Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Nimmo on March 19, 2010, 11:53:33 am

Title: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Nimmo on March 19, 2010, 11:53:33 am
Liewer laat as nooit:

Dit is die oggend van 7 Oktober 2009 en regdeur die huis is dit doodstil, behalwe vir een pa van 2 wat van oor tot oor glimlag terwyl hy sy al sy panniers wat al dae lank regstaan begin aandra na sy blinkgewaste fiets. Pappa tyd begin vandag

@07H30 is als gelaai en is die ander 2 wat saamry (Hennie - my pa 66, op sy 1200 GS en Ernst 59, op sy 1200GS) reeds hier by my huis.

Weg is ons...    nee wag my pa het sy reflective vest vergeet, eers dit gaan haal.

OK weg is ons......

Roete van Colesberg oor Middelburg na George

Eerste stop Jagtpoort padstal net voor Loodsbergpas, uit met die koffie...

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL002.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL002.jpg)

Terug in die saal op pad na Graaff Reinet

Nie ver voor Graaff Reinet nie besluit Ernst wat voor ry dit is tyd vir n pitstop en flikker aan daar gaan hy.   Aai, aai ek wat lekker ver terug is kan die afdraai maar net verbyskiet en wens ek het ook ABS.  Mental note: moet verder agter hom ry in vervolg.

Die waterpille werk n man darem lyk dit my
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9078.jpg)

En daar trek ons weer, deur Graaff Reinet reguit op pad Willowmore toe.
By die Beervlei dam (wat nie n dam is nie) stop ons. Hennie vertel toe dat sy bike voel asof hy sy neus laat sak het en nou trek hy met tye nie lekker nieMMMM
Dooie plug, vuil brandstof, petrolpomp?  Ons ry maar tot op Willowmore en daar sal ons besluit hier kan ons niks doen nie

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9081.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9080.jpg)

In Willowmore aangekom besluit Hennie dat daar nie verder gery gaan word nie, en wag vir dit alle KTMmers BMW on call word gebel en n recovery word van Graaff Reinett gestuur.
Ons maak toe maar vol en beweeg toe maar oor na die Royal Hotel daar vir bietjie kos ens.
Dink wat jy wil, maar ek het nrens nog so n lekker burger en skyfies gekry soos daar nie. 

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9082.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9083.jpg)

Na hulle laat weet het die recovery is op pad het ek en Ernst in die pad geval, help tog nie ons wag en kom ook donker eers daar aan nie. Glentana toe
Die Kammanasieberge was aan die brand en jy kon die hitte tot op die pad toe voel.
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL003.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL004.jpg)

Outeniquapas

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL006.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL008.jpg)

Glentana toe.  Gelukkig ek het n skoolvriend in Mosselbaai en is eers deur soontoe om n bakkie te rel om Hennie later die aand by BMW op te tel.  @20H00 was hulle daar en kon ons hom laai (Bike by Lynn Schroeder?)
Terug Mosselbaai toe, eet en terug Glentana toe om te gaan slaap.

Eerste dag verby en almal uitgeput na al die drama..
My bike staan in Mosselbaai, Hennie sn in George en Ernst in Glentana.

Volgende dag 8 Oktober 2009

Almal in die bakkie George toe om te hoor wat is fout met die GS.  Valves en silinder gebrand.
Volgens die agente daar is daar valves beskikbaar, maar geen head in die land nie.  Dit is mos gewoonlik andersom?  Verder verwyl ons toe ons tyd in George en dit is toe dat Ernst besef sy battery gaan dit dalk nie maak nie.  Ek Jou MA n versoek en siedaar  Excaliber pm toe Y nommer en daar gaan hy om n bekostigbare battery (nie BMW) te gaan bestel by Yamaha (goeie diens gekry daar).

Hennie is uit en sal dalk per bus moet terug as hulle nie n kar vir hom het nie, maar ek en Ernst gaan more Prins Alfreds pas ry

9 Oktober 2009

Vroeg is ons reed in die pad op pad George toe sodat ons eers n deel van die sewe passe pad kan ry, Wildernis en dan N2 deur Knysna na die pas toe.

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL009.jpg) 
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL010.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL011.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9091.jpg)

Deur Knysna nou die Prins Alfredspas
Ek is nie vertroud met al die name nie, maar dit was n belewenis om dit deur te ry.
Houttrokke is n groot faktor en moenie te veel gas gee nie, want jy weet nooit wat is om die draai nie. (my eerste keer hier). Dit voel amper nie reg om n RR te skryf oor iets wat die plaaslike ouens as vanselfsprekend beskou nie, dit is net daar
Die is meer fotos as storie

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9092.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9093.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9094.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9095.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9096.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9097.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9099.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9101.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9103.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9103.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9104.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9105.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9106.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9107.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9108.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9109.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9111.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL022.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL024.jpg)

By Avotuur besluit ons om die ou Montaqu pas om terug te ry George toe, self n baie mooi stukkie van die land.
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9112.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9114.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9115.jpg)

Terug in George en by Hennie vind ons toe uit hy het die BMW agentskap in Upington gebel en gevra hulle moet kyk of daar parte is in die land en wragtig daar is ..Wie jok nou oor parte?
Hy het LS in George gebel en ges daar is parte en dat hulle n kans vat as hulle s daar is nie.  Skielik kon hulle hom help en @ die middag was sy bike weer reg.
+/- R39000 onder waarborg. EISH

Ek wil eerder nie iets verder hieroor s nie.

10 Oktober 2009

Almal is nou reg en nou is dit Herbertsdale toe al met die grondpaaie langs vanaf Glentana

 (http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9116.jpg)

By die Oudshoorn pad draai ons regs en is gou Eight Bells toe vir n lekker ontbyt.

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9117.jpg)

Mage vol en hier gaan ons

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9119.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9120.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9121.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9122.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9123.jpg)

Mosselbaai om na Glentana toe.

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/GL030.jpg)

Vroeg die oggend van die 11 de is ons reg om te ry, enigste ding is dit ren katte en honde.

Baai George, hallo Colesberg
Dit het van begin tot einde geren.

(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9125.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9127.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9128.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9129.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9130.jpg)
(http://i980.photobucket.com/albums/ae290/Jeanvanderwalt/IMGP9131.jpg)

Ek moet my Rallye Pro pakkie die eer gee, nie n enkele druppel deur nie en ek het kurkdroog by die huis aangekom.

Dankie aan Hennie en Ernst dit was lekker om saam met julle te ry.  Tot n volgende keer.
 


Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Trailrider on March 19, 2010, 12:11:25 pm
Nice!

Altyd interresant om jou eie wereld deur 'n ander se oe te sien.
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Janneman on March 19, 2010, 12:17:26 pm
se my soek die man met die R1100GS nie dalk n splinternuwe oorspronklike screan nie?????  :biggrin:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Nimmo on March 19, 2010, 12:19:24 pm
EN wat is fout met my mod? :biggrin: ;D :thumleft:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Janneman on March 19, 2010, 12:24:46 pm
EN wat is fout met my mod? :biggrin: ;D :thumleft:

 :biggrin: nee ek vra maar net, my aanstaande skoonpa het een wat hy destyds van sy R1100GS afgehaal het, nog splinternuut  :biggrin:  :mwink:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Nimmo on March 19, 2010, 12:51:39 pm
Skenk jy of verkoop jy? :mwink:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Janneman on March 19, 2010, 01:33:32 pm
Skenk jy of verkoop jy? :mwink:

Ha pa sal my skiet as ek dit weggee :mwink:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: DUSTRIDERS on March 21, 2010, 06:37:14 pm
Vandag deur Herbertsdale gery. Ons is gelukkig om in n mooi omgewing te woon.
Dankie vir die RR Nimmo.
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Iron Shark on March 21, 2010, 06:41:53 pm
Mooi man!!  :thumleft:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: El Zeffo on March 21, 2010, 07:34:07 pm
Baie baie mooi
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Operator on March 21, 2010, 08:12:10 pm
Nice report.

................en een standaard netjiese 1100 :thumleft:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: GO GIRL on March 22, 2010, 07:59:31 am
Really nice report and as TR says always nice see your own world thru someone else's eyes. 8) 8).....

I never tire of seeing such AWSUM scenery..... :thumleft:

We are really fortunate to have the wide open spaces on our doorsteps...... and more fortrunate and privileged to be able to ride those routes :ricky: :ricky:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: cassiebotha on March 22, 2010, 11:46:04 am
Baie lekker om te sien waar ons ry ander waardeer dit net so baie. 
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Talliban on March 22, 2010, 08:24:09 pm
Dankie, Nimmo.    Ek het die hele trip weer herleef toe ek na al die fotos kyk.    Was baie nice.   Ons kan maar weer so maak.   Bakgat RR
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Gat Slag on March 23, 2010, 09:05:48 am
Lekker gekyk en gelees....  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: navigator on March 30, 2010, 09:35:18 am
Nice een Nimmo!

Jou foto's en skrywe was eersteklas - jou 1100 is 'n beaut!

My boeta of Kuruman het ook een..............ek verlang sommer na hom.

Dankie vir die RR!
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Padrone on March 30, 2010, 04:05:14 pm
Mooi man  :thumleft: Lekker bike myne se tweeling broer.
Title: Re: Hiervandaan na Mosselbaai....
Post by: Berm_Rooster on April 05, 2010, 09:38:07 am
Nice one Nimmo. Soos TR, GG en die ander se, dit maak mens weer van voor af dankbaar oor waar jy bly as n ander ou jou oe vir jou oopmaak. Bly julle het dit geniet.