Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => National Bashes => Topic started by: Gerrard on October 20, 2011, 10:03:16 pm

Title: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 20, 2011, 10:03:16 pm
Die Wegbreek en Boskamp, die Pan, die Sand, die Kuier, die Snotgladde Driffie, die Langste dag en huistoe deur die Bos.

So 'n tyd terug ontmoet ek vir Carrots oor die Forum en in die gesels vra hy of ek 'Nat Bash' toe gaan. Ek lees 'Natal Bash' en wonder wat so spesiaal is dat ek nou juis na die Bash moet gaan. Nee, se ek en dis daar gelaat. Die ding krap aan my en ek gaan kyk toe by Plan a Ride. NATIONAL BASH poephol. Vioolsdrif... dis bleddie ver.

So paar dae gaan verby en soos 'n goeie Hond betaam oortuig ek myself ek het die breuk nodig, registreer, betaal en siedaar. Nou moet daar beplan word. Hoink dit soontoe in twee dae, kuier 'n dag en dan weer terug in twee dae. Maklik. Ek wil nou moer graag gaan want ek wil die Honne ontmoet met wie ek so gereeld chat.

Op 'n goeie dag doen ek en Bie 'n trippie deur Grootrivierpoort en terwyl ons 'n braatjie pak onder by Hadleysdrif noem ek so in die gesels van die Bash. Hy's ook lus en ek noem ek wil op Verneukpan slaap en oor Ganagga- en Oubergpas deur die Tankwa ry. Klink lekker. Hy sal so bietjie die roetes bekyk.

So dag of wat later laat weet hy my so voorlopige roete plan. Eerste dag vir my na die Pan- 780km. Geen manier nie. Ek het 'n pel op Graaf-Renette met 'n lekker Boskamp op sy plaas. Ons ry die Woensdagmiddag soontoe wat 280km Pan toe sny. So gemaak en die planne begin form kry. Twee en 'n half dae soontoe en twee en'n half dae terug. Ons kan rustig ry en dinge bekyk.

So het ons gery en gekuier, die trip is gedoen en wat 'n trip was dit nie. Van my lekkerste nog. Hoop julle geniet die oorvertel saam met ons.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Firesquirrel on October 20, 2011, 10:10:54 pm
Ag f@K... nou gaan ek wakker moet bly incase jy die res nou nou post  ;D
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 20, 2011, 10:15:55 pm
Ag f@K... nou gaan ek wakker moet bly incase jy die res nou nou post  ;D

Net dag een vir nou, dan gooi Bie, dan gooi ek dag twee en so gaan ons aan.  :ricky:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 20, 2011, 11:01:39 pm
                                                                        Dag 1 - Woensdag 12/10/11

Ek gaan kamstig werk toe die oggend maar ek terg myself. So tienuur gaan ek huistoe en laai die bike. Dis my eerste trip met die GSA en ek is lus. Ek het afgespreek om Bie half drie op Jansenville te kry dan kan ons rustig ry Boskamp toe en nog daglig daar geniet terwyl ons chill.

So in my gery deur die jare maak ek SERENITY spots bymekaar. Hoe verduidelik ek dat dit plekke is waar ek graag wil wees. Meskien so: Sometimes I sits and thinks, and sometimes I just sits. My Serenity spots is waar ek net sits.

So is die bike gelaai en ek is reg. So 25kg bagasie, all-up. Nie te sleg nie.
(http://img641.imageshack.us/img641/4448/1001353a.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/641/1001353a.jpg/)

Ek het baie tyd en ek ry rustig. Vat 'n koffietjie langs die pad. Ek het gehoor die Wolowefontein Hotel operate weer en besluit om in te loer. Die plek lyk heel beskaafd en 'n goeie oornag stop vir 'n trippie in die toekoms.
(http://img403.imageshack.us/img403/337/1001354f.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/403/1001354f.jpg/)

Langsaan is so 'n winkelkie wat goeters verkoop. Moenie jou vrou daar loslaat nie.
(http://img207.imageshack.us/img207/4255/1001355n.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/207/1001355n.jpg/)

Ek kry vir Bie by Noorsveld padstal, ons groet en ry. Dis 'n kort entjie en so vier uur is ons op die plaas. Die mense word gegroet, ons park die bikes en vat die Nomad af kamp toe. Dit is bietjie 'n rowwe pad.

Die Boskamp se huisie. Nie te fancy nie, maar gerieflik. Lampe, kerse ens.
(http://img192.imageshack.us/img192/889/1001359a.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/192/1001359a.jpg/)

Die kombuis/lapa.
(http://img822.imageshack.us/img822/1702/1001361w.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/822/1001361w.jpg/)

Ons gasheer, Richardt, kom kuier en bring die yskoue bier. Dis nou van hier af wat ons dik SERENITY begin gooi.
(http://img412.imageshack.us/img412/7061/1001365j.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/412/1001365j.jpg/)

So terloops,vlnr, Bie(Kruger), Richardt en ekke(jupiter). Soms gaaf om dit ook te weet.

Die vleisie, soos my gebruik in die bos, gerookte pork rashers. Njammies ! en saam met 'n lekker slaatjie geniet. Ons is mos beskaafd.
(http://img196.imageshack.us/img196/3955/1001366w.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/196/1001366w.jpg/)

So kuier ons aan. Ek wil nie te vroeg gaan slaap nie want dan sukkel die ou lyf in die vroee ure, terwyl ek moet le en wag vir daglig om op te staan. Ons ontwikkel egter gou 'n oggend roetine. Bie, boer wat hy is, is al so van vier uur af wakker. As hy dink dit is lig genoeg dat ek my Siggies kan raaksien, maak hy my wakker en ons roer. So 'n manier het ons elke dag vroeg weggekom.

En dit was ons eerste dag en dit was goed. Dis lekker om 'n witman in Afrika te wees.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: JACOVV on October 21, 2011, 06:49:21 am
Hier kom 'n lekker storie - ek wag.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 21, 2011, 06:57:43 am
Dag 1: 97km teer & 10km grond. Vir Jupiter was daar nog so 200km teer ekstra vanaf PE tot op Jansenville.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Dag1.jpg)

Ek het ongelukkig nie fotos geneem op die eerste deel van die trip nie, maar na alles gepak is en ek gewag het vir 2:30 om vir Jupiter te ontmoet by die stalletjie het ek hierdie een van my pakdonkie geneem.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/12102011153c.jpg)

Ek moet eerlik wees, ek was nie aanvanklik van plan om bash toe te gaan nie. Ons kom pas deur 'n 5 jaar droogte en verkeer steeds onder druk, maar besluit toe dit is dalk net die breuk wat nodig is. Hoe meer die planne begin vorm aanneem het, hoe meer het die opgewondenheid begin inskop. Alhoewel ek en Jupiter al 'n hele paar daytrips saam gedoen het sou dit ons eerste regte trip saam wees. Baie keer word 'n trip gemaak of gebreek deur jou "ridingbuddy", maar ons het gou gejel en ek sal lag-lag 'n Cape to Cairo ook saam met Jupiter doen.

Die ander lekker deel van DS is die nuwe mense wat jy ontmoet en so was dit dan ook op hierdie trip. Dit het sommer begin met Lyle en Richardt. Hy is in 'n professionele beroep op Graaff Reinet, maar boer ook en sy is die roos koningin van Graaff Reinet. Baie lekker jagkamp waarins ons gebly het, warm water en al die nodige geriewe. Vroeg volgende oggend was ek wakker en teen 7 uur was ons terug by die plaashuis, alles klaar gepak op die scoots, reg om te ry. Die Gala was aan!
Gooi Jup.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Pote on October 21, 2011, 07:04:12 am
kom nou met die res...
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Kykdaar on October 21, 2011, 07:27:31 am
Subscribe
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 07:53:41 am
kom nou met die res...

Partykeer moet ek werk ook en dit vat tyd om die reports te skryf. Maar ons kan darem bietjie gesels so tussenin.

Daar's al baie gesels oor wat sal saamry suksesvol maak. Hoewel ek tevore altyd verkies het om alleen te ry en my eie ding te doen, is ek na my ongeluk in Maart traag daarvoor. Hierdie sou my eerste lang trip saam met 'n ry-maat wees en uit die aard was ek besorg hoe dit sou verloop. Ek's 'n roker en moet elke nou en dan stop vir my suurstof aanvulling. Dit irriteer gewoonlik die ander ou.  Nou maak dit weer dat jy hom wil akkommodeer en jy druk maar verby jou gewone stops, dan's dit ook nie weer lekker nie, of hy staan en trippel...maak gou dat ons ry en jy sluk maar die siggie.

Maar dinge het goed gewerk. Jy gesels met mekaar en vind uit wat gaan vir die ander ou die trip lekker maak. As iets krap, sort dit dadelik. 99% van die tyd werk als uit... die 1% sluk jy en ry. So is dit maar in enige verhouding. Dis harde werk, maar lekker om iemand te he om die ervaringe mee te deel.

Aan die einde van die dag was dit goed dat ek nie alleen was nie, so nie was ek gestrand tussen die middel en nerens toe my bike gevrek het.

Daar's een aspek van die saamry wat vir my uitgestaan het en so met verloop van tyd tot my deurgedring het, en dit is die : Jy moet vertroue he in jou maat se ry vermoe. Met ons vorige trips het ek al agtergekom Bie ry veilig, met dieselfde styl as ek. Dit maak dat jy kan ry en jou geniet sonder om te worry of die ander ou all-raait is. Ek dit dit is nogal belangrik.

Nou gaan ek werk. Die res kom later.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: GIDEON on October 21, 2011, 08:47:12 am

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/12102011153c.jpg)



Kyk dit is nou mooi gepakte bike  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Swart Baard on October 21, 2011, 09:37:43 am
Hier kom 'n lekker storie - ek wag.  :thumleft:

Ek stem saam. Waar is die res  :drif:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Swart Baard on October 21, 2011, 09:44:07 am

En dit was ons eerste dag en dit was goed. Dis lekker om 'n witman in Afrika te wees.
[/quote]

Amen broer! Solank ons kan braai, lekker kuier en bike ry gaan dit nog goed  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DUSTRIDERS on October 21, 2011, 09:48:47 am
Kyk Bie se voete by die braai.
Lyk asof hulle n driedoring kan trap dat sy o traan!!
Gooi julle!
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Pote on October 21, 2011, 09:49:48 am
laat kom lou met daai RR van julle lekker trip ;D
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Berm_Rooster on October 21, 2011, 09:58:18 am
Naais! Wanne kom die res?
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 11:54:27 am
Hou vas ! Klaar gewerk so ek gaan nou gooi.  :biggrin:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Dusty on October 21, 2011, 12:05:43 pm
Mooi geskryf   :thumleft:  maak mens sommer lus om die pad te vat   :ricky:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 12:33:25 pm
                                                                      Dag 2 - Donderdag 13/10/11

Murrysburg-Victoria Wes- Carnavon- Verneukpan

Ons laai, groet en ry. Daar le so 300km teerpad voor en ons besluit 130km/h is 'n goeie spoed. 'n Man kan dan so bietjie rondkyk en dis mooi wereld die. Op die stadium het ek nog nie geleer om fotos in die ry te neem nie. Dit kom eers later as ek begin mak raak met die bike. Ons voel mekaar nog eers.

Murrysburg deur en ons stop op Victoria-Wes vir petrol en brekfis. By die garage ontmoet ons vir Phillip, die eienaar, ook 'n biker maar nie 'n Hond nie. Hy kom nou net van 'n trip in Namibie terug. Ons gesels lekker. Brekfis word by die Padstal geeet en hier ontmoet ons vir Steff wat nou net aan die einde van 'n lang trip staan en oppad huistoe is. Hy's so 'n stuk doringdraad mountainbiker en ons kuier lekker. Die man het ook al wyd gery in sy tyd. Daars ander bikemense ook en almal gesels saam.

Dis wat die trips lekker maak. Die mense. The interruptions make the journey.

Ek hou van kerke. Victoria-Wes.
(http://img838.imageshack.us/img838/4955/1001367i.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/838/1001367i.jpg/)

Daars nie haas nie, maar ons beluit om aan te staan want ek wil op die Pan kom. Bel net gou vir vroutjie en se als is reg.

Nou onthou ek nie so mooi nie. Bie moet maar help, want hy was die navigator met die GPS. Altyd geweet waar ons verdwaal was. Ek dink dit was eers Loxton en toe Carnavon. Dis hel warm en ek koop vars Coke en Life-support. Nou slaat ons uiteindelik die grondpad en die rerige ry kan begin.

Die pad is maar tosserig en dis harde werk in die hitte. Ek en die Buffel voel-voel mekaar nog. Die regte bonding sal eers die volgende dag kom.

Erens oppad by 'n verlate huis vat ons 'n breuk in die skuur. Die bietjie koelte help en ons weet dit nog nie, maar ons dehidreer kwaai.
(http://img35.imageshack.us/img35/7721/1001368ls.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/35/1001368ls.jpg/)

So middelmiddag kom ons by die plaashuis en boek in. Bie het als gereel en die tannie is reg vir ons. Yskoue bier. Ons betaal en laai. Sy bring later die kosgoed.

Uiteindelik. Die bord waaroor ek al so baie gedroom het.
(http://img828.imageshack.us/img828/640/1001371cj.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/828/1001371cj.jpg/)

En dan is ons daar.
(http://img844.imageshack.us/img844/2216/1001373e.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/844/1001373e.jpg/)

Moer, maar die plek is wyd. Dis nou die dikste SERENITY spot wat ek nog gesien het. My soort plek.
(http://img202.imageshack.us/img202/5690/1001374l.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/202/1001374l.jpg/)

Ek gaan nou weer aan. Post maar eers want ek is bang ek verloor die.



Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Stoetbul on October 21, 2011, 12:40:12 pm
Laat kom broers die Vrydag is K@K vervelig. :3some:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 01:08:37 pm
Ons pak af en maak ons tuis. Besluit ons gaan nie tent opslaan nie, sommer so onder die skuiling slaap op ons Ribbiz stretchers.(Ek moes dit noem. Die goed werk).
(http://img651.imageshack.us/img651/5410/1001376p.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/651/1001376p.jpg/)

Ons is ook darem nie vuilgatte nie en die wasgoed word gedoen.
(http://img683.imageshack.us/img683/272/1001377u.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/683/1001377u.jpg/)

En dan kom daai oomblik. Hy raak nie eers die kante nie.
(http://img189.imageshack.us/img189/4392/1001379v.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/189/1001379v.jpg/)

Ons het so gedehidreer dat ek na ses biere en 'n klomp water en Coke eers laataand vir die eertste keer ge-pee het.

Agtermiddag versnaperingkies. Gerookte mossels op Provita afgerond met gemengde vrugte en custard. Ons is mos beskaafd.
(http://img705.imageshack.us/img705/1429/1001380e.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/705/1001380e.jpg/)

Vroeer by die huis het die tannie vir ons gese daar is nog twee manne oppad, maar ons weet nie of dit nog bikers is nie. Laatmiddag daag Bud500 en Phumba met 'n gejuig daar op(hulle ry KTM's). Hier gaat ons lekker kuier.

Die Pannemanne. Bud500(Deon), ek, Bie en Phumba(Steven)
(http://img822.imageshack.us/img822/5936/1001382v.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/822/1001382v.jpg/)

Dis nou meskien nie ooglopend nie, maar Phumba is eintlik 'n riding-god  >:D

Intussen word ons cooler-box met kos en nog bier afgelaai. Vleis, slaai en bykosse, alles vir net R260.00 ! Ek het maar my verdriet verdrink.

Sonsondergang. Te mooi vir woorde. Waar's Hanno as 'n mens hom nodig het.
(http://img638.imageshack.us/img638/3172/1001381e.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/638/1001381e.jpg/)

Die vleisie.
(http://img828.imageshack.us/img828/7492/1001384s.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/828/1001384s.jpg/)

Die kuier.
(http://img683.imageshack.us/img683/8084/1001385ry.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/683/1001385ry.jpg/)

So kom ons uiteindelik aan die einde van die tweede dag en dit was goed. Thanks aan Deon en Steven vir die lekker gesels.

Nou sal julle seker vra : MAAR WAARS DIE KLOK ! Toe ons by die kamp kom was dit te warm en ons was gatvol. Wou net afpak, uittrek en by daai eerste bier kom. So ons besluit toe dat ons die volgende oggend, na ons gelaai het en voor ons die pad vat, die klok sal gaan lui. Ons kon hom sien daar in die verte.




Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DSNewbie on October 21, 2011, 01:17:59 pm
 :thumleft: RR so far.

I am getting more and more respect for KTM suspension  :peepwall:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Walkaway on October 21, 2011, 01:23:07 pm
subscribed  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 01:28:31 pm
:thumleft: RR so far.

I am getting more and more respect for KTM suspension  :peepwall:

Yip, and rumour has it he is a BIG riding-god  :biggrin:

Nou wag ons vir Bie om sy dag 2 te gooi. Lyk my ek het van my foties verloor, so hopelik kan hy aanvul. Ek is ook nog nie so ingestel op die kiekienemery nie en mis baie wat ek later aan dink. maar dit gaan al beter.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DUSTRIDERS on October 21, 2011, 01:38:37 pm
Jupiter daai oop stoor staan op n hoek by n T aansluiting. Julle moes regs draai in na hom toe.
Ek het gewonder hoekom hy so oop is toe ons 2 jaar terug daar verby is.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: fat b on October 21, 2011, 01:41:08 pm
Nice rr tjom , gooi nou die res  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 01:41:55 pm
Jupiter daai oop stoor staan op n hoek by n T aansluiting. Julle moes regs draai in na hom toe.
Ek het gewonder hoekom hy so oop is toe ons 2 jaar terug daar verby is.

Dis hy en jy wen sommer die volgende "Spot the location", want ek wou hom gooi as julle wydgeryde manne my ooit 'n kans gee.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 01:43:43 pm
Nice rr tjom , gooi nou die res  :thumleft:


Hou vas. Ons wag vir Bie. Ek sien hom nou-nou dan jaag ek hom aan.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: bud500 on October 21, 2011, 02:07:07 pm
Nice RR.

Was lekker om te ontmoet en die kuiertjie om die vuur was presies waarvoor ons lus was.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Phumba on October 21, 2011, 02:12:27 pm
:thumleft: RR so far.

I am getting more and more respect for KTM suspension  :peepwall:

Daar het julle dit nou. Laat iemand weer iets sleg se oor KTM. As dit nou nie bewys genoeg was van hoe great daai suspensie is nie.

Ehhh Jupitor, ek dog ons het ooreengekom jy sou waarsku sodat ek my ou pensie kon intrek voorlat jy foties neem.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Scalpel on October 21, 2011, 02:14:08 pm
As ek nou so na die foto van julle 4 daar op die pan kyk kan ek met 'n skoon gewete se jy is 'n maergat!!!!!! :ricky: :ricky:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Kerritz on October 21, 2011, 03:44:55 pm
Lekker Man!! Bly julle kon dit maak en gaaf om julle te ontmoet. Ons het die twee KTM manne gekry ook op pad Springbok toe!!

Sien uit na die res!  :thumleft: :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: krister on October 21, 2011, 03:54:43 pm
 :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 04:14:56 pm
:thumleft: RR so far.

I am getting more and more respect for KTM suspension  :peepwall:

Daar het julle dit nou. Laat iemand weer iets sleg se oor KTM. As dit nou nie bewys genoeg was van hoe great daai suspensie is nie.

Ehhh Jupitor, ek dog ons het ooreengekom jy sou waarsku sodat ek my ou pensie kon intrek voorlat jy foties neem.

Nee man, dit sou mos nou ernstig afbreuk aan jou statuur gedoen het.  :biggrin:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 21, 2011, 08:11:53 pm
Dag 2: 315 km teer en 204 km grond.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Dag2-1.jpg)

Jupiter het so volledig verslag gedoen van die dag se verloop dat daar maar min is wat ek kan byvoeg. Die stuk grondpad van Carnarvon af het glad-nie lekker gery nie. Een van die redes daarvoor was dat daar groot dele was wat pas geskraap was, so die hele pad was los. Toe ons daar in die oop stoortjie staan, blaas ons verder wiele af en van toe af gaan dit baie beter. Ons aanvankilke bestelling by Louis en sy vrou was 6 biere tussen die 2 van ons, maar toe ons op Verneukpan kom skuif ons dit op na 6 per man en dit was steeds te min. Die braaipakke wat ons bestel het was toe op die ou end vleis, slaai, 'n warm aartappel gereg, braaibroodjies, borde, eetgerei en selfs servette daarby.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash002s.jpg)

Op al die klein dorpies is daar mos kort nadat jy stilgehou het 'n loafer of 2 wat kyk wat hy uit die "toeriste" kan kry en Carnarvon en Van Wyksvlei was nie anders nie. Van Wyksvlei se ou het die geselskap eers begin oor koeitjies en kalfies en die oomblik toe die ware rede vir sy belangstelling duidelik word s Jupiter, kom ons ry. Carnarvon se ene was taamlik geinteresseer in die nuwe smal bruggie waaroor ons die oseaan gaan oorsteek oppad Amerika toe. Ek dink hy't my wragtag geglo.

Jupiter se foto van die 4 hangpense hierbo is geneem met almal ingetrek. Die ontspanne posisie was veel erger. Die 4 van ons het 'n lekker aand om die vuur gehad, mekaar leer ken. Hoewel die maan redelik vol was, was daar taamlik wolke so die karoo naghemel kon nie werklik ervaar word nie. Soos Jup genoem het het niemand tent opgeslaan nie en in die voormore het daar 'n paar onverwagse druppels geval wat almal vinnig laat skarrel het. Daarna kon ek nie weer slaap nie en het maar die vuur in die donkie aan die gang gekry sodat ons 'n warm stort kon vat. Ontbyt was koffie en beskuit, maar die teleurstelling was groot toe al my beskuit na parrafien smaak. Eers daarna het dit gekliek dat dit die stukkie Blitz is in my bagasie, toegemaak in 'n aparte ziploc sakkie wat sy geure so versprei.

Buiten dat Pumba 'n riding-god is deur die dag, oefen hy sy Acrapovics heelnag, buiten vir die tye wat hy geheel en al ophou asemhaal. Dan trek hy weer weg met 'n moerse gejuig. Hy is duidelik in 'n liga van sy eie. Dit het my egter nie gepla nie want ek het soos 'n klip geslaap. Dag 2 was verby en die bash nog vr. Gooi Jup.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Mool on October 21, 2011, 08:33:20 pm
Jupiter daai oop stoor staan op n hoek by n T aansluiting. Julle moes regs draai in na hom toe.
Ek het gewonder hoekom hy so oop is toe ons 2 jaar terug daar verby is.

Chris  hulle het die deur in die 1980 af gesteel.   ons maak die opstal volgende jaar die opstal reg....
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DUSTRIDERS on October 21, 2011, 08:37:01 pm
Jupiter daai oop stoor staan op n hoek by n T aansluiting. Julle moes regs draai in na hom toe.
Ek het gewonder hoekom hy so oop is toe ons 2 jaar terug daar verby is.

Chris  hulle het die deur in die 1980 af gesteel.   ons maak die opstal volgende jaar die opstal reg....
Om waantoe te vat? Party mense se koppe kap regtig aan.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Rynet on October 21, 2011, 08:47:18 pm
Dankie Bie en Jupiter ,  julle skryf albei baie lekker . Sien uit na die res   :happy1:

Bie ek moet nou eers glimlag , as ek so na die lekker fotos kyk , jy is darem 'n lekker rysmaat  :3some: , en onthou jy hoe het daai wind so gewoed toe ons en Mark 660 langs die klok geslaap het , ons het gedink ons waai weg.  :o

Dis darem baie spesiaal daar op die pan  :thumleft: :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Mool on October 21, 2011, 08:58:38 pm
Jupiter daai oop stoor staan op n hoek by n T aansluiting. Julle moes regs draai in na hom toe.
Ek het gewonder hoekom hy so oop is toe ons 2 jaar terug daar verby is.

Chris  hulle het die deur in die 1980 af gesteel.   ons maak die opstal volgende jaar die opstal reg....
Om waantoe te vat? Party mense se koppe kap regtig aan.
Dis 'n snaakse wereld, hulle het 'n boormasjien wat 15km daarvandaan op 'n plaas gestaan het tussen 83 en 93 stukkie vir stukkie weg gedra dat hy net vir scrap opgesny kon word....... 
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 09:03:34 pm
Dankie aan almal wat sover saamgelees het. Hier gaan ons dan met die volgende episode. So stukkie vir stukkie wat ek bly konneksie verloor.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Mool on October 21, 2011, 09:22:20 pm
ons wag in spanning
 :biggrin:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 09:44:04 pm
                                                                            Dag 3 - Vrydag 14/10/11

Kenhardt-Pofadder-Vioolsdrif, (of so het ons gedink.)

So loop hy mos. Vandag is my en die Buffel se sand ry. Maar eers later daaroor.

Lekker warm stort, pak, groet en eers klok toe.

Die ryperde.
(http://img847.imageshack.us/img847/8844/1001386j.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/847/1001386j.jpg/)

Die manne en hul ryperde.
(http://img17.imageshack.us/img17/2373/1001388e.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/17/1001388e.jpg/)

Die klok word gelui en weg is ons. Voor le heel eerste Pote se draai. Bie ken die pad en weet van die hek, so hy ry voor. Die pad is effe sanderig en dit help om so bietjie vet te gee. Deur die loop van die trip was tussen 80 en 100km/h vir ons 'n gemaklike spoed.

Ons cruise te lekker en toe gooi ek ankers ala Countrytrax dat die stof staan. Ek het die draai gemis en eindig langs die pad in die bossies op. Hierdie tema, dat ek nie goed na waarskuwings luister nie, gaan hom weer herhaal. Ek is gelukkig om nie 'n Pote te doen nie. Sy briekmerke, soos dit gelyk het, het so effens voor myne nog begin. Ons ry aan en ek vergeet weer om 'n foto te neem.

Die pad verder Kenhardt toe lewer niks opwindend op nie en ons trek in by die petrolstasie.
(http://img542.imageshack.us/img542/283/1001390.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/542/1001390.jpg/)

Ons gooi petrol in en nog 'n paar Bashers trek in. Ons groet en gesels, maar tot my skande kan ek nou nie hulle name onthou nie. Die volgende oomblik daal daar so 'n stilte oor die dorp neer. Julle weet, soos die voeltjies stil raak as daar 'n slang in die gras is. Toe rol 'n gebrul die dorp in asof die gode op ons neerdaal. Klomp entoesiastiese Bashers wat gewoonlik rondloop aangetrek soos die.
(http://img33.imageshack.us/img33/3808/dsc00616small.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/33/dsc00616small.jpg/)

Ons groet vir ETS, Cocky, Orange Swifty en 'n ruk later daag die Wortel ook op.

Hello my tjom.
(http://img838.imageshack.us/img838/2382/dsc00526eq.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/838/dsc00526eq.jpg/)

Dis reeds 'n warm dag en hulle vat ook die grondpad Pofadder toe. Ek en Bie besluit om eers 'n brekkie te gooi by die hotel om hulle kans te gee om vooruit te kom met hulle stofmakery.
(http://img31.imageshack.us/img31/2484/1001391p.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/31/1001391p.jpg/)

Hier ontmoet ons vir Eaton en word getrakteer op 'n lekker ontbyt. Hy's entoesiasties en lus vir gesels. Vertel van sy opkomende trip Clarense se rigting. Tyd loop en ons moet ry. Teensinnig verlaat ons die koel hotel.

Sal vervolg.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 10:27:21 pm
Die grondpad Pofadder toe is heel onlekker. Stamperig met so 'n knopkop wat elke hier en daar uitsteek. Dat Bie nie 'n deurstamp gekry het nie is 'n wonder. Ons is maar te bly om dit agter die rug te kry en by die Hotel ry ons weer in die Main Manne vas. Ons suig 'n lekker koue ene en gesels oor die pad wat voorle. Ek noem die grondpad wat ek en Bie vat Vioolsdrif toe. O, se die manne, hulle wil ook mos grond ry(KTM's en so aan) Daar word bespiegel oor die pad se toestand. Ek is besorg oor sand en Cocky mis nie sy kant om 'n steek te gee oor ek en die Block of Flats nie.

Bie se die pad is op die kaart so dit kan nie te sleg wees nie. Ons besluit om te ry. By Pella draai ons af en ry so rofweg wes. Dis mooi wereld die met sulke swart berge.
(http://img718.imageshack.us/img718/8099/1001394d.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/718/1001394d.jpg/)

(http://img824.imageshack.us/img824/7753/1001395p.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/824/1001395p.jpg/)

Daar agter in die Noorde kan ons sien is 'n diep kloof waar die Oranjerivier sal loop.

So nou en dan is daar 'n sanderiheidjie op die pad maar niks om te bekommer nie. As ek 'n patchie slaan gee ek net so bietjie vet en glip deur. Die Buffel gedra hom mooi. 'n Keer of wat steek my hart effe in die keel maar ek is OK. Julle onthou nog dis die eerste keer wat ek rerig die bike op 'n trip ry.

So na 'n tyd raak die sand nou effe dikker, met plek-plek nog dikker en dan sommer dik. Nou's daar net een genade... kry spoed. Hiers die sand nog mak en ek kry kans vir 'n fotie. Soos die trip aangaan raak ek handig met fotos neem in die ry.
(http://img821.imageshack.us/img821/1081/1001392j.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/821/1001392j.jpg/)

Die pad maak so effens 'n draai Suid-Wes en toe raak dit ernstig. Nou's dit konsentreer en vashou. Ek gee nie 'n moer om wat Cocky se nie, maar vir die volgende paar kilometer is dit SANDPAD. Ek konsentreer so hard ek mis 'n afdraai waar ek eers vir Bie moes wag. Ons ry met 'n snaakse dinamieka. Hy het die GPS, maar ek ry voor. Daar's nie kans om nog te kyk of hy kom nie. Ek ry om uit te kom. Dis 'n laaang effe klim uit en ek besluit om te stop as ek bo kom.

So hele ent teen die skuinste uit vrek die bike... netso. Ek sit hom in neutral en daar start hy weer. Wat dan nou. Seker bietjie moeg. Ek gee weer spoed en ons gaan. So by 80km/h is gemaklik en as ek 'n dikker kol slaan draai ek oop na 'n 100. Ek sorg net dat die bike momentum hou en nie sy neus laat sak nie. So teen daai hoogte uit met die sand sort ek en die Buffel mekaar die dag uit. Nou verstaan ons en die res van die trip was ek baas... wel amper so.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Firesquirrel on October 21, 2011, 10:55:39 pm
Was julle saam met die manne wie se coolbox afgeval het met die beursie en kamera ?
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 10:57:45 pm
Bo op die bult, uit die sand uit, trek ek af om te wag vir Bie. Ek teug 'n sigaretjie en daars nog geen teken van hom nie. Hy kan mos nou nie so ver agter wees nie en ek raak effens bekommerd. Maar hy stop so nou en dan vir 'n foto so dis seker OK. Nog 'n sigaret. Nog steeds geen Bie nie. Nou jaag die spoke deur my kop. Hy le erens met 'n gebreekte iets. En ek moet omdraai en hom gaan soek... weer af teen daai sandpad. Eish ! Maar nou-ja, hier gaat ons en so paar kilometer af kom hy aangery. Hy vertel ek het die afdraai gemis, maar ek weet van niks. Dis so tien kilometer terug. Not-te-moer ry ek weer daai sand so ver nie.

Ons besluit om maar aan te gaan, Suid, maar plaas dat hy my ge-force het. So ry ons 'n lang draai al die pad met 'n loop tot in Springbok. Amper 'n ekstra 100km vir die dag. Die ander ouens het ook die afdraai gemis  :ricky:

So sien ons toe darem Concordia en O'Kiep. Niks om oor te skryf nie. Uiteindelik slaan ons teer en kom by die Bash-site uit. Groet, stel voor en registreer. Daarna soek vir 'n kampplekkie en slaan op.
(http://img269.imageshack.us/img269/5082/1001396y.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/269/1001396y.jpg/)

En se hello vir ons Buurhonde
(http://img195.imageshack.us/img195/830/1001398k.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/195/1001398k.jpg/)

Nou's ons hier en kan daar gekuier word. Aanvanlik was die plan om die volgende dag 'n draai deur Namibie te ry, maar ons skryf dit af. Ons is moeg en die terugry is ver. Rus, kuier, ontmoet en gesels met die ander Honde. Dis mos eintlik hoekom ons hier is. Dit was 'n goeie besluit en ons het lekker gekuier.

So drink ons dan die derde dag ten einde. Dit was weer 'n geie dag.

 
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 10:59:50 pm
Was julle saam met die manne wie se coolbox afgeval het met die beursie en kamera ?

Was dit drie ouens, twee BMW's en 'n ligter bike ?
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Firesquirrel on October 21, 2011, 11:01:42 pm
yep.... een ou het omgedraai maar Ets se lat Gustaf het hom toe alreeds opgetel....  ons het almal daar by kruispad gestaan
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 21, 2011, 11:13:06 pm
yep.... een ou het omgedraai maar Ets se lat Gustaf het hom toe alreeds opgetel....  ons het almal daar by kruispad gestaan

Het hulle daar op die sandpad gekry, maar ons is toe verby. Van stop was daar nie sprake nie. Niks gewys dat hulle moeilikheid het nie. Hulle is later weer verby terwyl ek vir Bie wag maar toe ek en hy weer aanry kom hulle terug oppad af in die vallei in, weer in ETS hulle se rigting wat agter ons was.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Crossed-up on October 22, 2011, 08:01:19 am
Lekker report, Jupiter and Bie.  It was great to meet you guys.  Die tyd was net te kort.

En, J, ek skuld jou nog altyd 'n bier!
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 22, 2011, 08:05:11 am
Lekker report, Jupiter and Bie.  It was great to meet you guys.  Die tyd was net te kort.

En, J, ek skuld jou nog altyd 'n bier!

 :thumleft: Daar sal nog Bashes wees.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 22, 2011, 08:45:02 am
Ons beplande trip vir die dag: 89km teer, 396km grondpad, totaal - 485km.
Werklike trip vir die dag: 165km teer, 448km grond, totaal - 613km

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/dag3.jpg)

Die groen strepie is die roete wat ons gevolg het en die pers strepie is die afdraai wat ons gemis het.

Na 'n warm stort en parrafien beskuit vir brekvis op Verneukpan het ons die pad gevat so teen 6:00 die oggend. Ons riding god vriende was kort op ons hake. Selfs teen daardie tyd van die oggend was daar reeds 'n lastige weste wind wat jou kort kort uit die spoor uit wou druk op die middelmannetjie op. By Pote se hek het ons na sy valmerke gekyk en bespiegel oor die oorsaak en daarna die pad gevat Kenhardt toe. Soos Jup genoem het, was daar skielik 'n toeloop van Honne en die bash gevoel het begin inskop. Nou was dit nie meer net 'n gewone toer deur die Karoo nie. Na die groetery en vol tenke petrol is ons hotel toe vir 'n regte brekvis terwyl die res van die pak begin stofmaak het Pofadder se kant toe.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash011.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash013.jpg)

Daarna was dit ons beurt, maar dit was verseker die karkste pad van die hele trip. Los gruis oral, buiten in die spore en 'n baie lastige dwarswind wat jou heeltyd op 'n ander plek wil laat ry. Ten minste het die wind die meeste van die tyd die stof uit die pad uit gewaai. Kort-kort was daar 'n half-begraafde klip in die spoor wat gratis smileys uitdeel, maar ons was dit gelukkig gespaar. Gelukkig was dit relatief koel, maar Jup se smokebreaks was altyd in een van die skaars skaduwee kolletjies.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash014.jpg)


Toe ons op Pofadder kom het die eerste lot klaar petrol gegooi en ons het hulle by die hotel gekry waar hulle gewag het vir hulle kos bestellings. 'n Vinnige koue, roete uitruiling en daarna vat ek en Jup die pad, Pella, Klein Pella ens. Hoewel effens sanderig op plekke was dit 'n lieflike pad. Sand is in elk geval meer voorspelbaar as los gruis en ons het goeie vordering gemaak en Jup het van die nou nog skaarser skaduwee kolletjies opgespoor.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash020.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash018.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash016.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash024.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash025.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash027.jpg)

Ek het seker 'n halfuur gewag by die plek waar Jup die afdraai gemis het en daar was selfs selfoon ontvangs. Het hom probeer bel, maar sy foon was op voicemail. Later besluit ek toe maar om ook die verkeerde pad te vat en dit was 'n goeie keuse. Dit was net minder lekker om te sien op die GPS hoe die "arrival distance" verander van 86km na 196km. Die dikker sand gedeeltes het kort daarna begin, maar was werklik nie 'n probleem nie. So 10 km verder het Jup van voor af gekom om my te kom soek, maar toe vat ons maar die pad vorentoe en kom by Concordia uit. Vandag is ek bly ons het die afdraai gemis, want nou weet ek ook waar die plekkie is. Daarvandaan was dit teerpad, Okiep vir brandstof, toe die N7, Steinkopf, Vioolsdrif en Bushwacked. Op daardie deel van die pad het die wind behoorlik gewaai en het dit skielik kouer geword. Buite Steinkopf het Kameelkop by ons stilgehou toe Jup gou sy vrou bel, maar ons was gou daarna by die kampplek.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash028.jpg)

Teen daardie tyd was Bushwacked reeds taamlik vol, maar ons het 'n gaatjie gekry, tent opgeslaan, vervel en 'n vleisie gebraai. Ek het vroeg gaan slaap, soos my klok maar gestel is. Vir my was dit een van die lekkerste dae van die trip en daai sandpad was seker een van die mooiste roetes. Ek dink ons sal moet wag vir Jup se volgende post, want sy sussie trou vandag. Geluk mater en gooi maar as jy klaar gebruilof het.

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Pistonpete on October 22, 2011, 09:16:34 am
Nice report...thanks for sharing.. :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 22, 2011, 09:37:11 am
onthou jy hoe het daai wind so gewoed toe ons en Mark 660 langs die klok geslaap het , ons het gedink ons waai weg.  :o

Dis darem baie spesiaal daar op die pan  :thumleft: :thumleft:

Sal daai aand nooit vergeet nie. Blitse wat slaan daar na Kenhardt se kant toe en Louis se woorde, "as dit begin reen het julle 15 minute om van die pan af te kom". Glo nie ek het 'n halfuur geslaap daai nag nie en dit was nie eers jy wat my uit die slaap uit gehou het nie.  ;D

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/2JacksandaJill165s.jpg)
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DSNewbie on October 22, 2011, 09:45:25 am
No photos of the sand?
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Rynet on October 22, 2011, 09:49:11 am
onthou jy hoe het daai wind so gewoed toe ons en Mark 660 langs die klok geslaap het , ons het gedink ons waai weg.  :o

Dis darem baie spesiaal daar op die pan  :thumleft: :thumleft:

Sal daai aand nooit vergeet nie. Blitse wat slaan daar na Kenhardt se kant toe en Louis se woorde, "as dit begin reen het julle 15 minute om van die pan af te kom". Glo nie ek het 'n halfuur geslaap daai nag nie en dit was nie eers jy wat my uit die slaap uit gehou het nie.  ;D


 :biggrin: :biggrin:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 22, 2011, 09:50:27 am
No photos of the sand?

Nope, sorry, you'll have to take our word for that.  :imaposer:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 22, 2011, 09:59:32 am
No photos of the sand?

Nope, sorry, you'll have to take our word for that.  :imaposer:

Net daai enetjie met die bietjie sand. Vir die res was ek te besig om te ry om fotos te neem.  :eek7:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DSNewbie on October 22, 2011, 10:03:11 am
Just  :pot:

Very nice RR  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 22, 2011, 10:08:39 am
Just  :pot:

Very nice RR  :thumleft:

The riding gods were just a way behind us. According to them, they're still looking for the sand ?  :imaposer:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 22, 2011, 10:18:37 am
Just  :pot:

Very nice RR  :thumleft:

The riding gods were just a way behind us. According to them, they're still looking for the sand ?  :imaposer:

Tell them it was those sections where they paddled through, never to admit they have done so, hence their claim of no sand.  :imaposer:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 22, 2011, 10:36:22 am
Just  :pot:

Very nice RR  :thumleft:

The riding gods were just a way behind us. According to them, they're still looking for the sand ?  :imaposer:

Tell them it was those sections where they paddled through, never to admit they have done so, hence their claim of no sand.  :imaposer:

Nou maak dit mos sin hoekom hulle eers so lank na ons by Bushedwacked aangekom het. Kamma papwiele moes regmaak en help soek vir ander ouens se kit wat afgeval het.  >:D
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: JACOVV on October 22, 2011, 11:03:59 am
Die is 'n lekker lees storie  :thumleft:

Gooi mielies  ;D
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 22, 2011, 11:12:00 am
Die is 'n lekker lees storie  :thumleft:

Gooi mielies  ;D

Nou sal ons eers bietjie moet wag. Ek moet my kispak gaan uitkrap en werk aan my speech vir my Sussie se troue vanmiddag. Dit ook nog terwyl ek die Currie beker semi's mis.  :(
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 22, 2011, 12:51:19 pm
                                                                     Dag 4 - Saterdag 15/10/11

Die Bash-Die Honne en Skaapkop eet.

Van 'n lang tyd af het ek vriende wat met my neul om Kop te eet en ek wil dit doen, maar die geleentheid was net nooit reg nie. Toe Hinksding post van Kop eet by die Bash is ek in. Laurika soek iemand om te deel en ek se dis reg, sodat, as ek nou nie 'n aardigheid daarvoor het nie, is dit darem nie gemors nie. As jongeling vir die gedoente het ek natuurlik niks geweet van die aasvoels nie en hier was TOUR die champ. Nie 'n krieseltjie het vir die miere gegaan nie. So met die vooraf loop het Bie my ge-coach met die etery. Ek is nie grillerig nie en sien toe uit daarna.

Daars baie redes hoekom ek Bash toe is : Die ry, die kuier met ou vriende en, vir die dag, om ander honde te ontmoet en lekker te gesels. Dit was vir my 'n sukses.

Daar's te veel om te noem, maar thanks aan Journeyman en die ander wat die ding maak gebeur het. Veldbrand wat my jean pant van Pretoria gebring. Groot askuus aan die tannie met wie ek so kortaf was die Vrydag aand oor die vleispakkie. Dink dit was Veldblom. Ek is eintlik nie so 'n tiepe meisie nie, seker maar die moegheid van die dag se ry gewees.

Die Saterdag kuier het sommer vroeg begin. Ek het die dag verseker my quota bier vir die jaar uitgedrink.
(http://img233.imageshack.us/img233/5617/1001405i.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/233/1001405i.jpg/)

Die kuier plek het met verloop voller begin word en die manne al hoe slimmer.
(http://img9.imageshack.us/img9/7523/1001408c.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/9/1001408c.jpg/)

Is Stoetbul altyd so besig en raserig of is dit net by spesiale geleenthede ?
(http://img215.imageshack.us/img215/8449/1001409b.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/215/1001409b.jpg/)

Mr Cool
(http://img805.imageshack.us/img805/6353/1001410.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/805/1001410.jpg/)

Ons het begin honger word en ons Main Man Heimer en die ander wat weet het die Koppe begin warm maak.
(http://img854.imageshack.us/img854/8113/1001406w.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/854/1001406w.jpg/)

My kopeet maatjie en ons is reg vir hom.
(http://img714.imageshack.us/img714/9427/dsc00958ea.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/714/dsc00958ea.jpg/)

So word daar toe kop geeet.
(http://img821.imageshack.us/img821/7994/1001412q.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/821/1001412q.jpg/)

(http://img90.imageshack.us/img90/9797/15102011079001.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/90/15102011079001.jpg/)

My gesig wys dit nou seker nie hier nie, maar dit was lekker. Net later erg dwars geklap deur al daai vet. Sal hom volgende keer bietjie braai. Net jammer ook dat ons Pote se potbrood moes mis, want dis glo lekker met die brein. Dankie aan Jnrbull, Hinksding en Heimer vir die moeite. Ons maak weer so. As ek dit kan regkry is my en Bie se volgende kopeet in die Baviaans op 12 Nov. Gaat hom in 'n Weber gaarmaak. Njom-njom.

En dan natuurlik wie sal nie die happy reunie vergeet.
(http://img51.imageshack.us/img51/5149/1001414l.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/51/1001414l.jpg/)

So loop dit nou maar met die res van die dag. Gesellig. Laataand word dit genoeglik afgesluit met 'n twakkie saam AntonW en nog 'n paar Honde. Moet ek noem hoe lekker ek toe geslaap het.

So loop nog 'n goeie dag dan ten einde.

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: LouisXander on October 22, 2011, 03:37:47 pm
Lekker G, dis moes moerse lekker gewees het!!
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Pote on October 22, 2011, 04:44:17 pm
lyk baie lekker...het darm my T-Shirt gekry
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 22, 2011, 05:55:22 pm
Saterdag - Bashdag.

Ons aanvanklike plan vir Saterdag was om oor die grens te gaan en n brekkie te vat by Noordoewer waarna ons so 150km rivierlangs sou ry op die pad na Rosh Pinah. Ons wou dan met die pont by Sendelingsdrif weer terugkom RSA toe en van die westekant af terugry na Vioolsdrif. Die vorige dag se ompad en die volgende dag se lang trek Tankwa karoo toe het ons egter laat afsien hiervan.

Ek was hier teen 5:00 die oggend op en besluit dis 'n goeie tyd om voor die rush my oggend ablusies af te handel en 'n lekker warm stort te vat. Groot was my teleurstelling toe ek in die badkamer kom, want daar was nie 'n druppel water nie en daai go-carts het aaklig gelyk. Die hele kamp was nog aan die slaap, so toe gaan maak ek maar koffie en wag dat daar water kom. Ironies om langs die grootse rivier in RSA te kamp sonder n druppel water in die badkamers.

Op 'n stadium kom daar iemand verby en hy noem toe dat die ander badkamers naby die bar wel water het en ek sit af daarheen. Op daai stadium het die honne so een-een wakker geword en het ons afgeskuif bar toe vir ontbyt. Daar was 'n baie gelukkige vlieg in die omgewing wat op 'n stadium op Stoetie se rug gaan sit het en ETS se blitsige reaksie het die vlieg gemis.

(http://i65.photobucket.com/albums/h234/bbriv/DSC_0136-1-1.jpg)

Kort daarna het Stoetie nog 'n hou gekry en vir die res van die oggend was daar 'n linker en regter heel duidelik afgeets op sy rug. Nadat hy herstel het van die twee houe het hy sy vlermuis ten toon gestel en ek moet bieg, dis nou 'n stoetbul van 'n vlermuis. Orange Swifty het in sy spore gevolg, maar daardie gesig het my kamera laat jam.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash037.jpg)

So teen 2 uur het ons die skaapkoppe aangevat en die res van die middag ook maar soos die oggend met bier in die hand verkeer.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash043.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash040.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash039.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash038.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash036.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash035.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash032.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash029.jpg)

Ball en Claw het Stoetie se plek oorgevat as komediant en ek het lanklaas so baie gelag op een dag. Dis hier waar ons die meeste van die honne ontmoet het, sommiges met eienaardige planne om af te koel.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash042.jpg)


Saterdag aand kort nadat ons klaar gebraai het, het ek oudergewoonte gaan slaap en dit was basies die einde van die BASH self. Volgende oggend begin die trip huistoe.

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Heimer on October 22, 2011, 08:59:40 pm
Hierdie span-skryf produk van julle werk mooi - ek geniet.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 22, 2011, 10:55:02 pm
Soos ons gedink het, elke ou het sy manier om 'n ding te ervaar en elkeen sien nie dieselfde goed raak nie. Met die om die beurt skryf kry 'n ou nou 'n lekker idee hoe die dae geloop het.

Sal more dag 5 post.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Firesquirrel on October 23, 2011, 12:02:23 am
Just  :pot:

Very nice RR  :thumleft:

The riding gods were just a way behind us. According to them, they're still looking for the sand ?  :imaposer:

Tell them it was those sections where they paddled through, never to admit they have done so, hence their claim of no sand.  :imaposer:

Nou maak dit mos sin hoekom hulle eers so lank na ons by Bushedwacked aangekom het. Kamma papwiele moes regmaak en help soek vir ander ouens se kit wat afgeval het.  >:D
Hey ... Be nice.....
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 12:06:16 am
Hehe... wat is dit nou om 'n Hond te wees as 'n ou nie so bietjie kan draaksteek nie ?
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Firesquirrel on October 23, 2011, 12:08:01 am
Hehe... wat is dit nou om 'n Hond te wees as 'n ou nie so bietjie kan draaksteek nie ?
Hahahaha..... seker maar boring....lekker RR die..... ek lees hom en hoor myself kort kort lag !!
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 12:13:26 am
 :thumleft: Ek laaik nogal hoe die Toppie staan en kyk terwyl die ander manne sy bike se puncture regmaak  :imaposer:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Firesquirrel on October 23, 2011, 12:15:41 am
Ou storie.... "Baie Chiefs... en f@kkol Indians..."  en dan is daar ook altyd mos die "I - surgeon".... jy weet....... "I know what I am doing" manne....toe neem ek maar die foto.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 12:24:49 am
Ou storie.... "Baie Chiefs... en f@kkol Indians..."  en dan is daar ook altyd mos die "I - surgeon".... jy weet....... "I know what I am doing" manne....toe neem ek maar die foto.

Ja-nee.

Op 'n dag is daar 'n moerse ongeluk. Die beseerde le in die pad en dis net bloed waar jy kyk. Mense drom saam en een ou buk by hom en sien of hy kan help. Skielik bars daar 'n vrou deur die skare : " Gee pad, ek's 'n nurse laat ek sien." Sy druk die ou weg en raak besig met die beseerde. Na so rukkie tik hy haar op die skouer : "Verskoon my dame, as jy by die punt kom waar jy wil vra of daar 'n dokter in die skare is want jy't hulp nodig, staan ek reg agter jou."

So werk dit mos maar.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 12:31:46 pm
                                                                      Dag 5 - Sondag 16/10/11

Springbok-Loeriesfontein-Calvinia-Middelpos-Tankwapark.

Ons het 'n lang dag wat voor le, roer weer vroeg, pak, groet en ry. Eerste stop, Springbok, vir brekfis.

So met die kuier gister gesels ek en ChrisL oor ons roete. Nee man, daai stukkie van Calvinia na Middelpos met die R354 is vervelig. Ry so draai deur die Hantamberge en sluit weer aan by die R354 net so Suid van Middelpos en dan aan Ganagga toe. Oppas net vir Berm_Rooster se snotgladde, mosbedekte driffie. Klink lekker en ons besluit om so te maak. Thanks. Die man is 'n loopende padkaart.

Om verder in konteks te plaas wat later sou gebeur, moet ek ook net so bietjie agtergrond gee. Vrydag het my bike mos so plek-plek gevrek, dan start ek maar net weer en ons ry. Gister noem ek dit ook aan Berm. Ja man, daar's so 'n potensiolonomometer(of iets) op die petrolpomp wat moeilik gee op die bikes. Mens kan hom by-pass dan is dit gesort. Weet nie mooi hoe werk dit nie, maar chat met een van die ander manne, hulle kan help. Bie het 'n GS911 so dit kan geen probleem wees om die fout op te spoor nie. Maar ons kuier te lekker en ek vergeet skoon daarvan.

Vrydagmiddag oppad Vioolsdrif toe, net Noord van Vyfmylpoort, sien ek hierdie klipkoppies wat lyk op iemand dit so bymekaar gevee het. Lyk nogal mooi en die soort goed interreseer my. Die son sit aan die verkeerde kant en ek besluit ek sal vandag oppad Springbok toe foties neem.
(http://img827.imageshack.us/img827/3447/1001416w.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/827/1001416w.jpg/)

(http://img829.imageshack.us/img829/6963/1001418g.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/829/1001418g.jpg/)

By die huis gekom trek ek my Geological Journeys nader en lees so bietjie. Ek verstaan nie so mooi, maar lyk my dis een of ander sedimentere formasies. Meskien kan Tok-tokkie of een van die ander slim manne ons uithelp.

Op Springbok kry ons vir Berm, Tau en nog 'n paar ander manne. Na 'n lekker brekkie en gesels is ek en Bie weer oppad. Hulle vat 'n ander rigting, kus af.

Ek post maar eers weer so stuk-stuk want my computer neuk weer.

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 01:23:08 pm
Ons vat die grondpad Loerisfontein toe. So vroeg oggend is my mojo nie lekker nie. Op die teer is dit OK, maar grond is 'n ander storie. Dit wil nie groove nie. Na 'n rukkie stop ek. Bie weet ook al. Soms is daar rustoppe en ander kere bodder hy nie eers om sy hemet af te haal nie. Ek stap so een of twee kere om die bike en sluk 'n siggie met so twee laaang trekke. Daars hy, nou's ek reg.

Die bike sukkel nou weer. Soms net 'n sluk-sluk, ander kere vrek hy weer. As ek momentum het is dit net clutch intrek, druk die starter en ry weer aan. Die ding is lastig.

Kort voor Kliprand se afdraai het ek so 'n oomblikkie toe ek dik sand op 'n draai kry. Ek vang 'n ma se wobble, trek die bike regop en hier kom die kant van die pad. Ek soek leplek, maar kyk maar in elkgeval op om te sien waarheen ek eintlik moes gery het. Die bike is om die draai en daar gaat ek weer. Ek verstaan nie hoe dit werk nie, maar dit werk.

Kliprand is 'n mooi plekkie, maar ons skiet deur vir 'n ruskans op Loeriesfontein. Die kerk.
(http://img87.imageshack.us/img87/6004/1001420g.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/87/1001420g.jpg/)

Op Calvinia vat ons 'n lekker koue een met 'n vis-en-chippie by 450 Myl. Na ons eers 'n bietjie verdwaal kry ons die pad berg in soos Chris beduie het. Thanks Chris, dit was 'n mooi stukkie om te ry.

Dis mooi wereld die en ons geniet die ry rustig. Dis nog vroeg en daars geen haas nie. Die plan is net om te ry tot aan die einde van die dag en erens in die park te kamp die aand, waar ons ookal kom. Meskien Boer se kloof waar hulle so lekker natgereen het.
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=77819.0

Die afdraai net voor ons by die driffie sal kom. Hoe mooi lyk daai berge in die agtergrond.
(http://img3.imageshack.us/img3/6484/1001421s.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/3/1001421s.jpg/)

En oor die bultjie daar's die driffie. Ek nie stupid nie en was gewaarsku. Stop voor die water en kyk hom mooi uit. Lyk OK. Wat kan nou verkkeerd gaan as ek hom deur-paddle. So, daar gaat ek. 'n K60 Scout, met daai soliede strepie in die middel, is net sowel 'n slick.
Die bike is swaar en hy's gelaai. So paar tree in glip die gat, toe die voorwiel en toe ek. Daar gaan le hy toe maar.
(http://img42.imageshack.us/img42/2676/1001423yw.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/42/1001423yw.jpg/)

(http://img834.imageshack.us/img834/6707/1001422n.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/834/1001422n.jpg/)

Helmet af en baadjie uit, terwyl ek wag vir die jongman om my te kan help die bike weer optel.



Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DUSTRIDERS on October 23, 2011, 01:25:20 pm
Dis die Roggeveldberge nie Hantam Jup.
Die Hantamberge sit Noord van Calvinia. Julle was suid van Calvinia.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 01:31:01 pm
Dis die Roggeveldberge nie Hantam Jup.
Die Hantamberge sit Noord van Calvinia. Julle was suid van Calvinia.

Duh ! Maar ek het gese jy's die padkaart  :biggrin: Ek ry net, dis alles mooi.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Pote on October 23, 2011, 01:52:33 pm
ek is bly jy is darm ok, nie mooi om 'n bike op sy kant te sien nie.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 23, 2011, 02:00:06 pm
Sorry Jup, ek druk bietjie in, maar nou gaan ek slaap.

DAG 5 Sondag, die terugtog begin.

Trip vir die dag 460km grond en 130 km teer.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Dag5.jpg)

Die twee rooi vlaggies op die roete kaart wys waar die skade gebeur het en die ander een is waar ons dit uitgesort het.
Ons aanvanklike plan was om te ry tot iewers tussen Gannaga pas en Ouberg pas en dan sommer daar iewers te kamp vir die aand. Die braaipakke wat ons gekry het by die bash was so groot dat ek en Jupiter met elke ete een braaipak gedeel het, met die gevolg dat ons Sondag oggend daar weg is met twee geseelde braaipakke vir Sondag aand, een elk.
Soos gewoonlik was ek teen donker Sondag oggend reeds op en probeer toe weer die ablusie ding voor die kamp wakker raak en so wragtag is daar weer nie water nie. Ek weet toe mos al om by die ander badkamer te gaan kyk en soos die vorige oggend was daar geen probleme nie. Terug by die tent begin ek en Jupiter tent en stretcher opbreek. Na n koppie koffie en parrafien beskuit was ons reg om te ry en kort na 6:00 vat ons die pad. Ons ry rustig en van die riding gods kom met n moerse gejuig by ons verby.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash047.jpg)

By Springbok gooi ons petrol in en gaan eet n brekkie by Springbok lodge. Hier kom n hele paar honne aan wat ook reeds oppad is en ons groet n tweede keer en vat die R355 Kliprant, Loeriesfontein en Calvinia se kant toe.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash048.jpg)

ChrisL het n aanpassing op ons beplande roete aanbeveel wat ons deur die Roggeveld berge neem daar tussen Calvinia en Gannaga met n besliste waarskuwing van n snotgladde driffie op die pad. Die roete maak nie juis ons pad langer nie, net mooier, en ons besluit om daarlangs te ry. Om die waarheid te s, sy roete was een van die alternatiewe wat ek bekyk het toe ek die roete beplan het by die huis. Jup sukkel om sy ritme te kry en aanvanklik stop ons kort-kort, maar ons is nie haastig nie daar is baie tyd. Ek het agtergekom hy is nie n oggend mens nie en eers so van 10:00 af is hy 100% Jup.
Kort voor lank is ons op Loeriesfontein en ons maak gou visors skoon by die garage. Ons is voor skedule en vat dit effens rustiger. Op Calvinia gooi ons petrol in en gaan eet iets. Ek het las van n skouer en teen daardie tyd het ek reeds 8 Myprodols agter die blad. Die voordeel daarvan is natuurlik dat my gat ook nie seer raak nie. Calvinia word gereken as die vleisdorp van RSA, maar ons eet vis. Kan nie die plek se naam onthou nie, maar Jup het vantevore ook daar aangedoen. Goeie keuse gewees. Ons vertoef nog so halfuur of wat na ete en Jup lei ons die dorp uit op die roete wat Chris voorgestel het. Na n rukkie kom ek agter ons is op die verkeerde pad, wat eintlik die regte pad was. Ek ry Jup in en stop hom. Ons draai om en vat die regte afdraai wat eintlik die verkeerde pad is, maar almal kom op dieselfde plek uit.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash049.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash051.jpg)

Van toe af ruil ons plekke by elke hek, want die ou wat voor ry maak oop en die agterste ou gaan verby en so roteer ons. Op n stadium is ek voor, maar ek stop om n foto te neem en Jup gaan verby.  Dis die foto hieronder en amper bo in die nek op die foto is die snotgladde driffie waarvan Chris gepraat het, maar dit weet ons natuurlik nie.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash053.jpg)

Ek haal Jup in en is seker so 50m agter hom toe ek sien sy fiets se gat swaai heeltemal uit en daarna kantel die Buffel na regs. Ek gaan by hom verby, maar ek sien hy lyk orrait. Gou-gou n foto en toe tel ons die Buffel weer op sy wiele.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash054.jpg)

My moed sak in my skoene, want daar bly stukke van die fiets op die grond agter. Die regterkantse pot-guard is halfpad afgebreek en hang aan twee boutjies, die voorste een heel afgebreek in die casing. Die stukke wat op die grond agtergebly het was gelukkig net die rubber kussings tussen die guard en die pot self. Jup haal die res van die guard af, maar die Buffel wys n rooi driehoekie op die dash. Aan die linkerkant is n elektriese proppie wat uitgetrek is, vermoedelik met sy knie in n botsing gewees en nadat dit teruggedruk is, start die Buffel.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash055.jpg)

Ons pak al die gereedskap op, maar toe ons wil ry wil die Buffel nie meer nie. Die starter swaai, maar start is min. Ek het een van daai GS911 tooltjies by my, maar het dit so lanklaas saam met my selfoon gebruik dat ek nie die bluetooth paring code kan onthou nie help veel. Ek weet dis n eenvoudige nommer soos 1111, 2222 of 1234 en probeer n paar kombinasies sonder sukses. Nou is ons gestrand, geen selfoon ontvangs en iewers tussen erens en nerens. Gelukkig het Jup n tow-strap en ons haak hom agter die 800. Nou kyk, my fiets was self gelaai en n 1200GSA is nie lig nie, wat nog van sy bagasie, maar ons kom weg. Daarvandaan berg op met die hoop dat ons selfoon ontvangs kan kry bo. Ek kom nie bo 2de rat nie, maar kort voor lank is ons op die berg en daar is n plaashuis n kilo of so regs van die pad. Ek lig my voet, en na 20km (19,6 km om presies te wees) se berg-op tou kom die tow-strap los en ek ry tot by die plaashuis.
Vriendelik en honger vir gesels kom die vrygesel boer uit en nooi my in. Hy het n selfoon booster in sy huis en ek sal daar sein kry. Ek kyk gou op die internet en sien die kode wat ek soek is 0000, bedank die boer en ry terug na Jup toe.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash057.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash058.jpg)

Jup se vermoede word bevestig toe die GS911 n fuelpomp en potensiometer fout uitwys. Hy weet daars n manier om die potensio te bypass, maar weet nie hoe nie. Ek kom agter dat indien ek doodstil langs my fiets staan met my kop in n spesefieke rigting gedraai, het ek daar ook n effense sel-sein. Ons bel vir Alan Lewis, maar dis Sondag middag en hy antwoord nie. Jup bel sy vrou en sy ry na Allan toe om te s hy moet sy foon antwoord. Hy gee instruksies en ons strip die Buffel. Na al die bypass drade gekonnekteer is per instruksie, druk Jup die happy button, maar daar is niks happyness nie.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash060.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash061.jpg)

Sy battery begin ingee en dit raak nou vinnig donker. Met n wille skoot stel ek voor, ruil die drade om, en die Buffel lewe weer. Met die bypass is daar nou twee drade wat eers aan mekaar gelas moet word voordat hy kan start.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash068.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash086.jpg)

Sodra die drade gelas is, loop die brandstof pomp full-taps en wanneer die fiets afgeskakel moet word, moet die drade ook loskom.
Ons pak alles op en ry in die donker verder. Ons besluit om eerder by Gannaga lodge oor te slaap as om stealth camp op te slaan in die donker en by die T aansluiting draai ons regs, Lodge toe. Onsekerheid knaag aan my en ek hou stil. Daars n selfoon toring op die berg langs ons, want ons kan die liggies duidelik sien. Ek kyk gou op die internet wat is hulle telefoon nommer en Jup bel, maar ons kry slegte nuus. Daar is niemand by die lodge nie, ons kan nie daar oorslaap nie. Ons draai om en ry die 8km Middelpos hotel toe, hulle het plek vir ons en hulle braaivuur is pas uitgebrand, so ons hoef nie eers lank te wag om ons BASH-braaipakke te braai nie.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash062.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash063.jpg)

Ons kry elkeen n paar koue biere en kuier lekker om die vuur.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash066.jpg)

Later daai aand l ons elkeen in n regte bed en ek het selfs n Rapport ook om te lees. Ons stuur vir Wortel n vingertaal boodskap wat Jupiter hopenlik sal post.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash064.jpg)

Alls well that ends well. Dis ons voorlaaste aand, more ry ons tot by die see.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 02:20:55 pm
Ons is nou eers weer terug by die driffie om die res van my storie klaar te maak.

Bie daag op, bespiegel so bietjie en ry veilig deur anderkant toe. Ons(Hy eintlik) tel die bike op en kyk of hy nog werk. Dood. Kyk bietjie deur, asof ons iets weet, en sien die throttle controller is los. Te oordeel na die teerheid aan my linker knie moes ek hom los gestamp het met die omval. Plug in, druk die knoppie en daar gaat hy. Mooi so oubaas se honne.

Ek vat nou eers 'n teugie om my mojo terug te kry. Toe ons regs is kit ons op en druk weer die knoppie. MORSDOOD. Waddemoer nou.
Ons bespiegel en beraadslaag. Meskien net 'n bietjie lug geluk en druk die knoppie nog so paar keer. Niks. Ons gesels nou oor die bike se vrekkery vroer ern Berm se raad oor die 'dinges'. Bie het 'n GS911 en ons plug hom in. Hy het die kode vergeet om die ding met sy cell foon te laat praat. Wat nou ? Ons het nie ontvangs in die laagte nie.

SLEEP ! Eish. Ironies genoeg ek het al drie keer moes sleep met my tou. Al drie kere BMW's, maar ek was die sleper. Ons bespreek die ding, haak aan en daar gaan ons.

Soos gese, daars al baie gepraat oor wat maak saamry suksesvol. Almal het hul teorie, maar laat ek julle nou vertel: Niks laat jou bond met jou ry-buddy soos dat hy jou 18km sleep op jou 1200GSA op 'n lastige grondpad nie.
(http://img684.imageshack.us/img684/6023/1001424q.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/684/1001424q.jpg/)

Nou raak ek sommer lekker windgat met die foto nemery.

Ons kry 'n plaashuis in die verte en trek af dat Bie kan gaan kyk of hy kan bel om die kode te kry. Ek wag solank en bepeins die mening van dit alles.

ZEN and THE ART of "HOEDEFOK kry jy 'n dooie bike, wat net vol elektriek kak, is weer aan die gang."
(http://img3.imageshack.us/img3/1071/1001426y.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/3/1001426y.jpg/)

Bie kom terug met die kode, ons plug in en die gadget bevestig dat die DINGES, soos Berm gese het, is ISM. Nou weet ons hy kan ge-bypass word en die pomp direk van die battery af loop. Wat maak mens, en belangriker... Wademoer is die ding ? Maar ek het ge-ZEN... moenie sweet nie, want dan maak jy foute. Ons het so elke nou en dan een bar cell ontvangs, so bel iemand wat weet.

Enigste nommer wat ek het van iemand wat ken is Allan Lewis in PE. Ek bel en kry geen antwoord nie. Kans gevat, want ek weet hy antwoord nie sy foon oor naweke nie, juis dat ouens soos ek hom nie kan pla nie. Maar dis 'n nood, so ek bel vroutjie en se sy moet na Alan gaan en se hy moet sy foon antwoord. Krieses. So chat ek en Bie uiteindelik met hom, met groot gesukkel met die ontvangs, en sort wat om te doen, en dit word so tussen 'n koffietjie deur gedoen. Onthou, moenie sweet nie.
(http://img828.imageshack.us/img828/4288/1001427d.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/828/1001427d.jpg/)

Die joppie is gedoen, druk die knoppie en daar gaat hy. Nooit anders gedink nie. Daars altyd 'n manier. Thanks Alan, jy's 'n ster.

Nou's dit donker en dis nog ver om te ry. Ons koukus 'n bietjie en besluit om te mik vir Ganagga lodge, so 56km ek dink. Ons is nie bang nie, ons het ligte en ons ry. Nou raak dit vir my interressant. Ek is so bietjie nagblind en kan nie diepte skat nie. Van lyn kies om slote, gate en klippe te mis is nie sprake nie. Eerste wat ek van 'n ding weet is as ek oor of deur hom ry. Dit gaan so op die manier maar stadig dat ek nie my tanne uitstamp nie.

(smoke break)
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 02:48:12 pm
Met Bie se tussen-gooi spaar dit nou vir my 'n klomp verduilikings, want die tikkery gaan maar stadig. Daar was nie te veel oor om te se nie.

Na die lekker braai en koue enetjie is dit tyd vir bed. Ons is moeg en dit was 'n lekker bedrywige dag. Ons hou elkeen 'n bier oor vir erens langs die pad more.

Nag almal(en dis nie wat julle dink nie :3some:)
(http://img197.imageshack.us/img197/9433/1001429x.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/197/1001429x.jpg/)

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: DUSTRIDERS on October 23, 2011, 03:07:05 pm
So kyk ek julle foto's en sien julle het n stuk van die pad gemis wat ek beduie het. (julle sal moet teruggaan!!!)
Julle het net buite Calvinia links gedraai(naam op die bordjie begin met n K)
Julle moes eers n kilo buite Calvinia links draai op die R355 en dan 12km op hom af linksdraai.
Dan sou julle meer berge gery het en geen hekke oopgemaak het nie!! :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 23, 2011, 03:16:10 pm
Chris, dis my skuld. Jupiter wou verder aangaan en ons het seker by daai afdraai van jou omgedraai. Jup, wat doen jy Saterdag, ons moet omdraai.  >:D
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: fat b on October 23, 2011, 03:36:58 pm
Hierdie is 'n vrek lekker RR !  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 04:05:49 pm
Ek sien dit nou. Lyk ons sou dan met die pad opgekom daar van die berge af instede om met 'n links draai by die T-aansluiting in te kom so kort voor die driffie.
(http://img163.imageshack.us/img163/6170/1001421f.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/163/1001421f.jpg/)

Ek het geluister, maar toe se die GPS ons is verdwaal en hy lieg nooit. Goeie ding van 'n GPS... jy weet altyd waar jy verdwaal is.

Die saak is darem nie verlore nie. Volgende jaar se Airhead Gathering is in Keimoes dan gaan ek weer daar rondry. Teen AUG se kant wil ek weer daar in die Tankwa en Namakwaland gaan ry, met Vroutjie, om die blomme te kyk.

Iemand wat ken moet net eers weer vir my 'n lekker roete uitwerk... op 'n kaart, dat ek nie weer verdwaal nie  :imaposer:

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: J-mo on October 23, 2011, 04:13:38 pm
Jo, julle het omtrent 'n awesome trip gehad.

G, jy kan maar skryf hoor. ek het dit terdee geniet.

Thanks.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 04:29:30 pm
Jo, julle het omtrent 'n awesome trip gehad.

G, jy kan maar skryf hoor. ek het dit terdee geniet.

Thanks.  :thumleft:

Thanks. Tog snaaks hoe 'n lekker ry 'n lekker storie ook maak. Hier kom episode 6 dan.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 06:06:58 pm
                                                                         Dag 6 - Maandag 17/10/11


Ganagga- en Oubergpasse-Sutherland-Merweville-Leeugamka-De Rust en die Passe na Sedgefield.

Ons is vroeg op en sesuur op die pad. Na vandag se ry deur die Tankwa het ek lank uitgesien en my Mojo is sommer reg. Dis 'n goeie ding ons het gist'raand omgedraai. Daai pad na Ganagga lodge is sleg en in die donker sou een van ons seker geval het.

Ek volg maar my skaduwee dan weet ek waar ek is.
(http://img832.imageshack.us/img832/8921/1001433y.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/832/1001433y.jpg/)

Net voor ons in die Tankwa afsak.
(http://img685.imageshack.us/img685/3138/1001434x.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/685/1001434x.jpg/)

Ganaggapas. Daar onder loop die pad en hy val soos 'n Otis-lift. Ek en die Buffel is heel OK. Tegnies, op vaste voet, kan ons doen.  :biggrin:
(http://img10.imageshack.us/img10/7121/1001435j.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/10/1001435j.jpg/)

Dan kry mens ook die rotse wat(natuurlik ? help weer Tok-tokkie) so gestapel is. Tog te mooi.
(http://img17.imageshack.us/img17/7348/1001437j.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/17/1001437j.jpg/)

So cruise ons nou maar rustig deur die Park. Die pad is mooi en verg nie inspanning nie. Dis 'n mooi, wye plek die en hy gaan my weer sien.

Dis nog lekker vroeg en toe begin die honger knaag. Bie kry vir ons 'n driffie met 'n skadu en ons gooi brekkie. Gisteraand se koue braaivleis. Niks is darem so lekker in die veld nie

(http://img829.imageshack.us/img829/9306/1001440n.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/829/1001440n.jpg/)

So bord maak my hart klop. Nog 'n pas om te ry.
(http://img192.imageshack.us/img192/4881/1001441t.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/192/1001441t.jpg/)

Die wydte amper bo van Oubergpas af. Nou weet ek hoekom ek gebore was om in die land te bly.
(http://img854.imageshack.us/img854/4215/1001442w.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/854/1001442w.jpg/)

Ons getroue perde geniet net so die grondetery.
(http://img20.imageshack.us/img20/4406/1001444k.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/20/1001444k.jpg/)

So ry ons nou verder oor berge en dale tot in Sutherland vir petrol, koffie en 'n toastie.

'n Tyd terug word ek ge-rag en tel "n "ban" op omdat my Avatar nog steeds die AT se kopligte wys. Ek lees met tyd 'n RR en sien 'n fotie van die restaurant in Sutherland. Ek weet toe ek gaan daar deur en het my nuwe Avatar. Hello almal  :mwink:
(http://img840.imageshack.us/img840/6675/1001445c.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/840/1001445c.jpg/)

Nou het ek al vertel van my SERENITY spots. Rammelkoppas oor na Merweville is nou een van my SERENITY stukkies paaie. Daai uitsig van bo die pas af vat 'n man diep en ver.
(http://img706.imageshack.us/img706/3093/1001448ve.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/706/1001448ve.jpg/)

(http://img402.imageshack.us/img402/4347/1001449y.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/402/1001449y.jpg/)

Die pad Merwevile toe gly lekker onder die wiele deur en as jy oor die heuwel kom le hy so voor jou. Mooi plekkie die.
(http://img844.imageshack.us/img844/3372/1001451v.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/844/1001451v.jpg/)

Die kerk
(http://img855.imageshack.us/img855/7692/1001452c.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/855/1001452c.jpg/)

Laas jaar, dieselfde tyd, vat ek ook die trippie na ek by die CABC was, oor 'n RR wat Trailrider gedoen het. By die Springbok Lodge loop ek my in Ds Kallie en sy hele familie vas wat kom verjaardig party hou. Dis vol, maar hy maak vir my 'n plekkie en ek word genooi om saam te kuier. Dis nou goeie mense die en so kry ek een van my onvergeetlike aande op 'n trip.

Van hier vat ons nou weer 'n pad Leeugamka om, oor Seekoeigat, na Meiringspoort, wat ChrisL vir ons gegee het. Dis 'n mooi stukkie ompad so 'windie-windie' deur die rooi koppies en ons sien toe darem nog 'n bietjie blomme, hoewel hulle nou begin verwelk.
(http://img560.imageshack.us/img560/6320/1001453.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/560/1001453.jpg/)

In De Rust maak almal al toe en ons mis 'n middag koffetjie. Ons het nog ander ryplanne gehad, maar dit raak laat en ons stoot maar kortpad oor Deysels dorp, met so 'n lekker twisty, deur Perdepoort tot by Montaque pas. Op 'n kol slaat ek met mening 'n driffie, wat dieper is as wat ek dink, en kom sopnat anderkant uit. Eish ! ek en die driffies. Ek lees hulle nog nie so lekker nie.

Na Montaquepas is dit Sewepasse, deur die woud, vir eers net tot voor Karatara, en dan af in Sedgefield se rigting waar ons die aand by my niggie op Hooggekraal sal kuier. Ek het die paaie nou al gery, so ek en Bie het gereken hy sal nou eers sy stuk skryf om 'n vars kyk daarop te gee, waarna ek weer my dag sal klaarmaak. Per slot sluit ons mos nou die dag af by een van my dikste SERENITY spots.


Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 23, 2011, 06:48:49 pm
Dag 6 - 437 km grond, 190 km teer.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/dag6.jpg)

Soos ons gewoonte teen hierdie tyd is ons die volgende oggend vroeg reg om te ry. Koffie gedrink, parrafien beskuit geeet, opgepak en opgesaal voor 6:00. Ek ry voor en toe ek by hierdie dam verbygaan met die son wat oor die nek begin loer dink ek dit sal nou n mooi foto van die GSA afgee.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash069.jpg)

Die pad is vol gate en ou spore in die modder getrap en ons het nog baie kilos voor. Ons stop bo-op Gannaga en neem fotos.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash070.jpg)

 Hiervandaan van Jup weer voor en ons neem fotos soos ons gaan.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash073.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash074.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash077.jpg)

Ons stop onder in die park om bene te rek en ek vat weer voor. Ons het nog 2 sosaties en 2 tjops oor van die vorige aand se braai en stop in n dro rivierloop vir ontbyt.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash081.jpg)

Daarna begin Ouberg pas en dis baie steiler as wat ek dit in my geestesoog voorgestel het. Ons neem fotos soos ons gaan en kort voor lank gooi ons petrol in op Sutherland.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash083.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash085.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash087.jpg)

Jupiter gaan solank vooruit na sy naamsgenoot gastehuis en daar eet ons n stukkie roosterbrood en drink koffie.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash088.jpg)

Hiervandaan ken Jupiter die wereld goed en hy ry voor, Rammelkop pas toe. Ons neem fotos en sak af Merweville se kant toe.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash099.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash102.jpg)

Van daar af vat ons die grondpad wat noord-oos uit die dorp uit loop en na n klompie kilos kom ons op die R353 tussen Fraserburg en Leeu-gamka uit. Ons swaai af Leeugamka se kant toe, maar dit is al middag en ons stop vir middag ete teen die pad. Gerookte mossels, provita en een bier elk wat ons van Middelpos af saamry.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash103.jpg)

Na n klein ruskansie vat ons die pad tot op Leeu-gamka vir brandstof waar ons hierdie 2 outjies sien. In elkeen van hulle is n busty-blonde en hulle gades en ek sien sommer in hulle o hulle wil eerder saam met ons ry as in daai rooi karretjies. Dit is seker Jup se Camel-man voorkoms wat hulle so aantrek. Met moeite praat ons hulle om en hulle bly in die rooi karretjies.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash104.jpg)

Van Leeu-gamka af ry ons vir nog so 10km teerpad en draai toe lings af op die Seekoegat pad. Dit bring ons na n uur of wat weer op die N12 tussen Beaufort Wes en De Rust. Meiringspoort in in daai keep in die berg.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash105.jpg)

Ons draai regs, De Rust se kant toe. Meiringspoort is nog steeds so mooi soos laas en toe ons laatmiddag in De Rust kom soek ons koffie sonder enige geluk. Ons druk verby en vat die afdraai Heroldt toe, deur Paardepoort.
(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash114.jpg)

Daar is n kouefront oppad en dreigende miswolke kom oor die Outeniquas gespoel. Een van die paaie wat ek al jare lank wou ry is Motagu pas en vandag is dit die dag. Woorde kan dit nie beskryf nie en my fotos ook nie, want as gevolg van die mistigheid is dit net die naby fotos wat iets wys.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash115.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash116.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash117.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash118.jpg)

In George gooi ons weer petrol in en Jup lei my deur George tot op die ou George-Knysna pad. Dis pragtig en in kille kontras met die karoo landskap waardeur ons die laaste paar dae getoer het.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash120.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash123.jpg)

Op hierdie stadium help die oordoses Myprodols nie eers meer vir my seer gat nie en dertien uur nadat ons op Middelpos weg is, stop ons voor sy niggie se huis by Hogekraal naby Sedgefield.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash126.jpg)

Ons is gedaan, maar sy sit n lekker ete voor en ons drink n bier of twee. Dis ons laaste aand en so kom die einde stadig nader. Na n lekker stort is dit slaaptyd en ek skrik die volgende oggend eers 5 uur wakker.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 07:44:45 pm
Montaquepas is mooi, maar met daai boggels geniet ek nie meer om dit te ry nie. Die bruggies hou al die jare vir my 'n fasinasie in en dink net wat 'n avontuur dit moes wees om met die trein deur die berg te ry.
(http://img51.imageshack.us/img51/5840/1001456g.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/51/1001456g.jpg/)

(http://img200.imageshack.us/img200/1369/1001457ae.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/200/1001457ae.jpg/)

Silwerrivier. Bie op sy rustige self(soos met die hele trip). Ek kan nooit genoeg kry om die passe te ry nie. Dit bring so 'n kalmte oor jou(wel, partykeer >:D)
(http://img849.imageshack.us/img849/8562/1001458o.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/849/1001458o.jpg/)

Touwsrivier en nog mooi. OK, die natuurskoon ten minste.
(http://img14.imageshack.us/img14/9977/1001460cs.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/14/1001460cs.jpg/)

Hiers my geheim. Ek ry rustig, maar as ek daai stukkie grondpad vat van Touwsrivier tot by die teer kom die duiwel uit my. Elke keer. Dis so 'n lekker oop twistie wat ek al goed ken en ek kan nie weerhou om die gas bietjie te draai nie. Dis een van die plekke op my ry waar ek probeer om my gat te sien. Kannie help nie, maar dis elke keer die rush werd... die dag ook. Dis al laatmiddag en my gunstelling tyd om passe te ry. Dit was 'n YEE-HA spin.

Die van Jaarsveld's bly op Hooggekraal net anderkant Sedgefield se bult in die koppe Noord van die mere. Hiers nog 'n piccie van die huis met daai stoep. Hooggeveld.
(http://img24.imageshack.us/img24/1739/dscf5878h.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/24/dscf5878h.jpg/)

Ek het gese hierdie is een van my dikste SERENITY spots en ek maak elke verskoning om daar te kom, soos die keer ook. Jy sit op daai stoep en word verswelg in die uitsig. Hier sit jy net, 'n koue in die hand en jy WEES.

'n Fotie van die uitsig met Swartvlei in die voorgrond en Mosselbaai in die verte. Ongelukkig nie op die beste van dae geneem nie, maar dit gee die idee.
(http://img855.imageshack.us/img855/2773/dscf5877x.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/855/dscf5877x.jpg/)

Na goeie geselskap en 'n lekker ete kom ons aan die einde van 'n bultrul dag. Ek dink ons langste en verste ry van die trip. Lekker moeg slaap ek soos 'n klip. Toe die man my teen dassie-pis wakker maak, is ek weer in daai uitsig, reg vir ons laaste dag, wat 'n rustige meander sou wees. Ons verlang huistoe, maar is traag om die trip te beeindig.



Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Bie on October 23, 2011, 08:39:18 pm
Dis vanoggend die laaste dag en hoewel ek gatseer gery is, wil ek nog ry.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Dag7.jpg)

Trip vir die dag: 136km grond en 198 km teer. Totale trip 1695km grond en 1095 km teer= 2790km.

Ons is in een van die mooiste dele van die land en Jup ken hierdie wereld soos die palm van sy hand. Ons ry al die mooi paadjies wat hy in vele omswerwinge in die verlede leer ken het. Sommer met die wegtrek is dit die gesig wat ons begroet.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash129.jpg)

Hiervandaan kronkel ons roete van een mooi plek na 'n nog mooier plek.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash130.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash131.jpg)

Ons aanvanklike idee was om ontbyt te eet by Angie's G-spot, maar toe ons deur Knysna gaan knaag die honger en ons stop vir 'n Wimpy ontbyt.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash137.jpg)

Daarvandaan is dit Koms se pad en nog baie ander waarvan mens net in boeke lees. Dis pragtig en ek stop kort kort om 'n foto te neem.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash138.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash139.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash140.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash141.jpg)

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash143.jpg)

Ons vat 'n blaaskans by die koperplaat van Bains wat die pas gebou het en ons volgende stop is Angie's G-spot. So 10km daarvandaan kom 'n polisiebakkie van voor af en hy vat eers vir Jup byna uit en toe bykans dieselfde met my. Kort op sy hake is nog 3 polisie voertuie.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash146.jpg)

Ons draai in by Howard en Angy maar met die afklim slag sien ek iemand met 'n pistool aan sy sy na sy voertuig toe stap en ek kry daai gevoel iets is fout. Howard groet vriendelik deur die venster want hy en Jup is op eerste naam terme met mekaar, maar toe Angy kom groet hoor ons wat gebeur het. Hulle is kort tevore vasgebind en beroof, maar gelukkig nie ernstig beseer nie. Bloed sypel uit die snye aan Angy se polse waar die draad waarmee sy vasgebind was haar gesny het. Hulle is erg getraumatiseer, maar ons kry koffie en pak die laaste deel aan. Hulle is heeltyd besig om verklarings te maak aan die polisie, so ek kry nie n foto saam met hulle nie. Hoop hulle vang daai fokkers.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash149.jpg)

Sommer vroeg in Prins Alfred's pas bly 'n polisiebakkie lastig op my gat. Ek trek af en hy jaag verby. Om die volgende draai staan hy weer langs die pad waar die twee polisiemanne mekaar afneem by 'n waterval. Ek ry verby, maar hulle is weer kort op my gat. Ek wou eintlik stop en nog fotos neem van die poort, maar met hulle so kort op my gat hou ek maar aan ry.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash150.jpg)

Op Avontuur gooi ons vir oulaas brandstof in en hier skei ons wee.

(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash155.jpg)

Jupiter gaan deur die Lankloof af Port Elizabeth toe en ek ry oor Uniondale, Willowmore se sement pad en Klipplaat terug Jansenville toe.

Sementpad
(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash156.jpg)

Voel al amper tuis
(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash157.jpg)

Jansenville
(http://i291.photobucket.com/albums/ll303/Mongoll/Nationalbash158.jpg)

Alle goeie dinge kom tot 'n einde, 'n weeklange trip waar kennisse vriende geword het. 'n Trip waar serenity spots uitgeruil word, nuwe plekke gesien en beleef word soos dit net op 'n motorfiets gedoen kan word.

Journeyman en almal betrokke, dankie vir julle reelings met die bash, dit was puik. Aan al die honne wat ons ontmoet het op die trip, julle is bakgat manne en aan my trip-maat, dankie vir al die mooi plekke wat jy my gewys het, vir die lekker tyd saam, die kameraderie en jou uithou met my gesnork. Wanneer ry ons weer?  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Heimer on October 23, 2011, 09:19:35 pm
Ai lekker. Mooi so Bie en Jupiter.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: Gerrard on October 23, 2011, 11:12:38 pm
                                                                          Dag 7 - Dinsdag 18/10/11

Die res van die Passe-Kom se Pad-De Vlugt- Prins Alfred's pas- Avontuur en huis toe.

Vandag het ons baie tyd so ek word vir die eerste keer nie in die donker opgejaag nie. Rustig op my eie wakker word met die vrede om my. Koffie, pak groet en ons is weg. Ek sien Annalie hulle een van die dae weer.

Ons vat eers weer die pad terug Karatara toe om by die passe aan te sluit.  Met Homtini pas wat voorle dink ek heeltyd aan my ouste dogter, Kirsty.

Laas jaar Desember vat ek haar op haar eerste bike trip. Sy ry my ou G/S en ek is toe nog op my Africa Twin. Ons kom Homtini pas af met sy skerp draaitjies. Ek is voor, maar ek hou haar dop. Ek het die coaching gedoen en ons het geoefen, maar om hierdie skerp draai kry sy dit verkeerd en ek sien in my spieel hoe slaan sy neer en vang 'n goeie slide.
(http://img839.imageshack.us/img839/3097/1001461n.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/839/1001461n.jpg/)

Ek draai om park, tel haar en die bike op en ons gaan sit langs die pad dat sy weer haar koel kan kry. Dis maar 'n kakkerige gevoel om jou kind so te sien val. Ek se niks, maar sy's 'n biker en 'n OK kind. Sy weet sy moet terugklim en ry. Ons het nog 'n ent om te gaan. Na 'n ruk se sy dis reg en ons ry verder. Die res van die trip loop goed en 'n paar dae later ry sy op haar eie huistoe op die N2 van george na PE.

So het ek nou die oggend aan my kind sit en dink.

Ons ry die Bos in en stop eers vir 'n vars asemteug by nog een van my SPOTS - Gouna se Drif. Na 'n ruk ry ons Kom se Pad in en die kalmte daal oor my. Dis Bie se eerste keer deur die Bos en hy stop kort-kort vir fotos. As hy wegraak agter my stop ek en sit net met die rustigheid om my  tot hy weer aankom. Na al die reen die jaar het ek die woud nog nooit so geil en mooi gesien nie.
(http://img233.imageshack.us/img233/7559/1001462m.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/233/1001462m.jpg/)

In al die jare wat ek die pad al deur die Bos gery het, het ek 'n droom. Ek ry hom rustig, want eendag gaan ek om 'n draai kom dan staan daai mistieke olifantbul voor my. Ek sal dan stop en 'n foto van hom neem. Vandag was hy nie daar nie, maar dit was steeds 'n lekker ry, soos elke keer.

Hoewel ons bietjie kuier by Angie's G-Spot is hulle doenig en uit die aard nie in in 'n stemming vir gaste nie. Champs wat hulle is, probeer Harold en Angie steeds om ons tuis te laat voel.

Ons vat die pad Prins Alfred's Pas uit en word 'n paar keer amper omgery deur Giniel De Villiers wannabee's. Elke nou en dan maak ek seker Bie kom nog aan.
(http://img171.imageshack.us/img171/3554/1001467sr.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/171/1001467sr.jpg/)

(http://img828.imageshack.us/img828/9262/1001468nz.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/828/1001468nz.jpg/)

Ek het die throttle-lock aan en ry so met een hand die pas uit terwyl ek nou die foties neem. Amper sien ek my gat.  :ricky:
(http://img41.imageshack.us/img41/4317/1001466f.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/41/1001466f.jpg/)

So kom ons op Avontuur en die einde van ons saamry. Thanks my maat vir 'n great trip.
(http://img24.imageshack.us/img24/715/1001469gw.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/24/1001469gw.jpg/)

My gat is seer, ek mis my mense, maar wil nie ophou ry nie. Dis so twee en 'n half ure vir my huistoe... dit vat my vier ure. Hierdie plekkie is in Louterwater en ek meen nog altyd, as ek daar verby ry om te stop vir koffie. Vandag doen ek dit en gesels lekker met die Tannie oor rondtoer.
(http://img803.imageshack.us/img803/1305/1001471.jpg) (http://imageshack.us/photo/my-images/803/1001471.jpg/)

Uiteindelik kan ek nou nie langer keer nie en ek is veilig terug by die huis. Die trip is verby, maar ons sal weer ry.

                                                                                      SLOT

So einde laas jaar gaan kyk ek en my Gabba die uitspeel game tussen die Kings en Pumas in die Mandela Stadium. Die plek is tjokvol en so agter ons staan so paar raserige, lekker warm manne. Djy wiet mos my Bra ! Die een ou is vol bek en heeltyd aan die gang. Elke nou en dan skree hy: "TYRES manne, gooi TYRES". Ons werk nou na 'n ruk uit, soos die game loop, dat dit sy se-ding is as dinge goed loop of as hy aanmoediging wil gee. Maw, as dit Nca is.

Hierdie trip het ons nou TYRES gegooi... Dik lorrie TYRES. Hoop julle het, in die vertelling, dit saam geniet.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: GlenInk on October 24, 2011, 12:42:04 am
Great Ride Report Manne !  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.
Post by: The Nutty Chef on October 24, 2011, 07:26:05 am
Jissie... dis kak mooi.  :biggrin: dig the new cooling method glen. :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Kerritz on October 24, 2011, 08:01:05 am
Julle etters!! Hoe lekker lees ek nou.

Daai stuk van George af met die 7 passe pad is net eenvoudig awesome....en ek sal Kom se Pad elke dag van die week ry en NOOIT gatvol raak nie.

Eeeeish.....baie dankie vir die deel. Hopelik kan ons daai Desember trippie deurwerk!!

 :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 24, 2011, 08:16:33 am
Julle etters!! Hoe lekker lees ek nou.

Daai stuk van George af met die 7 passe pad is net eenvoudig awesome....en ek sal Kom se Pad elke dag van die week ry en NOOIT gatvol raak nie.

Eeeeish.....baie dankie vir die deel. Hopelik kan ons daai Desember trippie deurwerk!!
 :thumleft: :thumleft: :thumleft:

TYRES... allie pad  :ricky:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: fat b on October 24, 2011, 09:14:18 am
Shit tjom , nou kan ek sien hoekom jy nie by my ou huisie wil oorslaap nie ! Jou niggie se huis is flippen mooi !  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Firesquirrel on October 24, 2011, 09:34:36 am
100%... ek wou ook hoor of die niggie dalk single is :imaposer: :imaposer: :imaposer:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: DUSTRIDERS on October 24, 2011, 09:45:30 am
Dit was n lekker RR julle twee.
Ek hoop om eendag n stoffie saam met julle uit te ry. :mwink: :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 24, 2011, 02:41:37 pm
Dit was n lekker RR julle twee.
Ek hoop om eendag n stoffie saam met julle uit te ry. :mwink: :thumleft:

So het ek nou gedink aan daai blommetyd trippie volgende jaar  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Snafu on October 24, 2011, 03:38:02 pm
lekker report manne!!!
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Swart Baard on October 24, 2011, 03:53:20 pm
Baie baie lekker gelees  :thumleft:  :thumleft:  :thumleft:

Die tandem skryf metode is nogals rerig nice  :biggrin:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: DRAZIL on October 24, 2011, 05:26:27 pm
a truely great report and ride you both had :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: pieman on October 24, 2011, 05:55:59 pm
GREAT GREAT RR!!!!  Baie mooi fotos.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Bie on October 24, 2011, 05:57:26 pm
Thanks guys. Have to admit, I enjoyed doing the RR as it brought the trip back to mind as we went along. As if I redid the entire trip.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 24, 2011, 06:11:20 pm
 :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: J-mo on October 24, 2011, 06:18:27 pm
Thanks guys. Have to admit, I enjoyed doing the RR as it brought the trip back to mind as we went along. As if I redid the entire trip.  :thumleft:

Lekker RR.

Julle het 'n trip gedoen wat my laat  :drif: het.

Moerse lekker trip en goed vasgele. :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Bie on October 24, 2011, 06:20:00 pm
Thanks J-mo
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: JACOVV on October 24, 2011, 07:08:54 pm
Ek kon nie wag om elke dag 'n stuk verder te lees nie.  Baie spyt dis klaar.  >:(

Voorwaar uit die voorste gestoeltes  ;D

Dankie vir die deel want dis ure se sit en kopkrap om so 'n RR saam te stel.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 24, 2011, 07:17:18 pm
Thanks J-mol en die res vir die die saamgesels. Moet se, met die een het ek nie gesukkel nie, hoewel die tikkery my ure vat. Net elke dag se foties bymekaar gesit en dan loop die storie self. Dit was net daai soort trip.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Stofdonkie on October 24, 2011, 07:26:57 pm
'n Lekker lees gewees.  :biggrin:  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Chairman Meow on October 24, 2011, 08:17:55 pm
Pragtig Jupiter en Kie !
Lyk na n amazing trip  :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 24, 2011, 09:14:16 pm
100%... ek wou ook hoor of die niggie dalk single is :imaposer: :imaposer: :imaposer:

Sy is nie en jy wil eerder nie haar man ontmoet nie. Dink aan 'n groot ou by die Bash, las 'n kop en so dertig kg by, met 'n kak sin vir humor, en jy het dit.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Firesquirrel on October 24, 2011, 10:32:39 pm
100%... ek wou ook hoor of die niggie dalk single is :imaposer: :imaposer: :imaposer:

Sy is nie en jy wil eerder nie haar man ontmoet nie. Dink aan 'n groot ou by die Bash, las 'n kop en so dertig kg by, met 'n kak sin vir humor, en jy het dit.

Ag OK... se dan maar net vir hom hy het 'n mooi huis >:D
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Mof on October 25, 2011, 10:14:59 am
Lekker manne.
Ek geniet julle poses op die timer fotos, veral daai een van die brekfis in die driffie!  :biggrin:

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 25, 2011, 10:22:14 am
Lekker manne.
Ek geniet julle poses op die timer fotos, veral daai een van die brekfis in die driffie!  :biggrin:



 :thumleft: Jy weet nog nie hoe amper ons jou nader getrek het die aand oppad Middelpos toe na die moeilikheid met my bike nie. Was nie seker of ons slaapplek sou kry nie of wou in elkgeval met jou kuier, maar toe sien ons jy bly nog bietjie ver weg.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: roxenz on October 26, 2011, 01:21:53 pm
Dankie dat julle ons tuisblyers laat saamry het met die RR, Jup & Bie!  Dit was baie lekker om te lees en te kyk.  Hoop julle ry nog baie myle saam vorentoe (want ek wil die RRs lees!   :biggrin: ).
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 26, 2011, 01:43:44 pm
Dankie dat julle ons tuisblyers laat saamry het met die RR, Jup & Bie!  Dit was baie lekker om te lees en te kyk.  Hoop julle ry nog baie myle saam vorentoe (want ek wil die RRs lees!   :biggrin: ).

Thanks. Ons volgende trippie le om die draai- 12 Nov- vir 'n overnighter in die Baviaans by 'n spot wat aan 'n Pel van my behoort. Serenity... en 'n skaapkoppie eet !  :biggrin:

Hiers 'n RR van ons trip soontoe in Julie, vroer vanjaar.  http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=73498. 0ns wou sien of dit rerig koud raak daar ?
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Brakenjan on October 26, 2011, 09:29:17 pm
Bliksem, dit was nou 'n lekker lees!  :hello2:   :hello2:  Dankie Jupiter. Dankie Bie.  :thumleft:

Jupiter, is die ping geluid op die Buffel nou gesort?
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 26, 2011, 10:00:04 pm
Bliksem, dit was nou 'n lekker lees!  :hello2:   :hello2:  Dankie Jupiter. Dankie Bie.  :thumleft:

Jupiter, is die ping geluid op die Buffel nou gesort?

 :thumleft: Solank ek met my earplugs ry klink hy nie soos 'n Vaaljapie nie.  :biggrin: Anders probeer ons dit nog steeds uitsort.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Brakenjan on October 27, 2011, 09:21:35 am
Eish, sterkte. Bly 'n snot mooi fiets!  :drif:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Phumba on October 27, 2011, 02:30:13 pm
Lekker trip report manne. Toe ek die bladsy oopmaak loop staan my hart amper toe ek die buffel daar in die stroompie le en afkoel. Bly julle is veilig terug.

Bie, ek research alreeds aan die Anglo/Xhosa oorlog se battlefields en forte. Sal jou laat weet as ons beplan om hom oor n naweek aan te pak.

Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 27, 2011, 02:37:53 pm
Lekker trip report manne. Toe ek die bladsy oopmaak loop staan my hart amper toe ek die buffel daar in die stroompie le en afkoel. Bly julle is veilig terug.

Bie, ek research alreeds aan die Anglo/Xhosa oorlog se battlefields en forte. Sal jou laat weet as ons beplan om hom oor n naweek aan te pak.



Ek's ook in op daai een. Meer die grens oorloe as die Boere oorlog.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Bie on October 27, 2011, 04:17:28 pm
Lekker trip report manne. Toe ek die bladsy oopmaak loop staan my hart amper toe ek die buffel daar in die stroompie le en afkoel. Bly julle is veilig terug.

Bie, ek research alreeds aan die Anglo/Xhosa oorlog se battlefields en forte. Sal jou laat weet as ons beplan om hom oor n naweek aan te pak.



Ek sien uit daarna om van jou te hoor Phumba!  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Pietcoke on October 27, 2011, 09:15:55 pm
Jupitor en Bie ek lees graag die RR's. Ek moet s julle 2 se gesamentlikke "verslag" het my laat sit en lees tot ek klaar was. Inteendeel, ek sou daarvan hou om nog 'n paar badsye van julle trippie te lees. Ek dink net nie dat jul gatte dit sou toelaat nie. Julle en al die ander wat reeds sulke great trippies kon doen is regtig baie bevooreg. Ek sal nog my kans kry en julle raakry somewhere. Baie Dankie.  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on October 27, 2011, 09:35:00 pm
Hello Piet, dankie vir die mooi woordjie. Ja, dit is maar hoe ons gedink het toe ons oor die skrywery gepraat het... Om elk ons perspektief op die dag se ry te gee. Dit help ook om ons twee se stories lekker agtermekaar te hou.

En glo my, seer gat of te nie... ons wou nog ry.
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Ogre on October 30, 2011, 07:36:14 am
Ai, wat 'n lekker trip - wel gedaan met die ryery en die RR. My mond water nou hoor!
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: V-Strom on October 30, 2011, 08:20:31 am
Nice RR  :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Borrie on February 08, 2012, 04:17:29 pm
Pis Nice RR
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Footpeg se PA on February 08, 2012, 09:50:00 pm
LEKKERRRRRRR!!!!!
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: nemodakar on February 09, 2012, 09:20:12 am
Na ek die gelees het wil ek net se, Jup, dit wat jy my vertel het was nie eers n opsomming van die trip nie. Ons sal weer moet praat.
Ek is nou so gat vol vir hier om die huis ry, ek vat sommer more die pad Queenstown toe.

Lekker trip en RR manne. :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: SmokenFly on February 09, 2012, 12:44:54 pm
Fantastic RR, thanks for sharing  :thumleft: :thumleft: :thumleft:
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: slicknick on February 09, 2012, 02:58:50 pm
Nice RR. Ken daai sement pad opad Willowmore toe gery vir my trip Baviaans toe
http://www.wilddog.za.net/forum/index.php?topic=86998.0
Title: Re: BASH toe en terug met 'n ompad- Verneukpan en die Tankwa.(VOLTOOI)
Post by: Gerrard on February 09, 2012, 08:24:57 pm
Thanks dat julle die een gaan haal het. Toe lees ek hom sommer self ook weer en ry daai trip net so lekker oor.

Dis wat dit die moeite werd maak om bietjie moeite te doen met 'n RR... dat jyself later ook weer kan geniet  :thumleft: