Welcome, Guest. Please Login or Register

Author Topic: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae  (Read 9672 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« on: August 13, 2013, 10:37:19 pm »
Agtergrond:

Ek het gevoel dis tyd vir 'n ordentlike bike trip en het vir een of ander rede Malawi in my agterkop gehad. So hoor ek dat Berno besig is om 'n week trip Namibia toe te beplan. Vinnig gesels ons en so oorreed ek hom dat 2 weke Malawi toe beter klink. Dis toe nou een maand voor ons vertrek. 'n Week later is Berno se nefie Japie ook lus vir die trip en so is ons toe drie.

Die datum van vertrek word vasgemaak as 21 Junie 2013. Al die admin afgehandel vir die trip (of dit waar ons by uitgekom het) en die roete word rofweg uitgesit. Net sodat ons 'n idea het waar ons wil gaan, maar met die gedagte dat ons dit kan verander soos ons wil vorentoe. Daar is een GPS tussen ons 3 en elke dag se roete word uitgeprint op Google Maps.

Die aand voor ons vertrek skiet ek oor na Berno se huis om vir Japie te ontmoet en al 3 se Senas te sync. Ek kom agter my bike wil nie lekker draai nie, maar dink nie veel daaroor nie.

Die lande waardeur ons gaan ry is Botswana, Zimbabwe, Zambia, Malawi en Mozambique en die stickers word bygevoeg.



Alles word gedouble check vir die laaste keer voor dit in die panniers in gedruk moet word.
Lys van goed wat ek saam geneem het.
1.   3 man tent
2.   slaapsak
3.   ribz stretcher
4.   Kussing
5.   3 poot stoel
6.   Camelbak
7.   Goggles
8.   Extra bungee cords & Cargo net
9.   Petrol Funnel en 'n 7L fuel bladder
10.   Bord, bak en bekker
11.   Witgoud
12.   USD$s, GPS, Kamera, GoPro, Ipod en chargers vir alles
13.   1x Jeans, 1x baadjie, 4x sokkies, 6x onderbroeke, 4x tshirts, 1x kortbroek en 1x boardshort
14.   Plakkies en tekkies
15.   Kettie en pellets (want jy weet nooit nie)
16.   Tabard, Malaria pille en baie ander ook
17.   Reflective vest, roadside driehoek, geel koors sertifikaat, paspoort, bike registrasie papiere, brief van die versekerings maatskappy en afskrifte van lisensie ens
18.   Spaar voor en agter binnebande, chain lube, cable ties, tyre fix en 'n fleatherman


Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #1 on: August 13, 2013, 11:45:15 pm »
Dag 1: 21 Junie 2013
Begin: Johannesburg, RSA (1648m bo seespieël)
Eindig: Francistown, Botswana (1010m bo seespieël)
Afstand: 739km
Verblyf: Tati River Lodge (S 21° 12' 11.92  E 27° 32' 06.18)



Die dag het aangebreek en die vorige aand is daar maar min geslaap agv opgewondenheid en goed probeer onthou wat ek moontlik vergeet het of nooit eens aangedink het nie.
 
Berno en Japie se bikes is die vorige aand gepak en reg vir die trip



Ek staan op en maak reg om hulle 6am te ontmoet op 7th Avenue oorkant die Local Grill in Parktown North. Die temperatuur wys 3°C. Hierdie gaan donners koud wees...



Laaste foto word geneem en ek is oppad



Na so 5min van staan en wonder wat ek als vergeet het sien ek hulle ligte in die straat opkom. Die Senas word aangesit en ons vertrek. Ons vat die M1 noord uit Joburg uit en volg dan die N1 na Modimole. Dis goed koud en ons sien die son opkom soos ons ander kant Pretoria uit ry. Daar is baie kilometers om af te lę vandag en ons wil net uit die republiek kom sodat die trip kan begin.

Daar word by 'n Engen garage afgetrek langs die N1 net om weer te ontdooi en te kyk of alles nog sit.





Die pad is oop en die spirits loop hoog terwyl daar klomp stront gepraat word oor die Senas. Deur Vaalwater skiet ons na Ellisras(Lephalale) toe en gryp 'n Wimpy vir breakfast. Die manager kom uitgestap in die parking lot en wys vir ons om reg voor die venster te gaan stop sodat ons die bikes kan dophou. Dadelik begin die bikes aandag trek en mense wil weet waarheen ons oppad is en waar ons vandaan kom siende dat my nommerplaat wys Wes Kaap, Japie sin Mpumalanga en Berno Gauteng.

Ek skiet deur na die eco 4x4 centre toe opsoek na nog straps vir my sak wat agterop vas is. Lekker bakkies wat die manne in Lephalale ry.





Koop 'n stel straps by die ouens, maar hulle werk nie omdat dit "Chinese kak" is volgens die eienaar. Hy gee my geld terug en ons is oppad na die grenspos toe.
Ons gaan Botswana in by Martin's Drift en hier hak ons toe vas. Daar is min mense wat Botswana wil in, maar nogsteeds vat dit vir ons oor 'n uur om deur te kom. Oor die hele trip was dit waarskynlik die grenspos wat die langste geneem het.



Papiere en paspoorte gestamp en ons is reg om die eerste land binne te gaan.



Van hieraf skiet ons deur Palapye na Francistown. Dit was 'n lang dag in die saal en ons kom so uur voor sonsonder daaraan. Die GPS se verblyf wys ons in die rigting van Tati River Lodge en ons besluit dat vanaand gaan ons nie tent opslaan nie.

Die bikes word vinnig afgelaai en ons beweeg af bar toe vir 'n paar biere en kos.







Offline Sidpitt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Free State
  • Posts: 1,340
  • Thanked: 21 times
  • Thumpers Rule!!!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #2 on: August 14, 2013, 12:32:04 am »
Sub :sip:
If you dont like something, change it!
If you cant, change your attitude.
Dont complain!
 

Offline Casting from Turd

  • Read my avatar and act accordingly
  • Forum Whore
  • ****
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 9,150
  • Thanked: 173 times
    • addobackpackers.com
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #3 on: August 14, 2013, 06:28:56 am »
 :sip:
I dont want to ride fast, But I want to ride FAR
Past Bikes...Honda XR250 Tornado
Honda XR650L
Honda XL1000V Varadero
http://www.addobackpackers.com
 

Offline Shangali

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Mpumalanga
  • Posts: 474
  • Thanked: 12 times
  • Just Do It ....
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #4 on: August 14, 2013, 07:34:56 am »

   Lekker Trip .... lots to see & smell & taste ....

    :sip:  bring it on

   


    :ricky: :ricky: :ricky:
Shangali           Out with my Friends - Dirt, Dust & Gravel ..
 

Offline heti

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Western Cape
  • Posts: 497
  • Thanked: 4 times
  • Heti, the abominable slowman!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #5 on: August 14, 2013, 07:39:42 am »
 :sip: :thumleft:
 

Geotraveller

  • Guest
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #6 on: August 14, 2013, 08:26:55 am »
 :happy1:
 

Offline T Rex

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: BMW R1200GS Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,894
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #7 on: August 14, 2013, 09:28:38 am »
Subscribe
 

Offline lj111

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Husqvarna (all models)
    Location: Western Cape
  • Posts: 1,083
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #8 on: August 14, 2013, 09:53:31 am »
Sub :sip:
Some people feel the rain and others just get wet...
 

Offline Wit Roftie

  • Member
  • **
  • Bike: BMW F800GS
    Location: Gauteng
  • Posts: 158
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #9 on: August 14, 2013, 10:03:22 am »
Sub  :biggrin:
Loser's always whine about their best, winners go home and f**k the prom queen!
 

Offline Voetpomp

  • Member
  • **
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 283
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #10 on: August 14, 2013, 10:05:54 am »
Nice ,laat hom loop :thumleft:

Like die kettie :biggrin: :biggrin:
Get Busy Living Or Get Busy Dying - Andy Dufresne
GS800-Sold
XT660Z - Sold
2013-R1200GS-Sold
2015-R1200 GSA
 

Offline Brandt

  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda XL650V Transalp
    Location: Gauteng
  • Posts: 4,496
  • Thanked: 1 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #11 on: August 14, 2013, 10:43:10 am »
 :sip:
 

Offline ChrisL - DUSTRIDERS

  • Forum Vendor
  • Castrated Dog
  • ******
  • Bike: BMW R1200GS
    Location: Western Cape
  • Posts: 29,028
  • Thanked: 439 times
    • dustriders.co.za
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #12 on: August 14, 2013, 10:43:38 am »
Ek wag geduldig op die res :biggrin: ;)
MOTORCYCLE ACCESSORIES RETAILER
info@dustriders.co.za
ENDURISTAN SOFTLUGGAGE IMPORTER
www.dustriders.co.za
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #13 on: August 14, 2013, 10:53:40 am »
Sal vanaand nog opsit, hinternet is effe stadig by die huis. Maar die boring deel is verby, die pret is oppad  ;D

Offline Phula

  • Member
  • **
  • Bike: KTM 1190 Adventure
    Location: Gauteng
  • Posts: 380
  • bibamus, moriendum est
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #14 on: August 14, 2013, 10:56:26 am »
 :thumleft:
Current Bikes :  KTM 1190 R
                        KTM 990 R (sold)
                        KTM 950 SE (sold...and still kick my own arse)
                        KTM 690 R (Sold)
                        KTM 300 XC-W (Sold)
 

Offline bud500

Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #15 on: August 14, 2013, 11:03:05 am »
 :thumleft: Gooi!
May the bridges I burn light the way...
 

Offline Dirt Junkie

  • I talk less and ride more than a
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Enduro
    Location: Eastern Cape
  • Posts: 2,278
  • Thanked: 33 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #16 on: August 14, 2013, 02:36:17 pm »
 :sip:
Something to think about...
When you complain, you make yourself a victim. Leave the situation, change the situation, or accept your it. All else is madness.

KTM 640 adv,  Aprilia RS 250, Yamaha YZ450F, 2014 KTM 690, 2010 KTM 690R, 2011 BMW F800GS, Yamaha XT600E , 2012 KTM 250 SX-F , KTM 400 EXC, Kawasaki  KLR650, Honda 125 estorm, 2012 KTM 300 XCW, 2008 KTM 690
 

Offline Avontier

  • Coitus reservatus
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: KTM 690 Adventure
    Location: Limpopo
  • Posts: 1,518
  • Thanked: 7 times
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #17 on: August 14, 2013, 02:40:53 pm »
Julle moet kom groet as julle deur die dorp ry  :patch:
 

Offline Koet

  • T-Rex 700N "The Beast"!
  • Senior Member
  • ***
  • Bike: Honda CRF-1000L Africa Twin
    Location: Gauteng
  • Posts: 1,611
  • Thanked: 26 times
  • Splash!
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #18 on: August 14, 2013, 03:03:15 pm »
Sub!  :sip:
Only Bikers understand why dogs love to stick their heads out car windows.
 

Offline Gasman

  • Member
  • **
  • Bike: Yamaha XT 660 Z
    Location: Gauteng
  • Posts: 475
Re: Lake Malawi - 3 Manne, 3 Fietse, 6 Lande, 5500km in 16 dae
« Reply #19 on: August 14, 2013, 03:16:37 pm »
Julle moet kom groet as julle deur die dorp ry  :patch:

Jammer Avontier, volgende keer. Al wat ek weet is die eienaar/bestuurder van die eco 4x4 winkel is regtig 'n nice ou. Sal verseker weer daar gaan stop as ek iets nodig het.

Ken jy die ou met die groen bakkie?