Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Nimmo on July 28, 2011, 08:27:53 am

Title: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: Nimmo on July 28, 2011, 08:27:53 am
Die afgelope naweek van 22 - 24 Julie was die "Off-Road Riding Course" te Witsand Natuurreservaat.

Foto's is maar skaars op die stadium, Die dae was besig en tyd vir fotos maar min...
SGB hulle het danksy hulle beplanning gereël vir iemand om deur die naweek fotos te neem en ons behoort dit so deur die volgende week of wat te kry.  Stefan dankie ook daarvoor, ek is seker dit sal weer genoem word, maar die reëlings & diens was uit die boeke uit. 

Almal wat daar was is welkom om by te las en fotos te post - soos en wanneer hulle dit gaan kry...

Ek is seker elke foto gaan sy eie storie hê om te vertel... :pot:

Ek self is Donderdag reeds weg via Kimberley om Blitsig-nie en nog 'n pal van hom (Gerhard) op te laai en deur te skiet Witsand toe.  Ons het eers so 17H00 daar aangekom en ons self begin inrig en regkry vir die 3 dae wat sou volg.
 
Stefan, Bees & Jan Staal was die naweek se instrukteurs. 

Ons gasvrou vir die naweek was Jeanene Jessnitz en sy het haarself baie goed van haar taak gekwyt - dankie ook vir dit, als was puik. 

Hier is solank 'n paar fotos om dinge mee af te skop... :thumleft:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: blitsig-nie on July 28, 2011, 09:42:49 pm
Sorry for the poor quality of the picture as Nimmo say there was little time for taking pictures,
Gerrit took these on his cellphone.
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Rickus on August 01, 2011, 03:42:58 pm
subscribed
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: DUSTRIDERS on August 01, 2011, 03:47:06 pm
En die sand het seker "gebrul" soos julle val?!!
Da kry julle my net met n kwatbike of te voet!!
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Rickus on August 01, 2011, 04:01:59 pm
Ai dit was darem n gesig om te sien.....dit het gelyk soos World War 2 soos die lyke in die sand gele het die manne was moeg en gatvol....ook geller dat enigge normale mens n GSA net 5x in die diksand kan optel voor jy self moet opgetel word :biggrin: Ek moet se die SE se gelyke is daar darem nie sommer oral as dit by daai sand kom nie.
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: blitsig-nie on August 01, 2011, 09:41:24 pm
En die sand het seker "gebrul" soos julle val?!!
Da kry julle my net met n kwatbike of te voet!!
Ek ry eerder daai sand voor ek daar in loop, maar soos jy gesÍ het en Rickus verduidelik het die manne het gebrul, so paar het hulle humorsin verloor maar ons het mekaar gehelp, al was dit ook maar van die val af in die sloot in.
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 06:45:19 pm
Dankie Stefan - hier is 'n paar fotos van die naweek  :thumleft:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 06:48:49 pm
 :thumleft:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Pote on August 09, 2011, 06:51:32 pm
gooi nog fotos  :thumleft:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 06:52:13 pm
 :mwink:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 06:55:40 pm
 ;D
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Pote on August 09, 2011, 06:57:52 pm
BMW het seker lekker geld gemaak na daai naweek aan parte?
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 06:58:28 pm
 :biggrin:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Almal welkom om by te las...
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 07:01:55 pm
 :thumleft:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 07:06:49 pm
 :deal:
BMW het seker lekker geld gemaak na daai naweek aan parte?

Pote ek weet nie van iemand wat skades gehad het op bikes nie - BAIE skades aan ego's

As ek nou rerig iets moet gaan soek om oor te moan vir die naweek is dit dat SGB nie nastenby 'n groot genoeg stuk papier omgestuur het vir al die ego's nie  :pot: :ricky:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: Ian in Great Brak River on August 09, 2011, 07:18:03 pm
Lekker pret gehad lyk my.  :)
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: Harry the Buffalo on August 09, 2011, 07:22:32 pm
Lekker pret gehad lyk my.  :)
Stem :thumleft:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: SGB on August 09, 2011, 07:33:40 pm
Was great to see how the so-called sand monster ran for the hills as confidence set in.  Always fun to work and be at Witsand!  Our favourite threat: "We'll be back...."   :thumleft:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: Nimmo on August 09, 2011, 08:34:49 pm
My favourite fotos is

In my eie woorde: :pot:

1.) Waar Jan vir "VIP" met sy vinger beduie - dit lyk kompleet of hy sê: Nee man ek tel nie weer die ding op nie - jy moet nou bo bly...

En

2.) Waar "Table top" by sy bike sit en mooi gesels en vra om hom tog nie weer te gooi nie...  :mwink:

Verbasend hoe lekker mens lag vir ander ouens & jouself, man dit was nou groot pret. >:D
Ek is weg daar met tonne selfvertroue om sand aan te vat sonder om op te "freeze" en soos ek daar gesê het die kameraadskap op so 'n naweek sal my lank bybly.

As jy jou "skills" wil opskerp is dit die ideale kurses - die sand is nie so erg op die lyf nie en die kanse om jou fiets te verniel is min.  Ek weet net ek sal NOOIT weer die Dakar met die selfde oë sit en kyk nie.  :deal:
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: Brakenjan on August 09, 2011, 09:07:10 pm
Hel, dit lyk lekker!! Gaan nog eendag ook daai kursus doen.
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: JACOVV on August 18, 2011, 08:31:26 pm
Toe ek daai kurses gedoen het in Uniondale, toe het die oranje cones my gedurig grond toe getrek  :biggrin:

Kon dit net nie verstaan nie . . . . , maar dit is en was die moeite werd om so iets te doen.
Title: Re: Country Trax Witsand 2011 - Baie fotos
Post by: CroftsMan on August 21, 2011, 06:43:31 pm
 :thumleft:
Lyk bobaas!