Het die jong luislang in die suipkrip gekry daar in die Kalahari. Hy lê so net net onder die water in die skadu en wag dat die duiwe kom drink dan vat hy hulle. Ons het hom daar in die veld gaan los maar toe was hy al bietjie sat vir in 'n sak wees. Hy het iets gesoek waarop hy se bedonderheid op kon uithaal. Dis 'n baie mooi slang, meeste slange is vir my pragtig.