - deel bietjie!!

Ek ken van een grondpad. De Wet pad, Jy kan van die N1 naby De Doorns regs draai of jy kan die Overhex pad van van die hoofpad vat en dan ook regs draai Robertson toe.
Hy kom weer by Rooiberg wyn kelder by die hoofpad uit.
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Skim on November 27, 2021, 02:19:02 pm
Dankie Sal hom nog soek

Sent from my SM-G996B using Tapatalk

Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: skydiver on November 28, 2021, 07:50:08 am
Jou RR lees baie lekker met al die gevleuelde woorde.
Afrikaans is sowaar 'n wonderlike taal.
Ek sien uit na die volgende avontuur op die CRF
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Vulcan on December 02, 2021, 09:21:02 am
Lekker om te lees, dankie. Ek het n paar nuwe paaie ontdek in jou skrywe.  :thumleft:
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Andre01 on December 02, 2021, 11:48:04 am
Sjoe, dankie vir die lekker lees en mooi foto's. Maak 'n man lus om sommer nou op te klim en 'n draai te gaan ry!
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Ri on December 02, 2021, 05:21:42 pm
Pragtige skrywe en pragtige foto's, dit laat my sommer liries voel.

Baie dankie vir die moeite en vir die deel.

Ladismith na Laingsburg is 'n pragtige pad wat mense mis omdat almal deur Seweweekspoort ry. Ek het self in November voor die rens daar gery. Dis lieflik.

Terloops, watter deel van jou retoer kwalifiseer as "blits"? :ricky:
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on December 10, 2021, 10:46:55 am
 :lol8: Ja "blits" verwys nie na my snelheid op enige punt nie, maar eerder na die enkele aand uitstedig. Dit behoort mos eerder 5 of meer te wees...
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: BullSmit on December 10, 2021, 11:09:11 am
Baie moeite in die verslag.  :thumleft:

Dankie vir die deel en ek sien uit na nog van hierdie.

Hopelik gee die vrou jou meer spasie in die toekoms! Werk daaraan.  :biggrin: :biggrin:

Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Dwerg on December 10, 2021, 11:24:46 am
Lekker verslag  :thumleft:

Watse spoed is die fietsies mee gemaklik op die oop pad? Kan mens hom darem so 100-110 ry?
Title: Re: Langebaan Ladismith blitsretoer
Post by: Amos on December 13, 2021, 03:30:56 pm
Vir my is 'n gemaklike ware snelheid (soos per GPS) 100km/h. Dan draai die enjin teen 7000rpm. Maar iemand wat haastiger is sal seker nog 'n 10-15km/h kan uithaal, afhangend van wind en totale massa van ryer en bagasie.