Wild Dog Adventure Riding

Riding: Plan, Report and Racing => Ride Reports => Topic started by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 08:24:45 am

Title: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 08:24:45 am
Kom ons gaan die naweek Oasis toe, kom die bb
Jaaaaaaaa!  Eks game! is die reply

Nou ja, toe maak ons so.  Saterdag oggend redelik vroeg het Nismark en Dusty Rusty toe pad gevat na Oasis in die Sederberge.  Die huisdiere het gemengde gevoelens daaroor gehad. 

Rambo wou he Asjas moes by die huis bly vir pilowtalk
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 08:27:05 am
Tinkels  was ontsteld.  Dit het beteken dat sy vir n dag sonde n tuna happie sou bly.   
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Sir Rat on March 16, 2012, 08:46:53 am
  Wanne wys jy die motorfietse en grond paadjies?   :peepwall:

Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: YamaV on March 16, 2012, 08:52:42 am
  Wanne wys jy die motorfietse en grond paadjies?   :peepwall:



Haha!  :imaposer:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:14:39 am
Ek gaan net-nou wys hoe jy uit die kas geklim het.  Was gou in 'n meeting.
Hou vas. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:17:50 am
Bungi wou weet wie het sy toestemming gevra
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:20:58 am
En die honde was depro omdat hulle nie kon saam
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:23:06 am
Maar die blou gevaarte en die klein rooi buksie was reg om die pad te vat, en so ook ons!
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:24:26 am
Natuurlik was die  twee Wilddog puppies, Roefels en Asjas ook reg vir die rit. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:27:16 am
Van Bellville af het ons deur  Durbanville op die Slent pad in Wellington se rigting gery. 
Ek weet nie wie nog so is nie, maar na n week van teerpad commute neem dit mens soms n paar kilometer van grondpad om weer in jou stofsokkies te kom.  Hierdie keer,  het dit nogals n bietjie vinniger geneem.  Die lorries en bakkies was ook op hul pos om verby jou te ry en jou in n stofwolk te los.    n Gedeelte van Slent pad het tans n lekker dik laag sand langs die kant van die pad.  Die een ding wat nie nie lekker sou wees nie, sou wees om in n stofwolf te beland, meer na die kant van die pad toe te ry om uit die pad van n trok of bakkie te bly en n onverwagte sand  wiggle- waggle te kry.  Gelukkig het die oggend koffie gehelp en ek was wakker. 
Dit was n lekker stukkie grondpad! 

Van daar af het ons n baie mooi teerpad gery wat langs plase  gekronkel het tot by Wellington.  Het ook oor n  historiese nasionale monument brug, die Lady (ek kan ongelukkig nie die naam onthou nie) something brug gery.  n Mooi soliede staalbrug.  Dit voel mos altyd lekker om oor n mooi brug te ry. 

Wellington,  was self in rep en roer.    Dit was duidelik Satedag en al wie leef en beef was daar van die plaas af om shopping te doen.     Die atmosfeer kon mens maklik  optel.  Dit het gevoel soos n kerkbasaar of skoolkonsert toe jy nog 6 was.  Verder in die pad af het ons verby n stokou roomkleurige plaasbakkie gery wat stadig deur die staat beweeg het met n kinder orkes wat agter dit gemasjeer het.  Ek onthou dat op een van die outjies se plakkate blikskud vir bybles of blikkies vir bybels geskrywe was.   Die een kind se gesig het my so opgeval.  Dit was sy moment.  En al was die mannetjie klein het hy blinkoog en breeborsie sy drom geslaan dat dit klap.    Ek wens so ek kon n foto neem van dit.  So iets sien mens mos nie meer elke dag nie. 
Na n paar happies chillie bites het die bikes se neuse in die rigting van Bains Kloof pas gedraai.  Dit bly maar n bekoorlike pas,  met een of twee bedrieglike draaie.  Nadat ons oor die pas is,  was ons oppad na Nismark se ouers in Ceres vir n vinnige hallo en koffie.     Dis altyd lekker om daar te gaan inloer.  Hulle is beslis my gunsteling oom en tannie!
Na die vinnige inloer was ons reg vir die pad Oasis toe.  Man, maar die klein 125 ry lekker!  Veral oor die Glydo pas. 

Ons was al n paar keer verby Boplaas oppad Oasis toe in die verlede.  Die plek het nogals n bietjie geskiedenis:  die Afrikaanse digter, Boerneef is mos op daardie plaas gebore.  In iets soos 1743 is dit aan die eerste Van Der Merwe toegeken.  Dis nou al vir 12 generasie in besit van die familie!   
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:30:55 am
Dit was nie meer ver se ry nie, toe kry ons weer gondpad en  begin die Sederberge binne te ry. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:34:13 am
Snaaks hoe n mens kan wees.  Die een oomblik is alles honkey dorey en sodra jy loserige fyn gruis onder jou bande voel raak jy skrikkerig vir die draaie.  Terwyl ons die bergpas uit is, het ek net besef ek het oefenig nodig! 
Ons het veilig in Oasis aangekom.  Dit was tyd om die bootse en gear uit te trek en langbeen op die gras te sit.  ROV Rat was klaar daar en ons was lekker verras om vir Boere en sy mooi Boerpadda ook daar te kry.  Die res van die middag het ons rondgeplas in die swembad, saamgekuier  en natuurlik uitgesien na aandete!  En was dit nie heerlik nie!  Teen 9 uur was ek trommeldik geeet en wou na droomland toe gaan.    10 Uur se kant het die manne se water ook begin  laag raak.
Die Sondag het belofte ingehou.  Die manne het gepraat van langpad om Ceres toe te ry, afhangende van hoe goed ek terugry uit die Sederberge uit. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:36:27 am
 :D
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:39:03 am
Oasis se grassnyertjies was al vroeg aan die werk die Sondagmore.  Dis te oulik om hulle langs jou tent te hoor bler.    Ek sou baie graag een van die lammetjies wou saamneem huis toe. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:40:50 am
Die maan wou ook nie gaan slaap nie.  Het seker geweet dit gaan n mooi dag wees
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:43:00 am
Na ontbyt op die stoep het ek solank gery.  Berguit.  Die manne sou my op die kruin ontmoed en dan sou ons vandaar af saam afry.  Ek was seker so 40 sekondes bo, toe kom Nismark al. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:44:57 am
Van hier af sou dit afdraand gaan.  Ek was noglas skrikkerig.  Gewoonlik as ek die pad moes afgaan het ek gedeathgrip vir n vale.  Ek het n bietjie van n probleem met hoogtes.  Stadig maar seker raak dit egter beter.  Ek was toe nie so bang nie!  Nismark het my so mooi gehelp.  So af en toe het  hy vir my draai, draai, draai skree as ek die voetpeg meer moes trap en dan was daar ook n los die briek .  Dit was nogals moeilik.  Aanvanklik het hy my geleer om die voor en agterbrieke te wissel as ek styl afdraandes gaan.  Nou was dit los die briek!   En dan skree ek terug:  ek los! ek los Nie paniekerig nie.  Net onseker.  Hoe verder ons berg af geraak het hoe beter het dit gegaan.  Soveel so dat ek begin oopmaak het op van die afdraande. Te lekker.  Ek onthou iewers het die manne langs die pad gestop en ek het net gestop om te se ek ry aan.  Hulle sal my tog maklik vang.  En op die oop reguit grondpad, toe maak ek oop!  Hehehe!  So 80, sommige plekke 90, meerkatjie styl.  Mooi om die draaie die regte ding gedoen. 
Toe stop ons by die pad wat na Rietvlei toe inloop.  Na n break van jelly slangetjies eet toe hoor ek die saak is reg, ons ry langpad huis toe, Katbakkiespas om.  Toe ek dit hoor toe se ek net manne, kry my langs die pad ek ry solank.  En daar gaat ek! 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:47:12 am
Die kondisie van hierdie vreemde pad was baie goed.  Eers reguit.  En dan begin dit stadig te kronkel en steiler word.  So met die terugkyk terwyl ek ry in die stilte was dit n prentjie mooi uitsig.  Ek het gestop om fotos te neem.  Ek het skaars gestop of Nismark was alweer daar! 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:50:23 am
Ons ry verder, Katbakkies wag!

Groot was my verbasing toe ek sien Katbakkies is n geteerde pas.  Ook maar goed so, want daar was n steil  koppie wat ons moes uit.  Die xrtjie het hard gewerk in eerste rat. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:52:17 am
Na die pas was ons ewe skielik op n platoe   Ek het nogals gewonder hoe op aarde ons die styl pad anderkant gaan afkom en is dit grond of teer.  Dis was toe n lieflike lang grondpad.  Total awesomeness! Ek wens ek kon fotos wys van die uitsigte wat ons alles gesien het, maar my ou bbtjie se fotos sou dit nooit kon justify nie.  Ver onder op die horizon kon mens die lang pad na Calvinia sien.  Karre het stofwolke opgeskop daar doer onder en dit het soos rooksyne oor die pad gehang.  Toe raak die pad weer teer.  Welkom by Skitterykloof pas.  Sou graag die naam van die pas wou uitvind.  Of die mense het in die outyd geskud dat hul tande klap toe hulle daar af was,  of was dit dalk n skuitery  omdat die pad angswekkend was?  Ek wonder! 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:54:07 am
Onder by die pas, was daar so hier en daar n groenegheid.  Ek onthou ons het om n draai gery wat nogals baie mooi was.  Het my so bietjie aan Calitzdorp se wereld laat dink.  En sodra jy om die draai is le die Calvinia pad amper voor  jou.  Hoe graag sou ek tog by Mof wou gaan kuier.  Maar ons het ons neuse na Ceres se kant toe gedraai vir n lekker potjiekos lunch by Nismark se ouers.   
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:56:52 am
Op hierdie pad het ek besef dat dit dalk bietjie dom sal wees om daar op my eie te wil ry.  Die xrtjie ry so 100 km per uur op n afdraand met die wind van agter en mens hoor die bike skaars loop.    As een of twee voertuie verby jou kom en stof opskop mag die volgende voertuig jou dalk nie sien nie en dan is die kanse goed dat jy huis toe mag duimgooi.  
Maar jong, ons het lekker gery.  Die pad was oop en die verlatenheid daarvan was terapeuties.  
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 09:59:40 am
Ek dink ons het 80 of 60 km op  hierdie pad gery.  En ewe skielik was ons in Ceres se groen wereld.  Net voor mens n teerpad pas moet aandruf was daar n nasionale monument op regterkant.  So n mooi wit huisie.    Karoopoort of iets.  Ek sal beslis volgende keer daar stop, fotos neem en meer uitvind van die plek se geskiedenis.  Weet iemand dalk meer  oor die plekkie?    Oom Nelson het genoem dat dit n tolhuis was en dat daar n laan vye bome is wat ook tot nasionale monument verklaar is. 
In Ceres aangekom, het ons behoorlik gesmul aan ons potjiekos en daar was selfs skaapkop op die tafel.  En die poeding was net so yummie.  Ai, ons het maar traag opgestaan om met ons trommeldik pensies die laaste stretch aan te pak Bellville toe.  Na ons petrol by die garage ingegooi het, het Rov Rat vir ons ba-baai gese en Hermanus toe gery .  Nismark en ek het Ceres, Mitchells Pas, Bainskloof pass om teruggery huistoe. 
Moeg maar gelukkig het ons veilig by my plekkie gestop.

Baie dankie Rowwe Rot en Nismark.  Dit was awesome!

Hierdie bord is altyd op ons pad as ons in hierdie wereld ry.  Ek wou nog altyd n foto daarvan nee.  Mooi naam ne?  De Liefde Pad. 

Hoop net nie dit sinspeel eers op die liefde, dan is daar n gedwarstrekkery en dan gaan jy tronk toe nie!
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: roxenz on March 16, 2012, 10:08:52 am
Mooi D-R!!!  Lekker gelees!

Ek het so digby daai De Liefde pad (dis 'n plaas se naam ook) grootgeword.  Fantastiese wereld.

Jy kan maar nog van sulke lekker trippies pos!
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Kykdaar on March 16, 2012, 11:11:46 am
Lekker RR gewees, dankie :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: YamaV on March 16, 2012, 11:12:55 am
Lekker trippie D-Rusty!  :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: subie on March 16, 2012, 11:20:57 am

Mooi RR (te veel katte net). Wat is die boerpadda affere?? Gooi n foto of iets   :ricky:



Snaaks hoe n mens kan wees.  Die een oomblik is alles honkey dorey en sodra jy loserige fyn gruis onder jou bande voel raak jy skrikkerig vir die draaie.  Terwyl ons die bergpas uit is, het ek net besef ek het oefenig nodig! 
Ons het veilig in Oasis aangekom.  Dit was tyd om die bootse en gear uit te trek en langbeen op die gras te sit.  ROV Rat was klaar daar en ons was lekker verras om vir Boere en sy mooi Boerpadda ook daar te kry.  Die res van die middag het ons rondgeplas in die swembad, saamgekuier  en natuurlik uitgesien na aandete!  En was dit nie heerlik nie!  Teen 9 uur was ek trommeldik geeet en wou na droomland toe gaan.    10 Uur se kant het die manne se water ook begin  laag raak.
Die Sondag het belofte ingehou.  Die manne het gepraat van langpad om Ceres toe te ry, afhangende van hoe goed ek terugry uit die Sederberge uit. 
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Buks on March 16, 2012, 11:35:49 am
 :thumleft: Mooi paaie daai! Ek's mal oor die Katbakkies Pas.......  :peepwall: wonder of daar baie katte is??
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 16, 2012, 12:49:35 pm
Dankie vir die komplimente  Menere! 

Boerpadda is Boere se vrou!  Sy is een van ons Wilddogs en sy het n XT 660 R. 

Elke slag wat ons nou Sederberge toe gaan, sal ek daarvan hou as ons die ompad soontoe kan neem. 
Dit was nou salig vir die siel!
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: wolfman on March 16, 2012, 04:11:35 pm
 :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Vaalseun on March 16, 2012, 04:49:33 pm
Ai, die Kroo bly maar 'n mooi plek.
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Bring It On on March 16, 2012, 06:43:59 pm
Thanks a lot for the RR  :thumleft: :thumleft:

That is always such a Gr8 area in which to ride. I can't wait for the next oppertunity I get,... to head out that way again. ;D
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: TVB on March 16, 2012, 08:16:52 pm
Dankie mooiRR, jy is net suinig met die fotos! Maak weer so  :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Lem on March 16, 2012, 11:56:50 pm
Hey Dusty

pragtig geskryf, dit was die wag werd  :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Tonteldoos on March 17, 2012, 08:11:44 am
Lekker  :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: pops on March 17, 2012, 11:29:57 am
Dankie DR :)
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Geotraveller on March 17, 2012, 09:52:56 pm
Ek sien die nou eers! fantasties. Dankei virn die deel.
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Swanniebraai on March 17, 2012, 09:54:44 pm
So regte "lammetjie" RR, mooi gedoen DR!
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: sidetrack on March 18, 2012, 10:24:41 pm
Daai XT lyk kief  :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Geotraveller on March 18, 2012, 10:28:02 pm
Daai XT lyk kief  :thumleft:

 :laughing4: :thumleft: :mwink:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Harry the Buffalo on March 18, 2012, 11:34:51 pm
Baie NICE RR :thumleft: :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Marnus on March 19, 2012, 06:18:14 am
Het nou lekker gelees.  Dankie vir die RR en die kiekies!  Neeeeeext!
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Vulcan on March 19, 2012, 09:16:27 am
Lekker RR Dusty Rusty! Ek moet ook n slag so trippie doen.
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Mev Vis Arend on March 19, 2012, 01:05:18 pm
Baie mooi RR en foto's, Dusty Rusty.  Jy raak nou 'n pro met die ryery.  Doen so voort.   :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: jimjim on March 19, 2012, 11:43:05 pm
Baie mooi RR en foto's, Dusty Rusty.  Jy raak nou 'n pro met die ryery.  Doen so voort.   :thumleft:

+1
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: boere on March 20, 2012, 05:48:44 am
Wonder net hoeveel keer het Nismarck jo die plankie gewys oppad terug na Kaapstad :pot:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 21, 2012, 06:07:52 am
Baie mooi RR en foto's, Dusty Rusty.  Jy raak nou 'n pro met die ryery.  Doen so voort.   :thumleft:

+1

Ek probeer my bes!  Ek is beslis nie n natural nie, maar ek geniet myself gate uit.  Een of ander tyd gaan ek n promotion kry om NISMARK se XT te ry.  Hy't gese sodra ek reg is daarvoor laat sak hy sy bike. Awesome ne!   Natuurlik is dit die beste motivering wat n mens kan kry
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 21, 2012, 06:16:17 am
Wonder net hoeveel keer het Nismarck jo die plankie gewys oppad terug na Kaapstad :pot:

Nie een keer nie!  Hy het baie mooi gehelp. Net toe ek Bians kloof af was, toe het my voet bietjie swaar begin raak op die briek, toe't hy so bietjie vir my getoet.
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Dusty Rusty on March 21, 2012, 06:28:00 am
Lekker RR Dusty Rusty! Ek moet ook n slag so trippie doen.

Volgende keer kom jy saam Meneer!  Sal nice wees om saam te ry met nog XR familie lede
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Frannarossi on March 21, 2012, 08:15:35 am
Nice :thumleft:
Title: Re: A GREAT LITTLE ADVENTURE
Post by: Carrol on March 21, 2012, 01:13:36 pm
Very nice RR :thumleft: